Archive | April 2013

Room Wenke


Cream - Photo Elana's Pantry

Cream – Photo Elana’s Pantry

Cream that does not thicken can be improved with a little lemon juice.

Rina KleinhansFood Lovers Recipes

MAAK JOU EIE ROOM
ROOM
1 koppie melk
1 eetlepel maizena
Sout
250g margerien (Rama)
1 teelepel vanielje
1 teelepel karamelessense

1 eetl  versiersuiker
Kook melk, maizena, sout saam. Roer aanhoudend. Haal van stoof. Roer tot koud. Room margerien, versiersuiker en essens tot romerig. Gooi by maizena mengsel en roer goed
Die “room” vries ook goed (Denise Rademeyer)

Blomkool Wenke


Source Unkown

Source Unkown

Blomkool

Cauliflower will keep it’s colour if you add lemon juice or milk to the cooking water. You can do the same thing to potatoes

 

Pannekoek (met Wenke)


Pannekoek - Photo Mobile Catering Menu

Pannekoek:

Elia Patterson Ek bak by werk en ons gebruik
2kg koekmeel
18 eiers
4l melk
4 eetl bakpoeier
2 teel sout
250ml room
250ml oil
Meng alles saam

Velda Atterbury-share Flatervrye pannekoek resep 250ml Meel 5ml bakpoeier 2ml sout 2 eiers 200ml melk 175ml water 5ml suurlemoen sap 125ml olie Meng goed laat rus vir so 20min spuit pan met spray&cook bak. lewer 12 pannekoeke Die beslag kan vir tot 4-5 dae in yskas gehou word.

FLATERVRYE Huisgenoot Wenresepte 3

Marie Dumas Jennings Pannekoek:
4k meel
4t bakpoeier
4 eiers
1k olie
sout
5k water
1t koeksoda opgelos in kwart koppie asyn

Meng alles goed saam en bedien soos jou keuse

Dien op met kaneelsuiker en suurlemoen skyf
Soetvulsel: roomys met karamel kondensmelk, piesang
Soutvulsels: hoender, tuna of ander vleisvulsels

Nicolene Schoeman My resep:

4 k meel
4 eiers
4 tlp bakpoeier
1 tlp sout
1/4 k asyn
1 k olie
1 liter water
1 kop rou oats

Metode:

Klits eiers en voeg 500ml water by. Gooi olie en asyn by en klits weer goed. Gooi nog 500ml water by en sif meel en sout oor eier en water mengsel. Klits weer goed en voeg oats by. Jy kan nog water by gooi as jy van ‘n dunner mengsel hou. Klits weer goed. Voeg nou bakpoeier by, klits tot gemeng en laat staan vir 20 minute voor gebruik.

Baie lekker en flop vry.

Nicolene Schoeman ‘n Oulike wenk wat my Ma my geleer het was om een koppie rou oats by die beslag te gooi. Dit maak die pannekoeke meer vullend vir honger magies en jy proe glad nie die oats nie. Klink nie lekker nie maar ek belowe dit werk.

Michelle Zaaiman Maklik en eenvoudig. My seuntjie maak sy eie deeg en bak sy eie pannekoek met hierdie resep van sy ouma al vandat hy 8jaar is. 1 kopi meel, 1 kop melk, 2 eiers, 1 teelepel sout en ‘n opskep lepel kook olie. Klits goed gooi biki watr by as deeg te dik is. Gaar pannekoeke vries goed.

Cornie Botha Cornie Botha. Heerlikke resep!! 4eiers. 4kop water klits goed. 2kop koekmeel 4tl bakpoeier. 200ml olie. Meng goed.bak in warm pan. Heerlik met kaneelsuiker of met soet of sout vulsels.

Elrine Kasper Pannekoek
16 kop koekmeel
75 ml bakpoeier (6 el)
20 ml sout
16 eiers
4 liter water
1 kop asyn
1 liter olie
50 ml suurlemoensap

Meng droë bestanddele in groot mengbak.
Klits die eiers, water, asyn en olie saam en roer of klits die droë bestanddele by, meng tot glad.
Smeer die warm pan met ‘n bietjie olie net vir die eerste pannekoek.
Die res van die beslag word gebak sonder om olie in die pan te sit

Elrine Kasper Pannekoek
6 Koppies Koekmeel (3 Koppies Koekmeel)
5 Groot Eiers (Of 6 kleintjies) (3 Groot Eiers)
1½ Koppies Kookolie (¾ Koppie Kookolie)
3 Eetlepels Asyn (1½ Eetlepels Asyn)
1½ Teelepels Sout (¾ Teelepel Sout)
5 Teelepels Bakpoeier (2½ Teelepels Bakpoeier)
8 Koppies Water (4 Koppies Water)
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer baie goed.
Gooi meel (gesif) by en klits weer baie goed.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir +- 1 minuut.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter. Die
mengsel kan in die yskas
gebêre word vir +- 1 week
Wenk: Dit is verkieslik om eerder water in pannekoekbeslag te gebruik as melk. Water verleen ‘n ligter tekstuur aan die pannekoek.

Anna-marie Small Pannekoek wat nooit flop nie… 3 kop.koekmeel, 6 eiers, 6 kop.melk, 1 en n half teel.sout, 1 en half n teel.bakpoeier, 1 eetl.asyn, 1 eetl olie. Meng alles saam. Lekker pannekoek bak ❤

Salomé van Deventer Die is ‘n heerlike flop vrye resep!!
500ml Meel
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
2 koppies water
So 100ml olie
So 15ml Asyn

Ek gooi altyd bietjie meer water by dit hang maar af die van smaak. Hy verminder en vermeerder ook baie maklik omdat dit gelyke hoeveelhede is.

Jacqueline Jacobs Ek gooi altyd vanilla essence by my deeg vir ‘n lekker geur en suurlemoensap sodat hy mooi bruin word Sodra ek hom uitgooi in ‘n bord verf ek bietjie melk oor met i kombuis kwassie om hom lekker sag te maak en dan smelt die suiker ook lekker in.

Resep: mmmm skies mense ek koop pancake mix

Danel Marie Muller Die asyn in resep kan met brandewyn of rum vervang word vir ‘n anderste smakie!

Martie Janse Van Rensburg Die pannekoek resepte met water en asyn is wonderlik! Brand nie sommer aan en die asyn sorg dat d pannekoeke nie taai is nie!

Amanda Cronje Ek het in Graskop by Harries die pannekoek winkel ‘n pannekoek geeet met hulle choc mousse wat hulle maak! hulle het ‘n choc winkel waar hulle die LEKKERSTE SJOKELADES het!! So hulle maak hulle pannekoek, biedjie dikkerige pannekoeke, maar steeds lig met die mousse in! Ek glo as mens Ina Paarman se choc mousse gebruik gaan mens dalk iets soortsgelyk kan doen.

Cornelia Myburgh SUKSES PANNEKOEK

250 ML KOEKMEEL
5 ML BAKPOEIER
2 ML SOUT
2 EIERS
200 ML MELK
175 ML WATER
5 ML SUURLEMOENSAP
125 ML OLIE

SIF MEEL, BAKPOEIER EN SOUT SAAM. KLITS EIERS, MELK, WATER EN SUURLEMOENSAP SAAM. VOEG BY MEELMENGSEL EN MENG GOED. VOEG OLIE BY EN MENG GOED OM ‘N BESLAG, SO DIK SOOS ROOM TE VERKRY. LAAT ‘N RUKKIE STAAN. VERHIT PAN WAT MET NON-STICK BESPUIT IS. ROER BESLAG EN BAK PANNEKOEKE. STROOI KANEELSUIKER OOR, ROL OP EN BEDIEN WARM. LEWER 12 PANNEKOEKE.

Pannekoek sonder eiers

250ml koekmeelblom
2ml bakpoeier
2ml koeksoda
1ml sout
450ml water
12.5ml asyn
60ml olie

Metode

Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Meng water, asyn en olie.
Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad.
Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm.
Giet 100ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan.
Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6 pannekoeke.
Wenke:

To make extra light pancakes use soda water instead of milk.

Gooi pannekoekdeeg maklik in pan:Gooi jou pannekoek/plaatkoekie deeg met ‘n tregter in so ‘n bottel en dit sal nie so baie mors soos die ou sop lepel tussen die bak en die pan nie!!!

PANNEKOEK BAK;

Sit pan op plaat met bietjie olie – plaat op no 6 – wag tot olie warm is, gooi druppel deeg in en sien of warm genoeg is. Die deeg moet nie le en olie trek nie, dit moet dadelik begin bak. – Ek gebruik gewoonlik ‘n soplepel, skep lepel vol deeg en gooi in jou pan en draai die pan tot die beslag die pan vol geloop het. As jy sien die pannekoek begin borreltjies maak bo, en jy lig met die spatel die eenkant – en jou pannekoek is los van die pan, draai om, druk die spatel so ‘n paar keer op die pannekoek tot anderkant ook effe bruinerig is, gooi uit pan  (die eerste pannekoek flop gewoonlik ha ha ha – ) krap net met spatel die deeg uit – moenie jou pan was nie – Nou, ek gebruik ‘n gewone kwas om my olie te smeer in die pan, mens is geneig om te veel olie te wil ingooi dan dryf jou pannekoek in olie, druk kwas se punt in olie, verf ou pan bodum,  gooi volgende deeg in, en sit jou plaat af na no 4.Bak die baksel.

Roomys


roomys..
Simple Strawberry Banana Ice Cream with 3 Ingredients

By: By: http://www.theslowroasteditalian.com/

4 large bananas, frozen
4 cups strawberries, frozen
2 tablespoons sugar

Place strawberries in a bowl or measuring cup, sprinkle with sugar and toss to combine. Place bowl in microwave at 30 second intervals until the strawberries soften slightly and the sugar dissolves in the juice.
Add bananas and strawberry mixture to the blender and blend until they reach the perfect consistency.
When your ice cream stops moving in the blender, you will want to stop and scrape down the pitcher of the blender and stir a few times. About 2-3 minutes total blending time.
Your frozen fruit may separate into tiny frozen chunks before it becomes a fabulous creamy consistency, so be patient.

Serve and enjoy! You can also transfer to a freezer safe container and allow ice cream to firm up in the freezer for 2 to 3 hours.

*NOTE: There are no preservatives in your ice cream, so it will freeze solid. Simply remove from freezer 10 minutes before serving to allow to soften slightly. If freezes and keeps beautifully!

roomys
2 Bestanddeel Chocolate Banana “Ice Cream”

By: http://www.theslowroasteditalian.com/

6 ryp piesangs (3 vars en 3 bevrore)
3 eetlepels kakao poeier (of kakao poeier)

Plaas piesangs in ‘n voedselverwerker. Meng totdat die mengsel begin romerig raak skraap kante as wat nodig is. Voeg kakao poeier by en pols tot heeltemal gemeng.
Plaas in houer met deksel en plaas in die vrieskas vir 3-4 ure.
Indien dit vir langer in die vrieskas bewaar word, haal so 10 minute voor opdiening uit om effe te ontvries, want dit vries kliphard omdat daar geen preserveermiddels in die beslag is nie.

 

Peppermint crisp ice-cream 

Rich and creamy, but super quick to make – no ice-cream machine and no churning required!
Serves 12-14

INGREDIENTS

2 x 380g tins caramel condensed milk
250 ml (1 cup) ice-cold full-cream milk
10 ml (2 t) caramel flavoured instant pudding powder
250 ml (1 cup) cream, softly whipped
2 x 49 g Peppermint Crisp chocolate bar

Grease and line a 1 litre mixing bowl with cling film. Whisk the caramel condensed milk until smooth. Add the milk and instant pudding powder and whisk again. Add the whipped cream and whisk for about 5 minutes, until light and fluffy. Chop the Peppermint Crisp bars finely and fold into the caramel mixture. Spoon into the prepared bowl, cover with cling film and freeze for at least 8 hours, or until firm. To serve, turn out onto a serving plate and gently peel off the cling film, drizzle chocolate sauce over and sprinkle with gold and silver cake sprinkles. Serve immediately.

Grondboontjiebotter en Oreo Gevulde Brownie Cupcakes


oreo peanutbutter cupcakes sjokolade
Grondboontjiebotter & Oreo Gevulde Brownie Cupcakes

Mens kan die grondboontjiebotter vervang met Caramel Treat kondensmelk.

Deur: Recipe source: Adapted from Instructables via Picky Palate

Bestanddele
• 24 sjokolade Oreo dubbel koekies (1 pakkie)
• ~ 1 koppie grondboontjiebotter
• 1 beslag Brownie (boks) koekmengsel, of maak jou eie beslag aan. (geen neute nie)

Instruksies

1. Voorverhit die oond tot 350 grade (180 C)
2. Voer ‘n kolwyntjie pan uit met kolwyntjie koppies. Spuit spray en cook om te verhoed dat dit vasklou
3. Smeer ongeveer 1 teelepel grondboontjiebotter op die koekie – sit weer ‘n koekie op. Smeer weer grondboontjiebotter bo-op, dws eindig af met grondboontjiebotter.
4. Plaas die koekiesstapels binne in die kolwyntjies.
5. Plaas die stapels mooi in die middel sodat genoeg kolwyntjiemengsel om die koekie en bo-oor kan loop.
6. Maak brownie beslag volgens aanwysings aan.
7. Gooi ongeveer 2 eetlepels poeding beslag oor die top van elke koekie stapel. Sorg dat elke stapel van koekies heeltemal bedek met mengsel..
8. Bak vir 20 minute of totdat brownies gaar is.
9. Laat vir 5 minute in die pan afkoel en verwyder. Plaas op ‘n draadrak om heeltemal af te koel.


Laurine Faul van Zyl
MAKLIKSTE BROWNIES EVER!!!
1 kop botter
2 kop suiker
1 kop kakao
4 eiers
1t vanilje
1k meel
1 en half kop bruismeel

Smelt die botter in n pot,
Gooi suiker en cacao by,
Klits eiers en voeg by, meng goed
Voeg meel en vanilje by en meng alles goed saam.
Ek dink jy behoort bogenoemde resep te halveer vir die kolwyntjie resep soos bo.

Braaibroodjie Ideës


Braaibroodjie - foto tarasmulticulturaltable.com

Braaibroodjie – foto tarasmulticulturaltable.com

Gewone braaibroodjies maar sit avocado ook op HEERLIK of net met bietjie chutney

Greenpepper is ook vreeslik lekker op braaibroodjies, met chutney ook & dan di gewone!

Meng botter met knoffel vlokkies en n hand vol parmesaan kaas, smeer mildelik oor broodjie, gevolg deur tamatie skyfies, mozzarella kaas, ui en fyn strips green pepper. Baie vars gemaalde swart peper en Ina Paarman se Pesto & Parmesan spice. Braai oor hoë hitte en draai gedurig. Jy eet jou vingertjies af

Ek het onlangs vir ons braaibroodjies gemaak met pita brood en dit was baie lekker. Sny pita middeldeur pak ‘n laag tamatie skyfies, uie ringe maak ‘n mengsel met blatjang mayo sweet chilli gekapte jalapenos peppadews en knoffel en smeer oor uie laag. Pak kaas op en boonste laag van pita brood braai oor die kole dis baie lekker

Ek smeer op die broodjies eenkant chutney en ander kant appelkooskonfyt, dan ui, kaas, tamatie lekker peper en aromat. Partykeer maak ek dit toe in gladwrap soos toebroodjie vir skool maar smeer hom margarien aan buitekante voor toemaak en dan braai ja jy moet extras he vir die volgende oggend

Dip die extra broodjies die volgende oggend in eier en vlak braai, dit njammies

Mushrooms, knoffel, kaas en bietjie chutney. Njam!

