Broodjies/Brode


brood

Maklik Cheeseey kaas broodjie

500g bruismeel
7,5 ml sout
150gr cheddar – in klein blokkies gesny (ongeveer 1/2 cm vierkante)
500ml karringmelk
water
Pampoen, sesame en sonneblomsaad vir die top
Verhit jou oond tot 180 grade Celsius en smeer ‘n bakplaat / broodpan.
Sif die meel en die sout in ‘n groot bak.
Voeg die blokkies kaas by en roer net deur.
Gooi die karringmelk by en meng. Indien nodig en beslag is nog droog, voeg bietjie water by (dit is nie nodig om die brood te knie nie)
Vorm in ‘n ronde bolvorm en deel dit deur kepe bo op die brood te maak met ‘n skerp mes, sprinkel oor die sade.
Bak vir ‘n uur. Om te toets om te sien of dit gaar is , gebruik jou toetspen, As skoon uitkom is dit gaar en die brood sal hol klink wanneer jy klop.

brood 4

Bier, spek en biltong brood

500gr bruismeel
5 ml sout
1 blik Beer (enige van jou keuse)
250 Spek, gebraai en gekap
250 gr dun gesnyde biltong (opsioneel- of soveel soos wat jy wil gebruik)
1 groen soetrissie, gekap (of al 3 kleure)
1 ui, fyn gekap

1. Braai spek en verwyder uit pan.
2. Soteer soetrissie en ui in pan en sit eenkant,
3. Sif meel en sout saam.
4. Voeg die bier by en meng goed.
5. Voeg die spek, biltong, uie en soetrissie by.
6. Meng goed en plaas in ‘n goed gesmeerde brood pan.
7. Plaas in oond @ 180 ° C vir sowat ‘n uur en toets met koekpen of gaar is
8. As die pen uitkom en dit is droog is die brood gaar
Die resep kan lekker aangepas word na jou smaak. Voeg blikkie pitmielies gedreineer by, of koppie gerasperde kaas, of selfs olywe, peppadews, sundried tomatoes

broodjie groente

GROENTE BROODJIE

2 koppies (500 ml) gerasperde rou groente – ek gebruik ‘n koppie gerasperde murgpampoentjies (baby marrow) en ‘n halwe koppie van elk van gerasperde wortel en botterskorsie (butternut))
1 koppie (250 ml) gerasperde kaas van jou keuse
4 jumbo eiers
1 medium ui fyn gekap
1 koppie (250 ml) bruismeel
1/2 koppie (125 ml) sonneblomolie
Geur met sout en wit peper
Verhit jou oond tot 175c
Voer jou pannetjie met bakpapier of smeer baie goed.
In ‘n groot bak Meng al die bestanddele en roer tot goed gekombineer.

Skep in jou pannetjie en strooi bietjie ekstra kaas bo-oor en bak vir 40 minute of tot ferm en mooi bruin.

brood halloumi

Halloumi brood
Bestanddele
225g halloumi, blokkies om klein
50 g baby rocket blare, fyngekap
100g feta, gekrummel
190g bruismeel
25g botter, gesmelt
175ml melk
1 medium eier, liggies geklits
swartpeper

Voorverhit oond tot 190 * C
Smeer twee mini brood pannetjies met botter,
Verhit ‘n swaar bodem pan en braai die halloumi blokkies tot mooi goudbruin
Verwyder uit die pan en laat afkoel
In ‘n medium bak sif die meel en voeg ‘n klomp gemaalde swartpeper by
In ‘n beker klits die botter, melk en eier
Gooi die melk mengsel by die meel en roer net ‘n paar keer om te meng. Moenie dat die paar klonte jou pla nie
Vou in die halloumi , feta kaas en rocket blare in by die mengsel
Verdeel die mengsel tussen die twee brood pannetjies
Maal nog ‘n klompie swartpeper bo-oor elkeen
Bak vir ongeveer 30 minute of tot gaar en goudbruin
Verwyder uit die oond en keer uit op ‘n afkoelrak
Geniet warm
Deur: http://www.ilikemaking.com/2013_02_01_archive.html

Rens se Halloumi broodjie

Rens se Halloumi broodjie

Ek het toe die Halloumie broodjie gebak. Dit is nou regtig die moeitewerd gewees. My terugvoer: Die resep se 2 klein broodpannetjies – ek het dit in 1 pannetjie gebak, en die broodjie was bietjie plat. Dit rys nie baie hoog nie, so die rede vir die 2 broodpannetjies is daarvoor. Gebruik die klein pannetjies dan sal dit mooi broodjies wees. Die broodjie is ook baie bros. Ek het nie baby rocket gehad nie, het dit vervang met vars spinasie blare, pietersielie en spruituie. Myne was so 40 minute in die oond

brood ouma

WIE ONTHOU DIE LEKKER OUMA BROODJIES ??

