Sjokolade-brownies
Idees Tydskrif
Maak: 12 brownies
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 20-25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
50 ml (50 g) laevetmargarien
2 groot eiers
250 ml (110 g) koekmeel
5 ml bakpoeier
50 ml kakaopoeier
25 ml kunsmatige versoeter (soos Equal)
25 ml melk
50 g suikervrye melksjokolade, gekap
1 Klop die margarien tot lig en donsig. Voeg dan die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging.
2 Sif al die droë bestanddele saam en gooi dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. Vou die sjokoladestukkies versigtig in.
3 Skep die mengsel in ‘n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 20 cm en bak dit vir 20 tot 25 minute in die verhitte oond. Laat dit op ‘n draadrakkie afkoel. Sny dit in blokkies en bêre die brownies in ‘n lugdigte houer.
You must be logged in to post a comment.