Ook baie lekker as jy die tamatieskfies opsit en dan jou uie fynkap en dit dan meng met gerasperde kaas en mayonaise. Dus tamatieskyfies onder met die uie,kaas en mayo mengsel bo-op dit en dan braai soos op die foto Lekkerrrrr

Verf/smeer jou dag oue brood met olyfolie dun skyfies tamatie sout & growwe peper. Vars basil blare en dan grof gekrummelde fetakaas. Braai soos gewoonlik op die rooster.

Ons sit nog Mayonaise ook op. En verruil die kaas met kaassmeer!

Ek is nie kreatief met my eie broodjies nie hou net van tamatie kaas en uie, maar mams se broodjie kry nog mosterd chutney radyse (uit ons tuin) agurkies op enige iets wat op ‘n broodjie kan kom sit sy op.

Braai uie tot deurskynend, gooi so teelepel suiker by om te karameliseer en gebruik die snytjies kaas saam met tamatie. Heerlik en kids is mal daaroor want hulle hou gewoonlik nie van rou uie nie. En dan is dit ook nie nodig om broodjies lank te braai nie.

Ek maak ook die gewone met kaas,tamatie + uie maar strooi bietjie oreganum oor tamatie saam met sout + peper en so bietjie churney! Heerlik!!!

Kaas, tamatie, ui en sweetchillie sous.

Ek smeer botter, appelkooskonfyt, uieringe, tamatieskyfies, sout en peper! Dan sit ek dit eers in die presstoaster, toast dit liggies en dan oor die kole!

Tandpyn Wenke


Photo - MyMagicMix

Photo – MyMagicMix

Tandpyn Wenke

Byt op ‘n disprin

Naeltjieolie

Lennon se tandpyndruppels werk regtig goed

Karringmelk Wenke


Karringmelk - foto Pick n Pay

Karringmelk – foto Pick n Pay

Can you replace buttermilk with milk in rusks:

Yes you can with milk, condence milk, cream ect

Amazi

Plain joghurt can also do the work.

Ek gooi dan net so bietjie (15ml) asyn by die melk.

I also add lemon juice or vinegar to ordinary milk if I don’t have buttermilk. Amazi makes wonderful rusks, I prefer it to buttermilk

Amazi works and tates great-also cheaper.

Ek gebruik ook eerder maas as karringmelk

Iuse 475ml of milk and 25ml mayonaise work very well

Make your own buttermilk by adding either vinegar or lemon juice to the milk.

No but you can take milk and add lemon juice and will be like buttermilk. Or use Amazi

Ek bak meestal net met melk, sonder asyn daarby en di beskuit is steeds baie lekker.

Making a recipe that calls for buttermilk? Use this simple substitute, and you won’t need to buy any:

Prep Time: 5 minutes

Total Time: 5 minutes

Ingredients:

  • Milk (just under one cup)
  • 1 Tablespoon white vinegar or lemon juice

Preparation:

1. Place a Tablespoon of white vinegar or lemon juice in a liquid measuring cup.

2. Add enough milk to bring the liquid up to the one-cup line.

3. Let stand for five minute. Then, use as much as your recipe calls for

Spinansie Wenke


Photo by ingredienten.nl

Photo by ingredienten.nl

More kan ek spinasie vries?

Ek het al gaar spinasie gevries. Of blanseer dit.

Ek vries myne netso vars. Maar nie te lank nie, Dit kry n oud smaak (Frostbite)

Ek blanseer dit net en vries dit dan. Werk baie goed.

*

Skies ek vra julle maar hoe  blanseer mens dit?

Kook vir 5 min in kookwater, laat afkoel, verpak en vries.

*

Ek het myne netso vars van die stam gesny en in n plastieksak gevries.

Ek laat dit net net kook, haal van stoof af koel dadelik af en vries. As jy dit kook is dit grasgroen. Jy moet dit egter nie te lank kook, water moet net oor alles tot kookpunt kom.

 

Nutella cookie cups


cupcakes nutella

 

NUTELLA COOKIE CUPS

By: http://wishesndishes.com/mm-nutella-cookie-cups/

INGREDIENTS:
*makes about 24 cups
1 cup unsalted butter, softened
3/4 cup sugar
1 tsp. salt
2 tsp. vanilla
2 cups all purpose flour
Nutella (for filling cups, chocolate frosting will also work)
M&M’s or smarties or any topping you desire
DIRECTIONS:
Preheat oven to 300 degrees. Grease a mini muffin pan and set aside.
Cream the butter and sugar in mixer. Gradually add the salt, vanilla and flour and beat well.
Form a ball of cookie dough in your hand, a little bigger than a ping pong ball, and place into greased mini muffin pan.
Push the middle down with your thumb to make a well/depression in the center.
Bake for 20 minutes or until cookie cups are set.
When the cookies cups are done, place wire rack let cool completely.
Fill the wells with Nutella and top with M&Ms.

Koekverkoping/markdag/basaar


Photo - tahoefishingreports.com

Photo – tahoefishingreports.com

MARKDAG IDEES:

Karamel horinkies,; roomyshorinkies met marshmallow in en dan smeer jy die boonste gedeelte lekker karamel en jy kan dan flake of 100 & 1000 oorstrooi, dit bly n treffer en jy hoef nie te bak nie, as jy begeester voel kan jy ogies opsit met smarties, sit dit vas met royal icing ens!

Kinders is nie meer erg lief vir net koek alleen nie, maak interressante lekkernye soos roomys “cones”….doop die boonste randjie in gesmelte sjokolade en sprinkles, laat droog word. Vul die cone met allerhande klein lekkertjies soos suurwurms toffies ens. Laastens sit ‘n suigstokkie in. Plaas ‘n sellofaan sakkie oor en bind met ‘n strikkie

Beskuitjie fudge:  mikrogolf 250g margarien 1 en half min. Roer 500g versiersuiker en 100ml kakao by. Klits 2 eiers en roer by. Mikrogolf 2 min. Breek 2 pakkies marie koekies stukkend en voeg by. Skep in bak 20 x 20cm. Plaas in koelkas. Sny in blokkies!

Coke floats

Ek het altyd rice crispies met gekookte kondensmelk gemeng en dit dan in klein roomys cones geskep, altyd ‘n  wenner en daar het niks oorgebly nie.

Maak R5 pakkies biltong en droëwors, mens kan net soveel soetgoed eet voordat jy lus is vir regte kos!

Rice krispie balle

Klein dounuts, verskillende geure ysies, piesang stukkies of marshmallows gedip in gesmelte sjokolade op n stokkie?

Ek het altyd lee inspuitings by die apteek gekoop, vol gekleurde jellie gemaak met ‘n jellietot vooraan en dan in die yskas geplaas. Dit verkoop soos soetkoek. Kinders mal hieroor want agterna kan hulle dit vol water trek en mekaar daarmee spuit. ‘n Treffer!

Mini doughnuts

Cup cakes is ook n wenner en muffins

Vat die cupcones sit onder 1 sny piesang dan 1 teelepel caramal en dan spuit jy room tot bo baie lekker maar moet nie lank voor die tyd gemaak word nie want dit raak pap na ‘n tyd my ma het dit altyd vir ons verjaarsdae gemaak Vrek lekker

Maak marshmallows en turkishdelight, dis maklik, goedkoop en altyd n goeie verkoper, sit dit in sellofaan sakkies met n vrolike gekleurde lintjie!

Popcorn, gekleurde popcorn en popcorn balle is altyd ‘n wenner

Maak ook die inspuitings vol met kondensmelk gooi net klein bietjie kleursel by kondensmelk.

Klapperys

En vat marie beskuitjies sit n marshmallow op en sit vir so 5sec in mikrogolf en nog n mariebeskuitjie bo op.

Marshmallows (3) op sosatie stokkies – elke marshmellow word of in bruin of melk sjokelade gedoop en dan in vermicillie of gekleurde balletjies – Ryg dan op die stokkie – plaas in yskas om die sjokelade hard te maak – sit in sakkie met lintjie aan.

Ook ‘n wenner is die liquorice all sorts mannetjie wat jy maak met gare …. En as dit nie eetgoed hoef te wees – waterballonne met disposenal nappy en gesiggie – dis ‘n wenner !!!

PILLE!!!

Julle sal nie verstaan hoe mal die kleintjies daaroor is nie !!  Vat doodeenvoudig bakkies en sit KLEIN lekkertjie  daarin. Sit dan n papiertjie by wat se wat die pil doen, bv  soos n sterk maak pil of n pil wat jou slim maak! Die kleintjies was  veral mal oor die pil wat die juffrou laat slaap!

Maak pitzadeeg. (Brooddeeg…. Dun uitgerol, kan ook werk) Plaas in rolkoekpan. Sit eie pitzavulsel op. Hou dit goedkoop… Tamatiesous, kouevleis ‘offcutts’ en kaas. Bak. Sny in vierkante. Kinders mal daaroor. R5 per stuk.

Maak jellie aan en gooi dit in koeldrank strooitjies. As jy een van daai sealer masjiene het kan jy dit daarmee seel – anders maak dit warm op jou stoofplaat (sit foelie op die plaat om te keer dat die plastiek op die plaat vassmelt) en druk toe. Jy kan dieselfde doen deur foelie in ‘n snackwich te sit en die strooitjies vas te druk om te seel. Jy seel eers die een kant vooraf. Wanneer die jellie in is seel jy die anderkant. Bere die jelie strooitjies in die yskas om te stol. Dis redelik goedkoop om te maak – en nie veel moeite nie maar die kinders is mal daaroor – hoe meer kleure, hoe meer vreugde.

Suigstokkies…..koop ‘n pak gemengde suigstokkies. Maak die stokkie nat (nie te veel) en rol die stokkie in 100’s & 1000’s. Kids mal daaroor.

Vat marie biscuits en sit icing op en maak gesiggies op met smarties of enige klein lekkertjies.

Toffie appels

 

Rina Kleinhans

MALVA LEKKERS IN EETBARE COOKIE CUPS

2 koppies strooisuiker (castor sugar)
2 koevertjies gelatien (30ml)
3/4 kop kookwater
2 eierwitte
geursel en kleursel – 1 teelepel elk
los gelatien op in 3/4 kop kookwater
gooi suiker en gelatien in menger en klits
gooi eierwit, geursel en kleursel by en klits tot baie styf
gooi in eetbare cookie cups
strooi 100 and thousands oor!

Wat die beste werk vir kinders is: jy vat karamel kondensmelk,gooi rice krispies in en meng goed. Dan sit jy dit op n roomys cone. Kinders is mal daar oor.

ROLO KOEKIES
Originally created by Something Swanky

By: http://www.couponingncooking.com/2013/01/chocolate-covered-rolo-ritz-cracker.html

• Ritz Crackers – salticrax of bacon kips
• Rolo lekkers
• Sjokolade wat kan smelt
• Sprinkles
1) Op ‘n gevoerde bakplaat met wax papier of gespuit met spray en cook , plaas koekies soutkant na onder met ‘n Rolo bo-op
2.) Bak by 275 grade F of 140gr C vir drie minute.
3) Wanneer hulle uit die oond kom, druk ‘n ander koekie bo-op die Rolo. Soutkant na bo. Druk genoeg om ‘n toebroodjie te vorm, maar nie te hard dat die Rolo uitspuit nie.
4) Laat koel tot heeltemal ferm
5) Doop in gesmelte sjokolade en bedek in sprinkel.
6) Laat dit goed afkoel en geniet.

slush puppies

slush puppies

SLUSH PUPPIES

Snow-Cone Syrup.

2 cups sugar

,3/4 cups water heat till sugar dissolves,

add your favorite unsweetened kool-aid.

Store in fridge.

Pour over finely crushed ice.

Mariekoekies emt malvalekkers

Koekies met malvalekkers en sprinkles

Sit op elke koekie ‘n malvalekker – sit in mikrogolf vir so ‘n minuut of
tot die malvalekker sag en warm is. Druk 2de koekie bo-op vas. Druk kante
dadelik in klapper en 100 & 1000’s

Modder Koekies
500g Melk Sjokolade
150g Mini Marshmallows
1 pakkie waffer beskuitjies
Smelt die melk sjokolade in ‘n bak oor ‘n pot warm water.
Waneer alles gesmelt het, voeg rof gesnyde beskuitjies en marshmallows by en roer goed.
Skep die mengsel in ‘n 20cm smeerde pan.
Laat in die yskas staan tot hard
Sny in blokkies en geniet!

 

GAAN KYK BY DIE VOLGENDE AFDELINGS VIR NOG IDEES:

https://kreatiewekosidees.com/?s=VINGERHAPPIES+SOET

https://kreatiewekosidees.com/?s=FUDGE

https://kreatiewekosidees.com/?s=CUPCAKES

https://kreatiewekosidees.com/?s=KLAPPERYS

https://kreatiewekosidees.com/?s=TOFFIE+APPELS

https://kreatiewekosidees.com/?s=RICE+KRISPIES

https://kreatiewekosidees.com/?s=KERSFEES+KOEKIES

https://kreatiewekosidees.com/?s=CAKE+POPS

https://kreatiewekosidees.com/?s=TRUFFELS

https://kreatiewekosidees.com/?s=SJOKOLADE+KOEKIE

 

Allergieë


Allergic to coconut

You can use almonds as a substitute..

Fyn amandels en ideal melk. Mens kry die lekkerste makadamia olie wat net so eksoties in kos proe.!

So its ok to put ideal milk in a curry? Cool thanks

Sasha Kossmann U don’t need to cook with any coconut when making curry. – chop 1 onion roughly,throw in pressure cooker,a dollop of margarine,a tblspoon of oil,1/4 to a teaspoon of Rajah curry(the strength u like),add a tspn of turmeric,abt 100ml of vinager,3tblspns of sugar,fry onions a little in this mixture,add your meat of choice (chicken,lamb,beef,crocodile) spice with your regular spices- robertsons chick spice,garlic,chick-beef-or lamb stock,parsley,worchestershire sauce,paprika,nutmeg and cloves. Add enough water to pressure cooker and put lid on. Cook for approx 1hr. When done,remove lid and thicken with flour. Serve with banana and chutney on a bed of rice. This recipy can be used with fish as well,but use a deep pan instead of pressure cooker and use fish spice and garlic for spices and some lime juice. When done,add 1x 250ml of cream and thicken with flour.

Pests/peste


Source Unknown

Kakkerlakke

Kakkerlakke

Gooi die droe poeier in jou kaste en oral waar hulle is na 2 of 3 dae sien jy verskil

Piesengskille Sit eenvoudig n skil in n laai en vervang  so elke  2 weke.  Dit skei  gasse af wat die kokkerotte verdryf en doodmaak. Dit werk rerig.

Gebruik Bioway! Dis veilig vir jou  diere en kinders en dit werk verseker vir kokkerotte, vliee, muskiete, miere, termiete, stofmyte ens!

Ons gebruik Rossi Super – word in restaurante en kosfabrieke gebruik omdat veilig is. Spuit hele huis en vir drie mnde sien ons geen gogga. Agtergekom selfs ons muskiete minder.

Ek het gelees dat heel naeltjies werk ook, plaas dit in kaste, laaie en orals waar kakkerlakke voorkom….

Probeer fendona jy kan dit by enige winkel se tuinafdeling of agri koop. Verdun volgens aanwysings en spuit ooral op lyste en kaste.

Het Bexadust in Kaap gekry-kokkerotmeka en DIT het gewerk!!

Was jou vloere met fendona (by enige hardeware/kooperasie) in jou water.

Gebruik droe  Borax poeier. Gooi op lyste, binne in kaste. Die kakkerlakke  eet dit en dit kan nie deur die spysverteringselsel verwerk nie.

 

MIERE:

Meng koeksoda en versiersuiker in ‘n bakkie. Sit oral in die huis neer. Die miere eet dit en kort voor lank is hulle almal dood.

