Archive | 2013

Swartwoud kersiekoek/blackforest cake


blackforest 2

 

 

Maureen Adendorff Van Os

BLACKFOREST CAKE

200 ml fresh Milk

50 g butter, softened

210 g (375ml) cake flour

10 ml baking powder

45 ml cocoa powder

salt

3 eggs

210 g (250 ml) castor sugar

FILLING:

2 x 400 g cans pitted black cherries

sugar to taste

60 ml corn flour

3 x 250 ml Fresh Cream

Cherry liqueur (Kirschwasser), to taste

100 g chocolate slab, grate

Preheat oven to 200 C.

Heat the milk and butter to just below boiling.

Sift the dry ingredients together.

Whisk the eggs and sugar together for 6 min, until light and fluffy.

Fold in the dry ingredients, hot milk and butter mixture.

Mix well.

Pour into 2 greased cake tins with a diameter of around 20cm.

Bake for 25 minutes.

Turn out and leave to cool on a wire rack.

FILLING:

Drain the cherries and reserve the juice.

Cut 3/4 of the cherries in half leaving the remaining whole for decoration.

Bring the cherry juice to boil and add sugar to taste.

Mix the corn flour with a little water and stir into boiling juice.

Remove from heat and add halved cherries.

Leave to cool.

Whip the cream until thick, adding a few drops of cherry liqueur or Kirschwasser.

Slice each cake layer horizontally in half.

Sprinkle each layer with a few drop of cherry liqueur or Kirschwasser.

1. Spread a 1/3 of the cherry mixture on FIRST cake layer.

Spread a thin layer whipped cream on cherries. 2. Place a SECOND cake layer on top and spread a 1/3 of the cherry mixture followed by a thin layer of whipped cream on second layer. 3. Place THIRD cake layer on top and spread the remaining cherry mixture on top followed by some whipped cream.

4. Place the FORTH cake layer on top.

Cover the top and sides of the cake with whipped cream.

Pipe cream rosettes on top of cake and decorate with remaining whole cherries.

Sprinkle grated chocolate on sides and top of cake

blackforest

 

 SWARTWOUD KOEK

 Maureen Adendorff Van Os

BESTANDELE

1-3/4 Koppies suiker

2 koppies Kersie sap

1/2 koppie Appelsous (onversoet)

1/4 koppie canola olie

2 eiers

2 eetlepels appelasyn

3 teelepels vanilla ekstrak

3 koppies meel

1/3 koppie kokao

2 teelepels koeksoda

1 teelepel sout

1-1/2 koppie vetvrye melk

1 pakkie suiker vrye kits sjokolade poeding mengsel

1 blik Kersie pie vulsel

1-1/2 koppie styf geklopte room

Aanwysing:

In n groot mengbak, klop die Kersie sap, suiker,appelsous, olie, eiers en vanilla tot romerig. Meng meel, kakoa, bakpoeier en sout saam. Meng dit stadig in die kersie mengsel tot goed gemeng.

Gooi mengsel in n gesmeerde koekpan. Ek gebruik ronde springform pan. Dit is makliker om die vulsels in te sit nadat die koek af gekoel het. Bak by 175 C  vir 35-40 minute. Toets met n tandestokkie om te sien of dit gaar is. As stokkie skoon uit kom is dit die ware Jakob. Laat heeltemal afkoel op n draad rakkie. 

In n kleinerig mengbak, klits die melk en poeding vir 2 minute.Laat staan vir 2 minute tot dit sag gestol is. Smeer poeding bo op afgekoelde koek. Maak toe en plaas in Yskas vir 15 minute. Smeer nou met vulsel op en plaas terug in Yskas tot voor opdiening. Bedien met room en Vars ontpitte Kersies 

black forrest

 

SWARTWOUD-KOEKSTRUIF/BLACKFOREST TRIFLE

Post by Selma Alberts

 

www.foodchannel.com

http://www.foodchannel.com

 

Genoeg vir 6 tot 8

 

6 sjokolade-muffins of sjokolade rolkoek of sjokolade koek
60 ml brandewyn (of rum)
1 blik kondensmelk
die sap van 1 suurlemoen
225 g Philadelphia-kaas
1 blik ontpitte swartkersies (of ’n blik aarbeie)
250 ml room
1 Flake
Vars aarbeie of kersies om te versier

 

Sny die muffins middeldeur en sprinkel die brandewyn oor.
Klits die kondensmelk, suurlemoensap en roomkaas saam tot ’n gladde mengsel.
Pak ses muffinhelftes onderin ’n glasbak.
Rangskik die helfte van die kersies eweredig oor die muffins.
Gooi die helfte van die roomkaasmengsel oor die muffins.
Herhaal die lae (muffins, kersies, roomkaas).
Bedek die bak met kleefplastiek en verkoel oornag.
Net voordat jy die nagereg voorsit, klits die room styf en gooi oor die koekstruif.
Krummel die Flake oor en versier met vars aarbeie.
Die koekstruif is op sy lekkerste ’n dag of twee nadat dit gemaak is, maar die kans is klein dat dit so lank in die yskas sal vertoef.

BLACKFOREST C

 

 BLACKFOREST CHEESECAKE
Ingredients (serves 8)
Melted butter, to grease
200g plain chocolate biscuits
125g butter, melted
200g good-quality dark cooking chocolate, chopped
1 tbs boiling water
1 tsp gelatine
2 x 250g pkt cream cheese, at room temperature
70g (1/3 cup, firmly packed) brown sugar
1 x 670g jar morello cherries
2 tbs caster sugar
1 tbs cornflour
White chocolate curls, to decorate

Method
Brush a shallow 10 x 34cm (base measurement) fluted tart tin, with removable base, with melted butter to lightly grease.
Place biscuits in the bowl of a food processor and process until finely crushed. Add butter and process until combined. Transfer to prepared pan. Use a glass to spread and press mixture firmly over base and sides of pan. Place in the fridge for 30 minutes to chill.
Place chocolate in a heatproof bowl over a saucepan of simmering water (make sure bowl doesn’t touch water) and stir until melted.
Place water in a heatproof glass. Sprinkle with gelatine and stir with a fork until it dissolves.
Use an electric beater to beat cream cheese and brown sugar in a bowl until smooth. Add chocolate and gelatine, and beat until combined. Spoon into base and use a knife to smooth the surface. Place in fridge for 1 hour to chill.
Meanwhile, drain cherries and reserve syrup. Combine sugar and cornflour in a saucepan. Gradually add the syrup. Cook, stirring, over medium heat for 5 minutes or until sauce boils. Remove from heat. Add the cherries. Set aside for 30 minutes to cool.
Slice cheesecake. Serve topped with cherries and chocolate curls.

 

 

 

Omelette/omelet


omelet

SPEK EN KAAS OMELET (Sjef in jou Kombuis)

2 eiers
1 eetl water
Mespunt mosterd
Sout en peper na smaak
2-3 repies brosgebraaide spek
Halwe koppie gerasperde kaas

Klits die eiers, water, mosterd, sout en peper baie goed saam todat daar so skuimerigheid bo-op vorm
Braai dit in ‘n warm pan, nie nie te warm sodat jou omelet brand nog voor hy gaar is nie, maar warm genoeg sodat wat binne in is gaar word
Sit jou spek en kaas in, vou toe en laat die kaas smelt
Bedien warm
Genoeg vir 1 omelet

Variasies:
Tamatie
Uie
Groenrissie
Sampioene
Maalvleis
Ham
Hoender repies

???????????????????????????????

BASIESE OMELETTE

1. Gebruik 1 eier vir elke persoon en 1 e vloeistof (water of melk) vir elke eier.
2. Klits die wit van die eiers styf en sonder om die eierklitser te was, klits die geel van
die eiers tot dit liggeel van kleur is. Voeg die vloeistof en sout na smaak by die geel
van die eiers.
3. Vou die styfgeklopte wit van die eiers in die geel.
4. Verhit ʼn braaipan en smeer dit op die boom en aan die kante met botter of vet. Die
pan moet klein genoeg wees dat die eiermengsel nie te dun uitsprei nie en goed
kan rys.
5. Gooi die eiermengsel in die pan en maak dit gaar oor stadige hitte totdat dit
opgepof en ligbruin van onder is.
6. Laat die pan ʼn paar minute lank in ʼn matige oond staan tot die omelet bo-op droog
is. (As die omelet te lank bak, sal dit krimp en taai word.)
7. Maak ʼn duik in die meddel van die omelet met die agterkant van ʼn mes en maak
dit los van die kante van die pan met die mes.
8. Streek ʼn slaplem-mes onder die een helfte in en vou dit toe oor die een helfte in en
vou dit toe oor die ander helfte.
9. Laat dit versigtig op ʼn warm bord afgly en dien onmiddellik op.

VARIASIES

Kaas. Srooi gerasperde kaas met ʼn skerp geur oor die omelet net voordat dit toegevou of terwyl dit gaargemaak word.
Biltong. Strooi gerasperde biltong oor net voordat dit toegevou word.
Uie. Voeg 1 e fyngekapte ui en 1 t fyngekapte pieterselie by voordat die omelet-mengsel in die pan gegooi word.
Ham. Of enige soort koue vleis of pluimvee. Maal die gaar vleis fyn en verhit dit of braai effens bruin in warm vet en strooi dit oor die middel van die omelet terwyl dit gaar word.
Groente. Meng enige gaar groente, met witsous en gebruik as vulsel vir ʼn omelet.
Vis. Maak enige gaar vis fyn, voeg sout en perer by na smaak en maak dit klam met room. Verwarm die vis en sit dit op die omelet voor-dat dit toegevou word.
Pieterselie. Braai 1 tot 3 t gekapte pieterselie in ʼn bietjie botter en voeg dit by die eiermengsel.

OMELETS

Jy kan basies enige iets op jou omelet sit wat jy in jou yskas het

OMELET MET SAMPIOENSOP

4 repies spekvleis
½ fyn gekapte soetrissie
1 ui, fyn gekap
226g sampioensop (1blikkie)
30ml melk
4 eiers, effens geklits
Knippie peper

Sny harde randjies van spekvleis af. Sny spekvleis in klein stukkies en braai bros in groot pan. Skep spekvleis uit. Braai ui en soetrissie in spekvet tot sag. Gooi sop in mengbak, roer tot glad. Roer melk by sop, voeg eiers en peper by. Gooi eiermengsel by uiemengsel. Verhit oor lae hitte. Moenie roer nie. Lig omelet langs kante op sodat rou eier kan inloop. Wanneer gestol, maar nog bo-op klam

 

OMELET MET SAMPIOENSOP
4 repies spekvleis
½ fyn gekapte soetrissie
1 ui, fyn gekap
226g sampioensop (1blikkie)
30ml melk
4 eiers, effens geklits
Knippie peper

Sny harde randjies van spekvleis af. Sny spekvleis in klein stukkies en braai bros in groot pan. Skep spekvleis uit. Braai ui en soetrissie in spekvet tot sag. Gooi sop in mengbak, roer tot glad. Roer melk by sop, voeg eiers en peper by. Gooi eiermengsel by uiemengsel. Verhit oor lae hitte. Moenie roer nie. Lig omelet langs kante op sodat rou eier kan inloop. Wanneer gestol, maar nog bo-op klam

 

LIGTE POF OMELET
2 eiers, geskei
30ml melk of room
knippie fyn neutmuskaat
vars gemaalde peper
knippie sout
15ml botter

Voorverhit die oond tot 180C. Klits eiergele 30 sekondes lank met ‘n draadklitser tot goed gemeng. Klits die room of melk, neutmuskaat en peper by. Klits die eierwitte en ‘n knippie sout tot styf, maar nie droog nie. Skep die styfgeklitste eierwitte by die eiergeelmengsel in en vou dit liggies daarby in. Smelt die botter in ‘n swaarboompan en giet die eiermengsel daarin. Braai die omelet totdat die onderkant goudbruin is en amper gaar is- ongeveer 4-6 minute lank. Plaas die pan op die middelste oondrak en bak 4-6 minute lank in die voorverhitte oond totdat dit gestol en ligbruin is.

 

PLAAS OMELET

50g rou macaroni (100 ml)
4 swoerdlose spekvleisringe
1 ui, gekap
2 tamaties, geskil en gekap
50ml gaar ertjies
4 eiers
2ml sout peper na smaak
1ml mosterdpoeier

Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer dit. Braai die spekvleis tot bros en skep dit uit. Soteer die ui in die uitgebraaide spekvet tot sag en deurskynend. Voeg die macaroni, tamaties en ertjies by en meng dit goed. Klits die eiers, sout, peper en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die mengsel. Verhit dit tot dit gestol het, terwyl die gaar eier voortdurend met ‘n eierspaan van die kante weggetrek word, sodat die rou eiermengsel onder kan invloei. Rangskik die spekvleis boop. Plaas ‘n deksel op en stoom dit nog ‘n paar minute lank.

 

SPAANSE OMELET
2 eiers
2 teelepels water
1 ui
1 tamatie
1 of 2 sampioene
1 repie spekvleis
4 eetlepels botter sout en peper.

Breek die eiers in ‘n bakkie. Voeg sout, peper en 2 teelepels water by. Klits die eiers met ‘n vurk. Sny ui, tamatie en sampioene in skywe. Sny die spekvleis se harde randjie af en knip in klein stukkies. Braai die gekerfde ui, tamatie, sampioene en spekvleis met 2 eetlepels van die botter. Wanneer dit gaar is, skep uit met ‘n dreineerlepel en voeg by die eiermengsel. Haal die pan van die plaat af, laat effens koud word en vee dit skoon. Sit die orige 2 eetlepels botter in die pan en verhit weer. Gooi die eiermengsel in, bak totdat dit styf word. Gooi die omelet op ‘n warm bord uit en bedien met roosterbrood.

OMLET

 OMELETTE

Braai spekstukkies saam met uie, greenpepper en mushrooms. Hou eenkant
Oor medium hitte, smelt 1 t botter in ‘n pan.
Klits saam 2 eiers en ‘n halwe eierdop se water.
Sodra botter borreltjies begin maak, giet die eier in die pan.
Moenie probeer lig voor dit gestol het nie.
Lig saggies met eierspaan oral los en skud so bietjie heel en weer.
Strooi op een halfte van omelet die vulsel en strooi baie kaas oor
Maak toe en los so 3 min tot kaas begin smelt
bedien onmiddellik.

 

FRANSE OMELET
6 eiers
½ t sout
6 e melk of room
¼ t peper
2 e botter

Klits die eiers effens, net genoeg om die wit en geel te meng.
Voeg die melk of room, sout en peper by.
Maak die pan goed warm en smelt dan die botter daarin.
Gooi die eiermengsel daarin en laat dit oor stadige hitte gaar word.
Wanneer die mengsel begin kook, lig dit effens op aan die kante sodat die rou bo-op
ook met die warm pan in aanraking kan kom. Moet dit nie roer of breek nie.
Wanneer die omelet ʼn dik romerige voorkoms het, word dit toegevou, en enige van
die variasies vir omelette kan ook gebruik word.
Laat dit op ʼn warm bord afgly en dien dit onmiddellik

 

PLAASVROU-EIEROMELET

1 groot ui
2 tamaties, geskil
30 g macaroni
4 repies spek
30 g botter of margarien ( 2 E + 1 t )
4 eiers
Sout en peper na smaak
50 ml gaar ertjies ( 4 E )

METODE
Kap uie fyn en sny tamaties in kleinerige blokkies.
Kook macaroni tot gaar.
Braai repies spek tot bros en braai uie tot goudbruin.
Klits eiers met 25 ml ( 2 E ) koue water, geur met sout en peper en gooi bo-oor uie.
Strooi ertjies, blokkies tamatie en macaroni bo-oor.
Maak gaar oor matige hitte en roer eiermengsel gedurig.
Rooster in baie warm oond vir ongeveer 1 minuut.
Bedien in kwarte en garneer met spek.
OMELET MET TAMATIEBREDIE
Omelet:
Klits een eier met `n bietjie melk en `n knippie sout.
Verhit 1/ 2 teelepel olie in `n klein braaipannetjie en gooi die mengsel daarin. Sit `n deksel op die pan en laat stadig gaar word. Skep die tamatiebredie oor die gaar omelet, vou dubbel en dien op.
Tamatiebredie:
Braai `n klein uitjie in 1/ 2 teelepel olie goudbruin. Sny `n klein tamatie by. Geur met `n knippie suiker, sout en peper en stowe gaar.

 

PIZZA OMELET
8 eiers
125 ml water (1/ 2 k )
Sout en peper na smaak
50 ml gemengde kruie ( 1 t )
15 ml tamatiepuree ( 3 t )
250 ml ham, gekap ( 1 k )
2 tamaties, geskil en in skywe gesny
2 skywe Cheddarkaas

METODE
Klits die eiers, voeg water by en geur na smaak.
Smelt die botter in `n grood pan. Voeg daarna eiers by sodra die botter sis.
Trek die gestolde eier weg van die kante van die pan sodat die rou eier kan inloop.
Sprinkel die kruie bo-oor sodra die onderkant gestol is, maar die bokant nog klam is.
Meng die tamatiepuree en ham. Smeer oor die omelet.
Rangskik tamatie- en kaasskywe oor die ham en laat smelt onder die element van die oond.
ONTBYT FRITTAS OMELET
As julle ‘n skottelbraai saam vat kan jy ‘n fritatta maak…dis ‘n eier omelet. Klits die aantal eiers wat jy nodig het en maak soos vir roereier. Gooi dit in die gesmeerde skottelpan en pak jou “vulsel” van gaar spek, sampioene, worsies, slefs tamatieskyfies bo-op. Strooi ‘n lekker laag gerasperde kaas oor. Maak toe met foeilie en sny die gaar eier in skywe soos vir pizza.

 

SKELVIS OMELET
55ml botter of margarien
125ml gaar skelvis, gevlok
150ml vars room
3 eiers, geskei
30ml fyn gerasperde Parmesaankaas
sout en peper na smaak

Smelt die helfte van die botter of margarien in ‘n swaarboompan en verwyder dit van die hitte. Voeg die vis, 50ml van die room, die eiergele en die helfte van die kaas by en geur dit na smaak met sout en peper. Meng dit liggies. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Verhit die oorblywende botter of margarien in ‘n omelet of swaarboomkastrol, giet die vismengsel daarin en braai dit tot bruin aan die onderkant. Meng die oorblywende kaas en room en gooi dit oor die omelet. Plaas dit onder ‘n voorverhitte oondrooster totdat die kaasmengsel gesmelt is en borrels maak. Bedien dadelik. Heerlik saam met geroosterde tamatiehelftes en bros broodrolle.

OMLET6

Frittata

 

HAM, KAAS EN ERTJIE FRITTATA/OMELET

2 eetlepels olie
1  ui, in dun skyfies gesny
9 eiers
200g  ham, sny in blokkies van 1cm
1 koppie (120g) bevrore baba ertjies (nie ontdooi)
2 koppies gaar macaroni of enige ander pasta na smaak
1 koppie (120g) gerasperde cheddarkaas
Blatjang

Verhit die olie in ‘n 22 cm oondvaste pan oor medium hitte. Braai uie, roer, vir 2-3 minute tot sag maar nie bruin. Klits eiers in ‘n bak met sout en peper. Meng  ham, ertjies, pasta en kaas in by die uie.  Giet nou die eiers oor die ham/ertjie mengsel. Verminder dan die hitte tot baie laag, sit deksel op  en bak  vir 6-8 minute tot amper ferm. Kantel die pan so elke nou en dan  en trek die kante so effe weg om te sien of die mengsel eweredig gaar raak
Verhit die oond se rooster (grill) Plaas die pan onder die rooster vir 3-4 minute tot die boonste gedeelte mooi goudbruin is.  Laat effens afkoel. Haal uit en sny.  Bedien met blatjang en slaai.

Onwerklike koek


MAGIC CAKE – die lae vorm vanself soos dit bak.

4 eggs (separate yolks from whites) at room temperature
1 tsp vanilla extract
150 g (3/4 cup) sugar
125 g butter, melted
115 g (3/4 cup) of all purpose flour
500 ml (2 cups) milk lukewarm
powdered sugar for dusting cake
Instructions:
1. Preheat oven to 325 F degrees. (160 C) Grease a 8 inch x 8 inch baking dish.
2. Separate eggs and add the egg whites to a mixer and mix until egg whites are stiff. Place egg whites in a bowl and set aside.
3. Beat the egg yolks with the sugar until light. Add butter and vanilla extract and continue beating for another minute or two after which you can add the flour and mix it in until fully incorporated.
4. Slowly start adding the milk and beat until everything is well mixed together. Add the egg whites, a third at a time and gently fold them in using a spatula, repeat until all egg whites are folded in.
5. Pour batter into baking dish and bake for 40 to 70 minutes or until the top is lightly golden. The baking time could vary greatly depending on the oven, so take a peek at around 40 minutes and see how it looks.
6. Sprin

NOG ‘N RESEP

Impossible Pie

All the ingredients are mixed together and poured into a pie tin, but when it cooks it forms its own crust with filling This has a coconut vanilla taste like a coconut cream pie

Ingredients

2 cups milk
1 cup shredded coconut
4 eggs
1 teaspoon vanilla extract
1/2 cup all purpose flour
8 Tablespoon butter
3/4 cup sugar
1/4 teaspoon ground nutmeg

Directions
Place milk, coconut, eggs, vanilla, flour, butter and sugar in blender. Mix well.
Pour into a greased and floured pie plate. Sprinkle nutmeg on top.
Bake at 350 degrees (180 C)  for 45 minutes.

 

 

 

Vark/varkstrips/pork rashers


PicMonkey CollageAANDETE BINNE 40 MINUTE OP DIE TAFEL:

Ek het gisteraand die varkstrips in die oond probeer. Gewoonlik braai ons dit altyd, maar ons wou die naweek dit braai toe reen dit. So toe besluit ek om dit oond toe te vat.

Die varkstrips/pork rashers  is die dik een, nie die dun varkstrip wat mens op die kole bros en crispy braai nie

Hulle is gewoonlik gemarineer bv. sweet and sour of honey and mosterd

Keep die vet met jou sker – ek het so 3 snye in elkeen gemaak

Op ‘n bakplaat, en ek het net olyfolie oorgedrizzel

Oond 180 C

Los vir 20/25 minute in die oond, draai om gooi nog bietjie olyfolie oor, terug oond toe vir  so 10/15 minute.

Jy sal maar moet kyk na gelang van die dikte van die varkstrips of dit dalk nog ‘n rukkie moet ingaan. Hou hulle dop vandat jy dit omgedraai het.

My groente was as volg;

Kook jou brussel spruite vir so ‘n rukkie, gooi dan in jou kool en baby marrows wat in 3 gesny is en kook net tot sag. Dreineer water af

Neem pakkie Pasta sous – ek het die 3 cheeses gebruik, maak aan met koppie koue melk en gooi by die groente, kook tot dik, sout en peper (jy kan hier ‘n witsous maak as jy wil en ook gevriese gemengde groente gebruik)

My baba aartappeltjies het ek geprik en net in die mikrogolf  in ‘n plastieksak gegooi vir so 4 minute.

My man se bord kos het die aartappels opgehad, ek eet die gesonder weergawe met die groente en slaai by.

Die vark was ‘n wenner en sal dit weer maak. Die vetjie was lekker bros en crispy. Jy kan indien jy wil ook jou vark vir minuut of so onder die rooster sit as jy dit wil rooster, wees net versigtig vir brand want die marinade brand maklik aan. Dit lyk of my varkvetjie  gebrand is, maar dit was nie. Dit was perfek.

Lekker eet

Rens

 

 

 

Pastei korse/Pastei deeg


IMG_8544

Slap pastei deeg

SLAP PASTEI DEEG

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml koekmeel en 2tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15min tot gaar en goudbruin

SLAP PASTEI DEEG

1 kop koekmeel
2 teel bakpoeier
125 ml botter of margarien
¾ k melk
1 eier
2 ml sout
Vryf botter in meel in
Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.

SLAP PASTEI KORS MET RYS:

2 eiers

125ml melk

12,5ml gesmelte botter

125ml gaar rys

125ml meelblom

5ml bakpoeier

125ml gerasperde kaas

Klits die eiers goed en voeg die melk by.  Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor ‘n  vleismengel.  Bak tot goudbruin

MIELIE KORS: SLAP DEEG
1 koppie bruismeel
1 teelepel mosterdpoeier
2 teelepels vars pietersielie
4 eetlepels botter
420g geroomde suikermielies
4 eetlepels melk
1 eier

Meng alles saam en gooi oor vleisgereg en bak tot goudbruin

SUIKERMIELIEPASTEIKORS: SLAP

1 kop suikermielies
¾ k melk
2 eiers
2 eetl mielieblom
2 eetl  margarien
2 teel bakpoeier
sout
Meng alles en skep bo-oor maalvleis

KORS:  SLAP DEEG
2 1/2 kp koekmeel
5ml sout
20ml bakpoeier
250ml cheddar kaas geraasper
30ml pietersielie gekap
160ml olie
250ml melk
3ml suurlemoensap
2 ekstra groot eiers
Meng die koemeel, sout en bakpoeier. Voeg kaas en pietersielie by. Klits die olie, melk, sap en eiers saam. Meng met meelmengsel. Skep lepels vol oor vleis en bak vir sowat 30 min by 200 grade tot gaar en mooi goud bruin. Biedien dadelik

 

MAKLIKSTE PASTEIDEEG OOIT !!!
Tannie Lettie Hough

Gebruik altyd gelyke dele van:
Koekmeel
Chedder kaas (gerasper)
Botter (gerasper)

Meng goed deur met vingerpunte (of menger) tot bolvorm
Sit in yskas vir n rukkie, rol uit – sit jou vulsel in en bak by 180C tot gaar en goudbruin
Gebruike:
Vir pasteie, quiche, klein pasteitjies in muffin pannetjies, vir bo-op n pastei of rasper dit bo-oor enige gereg en bak tot gaar en goudbruin

Bepaal self hoeveel pasteideeg het jy nodig – bv. 100gr botter, 100gr meel en 100 gr gerasperde kaas of as jy meer deeg soek, 200gr botter, 200gr meel en 200gr kaas.

LET WEL: Dit is bv NIE   halwe koppie meel en halwe koppie kaas nie, dit moet in gramme wees want jou meel en kaas ens weeg nie alles dieselfde nie

 

MAKLIKE PASTEIKORS

Geen uitrol nodig, gebruik vir bo-op terte en pasteie of onderlaag
75 ml olie
75 ml melk
1 eier
3/4 koppie meel
2 teelepels bakpoeier

Knippie sout en peper
Klits olie, melk, eier saam
Voeg meel, sout, peper, bakpoeier by
Klits alle bestandele bymekaar en gooi in tertbak bodem of gooi bo-oor tertmengsel voor dit gebak word

pastry

SODAWATER PASTEI KORS

(twee 200mm tertdoppe)

500 g banketmeelblom

5 ml sout

500 g botter

12,5 ml brandewyn

250 ml soda water ,of minder

1) sif die meelblom en sout saam.

2)sny 125 g van die botter met twee messe of n deeg snyer in die meelblom . Rasper die res van die botter op n growwe rasper en hou dit in die koelkas .

3) meng die brandewyn en genoeg sodawater met die meelblommengsel om n handteerbare deeg te vorm. Rol die deeg versigtig 5mm dik uit.

4) bedek twee-derdes van die uitgerolde deeg met eenderde van die gerasperde boter. Vou en bewerk verder net soos vir skilferkors . 5)Draai die deeg in waspapier of bladaluminium toe en hou dit in die koelkas. gebruik soos vir skilferkors .

Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word.  Die deeg kan tot drie maande bevries word.

MAASKAAS PASTEI DEEG:

250ml koekmeel

2ml sout

5ml mosterdpoeier

125g koue botter

125g gladde maaskaas

Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig. Voeg die maaskaas by en meng tot ‘n sagte deeg. Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel ‘n paar uur.

PASTEI DEEG 
(Baie maklik en onfeilbaar)

250g Gladde Plain Maaskaas of Geroomde Maaskaas
250g Botter of Marg. (kamer temp.)
2x koppies koekmeelblom

Meng maaskaas en margarien met vurk. Meng meel by met hout lepel. Vorm bol, maak toe met cling wrap en sit vir paar uur (verkieslik oornag) in yskas.

Gebruik vir bv. hoenderpastei. Bak ±30 – 40 min. by 200ºC. Loer na 30 minute of mooi bruin bo-op.

Prik die deeg met ‘n vurk voor dit oond toe gaan sodat stoom kan ontsnap.

Die deeg is genoeg vir twee ronde pasteie, bo en onder of een groot pastei se bo-kant
Louise’s Soul Kitchen

EASY PIE PASTRY
1 and 1/3 cup flour
1 tsp. salt
1/3 cup cooking oil
3 tbsp.  cold milk
Mix flour and salt. Measure the oil and milk in a measuring cup, but do NOT mix. Pour oil and milk, all at the same time, over the flour mixture. Stir with a fork until mixed. Dough looks moist, but isn’t sticky.Press into a smooth ball, gently with your fingers. This takes a few minutes; you will soon have the “feel” of the pastry. Roll the ball between two sheets of waxed paper. No muss, no fuss, and perfect light, flaky pie crust every time.
For a baked pie shell, prick bottom with fork. Bake in preheated 230 C  oven for about 7-8 minutes. This is very hot oven; watch closely. Cool and fill with your favorite filling

GROOTMAAT PASTEI DEEG (Vries goed)

15 kop meel

3 tl sout

3 tl kremetart

Meng bg.

1 kg woodenspoon gerasper bo-op die mengsel, vryf in

Meng nou 9 eiers

3 eetl asyn

4 kop yskaswater

Meng alles goed deur – Laat staan vir ongeveer 2 ure in yskas – Rol dun uit, sit filling in en pak in bakkies – Vries tot nodig – haal uit vrieskas uit – Dit moet van gevries af gebak word – smeer bietjie eier en melk mengsel oor en bak vir so 20 min op 180 gr of tot gaar en goudbruin

(Facebook resepte)

WARM WATER DEEG (Lekker vir vleispasteitjies)

Sny 500g botter in klein blokkies in mengbak, giet 250 ml kookwater oor botter.

Roer tot gesmelt.

Sif 500 g (2 koppies) meelblom en 5 ml sout by mengsel.

Meng goed en plaas in yskas vir oornag. Rol uit en gebruik.

Ella Brandt

PASTEIDEEG: [ek gebruik al jare hierdie een, dit werk en is ook nie so duur nie, maak pasteitjies en worsrolletjies met hom.]
2 Kop meelblom
2 teel bakpoeier
knippie sout
125 g Holsum-vet
1 eier, geklits
melk soos benodig
OM DEEG TE MAAK:
Sif die meelblom met die bakpoeier en sout.
Vryf die vet in die meel.
Voeg geklitste eier by met genoeg melk om ‘n deeg te vorm wat maklik sal uitrol.
Rol baie dun uit en sny in sirkels

PASTEI DEEG
4 kop meelblom
4 tl bakpoeier
½ tl sout
250 g to bake botter
Yswater
Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg. Sit in yskas vir tenminste 30 minute.
Rol  DUN  uit !!!

VOLKORINGMEEL KORS:

25ml margarien

1 eier, geklits

250ml volkoringmeel

5ml bakpoeier

3ml sout

Smelt die margarien en klits dit en die eier saam. Sif die droë bestanddele saam en voeg die eiermengsel daarby. Meng dit tot ‘n sagte deeg. Voeg bietjie water daarby indien nodig. Verdeel die deeg in twee dele en voer ‘n gesmeerde tertbord met die een helte van die deeg. Druk dit vas met die vingers. Hou die ander helfte eenkant en gebruik vir die bokant van jou tert

 PASTEI DEEG VIR KLEIN VLEISPASTEITJIES

8 kop meel

1 tl sout

500gr to bake stork margarine

Rasper die botter in die meel en soutmengsel in en vryf in met jou vingers

Meng 4 eiergele met 4 eetl asyn en gooi 500ml YSKASWATER by

Meng alles goed en rol uit

Ricky Summers

MAKLIKE DEGIE

3 eetl margarien

6 eetl kookwater

1 kop bruismeel

Knypie sout .

Smelt margarine  in kookwater en voeg meel by. Meng tot sagte bol vorm.

Rol uit of druk met vingerpunte in bakpan. Lekker vir onder in bakplaat om vulsel op te gooi soos souttert of melktert.

LEKKER PASTEI KORS VIR JOU HERDERSPASTEI

4 aartappels, geskil en in stukke gesny (kook in soutwater tot sag en maak fyn)

Voeg by:

‘n klontjie botter
50 ml suurroom
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
50 ml cheddarkaas, gerasper

Ek gooi altyd so bietjie bakpoeier in en ook skeppie mayonaise

Meng goed deur

Skep bo-oor pastei (jy kan nog bietjie kaas oorstrooi) en bak in die oond tot goudbruin

Herderspastei

Herderspastei

Tuisgemaakte stroop


homemadegoldensyrup

Tuisgemaakte gouestroop:

6 x 250 ml suiker,

750 ml koue water,

15 ml kremetart.

Meng suiker,kremetart en die helfte van die water in kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin van kleur is, sowat 15-20 min. Voeg die res van die water stadig by. Verwyder van hitte en gooi in gesterliseerde flesse. Verseël dadelik.

 

 

 

Ingeleg/ingelegde/canned


ingeleg

Noedelslaai
500g Noedels
1/2kg uie gekap
1 kg tamaties
2 soetrissies ( rooi, geel en groen)
100ml mayonnaise
375ml olie
250ml wit asyn
500ml suiker
20ml sout
METODE:
Kook tamaties, uie, soetrissie, asyn, suiker en olie saam tot sag.
Kook noedels sag, maar nog ferm  met sout en – spoel onmiddelik af met koue water om die kookproses te stop
Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg mayonnaise by.
Bottel warm in voorbereide bottels.

 

Ingelegde spagetti

3½ kg tamaties
500 g uie
4 e appelkooskonfyt
1½ k suiker
1 k asyn
1 t fyn naeltjies
1 t peper
1 t neut
1 e sout
250 g egte botter
1 boks spaghetti
METODE:
Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap. Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie Kook spagetti sag – nie pap nie. Water af. Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min. Bottel warm

 

Ingelegde spagetti met tamaties

25 groot Tamaties
5 groot Uie ringe gesny
½ t Rooi pepper
1 k Appelkooskonfyt
½ t fyn Naeltjies
1 t Neut
2 e Sout
1 k Suiker
180 ml Asyn
1 Pak Spaghetti
METODE:
Gooi tamaties in kookwater en trek die skille af, sny bietjie kleiner
Kook nou alles saam behalwe die asyn en spaghetti.
Kook tot uie sag is, maak alles fyn in n voedselverwerker. Kook jou Spaghetti en dreineer goed. Voeg die asyn en spaghetti by die Tamatiemengsel en kook nog so 10min. Bottel en verseel warm

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

 Kerrieboontjies

2 kg gesnipperde groen boontjies

1 kg uie – gekap

1,25 liter asyn

10 ml borrie

15 ml sout

500 ml suiker

45 ml kerriepoeier

15-20 ml mielieblom

Opsioneel, ek gooi altyd ‘n blik perskes wat gesnipper is by  en ‘n handvol rosyne –

Die rosyne kook ek saam met die uie en groen bone en die perskes gooi en by as ek alles bymekaar gooi en deurkook. Dit gee mooi kleur aan die boontjies.

Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die

asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in ‘n groot kastrol en

bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur. Maak

die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik. Skep

in warm, gesteriliseerde flesse.

 

Mosterd bone

2kg gekerfte bone
1kg gekerfte uie
1/2 kop droe mostert
2 kop suiker
2 eetl sout
1 kop koekmeel
2 teel borrie
3 kop asyn
1 1/2 kop water
METODE:
Kook uie en boontjies tot sag en gooi water af. Kook res van bestandele saam tot dik.
Gooi by boontjies, kook goed deur en bottel.

 

Rencia se beetslaai

1.5 kg gerasperde beet (gaar – gerasper of blokkies of ringe)

2 eetl maizina

500ml asyn

2 kop water

1 ½ kop suiker

Sout en peper

Meng alles en bring tot kookpunt – bottel warm.

As opgedien word, sny uie oor en frimmel feta kaas bo-oor

 

Kerrie beetslaai

Deur:  http://www.ontbyt-brekfis.co.za/Kerriebeet.html

Bestanddele

125 ml water

125 ml bruinasyn

200 ml suiker

750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny

1 groot ui – gekerf

5 – 10 ml kerriepoeier

2½ ml sout

30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte substansie aan die beet te gee

Metode

Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit kook en die suiker opgelos is.

Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute.

Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute.

Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg by en kook tot dit verdik.

Bottel dit in gesteriliseerde bottels.

 

 Beet atjar

Meng en bring 2 kop bruin asyn, en 3 kop suiker tot kookpunt. Voeg dan by: 6 kop gaar beet in blokkies gesny en 2 uie redelik fyn gekap.

Meng die volgende en voeg by kokende mengsel: 3 tl kerrie, 1 tl tiemie,1 tl sout, en kook alles vir nog sowat 10 minute, voeg dan 45 ml maizena by en kook deur tot verlangde dikte. Bottel warm.

 

Beet bladjang

750 ml suiker

500 ml bruin asyn

6 kopppes gaar beet, geskil en in blokkies gesny

2 groot uie, fyn gekap

15 ml kerriepoeier

5 ml sout

45 ml mielieblom, aangemaak met bietjie water

Meng suiker en asyn in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte. Roer tot die suiker opgelos is en begin kook. Verhit tot kookpunt, voeg beet en uie by en kook nog 5 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ‘n bietjie water om ‘n lopende pasta te vorm. Voeg by die beet en kook 5 minute deur. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.

 

Beet bladjang

2 groot bossies beet
8-10 uie
6 eetl Kerrie
1.5 kg suiker
1.5 l wit asyn
Sout en peper na smaak
3 eetl olie
4 eetl Maizena
Kook beet tot gaar, rasper. Braai uie in olie tot ligbruin.Voeg by beet. Voeg res van bestandele by, bring tot kookpunt. Meng die Maizena met bietjie water en voeg egter laaste by, roer tot verdik. Bottel.

 

Kerrie kool

1 kg kool gekerf

2 uie, in ringe gesny

375 ml hoenderaftreksel

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml asyn

¼ koppie suiker

5 ml sout

5-10 ml kerriepoeier

knippie rooipeper

2 teelepels heel swart peperkorrels

15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die kool, uie, hoenderaftreksel en knoffel in ‘n middelmatige

swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel

vinnig kook tot net gaar.

Meng die asyn, suiker, sout, kerrie, swart peperkorrels en rooipeper.

Voeg by die kool en laat net opkook.

Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind.

Laat afkoel en bottel.

