Appeltert


Appeltert

Appeltert

OUMAN NAN SE APPELTERT

Meng goed: 3 eetlepels sagte botter
1 koppie suiker. Klits 3 eiers 1 vir 1 by.

Roer by: 1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
¼ koppie (60ml) melk.

1. Gooi in pyrex-bak
2. Sny 1 blikkie tertappels in kleiner stukkies en sit dit in die deeg.
3. Bak vir 30 minute by 180C

STROOP
1 koppie suiker
125ml melk
¼ koppie botter (60ml)

1. Kook alles saam
2. Gooi oor warm appeltert
3. Sit voor met geklopte room of roomys en rosyne(as jy wil)

*

APPELTERT (APPLE CRUMBLE)
KORS:
500ml ongesifte koekmeelblom
250ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
250g margarine
VULSEL
1 blik onversoete tertappels fyngekap (385g)
125ml suiker
125ml koekmengsel-droëvrugte
2ml kaneel
1 ml fyn naeltjies
Knypie sout
1 teel hoogvol vlapoeier aangemaak met bietjie water

Metode:
Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarine met die vingerpunte hierin totdat dit ‘n deeg vorm. Bedek die deeg en laat staan ‘n rukkie.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Druk die helfte van die deeg teen die wand en boom van ‘n oondvaste tertbord vas. Meng die tertappels, suiker, droevrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam. Skep in kastrolletjie en verhit stadig. Roer die vlapoeier by die mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor. Bak die tert 20min of totdat die deeg begin verbruin. Sit louwarm of koud voor.Die tert vries baie goed.

*

 APPELTERT MET ROOMSTROOP

3 eetlepels botter

1 ½ teelepel bakpoeier

¼ koppie melk

knippie sout

1 koppie koekmeel

3 eiers 1 koppie suiker

1 blikkie tertappels/Cocktail Fruit (420gr)

METODE

Room botter en suiker goed saam, voeg droë bestanddele om die beurt met melk by. Meng goed tot gladde deeg. Gooi in gesmeerde bak/tertbord, rangskik appels bo-op deeg en bank in matige oond (180*) vir plus minus 45 minute – tot gaar.

STROOP

Kook die volgende bestanddele saam vir 10 minute:

1 koppie room en/of ingedampte melk

3/4 koppie suiker.

1 teelepel vanilla

METODE

Roer gedurig, terwyl stroop kook. Gooi warm stroop oor sodra die tert uit die oond kom en laat afkoel. Bedien as tert of nagereg, met room of roomys.

*

 SPESIALE APPELTERT

3 eetlepels sagte botter
1 koppie strooisuiker
3 geklitste eiers
¼ koppie melk
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
blikkie tertappels
250ml room

Meng botter en strooisuiker goed. Meng eiers en melk saam. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng meel met bottermengsel. Plaas appels in deeg. Strooi kaneel oor en bak by 180ºC vir 45 minute. Kook stroop van suiker en room. Gooi oor gaar tert. Steek met vurk sodat room goed kan inloop. Bedien met styfgeklopte room of koue vla.

*

 APPELTERT

Klop goed saam: 3 e (opgehoop) botter

1 k suiker

2 – 3 eiers

¼ k melk

Voeg by: 1 k meel

1 t bakpoeier

Knippie sout

Meng alles goed saam. Skep in gesmeerde vuurvaste bak. Skep groot blik tertappels bo-op.

Bak vir 30 – 40 minute by 180°C.

Stroop: Kook 1 k room & 1 k suiker tot romerig.

Haal tert uit oond en gooi stroop bo-oor.