 

Raad in & om die huis

KAKKERLAKKE

* Probeer die volgende vir kakkerlakke:

Strooi Engelse sout, salietakkies of laventelolie op rakke om kakkerlakke weg te hou.

* Meng versiersuiker en gips so 50/50. Plaas in houers op die vloer en as alles volgens plan verloop, dan is jy ontslae van die ou oulike gediertetjies.

* Gebruik Baygon Green om hulle aanvanklik bietjie dood te maak. Vir die lang termyn: Meng in gelyke hoeveelhede gipspoeier en versiersuiker. Die sit jy sommer in klein proppies of bakkies orals in jou kaste, by die wasmasjien ens – alle verskuilde gaaitjies neer en los dit daar. Hulle kom eet daaraan en dan versteen hulle magies. Gou-gou sal jy nie meer gepla wees nie.

* Meng mieliemeel en gips en sit water langsaan.

* ‘n Mens sal nooit werklik van die verpestings ontslae raak nie. Die groot ding is om die eiertjies te verwyder as jy hulle sien. ‘n Wenk wat ek al probeer het en werk is: Mens Boraks en versiersuiker en sit dit se maar in doppies of proppies op strategiese plekke – veral onder die wasbak of kas onder die wasbak – hulle hou van die klammigheid. As hulle op die boraks loop, klou dit aan hulle pote vas en lek hulle agter die soetigheid aan, en blykbaar maak die boraks hulle dood.

* Hulle eet stof, so skaf ‘n stofsuier aan en gebruik dit gereeld om die stof agter kaste, onder beddens, binne in kaste en al daardie ander donker hoekies uit te suig. Spuit Chlopirifos (gif) binne en buite die huis en jy sien die gedoentes nie weer nie. Gooi gereeld onverdunde jik in al die wateruitlate, dreine ens. en sit die prop in en laat oornag staan. Die ander goed soos die kakkerlak huisies en al die ander geldmaak foefies werk nie.

* Gooi oral Boraks wat met ‘n klein bietjie suiker gemeng is.

Spuit FENDONA oral op lyste, binne in kaste en buite die huis. Dit help ook vir miere.

Ansie Botes
Ek het ook n probleem gehad met kokorotte tot ek by n vriendin gehoor het van DRIFT dit werk soos n bom Het by pick a pay gekoop in die rak by die airfresher en blikkies doom.

DIT IS SOOS N CREAM SMEER IN BINNEKANTE EN AGTER IN LAAIE EN LOS OP SAL SIEN DIT RAAK DROOG MOET DIT NIE AFVEE HERHAAL SO ELKE 2 TOT3 WEKE

muise

Muis raad:

Gooi sement gemeng met bietjie meel in ‘piering. Sit ‘n bakkie met soetwyn gemeng met bietjie water langs dit neer. Die muise ruik die soetwyn, dit trek hulle na die bakkie toe – dan eet hulle die sement en drink ook van die soetwyn, die sement word hard in hulle mae en dan vrek hulle

muskiete 4

borax 21

1 part Borax + 1 part powdered sugar = no bugs in my home! The sugar draws them in, the borax kills them. I put it in a fine line around the base of my house (outside) and on little cardboard rounds inside. Not a single pest and this is roach country.

ANT CONTROL

By: Vegi Lovers

Borax ant bait. Borax is the most common ingredient in house ant control products, and get this: it’s absolutely 100% natural. The best way (in my opinion) to use Borax is to mix 1 cup of warm water with 1/2 cup of sugar, and 2 tablespoons of Borax. Then soak the Borax mixture up with cotton balls and place those cotton balls near any trails the ants have established in your home. Feeding frenzy… tomorrow they’ll be gone. I knew there had to be a way to do this naturally!

By: https://www.facebook.com/VegiLovers

Killing Cockroaches, ants, silverfish and fleas with Borax or Boric acid

Borax not only kills roaches but is also known to kill FLEAS, SILVERFISH, COCKROACHES AND ANTS.  Even though it is relatively safe, it does have a level of toxicity that has a similar effect to most pesticides, so care should be taken not to ingest or inhale. This powder is cheap and has multiple functions. You can use it as an insecticide, to get out odors and stains, for mold and mildew, to clean floors and cookware.

Borax act as a stomach poison when the roach ingests the powder.

How To Use Borax To Kill  Cockroaches.

You only need a little bit of borax to kill roaches. You should use this handy little duster tool to apply the powder in your bathroom and kitchen along walls, baseboards, cupboards, and any cracks, crevices or surfaces in which the roaches would travel. A thin layer is best as the roaches will avoid walking in a mound of powder.

A bait mixture consisting of an equal amount of sugar and borax in a shallow dish should also attract the roaches and encourage them to walk into and eat the bait.

ANTS:

When ingested by ants and other pests, this poison ruins the digestive system leads to starvation. Which will then lead to death. This whole process takes anywhere from 12 to 48 hours

The best way (in my opinion) to use Borax is to mix 1 cup of warm water with 1/2 cup of sugar, and 2 tablespoons of Borax. Then soak the Borax mixture up with cotton balls and place those cotton balls near any trails the ants have established in your home.

SILVERFISH

Applying Borax

Borax, sodium borate, is a cleaner that is inexpensive and safe to use in your home. To rid your home of silverfish, sprinkle about a cup of Borax behind any appliances, around the edges of any base cabinets and along the baseboards in your kitchen. In your bathroom, sprinkle Borax around your the tub, toilet and sink. In other living spaces, sprinkle Borax around furniture, at the bottom of bookcases and entertainment centers. If you have an attic or basement, sprinkle Borax along the walls in those spaces.

Where Silverfish Live

Silverfish live in damp, dark places like under sinks and washing machines. Check the sinks, faucets and appliances in your home for leaks. Have them repaired and then sprinkle Borax around the area to kill any silverfish that may be living in the space. Also, keep your house clean and free of any food crumbs and debris.

FLEAS:

Method

Borax is commercially available in powder form. Sprinkle borax near infested areas and entries. Dust onto upholstery and carpet. Vacuum after ample settling time. Usually overnight – Create a sticky compound for larger insects by combining with honey or sugar for ants.

GET RID OF YOUR ANTS !!!!!! 

Do you have an ant problem?
Inside or outside…
This will get rid of them…
Save on your time line by hitting share and you will always have for future reference..

Ant Killer

What’s so cool about this is, it took them 2 minutes to find it and 5 minutes to fill up like the pic ! Wow

WHAT YOU NEED:

1 empty water bottle
(Cut it down to about 2″ tall)
5 Tbsp of baking soda
5 Tbsp of powdered sugar
3 Tbsp of water.

The very best way of eliminating ants is truly simple:

Take a small amount of powdered sugar (also called icing sugar) and mix it with an equal amount of baking soda (formally called sodium bicarbonate) and water.
Powdered sugar is essential. You cannot use the larger grains of sugar for this..

Mix the two powders together and then place small amounts against the walls or other areas where you would not normally walk but where you would normally see the ants.

The ants will be attracted to the sugar and will eat some of it and collect more to take home to feed others, so all of them will get their share.

The sugar and baking soda powders are similar in size and, once mixed together, the ants cannot separate the two items, so, as they eat the sugar, they will also ingest the baking soda, which they would otherwise never touch. This is the reason for using powdered sugar.

Once the ants eat the baking soda it will react with the formic acid in their stomachs and cause gas. The bodies of ants are unlike humans and they cannot eliminate gas so it will build up inside and eliminate them

LOER GERUS NA DIE PRODUK !!! BIOWAY

As jy sukkel met vliee, muskiete, stofmyte, kokkerotte, vismotte, miere of enige ander kruipende insekte, het ons d oplossing. Bioway is VEILIG vir kinders (veral kinders met allergie),diere en dis omgewings-vriendelik. Word gebruik in hospitale, skole, restaurante en vakansie oorde. Stuur my ‘n epos as jy meer inligting verlang: adrivnk@gmail.com, bb pin: 274C9B8F of tel: 0823440095

muskiete

Have a mosquito problem??? At your next outdoor gathering try this SAFE and EFFECTIVE method of keeping mosquitoes at bay! Simply slice a lime in half and press in a good amount of cloves for an ALL NATURAL mosquito repellent…
http://is.gd/fkiEYo

Muskiete: BRAND CITRONELLA OLIE

Mielie Wenke


Mielie Wenke

Hoe om mielies te kook:

Gooi mielies in pot lou water. As begin kook, 15 min – dan gooi jy sout in, 5 minute en jou mielies is gaar. Moenie sout van die begin af ingooi nie, dit is geneig om jou mielies hard te maak. Moet ook nie jou mielies ‘overcook’ nie – hoe langer jy dit kook hoe harder word dit.

Try cooking your corn in a half milk and half water boiling mixture, and will produce a tender, sweet cob of corn.

Mielies met Spek

Kook mielies tot gaar. Draai spek om en steek vas met tandestokkies. Kole toe met dit. Terwyl jy dit braai smeer bietjie bbq sous oor. Braai tot spek lekker crispy is.

OM MIELIES TE VRIES MOET DIT EERS “GEBLANCH”WORD  – Gooi mielies in kokende kook water – kook vir 2 na 3 minute – haal uit en gooi dadelik koue water bo-oor en laat afkoel en vries in sakkies. Jy kan dit ook van die stronk afsny en dan vries.

Kook jou mielies – sny af van die stronk af en maak die lekker broodjie wat ek altyd maak as ons kamp of braai

Kos idees vir kinders


 Kos kapperjolle

Kos kapperjolle

Sny viennas in die helfte,
sny gleuf onder in. Druk rou spagetti deur die vienna bo. Kook in water tot
spagetti gaar is.

Versier met spagetti, tamatiesous en mayonaise
Deur: Kos kapperjolle

 Kos kapperjolle

Kos kapperjolle

Hoe kry mens die reuk van braaksel uit ‘n mat?


Hoe kry mens die reuk van braaksel uit ‘n mat?

Koeksoda, wit asyn, bloekomolie

Sit Vanilla koekgeurmiddel In n spuit bottel. Gooi water by. Maak dit maar sterk aan. Spuit mildelik oor die kol waar die probleem is. Los dan net om droog. Ons het kat uriene uit gekry uit matte met vanilla. Dit werk!!!

Instructions
1
Fill a small bowl about one-quarter of the way with warm water. Mix about 2 to 4 tablespoons of baking soda into the water. The combination of the solution should be about equal parts and should produce a pastelike mixture.

2
Apply some of the solution to the carpet and rub it in with a brush. Sprinkle some dry baking soda onto the carpet and let that sit for a couple hours.

3
Vacuum it up once the paste mixture is completely dry on the carpet. There still may be some excess paste stuck to the carpet. It should come right up by scrubbing it with a dry brush and vacuuming again.

Read more: How to Remove Vomit Smell From a Carpet | eHow.com http://www.ehow.com/how_5511951_remove-vomit-smell-carpet.html#ixzz2HMtU2UeR

Droe koeksoda wat oorgestrooi word en ‘n ruk gelos word werk net so goed.

Maak ‘n pasta van koeksoda en water aan. Smeer op area en vee dan met skoon klam lap af.  Gooi dan droë koeksoda oor die area en laat staan vir ‘n uur.  Stofsuig na ‘n uur.

Hoe om vrot kos reuk uit vrieskas te kry:


Source Unknown

Source Unknown

Hoe om vrot kos reuk uit vrieskas te kry:

Ou mense geglo jy moet n stuk steenkool in yskas los ! En vanilje essens werk

‘n Rou ui wat geskil en deur gesny is in ‘n piering doen glo ook die ding

Sny n paar aartappels middeldeur en suurlemoene. Dit werk goed. Skakel die vrieskas aan as jy dit insit.

Meng water en ‘Vim’ tot pasta. Smeer yskas . Laat staan oop vir dag of twee. Was dan skoon. Herhaal indien nodig. Oopstaan baie belangrik, die spul moet lug kry

‘n Oop houer koeksoda werk , vervang dit so elke 3 maande

Laat staan ‘n bakkie vanilla en ‘n bakkie met droë koeksoda vir ‘n paar dae in die vrieskas, hou dit toe. Dit vat lank, maar dit kom ‘eventually’ reg!

Was die vrieskas of yskas uit met koeksoda .  Vul ‘n paar bakkies met vanilla essence en sit in die yskas saam met ‘n  paar blokke charcoal

Sprinkel met droee koeksoda en los oornag.

Was die vrieskas met vars suurlemoensap uit te en laat staam om droog te word, was dan af met water en maak droog en was weer met suurlemoensap. Die suurlemoensap breek die vrot reuk ensiemme af.

Vee die kante van die ys/vrieskas met die vanilla lappie, moenie afvee nie!

Sny ‘n suurlemoen (‘n HELE klomp, actually!) in die helfte, vryf in koeksoda en vryf die yskas en die rubbers daarmee. Los die vesels net so op die kante. Laat staan tot dit goed droog is en was dan met warm seepwater. ‘n Paar blokke steenkool werk ook.

Maak die hele deepfreezer droog, dra buite in die son en spuit die hele vrieskas met Dettol All Purpose cleaner die groen een , laat staan so vir n half uur en was dan  uit met demostos water. Laat staan vir n hele dag omtrent in die son.

Vat sommer ‘n roomys bak vol charcoal en los dit vir ‘n paar dae in die vrieskas

Die cat litter wat vir katte gebruik word werk ook. Sit in oop bak in die yskas/vrieskas en Maak die deur toe vir n dag of twee.

Verf die vrieskas met skoon Jik en los dit vir ‘n paar uur! Was dit dan met skoon water! Die reuk het heeltemal verdwyn na ‘n paar keer se verf met die Jik.

Meng koue water en vanilla en sny baie uie in sit oral in huis vat to verf reuke uit huis binne n dag

Vlooi Wenke


Raad vir vlooie

Babapoeier

Garlic pille vir jou honde. Werk fantasties

Spuit Roundup op jou mat.

Karbadust: Sprinkel op jou matte en laat oornag staan voor jy stofsuig.  Poeier sommer jou hond/kat ook daarmee.

Gooi tafelsout sodra jy gestofsuig het en as jy matte gewas het

By DisChem en veeartse kry mens ‘n spuitkan Fleego. Dit werk. Spuit ook oral waar jou honde kom.

Kakiebos, net soos jy hom uittrek, onder beddens, tafels, ens.

Fendona by enige landbou-kooperasie  soos BKB.

Was jou mat met citranellaolie wat jy in die water gooi.  As die mat droog is gooi babapoeier of bluedeath op die mat.

Bloekom olie of bloekom blare

Vir diere: Kry Capstar pil wat jy jou diere mondelings toedien. Alle vlooie vrek binne 24uur op die dier en sit dan Advantage vloeistof agter die nek wat so 30dae hou. Spuit jou huis met Fleago (dis n groot blik).

Gaan pluk n klomp kakiebos, breek dit fyn en gooi in n emmer met kook water. Laat dit trek soos tee vir 2 na 4 ure, as dit afgekoel is gooi die water in n spuitbottel en spuit orals op jou matte en vloere, jou diere se bedde goed. Jy kan jou diere ook met dit spuit. Dit stink maar werk soos n bom.

Was  matte met “cloudy amoniac”

Karbadust buite en Fendona binne en Capstar vir die hond of kat

Pluk kakiebos en sit dit onder die bed of waar ook al.

Strooi Borax

Kry kakiebos produkte by pet shops

Stooi  growwe sout oornag op jou mat en stofsuig dan die volgende dag

Spuit lampolie

Dyflea. Dis n geel blik met blou op. Kry dit by shoprite. Dit werk goed.

Was jou matte met Scrubs Ammoniac,elke maand (vir 3 maande),vol aanwysigings.Stofsuig elke 2de dag. Maak stofsuier sak na elke gebruik skoon  en los in die son. Jy kan jou matte na 3 maande siklus net 2X per jaar was. Dit vlek nie jou matte nie. Dit brand vlooie, vlooi eiers  en enige termiete,vismotte ens.,dood.