Rina Kleinhans:  Juanita Van Pletzen

 

Ingelegde aartappelslaai

4 kg Aartappels,
2 (750ml) Mayonaise,
1 Blik Kondensmelk,
3 Groot uie gekap.
Skil en sny aartappels in blokkies,kook in water met sout in.Belangrik-moenie aart te sag kook nie,maar NET gaar.Staan maar die rukkie en toets jou aart.blokkies.Gooi water af.
Gooi mayonaise,kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit,moenie kook.Gooi aartappels by die warm Mayo mengsel,roer deur en bottel warm.Die bottels kan tot 2 maande op ‘n koel plek gehou word.

 

Koperpennie wortelslaai

1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies
Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd
Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Om te bottel, sterliseer bottles en bottle warm.

 

Rooi slaphakskeentjies

1.5kg dwerguitjies

150g gebleikte sultanas/rosyne

125g wit suiker

250ml wit asyn

250ml water

125ml tamatiepasta

50ml sonneblomolie

2 ml sout

knippie rissiepeper

Skil die uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en kook dit, aan die begin met die deksel op, maar later daarsonder, oor matige hitte totdat die uitjies sag en die sous dik is. Bottel die uitjies warm en verseël dit dadelik.

 

Sonja Visser Porton se: UIEBLADJANG MET APPEKLOOSKONFYT

500g appelkoos konfyt
400ml asyn
125ml suiker
7 ml “tumeric” (borrie)
7 ml kerriepoeier
2kg uie
5 ml sout

Sny uie in ringe and gooi dan mense van al die bestandele wat jy saam gemeng het oor die uie laat dit oornag staan en skep volgende dag in bottels
Bron:Watertand resepte

 

Uie marmelade

150 ml olyfolie

20 ml mosterdsaad
1 kg rooi uie, geskil, in dun ringe gesny

25 ml gemmer, vars, gerasper
2 vars lourierblare

100 ml bruinsuiker
150 ml rooi wynasyn

100 ml rooiwyn
Fyngerasperde skil en sap van 2 lemoene
Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en soteer die uie stadig oor ‘n lae hitte tot dit sag is (sowat
25 minute). Roer dit af en toe. Voeg die res van die bestanddele by en prut saggies tot die sappe
verdik. Geur na smaak met sout en en vars gemaalde peper en laat staan 8 uur sodat die geur goed
deurtrek. Skep in droë, skoon en warm flesse en bêre in yskas. Sit voor met gebraaide beesvleis, ham
of kaas.

 

 Uie Marmelade

Bestandele
1 kg uie in dik skywe gesny
Halwe kop Balsamic Asyn
Halwe kop Bruin Asyn
3 kop Bruin suiker
1/4 kop Heuning
1 kop vars uitgedrukte lemoensap met die vessel
1 Bay leaf
1 teelepel sout
Kwart kop olyf olie
Gooi als in n groot genoeg kastrol
Plaas op stoof en kook baie stadig vir 3 ure
Met deksel op roer gereeld en haal deksel laaste halfuur af
Laat oop kook totdat stropie lekker dik begin word toets in n piering tot reg
Onthou net om te roer !!!
Bottel warm .

 

Kerrie uie

Maak ten minste 3 weke vooraf, bottel en plaas op rak – nie in yskas!

1,5 kg uie, geskil en in ringe gesny

500 g fyn appelkooskonfyt

100 ml druiwe-asyn

7 ml matige kerriepoeier

7 ml sout

7 ml borrie

125 ml suiker

Vermeng alles deeglik en laat ongeveer 2 ure lank staan voordat dit gebottel word. Laat minstens 3 weke lank by kamertemperatuur verouder voor dit gebruik word.

 

Mosterd Uieslaai

3 kg piekeluie (ek het die groter tipe gebruik)
Skil die uitjies en kook dit vir 5 minute en dreineer.

SOUS:
8 eiers geklits met elektriese klitser.
5 k suiker, bietjies-bietjies by gesit en klits goed.
Voeg by: 500 ml wit Safari spirits asyn. Klits baie goed tot suiker
opgelos is.

Maak dan die volgende bestanddele aan tot ‘n pap:
7 ml sout
30 ml mosterd
45 ml Maizena
250 ml Safari spirits asyn

Sit die uie terug in jou pot en giet die eiemengsel oor die uie.
Kook gaar en dik oor matige hitte… roer af en toe. Bottel warm en
verseël dadelik. Baie lekker

 

 Pickle onions

2 and  1/2 kg pickling onions
450 g brown sugar
1 1/4 liters vinegar
15 g ground cloves
15 g ground allspice
2 tablespoons flour
2 teaspoons curry powder
2 teaspoons turmeric
Peel all the onions. Without boiling heat the vinegar and sugar and stir till sugar is dissolved.. Stir in other dry ingredients (except for onions) which have been mixed with a little cold vinegar.
Boil until it thickens.. Pat dry onions, put in jars and fill jars with the sauce. Keep three weeks before using

 

Groente atjar

*Peter-jasies*
50ml sout
2 liter water
1 blomkool in blommetjies gebreek
4 wortels geskil en in skyfies gesny
2 uie grof gekap
4 brandrissies – ontpit en fyn gekap
2 knoffeltoontjies fyngedruk
1 liter olie
80 ml atjar masala of gewone masala

 Los sout in water op en sit wortels, blomkool en uie daarin. Week vir 24 uur en dreineer en druk droog. Verhit olie saam met rissies, knoffel en masala tot goed warm. Meng groente en oliemengsel en sit in gesteriliseerde bottels. Laat afkoel en verseël.

 

 Gemengde groente atjar

Afrikaanse Resepte

10 ml koeksoda
6 groot wortels, geskil en in dun stroke gesny
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
1 groot ui, in dun skywe gesny
1/ 2 groenkool, in dun skywe gesny
250 ml vars of bevrore ertjies
50 ml atjarmasala
5 ml sout
5 knoffelhuisies, gekneus
400 ml kookolie

 Voeg koeksoda by kastrol met kookwater en laat voorbereide groente 2 minute daarin week. Dreineer goed en bedek dadelik met koue water. Dreineer weer en laat groente 10 uur in `n sonnige plek droog word. Meng atjarmasala, sout en knoffel met 30 ml kookolie om pasta te vorm. Verhit res van kookolie en voeg die atjarmasalamengsel by. Giet oor groente en meng aan; maak seker dat groente goed bedek is met mengsel. Plaas in houer in yskas en bedek of verpak in gesteriliseerde, verse¸lde flesse. Berg in koel, donker plek. Hierdie atjar kan dadelik ge eet word, maar is beter na 2-3 weke.

 

Picalilli’s

500g sampioene

500g blomkool

500g dwerguitjies

500g murgpampoentjies

250ml water

50g mielieblom

2 liter wit asyn

200g wit suiker

100ml appelkooskonfyt

20ml mostertpoeier

15ml kerriepoeier

10ml borrie

5ml sout

Vee die sampioene skoon en halveer.

Sny die blomkool in stukkies.

Skil die uitjies.

Sny die murgpampoentjies in skyfies.

Vermeng die groente en kook dit in die water tot amper gaar.

Dreineer die groente en skep dit n inmaakflesse.

Vul die vloeistof aan tot 250ml en maak die mielieblom daarmee aan.

Verhit die res van die bestandele saam tot kookpunt.

Roer die aangemaakte mielieblom by en prut die sous ongeveer 5min.

Giet dit oorlopens toe oor die groente en verseël

 

BLOMKOOL PIEKELS: [SARIE]

As jy van piekels hou as bykos, dan is hierdie resep net vir jou. Dit kan maande in die yskas gehou word.
Genoeg vir 6 – 8
10ml heel koljander
10ml mosterdsaad
5ml komynsaad
1 lourierblaar
500ml witwyn-asyn
5 knoffelhuisies
1 stuk gemmer [duimnael grote], fyngerasper
2 baba-uie, in ringe gesny
125ml suiker
10ml sout
10ml rissievlokkies
1 kop [340g] blomkool, in los blomme gebreek
4 wortels, in ringe gesny
SO MAAK JY:
Droogbraai die speserye en lourierblaar. 3 – 5 minute in warm middelslag pot.
Voeg res van die bestanddele, behalwe blomkool en wortels by.
Bring tot kookunt en kook 5 minute.
Voeg blomkool en wortels by,
Verwydervan hitte en gooi vuurwarm mengsel in glasflesse wat dig seël.
Laat afkoel in flesse en piekel minstens ‘n dag lank voor jy dit voorsit.
Dit kan 2 – 3 maande in die yskas hou.
Kerriesous vir enige groente (voeg slegs gaar groente teen die einde in en kook deur en bottel

2 koppies druiwe asyn
1½ koppies suiker
½ koppie water
50ml appelkooskonfyt
4 teelepels matige kerriepoeier of na smaak
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel borrie
½ teelepel fyn komyn(jeera)
½ teelepel fyn koljander
1blikkie tamatiespasta
1 teelepel sout
¼ koppie mielieblom.
METODE:
Meng al die bestandele en roer tot suiker gesmelt het. Laat goed kook vir 5 minute, gooi by enige gaar groente en bottel warm.
“Helena Kruger” (Lekker resepte vir die jongergeslag

 

Suurlemoen atjar/piekels

Dié atjar is die perfekte bykos vir enige spesery-gereg.

Maak: 4 mediumgroot flesse

12-15 klein suurlemoene of lemmetjies

45 ml growwesout

60 ml atjar-masala

45 ml fenegriek (methi)

15 ml selderysaad

2-4 groen brandrissies, ontpit

en gekap

300 ml suurlemoensap

1 Verhit ‘n groot kastrol vol water tot kookpunt. Haal dit van die plaat af en gooi die suurlemoene by. Laat dit vir ‘n paar uur week tot sag.

2 Sny die bo- en onderpunte van die suurlemoene af en sny dit in agt wiggies. Haal die pitte uit. Sit die wiggies in ‘n bak wat nie van metaal is nie. Meng die sout en speserye saam en sprinkel dit oraloor die wiggies.

3 Sit die wiggies in gesteriliseerde flesse. Verhit die suurlemoensap tot kookpunt en gooi dit oor die suurlemoene. Seël dit en los dit vir ‘n paar dae

 

Mosterd groente picalilli/piekels

2,5 kg mengsel van blomkool blommetjies, komkommer, groenbone, klein uitjies en murgpanpoentjies.
350 g sout
280 ml witsuiker
1 eetlepel mostertpoeier
8 ml fyn gemmer
2 knoffeltoontjies- fyngedruk
1,4 liter wit asyn
6 eetlepels meel
2 eetlepels borrie
METODE:
Halveer komkommer in helfte en sny pittjies uit. En sny in blokke. Verwyder stingels van boontjies en murgpampoentjies en sny in stukke. Halveer uitjies. Pak groentes in lae in glasbak. Sprinkel sout tussen lae. Giet 3,4 liter water oor en laat ´n dag/nag staan. Dreineer en was deeglik af in lopende water. Droog af
Meng suiker, mostertpoeier, gemeer en knoffel met 1,1 liter asyn in kastrol.
Voeg groentes by en laat opkook. Kook tot groentes gaars maar nog bros is. Meng die meel en borrie met res van asyn en roer by groete mengsel. Laat vir nog 2 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël.


Sousboontjies
250 g droë suikerboontjies
50 ml suiker
100 ml asyn
10 ml sout
3 ml fyn swartpeper
50 ml botter
METODE:
Was die boontjies en week hulle oornag. Dreineer en plaas in ’n kastrol. Bedek met water en kook tot sag. Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en byna droog gekook het. Die gereg moet souserig wees. Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies

“Bg resep: Sarie Kos “

 

Cucumbers

Ingredients
3 kg to 2 ½ kg Cucumbers
33 cups Vinegar
3 cups Sugar
3 tablespoons Pickling salt  (growwe sout)
4 1/2 teaspoons Celery seed
4 1/2 teaspoons Turmeric
1 teaspoon Dry mustard
Method
Wash cucumbers. Cut in strips or slices. Pour boiling water over cucumbers. Let stand overnight. The next day, drain off water ,rinse and pack cucumbers in clean jars. In a large pan, combine remaining ingredients. Bring to a boil, Cook 5 minutes. Pour over cucumbers in jars.  Seal. (Simple, tasty ~~amp crisp.)

 

Rencia Odendaal  Pretorius (my wenresep)

Komkommer in Kerriesous

2 groot komkommers – Sny die komkommer in ringetjies en elke ringetjie dan in 4 (dws daar moet van 1 ringetjie – 4 blokkies le as jy dit klaar gesny het)

1 tot 2  uie  (gekap)

Growwe sout

Gooi bogenoemde in vergietes in lae – sit ietsie swaar op sodat die sout die ergste water uittrek – Laat staan so vir omtrent 1 uur.

Maak intussen ‘n sous op die stoof:

2 kop asyn (wit of bruin)

1.5  kop  bruin suiker

1 eetl mosterdsaad (ek vat half wit en half swart)

2 tl dille saad (opsioneel)

2 tot 3 tl  maizina

2   tl Kerrie

1 tl borrie

1 tl mosterdpoeier

Kook nou bogenoemde – dit moet kookpunt bereik

Spoel jou komkommer mengsel  af onder lopende water en druk ergste water af

Kap fyn – of ½ rooi greenpepper of so 5 tot 6 peppadews (mild of hot) opsioneel

Gooi in kokende sous en kook so vir ongeveer 20 min oor lae hitte

Bottel warm

 

KERRIE-KOMKOMMERS
(Heerlik as n slaai by braaivleis of sommer so op brood)

1Kg Engelse komkommers
500 g Uie, geskil
250 ml (1kop) Water
5 ml (1tl) sout
250 ml (1kop) Suiker
500 ml (2kop) Wit asyn
30 ml (2e) Kerriepoeier
10 ml (2tl) Mosterdpoeier
30 ml (2e) Mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie koue water

METODE:
Sny die komkommers en uie in dun skywe en halveer. Bring die water tot kookpunt en kook die komkommer en uie dan 10 minute lank daarin. Voeg die sout en suiker by en verhit tot die suiker opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele by en kook goed deur tot die mengsel verdik.
Skep die warm mengsel in skoon gesteriliseerde flesse en bottel.
Lewer 1,75 liter.

komkommer kerrie

ROMERIGE MOSTERDSOUS (die foto wys hoeveel dit maak)
500ml suiker
6 eiers
30ml mosterdpoeier
250ml asyn
2ml sout
380ml Ideal melk (1 standaard blikkie)
Klits/meng eiers suiker asyn mosterd en sout goed.
Kook op die stoof tot verdik –
Baie belangrik: ROER DIT DIT HEELTYD – dit brand maklik vas. Ek gebruik my whisk die heeltyd –
Laat effe afkoel
Meng ideal melk by en meng goed

Bottel dadelik

Mosterdsous Rens

Komkommer suurtjies

1.5 liter water
200ml wit asyn
70g sout
12,5ml wit suiker
7ml speseryemengsel vir suurtjies
Dille na smaak
12 gewone komkommers, elk ongeveer 10cm lank
METODE:
Vermeng al die bestandele buiten die komkommers in ‘n 5 liter houer met ‘n wye nek wat geskik is vir die maak van suurtjies. Plaas die komkommers in die mengsel en laat 24uur tot 48 uur by kamertemperatuur daarin marineer. Bewaar die suurtjies in die koelkas.
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Komkommer bladjang

3 jong engelse komkommers
2 middelslag uie
500ml water
250ml wit asyn
15ml wit suiker
10ml sout
5 swart peperkorrels
2 lourierblare
Metode:
Sny die komkommers oorlangs in kwarte op en sny die kwarte in dun skyfies op. Hou eenkant. Skil en snipper die uie. Verhit dit saam met die res van die bestandele tot kookpunt en kook tot die uie sag is. Voeg die komkommers by, verhit die mengsel tot kookpunt en kook vir 4 min. Laat die blatjang afkoel voordat dit gebottel enverseel word.
( Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Komkommer ingeleg

12 gewone komkommers (Nie Engelse komkommers jou gewone boere komkommers)

1.25liter warm water

500ml druiwe-asyn

20ml sout

60ml suiker

5 rooi brandrissies ( opsioneel)

16 peperkorrels

8 lourierblare

10ml speserye vir suurtjies

5 knoffelhuisies

Moenie die komkommers skil nie.  Krap dit in die lengte met ‘n vurk. Sny in kwarte en dan weer in 1cm stukkies. Meng die res van die bestanddele in ‘n diep kastrol en verhit. Voeg die komkommer stukke by wanneer die mengsel kook en bring weer tot kookpunt. Verwyder die komkommer stukke met ‘n gaatjieslepel en skep uit in gesteriliseerde flesse. Plaas ‘n brandrissie in elke bottel. Dreineer die vloeistof in die kastrol deur ‘n sif. Skep ‘n teelepel van die gedreineerde speserye in elke fles.  Maak die flesse goed vol met die gedreineerde vloeistof. Verseël dadelik.

 

Chillies gepiekel

Bestanddele
1 Bottel Asyn
2 tot 3 k Suiker
1 Pakkie Piekel Speserye
Chilies
Rooi en Geel peper (Red & Green Peppers)

Metode
Kook chilies vir ongeveer 20 minute tot sag. Kook asyn, suiker en piekel speserye saam. Gooi chilies in bottel(s). Sny die peper in blokkies en sit tussen chilies vir kleur. Gooi asyn mengsel oor. Bere vir so 2 maande.

Wenk
Hierdie chilies is lekker net so of saam met kos. Ek neem partykeer ‘n suurlemoen en sny in dik skywe. Dan skep ek so lagie chilies in die bottel. Dan ‘n lagie peper blokkies en dan ‘n dik sky suurlemoen. Die suurlemoene gaan ‘n besonderse smaak aan die chilies.

 

Chillie sous gebottel

2 eetl olie
2 eetl Meel
1 en ¼ kop water
¼ teel sout
1 Knoffel fyngekap
1 kop Groen Chilli’s fyngekap[ of helfte rooi en groen]
2 eetl Ui fyngekap
2 eetl Sweet – Chilli sous
½ teel Suiker
klein bietjie fyn swartpeper
METODE:
Braai uie, knoffel en chilli’s so n bietjie tot amper gaar
Voeg jou meel by en roer deur en braai n bietjie
Voeg jou water, sout, suiker en chilli sous by en prut so 5-8min.
Skep in botteltjie en laat afkoel Plaas in yskas .
Gebruik by enige gereg !!!Soos Seekos of in n aparte bakkie of as n
Pasta vir n gereg!!!Wees net voorbereid!!! Baie lekker en HOT!!
Helena Kruger” (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Sweet chillie sous

75g rooi rissies, ontpit (pas die hoeveelheid aan as jy dit nie baie warm wil he nie – hy brand nogal)
6 knoffelhuisies, geskil
3cm stuk gemmer, gerasper
2 appels, geskil en ontpit
1 x 400g blik gekapte tamaties
125ml asyn
500ml suiker
125ml water
Sout na smaak

Metode:
Meng al die bestanddele in pan en verhit stadig tot suiker gesmelt is.
Laat mengsel kook en prut ongeveer 10 min – roer af en toe. Maak mengsel fyn en voeg sout by na smaak. Bring mengsel terug na stoof en kook weer 10 min.
Gooi in gesteriliseerde bottels en verseel. 
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Chilli chutney

‎500g red chillies-stems trimmed

3 garlic cloves-peeled

750ml white vinegar

645g caster sugar.

Method:

Halve 100g of chillies and place in foodprocessor.

Halve and deseed the remaining chillies, place in foodprocessor.

Add garlic and 250ml of vinegar. Process untill finely chopped.

Place chilli mixture,remaining vinegar and sugar in large sauce pan over low heat. Cook for 5 min or untill sugar is dissolved. Ingrease heat and bring to a boil,stirring occasionally for 35-40min or untill sauce thickens.

Pour into bottles

 

VIR GROEN CHILLIS as dit klein chilli is was en pak dit in sterileerde flesse /as dit groot is soos jalapinos kook sous en sit chillis in met n bord op om dit onder sous te hou oornag en pak chillis in bottels en gooi kokende sous oor en seel warm

Sous:

650ml water, 275ml asyn, 50ml growwe sout Kook alles saam as sterk kook gooi kokende sous oor chillis en seel dadelik

ROOI CHILLIS 1kg skoon chillis,  1/2 kg uie,  4kp suiker,  4kp asyn,  4 kp water,  2tl sout maak chilli+uie fyn/kerf fyn gooi alles in kastrol en kook +- 2 ure roer gereeld en voeg 4etl maizina met bietjie water gemeng by roer goed tot dik en skep in skoon warm bot en seel dadellik kan ook n bietjie kerrie poeier byvoeg van begin af dis heerlik

 

Chillie sous

500 g brandrissies gedroog
8-10 huisies knoffel
2 stukke gemmer
kap dit fyn in ‘n masjien tot amper “liquidize”
roer die volgende by
1 eetl sout
2 k asyn
verhit in ‘n groot pot
2 k olie tot kookpunt
gooi die boonste mengsel groot lepels gewys in die warm olie roer met draad spaan of groot lepel wees versigtig vir warm olie hou in olie net so 2-5 min pasop dat dit nie brand nie gooi alles in bottel en bere.

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Soetrissie sous

Kap vier groot jalapeño-rissies en vier knoffelhuisies fyn.
Smelt 10 ml botter in ’n groot pan en soteer die rissies en knoffel, maar moenie dit verbruin nie.
Haal dit van die plaat af.

Meng:

50 ml water

50 ml suiker,

10 ml mielieblom

50 ml witwynasyn in ’n bakkie. Gooi die mengsel by die rissies en sit dit dan weer op die plaat.
Verhit tot kookpunt en laat dit prut totdat die sous dik word

 

Hier is n lekker SWEET CHILLIE SOUS met skop!

1 ui gekap

1 knoffelhuisie gekap

3-4 chillies gekap (as jy pitte in los is dit net warmer)

Halwe koppie asyn

3 eetl suiker

1 eetl rooipeper

halwe rooipeper fyn gekap.

Halwe koppie water

Braai jou uie eers tot deurskynend. Gooi res van bestandele in pot en kook tot stroopering.

 

Soet suur soetrissies ingeleg (green/red/yellow peppers)

Sny jou soetrissies[ geel, groen, rooi] in mooi dun repies. Vul jou bottels lekker styf. Maak jou sous en gooi dit kokend bo-oor en verseel dit warm. [haal al die blassies uit as daar is met n sosatiestokkie] ek het net 1 van elke kleur gebruik op die sous hoeveelheid.
SOUS
500ml Suiker
500ml Asyn
500ml Water
10ml Sout
1/2 t peperkorrels
Metode;
Kook jou asynmengsel vir so 3min.en gooi oor jou soetrissies in jou bottels.

 

Rissie bladjang

Bestanddele
3 Uie
2 Knoffelhuisies
500 ml Opgesnyde brandrissies
250 ml Bruin asyn
750 ml Appelkooskonfyt
10 ml Kerriepoeier
5 ml Mosterdpoeier
5ml Gemaalde Gemmer
125ml sweet chillie sous
5ml Sout
Metode:
Skil die uie en knoffel en sny dit in stukkies op.
Maal dit saam met die branrissies.
Voeg die asyn by en kook vir ‘n paar minute.
Roer die res van die bestanddele by.
Verhit dit stadig tot kookpunt.
Prut ongeveer 30 minute lank tot dik.
Roer gereeld.
Bottel blatjang warm en verseël dadelik

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Chakalaka (kan ook inle)

250ml canola olie
3-4 knoffelhuisies gekap
1 groot ui gekap
5ml Kerrie poeier of paar kerrieblare
2 rooi brandrissies ontpit en gekap
3cm stuk gemmerwortel gerasper
5 tamaties grof gekap
1 groen en rooi soetrissie ontpit en in stukke gesny
2 groot wortels skoongeskraap en gerasper
1 blik (400g) gebakte bone
Sout en peper na smaak
45ml koljander gekap.
Metode:
Verhit die olie en braai die knoffel en ui daarin tot sag. Voeg die Kerrie by en verhit nog 2-3 min. Voeg brandrissies, gemmerwortel en tamaties by en verhit sowat 10min tot dit begin stukkend kook. Voeg die soetrissies en wortels by en verhit nog 10min. Roer die gebakte bone by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot goed warm. Sprinkel die koljander oor. Skep in ‘n fles en bêre minstens ‘n dag in die yskas sodat die geur kan ontwikkel.

* Huisgenoot resep*

 

Chakalaka

4 wortels gerasper
2 uie in repies gesny
200g kool gekerf
6-8 vet rooi rissies gekerf [met pitte in]
1 groen soetrissie[ in blokkies gekap]
5ml paprika
5ml borrie
15ml kerriepoeier
100ml suiker
1 blikkie gekapte tamaties
50ml asyn
1e appelkooskonfyt
50ml water
Metode;
Braai uie en soetrissie in olie tot mooi sag. Voeg wortels, kool, rissies,paprika, borrie, kerrie,en roerbraai tot groente sag is en gaar. Voeg dan jou tamatie, suiker, appelkooskonfyt, asyn en jou water by en prut vir so 10min.[ roer want dit kan maklik brand] Bietjie sout en peper en bottel dit dan warm. Sorg net dat daar geen lugblassies in botteltjies is nie!!! N.S ek het 2 soorte gemaak maar by die een mengsel het ek n blikkie gekoopte “Hot & Spice” Chakalaka bygevoeg en toe gebottel.

 

Appelkoosblatjang

Rencia Odendaal Pretorius

2.5kg appelkose – ontpit

500 gr ontpitte rosyne

6 knoffelhuisies

750gr uie

750 ml suiker

20ml sout

20ml gemmer

10ml kaneel

7ml swartpeper

2ml rooipeper

1.5liter asyn

Opsioneel– ek gooi 1 teel Crusted chillies van Robertson by (vir die byt ekstra)

Maal die roysne, appelkose knoffel en uie

Ek doen dit nie, ek gooi dit sommer in my twista en tjop fyn, of sny net kleiner.

Ek sny die appelkose sommer net in blokkies, los die rosyne heel en die uie kap ek net fyn.

Voeg alles bymekaar en kook tot dik

Skep in gesterliseerde bottles

 

Basiese resep vir : Aarbeikonfyt/appelkooskonfyt/tamatiekonfyt

Die 3 fyn konfyte word op dieselfde manier gaargemaak

Verwerk jou vrugte. Sny stigels af of haal pitte uit en sny in kleiner blokkies indien verkies

Weeg jou vrugte

Die formule is 1 op 1 dws :

1kg vrugte vir 1kg suiker ….. geen water word  bygevoeg nie .

Pak vrugte in lae en laat staan vir ‘n rukkie om water te trek. Sit plaat aan op nr 1 en laat die suiker stadig smelt. Roer gereeld. Moenie konfyt begin kook voor al die suiker opgelos is nie, anders brand dit aan.

Kook vinnig vir ongeveer 1 na 2 ure tot sag en stroop dik is. (Doen jou yskas druppel toets)

Gooi bietjie suurlemoensap by om te keer dat dit sandsuiker word.

Bottel warm.

Tamatiekonfyt is presies dieselfde as bogenoemde, gooi net ‘n stuk gekapte gemmer by as dit gekook word.

 

Appelkooskonfyt (mikrogolf)

Kan ook fyn vye, tamatiekonfyt en perskekonfyt met die resep maak (voeg net jou gekeusde gemmerwortel by die die tamatiekonfyt )

Sny appelkose oop, verwyder pitte

1 kg appelkose

1 kg suiker

30ml suurlemoensap

2tl botter

Mikrogolf appelkose (bedek) vir 5 min op hoog (100%) – sit eenkant –

Mikrogolf suiker IN GLASBAK vir 6 min op hoog (100%) roer elke 2 min

Meng nou appelkose in by suiker, gooi botter en suurlemoensap by

Mikrogolf nou vir 20/25 min op hoog (100%)

Roer af en toe liggies.

Bottel warm

NB jy sal sien jou sous is nog waterig maar moenie verder kook nie. Dit is reg en dit word dik in die bottel as jy dit gebottel het. Hierdie resep is ALTYD suksesvol. Ek kook glad nie meer konfyt op die stoof nie. Ek vries my appelkose 1 kilo gewys, en soos my konfyt klaar raak, haal ek net ‘n kilo uit en maak gou ‘n paar botteltjies.

 

Mrs Ball’s chuney

(Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.)

Bestandele

612 g droeperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn(gewone bruine azijn)
2 +1/2 kg wit suiker
500g uie
120 g sout
75 g cayenne-peper (rooipeper)
Om die blatjang sterk (hot) te maak , voeg 75g gemaalde brandrissie ( chili) by.
Om perskeblatjang te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.

METODE:

Spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn
kook vrugte in asYn en dreineer
Maal in klein stukkies in ′n meul ( of versnipper met kombuismes).
Gooi die vrugte, suiker ( opgelos in ′n bietjie asyn) en uie ( gemaal) by en kook in ′n groot pot in die asyn die      hoeveelheid asyn hang af van
die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
Voeg kruie by en kook vir 2 na 2 en 1/2 uur
Roer nou en dan met ′n houtlepel dat dit nie vasbrand nie
Bottel

 

Boeremeisies (appelkose)

(Ingelegde baba appelkose in brandewyn)

Dink net: gesonde, ryp appelkose ingelê in brandewyn en suiker.

Jy het 250 g wit suiker nodig vir elke 500 g appelkose.

Pak die appelkose in lae in ’n inmaakflesse. Gooi suiker oor elke laag.

Vul die flesse op met brandewyn en plaas die deksels net lossies terug.

Vou ’n vadoek op en plaas dit in ’n kastrol.
Plaas die flesse op die vadoek en vul die kastrol met water wat net tot by die nekke van die flesse kom.
Verhit die water stadig tot dit begin kook en laat dit so aanhou tot die brandewyn begin prut. Haal nou die flesse uit.
Gooi die stroop af en syg deur.
Gooi dit terug in die flesse en verseël wanneer die afgekoel het.

 

Om knoffel te skil en te bottel

Doen vir jou liggaam iets goeds vandag, en doen vars knoffel.
As jy ‘n paar huise het, en weet jy gaan nie alles kan opgebruik nie, le dan maar die huisies in.
Neem gesteriliseerde flesse (sit dit skoongewas in ‘n oond wat klaar gebruik is, omgekeer, om vuurwarm, droog te word) en meng ‘n doppie Milton in ‘n koppie water.
Ontvel die knoffel, en gooi in die Milton water. Tel tot 60. Lig dit met ‘n lepel uit, op handdoek papier, om van die water af te gooi, sit in die fles, en bedek die knoffel met olyf olie.
Wanneer jy ‘n knoffelhuisie nodig het, neem ‘n tandestokkie en druk hom in sy ribbes en lig hom uit. Sodoende sal jy nie onnodige bakterie in die olie vrylaat, en gif knoffel brou nie.
Gebruik die olie agterna as marinade, slaaisous, of by enige resep waar olyf olie vereis word.

 

Piekel eiers – ingeleg

14 hardgekookte eiers, afgedop;

4 rooi brandrissies, gehalveer en ontpit;

‘n klein stukkie vars gemmerwortel, gekneus;

1 liter wit asyn;

5ml sout;

10ml peperkorrels.

Plaas eiers met rissies en gemmer in inmaakflesse. Prut asyn vir 10 minute saam met sout en peperkorrels en laat afkoel. Bedek eiers met asynmengsel en verseël onmiddellik. Gebruik ná 4 weke.

 

Kerrie eiers ingeleg

Hierdie is n resep uit my Moeder se resepte boek van 1967!!
24 eiers [so n week oud]
6 uie fyn gekerf [med]
10ml kerriepoeier
1t borrie
1 lt. water
30ml suiker
25ml appelkooskonfyt
35ml asyn[bruin of wit]
25ml mielieblom[ maziena]
15ml blatjang
Knippie rooipeper
1t sout

Ek sal so 20ml Sweet-Chilli sous byvoeg
METODE:
Kook jou eiers hard en dop dit mooi af, plaas dit in n bak met n deksel op en maak gou jou sousie. Kook jou uie,kerrie,borrie en 500ml water tot jou uie sag is en die meeste van die water weggekook het. Meng nou die ander best. met die orige 500ml water en voeg dit by die uiemengsel en kook dit vir so 20min. Gooi jou warm sousmengsel oor jou eiers en laat dit afkoel. Plaas dit dan in die yskas met n deksel op.
BYSKRIF by die resepie !!!Dit is baie lekker ek maak dit baie!!
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Tamatie bladjang

4 kg tamaties in blokkies
1kg uie
5kop suiker
400ml asyn
Kook alles saam tot sag.
Meng die volgende:
¾ kop asyn
½ kop water
3 eetl mostertpoeier
2 ½ teel sout
2 eetl Kerrie
4 eetl maizena
1 ½ teel borrie
Metode:
Kook vir ongeveer 15min, roer gedurig en voeg by eerste mengsel. Kook goed deur en bottel warm. Kan koud of warm bedien word saam met braaivleis, op pap of net waarby jy wil, dit is ‘n heerlike sous om altyd in jou yskas te he

 

Tamatie lekkerte

Tamatiemengsel
4kg geskilde tamaties
1kg gekapte uie
3kop suiker
2kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur
Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur. Skep in bottels.

 

Italiaanse tamatie sous

2kg tamaties
2 knoffelhuisies
15 ml sout
500 ml asyn
1 kg uie
2 rooi peppers
300 g suiker

1. Sny skil af  van tamaties – sny alles op en  gooi in pot. Voeg sout en asyn by en kook tot sag.
2. Blend met handblender en voer deur sif.
3. Gooi suiker by en kook tot duk.
4. Gooi in bottels en seel.

Dis vir baie  lekker as mens n bietjie origanum (vars) saam blend .

 

Groentamatie bladjang

‎3 kg groen tamaties
125 ml sout
1½ kg fyngekapte uie
750 ml suiker
1,8 liter asyn

Verwyder ogies van tamaties, sny in blokkies, sprinkel sout oor en laat staan oornag. Dreineer oortollige vloeistof. Roer gekapte uie, suiker en asyn by. Kook vir 1 uur sonder deksel

Bottel

 

Groentamatie bladjang

Plaasing:  KleinKombuis

Sny 1kg groen tamaties in kwarte, en gooi in ‘n pot. Neem 500g groen appels, sny ook in kwarte, en verwyder die stronk. Moet dit nie afskil nie.

Sny 2 medium uie op, gooi in die pot, draai ‘n vlammetjie onder sy bodem oop, en laat dit stadig warm word.

Gooi verder in die pot: 4 koppies mout (malt) asyn, of appel asyn. 1 3/4 koppies bruin suiker, 1 koppie goue sultanas, 1 1/2 teelepels mostertpoeier, 1 teelepel gemaalde kaneel, 1/4 teelepel gemaalde naeltjies, 1/4 teelepel cayenne peper en ‘n skeutjie sout.

Prut die inhoud vir 90 minute sonder deksel. Roer gedurig. Die blatjang sal begin verdik.

Proe die suikergehalte en gooi in gesteriliseerde flesse. Draai styf toe, laat omgekeer afkoel, plak pronkerige strokies met datum en naam op, en stal uit vir almal om te sien!

 

Tamatie bladjang

2kg baie ryp tamaties geskil
1kg uie grof gekap
3&4 knoffelhuisies gekap
300 g karemelsuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml WIT ASYN
250ml bruin asyn
50ml fyn appelkooskonfyt
15 ml gemaalde gemmer
12.5ml sout
7 ml mosterd poeier<geel blik>
5 ml rissiepeper
Kook alles stadig saam tot suiker gesmelt is kook dit dan vir n halfuur vinnig roer gereeld. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. (ek gooi 2t van die pikkelspys wat effe fyn gedruk is ) Bottel Laat staan eers vir tenminste een week voor jy begin gebruik

 

Tamatiekonfyt

Gooi tamaties in kookwater – haal uit en trek skil af – Weeg nou jou tamaties – vir elke 1 kg tamaties, 1kg suiker Gooi die tamaties onder in jou pot – druk sommer so met jou hand die tamaties fyn – gooi nou die suiker bo-oor Laat staan so ‘n rukkie dat die suiker begin smelt – Ek sit my stoof so op 1 sodat dit net effe hitte gee van onder af Roer gereeld- pasop net dat jou suiker nie brand nie – gooi nou ‘n gekapte gemmer wortel in – Laat kook vir omtrent 2 ure vinnig – gooi so 3 eetl suurlemoensap by –
Toets jou stroop in die yskas om te sien of jou stroop reg is. Om te toets, gooi bietjie stroop in piering en sit in die yskas- laat staan paar minute – as jy dit uithaal en jy draai die bordjie skuins, moet dit soos ‘n traanderuppel stadig afloop, indien dit soos water afloop, kook verder.
Hou jou konfyt dop, tamatiekonftyt brand maklik en jy kan dit ook maklik te lank kook en dan is dit taai – indien dit te taai is, gooi nog water by en kook weer vir ‘n rukkie.

Bottel warm

 

Kerriekool

 

1 kg kool gekerf

2 uie, in ringe gesny

375 ml hoenderaftreksel

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml asyn

¼ koppie suiker

5 ml sout

5-10 ml kerriepoeier

knippie rooipeper

2 teelepels heel swart peperkorrels

15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die kool, uie, hoenderaftreksel en knoffel in ‘n middelmatige

swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel

vinnig kook tot net gaar.

Meng die asyn, suiker, sout, kerrie, swart peperkorrels en rooipeper.

Voeg by die kool en laat net opkook.

Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind.

Laat afkoel en bottel.

 

Kerriekool

Rencia Odendaal Pretorius

2 kg kool (gekerf)

1 kg uie (gesny)

Bring die volgende tot kookpunt:

2 ½ kop asyn

3 kop suiker

3eetl maizina

1eetl sout

2 eetl Kerrie

Kook die kool en uie net vir paar minute – dit moet sag wees, nie pap nie.

Gooi kokende asynmengsel bo-oor en kook net vinnig deur.

Bottel warm

 

Kool atjar

2 kg kool, fyn gekerf
1 kg uie, fyn gekerf
½ kg wortels, in repies gesny
½ kg bone, fyn gekerf
2 eetl kerrie poeier
1 eetl borrie
4 eetl mielieblom
3 kop suiker
3 kop asyn
2 dessertlepel sout

Kook groente 1½ kop water tot sag maar nie pap.
Water deeglik af.
Kook sous apart tot dik.
Gooi oor groente en laat deur kook.
Bottel.

 

Soet kool met pickling spices

16 koppies gekapte kool
3 kop gekapte ui
4 kop suiker
125 ml sout
3 kop asyn
375 ml water
1 Eetl pickling spice
Metode:
Meng kool, uie en sout. Los oornag, dreineer en spoel een keer . Meng suiker,asyn en water. Knoop piekel spice in doek toe en voeg by kool. Bring tot kookpunt en kook dan stadig vir 5.min.
Verwyder piekel sakkie en vul flesse.
Opsioneel -Jy kan gerasperde wortel bysit of groen en rooipeper vir kleur.

