Die resep gaan lekker werk vir potjies:
AARTAPPEL EN KAAS POTATOBAKE BROODJIE
Rencia Odendaal Pretorius
1 pakkie cheese en bacon potatobake
300ml gerasperde kaas
100ml melk
300 gr aartappels – geskil en gerasper
450gr bruismeel
1 eier
Meng meel en potato bake
Voeg aartappels en kaas by en meng deur
Meng eier en melk en meng by bg mengsel
Knie net effe deur
Maak in bol vorm en sit in pannetjie
Smeer bietjie melk bo-oor
Strooi bietjie droe pietersielie en paprika oor (opsioneel – dit gee die broodjie net mooi kleur)
Bak vir 45/50 min by 180 grade C
Gebruik klaar voorafbereide brooddeeg, rol net bolletjie , of 3 klein bolletjies, smeer potjie goed met botter, sit in en gooi bietjie paprika en pietersielie oor en bak tot gaar
Bak cupcakes in potjies, of selfs jou vrugtekoekies vir kersfees, versier met lint en gebruik as nagerg by jou Kerstafel.
Bak die broodjie in cupcake houertjies wat jy binne in die potjie sit.Gebruik as voorgereg by jou kerstafel saam met verskillende smere.
Oulike Chocolate mud pudding!
Maak Chocolate Mousse en gooi in Terracotta potjies, strooi gekrummelde Crunchie koekies bo-op en sit so 1 of 2 vars blommetjies bo-op – steek die steeltjie binne in die Mousse dat die blom/me regop staan. Jy kan selfs n suur-wurm sweetie bo-op sit.
You must be logged in to post a comment.