GEEN KNIE OUMABROODJIE: [EMS SE RESEP]
3k koekmeel,
1 en half k bruismeel gesif in die koekmeel,
1 pakkie gis,
3 tot 4 eetlepels olie,
1 tee sout.
3 koppies strek lou water.
SO MAAK JY:
Meng die mele, gis met water gooi dan olie by.
Roer goed, gooi in pannetjie en bak by 180 tot gaar,baie lekker broodjie en bly lank vars.
WENK:
Gooi water bietjie vir bietjie by.
Die deeg moenie te slap wees nie.

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering

*

POTBROOD: [OUBAARD] (EEN RESEP MET 6 VARIASIES )
6 koppies witbroodmeel
2 pakkies gis
10ml sout
10ml suiker
2 koppies louwarm water (dit help met die gis proses wat die deeg laat rys)
knerts melk
knerts botter
MAAK DAN SO:
Smeer platboompot en deksel met botter.
Meng alles bymekaar en knie tot jy ‘n eenvormige deeg het.
Plaas in pot en laat rys tot die deeg lekker geswel het.
Knie weer en bak die brood oor matige kole, onthou kole op die deksel.
ALTERNATIEF: #2
Bogenoemde mengsel met kaas en bits o bacon. Meng met al die ander bestandele.
ALTERNATIEF: #3
Bogenoemde mengsel met biltong. Weereens meng met ander bestandele.
ALTERNATIEF: #4
Bogenoemde mengsel met ‘n tamatie en uie mengsel bo-oor deeg.
ALTERNATIEF: #5
Bg mengsel moet uitgerol word soos ‘n pizza.
Plaas pizza deeg in pot sodat dit oor die kante hang.
Plaas een laag hoenderstukke in pot, met bits o bacon, opgekapte mushrooms, uie etc na aanleiding van geur.
Vou dan die res van die pizza deeg wat oor die kante hang sodat dit half soos ‘n pastei lyk.
Hierdie brood / hoender konkoksie sal so 2 ure neem ten minste.
ALTERNATIEF: #6
Instede van ‘n hele brood kan jy bolletjies rol uit die deeg en dit plaas in die pot – dus kry jy buns en nie ‘n brood nie.
Ek volg nooit presies afmetings nie. Ek gooi als by so met die oog en soos ek goeddink…so los die maatbeker by die huis

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering

foto en resep, *ALLE REGTE AAN@*https://www.wegsleep.co.za/kampkos/room-potbrood/*

foto en resep, *ALLE REGTE AAN@*https://www.wegsleep.co.za/kampkos/room-potbrood/*

Room-potbrood

Dís mos ’n POTBROOD

Jy benodig

knoffel na smaak

sout en peper

gekapte vars of droë pietersielie na smaak

1 kg witbrooddeeg (klaar voorbereide gekoopte deeg)

2 wiele fetakaas

2 koppies room

Só maak jy

1 Smeer ’n platboompot met ’n bietjie botter. Meng die knoffel, sout, peper en pietersielie by die deeg in en sit dit in die pot.

2 Meng die fetakaas met die room en gooi dit bo-oor die deeg.

3 Bak dit oor matige kole vir 30-40 minute tot die deeg gaar is. Gooi ’n paar kole bo-op die pot om die brood ’n mooi bruin korsie te gee.

WegSleep sê: Jy kan stukke van die brood eet saam met die sous wat die room en kaas maak. Dis heerlik!

foto en resep, *ALLE REGTE AAN@*https://www.wegsleep.co.za/kampkos/room-potbrood/*

POTBROOD OP DIE KOLE

POTBROOD OP DIE KOLE

POTBROOD OP DIE KOLE

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
POTBROODJIES SONDER SUURDEEG: [BRON ONBEKEND]
2 kop meel
4t bakpoeier
½ t sout
4 e olie
1 eier
Melk en water om mee aan te maak
MAAK DAN SO :
Sif droë bestanddele saam.
Gooi olie en eier in ‘n koppie en vul verder aan met melk en water.
Klits goed.
Maak ‘n holte in die meel, voeg geklitste vloeistof by en maak aan met ‘n mes.
Skep lepels vol in ‘n gesmeerde ysterpot, smeer ‘n bietjie melk oor en maak toe met deksel.
Sit pot op ringe of rooster waaronder kole gekrap is en pak ook kole eweredig versprei op die deksel.
Lig deksel eers na 20 minute om te kyk of dit gaar is.
‘n ½ kop gerasperde kaas kan by die deeg gevoeg word vir ekstra geurigheid.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s