 

Tamatie en kerrie kool

1 en 1/2 kg gekerfde kool
1/2 kg gekerfde uie
4 wortels gerasper
Metode:
Gooi alles in kastrol en kook vir 10min
Dreineer goed en gooi Skoon water op en kook tot sag. Dreineer en maak jou sous
Sous:
4 k asyn
3 k suiker
150ml appelkooskonfyt
125ml Sweet-chilli sous
2 blikkie of pakkie Tamatie Pasta
1 k water
2t natige kerrie [of sterk]
1 en 1/2t borrie
1t fyn koljander 2t sout
2t fyn gemmer
125ml Mielieblom[ Maziena]
Metode;
Kook alles vir so 3min. Gooi die gedreineerde koolmengsel by en kook 5min. Maak jou mielieblom aan met n bietjie water en gooi by tot die regte dikte en kook tot gaar. Bottel warm

 

Sandwichspread

1 Engelse komkommer fyn gekap of gerasper
1 ui fyn gekap
2-4 geelwortels fyn gerasper
1-2 groen soetrissies fyn gekap
1-2 rooi soetrissies fyn gekap
750 ml wit druiwe asyn
500 ml mayonaise
METODE:
Meng al die groente in ‘n mengbak, giet die asyn oor en laat 24 uur staan. Dreineer goed. Druk al die vloeistof uit, men…g die groente
met net genoeg mayonaise tot dit smeerbaar en goed gemeng is. Skep in skoon
flesse en maak dig toe en bere in yskas

 

Ingelegde perskes

Groot perskes halveer en ontpit
Klein perskes kan heel gehou word
Skil dun af
Matige Stroop
200g suiker
500ml water
Kook dit tot n matige stroop
METODE:
Kook perskes in water tot sag
Dreineer goed en kook verder in stroop vir so 5-10 min
Pak vlesse lekker vol en gooi stroop oor tot oorlopens
Verwyder al die lugblasies en Verseel dadelik
N.S..2-3 pitte in stroop gekook smaak lekker haal net uit voor bottel

 

Perske bladjang

500g geelperskes

2 uie, gekap

10ml sout

3ml koljanderkorrels

2ml piment-of –wonderpeperkorrels

2ml peperkorrels

5ml matige kerriepoeier

1ml sout

250ml wit asyn

12.5ml mielieblom

25ml koue water

100ml kookwater

100ml suiker

Spoel perskes af om hare te verwyder. Halveer en snipper in dun skyfies. Bedek perskesnippers en gekapte uie met water waarby 10 ml sout gevoeg is. Laat staan vir  ‘n uur. Kook vir 20 – 30 minute in ‘n kastrol, nadat 100ml kookwater bygevoeg is. Kook intussen speserye, sout en asyn vir 3 minute in ‘n ander kleiner kastrol. Voeg asynmengsel by gaar perskemengsel. Meng mielieblom en koue water tot glad.  Roer kookwater en suiker by mielieblommengsel. Kook vir ongeveer 5 minute of totdat sous verdik. Skep blatjang in warm, skoon, glasbottels en verseël.  Bêre op ‘n koel donker plek.

 

Mikrogolf perskebladjang

5 groot geel taaipitperskes
1 middelslag ui
3 selderystingels
1 knoets vars gemmerwortel
1 knoffelhuisie
220g wit suiker
180ml siderasyn
150g pitlose rosyne
2ml kerriepoeier
1ml kaneel
1ml gemaalde naeltjies
30g amandelsplinters
Halveer en ontpit die perskes. Skil die ui, sny dit in kwarte op. Sny die seldery in stukke op en skil die gemmerwortel en knoffel. Maal dit alles grof en vermeng dit in ‘n groot mikrogolfvaste bak met die res van die bestandele buiten die amandels. Bedek die bak en mikrogolf die mengsel teen 100% krag totdat die meeste van die vloeistof afgedamp is, roer dit gereeld tydens die kookproses wat 45-60min kan duur. Roer die amandels by wanneer die blatjang dik genoeg is. Bottel dit warm en verseël dadelik

 

Perske bladjang

Rencia Odendaal Pretorius

2.5kg geelperskes (ontpit en in blokkies gesnipper)

2.25kg uie (gekerf)

1 eetl Kerriepoeier

1 tl gemmer

25ml sout

1 tl naeltjies – heel

1 tl borrie

4 ½  kop wit asyn

750 gr suiker

10 ml koljander

5ml crushed droe chillies van Robertsons (opsioneel) gee lekker brand smakie

Plaas speserye in asyn en bring tot kookpunt

Voeg by suiker,sout kerrie en borrie en kook tot alles gesmelt is

Gooi perskes en uie by

Kook op vinnige hitte vir 20 min

Bottel kokend

Onthou om die naeltjies uit te haal.

 

 Mikrogolf geelperskes (kan ook gebruik vir appelkose)

(Maak 2 x 500 ml flesse vol)
1kg appelkose
20 ml suurlemoensap
1 kg suiker
Was, halveer en ontpit. Plaas in groot glasbak, sprinkel sap oor en mikrogolf vir 8 minute op 100% krag.
Voeg suiker by en roer tot opgelos. Mikrogolf weer op 100% krag vir 20 – 30 min of tot geset (Myne – 30 min). Roer gereeld met houtlepel.
Bottel.

Kan ook geelperskes gebruik.
Jou konfyt gn lyk soos ware skou-konfyt!

 

Geelperkse konfyt

2.5kg geelperskes
750ml water
7x250ml suiker
5ml wynsteensuur

Ontpit en skil die perskes. Snipper dit. Plaas perskes in ‘n kastrol en voeg die water by. Kook die snippers ongeveer 10 minute lank totdat dit sag is. Roer die suiker en wynsteensuur by totdat die suiker heeltemal opgelos is. Stel die plaat op en kook die konfyt oor matige hitte totdat dit soos dik lawa lyk. Toets of stolpunt bereik is. Skep in warm, droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.

 

Ingelegde Kerrie perskes met peperkorrels

‎2.5kg gesnipperde perskes,

1.25kg gesnipperde uie,

1.25kg wit suiker,

50g Mosterd poeier,

50g Kerrie poeier,

1 bottel wit asyn.

Kook uie en ¼  bottel asyn saam sonder ‘n deksel tot die asyn weggekook het.

Voeg perskes, suiker, ½ bottle  asyn en 1 tl sout by uie en kook dit met ‘n deksel vir 30 tot 45 minute. Meng res van asyn, mosterd en kerrie. Haal deksel af en voeg kerrie mengsel by. Kook 15minute met deksel. ‘n eetlepel peperkorrels (verkieslik gemengde) kan ook nou bygevoeg word. Opsioneel klein rooi en geel rissies.

Bottel warm. Indien jy sien die sous is bietjie loperig, verdik met bietjie maizina .

 

Geelperske atjar

Bestanddele
1½ kg Geelperskes
750 ml Asyn
250 ml Suiker
10 ml Gemengde Speserye
4 Groot Uie
12,5 ml Kerrie
12,5 ml Borrie
12,5 ml Sout
10 ml Mielieblom

Metode
Skil perskes, ontpit en sny in skywe. Skil uie en kap grof. Plaas geelperskes in ‘n pot.
Meng al die droë bestanddele en maak aan met asyn. Gooi asyn mengsel in die pot en kook vir 1½ uur lank. Roer gereeld. Laat afkoel. Bottel en bêre.

Wenk
Laat die atjar vir sowat twee weke staan voor gebruik. Die perskes kan vervang word met droë vrugte soos bv. sultanas. Of droë vrugte kan ook gemeng word. Heerlik as slaai, bykos of marinade.

 

Heel gepiekelde perskes – kan ook gesnyde perskes wees – verkort net kooktyd

2kg meduim taaipitperskes , geskil

heel naeltjies

500ml asyn

250ml water

450g suiker

3 heel kaneelstokkies

3 stukke steranys

Plaas 2 naeltjies in elke perske. Plaas onmiddelik in ligte sout en asyn water. Kook 3 minute in KOOKwater. Pak in gesteriliseerde flesse, sodra stroop gereed is.

Stroop:

Verhit die asyn, water en suiker saam, roer totdat suiker gesmelt is. Laat 5 minute lank kook. Plaas kaneelstok asook steranys saam met perskes in elke fles en gooi kokende stroop tot by die rand van die fles. Perskes moet heeltemal bedek wees. Verseël.. Bedien saam met vleis.

 

Aarbei konfyt

Soek net die ferm helderrooi aarbeie uit vir hierdie konfyt.
Weeg die aarbeie af en gebruik vir elke 500g aarbeie 350g wit suiker en 15ml suurlemoensap. Plaas die aarbeie en suiker in afwisselende lae in ‘n kastrol en sprinkel die suurlemoensap oor die suikerlae. Moenie water byvoeg nie. Laat oornag stroop vorm.Verhit die volgende dag baie stadig oor lae hitte tot kookpunt en roer dit versigtig aan die begin om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook die konfyt oor matige hitte totdat die stroop effens jellierig is. Toets of die konfyt dik genoeg is deur ‘n bietjie van die stroop op ‘n ysblokie of yskoue piering afte koel en dit met die vinger te stoot. Daar moet rimpels op die oppervlak vorm. As die stroop nie wil jel nie, voeg ‘n gerasperde vars suurappel by elke 500g aarbeie wat gebruik is, laat dit ‘n rukkie kook en toets weer. Skuim die konfyt af, indien nodig voordat dit gebottel en verseel word. Om seker te maak dat die aarbeie nie bo in die bottel dryf nie laat die konfyt eers 10 – 15 min afkoel voordat dit gebottel en verseel word

 

Aarbei bladjang (Vrouekeur)

60ml rooiwynasyn

60ml balsemieke asyn

125ml bruinsuiker

250g aarbeie, in blokkies gesny.
METODE:

Meng die 2 asyne en bruinsuiker in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos is. Voeg die aarbeie by, kook vir 5 minute en laat afkoel. Bottel

 

Moerbei konfyt

Hierdie resep kan ook vir brame gevolg word. (Lewer 3 x 400 ml flesse)
1kg moerbeie, stingels uitgebreek
800g (4 x 250ml (4 koppies) suiker )
125 ml (‘n halwe koppie) kookwater
25 ml (2 eetlepels) suurlemoensap
‘n knippie sout
1. Was die bessies goed af onder sagte, lopende kraanwater. Druk die vruggies effens fyn met ‘n aartappeldrukker en skep in ‘n groot, mengbak of plastiekmikrogolfbak. Voeg die suiker by, roer deur, bedek met kleefplastiek en plaas oornag in die koelkas.
2. Verwyder uit die koelkas en verwyder die kleefplastiek. Voeg die kookwater by en roer totdat al die suiker opgelos is. Roer die sap en sout by.
3. Mikrogolf 30 minute lank by 100 persent krag en roer deur. Die konfyt behoort nog nie dik genoeg te wees nie. Mikrogolf nou weer 10 minute by 100 persent krag en toets vir dikte. Indien die konfyt nog nie dik genoeg is nie, moet dit nog elke keer in siklusse van vyf minute by 100 persent krag gemikrogolf word totdat die verlangde dikte verky is. Skep die warm konfyt in warm, gesteriliseede flesse en verseël onmiddellik.

 

Maketaan konfyt (fyn)

(Hierdie konfyt is ook in die volksmond onder ‘n ander naam bekend. Maar die landswette verbied my om die konfyt op hulle regte naam te noem.)
Bestanddele
500 g Waatlemoen
750 g Suiker

Metode:
Vir elke 500 g Waatlemoen gebruik 750 g suiker. Sny die wartlemoen in klein stukkies. Gooi suiker daaroor. Laat oornag staan. Nou kan u ‘n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel oor. Kook en roer tot die stroop dik word. bottel

Maketaan konfyt (fyn)

3 kg makataan geskil en in klein blokkies gesny
2 kg suiker
vir elke 9 kg makataan 1 groot pynappel

Metode:
Gooi suiker oor die makataan en laat smelt stadig. Skil die pynappel en rasper grof, gooi by die makataanmengsel. Laat kook vinnig tot die stroop redelik dik is (omtrent 1 uur) Bottel
Hierdie reseppies van WEOV

Waatlemoek konfyt (stukke)
Skil en sny waatlemoen in mooi stukke. Prik met n vurk en laat oornag in n mengsel van gebluste kalk en water le Plaas n piering bo-op om die skille onder te hou.[ 25ml gebluste kalk op 5lt.water]
Dreineer die volgende dag en spoel mooi skoon af.
Kook n groot kastrol met water en plaas jou stukke daarin en kook tot sag maar nie pap nie Dreineer goed en maak droog kook jou stroop.

Stroop:
1kg waatlemoen stukke
2 ½ lt water
1 ½  kg suiker
20ml suurlemoensap
Paar stukke gedroogde of vars gemmer
Kook jou stroop en roer tot al die suiker opgelos is en helder is.=5min.
Plaas jou blokkies versigtig in die kokende stroop en kook tot die stroop dik is en die stukkies mooi deurskynendis Pak in bottels , gooi sous bo-oor en verseel dadelik

 

Druiwekonfyt

Bestanddele
375 g Suiker
500 g Druiwe
Metode
Was die druiwekorrels en verwyder die pitte indien verkies.
Weeg die vrugte.
Gebruik 375 g Suiker vir elke 500 g Druiwe.
Sit die vrugte en suiker in lae in die kastrol.
Laat dit eenkant op die stoof staan tot die sap van die druiwe gedeeltelik uitgetrek het.
Verhit die mengsel stadig en roer af en toe tot al die suiker opgelos is.
Die mengsel mag nie kook voordat al die suiker gesmelt is nie.
Kook nou vinnig tot al die helder en deurskynend is en die stroop dik is.
Sorg net dat die mengsel nie aanbrand nie, trek ‘n lepel oor die boom van die pot.
Toets die konfyt na sowat 30 minute om te sien of dik dik is.
As dit nie lekker dik is nie toets weer elke 15 minute.
Bottel die konfyt terwyl warm.

Om die pitte uit te kry gooi 1eetl asyn in terwyl die konfyt nog kook Die pitte sal bo dryf

 

 Lemoen konfyt

Was die lemoene goed af en skil of rasper baie dun af.

Sny dan elke lemoen middledeur en haal die pitte uit, sonder om die husies te veel to beskadig. Hou altyd die lemoene teen die lig want dan is die pitte mooi sigbaar.

Nadat die pitte uitgehaal is, weeg die lemoene en sit hulle in water. Laat die lemoene oornag so bly.

Gooi die water die volgende more af en plaas die lemoene in skoon water.

Herhaal die uitvarsing van die lemoene vir sewe dae. Na die sewende dag, sit die lemoene in ‘n kastrol met genoeg water om dit te dek.

Kook totdat ‘n mens ‘n vuurhoudjie maklik in die lemoene kan insteek. Haal dan van die stoof af.

Maak nou die stroop.

Neem 1kg  suiker vir elke 1 kg lemoene ek gooi ‘n klompie water op. Laat dit dan stadig smelt en moenie te veel daarin roer nie.

Laat dan kook totdat die stroop ‘n duidelik draadjie trek.

Sit nou die lemoene in en kook totdat alles mooi dik is en deurgekook is (soos waatlemoenkonfyt).

 

Lemoenmarmelade

Gebruik lemoene aan die begin van die seisoen vir hoë pektiengehalte)
Sny 8 lemoene in baie dun snippers sonder om te skil
Haal die pitte uit.
Meet nou 3 koppies water vir 1 koppie snippers. Laat oornag staan.
Kook die volgende dag baie goed tot papsag. Laat weer oornag staan.
Weeg nou af 500g suiker vir 500g pulp. Voeg die sap van 3 suurlemoene by.
Kook vinnig en roer baie. As die marmalade soos lawa begin kook is dit reg.
Laat die mengsel bietjie afkoel voordat dit in gesteriliseerde bottles gegooi word, anders styg die snippers op in die fles.

 

4 Sitrus marmelade

1 lemoen
1 pomelo
1 suurlemoen
2 nartjies
4 en 1/2 liter water

1 pynappel
5 kg suiker.

Metode:
Sny nog ‘n loemoenindien nodig by om dit 1 ½ kg vrugte te maak. Was vrugte en sny in kwart, sny elke kwart in baie dun repies, dunner is beter! Gooi die snippers en die water in ‘n kastrol. Laat staan oornag. Kook die volgende oggend in dieselfde water totdat vrugte sag is. Onveer 1/2 uur.
Sny pynappel in skywe, verwyder die stronke en sny die res in baie klein stukkies. Skep die pulp van ongeveer 6 grenadellas uit en voeg die pynappel, grenadellamoes (die grenadella en pynappelstukkies moet ongeveer 1/2 kg weeg) en die suiker by die lemoensnippers in die water. Kook op ‘n vinnige plaat vir ongeveer 1 uur. Skep gereeld die skuim af. Toets vir jellie vorming deur bietjie van die stroop in koue water in ‘n piering te skep. Wanneer dit jellie begin vorm kook stadiger. Die jellie is dik genoeg as dit plooie vorm wanneer daar liggies met die vinger aan gestoot word. Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseel.

 

Suurlemoen marmelade

Was 5 groot  suurlemoene af en snipper in stukkies of skywe

Gooi 5 liter water by dit en laat staan vir  24 uur

Kook volgende dag vinnig tot sag (ongeveer 30 minute)

Laat staan weer vir 24 uur in water

Dreineer die water af. Die moes moet agterbly

Weeg nou af:

500 gr suiker vir elke 500 gram suurlemoen moes

Sny 2 appels middeldeur en voeg by – dis vir die pektien

Kook vir 1uur met deksel toe…. Sit stoof af en laat staan vir 6 ure

Haal deksel af en kook sonder deksel tot jellie reg gevorm het- Doen die yskastoets met jou stroop om te sien of dit reg is.

Bottel warm in gesterliseerde bottles.

 

Gepiekelde suurlemoene

Lewer 2  x 2L flesse
8 ryp suurlemoene, goed gewas
125-200ml growwe sout
Sowat 300ml vars suurlemoensap
1. Skep 15ml van die sout in elke, warm gesteriliseerde fles
2. Sny die gewaste suurlemoene eers in die helfde en dan in kwarte tot 1cm van die groeipunt af – nie dwarsdeur nie. Verwyder die pitte.
3. Trek die suurlemoene effens oop en sprinkel die binnekante mildelik met sout.
4. Pak die suurlemoene in die flesse en sprinkel nog sout tussen die vrugte.
5. Vul die flesse met die vars suurlemoensap en skep nog ‘n paar lepels sout bo-op. Druk die suurlemoene af sodat van die sap tot bo kan kom.
6. Verseël en bêre op ‘n donker plek. Keer elke paar dae om.
7. Plaas die flesse na vier weke in die yskas. Na 6 weke behoort dit perfek te wees. Dit sal tot 8 maande goed in die yskas hou.

 

Marmelade (suurlemoen of lemoen)

Geskryf deur: Neels de Ronde

Sit ‘n aantal lemoene/suurlemoene deur ‘n versapper, skil en al maar sonder pitte.
Weeg 1 kg van hierdie mengsel, die sap, skil, ens. en gooi in pot.
Voeg 750 g suiker by en kook.
Skep skuim af.
Kook totdat mengsel dik genoeg is.
Skep in gesteriliseerde glasbottels.
Opsioneel: Meng 1 koppie sjerrie by mengsel net voordat dit gebottel word.
Variasie: Lemoene kan met suurlemoene vervang word of ‘n mengsel van die twee.
Advies: Hoe meer wit van die skil in die mengsel is, hoe bitterder is die eindresultaat.

 

Suurlemoenstroop

12 suurlemoene (so 750ml) skil van 2/4 suurlemoene gerasper

2.5 kg suiker

2 liter water

1 pakkie van elk: citric acid, tartaric acid, engelse sout.(12gr in pakkie- Dit is gelykstaande aan 20ml (4 teelepels elk)

Bring tot kookpunt en bottel

 

Lemoen en suurlemoenstroop

8 sappige lemoene

4 sappige suurlemoene

1.5liter kookwater

1.2kg wit suiker

15ml wynsteen of sitroensuur

 Rasper net die oranje en geel buiteskil van die lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laat die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.

 

Vye konfyt (mikrogolf)

1 kg ryp vye
50 ml suurlemoensap
1 kg suiker

Metode:
Sit vye en suurlemoensap in ‘n houer en bedek. Mikrogolf vir 15 minute teen 100%. Roer na 7 minute. Voeg suiker by en roer totdat die suiker opgelos is. Mirogolf onbedek vir 35 tot 40 minute. Roer elke nou en dan. Roer konfyt goed deur en skep warm in gesteriliseerde bottels

 

Vyekonfyt (fyn van ryp vye)

Skil vy dun af – of krap net die skil effe af. Sny in stukkies (indien verkies)

Prik goed as jy die vy heel hou, en laat staan oornag in kalkoplossing van 1tl kalk op 4 l water

Spoel volgende oggend af en plaas in kokende stroop

Stroop:

2  kop water vir elke 1 kg suiker en 1kg suiker vir elke 1 kg vrugte

Voeg die sap van een suurlemoen by vir elke 1 kg vrugte (ek gooi sommer so 2 eetl gewone suurlemoensap by

Voeg ¼ tl kremetart by

Voeg ‘n gekneusde gemmer wortel by

Kook  vir ongeveer 2 ure op hoog (vinnig)

Onthou om die skuim aft e skep, – doen die yskas toets om te sien of jou stroop reg is.

Bottel warm.

 

Groenvye konfyt (heel vye van voor vy)

Krap, rasper of skil effe af( baie dun )

Maak snytjie in vorm van kruis aan die blom-ent van elke vy

Weeg vye

Laat le vye oornag in mengsel van kalk (15ml) op 3.4 l water of koeksoda (30ml) op 3.4l water

Spoel vye af en plaas dit in kokende water vir ongeveer 15/20 min tot sag. Bepaal self wanneer vye sag is. Dit hang somtyds af van die hoeveelheid wat jy kook.

Gebruik water vir stroop –

Gebruik 1 op 1 bv 500gr suiker op 500gr vrugte en 375ml water vir elke 250ml suiker

Voeg ‘n paar kruienaaltjies, stukke heel gekneusde gemmer of stukke heel kaneel en 60ml suurlemoensap by vir elke 3kg vrugte.

Kook vir ongeveer 2 ure vinnig tot vrugte helder en stroop dik is.

Maak 1.5l ekstra stroop aan om die bottels aan te vul namate die stroop wegkook.(Die is belangrik want as jy bottel en die stroop is nie genoeg nie, le jou stukke droog in die bottels

 

Ingelegde vye

1 kg vye – heel en ongeskil
3 kop suiker
1 kop water
8 dun skyfies suurlemoen

Spoel vye deeglik af in koue water en laat dan in koue water lê vir 20 minute.
Kook suiker en water saam tot ‘n stroop vorm wat helder is, ongeveer 10 – 15 minute en voeg dan vye en suurlemoen by.
Verhit weer tot kookpunt en laat kook vir 1 minuut, verlaag temperatuur en laat prut vir 30 minute.
Verseël in gesteriliseerde flesse.

Bottel warm.

 

Vye in Port

500ml water

300g wit suiker

15ml heel kruienaeltjies

1 groot suurlemoen

750ml port

1.5kg vye

Verhit die water, suiker en kruienaeltjies stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut die stroop 5 minute lank. Skil die suurlemoen dun af en sny die skil in smal repies op. Voeg die skilrepies saam met die port by die stroop. Pak die vye met skil en al in warm inmaakflesse en vul die flesse met stroop.

Bedien met roomys.

 

Chutney resep vir appelkose of geelpruime

3kg appelkose of pruime.

2 en half kg suiker,

3 groot uie gekap

1bottel bruin asyn,

1 kop rosyne

2 teel fyn gemmer

1teel mosterdpoeier

1teel rooipeper

3teel kerriepoeier

2teel borrie

1teel sout

½  teelepel peri-peri (opsioneel)

Ons sit die vrugte in voeselverwerking of jy kan dit maal of fyn kerf voeg alles bymekaar en kook vir 1 uur bottel warm en laat staan vir so 3maande dit is werklik n lekker chutney

 

Pruim bladjang

750ml asyn
5ml gemaalde gemmer
5ml gemengde speserye
5ml fyn kaneel
5ml droë mosterd
2.5ml brandrissie poeier
knypie gemaalde naeltjies
knypie gemaalde neutmuskaat
1.5kg ryp pruime, gewas, gehalveer en ontpit
500g pitlose rosyne
600g appels geksil, ontpit en in stukke gesny
500g suiker
500g wortels, geskil en grof gerasper
30ml sout
2 groot mango’s, geskil, ontpit, gesny in stukke
600g uie, geskil en gekap

Giet die asyn en speserye in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt. Voeg al die oorblywende bestanddele by en roer goed. Bring weer tot kookpunt. Draai die hitte af nadat kookpunt bereik is en kook oor ‘n lae temperatuur vir 2½ uur. Roer gereeld sodat die mengsel nie aanbrand nie. Kook blatjang tot dik. Wanneer jy ‘n lepel deur die mengsel trek en die twee kante stadig na mekaar toe loop is die blatjang reg. Wanneer die blatjang reg is, haal dit van die stoof af en gooi ‘n vadoek oor die pot. Laat oornag afkoel. Skep die volgende dag in botteltjies. Die deksels moet met plastiek uitgevoer wees, sodat die asyn nie met die deksel in aanraking kom nie. Bêre op ‘n droë plek. Vir beste resultate gebruik eers na ‘n maand

 

Pruimkonfyt (mikrogolf)

1 kg pruime
1 kg suiker
30 ml suurlemoensap

Sit ‘n paar pierings in deepfreeze.
Was pruime, sny middeldeur en haal pitte uit.
Plaas in groot glasbak en sprinkel sap oor.
Mikrogolf vir 8 minute of tot sag.
Voeg suiker by en roer deur tot op gelos.
Mikrogolf by volle krag vir 20 – 30 minute en roer geereeld.
Toets na 20 minute deur ‘n bietjie stroop op koue piering te sit en laat koud word. Druk met jou vinger aan die stroop en as dit so rimpel is die konfyt reg.
Indien nie mikrogolf weer vir ‘n minuut en toets todat dit rimpel.
Laat bietjie afkoel en en skep in gesteriliseerde bottels.

 

 Pruim konfyt

1kg vrugte (ontpit, gekap of fyngemaak soos jy verkies)
1kg suiker
2 e suurlemoensap
2 t botter

Sit die vrugte bedek vir 5 min in die mikrogolf op 100%
Haal uit en hou eenkant
Verhit die suiker vir 6 min in die mikrogolf ook op 100%
Meng suiker en vrugte en meng sap en botter goed deur
Mikrogolf vir verder 25 min op 10 terwyl elke 10 min geroer word
Dit lyk baie dun, maar dis reg, dit word lekker dik in die bottels.
Bottel

 

Koejawels in suikerstroop

15 ryp koejawels – geskil en deurgesny

5 1/2 koppies suiker

1 liter water

12 naeltjies

1 kaneelstok

In ʼn groot pot maak jy alles stadig warm terwyl jy dit roer met n houtlepel totdat die stroop kook en die suiker gesmelt is, laat dit stadig prut totdat die stroop begin dik raak en op die agterkant van ʼn lepel bly klou

Gooi die koejawels in die stroop en prut saggies tot die koejawels net sag is, moet dit nie pap kook nie. trek die pot van die stoof en laat die koejawels afkook in die stroop

Jy kan dit warm, warm in flesse inlê of jy kan dit in die yskas laat staan vir tot 3 weke

As jy inlê sorg dat jou bottels gesteriliseerd is – pak jou vrugte dan met ‘n lepel in warm bottels, gooi die warm stroop oor, skud om borrels uit te haal, seel die bottels, sit in ‘n kastrol met kookwater wat oor die bottels se koppe strek en kook vir 15 minute – daarna kan hulle spens toe tot jou lus jou weer kom kry en jy ‘n bottel oepmaak

As jy gril vir die pitte kan jy dit uitskep voor jy dit kook, en die koejawels in die middel deursny.

 

Ingelegde Pere

Skil jou pere, halveer en verwyder die klokhuisie.
Kook saam 4k suiker vir elke 3 k water.
Sodra dit kook, gooi die pere in en kook tot pere amper sag is.
bottel en bere

Kersies ingeleg

500g vars kersies
Gerasperde skil van ’n klein lemoen
1 koppie suiker
Genoeg brandewyn om die vrugte te bedek

Ontpit die kersies as jy wil.
Was en dreineer die kersies en prik elkeen sowat ses keer met ’n steriele naald.
Pak die kersies en repies varsgerasperde lemoenskil in een groot of 2 middelslag gesteriliseerde flesse tot so 2cm of 3cm
van die fles se bek.
Gooi die suiker oor en bedek met brandewyn.
Maak die flesse dig toe.
Bêre minstens 6 weke voor gebruik.
Dop die flesse daagliks om en draai hulle regop om die suiker te laat oplos.
Op ’n koel, droë rak sal dit minstens ’n jaar hou.
Dien op met roomys of gebruik die gedreineerde kersies as nagereg en die vloeistof as likeur ná ete.

Rita Möller Partykeer is die brandewyn te sterk en “bitter”. Wat ek doen is om die kersies in ‘n plastieksakkie met suiker te skud sodat die suiker aan die kersies vassit. Plaas die “suiker” kersies in bottels en gooi die brandewyn bo-oor. Seel en laat staan totdat di suiker opgelos is voordat dit gebruik word. Die brandewyn-sous kan weer gebruik word vir skemerkelkie meng drankies of as sous vir poedings.

 

Kersie bladjang

1.2kg Kersies
375g sultanas
125ml asyn
160ml suiker
5ml wonderpeper[Allspice]
2ml fyn gemmer
125ml Sweet Chilli sous
METODE:
Ontpit kersies
Verhit stadig saam met al die ander best. tot die suiker opgelos is Kook vir 5min. vinnig en laat dan prut tot jou mengsel lekker dik is. Bottel dit warm en verseel wanneer dit koud is..
Baie lekker veral saam met koue vleise of braaivleis.

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Ingemaakte Kersies

SOETKERSIES
Prik dit met ‘n stopnaald of peuselstokkie. Of maak ‘n snytjie waar die stingel was en krap die pit uit. Pak die kersies styf maar sonder om dit te verdruk in warm inmaakflesse en bedek dit met kokende stroop gekook van 200g witsuiker vir elke 750ml water.
SUURKERSIES
Halveer en ontpit dit, vang terselfdertyd die sap op om by die stroop te voeg. Pak die kersies styf maar sonder om dit te verdruk in warm inmaakflesse en bedek dit met kokende stroop gekook van 200g witsuiker vir elke 500ml water waarby die kersiesap gevoeg is.
ALBEI – Verseel die flesse, maar draai die skroefringe ‘n halwe draai los. Laas dit op ‘n vals boom in ‘n diep kastrol en giet genoeg warm wateer in die kastrol om die flese 5cm diep te bedek. Sit die deksel op, verhit die water tot net onder kokpunt (90°C) en steriliseer dit 20min lank by kamertemperatuur. Lig die flesse uit en draai die skroefringe onmiddelik styf vas.

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

Spererykersies in asyn
500ml wit asyn
400g wit suiker
5ml gekneusde wonderpeperorrels
4 heel kruienaeltjies
2 opgebreekte stokkies pypkaneel
1 liter suurkersies met kort stingeltjies
METODE:
Verhit die asyn, suiker en speserye tot kookpunt en roer dit aan die begin om die suiker te laat oplos. Laat die mengsel ‘n kwartuur lank prut met die deksel op. Laat dit oornag staan. Pak die kersies in gesteriliseerde inmaakflesse tot 1.5cm van die borand van elke fles af. Syg die asynmengsel deur en verhit die filtraat tot kookunt. Bedek die kersies daarmee. Verseel die flesse. Plaas die flesse op ‘n vals boom in ‘n groot kastrol en voeg genoeg warm water by om dit 5cm diep te dedek. Verhit die water tot kookpunt, sit die kastrol se deksel op en laat 10min lank kook. Haal die flesse versigtig uit en laat dit op ‘n gevoude afdroog doek afkoel. Bewaar dit op ‘n koel, dinker plek.

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

Kersies in brandewyn

Bestanddele:
500 g kersies, steeltjies verwyder,
1 klein stukkie pypkaneel,
250 g suiker,
125 ml water,
15 ml suurlemoensap
150 ml brandewyn.
Metode:
Was en droog die kersies af. pak in ‘n warm gesteriliseerde glasfles met pypkaneel. Meng die water, suiker en suurlemoensap in ‘n bak.  Mikrogolf 3 minute op volle krag en roer elke minuut. Mikrogolf 4 minute sonder om te roer. Laat effens afkoel en voeg brandewyn by. Giet oor kersies, verseël, plak etikette op en bewaar in ‘n donker plek. Hou minstens een maand voor gebruik. Sit kersies voor saam met ‘n skeppie roomys. Die vloeistof kan ook deurgegiet en as likeur gedrink word.

 

Pynappel en chillie chutney

Ingredients
150ml cider vinegar

150g caster sugar

1 small pineapple , trimmed, peeled and diced

2 small red onions , very finely chopped

2 red chillies , finely chopped (leave the seeds in if you like it hot)

Method

Bring the vinegar and sugar to a simmer in a big pan. Tip in the pineapple for 1-2 mins, then remove from the heat and tip into a serving bowl. When almost cool, stir in the onions and chilli. Cool completely, then chill (for up to 24 hrs) until ready to serve.

 Kerrie pynappel

Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir ‘n half uur

Dreineer

Voeg nou die volgende bestanddele by

4kg suiker

3 kop wit asyn

2t borrie

1 eetl sout

2t Kerrie

2t gemmer

1 ml rooi peper

3 groot suur pynappels (ek gebruik enige)

1 ½ eetl opgehoopte eetl maizena

Kook 15 min tot dik en bottel warm

 

Pynappelbladjang

2.5kg ryp pynappels
2 groot uie
300g melassesuiker
125ml bruin asyn
15ml goue stroop
7ml kerriepoeier
5ml mostertpoeier
5ml sout
2ml borrie
METODE:
Skil die pynappels en uie en kap dit fyn op. Voeg die res van die bestandele by, verhit tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. Bottel die blatjang warm en verseel dit dadelik

 

Pynappelkonfyt (mikrogolf)

Vermeng 500g gerasperde, geskilde pynappel, 500g wit suiker en 5ml gemmerstroop in ‘n diep mikdrogolfvaste bak. Mikrogof die mengsel ongeveer ‘n kwartier lank by 50% krag tot dik. Roer af en toe. Bottel die konfyt warm, plaas die flesse 5min in ‘n kastrol met warm water sodat die lugblasies kan styg. Haal flesse uit en verseel dit dadelik.

 

Pynappelringe of stukke

Skil die pynappel, sny alle ogies en merke uit. Sny die stronk met ‘n pitboorder uit. Sny die vrugte in ringe of stukke.
Kook stroop vooraf oor matige hitte: 200g wit suiker vir elke 500ml water.
Kook die pynappelringe/stukke 20-30 min lank in matig vinnig in die stroop. Pak dit in die flesse en maak die flesse tot oorlopens toe vol met die stroop. Verwyder die lugblasies indien nodig. Verseel die flesse dadelik.

 

Gaan kyk by die skakels vir nog ingeleg: Kliek net op die skakel/link vir verwysing

https://kreatiewekosidees.com/?s=ingeleg+bottels+sterliseer

https://kreatiewekosidees.com/?s=ingelegde+sampioene (SAMPIOENE)

https://kreatiewekosidees.com/?s=tuisgemaakte+kondensmelk (KONDENSMELK)

https://kreatiewekosidees.com/?s=tuisgemaakte+nutella (NUTELLA)

https://kreatiewekosidees.com/?s=tuisgemaakte+stroop (STROOP)

https://kreatiewekosidees.com/?s=ingelegde+avokadopeer (AVOKADOPEER)

https://kreatiewekosidees.com/?s=ingelegde+kerrievis (KERRIEVIS)

https://kreatiewekosidees.com/?s=peppadews+ingeleg (PEPPADEWS)

https://kreatiewekosidees.com/?s=kaassmeer (KAASSMEER)

 

Peppadews ingeleg (soet)

3 koppies vars peppadews (Stingels en sade verwyder)
1 koppie bruinsuiker
1 koppie kookwater
1 eetlepel heuning
1 teelepel growwe sout
1 koppie wit druiwe asyn
Koljander sade, heel swart peper korrels, heel anys saad, naeltjies

Sit peppadews, water, sout, suiker en heuning in ‘n pot. Kook stadig vir 15 minute. Gooi dan asyn by en kook nog 2 minute. Skep in skoon bottels. Sit halwe teelepel koljander saad, so 10 peper korrels, halwe teelepel anys sade, en 2 naeltjies in elke bottel. Maak seker die peppadews is tot bo toe met stroop. Draai bottels onderstebo tot koud. Bere in yskas tot benodig. Lekker by pizza, kaas broodtjie of kouevleis! “Snip” 10

 

Piesang bladjang

800 gram Ryp Piesangs

400 gram Suiker
2 Groen rissies (fyn gekap)
2 Uie (fyn gekap)
2 Knoffelhuisies (fyn gekap)
250 gram Saltanas
2 ml Sout
10 ml Kerrie Poeier
5 ml Borrie
1 ml Tiemie
Knippie Fyn Naeltjies
750 ml Wit asyn
METODE:
Meng alles goed
Plaas in kastrol en prut vir 1 uur
Plaas in gesterliseerde flesse.

 

Piesang konfyt

875ml Suiker
1 ½ kg Ryp Piesangs (fyn gesny)
2 ml Sout
METODE:
Kook alles saam in kastrol oor baie lae hitte totdat suiker gesmelt is
Roer gereeld
Kook vir omtrent 20 min
Plaas in gesterliseerde flesse.

 

Ingelegde olywe

Jy kan groen of swart olywe geruik vir hierdie resep. ‘n Swart olyf is gewoon ‘n ryp olyf.

Gooi jou olywe op ‘n harde, verkieslik graniet, oppervlak en kneus hulle liggies. ‘n Alternatief is om elkeen met ‘n vurk te prik of 3 snytjies in elkeen te maak. Dit laat die soutwater toe om die olyf te penetreer en so van bitterheid ontslae te raak en dit te bewaar.

Gooi hulle in ‘n emmer skoon soutwater. Gebruik ‘n ½ koppie growwe sout vir elke 2,5 liter water. Vervang die soutwater elke dag. Doen dit vir 12 dae vir groen olywe en 10 dae vir swart olywe. Sorg dat die olywe onder die wateroppervlak bly. Sit sommer ‘n bord bo-op. Na 12 dae behoort die meeste bitterheid uit die olyf te wees. Byt een om te proe.

Nou moet jy dit nog een keer in soutwater laat lê, warm soutwater. Die verhouding is nou 1 koppie sout vir elke 2,5 liter warm water. Los eers die sout op in die water oor hitte. Laat dit dan kook en laat staan om af te koel.

Pak die olywe in flesse en gooi die soutwater oor. Voeg enige kruie of ander geurmiddels by, indien jy dit verlang. Laat ‘n klein spasie bo in elke fles vir ‘n bietjie olyfolie. Dit maak dit moeiliker vir lug om by jou olywe uit te kom. Seël die flesse. Hierdie metode het ‘n raklewe van 12 maande.

