Hoe om vrot kos reuk uit vrieskas te kry:
Ou mense geglo jy moet n stuk steenkool in yskas los ! En vanilje essens werk
‘n Rou ui wat geskil en deur gesny is in ‘n piering doen glo ook die ding
Sny n paar aartappels middeldeur en suurlemoene. Dit werk goed. Skakel die vrieskas aan as jy dit insit.
Meng water en ‘Vim’ tot pasta. Smeer yskas . Laat staan oop vir dag of twee. Was dan skoon. Herhaal indien nodig. Oopstaan baie belangrik, die spul moet lug kry
‘n Oop houer koeksoda werk , vervang dit so elke 3 maande
Laat staan ‘n bakkie vanilla en ‘n bakkie met droë koeksoda vir ‘n paar dae in die vrieskas, hou dit toe. Dit vat lank, maar dit kom ‘eventually’ reg!
Was die vrieskas of yskas uit met koeksoda . Vul ‘n paar bakkies met vanilla essence en sit in die yskas saam met ‘n paar blokke charcoal
Sprinkel met droee koeksoda en los oornag.
Was die vrieskas met vars suurlemoensap uit te en laat staam om droog te word, was dan af met water en maak droog en was weer met suurlemoensap. Die suurlemoensap breek die vrot reuk ensiemme af.
Vee die kante van die ys/vrieskas met die vanilla lappie, moenie afvee nie!
Sny ‘n suurlemoen (‘n HELE klomp, actually!) in die helfte, vryf in koeksoda en vryf die yskas en die rubbers daarmee. Los die vesels net so op die kante. Laat staan tot dit goed droog is en was dan met warm seepwater. ‘n Paar blokke steenkool werk ook.
Maak die hele deepfreezer droog, dra buite in die son en spuit die hele vrieskas met Dettol All Purpose cleaner die groen een , laat staan so vir n half uur en was dan uit met demostos water. Laat staan vir n hele dag omtrent in die son.
Vat sommer ‘n roomys bak vol charcoal en los dit vir ‘n paar dae in die vrieskas
Die cat litter wat vir katte gebruik word werk ook. Sit in oop bak in die yskas/vrieskas en Maak die deur toe vir n dag of twee.
Verf die vrieskas met skoon Jik en los dit vir ‘n paar uur! Was dit dan met skoon water! Die reuk het heeltemal verdwyn na ‘n paar keer se verf met die Jik.
Meng koue water en vanilla en sny baie uie in sit oral in huis vat to verf reuke uit huis binne n dag
You must be logged in to post a comment.