Sidewalk Paint
Here’s what you need:
http://www.cometogetherkids.comcornstarch
- water
- food coloring
- small containers (I used cupcake tins )
- paint brushes (the cheap foam ones work well)
Here’s what to do:
In your small containers, add equal parts cornstarch and water. I used a little less than 1/4 cup of each for our paint. Mix the cornstarch and water well (it’ll be gloppy at the bottom). Add several drops of food colouring to each container to make the colours your children want and mix well.
Cornstarch and water mixed well.
Adding the food colouring.
Paint away! The paint will go on rather watery and dull, but will dry to a nice bright pastel. If your driveway (or other painting surface) is particularly smooth or bumpy, you might want to experiment with adding a little more or less cornstarch to get the coverage you want, but the equal parts ratio is a good starting point.
Strooitjie Slangetjies
Pofrys Horinkies
Kinders is mal hieroor. Jy hoef dit nie in roomys-horinkies te sit nie – jy kan die mengsel ook in ’n gesmeerde bak druk en in blokkies sny
15 – 20 horinkies
250 g malvalekkers (dis sowat 20 lekkers)
60 ml botter, gesmelt
1,5 liter pofrys (Rice Krispies)
2 ml vanieljegeursel
15 – 20 roomys-horinkies
Gooi water in ’n kastrol en plaas dit op die stoof. Draai temperatuur tot laag wanneer water begin kook. Gooi malvalekkers en gesmelte botter in ’n bak (glas of metaal) en plaas dit bo-op die kastrol. Die malvalekkers sal begin smelt. Jy kan elke nou en dan met ’n houtlepel roer. Gooi pofrys in ’n groot bak en gooi gesmelte malvalekkers-en-botter by. Roer dadelik totdat alles goed gemeng is. Voeg vanieljegeursel by.Skep mengsel in horinkies. Druk dit effens vas met jou hande – maak net eers seker dis nie te warm nie
Pofrys Horinkies
Deur Barbara Joubert SARIE KOS
Alle kinders is mal hieroor. Jy hoef dit nie in roomys-horinkies te sit nie – jy kan die mengsel ook in ’n gesmeerde bak druk en in blokkies sny
(15 – 20 horinkies)
250 g malvalekkers (dis sowat 20 lekkers)(Klein srukkies gesny)
60 ml botter, gesmelt
1,5 liter pofrys (Rice Krispies)
2 ml vanieljegeursel
15 – 20 roomys-horinkies
Smelt die botter – gooi marshmallows by en smelt oor lae hitte – gooi vanilje by en roer dan die rice crispies by – skep lepelsvol op roomys horinkies.
Gewone dun gom vir klasgebruik
Ronelda Coetzee
Bestandele:
1 teelepel koekmeel
2 teelepels mielieblom
1/4 teelepel aluin
omtrent 1/2 koppie water
Metode:
1. Meng die droe bestanddele.
2. Voeg die water stadig by en roer sodat dit nie klonte vorm nie.
3. Kok oor baie lae hitte af as die mengsel begin verdik en laat dit afkoel.
Die mengsel word self dikker as dit afkoel.
Gom: meng’ n halwe koppie meel met 2 koppies water in ‘n bak voeg die pasta by kookwater en laat die mengsel tot kookpunt kom weer. Voeg bietjie suiker laat afkoel. Die plak kry verdik met koel.
Lekkergoedklei
Dorè Van Wyk Els
(Eetbare klei)
80ml margarien
80ml Stroop
1ml Vanielje geursel
4 k versiersuiker
Smelt d margerien,stroop en Vanielje saam. Laat effens afkoel en voeg versiersuiker by.
Knie baie goed om tot klei te vorm.
Verdeel klei en kleur met verskillende kleure kleursel.
As kinders klaar gespeel het, kan hulle d klei eet of terwyl hulle speel
Gekookte klei
Natasha De Jager Viljoen
2 k koekmeel
5 eetlepels kremetart
1 k sout
2 k water
5 eetlepels olie
Voedselkleursel
Geursel
Meng als in pot.
Roer met houtlepel tot ‘klei’ ‘n bol begin vorm.
Verminder hitte en hou aan roer totdat die bol lekker solied is.
Knie vir 2 minute.
Laat afkoel voor spel en bêre in ‘n houer in die yskas.
Speelklei resep
Sout
4 koppies koekmeel
4 koppies sout
4 koppies koue water
1/4 koppie kookolie
15ml kremetart
koekkleursel
Meng bogenoemde tot ‘n gladde deeg.
Plaas in kastrol en laat oor lae hitte kook tot dit so taai soos kougom is.
Roer heeltyd.
Laat afkoel.
Bêre in lugdigte houer of plastieksak in die yskas.
Kleiresep(mikrogolf)
Carina Van Dyk
2k meel, 30ml kremetart, 30ml kookolie, 3/4k sout, 2k water en ‘n druppel kleursel. Voeg alles bymekaar. Mikrogolf 4-5 min. Op 100% krag / hoog. Roer na elke minuut goed. Kyk na 4 min of deeg reg is (deeg moet elas…ties wees). Soms is net 20-30 sekondes nog nodig. Knie terwyl deeg nog warm is. Sit dadelik in ‘n sakkie as afgekoel. Die deeg moet nie pap wees nie. Ons maak altyd gemmerkoekmannetjies en diere uit die klei.