Dit is beter om die volgende metode te volg wanneer jy olywe eet:

Gooi die soutwater/ kommersiële mengsel af en vul die fles met skoon water. Laat dit in jou yskas staan vir 24 uur voor jy dit bedien.

 

Olywe ingele

Genooeg olywe om sowat 5 l bottels in totaal vol te maak.
Metode:
Gebruik altyd ‘n emalje, hout of erde houer. Moet onder geen omstandighede Aluminium gebruik nie.
Neem olywe en was hulle.
Plaas hulle in die houer.
Laat die olywe nou vir 36 uur lank in ‘n bytsoda oplossing van 56 g bytsoda op 4.5 l water week.
Hou olywe heeltyd onder die water oplossing.
Spoel die olywe baie goed af met skoon water.
Laat in skoon water lê vir paar uur, gooi water af en gooi weer skoon water oor.
Na 2 dae toets net die water, dit moet skoon proe en nie alkalies nie.
Sodra skoon is maak ‘n soutoplossing aan van 56 g Sout op 4.5 l water.
Laat die olywe oornag in die oplossing staan.
Gooi sout oplossing af en maak nuwe soutoplossing aan van 110 g sout op 4.5 l water.
Laat die olywe nou vir 2 dae in die oplossing staan.
Gooi weereens die soutoplossing af en maak nou ‘n oplossing aan van 220 g sout op 4.5 l water.
Laat staan die olywe 1 dag in die oplossing.
Maak nou ‘n soutoplossing van 335 g sout op 4.5 l water aan.
Die olywe moet 1 week in die oplossing staan.
Maak nou vir die laaste maal ‘n soutoplossing aan van 390 g Sout op 4.5 l water en hou eenkant.
Neem die olywe en plaas hulle in bottels.
Bedek die olywe met die soutoplossing.
Gooi sowat 1 cm olie oor die olywe.
Seël met glasdeksels.
Metaaldeksels sal roes.

 

Jalepenos ingeleg

Inlê van jalepenos

Jy kan dit net so heel of gesny met klein uitjies inlé

Klein uitjies stoom jy in mikrogolf 5 min dan is dit net sout na smaak

Voeg by: lemoen peper suiker olyf olie en balsamic asyn en jy kry wit balsamic asyn op n half kg uitjies en half kg jalepenos

Die sous: half koppie olyf olie jou asyn. Maak seker dit is genoeg om die jalepenos te bedek Jou sout en lemoen peper en 4 opgehoopte suiker Maak seker dat jou bottels goed seel en die beste is om in jou yskas te bère. Kan tot 3 maande goed bly.

 

Kweper bladjang

500g kwepers in baie fyn stukkies gekap

2 groot uie, gekap

250g pitlose rosyne

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15ml fyn koljander

15ml growwe sout

500ml bruin asyn

1 skerp rooi rissie, fyn gekap

15ml fyn gemmer

375ml bruin suiker

Meng al die bestanddele in ‘n groot kastrol. Kook stadig tot mooi dik en donker van kleur -sowat 2 uur lank. Bottel in gesteriliseerde flesse. Bêre op ‘n koel donker plek om ryp te word vir minstens ‘n maand

 

Wortel bladjang

1kg wortels
1kg uir
1kg groenbone
1kg kopkool
1 brandrissie
1kg karamelsuiker
850ml bruinasyn
500ml water
75g gebleikte sultanas
30g kerriepoeier
12.5ml sout
Skil die wortels en uie en rasper dit grof. Snipper die groenbone, kopkool en rissie. Verhit al die bestandele stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Prut die mengsel tot sag en dik en roer dit af en toe. Bottel die blatjang warm in voorbereide bottels en verseël dit dadelik.

 

Pampoen bladjang

1kg pampoen geskil, ontpit ,in blokkies gesny

2 groot uie gekap

250g sultanas

1,25 liter asyn

125ml suiker

60g mosterdpoeier

20ml sout

15ml borrie

5ml fyn naeltjies

1ml gemengde speserye.

Plaas pampoen, uie, sultanas en asyn in ‘n kastrol en kook tot sag. Plaas pampoen, uie, tesame met res van die bestanddele in ‘n voedselverwerker of versapper en maak fyn. Indien te styf, voeg bietjie van die asyn waarin die pampoen gekook is, by. Skep in gesteriliseerde bottel en verseël.

 

Appel bladjang

1 kg groen appels

1 groot ui, gerasper

375ml bruinsuiker

375ml asyn

125ml lemoensap

3 brandrissies, fyn gekap

5ml gemaalde gemmer

sout na smaak

3 knoffelhuisies, gekneus

Skil em ontkern appels. Rasper die appels. Meng al die bestanddele goed saam. Laat prut dit ongeveer 40 minute lank totdat die blatjang dik en souserig is. Skep die blatjang in warm gesteriliseerde flesse en maak seker dat daar geen lugblasies vorm nie. Verseël dit. Bewaar die blatjang op ‘n koel droë plek.

 

Suurlemoensmmer / Lemoncurd

3 eiers geklits
Skil en sap van 1 groot suurlemoen
60g Botter
Metode:
Oor n groot bak water (pot met water met glasbak in) klits alles saam
Bottel.

Bere in yskas as oopgemaak is en gebruik binne 1 week

 

Lemoensmeer/lemoncurd

(sowat 300 ml)

140 g (145 ml) strooisuiker

170 ml lemoensap

170 g (185 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny

4 eiergele, geklits

2 eiers, geklits

Kwart van ‘n lemoen se skil

fyngerasperde skil (zest) Meng al die bestanddele saam in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte terwyl jy roer. Laat prut vir sowat 15 – 20 minute. Jy moet heeltyd roer. Die mengsel moet dik wees voor jy dit van die hitte verwyder. Bottel onmiddelik

 

Mango bladjang

6 koppies Mango, half groen
1 koppie appel
500 g uie, gekerf
1 eetlepel knoffel
12,5 ml rissies
3 teelepels borrie
1 eetlepel sout
5 eetlepels suiker
2 koppies asyn

Skil die vrugte en sny in netjiese stukkies. Gooi alles saam in kastrol en kook stadig tot sag en bottel warm.

Stolslaaie, stolvorm slaaie/ring slaaie


BAIE BELANGRIK. SPOEL EERS JOU VORM UIT MET YSKAS WATER VOOR JY DIE MENGSEL INGOOI. DIT HELP DAT DIE VORM MAKLIK LOSKOM

gestolde beetring

 GESTOLDE BEETRING

1 Blik Kondensmelk
1 pakkie gladde maaskaas
1/4k suurlemoensap
1t gelatien (reg aangemaak )
Meng alles goed en laat STOL in ‘n ring vorm.
1 Bottel Beet
1 Pakkie Jellie net so droog bygesit en gemeng(ek het hier nog 1t gelatien (aangemaak) by gesit
Skep op die reeds gestolde mengsel en sit wer in die yskas om te STOL.

GESTOLDE PIESANGSLAAI

1 pak suurlemoenjellie
1 kop mayonaise
1 kop kondensmelk
l t mosterd (ops)
6.-8 piesangs

Los jellie in 1 kookwater op. Sny piesang in skyfies en gooi by jellie sodat almal bedek is. Meng kondensmelk, mayo en mosterd. Voeg by jellie, meng goed en gooi in bak of vorm. Plaas in yskas tot gestol.

 
GESTOLDE PIESANG EN ERTJIESLAAI

1 blik kondensmelk (197 g)
125 ml asyn
7 ml mosterdpoeier
Sout en peper na smaak
1 pk suurlemoenjellie
1 t gelatien
250 ml kookwater
1 blik ertjies, 410g, gedreineer
3 piesangs, geskil en in skyfies gesny
METODE:
Meng kondensmelk, asyn, mosterd, sout en peper baie goed.
Los jellie en gelatien in kookwater op en laat afkoel.
Meng kondensmelkmengsel, ertjies en piesangskyfies. Voeg afgekoelde jellie by en meng liggies.
Spoel slaaivorm met bietjie jellie uit, gooi mengsel daarin en laat stol in yskas. Ontvorm wanneer gestol op slaaiblare en dien koud op.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD

gestolde piesang en ertjie

 MAYONNAISE BEETVORM:

80g braamjelliepoeier

5ml jelliepoeier

250ml kookwater

400g ingemaakte beet

200ml mayonnaise

200ml ingedampte melk (ideal milk)

Pietersielie vir garnering

Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.

APPEL STOLSLAAI

2 kop kookwater

2 pakkies greenage jellie

1 teelepel gelatien (opgelos in bietjie koue water oor beker kookwater)

6 Granny Smith appels, grof gerasper

1 blik grenadilla moes

1 blik fyn pynappel(sonder stroop)

Maak jellie aan met kookwater & laat effe afkoel. Voeg res by & laat stol.Vir garnering, pak pynappelringe onder in bak & wanneer jy slaai omkeer sit kersies in gaatjies van pynappelringe. 

GESTOLDE KLAPPER SLAAI

Bestanddele
1 Blik (410 g) Fyn Pynappels
2 Pakkies pynappel jellie
1 Blik verkoelde ingedampte melk
Rooipeper
Pietersielie na smaak
Water
250 g Roomkaas
375 ml Klapper
Aromat

Metode
Dreineer pynappel en behou vloeistof. Vul pynappel vloeistof aan tot 375 ml met water. Plaas pynappel water in kastrol en kook vir 5 minute. Voeg jelliepoeier by en roer tot opgelos. Laat afkoel. Meng pynappel en roomkaas in die jellie. Klits ingedampte melk styf. Voeg nou die jellie mengsel drupsgewys by die melk en klits aanhoudend. Voeg res van die bestanddele by en meng goed. Gooi in vorm. Plaas in yskas tot gestol. Ontvorm en garneer soos verkies.

EIERRING
2 Eetlepels Gelatien
125ml koue water
250ml kookwater
12 Hardgekookte eiers
1 Eetlepel tamatiesous
3 Eetlepels suurlemoensap
500ml mayonaise
Los die gelatien in die koue water op.
Meng die kookwater by.
Meng nou die res van die bestandele by en giet in vorm.
Laat stol.
Garneer met gekapte tamatie, prawns, avokadopeer en bedien koud.
Eierring

Eierring

GEVORMDE KAAS SLAAI

Bestanddele
1 Pakkie Groen Jellie
250ml Kookwater
250 ml Koue water
30 ml Asyn
125 ml Room
50 ml Fyn gekapte Pietersielie
20 g Gekapte Neute
Knypie Rooipeper
250 ml Gerasperde Cheddar Kaas
1 Blik (410 g) fyn Pynappel
Tamatie Blokkies en Gerasperde kaas vir garnering

Metode
Los Jellie op in Kookwater. Voeg Koue water en asyn by. Roer af en toe.
Laat afkoel tot amper gestol. Dreineer Pynappel goed. Voeg al die bestanddele by en meng goed. Smeer vorm met olie. Vorm moet 750 ml groot wees. Gooi mengsel in vorm en laat stol in yskas. Ontvorm die slaai net voor opdiening deur die rand met mes los te maak. Keer slaai op koue opdien bord uit. Strooi tamatie blokkies rondom.
Strooi kaas en Paprika bo-oor.

AARBEI STOLSLAAI

500g aarbeie
200ml strooisuiker
20ml gelatien
50ml water
2 eierwitte
400ml room (geklits)
geklitste room en aarbeie vir versiering

Metode
Sny aarbeie skoon, was en sny in skywe. Strooi strooisuiker oor en laat 30 minute staan sodat sappe kan trek. Puree in vermenger tot glad en giet in bak. Maak gelatien in water sag, los oor lae hitte op en roer oor aarbei puree in. Hou eenkant totdat dit begin verdik. Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en vou in saam met room.
Giet in vorm en verkoel tot gestol. Keer uit vorm en versier met ekstra geklitste room en aarbeie.

HEERLIKE MAASKAAS/KAAS RING

Genoeg vir 2 ringe
2 pakkie pynappeljellie of lime jellie
1 teelepel gelatine
2 koppies gerasperde kaas of 1 houer maaskaas (gebruik 1k kaas en 1k maaskaas)
1 koppie room
1 koppie kondensmelk
1 koppie agurkies in stukkies gesny of gerasper

METODE
1. Meng jellie, gelatine en 2 koppies water.
2. Laat afkoel.
3. Voeg alles by behalwe room.
4. Klits room styf en vou in.
5. Laat stol in ringe.
advokadopeer ring

KOMKOMMER STOL SLAAI:
2 komkommers – gerasper met skil en gedreineer
1 klein ui gerasper
1 pakkie groen jellie
1 tl gelatien
125ml kookwater
250ml gladde maaskaas
250ml mayonnaise
2tl suurlemoensap
sout en peper
Maak jellie en gelatien aan met kookwater
Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by
Voeg komkommer ui sout en peper by
Meng
Gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater
Plaas in yskas.

KOMKOMMER EN KAAS GESTOLDE –SLAAI

1 Groen Jellie[greengage]
1+1/2e Gelatien
1k Kookwater
1/2k Koue water
Smelt jou jellie in die kookwater en voeg die kouewater by
Laat afkoel
Rasper 2 Komkommer en 1 gekapte klein uitjie en plaas in jou vergietis om die vog te laat dreineer
Wanneer die Jellie mengsel afgekoel het
Voeg by:3/4k Gerasperde Kaas
1/2k Fyngekapte Pynappel
3 e Asyn
2e Mayonaise
Gerasperde komkommer
Gekapte uitjie
Meng alles en gooi in n nat vorm en plaas in jou yskas om te stol

Ontvorm en versier soos jy wil !!!!

HELENA KRUGER van Lekker resepte vir die jongergeslag se:

N.S Ek het nie die komkommers geskil nie !!

Deur: Lekker resepte vir die jongergeslag

GESTOLDE BILTONGRING

15 ml Kookolie
1 klein ui fyn gekap
1 hoenderaftrekselblokkie
100ml kookwater
10 ml gelatien
Knippie fyn koljande
380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas
100g fyn gerasperde biltong
45 ml goeie mayonnaise
Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)
10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.
Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.
Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.
Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.
Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.
Skep in vorm en laat stol in die yskas.
Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.
TUNA RING IN VORM

Mengsel 1:
2 x 200 blikke tuna in water (gedreineer)

100ml mayonnaise

Mengsel 2:
1 x 250g gladde maaskaas (savoury),

50g gerasperde cheddarkaas,

3 gekookte eiers fyngedruk

Mengsel 3:

150g gerasperde Tusses kaas,

100ml mayonnaise

Mengsel 4:

200g Bacon Kips beskuitjies fyngemaak,

60ml margarine of botter gesmelt

Metode:
Meng die 4 mengsels apart. Begin met mengsel 1 onder in die tupper of soortgelyke jelring. Volg met lae 2, 3 en eindig met 4. Maak seker jy sit die lagies mooi egalig op mekaar. Laat oornag in die yskas. Voor bediening, maak die ring versigtig los op ‘n bord en sny in skyfies soos ‘n koek.

tuna mould

TUNA STOLVORM

2 Blikkies Tuna (in water)

1 Blik crushed Pineapples

1 x Koppie gerasperde kaas

1 x Koppie mayonnaise

Gooi water van pynappel & tuna water in koppie.

Voeg 2 teelepels gelatien by en kook in mikrogolf tot opkook.

Meng Tuna, Pynappel, Kaas, Mayonnaise & sous. Set in mould-

Onthou net om mould met koue water uit te spoel voordat jy

die mengsel insit. Stol in yskas

AVOKADOPEER RING

1 pakkie groen of geel jellie

250ml kookwater

2 groot, ryp avokado’s

15ml suurlemoensap

sout en peper

10ml mosterdpoeier

160ml asyn

1blik kondensmelk

1/2 ui, fyngekap

Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.

Foto: OFM

Foto: OFM

MOSTERDRING
4 eiers
250ml water
125ml asyn
175ml suiker
15ml gelatien
15ml mosterdpoeier
2ml borrie
1ml sout
250ml room
Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.

WORTEL EN PYNAPPEL RING:

1 blik crushed pynappel (440gr)

1 pakkie suurelemoenjellie

125ml suiker

500ml gerasperde wortels

1ml sout

125ml room

Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.

Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.

Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.

Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas

  Foto: In en om die huis

Foto: In en om die huis

 GESTOLDE WORTELSLAAI:

1 medium blik ‘crushed’ pynappelstukke

4 koppies gerasperde wortels

1 pakkie pynappeljellie

15ml gelatien (aangemaak met 15ml lou water)

Halwe teelepel sout

Kwart koppie suiker

2 teelepels suurlemoensap

1 houertjie  room, geklop

Gooi sap van pynappelstukke af, genoeg vir 1 koppie. Voeg 2 koppies water by pynappelsap en laat kook. Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatien en suiker by. Laat afkoel tot dikte van wit van ‘n eier. Rasper 4 koppies wortels by. Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel. Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.

TOMATO ASPIC (TAMATIE STOLSLAAI)

5 ¾ cups  tomato juice

3 packets unflavored gelatin

½ medium onion, chopped

½ cup chopped celery leaves

2 Tablespoons Worcestershire sauce

1 Tablespoon sugar

1 teaspoon celery salt

1 teaspoon salt

Lightly brush a 5-cup ring mold or equivalent individual molds with flavorless vegetable oil.  This is a vital step – cooking spray doesn’t work well.

Place 2 cups of the tomato juice in a small bowl and stir in the gelatin to dissolve.  Set aside.

Pour the remaining tomato juice into a large saucepan, add the remaining ingredients and stir to combine.  Bring to a boil, then simmer reduce the heat, cover the pan and simmer for ten minutes.

Strain the juice into a bowl with a pouring spout. Press on the solids to release any juice then discard.  Whisk in the reserved gelatin mixture until thoroughly combined.  Carefully pour into the prepared ring mold, filling as full as possible.

Very carefully transfer the mold to the refrigerator.  When the aspic has cooled, cover the mold with plastic wrap, then chill until firm, at least 8 hours or overnight.

Unmold the aspic onto an elegant tray, and surround with parsley.

Snackle iron


gadgetEK HET ONGELUKKIG GEEN IDEE WAAR ‘N SNACKLE IRON TE KOOP IS NIE.

PROBEER BID OR BUY, GUMTREE, TAKELOT OF ‘N KOEKWINKEL IN U DORP.

UNFORTUNATLY I DO NOT KNOW WHERE TO PURCHASE A SNACKLE IRON.

 

RESEP VIR DEEG VAN SNACKLE IRON

1k meel
1 k melk
1 eier
1 tot 3 teelepels suiker
1/2 t sout.

Klits als saam tot ‘n ligte gladde beslag. Verhit olie tot omtrent 185 grade c. Verhit dat ystervormpie vir omtrent 15 sekondes in warm olie. Dreineer en verwyder alle oortollige olie met papier handdoek. Doop warm vorm in beslag nie heeltemal tot bo aan vorm nie en doop dan in warm olie en braai vir ongeveer 45 sekondes tot ligbruin……

 

Wietsie Vn

Snackle Recipe for salty fillings
1 egg
1/2 cup milk
1/2 cup water
Pinch salt and pepper
1 cup flour

Method
Beat egg and water well together. Add flour salt and pepper. Beat very well If the dough is too thick a little water can be added.

You can also add 1/2 teaspoon Marmite dissolved in water. You can also add a little curry to the dough if you are going to make a spicy filling.

This dough is enough for 2 – 3 doz

For sweet fillings leave out the pepper and add a little sugar. In this case the dough might become too thin. Just add a little flour.

Wietsie Vn Ek wil net byvoeg mens moet goeie kwaliteit olie gebruik. Baie olies deesdae werk nie so goed. Die goed sit vas.

snackel iron 5

Amelia Bosch

Snackle Iron deeg

2 eiers
1 kop koekmeel (140 g)
1 tl suiker (5 ml)
1 tl bakpoeier (5 ml)
knippie sout
1 kop water (250 ml)
3 kop olie – om wafels in te bak (750 ml)

Klits eiers liggies in mengbak.
Sif die koelmeel, suiker, bakpoeier en sout by eiers in.
Voeg water by.
Roer tot goed gemeng.
Verhit olie tot medium warm in ‘n kastrol.
Plaas die yster in die olie tot baie warm.
Verwyder van olie en doop in die beslag en dan weer in die warm olie.
Bak tot ligbruin.
Die wafels moet vanself afdop van die yster, indien nie, lig hulle van die yster met ‘n mes se punt.
Sit voor met heuning of stroop van jou keuse.

Henriette Wessels

SNACKLE DEEG RESEP
Bestandele
1 eier
125 ml melk
250 ml ongesifte koekmeel
125 ml water
1 ml sout
½ ml peper
Metode
klits eier, melk en water saam.
Voeg droë bestanddele by en met meng vir ‘n lopende beslag.
Die deeg kan in yskas gebêre word vir ‘n redelike tyd, genoeg vir om en by 60 doppies.
Gebruik kastrol wat groot genoeg is sodat die Snackle yster maklik daarin pas.
Gooi olie in en verhit die olie met die Snackle yster daarin.
Die hele blokkie van die Snackle yster met bedek wees met olie anders sit deeg vas. As goed warm is, skud oortollige olie van die Snackle Yster af en doop in die beslag.
Sit terug in die warm olie en bak tot goudbruin.
Haal uit olie en haal bakkies af.
As die olie te warm is sal die deeg afval van die yster af.
As daar wel gaar doppies is wat afkom in olie haal met vurk uit en laat dreineer op kombuispapier.

snackle iron

Kitta Schoonbee Jy gebruik selde deeg soos vir pannekoek. Maak potjie met kookolie warm tesame met wafelyster. Druk yster in beslag, moet net nie dat deeg bo oor wafelyster gaan nie! Bak tot goudbruin en haal liggies af met mes. Plaas op kombuispapier en gooi stroop of heuning oor! Heerlik

Esme Van Heerden Erasmus Ek het ook ‘n snackle pan.  Dit werk fantasties. Ek bak dit baie vir geleenthede. As jy dit klaar gemaak het, kan jy dit in ‘n lugdigte houer in die deepfreeze bere vir ‘n lang tyd, dit word ook nie pap nie. Sit net die vulsels in baie kort voor die funksie, voordat dit bedien moet word, want as dit gevul is, word dit pap, nie erg nie, maar dit bly nie vir baie ure stewig en kraak vars nie. Veral as jy melktert vulsel wat nat is daarin sit

Alta Taljaard My  tannie Tat Loots was n voorslag bakster en het dit altyd vir die kerkbazaar gemaak. Die deeg is soortgelyk aan pannekoekdeeg die gadget word in warm olie gedruk, vinnig in die deeg en dan in die olie gebak. Dit word in koeksisterstroop gedoop wanneer gaar of gevul met n soutvulsel, en mens kan verslaaf raak daaraan so lekker is dit.

Johanna Jacobs Jou olie moet die regte hitte he anders val die deeg af Ek is in oue te huis en sal moet soek na resep

Sanelle Strydom My wenk vir die gadget, spay n cook hom waar hy op ‘n bord staan voor jy deeg opsit, die deeg sit dan nie vas nie

snackle iron3

 Net ‘n  interessante brokkie inligting:

‘n Jaffel pan is ook ‘n SNACKLE IRON/TOASTER

snackel iron 55

Hemelse steak/steak in die oond


steak9

HEMELSE TENDERISED STEAK 
1kg Tenderised steak (sny in stukke)
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en sampioene in ‘n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,
1 eetlepel chutney,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 min by 160 °C
Bron: Argilla
Foto & Plasing: WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK / Henriette Wessels

 

SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK (Mikrogolf)

Mikrogolf wenners deur Annette Human

by Leer Kook Met Jou Mikrogolf

750g Biefstuk (enige snit) , in 5cm dik skyfies gesny

Sout, peper en rooipeper

Aangemaakte mosterd

100 ml Koekmeel

2 Uie

SOUS:

375ml Water

1 Blokkie biefekstrak

25ml Worcestersous

25ml Tamatiesous

12,5ml Sojasous

12,5 ml Bruinsouspoeier

12,5ml Mielieblom

Geur biefskyfies liggies met die sout, peper en rooipeper.

Smeer op elk ‘n bietjie mosterd en plak hulle twee-twee opmekaar soos toebroodjies.

Elke skyfie kan ook in die helfte toegevou word.

Rol die “toebroodjies” in die koekmeel.

Kap die oorblywende meel hard met die rand van ‘n piering eers aan die een kant van die “toebroodjie” en

daarna aan die anderkant in.

Plaas die “toebroodjies” in ‘n kastrol van 25 x 25cm.

Skil en sny die uie in ringe.

Versprei dit oor die vleis.

Mikrogolf die bestanddele vir die sous 5 minute oop in ‘n diep bak [1 lt] by 100% [Hoog] en roer dit goed

na die eerste 2½ minuut.

Giet die sous oor die vleis en uieringe.

Bedek en mikrogolf die gereg vir 45 minute by 50% [Medium] krag.

Verskuif elke 15 minute die middelste vleisstukke versigtig na die buitekant.

Laat gereg 10 minute staan voor opdiening.

 

SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK (Oond)

Myrtle van Dyk

Sous:

2 eetl bisto,

1eetl meel,

2eetl tamatiesous,

worchestersous en chutney na smaak.

Meng met 2.5 koppie kook water. sout en peper.

Braai vleis liggies en seel in warm olie. Sit in oondpan met deksel, gooi sous oor en bak teen 140grade vir omtrent 2 ure

ZEUREKA SE STADIGE T-BEEN IN DIE OOND (Rsg)

Bestanddele en Metode
Gooi sout en pepper en ook Aromat na smaak oor T-bene. Smeer olyfolie in oondbak met ‘n deksel en pak T-bene in bak. Bedrup weer met olyfolie. Sny uie ringe oor en sit deksel op 180 grade Celsius vir 1 uur. Draai t-bene so bietjie om. Verminder hitte tot 120 grade tot 140 grade vir ‘n verdere half uur

 

DIDDY SE BRUIN T-BEEN (Oond) (Rsg)

Bestanddele
Ses T-bene
1 groen en 1 rooi rissie opgesny
1 ui opgesny
1 pakkie bruin uiesop
125 ml water

Metode
Maak toe met foelie vir 30 min. Gooi weer sous oor T-bene en bedek weer met foelie vir verdere 30 minute.

 

GEBAKTE BIEFSKYF IN SMUL LEKKER SOUS (Oond)

 2 groot uie, gekap

Sonneblomolie

2 kg (20 porsies) steak

Sout, peper

Koekmeel

SOUS:

1 liter water

125 tamatiepuree/tamatiesous

100 ml sonneblomolie

50 ml asyn

25 ml bruinsouspoeier(bisto)

15 ml sojasous

15 ml Worcestersous

10 ml kerriepoeier

10 ml braaivleisspeserye

5 ml Zeal/Aromat

5 ml paprika

2 knoffelhuisies, gekap

Braai die uie in bietjie olie tot goudbruin. Geur die vleis met sout en peper, strooi koekmeel oor en kap dit met die rand van ‘n piering in die vleis in. Braai die vleisskywe in bietjie olie tot ligbruin. Skep die vleis en uie in lae in ‘n groot oondvaste kasserol. Meng al die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol en verhit dit tot kookpunt. Kook 5 minute. Gooi dit oor die vleis in die kasserol. Bak ongeveer 1 uur lank by 180ºC. Lewer 10 porsies van 2 stukkies biefskyf  elk

 

Gevriesde geregte/geregte wat goed vries


vries

PAAR IDEES VIR GEREGTE WAT GOED VRIES

BAK ALLES TOT GAAR EN VRIES DAN

TRADISIONELE BOBOTIE: (IRENA KINGWILL)
2 Dik snye BRUIN brood
275 ml melk
2 uie fyngekap
3 huisies garlic gekap
30ml kerrie
15ml appelkooskonfyt
30ml chutney
25ml bruin asyn
5ml suurlemoensap
15ml wostersous
15ml borrie
1 kg maalvleis
100ml ontpitte rosyne
100ml amandels / of peanuts
10ml sout
3 eiers
125ml ongegeurde joghurt
8 klein suurlemoenblare opgerol soos sigarette
3/4 lourierblare
Breek brood in stukkies en week in die melk
Braai uie en knoffel tot sag voeg by kerrie en appelkooskonfyt. Voeg chutney, asyn suurlemoensap wostersous en 10ml BORRIE by en meng goed.
Druk melk uit brood en voeg by – hou melk eenkant
Voeg maalvleis, rosyne neute sout en peper by en braai tot vleis die pienk kleur verloor
Verwyder van stoof en klits slegs 1 eier by.
Gooi in platbak en steek opgerolde suurlemoenblare in mengsel
Meng die melk, joghurt orige borrie en eiers en gooi stadig bo-oor die vleismengsel.
Gooi lourierblare oor en bak vir 1 uur by 180 grade tot gaar

Vries

My vinnige LASAGNE resep !! (Rens)

Hierdie  is groot genoeg vir ‘n 30 x 20 cm pyrex glasbak en die vries baie lekker

Ek gaan seker nou baie teenkanting kry met die resep omdat ek my maalvleis en uie sommer saam kook ipv om die uie te braai, maar jy kan dit of kook of braai – die is maar net my  vinnige resep wat ek deel

750 gr maalvleis

2 uie grof gekap

Halwe pakkie sampioene (gekap)

Gooi b.g in ‘n pot met bietjie water en kook vinnig tot alles sag is. Jou maalvleis kan maar nog effe pienkerig wees.

Gooi by:

1 blikkie Chakalaka met butternut

1 Blikkie room mielies (sweetcorn)

2 tamaties gekap en in blokkies gesny

3 opgehoopte eetlepels bladjang

Sout, peper en knoffel vlokkies na smaak

Laat die prut vir ‘n rukkie tot alles deurgaar/warm is.

Maak intussen sommer in jou mikrogolf ‘n lekker DIK witsous. Jou sous moenie te loperig wees nie anders is jou lasagne pap

Pak nou jou lae met die maalvleis, lasagne velle en witsous – ek pak gewoonlik so 3 lae

Rasper tussen elke laag bietjie kaas oor

Eindig af met jou witsous en kaas.

Sit nou die lasagne eenkant neer vir ongeveer 1 uur sodat die velle sag kan raak. Die ander opsie is om jou velle in water te kook vir so 4 minute tot amper sag – jy kan dan jou lasagne dadelik oond toe vat.

LASAGNE

1 ½  kg maalvleis

2 uie gekap

125 gram spek, gesnipper

Braai bruin in 15 ml margarien of olie

Voeg by:

10 ml Origanum

10 ml knoffelvlokkies

1 vol teelepel sout

1 Blik tamatiepuree

250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.

Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.

Kaassous:

100 gram margarien

100 ml meel

sout na smaak

850 ml melk

Voeg 1 ½ koppie gerasperde kaas by.

Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.

Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.

Vries

HOENDER LASAGNE

Hierdie is my gunsteling hoender lasagne resep – Bestandele:
12 velle lasagne
1 EL olie
1 Ui in skywe gesny
100 g Sampioene, in skywe gesny
2 TL gemaalde gemmer
1 TL nutmeg
3 bay leaves
Sout en peper na smaak
3 gaar hoender porsies, (ontbeen en vel, en in stukkies gesny)
1 EL mazina
450 ml melk
150 ml Griekse Jogurt
100 g gerasperde Cheddar

1. Kook die lasagne in sout water tot sag. (‘n Bietjie olie in die water sal keer dat die velle aan mekaar vasplak).
2. Maak die olie warm in ‘n pan, en braai die uie tot sag.
3. Gooi die sampioene by, en braai vir ‘n verdere 3 minute.
4. Gooi die speserye, bay leaves, sout en peper by, en roer deur. Voeg dan die hoender by.
5. Meng die mazina en melk goed, en gooi dan by die hoender in die pan. Bly roer totdat die sous dik word.
6. Haal die lasagne uit die water, en plaas dit oop op kombuisrol om al die extra water te verwyder.
7. Plaas dan die lasagne velle en hoender mengsel in lae in ‘n oondvaste bak (ek hou daarvan om met ‘n laag lasagne te begin en eindig).
8. Meng die Jogurt en kaas, en smeer bo-oor die laaste laag.
9. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200C vir 30 minute, of totdat die kaasmengsel bo-op mooi bruin gebraai is.

Vries

MAALVLEISPASTEI
1 kg maalvleis

2 kop koue water
1 kop sagte broodkrummels

25 ml asyn
10 ml sout

knippie peper
Kors:
1 eier

125 ml olie
125 ml melk

1 k meel
2 t bakpoeier

2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed.

Rencia Odendaal Pretorius

MAALVLEIS BOLLETJIES

1 kg maalvleis

2 groot aartappels (gerasper)

1 groot ui (gerasper)

2 eiers

Handvol oats

1tl kerrie

2eetl asyn

Sout en peper

1/2 teel bakpoeier

Meng al bo-genoemde bestandele

Maak bolle en sit in casserol , sit deksel op

Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water

Gooi bo-oor en bak op 120/130  grade vir 1 en kwart uur/na uur en ‘n half

Vries

KERRIE SKAAPVLEIS

Bestanddele
1.5 kg Skaapvleis in blokkies
4 Uie fyngekap
250 ml Water gekook
37,5 ml Appelkooskonfyt
12.5 ml Kerriepoeier
12.5 ml Suiker
12.5 ml Meel
12.5 ml Asyn of Suurlemoensap
Sout en Peper na smaak

Metode
Soteer die ui in margarien tot ligbruin. Voeg vleis by die uie mengsel. Braai vleis tot lig bruin. Gooi water by en laat kook vir so 1½ tot 2 ure. Maak ‘n pasta van al die ander bestanddele. Kook tot vleis sag is. Vries

RENCIA SE GROENTESOP                                                                                

3 groot shins (bees) of kookvleis/of wildsvleis bene – enige vleis wat jy wil ingooi

300gr maalvleis / of net maalvleis so 500gr

7 wortels gerasper

4 uie gekap of gerasper

5 aartappels geasper

Paar stukkies seldery gekap

3 tamaties (geskil en gekap

Opsioneel, ek gooi sommer groenbone en pitmielies ook by – so 2 kop elk

Bietjie garlic

1 kop (3 in 1 sop mengsel)

Sit die shins onder in jou stoompot

Gooi al die groente en maalvleis bo-op

Heel laaste jou 3 in 1 sopmengsel.

Gooi nou water in tot dat dit net bo die vleis en groentemengsel le

Stoom vir 1 uur

Los dat die stoompot  self afstoom

Maak oop en roer deur en verwyder bene

Vat nou enige geur soppoeir , ek vat sommer die Oxtail met Kerrie of oxtail met chutney

Maak aan met bietjie water en gooi by sopmengsel

Kook lekker deur

Proe nou of daar nog sout en peper kort. Ek doen dit gewoonlik heel laaste want dit hang af wat se sop jy gebruik. Partykeer is die sop genoeg vir smaak

As jou sop nog te dun is, gooi bietjie soppoeir nog by of bietjie bisto.

Hierdie resep vries baie lekker. Skep in jou bakkies, laat afkoel en vries.

 

BOONTJIE SOP

Mariette Visser

1 sakkie (500g) suikerbone

3 liter kookwater

500 – 800g beef shin (bees skenkels) of skaapskenkels of -stowevleis (of albei)

1 groot ui, gekap

1 biefblokkie

1 blikkie (65g) tamatiepasta

25 ml Bisto

15ml Worcestersous

sout en peper

Week boontjies oornag in baie koue water.

Die volgende dag: was en dreineer boontjies en kook dan met 2 liter van die

kookwater tot sag.

Braai ui en vleis bietjie bruin en kook dan met orige 1 liter kookwater tot baie sag.

(‘n Drukkoker/stoompot is baie handig!)

Verwyder die bene en sny vleis inkleiner stukkies en voeg saam met die vleissous en

biefblokkie by die boontjies.

Meng die tamatiepasta, Bisto en Worcestersous met bietjie koue water en roer by

die sop in – geur met sout en peper.

Laat dit goed deurkook. Vries

MACARONI EN VLEIS GEREG

Bestanddele Kors
225 g Rou Maalvleis
½ k Melk
1 k Vars Broodkrummels
1 e Water
1 Fyn Gekapte Ui
‘n Knippie Sout
1 t Worcester sous
1 t Blatjang
1 t Gemengde Kruie

Bestanddele Vulsel
¼ Pak Macaroni
2 k Gerasperde Kaas
1 e Margarien
1 e Meel
3 e Melk
2 Tamaties
1 t Mosterd

Metode Kors
Meng al die bestanddele. Voer gesmeerde tertbak uit met mengsel. Bak 25 minute teen 180ºC.

Metode Vulsel
Kook Macaroni en dreineer. Smelt botter en meel oor lae hitte. Voeg mosterd en twee derdes van kaas en 1 tamatie by. Roer melk by en roer tot dik. Gooi sous oor die macaroni en meng. Skep nou die macaroni mengsel in kors. Sit die orige kaas en tamaties bo oor die gereg. Sit en oond en bak tot lig bruin. VRIES

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:

1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok

1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)

100 ml mayonaise

1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak

400ml witsous

50ml gekapte vars pietersielie

2 eiers geklits

Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.

Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor

Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor

Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

  

SUPER MAKLIKE HOEDERPASTEI

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok

250gr gram spek (opsioneel)

Hoenderspeserye, fyn naeltjies,garlic,  peper en sout

1 of 2 uie gekap
250 g sampioene in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier

1 pakkie Chicken a la king – cook in sauce

1 koppie veggie mix

1 liter melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarin
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Braai uie, spek en sampioene. Gooi die groente in en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels in en laat net effe kook – voeg die speserye by en hoender. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of bietjie meel as jy sien mengsel is te dun.

Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor  EN VRIES. Haal uit vrieskas en  bak in vooraf verhitte oond vir  45 min by 180 grade C of tot ligbruin.

Jy kan hier ook ipv die skilferkors deeg die SLAP PASTEI DEEG  maak. Die sit jy op, bak klaar en vries:

SLAP PASTEI DEEG:

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml koekmeel en 2tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20min tot gaar en goudbruin

Rencia Odendaal Pretorius

KERRIE EN RYS

500 gr maalvleis

1 ui – grof gekap

Paar stukke green/yellow/red pepper – grof gekap

4 tot 5  sampioene – in 4 gesny

2 tamaties geskil en in blokkies gesny

2 wortels – grof gerasper

1 kop catering veggie mix (of 1 blikkie gemengde groente)

3 aartappels – afgeskil en in blokkies gesny (pre-cook die in mikrogolf vir so 4 min)

Kerrie, borrie, garlic, aniseed stars, cumin, masala, bay leaves  (dit wat jy gebruik in jou Kerrie)

(Ek het by Indiese spesery winkel so ‘n pakkie Mild Mixed curry gekoop – ek gebruik net so 1 eetlepel daarvan – dit het alles reeds in)

Braai jou uie en maalvleis in bietjie olie, voeg kerrie mengsel by – gooi die wortels, greenpeppers, sampioene en tamaties  by en braai . Gooi  veggie catering mix  in en roer deur

Gooi 1 koppie water by en die aartappelblokkies

Kook tot aartappelblokkies lekker sag is.