 

Lulu Potgieter Doom fogger.

Susan Lottering Vd Merwe Spuit alles met verdunde dettol, was jou vloere ook met dit en spuit op vensterbanke en vloerlyste. Was jou gordynne saam met proppie detol en so ook jou beddegoed en spuit jou matrasse en kuSsings ook met die mengsel. Doen die vloerding 2 tot 3/week vir so maand

Yvette Viviers Corver Ek het vanoggend gelees jy moet kakiebos trek soos tee en dit dan oral in die huis spuit om vlooie te verjaag. Dit kan selfs op diere gespuit word.

Zelma Swart De Beer Kakiebos werk soos ‘n bom, al self Vlooie probleem gehad toe ons in ‘n nuwe huis ingetrek het. 3 dae en die vlooie is weg, Sit die takke onder jou banke en beddens. Ek het 2 keer ‘n dag vars kakiebos gesit

Mari Krige Burger Dis nie nou kakiebos tyd nie(November), maar jy trek die hele kakiebos uit en sit dit oral in die huis onder die beddens en jou vlooie is vir ewig weg. As daar dalk iewers nou naby jou in die veld kosmos is wat begin blom, kyk of jy nie klein kakiebos daar kry nie, hulle groei saam, van dieselfde familie

Elize Botha Bloekomolie aan die vloerlyste werk ook!

Nellie Joubert Wessels Naftaleen vlokkies. Het jare terug in Witbank gebly en munisipaliteit het by huise afgegooi. Dit werk. Trap in matte onder matras ens. Meng met water vir vloerlyste.

Mucki Gouws Ek gebruik Fendona dis reuk en kleurloos spuit dit tot om my eie bedde goed dit maak die eiers ook dood voor dit uitbroei! Dit werk regtig!

Rika En Heinrich Fuchs @ nellie – naftaleen is selfde as motbolletjies.

Elzeneth Lotz Vanwyk ekt in die kuier gelees jy moet klam sout op jou matras en beddegoed gooi en onder die bed.

Janna Alkers Blue death

Sharne Van Aardt Stroebel Vat citrionella en spirits helfte helfte in n spuit bottel dit werk vir muskiete ook

Drusilla Olivier Blue death in jou stofsuier.

Crisma Zaayman Ek gehoor as jy koerant papier brand help dit ook dit nie self probeer nie maar my man gesien toe hulle dit doen en dit werk brand op n bord

Linda V Rensburg Ek gebruik Carbadust – buite in die tuin en in die huis

Deidre Pretorius Hi Sonnika jy strooi net GROWWE sout orals dit werk regtig vir vlooie

Laurika Rossouw Bloekomolie werk ook! Veral op matte, sprinkel dit net daarop.

Hans Swanepoel Kook kakiebos en spry sap in die huis

Madeleine van Wyk Vlooie is ‘n pes. Dit teel baie vinnig aan. Veral in ons klimaat. Behandel jou diere ELKE maand met ‘frontline’ of iets wat jou Vet sal aanbeveel. Dit maak nie net vlooi op hul vel dood nie maar IN die vel ook. As dit erg is kry ook iemand om te spuit binne en buite die huis. Vlooi eiers kan dormant bly vir maande in die kleinste krakies, matte, banke, matrasse ens en dan uitbroei as die omstandighede reg is. Die vlooi eiertjie kan ook wurm eiertjie op sy ry dra en ja die hond lek en sluk dit en die siklus herhaal oor en oor. Dan het diere wurms ook. Dis klink oorweldigend maar vra jou Vet vir raad. Dis verniet. Die res is maar beheer, beheer. En dan ook gereelde stofsuig em was van diere se bedegoed. En as jy nie vlooie in jou bed soek nie. Dan geen diere op die bed tot dinge onder beheer is nie. 🙂

Antonette Louw Rossouw Dyflea, spesiaal daarvoor.

Johan-Lia Louw
kakiebos werk uitstekend en ook die blue death as jy dit strooi vee in met besem en laat dag staan dan suig jy goed uit

Nicolize Pieters Gooi growwe sout op die matte en los vir so 3dae. Daarna stofsuig jy dit net normaalweg op. Ons het dit gedoen en dit het definitief gewerk. Het sommer op die banke ook gestrooi.

Andries Nel Dyflea. Het dit saam met frontline op my diere gebruik. Spuit die dyflea oral op jou matte banke en dit maak die larwes en eiers ook dood

Wendy Landman Jordaan Moet asb net nie growwe sout gebruik nie. Jou matte word papnat van dit. Kakiebos werk beslis

Elize Bessell Nel http://video.about.com/cats/Make-a-Homemade-Flea-Trap.htm

Vlieë Wenke


Vlieë vanger:

Cut the top off a 2 liter bottle. Invert the cone and place it inside the straight part of the bottle. Glue the two pieces together. Poor 1/2 cup fish water (like water of tuna in a can) or sweet beer, into the bottle. Flies are attracted to water. The flies’ enters the bottle, thinking she will find food there.

Goodbye Fruit Flies:

To get rid of pesky fruit flies, take a small glass, fill it 1/2′ with Apple Cider Vinegar and 2 drops of dish washing liquid; mix well. You will find those flies drawn to the cup and gone forever!

Muskiet Wenke


Source Unknown

Source Unknown

Muskiet vanger:

Mosquito trap – No more mosquitos!! Cut the top off a 2 liter bottle. Invert the cone and place it inside the straight part of the bottle. Glue the two pieces together. Add 1 tsp yeast and 1/2 cup sugar to some luke warm water, and pour the mixture into the bottle. Mosquitoes are attracted to the carbon dioxide that you exhale. The yeast feeds off the sugar and emits the same gas, so the mosquito enters the bottle, thinking she will find food there.

Bron Onbekend

Bron Onbekend

 

Na ek hierdie TIP raakgelees het gaan ek definitief my listerine gebruik vir muskiete en nie meer vir my mond nie!!! Gooi listerine in ‘n spuitbotteltjie en spuit om probleem areas soos deurkosyne, vensterrame. Moenie direk op hout spuit nie. Herhaal gereeld na ‘n reenbui. Jy kan enige geur gebruik.

 

Miere Wenke


Source Unknown

Source Unknown

Miere:

Komkommer vir miere in jou huis:The best way to get rid of ants – place cucumber peelings where you have the little pests overnight. eco-friendly, child and pet friendly and you dispose of them the next day. NO ANTS. Artificial sweeteners containing aspartine or aspartame works just as well. Ants cant handle it. Kills them on contact

Strooi Borax droe poeier in kaste.

Get Rid of Ants:

Put small piles of cornmeal (mieliemeel)) where you see ants. They eat it, take it ‘home,’ can’t digest it so it kills them. It may take a week or so, especially if it rains, but it works and you don’t have the worry about pets or small children being harmed!

Deeg/Pastry Wenke


PIE versierings

Foto soos bo:

Paar idees om jou pasteideeg om jou tertbak  te versier.

*

Paar idees om jou pastei deeg mooi goudbruin kleur te gee:

Photo - skiptomylou.org

Photo – skiptomylou.org

Vervang jou eier mengsel met vlapoeier wat opgelos is in melk of water

Gebruik mayonaise

Gebruik mayonaise met 1 eiergeel

*

Maklike manier om driehoek appelkooskoekies, vingehappies, pasteitjies of selfs samoosas te vou

Pasteitjies:

Source Unkown

Source Unkown

Druk sirkel vormpies uit deeg uit, skep vulsel in middel en vou oor mekaar tot halfmaan pasteitjie, druk halfmaan kante goed met vurk vas, smeer bo-oor met geklopte eiergeel wat met gesmelte botter geklits is.

Bak in oond tot goudbruin.

Source Unknown

Source Unknown

Gebruik klaar voorafbereide brooddeeg – as klaar voeltjie gemaak het, verf bietjie melk of eier oor om dit ‘n  mooi  goudbruin kleur te gee. Bak by voorafverhitte oond by 180 grade C tot gaar. Kyk maar self wanneer dit gaar is – sal seker so om en by 20 min wees. Daar is geen resep by nie.

Onkruid Wenke


Onkruid:

Source Unkown

Source Unkown

Onkruid tussen klippies: NEED PROOF THAT VINEGAR IS A WEED-TERMINATOR?

How to Apply: You can use a watering can, a spray bottle or a pump-sprayer to apply vinegar. I use a pump-sprayer, because it is more efficient. Be sure to rinse your sprayer after use, or metal parts (if any) can corrode.Make your application on a warm, sunny, calm (not windy) day. Vinegar is not selective; it can potentially harm plants you wish to keep, should you accidentally spray them. As I said earlier, I use vinegar on walkways, where grass and ornamental plants are not an issue.

Rose Wenke


Rose:

Mooi gesonde rose: MAAK GROND GOED LOS RONDOM ROOSBOOM . GOOI SO HANDVOL -ENGELSE SOUT – (EPSOM SALT) MAAK GOED….. NAT. HERHAAL ELKE 3 NA 4 MAANDE – DWARSDEUR DIE SEISOEN.JY SAL VERSTOM STAAN OOR HOE MOOI JOU ROSE SAL LYK – Vir kleiner roosbone – so halwe handvol engelse

How to change flower colors with food coloring:

Source Unknown

Source Unknown

If you’d like to include green, blue or other unusually colored flowers in a holiday display, you can dye white flowers with food coloring. When you place plant stems in a dyed solution, capillary action pulls the colored water up, which in turn tints the flower petals. Non-toxic food dye is completely safe for plants

Tip: Carnations, roses, daisies and other long-stemmed flowers can be used

Olie Wenke


Olie:

Hoe om “te veel olie” in die pan te vermy:  gooi in “squizy bottle”

Ek het die by my ma gesien en dit werk soos ‘n bom. Ek het altyd my olie in die bottels gelos en dit was altyd olierig, of ek gooi te veel in die pan met die tuit wat so groot is, dit pas nie in my kombuiskas bo in die – my man dra die hele bottel buite toe as hy gaan vleisbraai en dit kom vol olie strepe terug, nou, met die simpel idee is al my probleme opgelos.

Beskuit


Karringmelk Beskuit

Karringmelk Beskuit

Deirdre Muller

Karringmelk Beskuit

(Genoeg vir 2 beskuitpanne met drukkertjie/of oondpan)

2 kg bruismeel

15ml bakpoeier

5ml sout

2 kop suiker

5 kop karringmelk of amasi

3 eiers

500gr to bake botter,

1 kop klapper

2 kop oats (opsioneel)

Meng al die droee bestandele – Smelt botter, voeg amasi by en dan die  eiers, meng goed deur  – voeg  by meel mengsel – meng goed en knie liggies  – deel jou beslag in 2 en druk in panne – Bak so ongeveer – 1 uur  by 180 grade tot gaar  As jy konveksieoond het, onthou om jou beskuitpanne  te draai. As jy dit gewoonweg bak, rol in bolletjies en bak in oond/beskuit panne. Breek en droog.

Wenk:, ek draai my beskuit so 3 keer in die ronde in die uur wat ek dit bak – ek het gevind dan bak die beskuit eweredig. Maak net seker jou dikte is ooral

Nutty Wheat Gesondheidsbeskuit

Nutty Wheat Gesondheidsbeskuit

Zelda Barnard

Nutty Wheat Gesondheidsbeskuit

Maak resep 2x aan as jy beskuitpanne gebruik. Is genoeg vir jou 2 panne

1 kg nutty wheat

1en half tot 2 kop suiker

2 tl sout

8tl bakpoeier

250gr to bake botter

1 kop olie

1 eier

1 en half kop amazi

Ek gooi ook sommer ‘n 250gr pakkie rosyne ook in

Vryf botter in Nuttywheat, voeg by sout, suiker  en bakpoeier

Meng amazi, eier  en olie en gooi by

Meng goed

Druk in pan en bak vir 45min by 180 grade

Sny en droog uit

Moenie skrik nie, die nutty wheat beskuit se beslag is baie bros. Dit is nie nat klam beslag nie.

beskuit

Cherry pecan buttermilk rusks

CHERRY PECAN BUTTERMILK RUSKS

(Etresia van Zyl)

1 kg self-raising flour
10 ml (2 t) baking powder
10 ml (2 t) salt
500 g margarine
1 can (385 g) condensed milk
125 ml (½ c) brown sugar
500 ml (2 c) buttermilk
100 g red cherries, chopped
100 g pecan nuts, chopped

Preheat the oven to 190 °C. Grease a large rectangular roasting pan with margarine or nonstick spray.
Sift together the flour, baking powder and salt in a large bowl and rub in the margarine.
Mix the condensed milk, brown sugar and buttermilk.
Mix the dry and wet ingredients with a wooden spoon.
Add the cherries and nuts and press the mixture into the prepared roasting pan. Bake for 50 minutes or until golden and a skewer inserted in the middle comes out clean.
Turn out on a wire rack and leave to cool. Dry overnight in the oven at 100 °C.
Kersie en pekaneut karringmelkbeskuit
(Etresia van Zyl)

1 kg bruismeel (of 1 kg meel en 30ml bakpoeier)
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml (2 t) sout
500 g margarien
1 blik (385 g) kondensmelk
125 ml (½ k) bruinsuiker
500 ml (2 k) karringmelk/amasi
100 g rooi kersies, gekap
100 g pekanneute, gekap

Verhit die oond tot 190 ° C. Smeer ‘n groot vierkantige oondpan met margarien of spuit met kossproei.
Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n groot bak en vryf die margarien in.
Meng die kondensmelk, bruinsuiker en karringmelk.
Meng die droë en nat bestanddele met ‘n houtlepel.
Voeg die kersies en neute en druk die mengsel in die voorbereide pan. Bak vir 50 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen in die middel skoon uitkom.
Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel. Droë oornag in die oond by 100 ° C

Beskuit panne

Beskuit panne

Beskuitpanne – Indien jy nie het nie, gaan loer gerus by die verskaffer se adres – sover ek weet doen hulle posbestellings : http://www.pannemerwe.com/ OF : http://www.bidorbuy.co.za/item/77073167/RUSK_PANS.html

Rabarber


Rabarber Yskastert- fotomerci-mama.com

Rabarber Yskastert- fotomerci-mama.com

Rabarber Yskastert

Rencia Odendaal Pretorius

1 blik kondensmelk

¼ kop suurlemoensap

1 kop gaar rubarber

Tennisbesjuitjies

1 Kop room

Kersies en neuter (opsioneel)

 

Meng melk en suurlemoensap. Roer rubarber by

Sit laag beskuitjies in bak, dan laag rubarber mengsel, weer beskuitjies  en weer vulsel

Klop room styf en sit bo-op en gooi gekapte kersies en neute bo-oor.

Plaas in yskas

 

Santie Carelse

Corrie se Rabarber Poeding.

 

2 en n half koppie suiker

4 koppies meel

2 eetlepels botter

1 teelepel bakpoeier

3 eiers

3 koppies melk

2 koppies gekapte rabarber

 

Room botter en suiker saam. Klop eiers en melk by. Voeg meel en bakpoeier by. Meng goed. Voeg rabarber by die mengsel.

Bak vir ingeveer 1 en n half uur, in oond op 180 grade..

 

Rabarber Poeding.Was en trek die skilletjie van die roebab stingels af. Sny in 2-3cm stukkies en gooi in gesmeerde glasbak. So plus minus 4k. Strooi n bietjie koeksoda oor en n koppie suiker.

BESLAG:

1k koekmeel

2t bakpoeier

2 eiers

2k suiker

Knippie sout

1k melk

Meng alles saam en gooi bo-oor roebab stukkies. Bak by 180`C tot gaar en donker bruin. Wees net versigtig dat die regte roebab gebruik word. Die stingels moet rooierig van kleur wees. Die ander soort is giftig. Bedien met vla of room.