Speelklei resep
Soet
80 ml stroop
80 ml margarien
2 ml vanieljegeursel
500 g versiersuiker
koekkleursel, in verskillende kleure
Smelt die stroop en margarien saam.
Voeg die versiersuiker by en knie totdat dit ‘n mooi gladde deeg vorm. En ja, jy mag nou maar proe – die klei is so lekker soos fudge!
Verdeel en voeg kleursel by soos verkies*.
Laat afkoel, sommer in die yskas as julle haastig is.
Nou kan die pret begin!
Die klei kan met gemak vir 2 – 3 dae in ‘n lugdigte houer in die yskas gehou word – dis nou ás dit so lank hou!
Wenke:
* Poeierkleursel werk die beste omdat dit nie die deeg slapper maak nie. Maar jy kan gewone koekkleursel gebruik en dan net bietjie versiersuiker in ‘n bakkie gooi en byvoeg soos nodig.
* Gebruik jelliepoeier of aanmaakkoeldrank om die klei te kleur en geur.
Bêre in lugdigte houer of plastieksak in die yskas.
Clay
Gillian Logan Bredenhann
1 cup cake flour
1 cup water
½ cup salt
15 ml oil
10 ml crème of tartar
food colouring
heat ingredients in a pot. stir continuously until mixed.
allow to cool. knead the dough until a smooth ball forms.
store in a plastic bowl with lid
Vaseline Speeldeeg/klei
Linda Lourens Herzog
2 k koekmeelblom
30 ml alum poeier (apteek)
125 ml sout
75 ml Vaseline
350-375 ml kookwater
Meng alles saam met voedselkleursel.
Ek gebruik baie minder water, want anders is dit te pap. Hierdie klei ho nogal baie lank en raak nie so vinnig droog nie.
Vingerverf
Simone van Zyl
1/4 k mielieblom
2 k koue water
kleursel
Meng mielieblom en water in ‘n pot, kook tot mengesel dik word. Giet in verskillende houers en voeg dan kleursel by.
Vingerverf
Maureen Van Helden
Resep :
1 Koppie meel
1 Koppie suiker
1 Koppie kookwater
3 Koppies kouewater
Voedselkleursel
Meng – meel , suiker , kouewater.
Sit op stoof en gooi kookwater by. Kook dit tot dit dik word. So 1 – 2 min.
Gooi kleursel by.
Sout verf (3 maniere)
Peuters Stimulerings Groep
Resep:
1 koppie verf
6 – 8 tl sout
Meng goed
1. Verf met die sout verf.
2. Teken ‘n houtgom prentjie en gooi dan sout oor die gom. Laat dit droog word en verf dan met water verf die sout.
3.Verf ‘n prentjie en gooi sout op die nat verf en word droog.
Die sout maak die prentjie glinster as dit droog is.
Stoepverf resep
Benodighede:
2E maizena
2E water
5 druppels voedselkleursel
Aanwysings:
Meng als saam en laat kiddies met dit op die stoep buite verf. As dit droog is is dit soos bordkruit. Vee dit sommer met die besem af! Dit hou hulle lekker besig! (Op “In en om die huis”)
Paper Mache
Madri Cordier
Plakpapiergom wat jy aanmaak en dan gebruik jy opgeskeurde koerantstukkies.
Stysel wat jy aanmaak werk ook.
Koue lym werk ook.
Daar is ‘n paar maniere:
Koue lym met geskeurde koerantpapier;
Plakpapiergom aangemaak met geskeurde koerantpapier;
Meel en water tot ‘n pasta met geskeurde koerantpapier;
Stysel aangemaak met water met geskeurde koerantpapier…
Celia De Villiers Enslin
Ons meng sommer meel (koekmeel) en water en gebruik koerantpapier repies en ‘bou’ dit dan so bo-oor ‘n opgeblaasde ballon of iets wat jy later kan stukkend maak en ‘uit trek’ as die vorm hard is.
Bubbles
Esmiralda Harmse
250ml water
2 eetlepels skottelgoed seep
1 teelepel glycerine
Gaan kyk bietje na die games vir kinders met bubbles: Ek het dit by my skook gebruik
Ronel Van Jaarsveld
Die borrelmengsel met gliserien werk nog beter as mens dit oornag oop in n bak laat staan… weet nie hoekom nie, maar borrels dan baie groter.
Debbie Lange
1/3 koppie shampoo/skottelgoedseep, 1/4 koppie water, 2tl suiker, ‘n druppel voedselkleursel..werk soos ‘n bom.
Amanicka Maloney
Maanborrels 1/2k opwasmiddel 1 en 1/2k warm water 2t suiker.Meng di bestandele baie deeglik.Probeer dit vir ten minste 5 min lank roer.As jy groter hoeveelhede maak,moet jy langer roer.Dit werk baie goed
You must be logged in to post a comment.