Maak paar aartappel blokkies fyn teen die kant van jou pot. Dit maak dat jou maalvleismengsel ‘n lekker dik tekstuur het.

Kook rys, skep in bakkies en vries

 

MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS:

1 dik sny brood, korsies verwyder

Bietjie melk

sout en peper na smaak

5ml koljander

37,5ml asyn

500g maalvleis

1 tamatie

3 repies spekvleis

KORS:

2 eiers

125ml melk

12,5ml gesmelte botter

125ml gaar rys

125ml meelblom

5ml bakpoeier

125ml gerasperde kaas

Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

Vries

 

MAALVLEIS EN PASTAGEBAK

125 g spekvleis, gesnipper

500 g maer beesmaalvleis

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 groen soetrissie, gekap

‘n halwe pakkie bruin uiesop

1 blik (410 g) gekapte tamaties

500 ml beesvleisaftreksel

125 ml blatjang

Sout, peper en suiker na smaak

500 g pasta (macaroni of penne)

375 ml gerasperde kaas

375 ml vars broodkrummels

60 ml gesmelte botter

45 ml vars pietersielie, gekap

Braai die spekvleis in ‘n swaarboompot tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Braai die uie, knoffel en soetrissie in ‘n pan tot sag. Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor. Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook. Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees). Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in ‘n groot oondbak. Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor. Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin. Vries

Rencia Odendaal Pretorius

SPAGHETTI BOLOGNAISE

375 g spaghetti (gaar)

1 ui, fyn gekap

12,5 ml olie

500 g maalvleis

5 ml sout

3 ml gemengde speserye

3 ml tiemie

3 ml kaneel

12,5 ml appelkooskonfyt

25 ml blatjang

1 x 410 g blik tamatiepuree

Braai ui tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous.

MEATLOAF 

500g maalvleis

1 eier

Halwe pakkie mushroom sop

1 ui fyn gekap

30ml tamatiesous

15ml worchesterhire Sous

2.5ml mixed herbs

Meng alles saam druk d. in ‘n reghoekige bondeltjie en plaas in ‘ glas bak. Bak v. 30min op 200C gooi

Dan volgende gooi  Sous oor en draai hitte af na 180C, Bak v. ‘n verder 30min.

Sous:

60ml bruin suiker

60ml tamatiesous

10ml soysous

30ml asyn

30ml water

Meng alles saam sit mikrogolf  vir so 2minute.

Vries

Rencia Odendaal Pretorius

BULLY BEEF SOUTTERT

1 blik bully beef

1 kop melk

3 eiers

2 eetl meel

1 en half tl droee pietersielie

1 tl mosterd

sout en peper

Meng alles – gooi in platbak –

Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute

Ek het myne bietjie aangepas, Het die volgende by die resep gevoeg.  1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham ,  1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier.

Vries

Rencia Odendaal Pretorius

MA CHARLET SE KORSLOSE SOUTTERT

Rencia Odendaal Pretorius

250 gr spek gesnipper

250 gr weense worsies gesny

500ml gerasperde kaas

1 ui gekap

35 ml rosyne

10 ml pietersielie

40ml meel

5ml mosterd

Sout en peper

250ml melk

4 eiers

1 Groen, rooi en geel peppers (gemeng) opgekap

Meng melk en eiers

Meng al die ander  bestandele  saam en gooi die melk en eier mengsel by – Meng deurmekaar en bak

Bak vir  30/40 min by 180 grade C

Vries

 SOUTTERT

3 Snye wit brood

5 eiers

250/300gr polonie of kouevleis in blokkies gesny

1 groot ui gerasper of gekap

1tl mosterd

3 kop melk

1 groot blik vienna’s  in ringetjies gesny of gewone viennas is ook goed (die kan jy uitlos as jy meer kouevleis wil ingooi

3 kop chedderkaas gerasper

Peper

Pietersielie

Gooi 1 en half kop water by brood (week)

Meng ander melk en eier

Voeg alles bymekaar en bak by 180 grade vir ongeveer 30/40 min tot gaar en goudbruin.

Vries

 

VISKOEKIES

2 middelslag (rou) aartappels

2 middelslag uie

1 blikkie sardyne in tamatiesous

106 g gewone sardyne

2 eiers, geklits

125 ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier

sout

rooipeper

kookolie vir vlakbraai

Skil die aartappels en uie en rasper hulle op die growwe kant van die rasper. 

Gooi die ergste sous van die sardyne af en druk die vis fyn. 

Voeg die eiers en gerasperde aartappel en uie by die vis en meng. 

Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en rooi peper saam bo oor en meng goed. 

Skep dessertlepels van die mengsel in vlak, matig warm kookolie in ‘n braaipan en 

druk die hopies in ‘n netjiese fatsoen. Braai die koekies aan weerskante tot gaar. 

Plaas die gaar koekies op kombuispapies sodat alle oortollige olie kan dreineer

KERRIEHOENDER  (JAGTERSBOEK)

(Met erkenning aan Rina Fourie-Sűpra)

Rol 2kg hoender stukkies in die volgende mengsel:

150g koekmeel

20ml suiker

5ml hoender speserye

Aromat, sout en peper

20ml matige kerriepoeier

Plaas vleis in oondskottel en gooi die volgende sous oor:

500ml water

150ml tamatiesous

150ml chutney

50ml worcestersous

1 pak wit uiesoppoeier

Stel oond op 180°C. Skep vleis in oondbak met deksel en bak tot gaar. Haal deksel af en bak bruin en sous verdik

Vries

HOENDERSTUKKE IN DIE OOND (Bedien warm of koud)

Rencia Odendaal Pretorius

Mayonaise hoender

Ek maak my hoenderstukke as volg: Pak hoender in platbak. Maak ‘n  sous met die volgende – mayonaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt en mosterd en so ‘n bietjie suurlemoensap – Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Sit foil oor en bak vir so  uur en ‘n half na 2 ure by 160grade C. Jy kan dit vir 1 uur op 180 C indruk

Vries

BLADJANG HOENDER

Bestanddele
1 Hoender in stukke
250 ml Olie

Bestanddele – Sous
1 Gekapte Ui
1 k Tamatiesous
2 e Worcestersous
1 ¾ k Meelblom
250 ml Blatjang
40 ml Asyn
140 ml Water.

Metode
Plaas hoender, meelblom, sout en peper in sakkie en skud goed. Verhit olie in diep pan. Braai hoender tot bruin en sag. Verwyder hoender uit pan. Gooi olie uit pan totdat daar slegs 25 ml oor is. Voeg uie by olie en braai uie tot bruin. Voeg al die ander bestanddele by. Voeg hoender by. Sit deksel op pan en prut tot sous dik is.

Rencia Odendaal Pretorius

PAMPOEN POFFERTJIES:

(Almarie Burger)

Sous:

2 kop suiker

2 kop melk

1 kop water

2 eetl botter

5tl maizina angemaak met bietjie van die melk

sout

Kook alles en bring tot kookpunt

Koekie:

2 kop gaar pampoen

2 kop meel

4tl bakpoeier

2 eiers

Meng alles.

Skep nou lepels vol in pan met olie en bak tot gaar.

Pak lae poffertjies, NB jou poffertjies moet warm wees –  gooi WARM sous oor en kaneel en hou so aan tot beslag klaar is.

Ek het myne in my deepfryer gemaak, teelepel gewys ingegooi en die hoeveelheid is ongeveer 50 poffertjies.

Tip: Ek kook bv ‘n hele pampoen net met water gaar, mash dit en verpak dit in sakkies – of 2 koppies – of 1 koppie (1/2 beslag)

As ek dus pampoenpoffertjies wil bak, haal net die sakkie uit, ontvries en bak.

Die resep vries baie goed.

Skud en skommelkors (vir pizza basis en pasteie)


IMG_8572

SKUD EN SKOMMELKORS (Geskik vir pizza basis en oor pasteie)

Deur: ANNETTE HUMAN

750ml bruismeel of 750ml meel en 25ml bakpoeier

200ml kookwater

200ml olie

5 ml sout

Gooi in plastiekbak en skud tot jy hoor dit is in ‘n bal vorm

Maak deksel oop, smeer los stukkies en knie net so effe tot mooi bol gevorm is

IMG_8571

skud en skommelkors

Nikki Coetzee‎Kreatiewe Kos Idees January 14 · Hoender pastei met die skud en skommel deeg.Het perfek uitgekom – dankie Nikki Coetzee‎

Oorskiet braaivleis idees


Ons almal sit gewoonlik Maandag met ‘n halwe bak gebraaide vleis wat oorgebly het na die naweek se braai in ons yskas. Dit kan selfs van ‘n bord gekookte kos wees bv. hoender, of boudvleis of vark of ” what ever” soos hulle se:

Vandag wil ek julle wys hoe ek met oorkietvleis ‘n toevou pastei gemaak het. Dit is so maklik en jy kan basies enige iets insit.

IMG_8582

Ek gaan vir julle die hele storie vertel van hoe ons (ek en my man) by die gereg uitgekom het. Julle weet mos ek is sonder ‘n kombuis omdat ons dit oordoen, so ek “take aways” sover ek kan.

Nou Vrydagmiddag besluit ek toe om by ons kettingwinkel gaar spareribs te koop en dan sal ek die aand sommer net chips by die kafee gaan koop.

So word ons toe genooi vir ‘n braai en die spareribs bly in die yskas

Saterdagaand se my man, kom ons maak Pizzas met die spareribs. Hy se toe hy wil ‘n toevou pizza maak (ek dink mens noem dit Calzone) maar hy wil sommer gekoopte brooddeeg gebruik.

Kafee toe – geen brooddeeg iewers te vinde nie 😦

So besluit ek toe om ANNETTE HUMAN se SKUD EN SKOMMELKORS te maak

 HIER IS DIE RESEP !!

IMG_8571

750ml bruismeel of 750ml meel en 25ml bakpoeier

200ml kookwater

200ml olie

5 ml sout

Gooi in plastiekbak en skud tot jy hoor dit is in ‘n bal vorm

Maak deksel oop, smeer los stukkies en knie net so effe tot mooi bol gevorm is

IMG_8572

Ek het die spareribs van die bene afgesny en in stukke gesny, ‘n groot uie opgekerf , 1 blikkie knopie sampioene ingegooi en halwe blik pynappelstukke, gedreineer, knoffelvlokkies, sout en peper en dit gebraai tot warm

Hier kan jy nou enige oorskietvleis gebruik, vars sampioene, peppers, olywe ens

Lekker gebraaide maalvleis gaan ook werk of selfs boerewors in stukkies gesny

Neem die deeg en druk plat in ‘n oondbak. Jy hoef nie die oondbak te smeer of te spuit nie. Die deeg het genoeg olie in.

IMG_8573

Smeer aan die eenkant tamatie relish of tamatie en uie smoor of enige iets wat jy wil oorsmeer

IMG_8574

Sit jou vleismengsel op. Ek het peppadews en bietjie gerasperde chedderkaas ook oorgestrooi

NB: JOU VLEIS MOET EFFE SOUSERIG WEES ANDERS IS JOU PASTEI TE DROOG. DIE TAMATIE RELISH OF TAMATIE EN UIE SMOOR WAS VOLDOENDE OM DIT  SOUSERIG GENOEG TE MAAK. Dit moet net nie te souserig en loperig wees nie anders loop dit uit die deeg uit.

IMG_8575

Vou nou jou anderkant oor en druk oral mooi vas. Wees versigtig, die deeg is papperig en maak maklik gaatjies. Smeer maar toe met jou vinger sover moontlik.

Voorverhit jou oond tot 180 C

Bak vir ongeveer 45 minute of tot jy voel jou deeg is lekker bros en hard.

IMG_8578

Haal uit en laat staan so 10 minute

IMG_8580

Bedien net so of jy kan lekker mengelslaai saammaak of selfs rys of kapokaartappels. Jy kan dit as ‘n vleisgereg saam met ‘n gekookte bord kos ook gebruik.

 

OORSKIET HOENDER

Ons braai oor die algemeen baie HOENDER. Ons het nooit regtig oorskiet hoender nie want ek maak porsie gewys gaar, maar dit gebeur nou en dan as ons ‘n flatty gebraai het en daar oorskiet is, of selfs op ‘n Sondag ete as ons ‘n heel hoender gaargemaak het en ‘n klomp los stukkies oorbly. Gewoonlik is dit nie baie nie, maar mens kan dit darem in ‘n ligte maaltyd omskep.Hier is ‘n paar idees:Hoender en mayonasie toebroodjies, hoender slaai met noedels, mayonaise, bietjie bladjang, kersie tamaties, blokkies kaas en komkommer, Hoender hamburgers, gevulde pannekoeke met hoender en ‘n witsous, wraps, tortillas.

Hierdie is my man se “favourite” Ek braai uie, sampioene en spek tot gaar. (Partykeer sit ek ook 3 kleure peppers by) Dan gooi ek die oorskiet hoender by, so handvol ertjies en handvol pitmielies of ek gooi sommer net ‘n koppie veggi mix by en so halwe pakkie chicken a la king en halwe pakkie wit uiesop aangemaak met melk. Kook tot dik. Ek bedien dit op kapokaartappels of selfs as vulsel vir pannekoeke. Wat ek nou die dag met die resep soos bo gedoen het, ek het die mengsel in klein ramekins geskep en puff pastry opgesit en gebak. Ek het 6 pasteitjies uitgekry en dit bedien met ‘n slaai en ‘n varsgebakte aartappel broodjie. Jy kan hier ook ‘n groot pastei maak en die puff pastry of die slap pastei deeg oorsit. Rek jou min hoender met spek, sampioene en groente na ‘n volledige maaltyd.

Dan wat ook lekker werk is om jou puff pastry te neem, oop te rol, jou stukkies hoender te meng met 1 gekapte ui, 1 blikkie chakalaka met mielies, so 1 eetl mayonaise, sout en peper, dit op te rol en te bak in die oond tot gaar by 180 C

My vriendin maak weer die slaai:

Coronation Hoenderslaai (2 porsies)
Ongeveer 2 koppies oorskiet hoender ((in blokkies gesny)
1 eetlepel mayonnaise
2 eetlepels Griekse jogurt
1 opgehoopte teelepel kerriepoeier (meer of minder na smaak)
1 eetlepel blatjang
Sout en peper na smaak
Meng die mayonnaise, jogurt en kerriepoeier saam, indien nodig, voeg ‘n bietjie kookwater by om die sous dunner en loperig te maak. Roer die blatjang en hoender by. Geur na smaak met sout en peper. Sit in yskas tot opdiening.

 

Maak sausagerolls met jou oorskiet hoender – Neem puff pastry, rol oop en sny die blokke na gelang van jou keuse van grootte van jou sausage rolletjie. Maak die vulsel, rol toe en bak. Bedien met mengelslaai en ‘n lekker hoendersous.

CHICKEN KISSES VULSEL: (Oorskiet hoender)

Oorskiet hoender (ongeveer so 3 na 4 koppies) gevlok

1 houertjie roomkaas – versag net vinnig in die mikrogolf

4 eetlepels botter

1 tl sout

1/2  tl peper

1/4 koppie melk

1 groot ui gekap

Meng alles goed . Gooi in bak en sit skilferkorsdeeg bo-op. Bak in oond by 180C tot gaar en goudbruin.

BEEF STROGONOFF MET OORSKIET BRAAIVLEIS

Ek het steak, hoendersosaties en lam boudtjops oorgehad na die naweek se braai. Die het ek alles in blokkies en repies opgesny

Sny ui in skywe. Sampioene in 4 gesny, so bietjie knoffelvlokkies sout en peper en gebraai tot sag. (jy kan hier ook die 3 kleure peppers bysit as jy wil)
Neem ‘n pakkie Knorr Beef strogonoff en maak aan met 450ml melk (of minder – afhangende van hoeveel vleis jy het – halfveer ook die pakkie indien nodig) Voeg by uie mengsel en laat effe deurprut. Gooi nou eers die vleis wat in blokkies gesny is by. Jy wil nie he dit moet weer braai nie. Dit is klaar gaar en as jy dit nog verder braai raak dit skoensole en kurkdroog. Roer deur en prut tot dik.

Maak Jassie (jacket potato) en bedien saam met slaai.

WENK: Jy kan dit op roosterbrood bedien, rys, pasta of kapokaartappels, maak ‘n wrap, ‘n gevulde pannekoek , tortillas, bak vetkoeke en gebruik die as vulsel. Gooi dit in ‘n bak, sit skilferkors oor en bak in die oond as ‘n pastei. Maak ‘n rol met die vulsel en skilferkorsdeeg. Maak slap pastei degie en gooi bo-oor en bak in die oond tot gaar.

Kyk net na die dikte van jou sous en wat jy daarmee wil maak. As jy bv die pastei wil maak, voeg nog bietjie meel by die sous om die vulsel dikker te maak.

Christa Hattingh My man vat gewoonlik vleis en wors sny in klein stukkies dan braai hy so 2 of 3 uie lekker sag. Gooi vleis by en maak lekker lang sous saam. Dan eet ons dit saam met brood of mash. Altyd ‘n wenner.

Delport Cathleen As ek roast of boud vleis oor het maak ek dit fyn in voedsel verwerker en meng bietjie chutney en mayo by vir toebroodjies. Braaivleis word in blokkies gesny, uie gebraai vleis bygesit en n bisto sousie saam met toast. Heerlik

Mareli Dreyer Ook lekker as jy vorige aand se vleisies in blokkies sny, en saam met uie, 3 kleur rissies, kaas en tamatie blokkies ñ lekker omelet maak vir ontbyt die volgende dag.

Hendrika O’Neill Maak jy eie pizza filling met baie vleis

Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!

Marie de Beer Ek maak baie keer n slaai. Sny vleis blokkies, voeg gekapte tamatie, uie, blaarslaai, komkommer en peppers by. Roer deur.

Driekie Erasmus In ons huisgesin is “chow-chow” altyd n wenner
Braai n groot gesnyde ui, pakkie vars gesnyde sampioene, bietjie knoffel, sout en pepper.
Sny oorskietvleis van bene af en gooi by die uie en braai so bietjie, gooi dan n halwe blikkie bier by(opsioneel) en laat dit n rukkie lank prit op lae hitte, gooi n blikkie sweetcorn en n blikkie baked beans by en laat weer n rukkie prit! Bedien warm saam n toastie! Dis baie lekker, en idiaal vir vakansies as mens baie braai en daar bly soo paar odd stukkies vleisie oor!

Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!

Elmarie Koch de Bruyn Ek maak partykeer macaroni & cheese met ‘n lekker tuisgemaakte kaassous

Marlize Gore Ek vries die braaivleis soms as ons nie die volgende dag wil vleis eet nie. Ontvries soos benodig en braai dan uie/mushrooms/knoffel en enige sousie by en bedien op pasta of rys.

Alta Gunter Van Dyk Ek sny ook vleis in blokkies, braai uie, sampioene peppers met tamatie pasta sweet chillisous, bietjie wochestersousn sout vars gemaalde swat peper, en bietjie suiker om suur weg te neem. Dan kook ek Tagletthi of egg noodles en maak n heerlike pasta gereg, of ek gooi gemengde groente by vleis blokkies en kapokaartappels boop en daar is herders pastei

Hendrika O’Neill Maak jou eie pizza filling met oorskietvleis

Hendrika O’Neill  maak sommer n stirfry met vleis wat jy in repies sny of vleisie met mayo op broodjie. Of maak jaffel filling

Doreen Pistorius Muller Ek vat gewoonlik al die braaivleis wat oorbly en sny als op braai saam uie en knoffel, en dan maak ek n pasta en gooi als saam met n lekker kaas sous of witsous en gooi kaas bo op en laat bak in die oond net tot kaas smelt. Want ek gooi ook niks weg nie.

Nadine Fick Miller Ons sny in stukke saam met gebraaide uie en roer eiers, alles gemeng!

Ina En Andre Vorster Ek laat ook extra braai, maak dan die volgende dag “BOERE Prego rolls”! Ek braai grof gesnyde uie, knoffel en soetrisse saam en voeg dan Prego sous, rissiesous en biekie tamatiesous by en dan skywe worsstukkies of oorskiet braaivleis by en braai saam tot baie warm en dien dit saam met Pregorolls of gewone broodrolle op.

Maria O’Neale Ek hoop altyd iemand los net stukkie wors oor. Dan maak ek v my slap mieliepap. Niks so lekker soos dit nie

Valerie Butler Ons maak Mac en kaas en sit ‘n lagie wors wielletjies bo oor en dan laaste die kaas. Baie lekker!

Anri De Jager Ek maak wors sosaties met ui/ sampioen/peppers tussen in geryg en marineer dit in jimmys sous of iets soortgelyks. Dit word sommer so van die braai af geeet….

Esmarie Kotze Atkinson My man sny dit in stukkies. Braai bietjie en gooi dan appelkoos konfyt in. Dan eet ons dit sommer op toast

OORSKIET WORS

BOEREWORS PASTEIOngeveer 500 g boerewors (oorskiet wors)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil
1 kop gerasperde Cheddarkaas

Ontvel jou wors en sny in dik skywe. (jy kan die vel aanlos indien verkies)
Kook aartappels tot gaar. Mahs en geur met ‘n klont botter, bietjie bakpoeier en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/KAPOKAARTAPPELS
25ml margarien
1 klein ui (fyn gekap)
1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)
2 groot tamaties (geskil & grof gekap)
25ml blatjang
25ml tamatiepasta
10 ml bisto
12,5ml sagte bruinsuiker
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
100ml warm water
500g gaar oorskiet wors in stukkies van so 3cm gesny
Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld. Gooi nou die stukkies wors in en laat dit net deurprut tot warm.
Bedien met krummelpap of kapokaartappels.

 

Koek idees/versiering en ander idees vir spesiale koeke


koeke versier

sjokolade koek

vlinder koek

plunderinpirateship

 Read all about --> http://bit.ly/1fLwRlF


Read all about –> http://bit.ly/1fLwRlF

 

koeke versier 3

kids koek

 

kids koeke

kids 55555

 

kids9999

kinders

 

KIDS 6666666

 

kids naneen

 

 

Ouma Meelbol


 

baba

Ancoise Venter

OUMA MEELBOL

Mens druk net meel styf vas in n lee tuna blikkie en bak dan die blikkie in die oond vir ongeveer n uur op 180 c totdat die meel effens ligbruin bo op verkleur.  Skep uit blikkie en kap met vermenger fyn . Gebruik 50 ml en knippie sout wat met n koppie melk gekook word in Mikrogolf tot dik. Dis maar baie soos n dik melkkos.. Heerlik met n klontjie botter . Genoeg vir een porsie pap.

NOTA:  My ma se mens gooi eers n bietjie meel in blikkie en druk met n swaarboomglas dit vas en dan weer biki meel en druk vas tot blikkie vol is. Syt sommer n klomp gebak op n slag . Dit bêre baie maklik in lugdigte houer

 

David Vd Heever

Ouma Meelbol.

Hierdie is g`n grap nie.  Heel eerste moet jy die regte blik kry om die meel in te bak.  Dit moet n blik wees met n metaal deksel.  Ek weet nie of mens nog so `n blik kry nie.  Ons het self Ouma Meelbol vir ons kinders gebak toe hulle klein was.  Dis eintlik babapap.`  n Lactogen of Klim blik was vroeë jare reg.  Mens het bakpoeier ook in so n blik gekry.  Die pap word gebruik vir babas maar is heerlik Jy meng die gaar meel met warm melk met bietjie suiker.  Ek glo die resep vir die poeding of vla sal dieselfde meel gebruik.

 

Metode:

Druk koekmeel in die blik van onderaf af vas met n`n lepel.  Dit vat `n tydjie.  Laag vir laag tot bo.  Dit moet baie styf ingepers en vasgedruk word anders bars die blik oop in die oond as die lug uitsit van die hitte.  Maak hom vol tot bo en sit die deksel op.  Ek het myne met `n draad bo-oor vasgedraai met `n tang sodat hy nie oop kan skiet nie.  Bak hom dan in die oond vir `n uur.  Laat afkoel.  Die meel het dan so `n effe bruin kleur as hy klaar is.  Dan is hy gaar.  Hy raak dik as jy dit in melk gooi.  Dis ongelooflik smaaklik.  Glo my.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

 

Linda Le Roux Swarts Vanaf die internet: OUMA MEELBOL
Mens druk net meel styf vas in n lee tuna blikkie en bak dan die blikkie in die oond vir ongeveer n uur op 180 c totdat die meel effens ligbruin bo op verkleur. Skep uit blikkie en kap met vermenger fyn . Gebruik 50 ml en knippie sout wat met n koppie melk gekook word in Mikrogolf tot dik. Dis maar baie soos n dik melkkos.. Heerlik met n klontjie botter . Genoeg vir een porsie pap.
NOTA: My ma se mens gooi eers n bietjie meel in blikkie en druk met n swaarboomglas dit vas en dan weer biki meel en druk vas tot blikkie vol is. Syt sommer n klomp gebak op n slag . Dit bêre baie maklik in lugdigte houer

Mari Els Gooi koekmeel in oondpan,en bak in oond tot mooi lig bruin.my ma het dit altyd gedoen,en ons 10 kinders is op dit groot gemak,en ha kleinkinders

Jacqui van Sittert OUMA MEELBOLMens druk net meel styf vas in n lee tuna blikkie en bak dan die blikkie in die oond vir ongeveer n uur op 180 c totdat die meel effens ligbruin bo op verkleur. Skep uit blikkie en kap met vermenger fyn . Gebruik 50 ml en knippie sout wat met n koppie melk gekook word in Mikrogolf tot dik. Dis maar baie soos n dik melkkos.. Heerlik met n klontjie botter . Genoeg vir een porsie pap.Enige blik kan egter gebruik word.NOTA: My ma se mens gooi eers n bietjie meel in blikkie en druk met n swaarboomglas dit vas en dan weer biki meel en druk vas tot blikkie vol is. Syt sommer n klomp gebak op n slag . Dit bêre baie maklik

Sonja Van Rhyn My ouma het bruinbroodmeel gesif dan in n blik met n blikdeksel gesit, bo op is die meel klamgemaak, dan word dit in die oond gebak, hoe lank weet ek nie, die harde kors word bo afgehaal en dan maak jy pap met die meel soos wat jy maizenapap maak, somtyds het sy witbroodmeel ook gebruik, die bruinbroodmeel is gebruik as baba se maag hard is.

Mossie Vd Merwe Bak koekmeel in oond tot effens bruinerig, gooi sout by na smaak en maak dan aan soos vla, afhangende van die

Magda Venter Grobler My ma het dit altyd in ‘n bakpoeier blikkie wat al 2 kante oopgesny was in die oond gebak. Ek gaan by my ousus hoor want my ma het dit vir haar seuntjie gegee toe hy baie siek was en dit het hom binne ‘n japtrap weer krag en eetlus gegee

Alma Phillips My ouma het dit gemaak. Sy het meel BAIE styf in swiss rol pan gedruk dan in oond gebak tot gaar,seker lae hitte,ek skat so 1 uur,laat koud word,maak fyn seel in vrugteflesse,daar was nie yskaste

Marianna Meintjies Ons huishulp jare terug. Het koekmeel styf in koekblik ge”press”dan stadig in oond gebak tot ligbruin. Wanneer sy gebruik het is dit afgeskraap en gekook. Baie voedsaam vir klein kinders.

Cornelia Teich Dit moet gebak word in blik styf ingedruk as dit nie gaar is nie sal die baba pyn op die maaag kry as dit lig bruin is rol met n bottel maak dan aan met  kook water tot die dikte wat jy wil he.

Madelein van Staden Al my kinders en kleinkinders daarmee groot gemaak.Wonderlik

Rachel V R Barnard ek het my 4 kinders op ouma meelbol gesit net nadat hulle van di bors afgehaal was.van 6wke af begin met pap.toe later met biq skorsie gevoer.NIKS fout met. hulle nie.almal vet en gesond tot vandag toe…

 

Brunch/Ontbyt idees


ontbyt 3

ONTBYT/BRUNCH PANNEKOEK~ Tiaan Langenegger.
1 pak sampioene
1 pak kaasworsies
1 pak repiespek
2 tamaties
1 hardgekookte eier per porsie
1 pannekoek per porsie

Só maak jy
1.  ’n ‘Mixed grill’. Sny die sampioene in skyfies en braai dit in ’n pan totdat dit mooi goudbruin is. Braai nou sommer in dieselfde pan vir elke porsie twee repe spek en ’n kaasworsie totdat die spek lekker bros en die worsie deurgaar is.
2.  Tap die olie af. Skep dit alles op kombuispapier uit om te dreineer.
3.  Laat die hardgekookte eiers ’n bietjie afkoel, dop dit af en sny elke eier oor sy lengte in middeldeur.
4.  Paslaken vir ’n beker. plaas ’n pannekoek binne-in ’n blikbeker sodat die rande ’n bietjie na buite oorhang.
5.  Laai hom vol. Sny die kaasworsie en spekrepies middeldeur, die tamatie in wiggies en pak dan al die ontbytkos binne-in die pannekoek. Sprinkel ’n bietjie sout oor en sit dit voor voordat dit afkoel.

Brunch-Sausage-Casserole

BRUNCH SAUSAGE CASSEROLE

Author: Nestle

Ingredients
1kg pork sausage, cooked, drained and crumbled
4 cups cubed day-old bread
2 cups shredded sharp cheddar cheese
2 small cans of NESTLE CARNATION Evaporated Milk (Ideal milk)
10 large eggs, lightly beaten
1 teaspoon dry mustard
¼ teaspoon onion powder
Instructions
1. GREASE 13 x 9-inch baking dish. Place bread in prepared baking dish. Sprinkle with cheese.
2. COMBINE evaporated milk, eggs, dry mustard and onion powder in medium bowl. Pour evenly over bread and cheese. Sprinkle with sausage. Cover; refrigerate overnight.
3. PREHEAT oven to 170 C
4. BAKE for 55 to 60 minutes or until cheese is golden brown. Cover with foil if top browns too quickly. Season with ground black pepper.

NADIA SE HAM EN KAAS KROKETTE:
Bestanddele:
500gram macaroni
3 – 4 lepels Maizena
350 gram kaas
350 gram ham
4 eiergeel (eierwit gebruik vir die krummels)
‘n Pak broodkrummels
METODE:
1. Maak die macaroni gaar.
2. Meng al die bestandele met die macaroni terwyl nog warm.
3. Laat dit afkoel, rol balletjies, rol in eierwit en dan in krummels, braai in warm olie.
BEDIEN MET TUISGEMAAKTE MAYO:
1-2 lepels mosterd
Knippie sout en witpeper
1 eiergeel
SO MAAK JY:
Klits eenkant toe en gooi stadig olie by op einde gooi jy klein bietjie wit asyn by.

Ontbyt - brunch egg

BRUNCH EGG BAKE

http://gurutotheoutdoors.com/brunch-egg-bake/
Ingredients
2 cups shredded Cheddar cheese
2 cups shredded mozzarella cheese
2 tablespoons butter
1 can sliced mushrooms, drained
1/3 cup sliced onions
1/2 cup chopped red bell pepper
2 cups diced ham
8 eggs
1 and 3/4 cups milk
1/2 cup flour
2 tablespoons minced fresh parsley
1/2 teaspoon dried basil
1/2 teaspoon salt
1/4 teaspoon ground black pepper
Instructions
Preheat oven to 175 C
Combine Cheddar and mozzarella cheese in a small bowl; place 3 cups cheese mixture into a 9×13-inch baking dish.
Melt butter in a large skillet over medium heat; cook and stir mushrooms, onions, and red pepper until vegetables are tender, about 5 minutes; drain. Spread vegetables over cheese mixture. Top mushroom mixture with ham; sprinkle with remaining 1 cup cheese mixture.
Beat eggs in a bowl; mix in milk, flour, parsley, basil, salt, and pepper. Slowly pour egg mixture into baking dish.
Bake in preheated oven until a knife inserted near the center comes out clean, 35 to 40 minutes. Let stand 10 minutes before cutting.

Ontbyt pizza

Ontbyt pizza

ONTBYT PIZZA

Jakes Jacobs Kampkosresepte

Spek
Sampioene
Ontbytwors
12 Eiers
Kaas
Braai die spek, sampioene en ontbytwors in ‘n “Teflon”- pan van ongeveer 43 cm in deursnee.
As alles gaar is maar dit gelyk in die pan.
Gooi nou die 12 geklitste eiers eweredig in die pan. Maak gaar oor lae hitte. Wanneer die eiers amper gaar is, strooi gerasperde kaas bo-oor en los tot die kaas gesmelt is.
Sny in pizzaskywe en bedien.
(By hierdie pizza kan byna enigiets bygevoeg word na smaak)

 

SCRUMPTIOUS SANDWICH TREAT (Enterprise)

12 slices white bread
1 red or green pepper, deseeded and thinly sliced
20 ml oil
250 g Enterprise Garlic Polony, sliced and chopped *
12 eggs
500 ml milk
50 ml mayonnaise
175 g cheddar cheese, grated
30 ml fresh parsley, chopped

Preheat oven to 180ºC.
Grease a large flat square tart dish or oven pan.
Put 6 slices of bread side by side in the bottom of the tart dish.
Fry the green pepper in heated oil for 3 minutes.
Arrange equal amounts of red or green pepper and polony on the slices of bread.
Place the other 6 slices of bread on top as if you are making sandwiches..
Beat eggs, milk and mayonnaise together. Pour over the bread and leave for 1 hour or overnight.
Sprinkle with the cheese and the parsley.
Bake for 40 minutes until the egg mixture has set.
Use an egg lifter and place one sandwich on each plate. Serve whilst still hot. Garnish with a crisp fried bacon rasher and baby tomatoes, if preferred.

* Can be substituted with:
Enterprise Chicken Roll

Makes 6 substantial portions

This dish can be made in advance and placed in the fridge until just before baking which makes it ideal for entertaining.

 

KERRIE EIERS op TOAST

Kerrie eiers:

35g (40ml) botter of margarien
1 ui, gerasper
15ml Kerrie poeier
250ml Melk
250ml Water
25ml mielieblom (Maizina)
15ml Appelkooskonfyt
125ml Tamatiesous
50ml Asyn
1 appel geskil en gerasper
Sout na smaak
6 Eiers hard gekook (hoewel die sous vir meer as 6 eiers kan werk)

Sorteer ui in botter.Voeg kerriepoeier by en braai dit effens.Voeg melk en water by en bring tot kookpunt.Maak mielieblom aan met bietjie water en roer dit by d kookende mengsel.Roer aanhoudend tot verdik.Roer d appelkooskonfyt,tamatiesous,asyn,appel en sout by. Laat 20 min lank prut. Roer dit af en toe. Dop eiers af en halveer dit. Pak in groot bak. Gooi die sous oor die eiers. Bedien op toast of rys.

 

BAKE BEAN GEREG

(6 porsies)
410g gebakte boontjies in tamatiesous (1 Blik)
6 eiers
50ml room of melk
Sout en peper na smaak
125ml gerasperde kaas
Pietersielie
Tamatieskywe
Voor verhit die oond tot 180°C, Skep die boontjies in ‘n gesmeerde vuurvaste bak. Breek 6 eiers bo-op oop. Geur met sout en peper en skep ‘n bietjie room of melk oor elkeen. Bak vir 15min of totdat die eiers gestol het. Strooi die kaas oor en laat smelt onder die roosterelement. Strooi gekapte pietersielie oor en bedien met tamatieskywe.

ontbyt 00000

SPEK EN KAAS PAKKIES IN SKILFERKORSDEEG
Braai ‘n pakkie spek en kap fyn. Laat afkoel.
Maak roer eiers(6) met omtrent ‘n kwart koppie melk,sout en peper.
Laat afkoel en meng met die bacon saam met ‘n koppie gerasperde kaas.
Rol deeg uit en sny in vierkante.(jy kan as jy wil nou bietjie smeerkaas oor die skilferkors smeer (opsioneel)
Gebruik omtrent 1 eetlepel broodkrummels en sit op ‘n vierkant maar los reg rondom ‘n randjie oop vir toeplak.
Pak omtrent 2-3 eetlepels spek  mengsel bo-op die broodkrummels.
Verf ‘n ander vierkant met water en plak op die een met die vulsel.
Druk die kante styf toe,sodat die kaas nie kan ontsnap nie.
Verf albei kante met olie en bak op ‘n bakplaat vir +- 10 minute op oond 180 grade.Draai pasteie om en bak weer 10 minute.
Jy kan ook saam met die uie en spek sampioene braai en bysit.
Lekker eet!
muffins
HAWAIIAN PIZZA MUFFINS
2 koppies volkoring bruismeel (of 2 koppies volkoringmeel en 15ml bakpoeier)
3 eiers
1 koppie Griekse jogurt
1 koppie gerasperde kaas
3 eetlepels tamatiepuree
½ koppie gekapte pynappel stukke
¼ koppie gekapte ham
Meng bestanddele en bak vir 20-25 minute of tot gaar in muffinpan by 140 C. Maak 10 muffins.
KAAS-EN-UIEVORMBROODJIES:

6 broodjies
Vormbroodjies:
6 snye wit of bruin brood
30ml saggemaakte botter
Vulsel:
3 eiers
45ml gekapte ui
90g Cheddarkaas
150ml Melk
Sout en peper na smaak

Verhit oond tot 200grade.
Sny die korsies v d brood af en rol die brood effens plat met deegroller. Smeer botter op elke sny en druk in n liggies gesmeerde muffinpan. Bak 5 – 8 minute.
Klop eiers met uie, kaas en melk en geur na smaak met sout en peper. Skep mengsel in pannetjies en bak by 180 grade vir 15 minute of tot vulsel verstewig. Haal uit pan en laat afkoel op draadrak. Garneer met klein tamatiewiggie.

 

GEVULDE PANNEKOEK

HAM-EN-SAMPIOENVULSEL
(Heerlik vir pannekoek, vetkoek en oopbroodjies)

30ml botter of margarien
62g pakkie wituiesop
Melk
250ml hamblokkies
1 ui fyngekap
250g knopiesampioene in skyfies gesny
Sonneblomolie
Sout

Smelt botter.Voeg die uiesoppoeier by en. Roer melk in totdat die witsous glad en styf is (gaar is)
Voeg die hamblokkies by die witsous.

Braai die ui en sampioene in bietjie olie en voeg by die hammengsel. Geur met sout.

wors pap

BOEREWORS EN PAP HAPPIES

(COOK SISTERS)
Ingredients:
1 pack of boerewors (uniquely South African pure meat sausage)
1 cup mielie meal (kind of like polenta or grits)
water & salt for the mielie meal
butter
Tomato Chutney (either homemade or shop bought. We love the Woolworths one)
Get the man to light the fire or start up the gas. Braai the boere-wors as desired.
HERE’S HOW:
Cook the mielie meal as instructed. Make sure it’s nice and stiff so that you can roll it into the balls.
Allow the mielie pap to cool down and roll into bite size balls. To reheat the balls, brush with melted butter and pop in a low oven until warm.
Once the boerewors is cooked, allow to cool slightly then cut into bite size pieces.
On a small sosatie stick, place one pap ball followed by a wors piece. Drizzle some tomato chutney.