 

Rabarber Poeding.

Liefa Griesel

Rabarber Poeding.Was en trek die skilletjie van die roebab stingels af. Sny in 2-3cm stukkies en gooi in gesmeerde glasbak. So plus minus 4k. Strooi n bietjie koeksoda oor en n koppie suiker.

 

Degie: Vat half – 1 koppie meel, half koppie suiker, 100g – 125g botter, knippie sout. Vryf in tot Krummels & gooi oor gaar Rabarber, Sit in oond so 180 grade & bak tot bruin.

Onthou net die rabarber kook fyn & dan is daar amper niks oor nie, so maak maar genoeg ander sit jy met ‘n klein bakkie.

 

Rabarberbier

15 stingels rabarber (was net af en moenie skil nie) gesny in blokkies

2,5 kg suiker

1 groot eetlepel wynsteensuur

5 liter kookwater

25ml suurlemoengeursel

10g korrelsuurdeeg

Meng alles in ´n groot plastiekemmer. Laat afkoel. Voeg 10g korrelsuurdeeg (of ´n halwe koekie suurdeeg), opgelos in ´n bietjie lou water, by sodra die mengsel op liggaamstemperatuur is. Voeg nog 10 liter koue water by. Laat staan oornag. Syg deur, bottel en plaas in die yskas.

Hoe om Biltong te maak


Biltong - photo steerage.co.za

Biltong – photo steerage.co.za

Hoe om Biltong te maak

As jy in ‘n warm gedeelte van die land (of wêreld) is moet jy dit in in koelkamer met waaiers hang. Ek koop gewoonlik sommer net Freddy Hirsh (Bosveld, Hunters of original) of Crown se bilting spices – kyk na jou hoeveelheid vleis en gebruik daarvolgens die hoeveelheid spices en Bruin asyn, Ek skroei altyd ekstra kojander en voeg by

25kg vleis van goeie gehalte. Bv. dy,diklies of binneboud

200-400ml heel koljander

500g-1kg sout

12.5ml salpeter

25ml koeksoda

12.5ml peper

asyn

warm water

225ml suiker

Sny die vleis met die draad langs in lang stroke, so dik of dun soos jy dit verkies. Onthou hoe minder vet aan die vleis is, hoe langer kan dit gebêre word, omdat vet mettertyd galsterig word. Verhit ‘n pannetjie oor matige hitte en rooster die koljander daarin, totdat dit ‘n welriekende geur begin afgee. Maal en sif die geskroeide koljander. Meng die koljander, sout, suiker, salpeter, peper en koeksoda en vryf die mengsel met die hand oor elke stuk vleis. Pak die vleis in lae in ‘n houtbalie, erdehouer of plastiekhouer en strooi die orige soutmengsel tussen elke laag. Pak die dik gesnyde stukke onder en die dunner stukke bo-op. Sprinkel ‘n bietjie asynbo-oor die vleis en laat dit oornag staan. Biltong met baie vet aan moet langer lê, want dit neem langer om sout te absorbeer. Meng 200ml asyn met elke 2.5 liter water en spoel elke stuk vleis vinnig daarin af voordat dit op ‘n koel, droë plek gehang word. Hang die biltonge die eerste dag in die son op en daarna in die koelte, weg van mekaar af. Biltong kan ook binneshuis hang, maar dan moet daar ‘n goeie trek wees. ‘n Elektriese waaier kan help om die lugvloei te verbeter. Laat die biltonge hang totdat dit so droog is soos verkies.

Ekstra Verduideliking: sny jou biltong in repe, dan weeg jy dit. Kyk hoeveel spices jy moet gebruik op jou gewig en weeg af.  Dan pak jy jou eerste laag – (ons pak dit sommer in ons yskas se plastiekhouers wat onder in die yskas staan )- dan gooi jy jou spices, dan bietjie ekstra koljander, dan spuit met asynbottel wat gaatjies sommer met mes in die deksel gedruk is, bo-oor, pak jou volgende laag, herhaal tot al die vleis op is – Nou, as jy Freddy Hirsh se spices het, die Bosveld een kan jy oornag laat le – so paar ure later, meng al die vleis met jou hande deur, more oggend weer – so iewers deur die dag, haal net so uit, en hang op – moenie enige spices afvee of afdroog nie. As jy crown se speserye gebruik, maak net seker, daar is party wat net 3 na 5 ure moet le , dan hang jy dadelik op. Die spices werk baie lekker, dit het alles klaar in, en kan gebere word vir lank.

Suur Vye Blatjang


Suur Vye Blatjang

 

Bestandele

2 Koppies Suur Vye

2 Koppies wit asyn

750ml Tamatie sous

2 Koppies suiker

2 Koppies Methi Masala

½ Koppie Worcester Sous

½ Koppie Kerrie Blare (Curry Leaves)

Metode

Laat vye in kokende water hidreer. Verpulp vye, asyn en res van die bestandele in ‘n voedselverwerker. Kook oor lae hitte, roer nou en dan. Verkoel. Bere in yskas.

Suur Vye Blatjang

Bestanddele:

1 kg suurvye

100 g sout

1 kg suiker

1 stokkie kaneel

6 liter water

Metode:

1. Sny die suurvye se punte af, spoel dit goed af en week oornag in 5 liter van die water en die sout.

2. Gooi die water af, spoel af en skil af.

3. Maak ‘n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.

4. Bring tot kookpunt en voeg die vye by. Kook tot die vrugte blink en die stroop dik is – so 1 en ‘n half tot twee ure.

Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.

Koekies


Karamel Koekies

Karamel Koekies

Karamel Koekies
DEUR: Radio Namakwaland
Smelt saam: 200 gr margarine, 1 blik karamel kondensmelk, 1 pak versiersuiker (500gr) en knippie sout. Roer goed deur en haal van stoof. Roer by: 2 pakkies gekrummelde Mariekoekies. Skep in gesmeerde plat glasbak,vol, sprinkel met gekapte neute as jy wil, druk gelyk en sit in yskas tot gestol. Sny in blokkies, bere in lugdigte houer.

Vrugte Koekies- Bron onbekend

Vrugte Koekies- Bron onbekend

Vrugte Klapperblokkies
DEUR: Radio Namakwaland

Smelt saam in kastrol; 125 gr botter, 1 blik
kondensmelk, 100 gr wit sjokolade en knippie sout. Haal van hitte af en roer
by; 1 pakkie, grof gekapte eat-sum-mor koekies, 1 en halwe k klapper, 1 kop
vrugtekoek mengsel en halwe k gekapte cherries. Meng goed deur en skep in
gesmeerde, plat bak. Maak gelyk bo-op en gooi vlg versiersel oor: meng saam: 3
k versiersuiker, 3 E suurlemoensap en 1 E kookwater. Smeer gelyk en laat stol.
Sny in blokkies.

Oats Neute Stafies

Oats Neute Stafies

Oats Neute Stafies
Deur: Radio Namakwaland
Oond 180 gr C. Meng saam: 250 ml gesmelte botter en 250 ml heuning. Voeg vlg droee bestandele by: 750 ml rou oats, 750 ml volkoring of , 1 k sonneblomsaad, 1 k klapper en kwart t sout. Meng bestandele goed deur en skep in gesmeerde, met bakpapier gevoerde bakplaat. Bak vir 35 minute en koel af, haal versigtig met bakpapier uit en sny in stafies.

Kondensmelk Sjokolade Koekies

Kondensmelk Sjokolade Koekies

Kondensmelk Sjokolade Koekies
Deur: Radio Namakwaland
Oond 180 gr C. Room saam: 125 gr margarine en 40 ml suiker. Klits 125 ml kondensmelk. Voeg 375 ml bruismeel en kwart t sout by. Rasper 100 gr blok sjokolade by en meng deur. Rol balletjies en pak in gesmeerde plat pan. Druk met vurk plat en bak 15-20 minute.

Ongebakte Peanut Blokkies

Ongebakte Peanut Blokkies

Ongebakte Peanut Blokkies
Deur: Radio Namakwaland
Spuit ‘n bakplaat met kossproei. Smelt 1 k peanutbotter, 2 E botter, 1 k bruinsuiker, 1k stroop saam oor lae hitte. Haal van stoof af en roer deur. Voeg 1 k peanuts en sultanas-mengsel en 4 k fyner gerolde post toasties by. Roer goed deur en druk in pan. Verkoel tot stewig en sny in blokkies.

Wortels


Soetwortels - Foto Micky Hoyle

Soetwortels – Foto Micky Hoyle

SOETWORTELS

500 g geelwortels

250 ml wit suiker

2,5 ml fyn kaneel

Skil die wortels en sny dit in dun wieletjies. Sit dit saam

met ‘n bietjie water in ‘n kastrolletjie en kook tot die wortels sag is. Gooi

die vloeistof af en sit die wortels terug op die hitte. Gooi die suiker oor en

roer tot die wortels goed bedek is. Roer en kook tot die suiker gesmelt is en

dit ‘n blink, karamelagtige laag bo-op die wortels gevorm het. Sprinkel die

kaneel oor en meng goed deur. Bedien warm.

 

 

SOET WORTELS MET VLA

Kook jou wortels sonder sout tot gaar maar nie pap nie.
Water af en kook die meeste water weg.
Gooi botter by saam met stoop en suiker na smaak.
Roer deur tot suiker gesmelt het oor lae hitte.
Gooi 30ml vlapoeier by en roer deur tot al die poeier op gelos is en gaar is.

 

GESTOOFDE WORTELS (SOUTWORTELS)

4 middelmatige geelwortels

1 middelmatige aatappel

1 middelmatige ui

12.5ml botter

2.5ml sout ‘n knippie peper

Was, skraap en sny die wortels en die aartappel in skyfies. Sny die ui in skyfies. Kook alles saam in kokende water vir ± 30-40 minute, en voeg die sout by as dit amper gaar is. Voeg die botter en peper by. ien in ‘n warm skottel op.

 

KLAPPER-WORTEL GEREG

6 groot wortels, gerasper

250 ml vars broodkrummels

250 ml melk

2 ekstra groot eiers

125 ml suiker

125 ml klapper

botter of margarien

Kook die wortels tot net gaar en dreineer goed. Meng met die res van die

bestanddele en skep in ‘n oondvaste gesmeerde bakkie. Stip met

botter en bak 25 minute by ‘n voorafverhitte oond van 180C tot ferm

en goudbruin. Lewer 4 porsies.

 

GEBAKTE LEMOENWORTELS

750 g baba worteltjies

45 ml bruin suiker

45 ml margarien

45 ml lemoensap

Voorverhit die oond tot 180 grade. Kook die wortels tot

gaar, maar nie papsag nie. Smelt die margarien in ‘n pan. Roer die suiker en

lemoensap in. Plaas die wortels in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Gooi die

suikermengsel bo-oor die wortels. Bak in die oond tot die wortels

gekarameliseer het – roer gereeld om. Bedien warm.

 

KAROO WORTELS

100 ml water

10 ml suiker

sout na smaak

6 groot wortels, gerasper

30 ml pitlose rosyntjies

15 ml botter of margarien

Verhit water, suiker en sout tot kookpunt. Voeg wortels en rosyne by. Bedek en prut tot gaar.

Voeg botter by, roer deur en bedien warm.

 

KLAPPER-WORTEL GEREG

6 groot wortels, gerasper
250 ml vars broodkrummels
250 ml melk
2 ekstra groot eiers
125 ml suiker
125 ml klapper
botter of margarien
Kook die wortels tot net gaar en dreineer goed. Meng met die res van die
bestanddele en skep in ‘n oondvaste gesmeerde bakkie. Stip met
botter en bak 25 minute by ‘n voorafverhitte oond van 180C tot ferm
en goudbruin.

Lewer 4 porsies.

 

VERGLANSDE WORTELS

6-8 medium wortels
15 ml botter of margarien ( 3 t )
60 ml bruinsuiker ( 1/ 4 k )
15 ml koue water ( 3 t )
10 ml mielieblom ( 2 t )
60 ml okkerneute of pekanneute, gekap ( 1/ 4 k )

METODE
Was, skil en sny wortels in skyfies.
Plaas in glasbak met botter en bruinsuiker.
Bedek en kook op 100% krag vir 10 minute.
Roer na 5 minute.
Meng mielieblom en water en roer by wortels.
Voeg neute by en kook op 100% krag vir `n verdere 2 minute, roer en kook nog vir 2 minute.

 

wortels5
GLAZED CARROTS
500gr carrot (about 6 medium carrots)
2 tablespoons butter
1/3 cup packed brown sugar
Directions:
Cut carrots in half crosswise, then lengthwise into 2 or 3 sticks.
Simmer, covered, in a small amount of boiling salted water for about 10 minutes or until crisp-tender.
Drain.
Melt the butter.
Stir in brown sugar until dissolved.
Add carrots.
Cook over medium-low heat about 10 minutes, turning often

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

 

KOPERPENNIE WORTEL SLAAI
(8-10 porsies)
1kg wortels gesny
2 uie in ringe gesyn
2 soetrissies ontpit en in repe gesny
1 pakkie tamatiesoppoeier
250ml water
200ml wit asyn
125ml kookolie
250ml suiker
10ml Worcestersous
7ml aangemaakte mostert
Sou en peper na smaak
METODE:
Kook die wortels tot half gaar, sag maar nie pap nie. Gooi in vergiettes en spoel af met koue water en dreineer. Rangskik wortels, soetrissies en uie in lae in ‘n groot bak met ‘n deksel en eindig met wortels. Meng res van die bestandele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook vir 2 min. Gooi warm oor slaai en laat met behulp van ‘n mes in die middel en teen die kante inloop. Laat afkoel. Sit deksel op en marineer vir 2 dae in die koelkas voor gebruik.
*Wenresepte*

 

GEMMER – LEMOENWORTELS: INGELEG

80g suiker
5ml gemaalde gemmer
10ml mielieblom (maizina)
60ml asyn
750ml gaar wortels, in blokkies of ringetjies
15ml olie
10ml gerasperde lemoenskil ( opsioneel)
Meng suiker, gemmer en mielieblom in ‘n kastrol. Voeg asyn geleidelik by en kook by lae hitte tot dik. Voeg geelwortels en olie by en prut 10 minute stadig. Voeg lemoenskil laaste paar minute by. Skep dadelik in gesteriliseerde inmaakflesse en verseël. Bêre in koelkas na oopmaak.

 

Rina Kleinhans

WORTELBLATJANG
1kg wortels
1kg uir
1kg groenbone
1kg kopkool
1 brandrissie
1kg karamelsuiker
850ml bruinasyn
500ml water
75g gebleikte sultanas
30g kerriepoeier
12.5ml sout
METODE:
Skil die wortels en uie en rasper dit grof. Snipper die groenbone, kopkool en rissie. Verhit al die bestandele stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Prut die mengsel tot sag en dik en roer dit af en toe. Bottel die blatjang warm in voorbereide bottels en verseël dit dadelik.

 

GEBAKTE WORTELGEREG

4 x 250 ml wortels, grof gerasper

4 geklitste eiers

500 ml melk

20 ml bakpoeier

500 ml witbroodkrummels (gemaak van dagoud brood)

250 ml suiker

60 ml botter, gesmelt en afgekoel

knippie sout

Voorverhit die oond tot 190 grade. Meng die melk, geklitste

eiers, suiker en sout in ‘n mengbak.

Roer wortels in en dan die broodkrummels. Voeg gesmelte botter stadig by terwyl die

mengsel geroer word.

Voeg die bakpoeier laaste by. Gooi mengsel in gesmeerde

oondskottel en bak vir 45 minute.

