Raad vir vlooie
Babapoeier
Garlic pille vir jou honde. Werk fantasties
Spuit Roundup op jou mat.
Karbadust: Sprinkel op jou matte en laat oornag staan voor jy stofsuig. Poeier sommer jou hond/kat ook daarmee.
Gooi tafelsout sodra jy gestofsuig het en as jy matte gewas het
By DisChem en veeartse kry mens ‘n spuitkan Fleego. Dit werk. Spuit ook oral waar jou honde kom.
Kakiebos, net soos jy hom uittrek, onder beddens, tafels, ens.
Fendona by enige landbou-kooperasie soos BKB.
Was jou mat met citranellaolie wat jy in die water gooi. As die mat droog is gooi babapoeier of bluedeath op die mat.
Bloekom olie of bloekom blare
Vir diere: Kry Capstar pil wat jy jou diere mondelings toedien. Alle vlooie vrek binne 24uur op die dier en sit dan Advantage vloeistof agter die nek wat so 30dae hou. Spuit jou huis met Fleago (dis n groot blik).
Gaan pluk n klomp kakiebos, breek dit fyn en gooi in n emmer met kook water. Laat dit trek soos tee vir 2 na 4 ure, as dit afgekoel is gooi die water in n spuitbottel en spuit orals op jou matte en vloere, jou diere se bedde goed. Jy kan jou diere ook met dit spuit. Dit stink maar werk soos n bom.
Was matte met “cloudy amoniac”
Karbadust buite en Fendona binne en Capstar vir die hond of kat
Pluk kakiebos en sit dit onder die bed of waar ook al.
Strooi Borax
Kry kakiebos produkte by pet shops
Stooi growwe sout oornag op jou mat en stofsuig dan die volgende dag
Spuit lampolie
Dyflea. Dis n geel blik met blou op. Kry dit by shoprite. Dit werk goed.
Was jou matte met Scrubs Ammoniac,elke maand (vir 3 maande),vol aanwysigings.Stofsuig elke 2de dag. Maak stofsuier sak na elke gebruik skoon en los in die son. Jy kan jou matte na 3 maande siklus net 2X per jaar was. Dit vlek nie jou matte nie. Dit brand vlooie, vlooi eiers en enige termiete,vismotte ens.,dood.
Lulu Potgieter Doom fogger.
Susan Lottering Vd Merwe Spuit alles met verdunde dettol, was jou vloere ook met dit en spuit op vensterbanke en vloerlyste. Was jou gordynne saam met proppie detol en so ook jou beddegoed en spuit jou matrasse en kuSsings ook met die mengsel. Doen die vloerding 2 tot 3/week vir so maand
Yvette Viviers Corver Ek het vanoggend gelees jy moet kakiebos trek soos tee en dit dan oral in die huis spuit om vlooie te verjaag. Dit kan selfs op diere gespuit word.
Zelma Swart De Beer Kakiebos werk soos ‘n bom, al self Vlooie probleem gehad toe ons in ‘n nuwe huis ingetrek het. 3 dae en die vlooie is weg, Sit die takke onder jou banke en beddens. Ek het 2 keer ‘n dag vars kakiebos gesit
Mari Krige Burger Dis nie nou kakiebos tyd nie(November), maar jy trek die hele kakiebos uit en sit dit oral in die huis onder die beddens en jou vlooie is vir ewig weg. As daar dalk iewers nou naby jou in die veld kosmos is wat begin blom, kyk of jy nie klein kakiebos daar kry nie, hulle groei saam, van dieselfde familie
Elize Botha Bloekomolie aan die vloerlyste werk ook!
Nellie Joubert Wessels Naftaleen vlokkies. Het jare terug in Witbank gebly en munisipaliteit het by huise afgegooi. Dit werk. Trap in matte onder matras ens. Meng met water vir vloerlyste.
Mucki Gouws Ek gebruik Fendona dis reuk en kleurloos spuit dit tot om my eie bedde goed dit maak die eiers ook dood voor dit uitbroei! Dit werk regtig!
Rika En Heinrich Fuchs @ nellie – naftaleen is selfde as motbolletjies.
Elzeneth Lotz Vanwyk ekt in die kuier gelees jy moet klam sout op jou matras en beddegoed gooi en onder die bed.
Janna Alkers Blue death
Sharne Van Aardt Stroebel Vat citrionella en spirits helfte helfte in n spuit bottel dit werk vir muskiete ook
Drusilla Olivier Blue death in jou stofsuier.
Crisma Zaayman Ek gehoor as jy koerant papier brand help dit ook dit nie self probeer nie maar my man gesien toe hulle dit doen en dit werk brand op n bord
Linda V Rensburg Ek gebruik Carbadust – buite in die tuin en in die huis
Deidre Pretorius Hi Sonnika jy strooi net GROWWE sout orals dit werk regtig vir vlooie
Laurika Rossouw Bloekomolie werk ook! Veral op matte, sprinkel dit net daarop.
Hans Swanepoel Kook kakiebos en spry sap in die huis
Madeleine van Wyk Vlooie is ‘n pes. Dit teel baie vinnig aan. Veral in ons klimaat. Behandel jou diere ELKE maand met ‘frontline’ of iets wat jou Vet sal aanbeveel. Dit maak nie net vlooi op hul vel dood nie maar IN die vel ook. As dit erg is kry ook iemand om te spuit binne en buite die huis. Vlooi eiers kan dormant bly vir maande in die kleinste krakies, matte, banke, matrasse ens en dan uitbroei as die omstandighede reg is. Die vlooi eiertjie kan ook wurm eiertjie op sy ry dra en ja die hond lek en sluk dit en die siklus herhaal oor en oor. Dan het diere wurms ook. Dis klink oorweldigend maar vra jou Vet vir raad. Dis verniet. Die res is maar beheer, beheer. En dan ook gereelde stofsuig em was van diere se bedegoed. En as jy nie vlooie in jou bed soek nie. Dan geen diere op die bed tot dinge onder beheer is nie. 🙂
Antonette Louw Rossouw Dyflea, spesiaal daarvoor.
Johan-Lia Louw
kakiebos werk uitstekend en ook die blue death as jy dit strooi vee in met besem en laat dag staan dan suig jy goed uit
Nicolize Pieters Gooi growwe sout op die matte en los vir so 3dae. Daarna stofsuig jy dit net normaalweg op. Ons het dit gedoen en dit het definitief gewerk. Het sommer op die banke ook gestrooi.
Andries Nel Dyflea. Het dit saam met frontline op my diere gebruik. Spuit die dyflea oral op jou matte banke en dit maak die larwes en eiers ook dood
Wendy Landman Jordaan Moet asb net nie growwe sout gebruik nie. Jou matte word papnat van dit. Kakiebos werk beslis
Elize Bessell Nel http://video.about.com/cats/Make-a-Homemade-Flea-Trap.htm
You must be logged in to post a comment.