 

EENPAN-EIERONTBYT:

6 varkworsies

1 greenpepper gekap

125gr knopiesampioene

1 tl droe origanum

8 ekstra groot eiers

1 kop gerasperde kaas

stukkie spruituie – gekap

Braai die varkworsies tot gaar en goudbruin en sny in skyfies Sit eenkant.

Braai nou die greenpepper uie en sampioene en voeg die worsies weer hierby

Geur met speserye

Klits die eiers en gooi bo-oor die mengsel.

Sit deksel op en laat prut STADIG tot eiers gaar is. Jy kan die eiers bietjie rondstoot tot dit gestol is.

Sprinkel kaas bo-oor en sny in skywe en bedien saam met tuisgebakte vars brood.

 

ONTBYT OP N STOKKIE
BRON: MARIETTE PIETERSE (PASELLA)
1 pakkie spek
1 pakkie coctail kaas worsies, braai saam tot gaar.
6 eiers geklits – maak gaar soos omlet
in klein pannetjie
2 groot uie in kringe gesny – braai tot
goudbruin
1 pakkie sampioene – braai in pan tot
goud bruin
1 pakkie klein tamatietjies,
1 blikkie geel perskes en green peppers vir
versiering
8 kebab stokkies.Ek sit ook roosterbrood saam Sit dit op die stokkies en hou warm in oond tot etenstyd.
Ek maak ook vir mueslie en youghut vir
“starter” saam lemoensap. Dis vreeslik vullend en mens kan skaars 2 kebabs eet.

BOEPPENSIES

BOEPPENSIES

BOEPPENSIES (Charne)

Vat hamburgerbuns, sny n dekseltjie bo-op uit. Hol die broodjie uit. Smeer die broodjie met olie. Vul die hol bun met n maalvleismengsel, kerriemaalvleis of selfs n hoendermengsel wat warm is, roereiers met spek of ham.  Strooi kaas oor. Sit onder rooster in oond tot die kaas gesmelt het. Sit die dekseltjie op. Lekker eet !!!

 

BROCCOLI AND CHEESE CASSEROLE

1 can cream of mushroom soup
1 cup mayonnaise
1 beaten egg
1/4 cup chopped onion
1 package frozen chopped broccoli
250gr cheddar cheese, shredded
salt and pepper
paprika
Directions:

1 Mix together the soup, mayo, egg and onion.
2 In a large bowl, fold the broccoli and the soup mix and the cheese together.
3 Spread into a greased pan.
4 Sprinkle with salt, pepper, and paprika.
5 Bake at 350 for 45 minutes.

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

Wenk: Kan gevlokte hoeder/ gebraaide spek of blikkie tuna byvoeg

 

OOP – OMELET

4 porsies
12,5 ml botter of margarien
4 repe ontbytspek, gekap
1 groot ui, gekap
2 tamaties, geskil, ontpit en gekap
100 ml gaar macaroni, in klein stukkies gesny
60 ml gaar groenertjies
6 eiers, geklits
Sout en peper na smaak
12,5 ml kookolie
Verhit die botter en braai die spek en ui daarin tot goudbruin. Voeg die tamaties by en braai nog ‘n minuut. Meng met die res van die bestanddele, behalwe die olie. Verhit die oorblywende olie in ‘n groot pan en giet die mengsel daarin. Plaas ‘n deksel op en bak 3 – 4 minute tot gaar. Gebruik ‘n eierspaan om die omelet van die kante van die pan los te maak. Indien dit lyk of die omelet aan die onderkant gaan brand voordat dit bo-op gaar is, kan dit onder die boonste element van die oond geplaas word vir ‘n rukkie.
Laat die omelet uit die pan op ‘n warm bord afgly en sny in skywe. Sit met volkoringbrood en mengeslaai voor.

 

VINNIGE ONTBYT GEREG

Kook 1 eier per persoon. Dop af sny in helftes en pak onder in oondbak. Braai nou spek, uie, sampioene saam en gooi in een laag bo-oor eiers. Maak ‘n lekker dik kaassous en gooi oor. Laastens gooi bietjie gerasperde kaas en paprika oor. Laat lekker deurwarm word in oond tot kaas gesmelt is.

Ek het dit al vir tot 100 mense gemaak vir ontbyt. Sommer al die vorige aand als gedoen en net die volgende oggend die gerasperde kaas en paprika oorgesit en in die oond gesit

brunch y

DAGWOOD (Foto: Dorego’s)

IMG_0116

Dagwood

 

BRUNCH 68

STAPEL PLAATKOEKIES

SPEK EN MIELIE STAPLEL PLAATKOEKIES

Deur: recipegirl.com

Bestanddele:

8 snye spek, sny in stukke

1/3 koppie fyngekapte uie

1 koppie meel

2 eetlepels gekapte vars grasuie

1 teelepel bakpoeier

½ teelepel sout

1/8 teelepel rooipeper

2/3 koppie melk

1 groot eier, geklits

1 eetlepel olie

1 koppie pitmielies

½ koppie cheddar kaas

Warm stroop of heuning vir oorgooi

1. In ‘n medium pan, braai die spek stukkies totdat hulle begin om te bruin. Voeg die ui in en braai tot spek bros is en die ui sag is Skep ‘n volle eetlepel van die spek mengsel vir bolaag uit en hou eenkant

2. Meng die meel, grasuie, bakpoeier, sout en peper in ‘n bak. Roer die melk, eier en olie in Roer die spek mengsel, mielies en kaas in . Die mengsel sal dik wees. As jy wil die plaatkoekies moet dunner wees as die foto voorbeeld, voeg ‘n bietjie meer melk by om te verdun.

3. Smeer jou pan met olie en verhit. Skep lepels vol en bak tot gaar. So ongeveer 3 na 4 of 5 minute – afhangende van hoe dik jou plaatkoekie is

4.Stapel plaatkoekies op mekaar , sprinkel van die spek en ui mengsel oor en ‘n goeie dosis van warm stroop.

BRUNCH 5

JOU GUNSTELING PASTEI MET ‘N GEBAKTE EIER EN KAAS BO-OP

 

brunch9

WAFELS MET GEBAKTE EIER , GEBRAAIDE REPIES SPEK EN LEKKER HOLLANDAISE SOUS OF SOET MOSTERD SOUS

LIGTE POF OMELET

(KIES JOU EIE “TOPPINGS” BV SPEK, HAM, KAAS, GEKAPTE TAMTIES, PEPPERS, UIE, SAMPIOENE

2 eiers, geskei

30ml melk of room

knippie fyn neutmuskaat

vars gemaalde peper

knippie sout

15ml botter

Voorverhit die oond tot 180C. Klits eiergele 30 sekondes lank met ‘n draadklitser tot goed gemeng. Klits die room of melk, neutmuskaat en peper by. Klits die eierwitte en ‘n knippie sout tot styf, maar nie droog nie. Skep die styfgeklitste eierwitte by die eiergeelmengsel in en vou dit liggies daarby in. Smelt die botter in ‘n swaarboompan en giet die eiermengsel daarin. Braai die omelet totdat die onderkant goudbruin is en amper gaar is- ongeveer 4-6 minute lank. Plaas die pan op die middelste oondrak en bak 4-6 minute lank in die voorverhitte oond totdat dit gestol en ligbruin is.

brunch

VIR NOG OMELET IDEES: https://kreatiewekosidees.com/?s=omelet

 

brunch 60

UITGEHOLDE BROODROLLETJIES MET GEBRAAIDE SPEK, SAMPIOENE, KAAS, UIE, PEPPERS, KERSIE TAMATIES EN VARS PIETERSIELIE. GOOI EIER OOR EN BAK IN OOND BY 180 C TOT GAAR (Ongeveer 15min)

PORTOBELLO SAMPIOENE MET SPINASIE EN EIERS

4 groot Portobello sampioene
Spinasieblare (vars – effe opgekook) (gevries – ontdooi)
3 eetlepels olyfolie
4 groot eiers
Mozarella kaas
Sout en peper na smaak

Draai die oond tot by grill
Maak die sampioene skoon en verwyder die stam
Smeer olie aan buite en binnekant van die sampioene en gooi bietjie sout en peper oor
Plaas onder rooster vir so 3 tot 5 minute (oopkant na bo) Haal uit en sit eenkant

Stel die oond af na 175 C

Begin om die sampioene te pak. Sit van die spinasieblare in die sampioen, dan bietjie gerasperde mozzarella kaas, of selfs dun repies gesnyde kaas sal werk. Druk dit stewig vas in die sampioen en maak ‘n bakkie vir die eier. Breek versigtig ‘n eier oop in elke sampioengaatjie

Plaas hulle nou terug in jou oond en bak vir 15 tot 17 minute. Die tyd hang af van hoe gaar jy van jou eiers hou.

Bedien dadelik

 

EIER PUFFS
Deur: Women.Fit2Fat2Fit

Bestanddele: 
6 eiers
½ koppie gekapte uie
½ koppie vars gekapte spinasie
½ koppie gekapte sampioene
½ koppie gekapte rooi en groen soetrissies (greenpeppers)
½ tl bakpoeier
½ koppie gevlokte hoender,of kaasworsies gekap, maalvleis, (enige vleis na keuse)(opsioneel)
Oond: 180C
Spuit muffinpannetjies
Meng eiers n ‘n bak. Voeg al die ander bestandele by. Spuit pannetjie met spray en cook. Vul muffinpannetjies tot half. Bak vir 10/15minute of tot tandestokkie skoon uitkom.

 

ziplock55

ZIPLOCK OMELETTE

JY KAN BASIES ENIGE IETS INGOOI – GEKAPTE KAASWORSIES, VIENNAS, STUKKIES BEESWORS, SPEK, HAM, BULLY BEEF. Dink aan spinasie, aspersies, peppadews ens

Wat lekker is van die resep, jy kan die aand voor die tyd elkeen se omelette in die sakkies sit. Hoor wie wil wat he, skryf hulle name op die ziplock sakkie en elkeen het sy eie unieke omelet. Hou in die yskas tot die volgende oggend en gooi in pot met kokende water.

Original recipe makes 1 omelet
2 eggs
2 slices ham, chopped (optional)
1/2 cup shredded Cheddar cheese
1 tablespoon chopped onion (optional)
1 tablespoon chopped green bell pepper (optional)
2 tablespoons chopped fresh tomato (optional)
1 tablespoon chunky salsa (optional)
2 fresh mushrooms, sliced (optional)

Directions

Crack the eggs into a large resealable freezer bag. Press out most of the air, and seal. Shake or squeeze to beat the eggs. (Ek klits gewoonlik sommer die eiers in ‘n beker en gooi dit dan in die sakkie) Open the bag, and add the ham, cheese, onion, green pepper, tomato, salsa, and mushrooms. Squeeze out as much of the air as you can, and seal the bag.
Bring a large pot of water to a boil. Place up to 8 bags at a time into the boiling water. Cook for exactly 13 minutes. Open the bag, and let the omelet roll out onto a plate. The omelet should roll out easily.

ziplock

Wildsvleis


Afgekookte springbokvleis met vetkoek

Afgekookte springbokvleis met vetkoek

AFKOOK WILDSVLEIS (ENIGE WILD KAN GEBRUIK WORD)

IRENA KINGWILL SE RESEP:

Dit is die lekkerste gegeurde vleis

Neem groot  pot, sy se sy gebruik haar ou groot konfytpotte, klein bietjie water onder in die pot

Enige spekvetvleis, sy gebruik sommer skaap netvet – so ‘n paar stukke in blokkies gesny

Springbok afkookbene bv blad, skenkels, rugstringbene ens

Ongeveer 5 na 6 groot  uie grof gekap

Paar van die volgende goed, Die bepaal jy met hoeveel bene jy het:

Bayleaves

Naeltjies

Koljander

Neut

Allspice (pimento’s)

Sout en gemaalde swartpeper

Bietjie asyn en wostersous

Bedek pot met deksel

Kook met min water – die bene stadig af. Hou dop as jy sien die water word min, gooi dan bietjies gewys by.

Verwyder bene en vries. As wil warm maak, ontvries en op  lae hitte maak weer op stoof warm. Kyk of dit nodig is om nog water by te voeg !!

Vir pasteie:

Druk die vleis in gespuite oondbak en vries (indien jy dit eers later gaan gerbuik) Haal uit en ontvries in die yskas. Maak slap pastei deeg of gebruik skilferkors (puff pastry)

Bak in oond by 180 C tot goudbruin

SLAP PASTEI DEEG:

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml koekmeel en 2tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oondby 180 grade vir ongeveer 20min +  tot gaar en goudbruin

IMG_8544

 

Wildspotjie

2 kg wildsvleis, in porsies gesny – verkieslik nek, rib, skenkel en lendetjops
rooiwyn
druiweasyn

Sous

750 ml rooiwyn
300 ml port
250 ml blatjang
500 ml water
30 ml gemengde gedroogde kruie
25 ml aromat
5 ml knoffel
6 kruienaeltjies
4 lourierblare
60 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
100 ml brandewyn
250 g spekvleis, gesnipper
1 groen soetrissie, grof gesny
4 selderystingels, grof gesny
1 groot ui, grof gekap
20 klein aartappeltjies, geskil
8 wortels, in dik skywe gesny
250 g ontpitte pruimedante
250 g droëperskes
250 g knopiesampioene
16 piekeluitjies
halwe rooi soetrissie, in groot blokke gesny
halwe geel soetrissie, in groot blokke gesny
12 songedroogde tamaties
250 ml vars room
vars, gekapte pietersielie

Metode

Marineer die vleis oornag in n mengsel van gelyke dele rooiwyn en druiweasyn. Meng die bestanddele vir die sous en hou dit eenkant. Verhit die olyfolie in die potjie en roerbraai die vleis 5 minute lank. Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit nog 5 minute lank. Voeg die soetrissie, seldery en ui by en dan roer jy nie weer nie. Voeg die aartappels en wortels by. Roer die sous deeglik en giet dit bo-oor. Sit die deksel op en laat prut dit vir ongeveer 1 uur 30 minute oor matige kole. Voeg die pruimedante, perskes, sampioene, piekeluitjies, rooi en geel soetrissie en songedroogde tamaties by. Sit die deksel op en prut dit vir no 30 minute lank. Voeg die room by roer dit deur. Graneer dit met pietersielie en bedien dadelik.

Wenk

Dieselfde gereg kan ook op die stoof voorberei word.

Met Komplimente “Maak n Las”

VIS gebak in die oond


vis

ENIGE HAKE RESEPTE KAN VERVANG WORD MET STOKVIS 

MAKLIKE VISGEREG MET SIMBA SKYFIES

2 porsies stokvis per persoon
1 bottel Griekse slaaisous
1 groot pak sout en asyn skyfies

Metode:
Pak vis in oondpan, bedruip met Griekse slaaisous, maak skyfies fyn, en strooi bo-op vis.
Bak 20 minute oop teen 180 grade

 

STOKVIS IN DIE OOND

2 Pakke stokvis (4 Groot stukke) Geen vel en graatloos
125ml ongegeurde yoghurt
125ml Room (Kan ook vermeerder tot 175ml)
1 Pakkie sampioenroomsop
Gerasperde Cheddar kaas
15ml pietersielie

Meng yoghurt, room en sop saam tot ‘n gladde sous. Pak die vis in ‘n oondskottel. Sprinkel ‘n bietjie kaas op die vis. Gooi nou die sous bo-oor. Sprinkel die pietersielie oor, gooi res van die kaas oor en bak in die oond vir 40 minute by 180 grade

 

STOKVISGEREG

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

500g stokvis
3 gerasperde aartappels
250ml gerasperde kaas
250ml melk
3 geskilde tamaties in skywe gesny
2 eiers (geklits)
sout

Metode:
Meng melk eiers en sout. Pak die vis, aartapels, tamaties en kaas in lae, in ‘n gesmeerde bakskottel. Gooi die melk, eier- en soutmengsel oor. Bak in ‘n matige oond vir ‘n 30 minute. Bedien met slaai

 

HAKE FILLETS IN DIE OOND

Deur: WHATS FOR DINNER

100 gram Stork margarine (room temp)

1 teaspoon Lemon rind

6 Fish fillets (e.g. Kingklip, Hake) skinned and deboned

1 KNORR Chicken & Mushroom Pan Dry Cook-in-Sauce

Olive oil for dressing

1 teaspoon Robertsons Dried Oreganum

2 teaspoon lemon juice

3 teaspoon Robertsons Paprika

100gr mushrooms (slices)

Mix together the margarine, oreganum, lemon rind, lemon juice and half the contents of the KNORR Fresh Ideas Chicken & Mushroom sachet

Rub over the fish and place on a greased baking tray

Drizzle with olive oil and sprinkle with the remaining sachet contents

In a preheated 180 degree’s Celsius oven bake for 20/25 minutes until cooked.

 

BAKED FISH WITH CHEESES SAUCE

Deur: WHATS FOR DINNER

This fish dish is full of cheesy flavour with a dash of curry powder for extra flavour and paprika for colour.

2.5 ml Curry powder

125 ml grated cheese

500 ml boiling water

250 ml Chopped spring onions

15 ml Margarine

15 ml lemon juice

1 pinch Salt and Pepper to taste

500 gram Fish fillets

2 sachets KNORR Classic White Sauce

500 ml Cooked rice

2.5 ml Paprika

Season the fish fillets with salt and pepper, sprinkle with lemon juice and set aside.

Melt margarine in a pan and add spring onion and lightly fry.

Prepare KNORR Classic White Sauce by adding sachet contents to a jug and pouring in boiling water.

Stir with a fork for 1 minute until thick.

Stir spring onions into white sauce and add cheese and curry powder.

Grease a baking dish and spread the rice on the bottom and lay the fish fillets on top.

Pour sauce over and sprinkle with Paprika.

Bake at 200 °C for about 30 minutes.

 

HAKE FILLET IN OOND

Madri Cordier

Hake fillets (1 vir elkeen in gesin)
Country herb & garlic spice
1 Uie in ringe gesny
3 Tamaties in ringe gesny
50ml olyfolie
50ml appelasyn of witwyn
5 Teelepels suurlemoensap
sout en gemaalde swartpeper
2 Wiele Feta, gekrummel
Gerasperde kaas
Foelie (blink kant na binne) in blokke groot genoeg om Hake in toe te draai. Meng olyfolie, appelasyn/witwyn, suurlemoensap in bottel en skud goed. Sit Hake op foelie. Sit country herb & garlic spice en sout en gemaalde swartpeper op Hake. Layer nou uie, tamatie en gerasperde kaas en feta bo-op. Bedruip elke fillet met sous in bottel. Maak foelie toe en bak vir 25 minute @ 200 grade C. Bedien met griekse slaai

 

 Elna Kluyts

 STOKVIS IN SUURROOM 

Bietjie botter of margarien

1 houer suurroom (250ml)

1 pakkie dik wit uiesoppoeier

125ml melk

800g bevrore stokvisfillette

geuropwekker na smaak (pasop vir te veel sout – soppoeier partykeer genoeg sout)

gerasperde cheddar-kaas

fyngekapte pietersielie

(ek sit soms mushrooms ook by sowel as gemengde groente)

Voorverhit oond 180grade

Smeer oondvaste bak

Meng suurroom en soppoeier goed

Pak ‘n laag vis, geur,

Gooi dun lagie roommengsel bo-oor

Volg met nog ‘n laag vis en roommengsel

Strooi kaas oor bak +- 40 min tot mooi goudbruin en gaar.

 

Rencia Odendaal Pretorius

STOKVIS:

500 gr stokfisfilette

15ml suurlemoensap

10ml olyflie

1 ui gekap

1 greenpepper in ringe gesny

1 knoffelhuise fyngekap

2.5ml rooipeper

3ml sout

1 blik heel tamaties gekap

Sny filette in blokkies en gooi suurlemoensap oor

Verhit olie en braai uie rissie en knoffel. Voeg sout en rooipeper by

Roer vis en tamaties by uie mengsel. Verhit tot kookpunt. Sit deksel op en prut vir 5 min totdat vis maklik vlok.

Bedien warm

vis 2

Engela Van Niekerk

VIS IN SUURROOM:

800g stokvisfilette

melk

sout en swartpeper na smaak

vars broodkrummels

250ml suurroom

1 tamatie, skywe gesny

150ml gerasperde cheddarkaas

vars gekapte pietersielie

METODE:

Verhit oond tot 180 grade C. Spuit of smeer bakplaat. Doop vis in melk en geur met sout en peper. Rol in broodkrummels en pak in bak. Giet suurroom oor. Pak tamatieskywe bo-op en sprinkel kaas bo-oor. Bak 30 minute tot vis gaar en kaas goed gesmelt is. Sprinkel pietersielie oor. Bedien saam met fyn aartappels en slaai

 

KERRIEVIS IN DIE OOND

400g stokvis filette (bevrore)
125ml ongekookte rys
1 ui fyngekap
5ml kerriepoeier
5ml borrie
10ml koekmeel
25ml blatjang
375ml water

Metode:
Sout en peper na smaak
Plaas die vis in ‘n gesmeerde bakskottel. Gooi die rys oor die vis. Meng die res van die bestandele en gooi oor die vis. Bak vir 30min in warm oond (200°C) tot vis en rys gaar is.

 

 KAAPSE WITVIS (HAKE):

 Maak 1 pakkie vis gaar en vlok. Maak volgende sous om oor te gooi:

SOUS:

Kwart kop olie

1 E tamatiesous;

2 E worcestersous;

sap van 2 suurlemoene,

skil van 1 suurlemoen;

1 E suiker;

1 t sout;

half t mosterdpoeier;

knypie rooipeper;

1 ui, gerasper.

Meng alles vir sous saam en giet oor vis. Bak bye 180 grade C tot ligbruin. Bedien saam met kapokaartappels en slaaie.

 

HAKE EN KAPOKAARTAPPEL GEREG IN DIE OOND

Soraia Dos Santos Lucas!

2 Pakkies Hake Fillets
2kg Aartapples
Knoffel
Fish Spice – Ina Paarman
1 Bottel vars Room
1 groot Ui
3 eetlepels Botter
1/2 koppie Melk
1 Eetlepel kookmeelblom
Brood krummels

Kook vis in water en sout, as hy gaar is maak hom fyn en sit apart.
Kook aartapples en mash met botter en melk.
Smelt botter in ‘n pan en braai ui op lae hitte tot sag. As dit klaar is sit ook apart.
In ‘n klein pot smelt botter en voeg meelblom by meng tot dit ‘n “paste maak” voeg dan op lae hitte room en roer tot dik effens dik raak. Haal van stoof af.

In ‘n oond bak sit een laag mash dan bo een lag room sous dan vis. Sit bo op vis weer sous en uie. Bo op sit die res van mash op , met res van Room sous. Bedek met brood krummels. Sit in die oond en bak tot krummels goud bruin is.

 

GEBAKTE VIS

Bestanddele
4 Stukke (700 – 750 g) Visfilette, vel verwyder
50 ml Meelblom
2 ml Sout & Paprika
50 ml Kookolie
Gemaalde Swartpeper
± 125 ml Karringmelk
1 ui, gekap
15 ml sojasous
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
300 g Wit of bruin sampioene, afgevee en in skywe gesny

Metode
Bedek vis met ‘n mengsel van meelblom, sout en paprika en rangskik in ‘n lig gesmeerde bakplaat sodat almal inpas. Verhit olie en soteer ui, soetrissie en sampioene. Wanneer sag, geur met sojasous en peper. Roer genoeg karringmelk in om klam te maak en giet egalig oor vis. Bak 20 – 25 minute onbedek by 180 °C tot gaar.

 

GEBAKTE VIS IN WYN

15 ml botter
12 klein sampioene, in skyfies gesny
45 ml koekmeelblom
5 ml sout
2 ml witpeper
2 ml paprika
500g visporsies
1 klein ui, in ringe gesny
6 koljanderkorrels
1 lourierblaar
2 kruienaeltjies
5 ml mosterdsade
200 ml witwyn
200 ml dun room

Metode:
Plaas die botter en die sampioene in n oondskottel en bak dit vir 15 minute lank by 200 C Meng intussen die koekmeelblom, sout, peper en paprika. Bedek die visporsies met die meel mengsel. Plaas die vis bo-op die sampioene in die oondskottel. Plaas eers die ui en dan die speserye op die vis. Gooi die wyn en room bo-oor. Bak dit vir 30 minute lank.

 

 

KERSFEES groente (warm)


OONGEROOSTERDE GROENTE

400g  wortels, in lang wiggies
4  witwortels, geskil en in kwarte
4 rooi uie, in kwarte gesny
150g klein  aartappels, sny in die helfte
6  knoffelhuisies
4 eetlepels olyfolie
3 takkies roosmaryn
3 spruite vars tiemie
Oond  180 C – gas merk 6.

Plaas die wortels, witwortels, uie, aartappels en knoffel in ‘n groot oondroosterpan

Drup die olie oor die groente en meng goed. Strooi die roosmaryn en tiemie. Strooi sout en peper oor en skud goed.

Bak  vir 30-40 minute (onbedek) , afhangende van die grootte van die groente en roer een keer halfpad deur die bakproses.

Wenk:  Enige vars groente van jou keuse kan bygevoeg word bv blomkool, patats met skil aan, brokkoli, lang groenbone,  botterskorsie blokke, patty pans ens.

IGS van vars tiemie SuperValu

 

Kool

Kool

https://kreatiewekosidees.com/?s=gebakte+kool

Pampoenpoffers

Pampoenpoffers

https://kreatiewekosidees.com/?s=pampoenpoffers

Butternut

Butternut

https://kreatiewekosidees.com/?s=botterskorsie+butternut

Pampoen

Pampoen

https://kreatiewekosidees.com/?s=pampoen

Patats

Patats

https://kreatiewekosidees.com/?s=patats

Brokkoli

Brokkoli

https://kreatiewekosidees.com/?s=broccoli

Spinasie

Spinasie

https://kreatiewekosidees.com/?s=spinasie+geregte

Wortels

Wortels

https://kreatiewekosidees.com/?s=Wortels

Aartappel gereg

Aartappel gereg

https://kreatiewekosidees.com/?s=aartappel+gebak

Blomkool

Blomkool

https://kreatiewekosidees.com/?s=blomkool

Gemengde Groente

Gemengde Groente

https://kreatiewekosidees.com/?s=gemengde+groente

Boontjies

Boontjies

https://kreatiewekosidees.com/?s=groenboontjie+geregte

Gegeurde rys resepte

Gegeurde rys resepte

https://kreatiewekosidees.com/?s=rys

Rys


rys

 EENPAN-RYSGEREG( FRIED RICE)

(Uit Kos is op die tafel!)

Lewer 4 – 6 porsies

’n Vinnige eenpangereg of selfs ’n bygereg met geroosterde vis, hoender of vark. Voeg nog groente of ’n proteïen volgens jou gesin se voorkeur by.

200 g (250 ml) basmati- of witrys
sout
40 ml olyfolie
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
2-3 eiers, geklits
250 ml bevrore ertjies, in kookwater afgespoel
250 ml geblikte heelpitmielies, gedreineer
10 ml sojasous of na smaak (opsioneel)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Week basmatirys vir 10-15 minute in koue water. Dreineer en plaas in ’n kastrol met 625 ml vars koue water en voeg ’n knippie sout by. Bring oor matige hitte tot kookpunt, verlaag temperatuur en prut 10-12 minute of tot net gaar.

Dreineer rys deeglik, spoel af en laat in ’n sif afdrup tot benodig. (Witrys hoef nie geweek te word nie en sal 30-40 minute kook.)

Verhit 10 ml van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan en soteer die ui en knoffel tot sag. Voeg 15 ml van die olyfolie saam met die gedreineerde rys by en roer liggies deur.

Skuif rys na die een kant van die pan en voeg die orige olie by. Skink die eiers in die pan en roer liggies om roereier te vorm. Meng eiers en rys liggies deur en voeg ertjies en mielies by. Roer deur tot warm en geur met sojasous, sout en peper. Moenie rys te veel roer nie en sit dadelik voor.

Repies gaar hoender kan saam met die groente ingeroer word. Anders kan die ertjies en mielies met pangebraaide garnale vervang word. Spinasieblare of selfs geblikte rooi nierboontjies kan gebruik word.

500-600 ml oorskiet-rys kan ook vir die gereg gebruik word.

Sojasous kan met 30 ml oestersous vervang word.

 

GEGEURDE RYS (Chinese fried rice)

3 koppies gaar wit rys (dag oud of oorskiet rys werk die beste!)

3 eetlepels olie

1 koppie bevrore ertjies en wortels (ontdooi)

1 klein ui, gekap

2 teelepel gemaalde knoffel/of vlokkies

2 eiers, effens geklits

¼  koppie sojasous

Op medium hoë hitte, verhit die olie in ‘n groot pan of wok. Voeg die ertjies / wortels meng, ui en knoffel. Roerbraai tot sag. Verlaag die hitte tot medium en druk die mengsel eenkant toe die pan. Gooi die eiers in en roerbraai tot gaar. Voeg die rys en sojasous by  en meng alles goed saam. Roerbraai totdat deeglik verhit! ( Jy kan regtig rondspeel met hierdie rys. Probeer ‘n paar blokkies ham, of spek  of groen/geel/rooi peppers, sampioene, pitmielies, spruituie, 

 

EASY MEXICAN (SPANISH) RICE

By Chelsie Kenyon, About.com Guide

2 tablespoons oil

¼  of a medium onion

1 ½  cups rice

3 cloves finely chopped garlic

2 ½  cups chicken broth

1 cup plain tomato sauce

4 heaping tablespoons of finely chopped parsley (optional)

In a medium sauce pan, heat oil over medium heat. Add in the fresh onion. Saute for 1-2 minutes until softened. Add dry rice and cook with the onions for about 5 minutes or until rice becomes a golden brown color. Add in the garlic to the rice and saute for one more minute.

Add in broth and tomato sauce (add slowly into the rice, not directly onto hot pan!) And then add in the parsley if you’re using it. Stir it up and bring to a boil. Once it starts boiling, turn the heat to low and cover. Let it simmer for 20 minutes and fluff with a fork.

Substitutions– If you don’t have fresh garlic or onions on hand you can use the equivalent in powder form. Do not saute the powder, just skip that step and add the garlic powder and/or onion powder when you add the liquids. If you don’t have tomato sauce you can use 1 cup of unseasoned stewed tomatoes (with their liquid) that have been chopped, or canned diced tomatoes with their liquid. Rotel and jarred salsa can also be decent substitutes.

 

MEXICAN WHITE RICE

By Chelsie Kenyon, About.com Guide

Not just your plain white rice, this dish has a lot of flavor and texture. Rice is inexpensive, and easy to find so you can make this dish as often as you like. To make it a main dish, add in 1-2 cups of cooked chicken or turkey.

2 tablespoons of cooking oil

1 small onion, peeled and chopped

3 cloves of garlic, peeled and finely chopped

2 cups white rice, soaked for 20 minutes in warm water

4 ½  cups water

½  small chile (jalapeno work well) seeded and finely chopped (optional)

1/3  cup peas , frozen (optional)

1/3 cup carrots, frozen, chopped (optional)

1 teaspoon salt

In a large saucepan heat the oil over medium-high heat and then add the rice, garlic, onion and chile. Saute over medium heat until rice starts to slightly brown, about 10 minutes. Add in water, salt and vegetables and bring to a boil.

Cook uncovered for 10 minutes, then cover and reduce heat to medium-low and simmer for another 10 minutes. Check rice and simmer for an additional 5 minute if neccesary.

OPTIONAL- If adding cooked meat, add it during the last 10 minutes of cooking. 

 

FRIED RICE

1 – 2 green onions, as desired

2 large eggs
1 teaspoon salt
Pepper to taste
4 tablespoons oil for stir-frying, or as needed
4 cups cold cooked rice
1 – 2 tablespoons light soy sauce or oyster sauce, as desired

Preparation:

Wash and finely chop the green onion. Lightly beat the eggs with the salt and pepper.
Heat a wok or frying pan and add 2 tablespoons oil. When the oil is hot, add the eggs. Cook, stirring, until they are lightly scrambled but not too dry. Remove the eggs and clean out the pan.
Add 2 tablespoons oil. Add the rice. Stir-fry for a few minutes, using chopsticks or a wooden spoon to break it apart. Stir in the soy sauce or oyster sauce as desired.
When the rice is heated through, add the scrambled egg back into the pan. Mix thoroughly. Stir in the green onion. Serve hot.

 

Tina Britz

Hier is ‘n lekker RYS RESEP
1 pak gesnyde sampioene
2 groente blokkies (aftreksel)
1 pak spek gekap
2 tamaties gekap
2 kop rys
1 ui fyn gekap
1 green peper fyn gekap

Kook rys tot water weg is spoel af en gooi weer water by. Gooi groente blokkies by. Braai ui, bacon, greenpeper, sampioene en tamatie. Gooi gaar rys by en roerbraai nog n rukkie gooi sout by.

 

GEBRAAIDE RYS

BESTANDDELE
250 ml rou rys
50 ml olie of botter
1 ui gekap
1 knoffelhuisie fyngedruk
2 seidery stingels gekap
125 g hoenderlewer
4 repe deurwasde ontbytspek gekap
Sout en peper na smaak
25 ml gekapte pietersielie
350 ml vleisaftreksel
1/ 2 groensoetrissie gekap
1/ 2 rooisoetrissie gekap
200 g gedreineerde in- ( gemaakte appelkose gekap )

METODE
Verhit olie of botter in swaarboomkastrol en braai spek en hoenderlewer daarin. Voeg ui en knoffel by en braai verder tot hoenderlewer gaar is. Dreineer en voeg rou rys by in olie in kastrol agtergebly het. Braai rys en roer aanhoudend tot goudbruin. Voeg seldery en soetrissies by en braai nog 10 min. Voeg vleisaftreksel, sout en peper, pietersielie, ui en spek by. Sny hoenderlewer in klein stukkies en voeg by. Plaas deksel op en prut oor lae hitte tot rys sag en gaar is. Voeg klein bietjie water by indien dit geneig is cm groog te kook. Voeg gekapte appelkose by en verhit weer tot deurwarm.

 

JAMBALAYA RYS

15 ml olie

3-4 repe  streaky bacon

1 gekapte ui

2 selderye gekap

500 ml rou rys

1 liter hoender stock

3 ml sout

3 ml swart peper

3 ml rooipeper (cayenne peper)

1 lourier blaar (bay leaf)

1 greenpeper in blokkies gesny

1 x 410 g blikkie gekapte tamaties

100 g ham in blokkies gesny

200 g hoender blokkies gesny (gaar) 

15 ml pietersielie

 Verhit olie en braai spek tot bros, dreineer spek

Braai ui tot sag, voeg seldery en rys by, roer aanhoudend – braai 1 minuut

Voeg hoender stock, sout, peper, rooi peper en lourier blaar by en prut vir 10 minute

Voeg greenpeper en tamaties by en laat prut vir verdere, 5-10 minute

Voeg ham, spek en hoender by en prut vir 5 minute

 Gooi mengsel in opskep bak en sprinkel met pietersielie ~ genoeg vir 4-6 

 

 

Gertruida Pieterse

GEGEURDE RYS 

Kook 2 koppies rys gewone manier – Haal af en intussen doen die volgende:

Voeg olie en margarine in ‘n pan. Sny 2 uie en braai-voeg ook 1 of ½ greenpepper by – Voeg 1 blikkie sampioene by en sit deksel op en braai verder – as dit lyk of dit gaar is voeg baie swart peper oor-roer- en braai vir ‘n verdere 5 minute – haal af en gooi oor gaar rys – Bedien lou of koud – 

 

Ilse Van Wyk Mynhardt

SUURLEMOENRYS:

2 kop rou rys

1 suurlemoen

4 k water

knippie sout

 Rasper ¼ van die suurlemoen se skil af, net die geel nie die wit nie. Wit is baie bitter.

Gooi rys en water saam in ‘n pot

Halveer suurlemoen en druk die sap uit.

Verwyder pitte en hooi nou die sap by die rys asook die stukkies skil.

Bring rys tot kookpunt en laat kook vir 2 min en verlaag dan hitte tot die laagte stelling en los vir 15-20 min tot alle water absorbeer is.

NB: As jy nie suurlemoen het nie , net so ‘n lekker stywe spuit suurlemoensap doen ook die ding.

 

EGG FRIED RICE

 Maureen Adendorff Van Os

100 g fresh peas, or frozen 

2 eggs, beaten 

2 tsp sesame oil 

2 tbsp groundnut oil 

300 g long grain rice, cooked and drained 

50 g cooked ham, finely diced 

2 tsp salt 

0.5 tsp freshly ground black pepper 

3 tbsp spring onions, white part only, finely chopped 

100 g bean sprouts 

 Method

1. Cook the peas in a pan of boiling water for about 5 minutes if they are fresh; if they are frozen, simply thaw them and drain 

2. Mix the eggs and sesame oil in a small bowl and set aside. 

3. Heat a wok until it is very hot. Add the oil and when it is almost at smoking point, add the cooked rice and stir-fry for about 3 minutes. 

4. Add the ham, peas, salt and pepper and fry for 5 minutes over a high heat. 

5. Add the egg and stir-fry for another minute. 

6. Tip in the spring onions and bean sprouts and cook for 2 minutes, or until the eggs have set. Turn the rice on to a plate and garnish with spring onions. 

7. Serve hot, or at room temperature as a cold rice salad.

 

SPICE RICE. 

Braai fyn gekapte ui bruin en rasper wortel by en braai in bietjie olie. Of jy kan mushrooms vat inplaas van die wortels. Gooi handvol gevriesde ertjies ook by en roer dit saam met Robertsons se spice Rice speserye deur rys en verhit. Baie lekker kan tot saam met wis of braaivleis eet. 

 

Shantel Pelser

 BEEF FLAVORED RICE WITH MUSHROOMS 

 1 ¼  cup. raw rice (white rice)

1 can beef soup 

1 can onion soup

¼  cup. butter

1 can chopped mushrooms

 Combine all ingredients in ungreased casserole. Cover. Bake at 200’C for 30 minutes. Stir once. Continue baking for another 20 minutes or until done

 

Groenboontjie geregte


boontjies

GEBAKTE GROENTEBONE-GEREG

(Lekker resepte vir die jongergeslag)
2 x 410g-blikke groenboontjies
50 ml olie
2 ml sout en knippie peper
125 ml suurroom
broodkrummels
125 ml gerasperde kaas

Metode:
Verhit die oond tot 180 grade. Smeer ‘n vlak tertbak of spuit met Spray & Cook. Dreineer die boontjies deeglik. (Sit ‘n sif bo-op ‘n plastiekbak en gooi die boontjies in die sif. Laat ‘n tydjie staan.) Meng die boontjies liggies met die olie, sout en peper. Skep die boontjies in die gesmeerde oondvaste bak. Gooi die suurroom bo-oor. Meng die broodkrummels met die kaas en gooi bo-oor. Bak dit vir 30 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.”Carol Elliott Claasen”

 

HEERLIKE GROENBOONTJIEGEREG


250 g groenbone gekerf, bevrore net so goed.
1 gerasperde ui
12,5 ml margarien
50 ml koekmeel
2 ml bruinsuiker
2 ml sout
knippie peper
125 ml suurroom
75 ml melk
100 g gerasperde kaas
40 g gekrummelde chips (kaas-en-uie of sout-en-asyn)

1. Kook boontjies gaar in soutwater.
2. Braai uie in margarien.
3. Roer meel, suiker, sout en peper by uie.
4. Voeg dan room, melk en kaas by. Kook tot dik.
5. Gooi by bone en meng.
6. Sprinkel chips oor en bak by 180°C.
GROENBONE GEREG MET NIKNACKS

Bestanddele
1 kg Groenbone
2 Groot Uie
250 g Bacon
1 klein pakkie Niknacks

So 2 aartappels in blokkies gesny
Kaas
Sout en Swart peper

Metode
Kook bone, aartappels, uie en  spek in water tot sag en amper droog.