 

WORTELSOP

Deur Hope (Huisgenoot)

50g Botter
800 g (sowat 6) wortels, gekap
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2,5 ml (½ t) heel wonderpeper
1 lourierblaar
1 pypkaneel
1 L (4 k) groenteaftreksel
skil van 1 lemoen
sout en peper
160 ml (⅓ k) dikroom

Verhit botter in ’n groot kastrol oor medium hitte.
Voeg die wortels, ui, knoffel, wonderpeper, lourierblaar en pypkaneel by en soteer tot die ui deurskynend is, sowat 5 minute.
Voeg die aftreksel by. Bedek en laat prut tot die wortels baie sag is, en roer elke 15 minute.
Haal die wonderpeper en lourierblaar uit en gooi weg.
Verpulp die sop in ’n voedselverwerker.
Gooi die sop weer in dieselfde kastrol en meng die lemoenskil in.
Geur met sout en peper. Voeg nog aftreksel by om dit dunner te maak.
Klits die room tot dit verdik het.
Skep die sop in bakke en roer die room in.

 

STOMPIE SE LEKKER WORTELPOEDING

BESTANDDELE:
60 g margarine (75ml)
2 k wit suiker…
2 eiers
3 k grof gersasperde geelwortels
2 ml suurlemoen geursel
2 k koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
METODE:
Voorverhit die oond na 180°C
Meng margarine en suiker (moenie verroom nie)
Voeg eiers by en klits deeglik
Voeg wortels en suurlemoen geursel by
Roer tot goed gemeng, (moet nie skrik as
die mengsel skif lyk nie)
Sif koekmeelblom, sout en bakpoeier saam en
meng met wortelmengsel

STROOP
BESTANDDELE:
3 k water
1 k suiker
75 ml margarine
knypie sout
METODE:
Verhit water, suiker, botter en sout saam tot suiker gesmelt het
Giet stroop in bak
Skep lepelsvol deeg in bak
Bak vir ongeveer 1 uur sonder deksel tot goud bruin
Bron: Maggi Oliver

 

WORTELPOEDING

Rasper 4 groot wortels. Gooi 2 koppies suiker oor dit en laat staan tot stroop gevorm het. Voeg daarby 2 koppies meel 2 eiers 2 teelepels bakpoeier. Meng alles goed saam. Plaas in glas bak en bak /
@ 180* tot gaar. Dien op met vla. Kan ook in broodpannetjie gebak word.

Poplap se Lekkerbek resepte

 

WORTELKERRIE (MIKRO)

Onthou net dat die appelringe oornag in die rooibostee
geweek moet word (of vanaf die oggend as jy die gereg vir aandete maak.)
30 g droë appelringe
150 ml rooibostee
15 ml margarien
1 uitjie, gekap
5 ml matige kerriepoeier
5 medium geelwortels, geskil en in skyfies gesny
1 groot aartappel, geskil en in plat skywe gesny
75 ml korente
15 ml witsuiker
5 ml sout
5 ml mielieblom
Week appelringe oornag in rooibostee.
Mikrogolf margarien 30 sekondes lank in ‘n plat bak by 100%
krag. Voeg ui by, bedek met
kleefplastiek (onthou om te prik) en mikrogolf 3 minute by 100% krag. Dreineer appelringe en vul rooibostee met
water aan tot 150 ml. Hou appelringe eenkant
Voeg kerriepoeier, rooiboswater, wortel en aartappel en
korente by die ui. Bedek en mikrogolf vir 6 minute by 100% krag.
Roer goed, voeg appelringe by, bedek en mikrogolf 7 minute
by 100% krag.
Roer witsuiker, sout en mielieblom wat met bietjie koue
water aangemaak is by. Bedek en mikrogolf 1 minuut by 100% krag
Laat 5 minute staan en dien daarna onmiddellik op.

WORTELPATEE

Die oranje kleur van hierdie patee is iets besonders –
Volgende keer as jy patee saam met kraakbeskuitjies maak, maak seker dat
hierdie een ook op die spyskaart is!
6 groot wortels, geskil
1 ui, gekap
knypie gemaalde komyn
30 ml strooisuiker
125 ml geroomde maaskaas
2 grasuie, gekap
Sny die wortels in ringetjies en kook in water tot baie sag.
Dreineer. Smelt die botter en soteer die ui tot sag. Voeg die komyn en suiker
by en soteer nog twee minute. Verwyder van die hitte en voeg die wortels by.
Voeg ook die maaskaas en grasuie by. Verpulp (‘n “stick blender” werk
goed) tot glad. Sit dit koud voor saam met broodstokkies of kraakbeskuitjies.

 

KERRIE WORTELS (INGELEG)

Gebruik wortels ipv boontjies vir die resep:

INGELEGDE KERRIEBOONTJIES/WORTELS
2 kg gesnipperde groen boontjies
1 kg uie (2 lb)
1,25 liter asyn (5 k)
10 ml borrie (2 t)
15 ml sout (1 e)
500 ml suiker (2 k)
45 ml kerriepoeier (3 e)
15-20 ml mielieblom (3-4 t)
Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die
asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in ‘n groot kastrol en
bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur. Maak
die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik. Skep
in warm, gesteriliseerde flesse.

 

Omskakelings


omskakelings999955

OMSKAKELING 555 - Copy

 

OMSKAKELINGS - Copy

 

omskakelings 44 - Copy

OMSKAKELINGS 5555 - Copy OMSKAKELINGS 55555 - Copy

 

Equivalent Measures

3 teaspoons = 1 tablespoon
4 tablespoons = 1/4 cup
5 tablespoons + 1 teaspoon = 1/3 cup
8 tablespoons = 1/2 cup
12 tablespoons = 3/4 cup
16 tablespoons = 1 cup (8 ounces)
2 cups = 1 pint (16 ounces)
4 cups (2 pints) = 1 quart (32 ounces)
8 cups (4 pints) = 1/2 gallon (64 ounces)
4 quarts = 1 gallon (128 ounces)

 

Metric Conversion Table

U.S.UNITS

CANADIAN METRIC

AUSTRALIAN METRIC

1/4 teaspoon 1 mL 1 mL
1/2 teaspoon 2 mL 2 mL
1 teaspoon 5 mL 5 mL
1 tablespoon 15 mL 20 mL
1/4 cup 50 mL 60 mL
1/3 cup 75 mL 80 mL
1/2 cup 125 mL 125 mL
2/3 cup 150 mL 170 mL
3/4 cup 175 mL 190 mL
1 cup 250 mL 250 mL
1 quart 1 liter 1 liter
1-1/2 quarts 1.5 liters 1.5 liters
2 quarts 2 liters 2 liters
2-1/2 quarts 2.5 liters 2.5 liters
3 quarts 3 liters 3 liters
4 quarts 4 liters 4 liters
1 ounce 30 grams 30 grams
2 ounces 55 grams 60 grams
3 ounces 85 grams 90 grams
4 ounces (1/4 pound) 115 grams 125 grams
8 ounces (1/2 pound) 225 grams 225 grams
16 ounces (1 pound) 455 grams 500 grams
1 pound 455 grams 1/2 kilogram

 

 

HOEVEEL IS 250ML VAN ‘N BESTANDEEL IN GRAM ??

250ML    =      GRAM

Appelkooskonfyt= 50gr

Botter  =   230gr

Broodkrummels(droog)= 140gr

Broodkrummels (vars)=  70gr

Broodmeelblom=  140gr

Bruismeel=   140gr

Dadels (gesnipper)=  150gr

Glanskersies (heel)=   160gr

Glanskersies (gesny) =  150gr

Hawermout=  80gr

Kaas (gerasper)= 100gr

Kaas,maas-room= 250gr

Kakao= 100gr

Klapper=  80gr

Koekmeelblom= 140gr

Macaroni=   100gr

Margarine= 230gr

Melkpoeier=  100gr

Mielieblom (maizina)= 120gr

Mieliemeel=  120gr

Mielierys=  200gr

Pekanneute (uitgedop)=  100gr

Perskes (droog)= 150gr

Rosyne (ontpit)=  150gr

Rys=  200gr

Sago=   180gr

Semels =  30gr

Sout=   280gr

Spagetti (gebreek)= 100gr

Stampkoring  =  200gr

Stampmielies (gewone)= 200gr

Suiker – bruin en wit = 200gr

Strooisuiker=  210gr

Sultanas=   150gr

Vlapoeier= 130gr

Versiersuiker =   130gr

*

EENVOUDIGE METRISERINGSTABEL

½ ons = 14gm
1 ons =28gm
4 ons = 112gm
8 ons =227gm
1 lb =455gm
2 lb =900gm
5 lb =2,3 kg
1 teelepel = 5ml.
1 eetlepel =15 ml.
¼ pint = 140 ml.( net minder as 3/5 koppie)
½ pint = 280 ml
1 pint = 560 ml.
2 pinte = 1,1 liter
1 liter = 4 S.A. koppies ( teekoppies)

 

MEASUREMENT EQUIVALENTS

(Volume) 1 ounce = 28.3495 grams

1 pinch = 1/8 teaspoon
1 teaspoon = 1/3 tablespoon = 1/6 ounce
2 teaspoons = 2/3 tablespoon = 1/3 ounce
3 teaspoons = 1 tablespoon = ½ ounce
2 tablespoons = 1/8 cup = 1 ounce
4 tablespoons = ¼ cup = 2 ounces
5 tablespoons + 1 teaspoon = 1/3 cup = 2 2/3 ounces
8 tablespoons = ½ cup = 4 ounces
12 tablespoons = ¾ cup = 6 ounces
16 tablespoons = 1 cup = 8 ounces
2 cups = 1 pint = ½ quart = 16 ounces
4 cups = 2 pints = 1 quart = 32 ounces
16 cups = 8 pints = 4 quarts = 1 gallon

COMMON INGREDIENT EQUIVALENTS

1 cup butter = 8 ounces = 16 tablespoons = 2 sticks
1 cup shredded cheese = 4 ounces
1 cup chocolate chips = 6 ounces
1 cup all-purpose flour = 4¼ ounces
1 cup bread flour = 4¼ ounces
1 cup cake flour = 4 ounces
1 cup whole wheat flour = 4 ounces
1 cup granulated sugar = 7 ounces
1 cup brown sugar = 7½ ounces
1 lemon = 2 tablespoons juice = 1½ teaspoons zest
1 packet dry yeast = 2¼ teaspoons = 3/5 ounce = 1 cake

PAN SIZE CONVERSIONS

(Dimension) 1 inch = 2.54cm (Volume) 1 cup = 237 mL

Round Pans:
6 x 2 inches = 15 x 5 cm = 4 cups = 948ml
8 x 2 inches = 20 x 5 cm = 6 cups = 1.4 liters
9 x 2 inches = 23 x 5 cm = 8 cups = 1.9 liters
Square Pans:
8 x 8 x 2 inches = 20 x 20 x 5 cm = 8 cups = 1.9 liters
9 x 9 x 2 inches = 23 x 23 x 5 cm = 10 cups = 2.4 liters
10 x 10 x 2 inches = 25 x 25 x 5 cm = 12 cups = 2.8 liters
Rectangular Pans:
11 x 7 x 2 inches = 28 x 18 x 5 cm = 6 cups = 1.4 liters
13 x 9 x 2 inches = 33 x 23 x 5 cm = 14 cups = 3.3 liters
Loaf Pans:
8 x 4 x 2½ inches = 20 x 10 x 6 cm = 4 cups = 948 ml
8½ x 4½ x 2½ inches = 21 x 11 x 6 cm = 6 cups = 1.4 liters
9 x 5 x 3 inches = 23 x 13 x 8 cm = 8 cups = 1.9 liters

VOLUME & VLOEISTOF

¼ pint = 125 ml = ½ k
½ pint = 250 ml = 1 k
¾ pint = 375 ml = 1 ½ k
1 kwart = 1 Lt = 4 k
4 e = 60 ml = ¼ k
1 e = 15 ml
½ t = 3 ml
1 t = 5 ml

GEWIGTE
1 ons = 30g = 2 e
2 onse = 60g = 4 e
3 onse = 85g = 6 e
4 onse =125g = 8 e
1 Ib = 450g

SUIKER WIT / BRUIN
1 ons = 30g = 25 ml
2 onse = 60g = 50 ml
4 onse = 125g = 100ml

SUIKER / VERSIER
1 ons = 30g = 60 ml
2 onse = 60g = 125ml
4 onse = 125g = 250ml

BROODMEEL / KOEKMEEL
1 ons = 30g = 60 ml
2 onse = 60g = 125ml
4 onse = 125g = 250 ml

BOTTER / MARGARIEN
1 ons = 30g = 35 ml
2 onse = 60g = 60 ml
4 onse = 125g = 120ml

1 ons + 25gr

Green Mango Atjar/Mango Blatjang


Green Mango Atjar- photo www.ejozi.co.za

Green Mango Atjar- photo http://www.ejozi.co.za

Green Mango Atjar

1 kg small green mangoes

2 t salt

¾ cups sunflower seed oil/ ek gebruik olyfolie

4 T red chilli masala

4 T green chilli masala

4 t crushed garlic

1 cup vinegar

 

Wash mangoes well, leaving the skin on. Cut them into 2 cm pieces and discard the pips. Mix all the ingredients together in a large container and refrigerate the mixture for 3 days. Stir regularly during the period. Use as required, or seal in glass jars for later use.

 

Warm Mango Blatjang

1,5 kg groen mango’s, geskil, gehalveer, ontpit

70 ml sout

2 liter water

500g suiker (625 ml)

600 ml asyn

125 g dadels, ontpit en gekap

‘n Stuk vars gemmer, geskil en fyngekap

6 knoffelhuisies, gekneus

10 ml rissiepoeier

1 kaneelstokkie

125 g pitlose rosyne

METODE:

Kap die mango’s in klein stukkies. Plaas in ‘n mengbak. Sprinkel sout oor en voeg water by. Bedek en laat 24 uur staan. Dreineer die mangostukkies en plaas eenkant. Plaas suiker en asyn in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut totdat die suiker opgelos is. Roer voortdurend. Voeg die gemmer, knoffel, rissiepoeier, kaneelstokkie, rosyne, dadels en gedreineerde mango by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 1 tot 2 uur onbedek prut of totdat die blatjang dik is. Roer af en toe. Verwyder die pypkaneel. Skep die blatjang in warm, gesteriliseerde bottels en verseël

Milktart -Diabetic


Diabetic Milk Tart - Photo Angela Day Kitchen

Diabetic Milk Tart – Photo Angela Day Kitchen

Milktart

Marilet Swanepoel

 

Ingredients

 

Base: (Makes enough dough for 3 bases)

100g Low Fat Margarine

1 Large Egg

500ml (2 cups) Cake Flour

125ml (85g) Sugalite®

Pinch of Salt

 

Filling:

500ml (2 cups) Fat Free Milk

2.5ml (1/2 t) Vanilla Essence

10ml (2t) Low Fat Margarine

2.5ml (1/2 t) Salt

125ml (85g) Sugalite®

62ml (1/4 cup) Cake Flour

1 Large Egg

1 Large Egg White

Ground Cinnamon, for sprinkling

 

Method

 

Base:

1. Cream margarine until light and fluffy, add the egg and beat well.

2. Sift the cake flour, Sugalite® and salt into the dry ingredients and mix to form a firm dough. Rest the dough for 30 minutes before using.

3. Press a third of the dough into a greased pie dish and bake blind in a preheated oven at 200ºC for 10 minutes until golden brown. The left-over pastry can be stored in a sealed container in the fridge for a week.

Filling:

1. Heat the milk, margarine and vanilla essence together in a pot.

2. Mix the salt, Sugalite®, cake flour and egg yolk together.

3. Add a little of the heated milk to the egg mixture and then add it to the rest of the milk. Bring to the boil, stirring constantly. Beat egg whites until stiff, not dry and fold into egg and milk mixture.

4. Pour it into the baked pastry case and leave to cool. When the milk tart is set sprinkle with cinnamon, cut into slices and serve.