 *

HEUNING APPELTERT

250 ml meel

125 ml suiker

20 ml bakpoeier

2 ml sout

1 eier

125 ml melk

37,5 ml botter of margarien

410g-blik tertappels

Sous:

25 ml botter of margarie

37,5 ml heuning

Sif droë bestanddele saam. Verhit melk en botter tot louwarm en botter gesmelt is. Klits eier en voeg dit by die melkmengsel. Roer mengsel in droë bestanddele in (roer stadig, geneig om klonte te maak). Plaas ‘n dun laag deeg onderin ‘n gesmeerde tertbord. Druk appels effens fyn. Sit laag appels bo-op deeglaag. Skep orige deeg bo-oor en maak gelyk.

Bak teen 180 grade vir ongeveer 15 minute tot gaar en goudbruin.Berei in tussen die sous: Smelt die sousbestanddele saam en giet oor warm tert sodra dit uit die oond kom. Steek paar gaatjies in met vurk sodat dit kan intrek.

*

DROOM APPELTERT

1 x blik tertappels (411 gram)
2 x eiers
190 ml strooisuiker
5 ml vanilla geursel
85 ml melk
60 ml botter of margarien
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout

Metode:
Klits eiers, suiker en vanilla geursel goed saam. Voeg melk by
Smelt botter en voeg by
Voeg gesifte koekmeel, bakpoeier en sout by. Klits goed
Gooi mengsel in ‘n gesmeerde tertbak
Rangskik die blik tertappels bo-op die deeg
Bak in ‘n voorverhitte oond (180ºC) vir 35 minute tot mooi goudbruin

Sous:
125 ml suiker
200 ml ingedampte melk
Kook saam totdat suiker gesmelt is.
Gooi warm stroop versigtig oor tert sodra dit uit die oond kom

*

APPELTERT

Bestanddele – Tert

1 Blik Tert Appels (Klein)
4 e Botter
1 en ‘n hslwe k Suiker
4 Eiers
1 ½ k Melk
1 ½ k Bruismeel
Knippie Sout
1 en ‘n halwe t Bakpoeier

Bestanddele – Sous
250 ml Room
1 en ‘n halwe t Karamel essens
‘n halwe k Suiker

Metode Tert
Klits Eiers.
Smelt Botter en Suiker saam.
Meng eiers en botter/suiker mengsel.
Voeg ander bestanddele by (behalwe appels) en klits goed.
Sit Appels in pan.
Gooi mengsel oor die appels.
Bak teen 180°C vir 45 minute

Metode Sous
Gooi alle bestanddele in ‘n potjie en verhit.
Wees versigtig want die room kook maklik oor.
Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom.

Wenk
Vir ‘n lekker klam tert voeg nog so ‘n koppie room of melk by.
Indien die bestanddele verdubbel word dan is die mengsel net genoeg vir ‘n oondpan.

Deur: Connie Brumley Sutton - VARS APPEL KOEK /TERT resep:

Deur: Connie Brumley Sutton – VARS APPEL KOEK /TERT resep:

HIERDIE APPELTERT/KOEK WORD GEMAAK MET VARS APPELS EN NIE GEBLIKTE APPELS NIE

VARS APPEL KOEK /TERT resep:
Deur: Connie Brumley Sutton
1kop olie
2 kop suiker
3 eiers
3 kop meel
1 teelepel koeksoda
2 teelepel vanielje-ekstrak
1 kop gekapte pekanneute
3 kop vars geskil en gekapte appels
Verhit die oond tot 180 C grade. Smeer ‘n 9 x 13 “pan Meng olie, suiker en eiers. Roer meel en koeksoda by. Voeg vanielje, pekanneute, en appels by. Smeer in voorbereide pan en bak vir 45-50 minute Laat afkoel vir 2 ure
Versiersel
½ kop botter
1 kop bruinsuiker (donker verpakte bruinsuiker)
¼ kop ingedampte melk (ideal melk)
½ teelepel vanielje
Kook al die bestanddele in ‘n klein kastrol vir 2 minute. Sit bak in bak gevul met yswater. Klits versiersuiker by tot dit die regte tekstuur is om oor die koek te kan smeer. Smeer oor koek en geniet

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s