Gooi niknaks in en roer lekker deur – laat staan so 5 min tot niknaks sag geword het.

Neem masher en mash alles – gooi klont botter in, sout en peper en roer deur

KNOFFELBOONTJIES
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

350 g groenboontjies
100 g spinasie
15 ml olyfolie
1 knoffelhuise, gekneus

Metode:
Kook die boontjies in soutwater tot sag. Terwyl die boontjies kook, stoom die spinasie sommer gaar in ‘n vergiettes oor die kookwater waarin die boontjies kook (sit ‘n deksel op). Wanneer die groente gaar is, dreineer en skep uit die pot uit. Verhit die olyfolie in dieselfde kastrol en soteer die knoffel daarin vir 30 sekondes. Skep die boontjies en spinasie terug in die kastrol en meng goed. Geur na smaak en verhit tot die mengsel warm is. Bedien warm.

SPEK-EN-FETA GROENBOONTJIES
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

250 g pakkie spekstukkies
500 g gevriesde groenboontjies
5 ml fyn knoffel
100 g fetakaas, gekrummel
2.5 ml uiesout
knippie swart peper
30 ml water

Metode:
Plaas die spek in ‘n groot braaipan. Kook oor medium hitte tot die spek gaar en bros is. Skep dit uit die pan uit en hou van die vet oor vir later. Hou so 30 ml van die spek uit vir garnering.
Kook die boontjies in bietjie soutwater tot ontdooi, maar nog nie heeltemal gaar nie. Dreineer, druk droog met kombuispapier en laat eenkant. Verhit nou weer die pan met die vet in, en braai die knoffel daarin tot goudbruin. Voeg die boontjies en feta (hou bietjie uit vir garnering) hierby in, en geur met die uiesout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm en tot die meeste van die feta gesmelt het- dit neem ongeveer 2 minute.
Skep die boontjies uit in ‘n opdienbak en sprinkel die oorblywende spek en feta bo-oor vir garnering. Bedien warm

 

GEBAKTE KNOFFEL GROENBOONTJIES
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

30 ml olyfolie
7,5 ml appelasyn
5 ml droë uievlokkies
1 knoffelhuisie, gekneus
1 ml sout
knippie peper
375 ml gevriesde groenboontjies, ontdooi
15 ml droë broodkrummels
15 ml gerasperde parmesaankaas
5 ml botter of margarien, gesmelt

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 grade.
Meng die olie, asyn, ui, knoffel, sout en peper saam in ‘n mengbak. Gooi die boontjies by en meng goed saam sodat die boontjies met die mengsel bedek is. Skep die boontjies oor in ‘n gesmeerde oondbak. Meng die broodkrummels, kaas en botter saam, en sprinkel dit bo-oor die boontjies. Bak onbedek vir 10-15 minute of tot die gereg deurwarm is.

KAASBOONTJIES

(Lekker resepte vir die jongergeslag)
250 g gevriesde boontjies
15 ml fyngekapte ui
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml botter of margarien
sout en peper na smaak
ongeveer 30 ml gerasperde kaas

Metode:
Kook die boontjies in bietjie soutwater tot gaar, maar nie pap nie. Neem ‘n groot braaipan en braai intussen die ui en knoffel in die botter tot sag en deurskynend. Dreineer die boontjies, en voeg dit by die uie in die braaipan. Meng versigtig maar deeglik (jy wil nie boontjiemoes hê nie). Geur met sout en peper. Skep in ‘n opdienbak en sprinkel die kaas bo-oor net voor opdiening.
Bedien warm.

GEBAKTE GROENBONE MET SIMBA CHIPS


Rencia Odendaal Pretorius
1 kg bone – vars of gevries
2 aartappels in blokkies gesny
2 tot 3 uie – gekap
Gesnipperde spek
75ml meel
10ml bruinsuiker
10 ml sout en knypie peper
500 ml room
150ml melk
250ml kaas gerasper
1 kop kaas en uie chips – fyngemaak
Kook aartappels,uie en bone en spek soos gewoonweg – dreineer orige water af
Braai uie in botter tot sag
Roer die meel suiker sout en peper by
Roer die melk en room by en kook tot dik
Roer kaas by
Meng bone met sous mengsel
Sit in platbak – strooi chips bo-oor
Bak in oond tot gaar.

ROOMERIGE GROENBOONTJIES

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

125 ml spek
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en gekap
410g-blik groenboontjies, gedreineer
sout en peper na smaak
125 ml voorbereide witsous
60 ml gerasperde cheddarkaas

Metode:
Braai die spek en ui saam tot gaar. Voeg die tamatie by en braai tot die tamatie sag is. Voeg nou die boontjies by en roer versigtig. Geur na smaak met sout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm. Maak intussen jou witsous en roer die kaas daarby. Roer die sous by die boontjies in. Bedien warm.

GEBAKTE KNOFFELBONE GEREG

Maureen Adendorff Van Os

 30 ml olyfolie

7,5 ml appelasyn

5 ml droë uievlokkies

1 knoffelhuisie, gekneus

1 ml sout

knippie peper

375 ml gevriesde groenboontjies, ontdooi

15 ml droë broodkrummels

15 ml gerasperde parmesaankaas

5 ml botter of margarien, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 grade.

Meng die olie, asyn, ui, knoffel, sout en peper saam in ‘n mengbak. Gooi die boontjies by en meng goed saam sodat die boontjies met die mengsel bedek is. Skep die boontjies oor in ‘n gesmeerde oondbak. Meng die broodkrummels, kaas en botter saam, en sprinkel dit bo-oor die boontjies. Bak onbedek vir 10-15 minute of tot die gereg deurwarm is.

Maureen Adendorff Van Os

 SPEK-EN FETA GROENBONE

250 g pakkie spekstukkies

500 g vars groenboontjies

5 ml fyn knoffel

100 g fetakaas, gekrummel

2.5 ml uiesout

knippie swart peper

30 ml water

Plaas die spek in ‘n groot braaipan. Kook oor medium hitte tot die spek gaar en bros is. Skep dit uit die pan uit en hou van die vet oor vir later. Hou so 30 ml van die spek uit vir garnering.

Kook die boontjies in bietjie soutwater maar nog nie heeltemal gaar nie. Dreineer, druk droog met kombuispapier en laat eenkant. Verhit nou weer die pan met die vet in, en braai die knoffel daarin tot goudbruin. Voeg die boontjies en feta (hou bietjie uit vir garnering) hierby in, en geur met die uiesout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm en tot die meeste van die feta gesmelt het- dit neem ongeveer 2 minute.

Skep die boontjies uit in ‘n opdienbak en sprinkel die oorblywende spek en feta bo-oor vir garnering. Bedien warm.

Jy kan die boontjies in bondeltjies maak en dan dit saam met die feta en ander bestanddele verder gaarmaak

OUMA NAKKIE SE GROENBOONTJIES:

1 middelslag ui, gekap

500g groenboontjies, gekerf

1 klein, ryp tamatie, geskil en gekap

sout en swart peper

1 med grootte aartappel, geskil in blokkies gesny

kookwater

5ml margarien

10ml gekapte pietersielie

Braai ui liggies in ‘n kastrol en voeg die groenboontjies, tamatie, aartappel, sout, peper en ‘n bietjie kookwaterby indien nodig. Meng die groente liggies. Roer die margarien en pietersielie by. Sit warm voor

 NICKNAKS GROENBONE

(RSG)

1 kg groenbone

1 ui, gekap

Witsous

1 groot pak Nik Naks

250g spek

Gerasperde kaas

Gesnyde sampioene

Metode

Maak witsous met 3 koppies melk, 3 eetlepels botter en 3eetlepels koekmeel. Kook groenbone tot sag. Braai ui en spek sampioene saam. Gooi groenbone, spek en witsous in oondvaste bak en gooi Nik Naks by en roer goed. Gooi genoeg kaas bo-oor en bak in oond teen 180 grade tot kaas gesmelt het.

 

 

Alma Phillips

 GROENBOONE MET SPEKSOUS

Bietjie olie

1 ui, fyn gekap

1 pakkie spek, fyn gekap

2 k mayonnaise

4 e gouestroop of heuning

3 e appelasyn

Knypie peper

350 g (1 pakkie) jong groenboontjies

50 g (½ pakkie) pekanneute, fyn gekap (opsioneel)

Verhit olie en soteer ui en spek tot sag. Laat effens afkoel en kap fyn

Meng mayonnaise, stroop, appelasyn en peper goed.

Roer spek en hou eenkant

Kook groenboontjies tot net gaar. Dreineer en sit op geskikte opdienbord

Skep sous bo-oor boontjies en sprinkel neuter bo-oor. Hou in oond warm tot opdiening

GEBAKTE GROENBONE

500g groenboontjie stukkies

250g spekstukkies (Bits of Bacon)

1 groot ui, grof gekap

500 g groenboontjies, gesnipper

125 g spek

1 groot ui

1 ryp tamatie

15 ml mielieblom

125 ml water

5 ml sout

knippie peper

Kors:

4 medium aartappels

125 ml warm melk

5 ml gedroogde pietersielie

2 ml bakpoeier

2 ml sout

knippie sou

75 g gerasperde Cheddarkaas

Kook die boontjies in bietjie soutwater tot net gaar.

Dreineer dit goed. Sny die spek kleiner. Sny Skil die ui en tamatie en kap dit

grof. Braai die spek liggies, en voeg dan die ui en tamatie by. Braai saam tot

die ui deurskynend is. Los die mielieblom in die water op en voeg die sout en

peper by. Voeg die mielieblom-mengsel by die spek en roer dit totdat dit

verdik. Voeg die groenboontjies by en meng liggies. Skep die boontjies in ‘n

gesmeerde oondvaste bak.

Kors:

Skil die aartappels en sny in blokkies. Kook dit tot sat.

Dreineer. Maak kapokaartappels met die melk, pietersielie, bakpoeier, sout,

peper. Meng alles goed saam. Roer 2/3 van die kaas by. Skep die kapokaartappels

oor die boontjiemengsel en maak gelyk. Strooi die res van die kaas bo-oor. Bak

die gereg tot die gereg deurwarm en die aartappels goudbruin is.

Bedien warm.

Gemengde groente geregte


Gemende groente

Gemende groente

GEMENGDE GROENTE MET KAAS/WITSOUS

Rens se resep

1 pak gevriesde groente (stoom of kook vinnig tot sag maar nie pap nie)

1 pakkie spek

1 ui gekap

Sout en peper na smaak

Braai spek en ui tot sag – ek voeg so bietjie knoffelvlokkies by vir smaak

Maak ‘n witsous en voeg so handvol kaas in om lekker kaassous te maak

Meng die groente ,spek en uie mengsel effe deurmekaar, gooi in gespuite oondbak.

Gooi kaasssous bo-oor. Raper bietjie kaas oor en bak in die oond (180 C) tot warm en goudbruin.

Die resep hoef nie eers oond toe te gaan nie. Jy kan dit sommer ook net in die mikrogolf sit vir paar minute tot die kaas gesmelt is.

 

GROENTE TERT

500g Murgpampoen Gerasper
1 Ui
3 Repe Spek
1 Kop Cheddar kaas
½ Kop Olie
2 Eiers
1 Blik 410 gr Pitmielie, gedreineer
Sout En Peper
125 ml  (½ Kop) Melk
1 Eetl  Meel
Meng Alles En Bak 45min By 180oc

 

Magda Steenekamp

GROENTE GEREG

1 Botterskorsie (Butternut)
8 Murgpampoentjies (Baby Marrows)
250 G Knopie Sampioene
Pakkie Wit Uiesoppoeier
1 Glasie Vars Room
1. Sny Botterskorsie In Blokkies En Mikrogolf Met ‘N Klein Bietjie Water
Vir Ongeveer 10 Minute.
2. Sny Murgpampoentjies In Ringetjies En Mikrogolf Met ‘N Klein Bietjie
Water Vir Ongeveer 8 Minute.
3. Sny Sampioene In Stukkies (Soos Jy Self Verkies) – Moet Nie
Mikrogolf Nie.
4. Gooi Al Drie Groentes In ‘N Bak En Strooi Soppoeier En Room Bo-
Oor. Bak Vir Ongeveer 20 Minute By 180°C

 

GEMENGDE GROENTE MET GERASPERDE KAAS

1kg Gevriesde gemengde groente (country garden vegetables werk beste)

4 Snytjies ham in blokkies

10ml Country garlic & herb spice (Robertsons)

Sout en gemaalde swartpeper

1 Koppie gerasperde cheddar kaas

Paprika

Olyfolie

Gooi groente in ‘n bak en bedek met kookwater en mikrogolf op hoog vir 7-10 minute. Dreineer. In ‘n oondskottel – gooi olyfolie in bak. Gooi groente uit in oondbak en versprei mooi. Gooi sout en gemaalde swartpeper en country garlic en herb spice oor. Gooi ham blokkies oor. Bedek met gerasperde kaas. Strooi paprika vir kleur en grill in oond tot kaas goudbruin is

 

Amelia Röder

GEMENGDE GROENTE OONDPAKKIES

Pak jou groente op ‘n groot stuk foelie (of in ‘n oondbak). Meng 250ml room met 1 pakkie wit uiesoppoeier. Gooi oor die groente. Maak jou foeliepakkie dig toe (of bedek oondbak met foelie). Bak teen 180grade vir ongeveer ‘n uur of tot jou groente gaar en sag is. Kan dit ook op die kole gaarmaak.

 

Rencia Odendaal Pretorius

GEMENGDE GROENTEGEREG: (TERT)

1 pak gemengde groente

Jy kan ook enige vars groente vat tot 1kg en dit so effe gaar stoom

1 uie gekap

2 kop  kaas gerasper

1 pakkie spek gesnipper

1 pakkie sampioene (gekerf)

50ml koekmeel aangemaak met so half kop melk

1 eier

sout en peper

Braai spek, uie en sampioene

Gooi groente onder in bak – meng al die bestandele behalwe koekmeel, melk en eier. Hou bietjie kaas eenkant vir bo-op

Gooi nou die beslag bo-op die groente – meng eier meel en melk en gooi bo-oor groente – gooi laaste bietjie kaas bo-oor en bak in oond 2/30 min by 180 grade

 

GROENTE IN FOELIE OP DIE KOLE OF IN DIE OOND

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

1 groot botterskorsie, in blokkies gesny
250g sampioene, middeldeur gesny
250g babamielies, middeldeur gesny
250g murgpampoentjies, in stukke gesny
2 rooi soetrissies, in repe gesny
4 heel knoffelbolle, boonste deel afgesny
olyfolie suurlemoensap botte s/peper

Metode:
Die botterskorsie neem ’n bietjie langer as die res van die groente om
gaar te word, stoom dit dus eers vir ’n paar minute in water om dit halfgaar te kry.
Sit al die groente op ’n groot stuk foelie en drup die olyfolie en suurlemoensap oor. Stip dit met botter en geur dit dan met sout en swartpeper. Vou die foelie om die groente toe en draai die pakkie in nóg ’n laag foelie toe. Sit die groentepakkie in die kole-net matig. Draai die pakkie elke paar minute om. So na 30 min. is die groente lekker sag. Kan ook in die oond gemaak word.

 

 

 

Cupcakes


cupcakes sodacan

Koeldrank kolwyntjies !! (gewone gaskoeldrank bv creamsoda, sparberry ens)

Soda Pop (soft drink) Cupcakes:
Makes 12
* 340g Plain Vanilla cake mix
* 1 Cup (250ml) Raspberry Soft Drink (or any flavor soda)
Method:
Preheat Oven to 180C Into a large bowl, pour the cake mix, then add the soda (soft drink). Stir together with a wooden spoon the mixture evenly among each. Bake for 15 minutes or until puffy and cooked thru.
NOTE: (Let wel, al die bestandele wat bygevoeg moet word by die koekmengsel verval !!!)
You are replacing 200g of butter, 1 cup of sugar, 3 eggs & 2 & half cups of self raising flour & milk with these TWO simple ingredients.

FLAVOURS:

* Raspberry Soda – for raspberry cupcakes or you can use Cream soda also
* Soda Water – for plain cupcakes
* Mineral Water – for plain cupcakes
* Champagne/Sparking wine for adult cupcakes

Some suggestions with different cake mixes

Strawberry cake mix + Sprite Zero
Orange cake mix + Sprite Zero
Chocolate cake mix + Coca Cola
Vanilla cake mix + Strawberry soda or cream soda
White cake mix + Grape soda

theviewfromgreatisland

theviewfromgreatisland – 30 second cupcake

30 SECOND  CUPCAKES IN THE MICROWAVE
1 Tbsp plus 2 tsp cocoa powder
3 Tbsp flour
pinch of salt
1 Tbsp plus 2 tsp sugar
1/4 tsp baking powder

• Combine the above dry ingredients in a little mixing bowl. Be sure to combine well, you don’t want to bite into a lump of baking powder.

3 tsp vegetable oil
3 Tbsp milk, cream, or half and half
a few drops of pure vanilla extract

• Add the wet ingredients to the dry, and stir to blend well. Put the batter in a two standard silicone cupcake containers or small ramekins. You can grease the ramekins if you want to turn the cake out after baking. I just leave it in and eat with a spoon.
• Microwave on regular power (100%) for 30 seconds. I watch it carefully, if it looks like it’s going to overflow, I stop the microwave and then start again. Mine took just 30 seconds exactly. I ‘baked’ mine one at a time.

Glaze/Frosting:
4 Tbsp confectioner’s sugar
2 Tbsp milk or cream
a drop of vanilla extract
(1 Tbsp cocoa powder will make it chocolate)
• Mix the above ingredients together in a small glass. Add a little more sugar or milk to get the right consistency.
• Frost the cupcakes
WENK: Versier met gekookte kondensmelk of nutella

theviewfromgreatisland

 

KERSFEES Poedings/nageregte


  • marshmellow tert

    Malvatert

MALVATERT

Vulsel
1 blik  (397g) Kondensmelk
2 houertjies vars room (2 x 250ml)
750g marsmellows (pienk en wit) in kwarte gesny
1 pak kersies (rooi en groen)  (250g) in kwarte gesny
1/2 koppie suurlemoensap
1 blikkie (1kop) fyn pynapples, gooi deur ‘n sif om ergste vloeistof te dreineer

Metode:
Meng die kondensmelk met die suurlemoensap
Voeg die marshmallows en kersies by.
Voeg die pynappel by
Klits die room goed styf en meng by.
Gebruik die tennisbeskuitjies om bak mee uit te voer
Gooi vulsel bo-op die koekies en verkoel.

LEMON LUSH YSKASTERT

115 gr botter (gesmelt)
1 koppie koekmeel
1 ½ koppie pekaneute (fygekap) (verdeel die in 2 dele)
250gr roomkaas (kamertemperatuur)
2 koppies room
1 koppie suiker
2 pakkies suurlemoengeur instant poeding (maak aan volgens aanwysings op pakkie en plaas in die yskas om solank te stol) (ek persoonlik dink hier kan jy enige geur gebruik na smaak)

Kors:
Meng die botter, meel en ¾ koppie pekaneute – druk vas in gesmeerde tertpan en bak by 180C vir 10 tot 15 minute of tot ligbruin
Laat HELTEMAL AFKOEL.

Lae:
1) Meng die roomkaas, 1 koppie suiker en 1 koppie room tot gladde mengsel
Smeer oor die afgekoelde tertkors
2) Smeer nou die instant poeding oor
3) Klits 1 koppie room tot styf en smeer bo-oor
4) Gooi die ander ¾ koppie pekaneute oor
Plaas in yskas vir ongeveer 4 ure of oornag

LEMON SQUARES

FOR THE CRUST
100ml butter, melted
1 packet of tennis biscuits, crumbed

FOR THE FILLING
2 large egg yolks
1 can sweetened condensed milk
1/2 cup fresh lemon juice (3 lemons)

DIRECTIONS:
Preheat oven to 175C
Brush an 8-inch square baking dish with melted butter or spray and cook

In a food processor, finely grind the tennis biscuits
Add butter and blend to mix.
Press mixture into bottom of prepared pan.

TO MAKE THE FILLING
In a large bowl, whisk together egg yolks and condensed milk.
Add lemon juice; whisk until smooth.
Pour filling into cooled crust; carefully spread to edges.
Bake until set, about 15 minutes.
Cool in pan on rack.
Chill at least 1 hour before serving.

lemon squares

BANANA SPLIT YSKASTERT

1 Pakkie “banana instant” poeding (aangemaak met 2 kop melk)
250gr roomkaas (by kamertemperatuur)
½ kop versiersuiker
250ml room
2 pakkies tennisbeskuitjies
500gr aarbeie
1 Blikkie pynappelstukkies (goed gedreineer)
10 na 12 kersies – gekap
Sjokolade en karamel sous
Gekapte neute
Maak jou piesang instant poeding aan met 3 kop melk
Klits die roomkaas en versiersuiker tot gladde mengsel
Meng ½ kop piesang poeding in by die roomkaasmengsel en meng goed deur
Klits die room tot styf
Meng 2/3 van die room in by die roomkaas mengsel
Begin deur ‘n lagie koekies onder in ‘n bak te pak
Smeer ½ van die roomkaas mengsel oor
Sny nou dun skyfies aarbeie en pak bo-op
Smeer nou ‘n lagie met die ½ van die piesang poeding oor
Pak weer ‘n lagie koekies
Smeer orige roomkaas mengsel oor
Gooi die pynappel en kersies oor
Gooi die laaste piesang poeding oor
Pak weer ‘n lagie koekies
Eindig af met die styfgeklopte room
Spuit nou nou die sjokolade en karamel oor met die neute
Sit in die yskas vir tenminste 4 ure of oornag
Indien jy kleiner glasbak wil gebruik kan jy meer lae pak
Indien jy die sjokolade en karamelsous wil los, strooi net neute en nog fyngemaakte tennisbeskuitjies oor

poeding banana split

YSKASKOEK

250 g botter

250 ml suiker

2 eiers

500 g room kaas of maaskaas ( 2 bakkies )

20 ml vanieljegeursel

3 pakkies tennis beskuitjies

Kersies

Meng botter en suiker tot ‘n room. Voeg geklitste eiers by . Klop goed met ‘n houtlepel .

Voeg room kaas of maaskaas en vanieljegeursel by en meng baie goed  totdat die hele mengsel ‘n romerige tekstuur het. Passop vir oorklop ander is die mengsel te loperig

Neem nou ‘n vierkantige bak en voer dit uit –  tot heelbo- en entjie oor die kante met foelie.Die rede hiervoor is om die koek na die tyd uit te lig. Pak jou 9 beskuitjies plat in die bak, Kyk of daar teen die kante “gaps” is – indien daar is, druk aan die agterkant tussen die bak en foelie enige iets in sodat dit ‘n mooi vierkant  kan vorm, anders loop die mengsel uit, of jy kan stukkies beskuitjies sny en die “gap” toemaak. Die koek moet die hele pan mooi vol le. Indien jy verkies om die koek in jou vierkantige glasbak op te dien is die foelie nie nodig nie.

Skep  ‘n derde van die mengsel oor die beskuitjies. Voeg nog ‘n laag koekies en nog ‘n laag van die mengsel . Op hierdie stadium plaas jou gehalveerde  kersies eweredig oor die mengsel en dan nog ‘n laag beskuitjies. Herhaal die laaste laag en eindig af met ‘n ry van die beskuitjies. Vou die oortollige foelie oor hierdie en sit die hele lot in die vrieskas. Sodra dit kliphard gevries kan jy dit verwyder uit die pan , Dit sal sy vorm behou. Hou die koek in die vrieskas , nie in die yskas nie, dit sal te sag wees. Jy moet dit dadelik  eet as dit uit die vrieskas kom.  Dit is nie nodig om te ontdooi nie, want dit vries nooit kliphard nie.

Jy kan, indien verkies as jy die laaste beskuitjies gepak het, so klein bietjie van die maaskaasmengsel bo-oor sit en sjokolade snysels bo-oor rasper. Dit versier jou koek net baie mooi.

 

KLEURVOLLE JELLIE

Maak 5 kleure jellie aan met net die helfte van die water bv 1 pakkie jellie aangemaak met 1 kop water. Laat dit stol en sny in klein blokkies.
Plaas in jou silikoon ring of glasbak (gebruik muffin pannetjies ook (sien foto)

Meng 300ml kondensmelk, 300ml room en 1 tl vanilla
Neem 1 kop koue water en gooi 24gr gelatine oor. Meng en los vir 1 minuut
Meng nou 250ml warm water in by die koue gelatienmengsel in en voeg dit by die kondensmelk mengsel – meng goed deur
Gooi oor die blokkies jellie
Sit in die yskas tot goed gestol – verkieslik oornag

WENK: Maak dit in jou muffin pannetjies dan het elkeen sy eie ronde jelliekoekie

jellie00000000055

JELLIE KAASKOEK

Jy kan die resep verdubbel as jy ‘n dikker tert, of vir meer mense moet poeding gee. Jy kan die kaaskoek in individuele glasie maak in plaas van ‘n jellieringvorm, en opdien met styfgeklitste room en/of bessies of aarbeie

1 pakkie jellie, enige geur
125 ml kookwater
250 ml room
250 g roomkaas, by kamertemperatuur

Los die jellie in die kookwater op. Laat afkoel. Klits die room tot styf. Klits die roomkaas tot sag. Voeg klein bietjies van die afgekoelde jellie daarby en klits goed na elke byvoeging. Vou die styfgeklitste room liggies in. Gooi die mengsel uit in ‘n jellieringvorm en laat in die yskas om te stol.

 

AARBEI VRIESKASKOEK
2 Koppies room
2 eierwitte
½ houertjie roomkaas (by kamertemperatuur)
2 koppies vars aarbeie
½ kop strooisuiker

Kors
1 pakkie tennisbeskuitjies (fyngerol) (hou so handvol krummels uit om bo-oor te strooi, meng bietjie klapper by vir ‘n variasie bo-op)
100ml gesmelte botter
Meng koekies en botter en druk vas in gespuite tertbak

Sny die aarbeie in stukkies
Klits die room styf – voeg die strooisuiker bietjies gewys by terwyl jy die room klits
Meng die roomkaas by
Klits die eierwitte tot stywe punte en vou dit in by die mengsel
Meng die aarbeie liggies in

Gooi bo-oor die tennisbeskuitjie kors
Sit gladwap bo-oor en sit oornag in die vrieskas
Omtrent ‘n uur voor jy dit wil opdien, verwyder uit vrieskas, sny in blokke en laat dit dan effe ontdooi. Dit moet half gevries bedien word.

Wenk. Druk jou mes in warm water terwyl jy die blokke sny

Indien jy nie vars aarbeie het nie, gebruik gebliktes wat goed gedreineeer is

 

SJOKOLADE KAASKOEK (Ongebak)

1 ½ kop tennisbeskuitjies (gekrummel)

1 eetl botter (gesmelt)

250gr roomkaas

½ kop kondensmelk

¼ kop room

100gr sjokolade (bv dairy milk)

100gr donker sjokolade

Meng die botter en koekiekrummels en druk vas in ‘n tertbak

Meng die roomkaas en kondensmelk tot glad. Voeg die room (net so – nie styfgeklits nie) by

Smelt die sjokolade in ‘n glasbak oor pot met kokende water

Meng sjokolade mengsel in by kondensmelk mengsel

Gooi oor koekie kors

Verkoel in yskas vir tenmiste 4 ure of oornag

Versier met vars aarbei, sjokolade skaafsels, neute, room ens

WENK:

Vir ‘n variasie, gebruik die nuwe Tennisbeskuitjies met die  pepperment geur vir jou  kors – dit gaan die tert ‘n hele ander dimensie gee wat smaak aanbetref en versier miskien die koek met peppermint stukkies

Om nog ‘n variasie te kry, gooi by die mengsel gekapte neute en/of kersies in

chocolate cheescake

Sjokolade kaaskoek

BAR ONE TRIFEL

1 pakkie (90 g) sjokolade kitspoeding
400 ml melk
125 g roomkaas
250 ml (1 k) room, styf geklits
1 pakkie (200 g) Romany Creams, grof gebreek
sjerrie vir oorsprinkel
2 groot (100 g elk) Bar-One stafies, in blokkies gesny
Klits die kitspoeding en melk saam tot dit net begin verdik
Roer die roomkaas by die room in
Sprinkel die helfte van die gebreekte koekies in ’n glasbak en besprinkel met die sjerrie
Skep ’n laag sjokoladepoeding oor
Skep ’n laag room oor en sprinkel van die sjokolade oor
Herhaal die lae en rond af met stukkies Bar-One
Plaas in die yskas tot stewig

Deur: Huisgenoot

 

PYNAPPEL YSKASTERT

Kors:
1 Pakkie tennisbeskuitjies (fyngedruk)
100gr botter (gesmelt)
Meng bogenoemde en druk vas in ‘n tertpan.
Plaas in yskas terwyl jy die vulsel maak

Vulsel:
1 Blikkie kondensmelk
125ml (1/2 kop suurlemoensap)
1 (400gr) blikkie “crushed” pynappel (dreineer goed)
300ml room (styfgeklits)
Meng die kondensmelk en pynappel. Voeg die suurlemoensap by
Vou die room in
Gooi oor tertkors en versier met stukkies fyn tennisbeskuitjies
Sit in die yskas vir tenminste 3 ure of oornag

pynappel tert 1

Pynappel yskastert

TIRAMISU

1 cup whipping cream
1 cup Mascarpone cheese
2-3 Tbs sugar, to taste
1 tsp vanilla extract
1 Tbs amaretto or rum
1 cup strong cold coffee
200 gr ladyfingers – vingerbeskuitjies (boidor koekies)
cocoa, for dusting

Instructions
Whip cream, sugar and vanilla. Add Mascarpone cheese and amaretto or rum.
Pour coffee into a shallow dish. Dip enough ladyfingers in coffee to cover the base of a 6×9 inch (15×24 cm; 4 cups volume) square dish. Add a part of the cream mixture and level out. Repeat layers 1 or 2 times, ending with the cream.
Cover and refrigerate for at least 2 hours. Dust with cocoa before serving.

 

MARSMALLOW AND JOGHURT TART

200g Tennis biscuits
60ml Butter
One large bag of Marshmallows (140g)
One 500g pot of Yogurt

Pre-heat the oven to 180°C.

Crush the biscuits and melt the butter.
Mix the biscuits and butter and squish into a tart tin.
Bake for 10 minutes and set to one side.

Place the marshmallows in a heat-proof bowl and microwave for 30 second blasts until marshmallows are very well melted.
Use a BIG bowl as the marshmallows expand a lot. And make very sure they are properly melted otherwise your tart won’t set as well and it will have marshmallow bits in it.

When the marshmallows are completely melted, scrape in the tub of yogurt and mix thoroughly. If you realize that the marshmallows hadn’t completely melted after all, return the whole mix to the microwave and heat in 15 second blasts, stirring in between, until just melted. Be careful not to boil the yogurt, though.
Pour into the tart tin and place in the fridge for a couple of hours.

STRAWBERRY YOGHURT TART

½ x 200 g packet Marie biscuits
2 tbsp (30 ml) soft tub margarine, melted
1 x 80 g packet strawberry jelly powder
300 ml strawberry flavoured low-fat yoghurt
1 x 250g plain smooth low-fat cottage cheese

1.Place biscuits in a plastic bag and crush with a rolling pin or a small glass.
2.Mix biscuit crumbs with margarine. Press onto the base of a tart dish.
3.Dissolve the jelly powder with ½ cup boiling water and allow to cool, but not set.
4.Mix yoghurt and cottage cheese and stir into the cooled jelly.
5.Pour over biscuit crumbs and refrigerate for 3 hours or overnight.
6.Serve cold with fresh fruit.

 

PEPPERMENT POEDING

Genoeg vir 4 mense

1 pakkie (200 g) Tennis-koekies
60 ml (¼ k) Amarula-likeur
2 blikke (360 g elk) karamelkondensmelk
375 ml (1½ k) room
90 g Peppermint Crisp-sjokolade, fyngedruk

METODE:
Plaas die koekies in ’n plastieksak saam met die helfte van die likeur, verseël en druk met ’n koekroller fyn.
Plaas die karamelkondensmelk in ’n mengbak.
Klits die room tot stywe punte vorm en vou dit saam met die oorblywende likeur by die karamel in.
Vou 60g van die pepermentsjokolade in.
Strooi die koekiekrummels in vier afsonderlike bakkies, glase of glasbak en bedek met die karamel.
Herhaal die lae en eindig met karamel bo-op.
Strooi die oorblywende pepermentsjokolade bo-oor.
Verkoel 2 uur in die koelkas.
Sit voor saam met room, as jy wil.

 

BATIK KOEK – KEK KOEK

200gr droe Milo

1 blikkie kondensmelk

4 eiers

1 tl vanilla

150gr margarine

Cream crackers of marie beskuitjies

Klits eiers goed. Meng die kondensmelk, milo. Meng dit nou in by eiers Smelt botter en gooi die mengsel by. Kook by medium hitte tot dik

Neem cream cracker/marie beskuitjies en breek die koekie in 4 stukke

Lyn ‘n broodpannetjie met waxpapier (dit moet oor die kante hang) en spuit met bietjie spray en cook. Begin deur die gebreekte cream crackers/marie beskuitjies los te pak op die bodum. Daar moet spasies tussen in wees.

Gooi bietjie van die kondensmelk mengsel oor

Pak weer gebreekte cream crackers/marie beskuitjies en kondensmelk mengsel. Herhaal tot alles klaar is.

Vou die boonste gedeelte van die waspapier oor die koek, druk mooi in blok en bewaar in die yskas tot gestol.

Sny in stukke en bedien.

Wenk: Gebruik ‘n broodkpannetjie vir die resep. Dit werk die beste

batik koek

LEMON TART

Ingredients
200 g Tennis biscuits
90 g butter – melted
1 x 80 g lemon jelly powder packet
½ cup boiling water
400 ml evaporated milk (cold – in yskas oornag)
1 Tbs castor sugar (strooisuiker)
Grease a deep 22cm square dish or tray. Place the tea biscuits in a large freezer bag and use a rolling pin to crush them. Stir in the melted butter, then press into an even layer in your dish. Set aside in the fridge.
Combine the lemon jelly powder and boiling water. Stir well to dissolve all the powder, then set aside to cool slightly.
Place the evaporated milk and castor sugar in a separate bowl. Use an electric whisk to beat them together until the mixture is light and fluffy.
Continue to whisk while adding the jelly liquid in a thin, constant stream.
Pour the mixture over the biscuit base, cover and refrigerate until firm. (2 – 3 hours should be plenty of time.) Serve straight from the fridge.

LEMON TRUFFLE PIE

Crust
1 roll puff pastry

Filling
1 cup sugar
2 tablespoons cornstarch (maizina)
2 tablespoons flour
1 cup water
2 egg yolks, beaten
1 tablespoon butter or margarine
½ teaspoon grated lemon peel
¼ cup lemon juice
1 cup chopped white chocolate chips
1 tub (250gr) cream cheese, softened

Topping
½ cup whipping cream
1 tablespoon sliced almonds or nuts, (optional)

DIRECTIONS
Heat oven to 220C Layer the puff pastry in a pie pan – using 9-inch glass pie pan. Bake until light golden brown. Cool completely, about 30 minutes.

In saucepan, mix sugar, cornstarch and flour. Gradually stir in water until smooth. Cook over medium heat, stirring constantly, until mixture boils. Reduce heat to low; cook 2 minutes, stirring constantly.

Remove from heat. Stir about 1/4 cup hot mixture into egg yolks until well blended. Stir egg yolk mixture into mixture in saucepan. Cook over low heat, stirring constantly, until mixture boils. Cook 2 minutes, stirring constantly.

Remove from heat. Stir in butter, lemon peel and lemon juice.
Place 1/3 cup hot filling in seperate saucepan;. Stir vanilla chips into the hot filling; cook and stir over low heat just until chips are melted.

Cool the other remaining lemon mixture for 15 minutes

With an electric mixer, beat cream cheese on medium speed until fluffy. Beat in melted vanilla chocolate chip mixture until well blended. Spread in bottom of cooled baked shell. Spoon lemon mixture evenly over cream cheese layer. Refrigerate until set, 2 to 3 hours.

In another small bowl with electric mixer, beat whipping cream on high speed until stiff peaks form. Spoon or pipe whipped cream over pie. Garnish with nuts or almonds. Store in refrigerator.

LEMON MERINGUE 

KORS:
1 pakkie tennis beskuitjies – fyngerol
100gr gesmelte botter
Meng bogenoemde en druk vas in tertpan

1 Blikkie kondensmelk
4 eiergele (hou wit eenkant)
1/2 koppie suurlemoensap

1 can sweetened condensed milk
4 egg yolks (reserve the egg whites)
1/2 Cup lemon juice

In a bowl, combine the last 3 ingredients well. Pour into the pie crust and bake in a 180C oven for 15 minutes.