Serves 8.

Sjokolade-Brownies vir diabete


Sjokolade Brownies - Idees Tydskrif

Sjokolade Brownies – Idees Tydskrif

Sjokolade-brownies

Idees Tydskrif

 

Maak: 12 brownies

Bereidingstyd: 15 minute

Baktyd: 20-25 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

 

50 ml (50 g) laevetmargarien

2 groot eiers

250 ml (110 g) koekmeel

5 ml bakpoeier

50 ml kakaopoeier

25 ml kunsmatige versoeter (soos Equal)

25 ml melk

50 g suikervrye melksjokolade, gekap

 

1 Klop die margarien tot lig en donsig. Voeg dan die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging.

2 Sif al die droë bestanddele saam en gooi dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. Vou die sjokoladestukkies versigtig in.

3 Skep die mengsel in ‘n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 20 cm en bak dit vir 20 tot 25 minute in die verhitte oond. Laat dit op ‘n draadrakkie afkoel. Sny dit in blokkies en bêre die brownies in ‘n lugdigte houer.

Truffels vir Diabete


Truffles - Source unkown

Truffles – Source unkown

Truffels vir Diabete

Idees Tydskrif

100 g Margarien

2 el Rum/brandewyn

3 el Kakao

225 g Maaskaas

4 el Sweetner

Kakao of klapper om dit in te rol

Verhit maragrien en voeg kakao by.  Kook oor lae hitte vir 1 minuut.  Verwyder van die hitte en laat vir 5 minute afkoel.  Roer die maaskaas, sweetner en rum by en verkoel die mengsel ± 1 uur of tot dit reg is om balle te maak.  Rol in klapper of kakao. Bêre in yskas

Suikervrye piesangbrood – Diabeet


Suikervrye piesangbrood vir diabete - foto holdthecarbs.com

Suikervrye piesangbrood vir diabete – foto holdthecarbs.com

Suikervrye piesangbrood – Diabeet

 

Maak: 1 brood

Baktyd: 1 uur

Oondtemperatuur: 180 °C

 

Jy benodig

3 ryp piesangs, fyngedruk (sowat 300 ml)

3 ml koeksoda

125 ml kookwater

50 ml gesmelte botter

100 ml xylitol (‘n natuurlike versoeter)

2 groot eiers, geskei

125 ml laevetmelk

5 ml vanieljegeursel

310 ml (170 g) koekmeel

5 ml bakpoeier

2 ml fyn neutmuskaat

100 g hawermout

50 ml grofgekapte pekanneute

 

So maak jy

1 Roer die koeksoda en kookwater by die piesangpuree. Laat dit afkoel.

2 Klop die gesmelte botter, xylitol, eiergele, melk en vanieljegeursel saam. Roer dit by die puree.

3 Sif die meel, bakpoeier, neutmuskaat en ‘n knypie sout saam. Roer die hawermout en neute daarby. Roer die pureemengsel by die droë bestanddele in. Klop die eierwitte styf en vou dit in die beslag in. Skep dit in ‘n gesmeerde en gevoerde broodpan. Bak dit in ‘n warm oond vir ‘n uur of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.

Diabetic chocolate chip cupcakes


Diabetic chocolate chip cupcakes- Foto someoneleftthecakeoutintherain

Diabetic chocolate chip cupcakes- Foto someoneleftthecakeoutintherain

Diabetic chocolate chip cupcakes

Annette Breytenbach

Ingredients

4 tsp liquid sweetener

1/3 c butter

1 egg, beaten

2 tsp vanilla

½ c water

1¼ c flour

1 tsp baking soda

1 tsp baking powder

½ tsp salt

½ c semi-sweet chips

¼ c chopped nuts

Combine sweetener, butter, egg and vanilla. Beat 2 minutes on high. Add water and dry ingredients except chips and nuts. Blend well. Stir in nuts and chips. Fill paper lined muffin pan about 2/3 full. Bake at 190 degrees C about 30 minutes or until light golden brown.

Grondboontjiebotter Koekies


Peanut Butter cookies - photo What's Cooking

Peanut Butter cookies – photo What’s Cooking

Grondboontjiebotter Koekies

Rencia Odendaal Pretorius

Meng 125 ml van elk van die volgende – botter, peanutbotter, witsuiker, bruinsuiker – Voeg nou by 1 eier. Voeg by 325ml meel, 1ml sout en 2 ml koeksoda – Knie vir so ‘n rukkie – Maak bolletjies ongeveer 10ml elk (so 2tl) Pak op bakplaat en druk met vinger effe plat – bak vir 15/20 min Ek het die peanut botter met neute al gebruik en dit maak die koekie lekker grof.

Three Ingredient Peanut Butter Cookies
(All Recipes.com)

Ingredients
1 cup peanut butter
1 cup white sugar
1 egg

Directions
Preheat oven to 175 degrees C.
Line baking sheets with parchment paper.
Combine the peanut butter, white sugar and egg.
Mix until smooth.
Drop spoonfuls of dough onto the prepared baking sheet.
Flatten with fork or various spatulas for decorating effect.
Bake for 6 to 8 minutes.
Do not overbake!
These cookies are best when they are still soft and just barely brown on the bottoms.

Bakkersvla – vulsel vir vla koekies


Vla tertjie vulsel - Foto Baking Bites

Vla tertjie vulsel – Foto Baking Bites

Bakkersvla – vulsel vir vla koekies

Rika En Heinrich Fuchs
500 ml (2 k) melk
1 vanieljepeul, oopgesny
6 eiergele
120 ml strooisuiker
60 ml (¼ k) meel

Giet die melk saam met die vanieljepeul se saadjies in ’n kastrol en bring die melk tot kookpunt.

Hou eenkant.

Meng die eiergele, suiker en meel in ’n mengbak tot glad.

Giet die warm melk by die eiergeelmengsel en klits die hele tyd.

Giet die melk-en-eiermengsel deur ’n sif en giet dit terug in die kastrol waarin die melk was.

Bring die mengsel tot kookpunt en roer aanhoudend tot dit verdik.

Giet die verdikte bakkersvla in ’n glasbak sodat dit heeltemal kan afkoel

Smere en vulsels vir toebroodjies en soutkoekies


toebroodjie

MARNA SE BROODSMEER
6 gekookte eiers – maak fyn met vurk
¼ tot ½ blik kondensmelk,
1 med mayonaise, (1/2 groot bottel)
1 kop gerasperde kaas,
3 Eet blatjang,
3 Eetl tamatiesous,
1 klein sandwichspread.
Sout en peper na smaak.
Genoeg vir 2-3 gesnyde brode

SANDWICH SPREAD
1 Engelse komkommer fyn gekap of gerasper
1 ui fyn gekap
2-4 geelwortels fyn gerasper
1-2 groen soetrissies fyn gekap
1-2 rooi soetrissies fyn gekap
750 ml wit druiwe asyn
500 ml mayonaise
METODE:
Meng al die groente in ‘n mengbak, giet die asyn oor en laat 24 uur staan. Dreineer goed. Druk al die vloeistof uit, men…g die groente
met net genoeg mayonaise tot dit smeerbaar en goed gemeng is. Skep in skoon
flesse en maak dig toe en bere in yskas
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER
6 geelwortels
2 groen soetrissies
1 rooi soetrissie
3 uie
1 Engelse komkommer
750 ml wit asyn
750 ml mayonnaise
12.5 ml suiker
Sout en peper na smaak
Skraap of skil die geelwortels. Verwyder die soetrissies se pitte en skil die uie af. Kap al die groente baie fyn en plaas dit in ‘n vlekvrye staalbak. Giet die asyn oor die groente en laat dit oornag staan. Dreineer die groente goed en druk dit droog. Voeg die mayonnaise, suiker en sout en peper na smaak by die groentemengsel en meng dit goed. Skep in droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Bêre die toebroodjiesmeer in die yskas

toebroodjies boudvleis

Koue boudvleis, tamatie, kaas en blaarslaai met mosterd

 

IDEES VIR TOEBROODJIE VULSELS/VULLERS

Maandag:  Tuna & mayonnaise
Dinsdag:  Bacon & roereier
Woensdag:  Kaas en tamatie (gerooster, of snackwich)
Donderdag:  Oorskiet maalvleis
Vrydag:  Hot dogs / boerewors rolletjies

Maandag:  Koue vleis en mosterd, kaas, blare, tamaties
Dinsdag:  Hamburgers
Woensdag:  Gerasperde kaas, tamatie en blaarslaai
Donderdag:  Sardientjies in tamatiesous (fyngedruk met ‘n vurk) meng met gekapte eie – opsioneel ekstra)
Vrydag:  Eier- gedoopte braaibrood (French toast) met konfyt, kaassmeer, gerasperde kaas, marmite, ens

Maandag:  Sout blikkies beesvleis met tamatie/mosterd/tamatiesous (
Dinsdag:  Wors/Russian wielietjies en chutney
Woensdag:  Kaas en appelkooskonfyt snackwiched
Donderdag:  Polonie, tamatie en blaarslaai
Vryda:  Skons – konfyt, marmite, kaassmeer, gerasperde kaas ens

Maandag:  Sout blikkies beesvleis met fyn gekapte uie en gerasperde kaas – snackwiches
Dinsdag:  Roereier met gerasperde kaas (vars brood of gerooster, of snackwiches)
Woensdag:  Ham/mosterd/tamaties
Donderdag:  Hoenderlewertjies en roereier
Vrydag:  Lewersmeer/kaassmeer/marmite/kontyt

Maandag:  Grondboontjiebotter en stroop / konfyt
Dinsdag:  Geroosterde ham en kaas
Woensdag:  Gekookte eiers, fyngekap, gemeng met mayo, chutney en of tamatiesous
Donderdag:  Koue frikkadelle met chutney / mosterd
Vrydag:  Brans muffins / skons (konfyt, kaassmeer, gerasperde kaas, ens)

Maandag:  Hoender en mayonnaise
Dinsdag:  Broodjolletjies met ham, koue vleis, salami of gerasperde kaas
Woensdag:  Fyngemaakte aartappelskyfies (Simba of Willards)
Donderdag:  Fyngemaakte biltong of gekerfde biltong
Vrydag:  Oorskiet groenboontjies, of beet of aartappelslaai

Maandag:  Oorskiet skaapboud/hoender/bees/varkboud, tamatie en blaarslaai
Dinsdag:  Roereier met viennas ingesny
Woensdag:  Bacon, tamatie en blaarslaai
Donderdag:  Geroosterde bacon, piesang en kaas
Vrydag:  Gerookte kaaswors en mayonnaise of mosterd of tamatiesous

TOEBROODJIE VULSELS
Skyfies koue bees-, lams-, vark- of hoendervleis gemarineer in
Franse slaaisous, saam met slaaibestanddele.
Koue bobotie saam met blatjang en piesangskyfies.
Gerasperde biltong, aangeklam met ‘n bietjie aangemaakte mosterd.
Gekapte Weense worsies, gemeng met aangemaakte mosterd en
mayonnaise.
Fyngekapte ham, gemeng met gekapte, ingemaakte pynappel en
mayonnaise.
Lewerpatee, tamatieskyfies en blaar slaai.
Gevlokte (of skyfies) oorskiethoender of -kalkoen, komkommerskyfies
en toebroodjiesmeer. (Gekrummelde bloukaas kan by toebroodjiesmeer
gevoeg word.)
Dun skyfies Frankfurters of gaar boerewors saam met mosterd (sous
of aangemaakte mosterd).
Soutbeesvleis en agurkies, aangeklam met mayonnaise. Geur met
blatjang en gekapte grasui.
Gerasperde polony of weense worsies, gemeng met bietjie mayonnaise en chutney
Marmite en kaas
Smeerkaas, kaas en tamatie, sandwichspread en tamatie, tamatieskyfies en komkommer, fyngedrukte simba skyfies,

TUISGEMAAKTE SMERE vir soutkoekies / toebroodjies

(Southappies – Kotie v/d Spuy 1947)

Omtrent al die resepte moet jy deur ‘n sif druk om dit fyn te kry – maar ek dink ons sal dit met vandag se tegnologie fyn genoeg kry  met jou Blender Ek persoonlik hou van stukkies en nie ‘n te fyn smeersel

Eierbotter

½ kop botter

3 hardgekookte eiers – druk deur sif

Worchestersous en tamatiesous

Sout en peper

Meng alles goed edn druk deur sif

Ansjovisbotter

1 kop botter

1 kop fyn ansjovis

Suurlemoen of asyn

Peper

Meng alles goed druk deur sif

Redro botter

1 kop botter

½ kop redro vissmeer

Geel van 2 hardgekookte eiers

Sout en peper

Asyn

Druk eiergele deur sif,

Meng alles goed

Pietersieliebotter

1 Kop botter

½ eetl fyn droe pietersielie

2 fyn gemaalde olywe of 1 kop fyn gerasperde komkommer

Sout peper en paprika

Meng goed en druk deur sif

Kaasbotter

½ kop kaassmeer

½ kop botter

Worsestersous en tamatiesous

Sout en peper

Meng goed

Hambotter

1 kop fyn gerasperde ham

1 kop botter

Peper, sout en mosterd

Meng goed en druk deur sif

Tip: enige vleis bv hoender, polonie, bees, sult, tong, vark, bully beef ens kan gebruik word.

Kerriebotter

½ kop botter

Kerrie , bietjie borrie,  suurlemoensap, blatjang, sout, peper suiker

Meng  alles goed deur – voeg nog Kerrie by as nie genoeg brand nie.

Ertjiebotter

½  kop botter

½ kop sag pap gekookte ertjies

Klein bietjie fyn gerasperde kaas

Sout, peper

Druk ertjies deur sif

Meng alles goed deur

Advokadopeer botter

½ kop botter

1 groot advokadopeer – deur sif gedruk

Suurlemoensap

Sout en peper

Meng goed

Hamsmeersel

1 kop gerasperde ham

2 hardegekookte eiers – fyngemaak

Sout, peper, blatjang, mayonnaise en pietersielie na smaak

Sout, peper, seldery gekap, mayonnaise of room.

Meng goed

Hoender smeersel

1 Kop gaar hoender – fyngemaak

1 eetl gerasperde pynappel

Sout, peper en mayonnaise na smaak

Meng goed

Sardien smeersel

1 blikkie sadines – druk fyn

2 hardgekookte eiers – druk fyn

2 agurkies – fyn gerasper

1 eetl tamatiesous

1 eetl gerasperde kaas

Sout en peper en room

Meng alles goed – voeg die room by tot sagte smeersel vorm

Kaas en eier smeersel

¾ kop kaas – fyn gerasper

2 hard gekookte eiers

Sout en peper en mayonnaise

Kleursel indien verkies

Meng alles goed

Kaas en tamatie smeersel

1 kop gerasperde chedder kaas

1 eetl botter

Sout,peper en tamatiesous

Meng kaas, botter sout en peper en voeg genoeg tamatiesous by om smeersel te vorm

Eiersmeersel

MAAK ROEREIERS MET BIETJIE MELK

Voeg by gekapte uitjies, rooi of groen, en mayonnaise.

Voeg aangemaakte mosterd by, sout en peper

Voeg bietjie marmite en dik witsous by – sout en peper

Fyngemaakte sardines – sout en peper

Gerasperde kaas, sout en peper en mayonnaise

Fyn gerasperde biltong en mayonnaise sout en peper

Kaassmeer sout en peper

Sandwichspread sout en peper

Mayonnaise, chutney sout en peper

Mayonnaise, tamatiesous sout en peper

toebroodjies

SHUSI-TOEBROODJIES:

Vars snye wit of bruin brood wat se korsies alles afgesny is
Rol nou die brood met roller tot plat en dun
Smeer nou verskillende vulsels in
Bv:
Vissmeer
Lewesmeer
Kaassmeer
Marmite en kaas
Tuna en mayonaise
Sandwichspread
Gerasperde/ lang dun skywe  ham/polonie met bietjie mayonaise en chutney
Roer eiers met tamatiesous

Komkommer in lang skyfies gesny met gerasperde wortels en bietjie mayonaise en mosterd

Rol nou die broodjie op soos ‘n worsie
Sny wieletjies van so ongeveer 4cm groot en sit op ‘n bord wat gegarneer is met gekapte blaarslaai.
As dir broodrolletjie loskom, steek met ‘n tandestokkie vas met ‘n uitjie en stukkie kasie ingedruk. Dit vertoon baie mooi

Coffee Banana Bread


Coffee Banana bread by EATORI

Coffee Banana bread by EATORI

Coffee Banana Bread

EatoriBy Tori Haschka

Ingredients

2 and 1/3 cups of plain flour
1 tsp. bicarbonate of soda
1 tsp. salt
8 tbsp. butter, plus extra for greasing
1 cup caster sugar
2 free-range eggs
4 ripe bananas, mashed
1/3 milk coffee (1 shot of espresso topped up with milk)

Directions

1. Preheat the oven to 180C/350F/Gas 4.
2. Sift the flour, bicarbonate of soda and salt into a large mixing bowl.
3. In a separate bowl use a hand mixer to combine the butter and sugar together until light and fluffy and duckling yellow.
4. Add the eggs, mashed bananas and coffee and to the butter and sugar mixture and stir well. Fold in the flour mixture. Do this gently- you don’t want to overwork the flour and have it turn out tough.
5. Grease a 20cm x 12.5cm/8in x 5in loaf tin and pour the cake mixture into the tin.
6.Transfer to the oven and bake for about an hour, or until well-risen and golden-brown.
7. Remove from the oven and cool in the tin for a few minutes, then turn out onto a wire rack to cool completely before serving.
8. Serve with a coffee on the side. Perhaps some ricotta, or butter over the top.

Read More from Eatori.

Tuna stolslaai


Foto: recipes.sparkpeople.com

Rencia Odendaal Pretorius (Corne se resep)

TUNA MOUSSE:

Meng saam: 

2 blikkies tuna

250ml room

250ml mayonaise

Los op: 

1 chickenstock

150ml kookwater

10 gr gelatien

Kap 1 ui fyn en meng 3 eiers in 

Meng alles goed.

Gooi in ringvorm of tunavorm en laat staan oornag in yskas.

*

Gertruida Pieterse

TUNA GEREG: MOULD

2 Blikkies Tuna (in water) –

1 Blik crushed Pineapples

1 x Koppie gerasperde kaas –

1 x Koppie mayonnaise

Gooi water van pynappel & tuna water in koppie.

Voeg 2 teelepels gelatien by en kook in microgolf tot opkook.

 Meng Tuna, Pineapple, Kaas, Mayonnaise & sous. Set in mould-

Onthou net om mould met koue water uit te spoel voordat jy

die mengsel insit. Stol in yskas. Bedien met Beacon of Original

TUC biscuits of sout biscuits wat jy van hou.

Slow cooker boontjie sop met spek


Slow-Cooker-Bean-Soup

This Slow Cooker Beef and bacon Bean Soup is a hearty slow cooker soup recipe that always hits the spot. Savor the bacon and bean flavor combo and you’ll surely be saying this is one of the best soup recipes around.

Cooking Time: 8 hr 2 min
Ingredients

1 tablespoon vegetable oil
2 slices bacon
500gr stewing beef
2 tablespoons flour
1 medium onion, finely chopped
2 celery ribs, chopped
1 leek tops (the green part)
1 can cannellini beans
1 can pinto beans (groot bruin rooierige bone)
2 teaspoons dry thyme leaves
1/2 cup Worcestershire sauce
1/4 teaspoon cayenne pepper
1 1/2 liters water
salt and pepper to taste

Instructions

On medium high heat in frying pan crisp the bacon with oil for 2 minutes, then add onion and continue to cookuntil onion gets caramelized. Transfer to slow cooker pot.
Then flour the meat and caramelize it on one side in the same frying pan.
Add the meat to slow cooker pot and add beans with juices, chopped celery ribs, thyme leaves, Worcestershire sauce, cayenne pepper, salt, pepper and cover with water, add leek tops on top.
Pop the lid on and plug on high setting for 8 hours. Throw away leek tops when the soup is done. Serve with hearty rye bread and enjoy!

Bier spek en kaas broodjie


Bier kaas en spek broodjie

 

Bacon Cheddar Beer Bread

http://www.theslowroasteditalian.com/

3 cups flour
1 tablespoon baking powder
1 teaspoon salt
3 tablespoons granulated sugar
1 1/4 cup shredded cheese
1 bottle of beer (can is fine too)
4 slices of bacon, cooked and chopped
2 tablespoons butter, melted

Preheat oven to 350°.

Prepare bread pan by greasing with butter. Set aside.
In a large bowl, combine flour, baking powder, salt and sugar with a whisk. Make a well in the center. Add bacon, about 3/4 of cheese and full beer into the well.
Stir mixture with a spoon until combined.
Pour mixture into prepared bread pan. Add remaining cheese. Drizzle with 1 tablespoon of butter. Bake for 30 minutes.
Remove from oven and drizzle remaining butter over the top.
Bake for an additional 25-30 minutes or until browned on top and loaf thumps when you tap the top.
Remove to a wire rack and allow to cool for 5 minutes. Remove from pan and allow to cool on wire rack. You can brush with more butter if you choose.

Vriendskapskoek


Vriendskapskoek - Foto extraordinarymomsnetwork.wordpress.com

Vriendskapskoek – Foto extraordinarymomsnetwork.wordpress.com

Vriendskapskoek

Martie Steyn

 

Bestanddele vir Plantjie

125 ml Koekmeelblom

2 ml Suiker

125 ml Lou melk of water (of mengsel van die twee)

2 ml Aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie saamgeperste suurdeeg

Metode

Plantjie

Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure staan op ‘n warm

plek tot skuimerig. Roer dit af en gooi dit in ‘n glasbottel met ‘n

skroefdeksel.

Dit kan ook ‘n in ‘n mengbak gesit word wat met waspapier of

kleefplastiek bedek is.

Dag 1

Voeg by die plantjie die volgende:

250 ml Melk

250 ml Koekmeelblom

125 ml Suiker

Roer tot gemeng,

bedek en plaas in koelkas.

Dag 2 tot 4

Roer elke dag een keer om,

bedek en plaas terug in die koelkas.

Dag 5

Voeg die volgende by:

250 ml melk

250 ml Koekmeelblom

125 ml Suiker

Roer tot gemeng,

bedek en plaas in koelkas.

Dag 6 tot 9

Roer elke dag een keer om,

bedek en plaas terug in die koelkas.

Dag 10

Gee 250 ml van die mengsel

aan ‘n vriendin. Bêre 250 ml van die mengsel vir jouself. Wanneer jy die

volgende mengsel aanmaak begin dan by dag 1. Gebruik die oorblywende mengsel om

jou vriendskaps koek mee te bak. Bak teen 180° C vir 30 minute. Toets en indien

nodig bak verder tot gaar.

Gestolde Slaai Resepte


Gestolde beetring slaai - Bron onbekend

Gestolde beetring slaai – Bron onbekend

Gestolde Beetslaai

Bestandele:

3 bete

80g braamjelliepoeier

25ml asyn

sout en peper na smaak

slaaiblare en mayonnaise vir

garnering

Metode:

Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit

sag is. Dreineer dit, maar behou 375

ml van die water waarin die beet

gekook is. Los die jelliepoeier in

die warm beetwater op en hou dit

eenkant. Voeg die asyn, sout en peper

by en verkoel dit totdat dit begin

stol. Vryf intussen die beetskille af

en rasper die beet. Roer die beet by

die jellie wanneer dit begin stol en

gooi die mengsel in ‘n nat vorm.

Verkoel dit totdat dit gestol het.

Ontvorm dit op slaaiblare en garneer

dit mayonnaise.

Beetslaai Gestolde Ring

3 middelsalg bete

30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie

375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het)

60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word)

sout en peper na smaak

Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie)

Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies.

Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.)

Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie.

Voeg ebet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.

Mayonaise Beetvorm slaai

 

80g braamjelliepoeier 5ml jelliepoeier

250ml kookwater 400g ingemaakte beet

200ml mayonnaise 200ml ingedampte melk

pietersielie vir garnering

Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.

Ouma se beetring (aangepas)

Meng 1 blik kondensmelk en 1 houer gladde maaskaas , voeg 1/4k suurlemoensap by! En 1 1/2t gelatien (reg aangemaak ;-)) gooi in ring en laat goed stol!

Meng 1 bottelbeet (sorg dat dit lekker beet is) meng 1 pakkie rooi jelly net so droog by (ek het hier nog 1 1/2t gelatien (aangemaak) by gesit

Komkommer ring slaai - bron onbekend

Komkommer ring slaai – bron onbekend

Komkommer stol slaai

 

2 komkommers – gerasper met skil en gedreineer

1 klein ui gerasper

1 pakkie groen jellie

1 tl gelatien

125ml kookwater

250ml gladde maaskaas

250ml mayonaise

2tl suurlemoensap

sout en peper

Maak jellie en gelatien aan met kookwater

Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by

Voeg komkommer ui sout en peper by

Meng

Gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater

Plaas in yskas.

Wortel en Pynapple ring slaai

 

1 blik crushed pynappel (440gr)

1 pakkie suurelemoenjellie

125ml suiker

500ml gerasperde wortels

1ml sout

125ml room

Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.

Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.

Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.

Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas

Mosterdring

Mosterdring

Mosterdring

4 eiers

250ml water

125ml asyn

175ml suiker

15ml gelatien

15ml mosterdpoeier

2ml borrie

1ml sout

250ml room

Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.
Avokadopeer ring

1 pakkie groen of geel jellie, 250ml kookwater, 2 groot, ryp avokado’s, 15ml suurlemoensap, sout en peper, 10ml mosterdpoeier, 160ml asyn, 1blik kondensmelk, 1/2 ui, fyngekap. Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.

Gestolde Biltongring

Emiel Carika Kahl

15 ml Kookolie

1 klein ui fyn gekap

1 hoenderaftrekselblokkie

100ml kookwater

10 ml gelatien

Knippie fyn koljande

380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas

100g fyn gerasperde biltong

45 ml goeie mayonnaise

Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)

10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.

Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.

Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.

Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.

Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.

Skep in vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.

Tuna Ring in JelringVorm

Amelia Röder

Mengsel 1:

2 x 200 blikke tuna in water (gedreineer), 100ml mayonnaise

Mengsel 2:

1 x 250g gladde maaskaas (savoury), 50g geraskperde cheddarkaas, 3 gekookte eiers fyngedruk

Mengsel 3: 150g gerasperde Tusser kaas, 100ml mayonnaise

Mengsel 4: 200g Bacon Kips beskuitjies fyngemaak, 60ml margarine of botter gesmelt

Meng die 4 mengsels apart. Begin met mengsel 1 onder in die tupper of soortgelyke jelring. Volg met lae 2, 3 en eindig met 4. Maak seker jy sit die lagies mooi egalig op mekaar. Laat oornag in die yskas. Voor bediening, maak die ring versigtig los op ‘n bord en sny in skyfies soos ‘n koek.

Gestolde klappervormslaai

Sophie Higgs

1k klapper

1 houer gladde maaskaas

1 blikkie fyn pynappel

1 blikkie Ideal melk (verkoel)

1/2k suiker

1 eetl hoogvol gelatien

Meng maaskaas met bietjie pynappelsap.Kook pynappel en suiker vir 5 min.Voeg gelatien en orige pynappelsap by warm mengsel.Laat afkoel.Klits Ideal melk tot dik.Gooi by mengsel en dan heel laaste klapper.Gooi in ringvorm en verkoel.

AARBEI VORMSLAAI: [BRON ONBEKEND]
HEERLIKE NAGEREG VIR DIE WARM FEESDAE!
500g aarbeie
200ml strooisuiker
20ml gelatien
50ml water
2 eierwitte
400ml room (geklits)
geklitste room en aarbeie vir versiering
SO MAAK JY:
Sny aarbeie skoon, was en sny in skywe. Strooi strooisuiker oor en laat 30 minute staan sodat sappe kan trek. Puree in vermenger tot glad en giet in bak. Maak gelatien in water sag, los oor lae hitte op en roer oor aarbei puree in. Hou eenkant totdat dit begin verdik. Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en vou in saam met room.
Giet in vorm en verkoel tot gestol. Keer uit vorm en versier met ekstra geklitste room en aarbeie.


Gemmerbier - Foto Idees.co.za

Gemmerbier – Foto Idees.co.za

Gemmerbier

Jacqueline Du Preez
gemmierbier gemaak met ‘n rosyntjie/sultana plantjie. Ek weet net sy het altyd ‘n deel van die plantjie gehou om weer gemmerbier mee te maak. so ‘n plantjie om gemmierbier mee te maak?”

Hier volg ‘n resep
Jy begin jou plantjie in ‘n een liter fles. Plaas 8 Sultanas/rosyntjies in die fles saam met die sap van twee suurlemoene, 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil, 4 teelepels suiker, 2 teelepels varsgemaalde gemmer en twee koppies water. Roer en laat die mengsel staan in ‘n warm hoekie vir twee tot drie dae tot dit begin fermenteer. Sodra die plantjie begin “groei” moet jy dit elke dag “voer” met twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker vir ‘n periode van een week.
Om jou bier te brou gooi jy vier koppies kookwater oor vier koppies suiker en meng tot die suiker opgelos is.
Voeg drie liter koue water, die sap van vier suurlemoene en die “plantjie” by. Sif deeglik deur – gebruik dun doek. Draai die doek uit in ‘n bak en gebruik die vloeistof wat uit die doek kom vir jou volgende “plantjie”. Begin dit deur twee koppies water, twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker by te voeg. “Voer” die plant dan soos voorheen.
Bottel jou bier in dik glasbottels. Na drie dae sal dit gereed wees vir gebruik.

Resep 2

5 liter warm water
1 teelepel wynsteensuur
1 teelepel kremetart
3 teelepels fyn gemmer
1 pakkie droë gis
Meng alles saam en laat oornag staan. Sif deeglik deur -gebruik dun doek – Bottel en gooi ± 2 rosyntjies in elke bottel.

bydrae: Petro van der Westhuizen

Resep 3

250 g suiker
1 pakkie droë gis
1 teelepel kremetart
1 teelepel wynsteensuur
3 teelepels gemmer
5 liter louwarm water.

Los suiker in water op en voeg ander bestanddele by. Laat staan oornag. Sif deur en bottel. Gooi 2 rosyntjies in elke bottel.

Gemmerbier plantjie

Jy begin jou plantjie in ‘n een liter fles.

Plaas 8 Sultanas/rosyntjies in die fles saam met die sap van twee suurlemoene, 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil, 4 teelepels suiker, 2 teelepels varsgemaalde gemmer en twee… koppies water.

Roer en laat die mengsel staan in ‘n warm hoekie vir twee tot drie dae tot dit begin fermenteer.

Sodra die plantjie begin “groei” moet jy dit elke dag “voer” met twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker vir ‘n periode van een week.

Om jou bier te brou gooi jy vier koppies kookwater oor vier koppies suiker en meng tot die suiker opgelos is.

Voeg drie liter koue water, die sap van vier suurlemoene en die “plantjie” by.

Sif deeglik deur – gebruik dun doek.

Draai die doek uit in ‘n bak en gebruik die vloeistof wat uit die doek kom vir jou volgende “plantjie”. Begin dit deur twee koppies water, twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker by te voeg.

“Voer” die plant dan soos voorheen.

Bottel jou bier in dik glasbottels. Na drie dae sal dit gereed wees vir gebruik