For the Meringue:
4 egg whites
1/4 tsp. cream of tartar
1/4 C. sugar or castor sugar

4 eierwitte
1/4 tl kremetart
1/4 kop suiker of strooisuiker

In a bowl, beat the egg whites until they begin to stiffen up, add in the cream of tartar and gradually add the sugar. Continue beating until stiff peaks form.
Once the pie is baked, top the pie with the meringue and place back into the oven for 7 minutes or until the peaks are light brown.
Allow the pie to completely cool before slicing. Store in the fridge

LEMON MERINGUE PIE

CARAMEL MARSHMALLOW SLICES

Biscuit Base
1/2 cup flour (koekmeel)
1/2 cup self-raising flour (bruismeel)
Gebruik sommer 1 kop koekmeel met 5ml bakpoeier)
1 cup coconut
1/2 cup brown sugar
100g melted butter

Caramel – hier kan hier ‘n klaar gekoopte blikkie Caramel kondensmelk gebruik)
1 can condensed milk
30g butter
2 tablespoon golden syrup

Marshmallow
1 cup caster sugar
1 cup water
1 tablespoon gelatine
1 teaspoon vanilla
food colouring of your choice

Biscuit Base
First, combine flour, coconut, sugar and butter in a bowl and press into a greased tin (30×20) Bake in a moderate oven (180C) for about 15/20 minutes or until lightly brown. Wait for it to cool

Make the caramel
Combine condensed milk, butter and syrup in a saucepan stir over heat until simmering, simmer until mixture is golden brown and thickened about 8 minutes, pour over biscuit base and cool

To make the marshmellow
Combine sugar, water and gelatine in a saucepan and stir over low heat until gelatine dissolves, do not boil, simmer and continue to stir for 5 mins.
Pour into a bowl, cool. add vanilla and beat until thick.
Pour marshmallow over caramel, spread evenly and sprinkle with extra coconut

Put in the fridge until set then cut into squares.(approx 3 hours or overnight)

BLUEBERRY CHEESECAKE

6 tablespoons butter, melted
2 cups tennis biscuit crumbs
2 packages cream cheese, softened
¾ cup sugar
2 large eggs
1 teaspoon vanilla
1 jar blueberry jam (or preserves)
1 cup blueberries (fresh)

DIRECTIONS
Preheat oven to 180C
Combine butter and tennis biscuit crumbs and press firmly and evenly onto bottom of 9 X 13-inch baking pan.
Beat cream cheese until smooth. Add sugar, eggs and vanila, beating until well blended. Set aside.
Stir jam until softened and spread evenly over crust; sprinkle with blueberries. Top with cream cheese mixture.
Bake 30 minutes or until slightly puffed. Cool completely in pan.
Refrigerate leftover bars for up to 3 days.

MARSHMALLOW TART

Ingredients:
150 g marshmallows, chopped into small pieces
12 glace cherries, chopped
5 ml vanilla extract
250 ml cream
1 can condensed milk
100 g crushed pineapple (drain well)
125 ml lemon juice
1 Packet tennis biscuits, crushed
100gr melted butter

Method:
Mix tennis biscuits and butter and press crust into pie dish
1.Mix lemon juice and condensed milk.
2.Mix in marshmallows and cherries.
3.Whip cream stiffly then add vanilla extract and pineapple.
4.Mix everything together and pour into prepared crumb crust.
Decorate as desire
Refrigerate to set 3 to 4 hours or overnight

VLA-MARSHMALLOW TERT
1 blik kondensmelk
1 pak tennis beskuitjies
halwe koppie suurlemoensap
1 pak marshmellows (groot)
3 kop melk
3tl suiker
3tl hoogvol vla
1 kop styfgeklopte room
METODE :
Pak tennis in tertbak
Meng kondensmelk met suurlemoensap en gooi oor beskuitjies
Sny marshmellows in 3 helftes en pak oor bogenoemde
Maak vla aan met melk suiker vlapoeier en gooi warm vla oor beslag
Laat bietjie afkoel en gooi room oor Versier met beskuitjiekrumels
vla marshmellow tert
VANILLA MAGIC CUSTARD CAKE (Die vlakoek maak lae soos dit bak)

Ingredients
½ cup butter-melted and slightly cooled
2 cups milk-lukewarm
4 eggs-separated
1¼ cups (150g) powdered sugar (versiersuiker)
1 Tablespoon water
1 cup (115g) flour
1 teaspoon vanilla extract
powdered sugar for dusting
Instructions
1. Preheat the oven to 165C
2. Lightly grease 8×8 inch baking dish, set aside
3. Whip the egg whites until stiff peaks form, set aside.
4. Beat the egg yolks and powdered sugar until pale yellow.
5. Mix in melted butter and the tablespoon of water (for about 2 minutes) until evenly combined.
6. Mix in the flour until evenly incorporated.
7. Slowly beat in the milk and vanilla extract until well combined.
8. Fold in the egg whites (1/3 at a time, then repeat until all of the egg whites are folded in).
9. Pour the batter into the pan and bake for 40-60 minutes (until the cake is barely jiggly in the center). Baking time might vary depending on your oven or pan you use, but start checking after 40 minutes. If the top browns too quick before the minimum of 40 minutes, you can cover the cake with aluminum foil.
10. Cool the cake completely before dusting with powdered sugar. Even cooled, it will be slightly jiggly because it has custard layer in the center.

NO BAKE LEMON CHEESECAKE

Crust
1 packet crushed digestive biscuits / crackers/ tennis biscuits
80 g butter melted

1 packet lemon jelly
250ml boiling water (1 cup)
250g smooth cottage cheese (maaskaas)
397g (1 can) condensed milk
60ml lemon juice
155g (1 small can) dessert cream
Lemon slices and whipped cream for decoration (optional)

METHOD
Combine biscuits and butter, press into base and sides of a 20cm pie dish. Chill.
Dissolve jelly in the 1 cup boiling water.
Allow to cool until syrupy.
Beat cottage cheese until smooth.
Add the Condensed Milk, beat until combined.
Add lemon juice, jelly and Dessert Cream.
Pour into prepared base.
Chill until set.
Decorate with whipped cream and the lemon slices

JOGURT TERT
500 ml Jogurt (enige geur waarvan julle hou)
1 blik kondensmelk
1 pak Tennis beskuitjies botter
1. Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter.
2. Meng jogurt en kondensmelk goed.
3. Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 min. op hoog.
4. Sit in yskas vir ± 1½ uur.
joghurt tert

Joghurt tert

HELEN SE AMAZI TERT
500ml Amazi Melk
1 blik kondensmelk
1 pakkie butterscotch kitspoeding ( moenie aanmaak nie, gebruik net die poeier)
1 x 250ml Room Styf geklits

Metode:
Pak Tennis beskuitjies in langwerpige bak.
Gooi alles bymekaar en meng versigtig.
Gooi in bak en sit in yskas om te stol. Lekker vinnig en heerlik. Vir versiering kan jy Flake of Peppermint Crisp bo op krummel.

Roomkaas yskastert: Deur: letthebakingbeginblog

Roomkaas yskastert: Deur: letthebakingbeginblog

ROOMKAAS YSKASTERT

Roomvulsel:

1  na 2 pakkies tennisbeskuitjies

2 koppies room

1 houertjie roomkaas , verkoel (dws direk uit die yskas)

125 gr botter, kamertemperatuur

1 blikkie kondensmelk

1/3  koppie sjokolade (enige) in stukkies gekap

Ganache:

1/3 koppie volroom room

1/3 koppie gekapte sjokolade

Krummels:

4 koekies gekrummel

Gekapte neute (opsioneel)

Om die  ganache te maak :

Verhit room tot amper kookpunt ( in die mikrogolf of op die stoofplaat ) .

Voeg sjokolade by  en los dit net so –  ongestoord vir 2-3 minute.

Met behulp van ‘n lepel, roer tot glad

Maak die roomvulsel:

Klits botter tot romerig , voeg roomkaas 1 eetlepel op ‘n slag by totdat dat dit ‘n gladde mengsel is. (daar moet glad nie meer roomkas klonte wees nie)  Gooi die kondensmelk by en meng tot goed deurgemeng

Klits room tot styf

Vou  nou die styfgeklopte  room met ‘n houtlepel  in by die kondensmelk mengsel.  Moenie die hele klomp room op een slag ingooi nie – skep so lepelsgewys in en vou stadig in.

Neem nou ‘n vierkantige bak en voer uit met foelie. Laat die kante oorsteek. Jy gaan as jou koek klaar gepak is die foelie afhaal sodat jou koek ‘n mooi vierkant vorm.

Sit ‘n bietjie van kondensmelkmengsel onder in jou vierkantige tertbak (bo-op die foelie) , pak 4 tennisbeskuitjies op en druk mooi styf vas

Sit ongeveer  ¾  koppie kondensmelkmengsel  bo-op die beskuitjies en versprei egalig. Gaan nou so aan met jou lae koekies en kondensmelkmengsel tot alle klaar is.(Hou bietjie van die kondensmelkmengsel uit om om die hele koek te smeer.

Haal nou jou koek uit die bak deur dit met die foelie uit te lig – druk die koek mooi in ‘n vierkant – Verwyder foelie en sit op tertbord neer.

Smeer nou die laaste gedeelte van die kondensmelkmengsel om en rondom  die koek

Neem die koekiekrummels en druk dit  rondom die koek saggies vas met jou palm

Gooi die ganach stadig oor die bo-kant  – pasop dat dit nie afloop nie, maar as dit afloop is dit nie die ergste nie – Versier die kante van die koek met gekapte neute (indien jy dit gebruik)

Gooi 1/3 kop gekapte sjokolade bo-oor vir versiering

Sit die koek in die yskas vir tenminste 24 uur

Haal uit en bedien teen kamertemperatuur.

Indien verkies, kan jy die koek in ‘n glasbak maak , dit in blokkies sny  en so bedien.

Lagie lagie poeding

Lagie lagie poeding

 LAGIE LAGIE POEDING

1 Pakkie tennis beskuitjies

1 blikkie kondensmelk

250ml  room

1 tl vanlije geursel

½ kop suurlemoensap

Meng alles goed tot dik gladde mengsel (behalwe die koekies)

Pak tennis beskuitjies onder in’n bak, gooi mengsel oor, pak weer lagie tennis beskuitjies, weer lagie mengsel, – voltooi tot alles klaar is.

Verkoel vir ten minste 6 ure in yskas of verkieslik oornag.

Jy kan dit versier deur bietjie krummeltjies van die tennis beskuitjies oor te gooi, kan klapper oorstrooi, houertjie granadilla mousse oorsmeer, gerasperde sjokolade, rasper lemoen of suurlemoenskil oor,

‘n Blikkie fyn pynappel (goed gedreineer)  kan ook tussen die lae ingesit word. Eindig af met lagie pynappel en miskien klapper. Gekapte neute kan ook bygevoeg word.

grenadilla koek

GRANADILLA YSKASTERT
1 Blik Ingedampte melk- oornag in yskas
1 pakkie suurlemoen jellie
1 blik granadella pulp
1 pak tennisbeskuitjies

METODE:
Maak jellie aan met 1kop kookwater
Laat afkoel maar nie stol nie
Klits die ingedampte melk tot so skuimerig
Voeg jellie en pulp goed saam, en voeg die ingedampte melk ook by.
Plaas van die beskuitjies onder in glasbak(hou ‘n paar uit vir bo op strooi)
Gooi tertmengsel in bak
Krummel orige tennis beskuitjies bo oor
Laat staan in yskas vir 1uur.

 

CREMORA KOFFIETERT
Lewer 20–24 porsies (twee middelslag terte of een baie groot tert)

Bestanddele:
Kors:
2 x 200 g pak sjokoladebeskuitjies (fyn gedruk) (ek glo jy sal tennisbeskuitjies ook kan gebruik)
200 g botter, gesmelt

Vulsel:
500 g Cremora
250 ml (1 k) kookwater
2 x 397 g blikke kondensmelk
250 ml (1 k) suurlemoensap
45 ml (3 E) koffielikeur (soos Kahlua
of Tia Maria)

Bolaag:
200 ml room
5 ml (1 t) kitskoffiepoeier
200 g donker sjokolade, fyn gekap
Kakao, om oor te sif

Metode:
Berei ’n krummelkors van koekie krummels en gesmelte botter en druk dit teen die boom van twee middelslag-tertborde of 1 groot tertbak (die grootte van ’n standaard-oondpan) vas. Verkoel tot benodig.
Klop Cremora met kookwater tot alle klonte opgelos is. Laat in yskas koud word. Klop tot styf met ’n elektriese klitser. In ’n ander bak, klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik en voeg by Cremoramengsel saam met koffielikeur. Klits tot glad.
Giet in sjokolade koekie krummelkors en verkoel tot styf. Verhit room en koffielikeur saam tot net onder kookpunt. Voeg gekapte sjokolade by en roer tot glad en blink. Laat afkoel tot kamertemperatuur en smeer oor ferm tert. Verkoel tot benodig en sif kakao oor net voor opdiening.

Suurlemoen poeding

1 pakkie tennisbeskuitjies of marie beskuitjies

1 blikkie kondensmelk

½ na ¼ kop suurlemoensap

Meng die kondensmelk en suurlemoensap

Pak lag tennisbeskuitjies en gooi dan van die kondensmelkmengsel oor

Herhaal lae tot alles klaar is

Krummel tennisbeskuitjies bo-oor

fb3

Cremora tert – sjokolade en pynappel weergawe

 

CREMORA TERT met sjokolade

1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk met 100gr gesmelte botter
Meng, druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min

Meng:
2 koppies cremora met 1/4 kop warm water tot glad
Meng in 1 blikkie kondensmelk
Voeg 1/2 kop suurlemoensap by en meng tot dik en glad
Gooi oor koekiekors en versier met sjokolade sous (Ek het die roomys sjokoladesous gebruik wat hard word), kakoa poeier, skaafsels sjokolade en kersies. Trek sommer met jou teelepel se agterkant patroontjies deur die sjokolade
Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening
Bewaar in die yskas

CREMORA TERT met pynappel

1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk met 100gr gesmelte botter
Meng, druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min

Dreineer solank 1 blikkie “crushed pynappel” Druk die sap goed uit en hou 1/4 koppie sap eenkant

Meng:
2 koppies cremora met 1/4 kop warm water tot glad
Meng in 1 blikkie kondensmelk
Meng nou die pynappel by (hou 1 eetl pynappel eenkant vir garnering)
Voeg 1/2 na 3/4 kop suurlemoensap by en meng tot dik
Gooi oor koekiekors
Neem nou die 1 eetl pynappel, 1/4 koppie van die pynappel sap en 1 opgehoopte tl vla en verdik in die mikrogolf
Smeer oor die tert
Ek gebruik ook soms die blikkies “fruit coctail” om in die tert te gooi Hou ook ‘n bietjie vrugte uit om bo-op te sit met die vla en sous soos bo by die pynappel

Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening
Bewaar in die yskas

 

POLISIEKANTIEN TERT

Die resep bestaan uit 2 dele

Karamelsous
100g Botter
1 koppie sagte bruin suiker
125ml Room
teelepel Vanilla essence
Kook tot borrelend en draai temperatuur af en kook stadig vir so 4 minute. Hou eenkant.

Bestandele vir sjokoladevulsel.
1 Blikkie kondensmelk (gewone een – nie karamel nie)
1 Koppie Karamelsous
2 eetlepels Kakao Poeier
2 eetlepels Mielieblom
3 eiers geskei
1 Koppie kookwater
30ml Botter

Beskuitjies: 1 Pakkie tennis beskuitjies

Metode:
In n swaarboomkastrol, meng kondensmelk melk en karamelsous, bring stadig tot kookpunt. Los kakaopoeier op in kookwater en voeg by. Los mielieblom in biedjie koue melk op tot gladde pasta en voeg by. Voeg dan geklitste eiergele by. Laat rus n biedjie. Gooi die klont botter bo-op en hou die pot skuins dat die botter n lagie vorm. Klits eierwitte styf en vou in by sjokolademengsel. Moenie te lank prut en whisk gedurig. Sit n lagie tennis beskuitjies in Pirex bak, skep die helfte van vulsel, bo op, gevolg met nog n lagie beskuitjies en weer vulsel. Laat rus in yskas vir 2 ure. Klop 250ml room styf met 2 eetlepels versiersuiker en bietjie vanilla essence en skep bo-oor. Sny in blokke en bedien met res van Karamelsous bo-oor.
Resep:  Pieter Kotzé

mocha surprise

Mocha Verassing

 MOCHA VERASSING
2 Koppies vla
8 oreo koekies (fyn gemaak) (ek sal se gebruik sommer enige sjokolade koekie waarvoor jy lus voel)
1 tl koffie
1 tl kakoa
Pynappel stukke
Styfgeklopte room

Meng 1tl koffie in by 1 kop vla
Meng tl kakoa in by 1 kop vla
Neem ‘n mooi glas, gooi van die koekiekrummels onder in en dan van die vla-kakoa
Laat stol
Skep van die pynappelstukke op en gooi die vla- koffie oor
Sit in yskas
Net voor opdiening – sit styfgeklopte room oor en versier met n stukkie pynappel en kakoa of sjokolade skaafsels

Wenk: Tuisgemaakte vla is beter maar ek dink mens sal die ultramel vla ook kan gebruik, dit gaan net nie so styf stol soos tuisgemaakte vla nie

Vervang die pynappel met kiwifruit of aarbeie

LEMONCREAMS EN VLA POEDING

Maak lekker dikkerige vla. Dit moenie te loperig wees of te dik nie.Die poeding moet gemaak word terwyl die vla nog warm is.
Bietjie klapper
1 na 2 pakkies lemoncreams (gebruik heel koekie. Moenie fyn maak nie)
So 4 Romany creams (mint geur) fyngerol.

Begin deur bietjie vla onder in bak te gooi, dan lagie lemoncreams koekies, dan vla, dan bietjie klapper en dan dun lagie mint koekies.
Gaan so aan tot die beslag klaar is.
Eindig af met die vla, klapper en mintkoekies.
Sit in yskas en verkoel.
Bedien met warm/lou vla of roomys.

Jy kan wel Ultramel vla gebruik, maar dan is jou poeding effe papperig en sal nie mooi in blokkies kan sny nie omdat gewone vla stol mos, en ultramel nie.
Jy kan ook die mint koekies uitlaat, dit gee egter baie lekker smaak aan die poeding

 

WIT YSKASKOEK

Bestanddele
Kors:
1 pakkie eat-sum-more koekies (fyn gemaak)
4 eetl gesmelte botter
Meng koekies en botter en druk vas in tertbak.

Vulsel:
1 blok 200gm wit sjokolade
2 bakkies roomkaas (kamertemperatuur)
1 blik aarbeie, (goed gedreineer)

Metode
Smelt sjokolade in mikrogolf oond. Meng roomkaas by. Skep helfte bo-op tertkors en pak die aarbeie bo-oor. Skep die ander helfte van die vulsel oor aarbeie. Plaas in yskas tot gestol. Versier met aarbeie indien verkies.

Deur: Radio Namakwaland

berrie joghurt tert

Berrietert

 

BERRIETERT
Deur: Maggi Olivier

BESTANDDELE:
1 houer room (250ml)
1 liter berrie joghurt
1 pakkie aarbei jellie
1½ teelepel gelatien
1 koppie warm water
1 pakkie tennisbeskuitjies
Berrie compot (vrugtesmeer – kyk vir blikkies by die koek afdeling)

METODE:
1. Klits room styf en voeg joghurt by
2. Los jellie en gelatien op in warm water
3. Voeg by joghurtmengsel
4. Le tennisbeskuitjies uit in langwerpige tertbak
5. Gooi die vulsel op die beskuitjies
6. Versprei lepelsvol berrie compote (vrugtesmeer) bo-op die tert
7. Gebruik agterkant van lepel en maak sirkel bewegings oor tert
8. Plaas in yskas

KOFFIETERT

Koek:
4 Eiers
1 k Suiker
1½ k Meel
2 e Botter
¼ t Sout
4 e Melk
1 t Koffie
2 t Bakpoeier
4 e Water
1 t Vanilla

Stroop;
12 e Suiker
2 e Koffiepoeier
3 e Brandewyn
1 t Vanilla
1½ k Water

Bolaag:
1 pakkie Butterscotch of Karamel poeding 1 Blik Gekookte kondensmelk
1 k Koue melk Ultramel room
1 Flake

Koek:
Klits eiers en suiker saam tot liggeel. Smelt botter en melk saam met vanilla en water. Sif droë bestanddele (behalwe bakpoeier) en meng met eiermengsel. Voeg bottermengsel by en roer goed. Strooi bakpoeier oor en vou in. Gooi koekmengsel in oondvaste bak. Bak in matige oond vir 20 minute.

Stroop:
Kook alles saam vir 5 minute. Steek gaatjies met vurk in warm tert. Gooi warm stroop oor en laat afkoel.

Bolaag:
Smeer kondensmelk oor koek. Maak die poeding aan met melk. Klits ultramel room (na smaak) in gestolde poeding. Smeer bo-oor tert. Strooi gekrummelde flake bo-oor.

 

MALVALEKKER KAASKOEK
Crust:
5 cups Tennis biscuits (crushed)
1/2 cup sugar
1/2 cup butter or margarine (melted)

Mix above ingredients. Press into top and sides of 9 x 13′ greased pan. Reserve 1/2 cup for top.

Filling:
140gr marshmallows (about 40 large marshmallows)
3/4 cup milk
450gr cream cheese
340 ml Container Orley Whip (beaten)

Melt marshmallows and milk over low heat. Beat cream cheese; add marshmallow mixture. Cool. Fold in orley Whip. Spread into crust and sprinkle with remaining biscuit crust. Refrigerate until set.

 

JELLY STRAWBERRY PIE
Ingredients:
2/3 cup boiling water
1 package Strawberry jelly
Ice cubes
1/2 cup cold water
250ml cream (whipped)
1 cup chopped fresh strawberries
1 ready-made pie crust
1 cup sliced strawberries

Garnish:
Sliced strawberries

Instructions:
Stir boiling water into jelly in large bowl at least 2 minutes until completely dissolved. Add enough ice cubes to cold water to measure 1 cup. Add to jelly; stir until slightly thickened. Remove any unmelted ice.

Add whipped cream; stir until well blended. Stir in chopped strawberries. Refrigerate 20 to 30 minutes or until mixture is very thick and will mound. Spoon into crust.

Refrigerate for 4 hours or overnight until firm. Top with sliced strawberries before serving. Store any leftover pie in refrigerator.
Makes 6-8 servings.

Variasie: Gebruik black current jellie en gebruik vars blueberries
Wat van as jy stukkies malvalekkers insny

 

MOSAIC JELLY RING
6-1/2cups water, divided
1pkg. Strawberry Flavor jelly
1pkg. Orange Flavor jelly
3pkg. Lemon Flavor jelly, divided
1can evaporated milk (ideal milk)

BRING 4-1/2 cups water to boil. Dissolve strawberry, orange and 1 pkg. lemon jelly mix each in 1-1/2 cups boiling water in separate bowls. Pour each flavor gelatin into separate 8-inch square pan. Refrigerate until firm. Cut into 1/2-inch cubes; refrigerate until ready to use.

BRING remaining water to boil. Add to remaining 2 lemon jelly mixes; stir until dissolved. Stir in evaporated milk. Pour into 12-cup fluted tube pan or gelatin mold sprayed with cooking spray. Refrigerate 30 min.It must be the consistency of unbeaten egg whites.

ADD jelly cubes to jelly in mould; stir gently to mix everything together. Refrigerate until firm. Unmold before serving.

Hier kan jy enige geur jellie gebruik
Gebruik vars of geblike vrugte om in te gooi, selfs gesnipperde malvalekkers,
Die jellie moet reeds so halfpad gestol wees voor jy bg ingooi anders dryf alles na die oppervlak van die jellie.

 

BLITSIGE MELKTERT

1 liter melk
2 tlp vanilla
1 eetl margarien
1 k suiker
Knypie sout
Bring tot kookpunt.
3 eetl mazeina
3 eetl meel
3 eiergele (hou eierwitte eenkant)
Meng en gooi by gekookte melk. Roer vinnig tot dit dik is, draai plaat stadig. Klits 3 eierwitte styf en voeg by mengsel. Baie belangrik, dit maak dit vulsel “lig en romerig”.Skep in voorafgebakte tertdeeg, ek pak sommer tennisbeskuitjies in bak of maak die tennisbeskuitjies fyn met 100gr gesmelte botter en druk vas in tertbak, en voeg melktertmengsel stadig daarop. Strooi bietjie kaneel bo-oor. Sit in yskas om te stol.
(Koffie Klets)

CHOC HONEYCOMB SLICES

250g malt biscuits
4 x 50g Crunchie bars
600ml thickened cream
395g can NESTLÉ Sweetened Condensed Milk

1. Grease and line two 18 x 28cm lamington pans with baking paper. Layer biscuits over base of prepared pans.
2. In an electric mixer, whisk cream until firm peaks form, pour in NESTLÉ Sweetened Condensed Milk, and continue beating until firm. Crush three Chrunchie bars, and fold into cream mixture.
3. Pour cream mixture over malt biscuits in prepared pans. Crush remaining Chrunchie bar, sprinkle half over the top of each pan. Place in freezer overnight or until set. Cut into squares.

 

TIRAMISU with Orange juice

Ingredients:
2 cups strong black coffee
1/2 cup O J (orange juice)
3 eggs, separated
1/3 cup caster sugar
250g mascarpone
300ml thickened cream, lightly whipped
1 large packet of sponge fingers
cocoa, for dusting

1. Pour coffee and orange juice into a shallow dish. Set aside.
2. Beat egg yolks and sugar in a large bowl with electric beaters until pale and thick. Add the mascarpone and whipped cream, mixing gently until just combined.
3. Beat egg whites in a medium bowl with electric beaters until soft peaks form. Using a large metal spoon, gently fold egg whites into the mascarpone mixture.
4. Dip enough biscuits into the coffee mixture to cover the base of a 19cm square ceramic dish. Cover the biscuits with one-third of the mascarpone mixture. Repeat layers 2 times, ending with the cream. Cover with plastic wrap and refrigerate for at least 2 hours. Dust generously with cocoa and serve.

TIRAMISU

Met komplimente van SARIE KOS

Deur Barbara Joubert

Tiramisu moenie te souserig wees nie. Dié resep werk goed.

(6 – 8 PORSIES)

200 ml room

60 g (75 ml) strooisuiker

4 eiergele

500 g mascarpone-kaas

60 ml sterk koffie

60 ml brandewyn

1 pak (125 g) boudoirkoekies (vingerkoekies)

Kakao om bo-op te sif

Gebruik ’n bak van sowat 25 x 20 x 8 cm. Klits room styf saam met 15 ml van die suiker. Hou eenkant in yskas. Klits eiergele en res van strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg mascarpone lepel vir lepel by. Klits goed ná elke byvoeging. Die mengsel moet lekker styf wees – byna soos styfgeklopte room. Vou die room in. Meng koffie en amaretto/ brandewyn. Pak ’n laag koekies in bak en besprinkel met koffiemengsel. Moenie week nie. Smeer ’n dik laag van die mascarpone-mengsel oor en pak dan weer ’n
laag koekies. Sprinkel weer van die koffiemengsel oor. Smeer weer mascarpone op. Skep of spuit klein balletjies mascarpone-mengsel bo-op en besprinkel dik met kakao. Plaas in yskas en sit ná sowat 1 uur voor.

 

CHOCOLATE PEPPERMINT CRISP FRIDGE CAKE

Recipe by Katelyn Williams
Serves 6-8

100g butter
300g milk chocolate, chopped
½ tin condensed milk (eat the rest with a spoon) 
200g shortbread biscuits, broken
160g peppermint crisp bars, chopped
80g white marshmallows
Cocoa powder, for dusting

In a saucepan, combine the butter, milk chocolate and condensed milk over low heat and stir until melted.
In a separate bowl, break the biscuit into pieces and combine with the peppermint crisp chunks and marshmallows. Line a standard loaf tin with a sheet of baking paper and set aside. Combine the melted chocolate mixture with the biscuit mixture and stir until combined. Pour into the lined loaf tin and place in the fridge until completely set. Unmould and cut into slices.

TIP: Swop out the biscuits, peppermint crisp and marshmallows for any combination of nuts, sweets or dried fruit.

 

SJOKOLADE LASAGNE

1 pak gewone Oreo koekies (Nie Double Stuff) – ongeveer 36 koekies
6 eetlepel botter, gesmelt
1 houetjie roomkaas, versag
1/4 koppie suiker
2 eetlepels koue melk
1 en ½ koppies room
2 pakkies sjokolade kitspoeding.
3 en ¼ koppies koue melk
1 en ½ koppies mini sjokolade of selfs ‘n blok sjokolade in stukkies gebreek sal werk. Vermicilli of selfs gerasperde sjokolade sal ook werk

AANWYSINGS
Begin deur die oreo koekies fyn te maak. Gebruik jou voedselverwerker of sommer in ‘n sakkie en slaan stukkend met koekroller.
Smelt die botter en meng in die krummels in. Druk in tertbak plat.
Plaas die in die yskas.
Meng die volgende:
Meng die roomkaas met ‘n menger tot lig en donsig. Voeg 2 eetlepels melk en suiker by en meng goed. Klits room tot styf. Roer helfte van die room of orley whip by. Smeer die mengsel oor die kors.
In ‘n bak, meng sjokolade kitspoeding met die koue melk. Klits vir ‘n paar minute totdat die poeding begin verdik. Gebruik ‘n spatel om die mengsel te versprei oor die roomkaas en koekie laag. Laat die nagereg rus vir ongeveer 5 minute sodat die poeding kan stol en ferm raak.
Smeer die oorblywende room bo-oor. Sprinkel mini sjokolade eweredig oor die koek Plaas in die vrieskas vir 1 uur of in die yskas vir 4 ure voor opdiening.

roomys koekies

Roomys koekie nagereg

 

ROOMYS KOEKIE NAGEREG

Smeer ‘n broodpan en voer uit met bakpapier.

Koekies – Ek verkies Romany Creams

Maak 2 liter Vanilla Roomys sag.
Roer ‘n blik Karamel Kondens melk oor effens sag.
Meng met roomys. Of as jy 2 geure roomys wil hê net met die helfte van die roomys.
Smelt ‘n groot plak neute sjokolade in ‘n dubbelkoker met bietjie room tot dit loperig genoeg om te smeer.
Ekstra neute indien verkies.
Sit aanmekaar:
Maak koekies grof fyn.
Versprei van die koekies onder in die pan om ‘n basis te vorm.
Ek het altyd gekrummelde koekies in die kas, so ek is nie seker of jy 1 of 2 boksie koekies benodig nie. Ek sal dink 2.
Smeer die helfte van die roomys in die pan.
Dan ‘n dun lagie sjokolade met die res van die grofwe koekie krummels.
Strooi ‘n dun lagie gebreekte neute oor indien verkies.
Smeer die res van die roomys oor.
Dan weer ‘n stewige laag sjokolade met ekstra gebreekte neute.
Plaas so oop in die vrieskas tot hard gevries. Ten minste oornag!

Opdiening:
Lig/tiep die roomys uit die broodpan saam met die bakpapier.
Verwyder die bakpapier en sny in skywe.
Ongeveer soos dik soos broodskywe.
Halveer die snytjie roomys om ‘n kleiner porsie te verkry.
Deur: Resepte’s

 

PASSIONFRUIT VANILLA CUSTARD SLICES

500 gm puff pastry

Passionfruit-vanilla custard
150 gm (2/3 cup) caster sugar (strooisuiker)
100 gm (2/3 cup) cornflour (maizina)
810 ml (3¼ cups) milk
125 ml (½ cup) passionfruit juice (grenadillasap)
1 vanilla bean, scraped seeds only (essence, 1 tl is ook reg)
2 egg yolks
40 gm butter, softened

Passionfruit icing
150 gm pure icing sugar
2 passionfruit pulp (storebought is also fine)

Method

Preheat oven to 200C. Halve pastry and roll each piece to 19cm square, place on baking paper-lined oven trays and refrigerate for 30 minutes. Trim each to 18cm square, prick all over with a fork, and bake for 15 minutes or until puffed and golden. Cool on a wire rack, then halve each piece horizontally, using a serrated knife, to give four squares.

For custard, combine sugar and cornflour in a saucepan over medium heat, add milk a little at a time, whisking until smooth. Add juice and vanilla seeds. Bring just to the boil, whisking until smooth and thick. Remove from heat, whisk in yolks and butter and set aside.

Line an 18cm-square cake pan with baking paper, place a piece of pastry in base and pour over a third of the custard, level with a palette knife and top with another piece of pastry. Repeat with remaining custard and pastry. Stand for 2 hours or until set.

For icing, combine ingredients in a bowl and mix. Spread over slice and serve

Wenk: Gebruik cream crackers in die plek van die puff pastry, indien verkies

AMARULA ICE CREAM RECIPE

100ml Amarula Liquer
1 tin (367g) full cream condensed milk
500ml Cream
40ml Chocolate Shavings
A dash of Lemon Juice

To make
Mix the Amarula Liquer and the condensed milk.
Whip the cream until soft peaks have formed.
Fold in the cream with the Amarula mixture and add the lemon juice and chocolate shavings.
Place in the freezer for about 2 hours until the ice cream is half-frozen.
Stir the ice-cream gently, then spoon into a freezer friendly container and freeze.

Tip: It’s fine to serve after 4 hours, but will be firmer if frozen overnight

Serve with chocolate savings (optional)

Wenk: Indien verkies meng groen en rooi gekapte kersies en ook gekapte neute in by jou roomys

 

AMARULA FRIDGE TART

2 packets Tennis Biscuits
1 tin caramel condensed milk
300 ml Amarula
3 cups milk
2 heaped tablespoons corn flour
1 heaped tablespoon flour
4 eggs
¾ cup sugar
METHOD:
Place a layer of biscuits in container, using ¾ of the packet.
Sprinkle 100 ml Amarula over the biscuits.
Open the condensed milk and put large blobs on each biscuit and then flatten with a table spoon.
Put another layer of biscuits on top and sprinkle with 100 ml Amarula.
Heat the milk in a saucepan, take ½ a cup of the milk and mix the sugar, corn flour and flour to a paste.
Bring milk to boil, slowly add the mixture to the milk and take care not to get lumps.
Slowly bring back to boil, lower the heat and let simmer for 5 minutes, make sure it does not burn.
Separate the eggs.
Beat the egg yolks very well, add some of the warm mixture to this as to warm it slightly, then add it slowly to the warm mixture, mix well and set aside.
Beat the egg whites until stiff and fluffy, add 100 ml Amarula and fold into the warm mixture.
Spread this on top of the biscuits.
Crumble the biscuits that are left over and sprinkle on top.
Refrigerate when cool.

Bron: South African Recipes – SA Promo Magazine

AMARULA AND WHITE CHOCOLATE CHEESECAKE

Ingredients:
200 g ginger biscuits, crumbed
80 g butter, melted
690 g cream cheese
250 ml castor sugar
80 ml Amarula
160 g white chocolate, grated
fresh berries for garnish

Method:
Mix ginger biscuits with butter and press the crumbs into a spring
form tin (20cm) and allow to rest for 20 minutes in the refrigerator
Combine the cream cheese, castor sugar, Amarula and 80 g
white chocolate.
Pour into the spring form tin and refrigerate overnight.
Decorate with the rest of the white chocolate, garnish with fresh
berries and serve.

Adapted from: Amarula recipes

COFFEE AND AMARULA TART

Crust:
2 packets Moir’s Coffee Dreams biscuits or marie biscuits
75ml butter or margarine, melted
Crumble biscuits and add melted butter, mix and press into round pie dish.

Filling:
250ml cream
500g creamed cottage cheese
397g condensed milk
10ml gelatine
45ml water
5ml coffee powder, dissolved in 15ml boiled water
30ml Amarula
200g baking chocolate
1 Flake chocolate, crumbled
Extra whipped cream, to decorate

Method:
Whip cream until stiff and fold in cottage cheese. Stir in condensed milk.
Sprinkle gelatine over water and melt over a container with boiling water until dissolved.
Mix coffee and Amarula. Stir gelatine mixture into cream mixture.
Mix well. Melt chocolate until smooth. Quickly mix into cream mixture. Spoon filling into prepared pie dish and allow to set in fridge overnight.

Decorate with Flake and extra whipped cream.

KOFFIE ROOMYSKOEK

Deur Arina du Plessis
http://www.landbou.com/leefstyl/resepte/koffie-roomyskoek

4 eiergele
125ml strooisuiker
5ml vanieljegeursel
250g mascarpone kaas
250g  roomkaas
30ml koffielikeur
250ml sterk swart koffie (bv Ricoffy aangemaak met 3 tl koffie en 250ml water)
200g brosbroodbeskuitjies (Eat sumkoekies werk  goed)
Sjokoladesmeer  bv Nutella of ganache, om bo-oor te smeer (opsioneel)
Kakao, om oor te sif

Smeer ’n middelslag broodpan en voer uit met kleefplastiek. Klits die eiergele, strooisuiker en vanieljegeursel vir sowat 6 minute saam, tot liggeel en dik. Voeg die mascarpone, roomkaas en likeur by en klits liggies, tot net-net gemeng.

Gooi ’n bietjie koffie in ’n vlak houer. Verdeel die koekies in drie gelyke dele. Krummel elke lot koekies grof en klam dit goed aan met die koffie. Smeer ’n kwart van die roomkaasmengsel onderin die pan.

Skep die eerste laag koffie-koekies bo-op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag roomkaasmengsel. Bedek met kleefplastiek en vries oornag. Keer uit op ’n mooi dienbord en smeer sjokoladesmeer bo-oor (opsioneel) en sif kakao oor. Sit dadelik voor.

Lewer 8-10 porsies.

Landbouweekblad, 14 Januarie 2011

 

ROOMYSTERT
Kors;
1 pakkie marie of tennis beskuitjies verkrummel
75g/75ml botter of margarine gesmelt
Vulsel:
1 liter roomys
250ml melk (opsioneel)
2 pakkies kitspoeding (geur van jou keuse)
Styf geklopte room vir versiering

Metode:
Meng die beskuitjiekrummels en botter. Hou ‘n bietjie van die krummels eenkant om oor die vulsel te strooi en gebruik die res om die boom en kante van ‘n tertbak (1 ½ lter) mee uit te voer. Laat die roomys by kamertemperatuur in ‘n groot mengbak ontdooi. Voeg melk en poedingpoeier by wanneer roomys sag is en klits vinnig net tot gemeng. Gooi vulsel dadelik in kors. Strooi krummels bo-oor. Verkoel minstens ‘n uur in die koelkas en versier met room voor bediening.

 

ROOMYS NAGEREG met Romany Creams.

300g (22 koekies) Romany Creams, 2 liter Roomys (nie sorbet nie), Sjokoladesous of Caramel Kondensmelk of caramel kondemelk sjokolade geur, 500ml Room effens styfgeklop, 1 Flake of fyn beskuitjiekrummels. METODE: Smeer n groot vrieshouer of 2 kleintjies. Kap of rol beskuitjies fyn en skep op boom van bak. Maak roomys effens sag en skep oor krummels. Skep sjokoladesous of die Caramel bo-oor roomys, dan die room en laastens die Flake of krummels. Plaas in vrieskas tot benodig.

ROOMYSKOEK

2 Pakkies Gemmerbeskuitjies, 125ml Botter gesmelt. Meng koekies en botter en druk vas in tertbord. 1 Liter sagte Roomys, Blik Caramel Kondensmelk, 100g ongesoute grondbone, 100g Kasjoeneute. Skep laag Roomys op krummels en druk helfte van die Caramel oor. Strooi helfte van die neute oor. Herhaal lae en bere in vrieskas. Haal halfuur voor opdiening uit.

 

ROOMYS-KOEK

Koop 2lt vanilja roomys en 2lt sjokolade roomys. Vat n vierkantige pan en le uit met glad wrap. Laat die roomys bietjie smelt, deel elkeen in 2. Meng in wat jy gekies het soos cherries of neute, n verskillende een in almal. Gooi jou eerste keuse onder in en vries vir 15min, smeer caramel bo oor, as jy vanilla eerste gekies het gaan jy nou n chocolate vat en herhaal die stappe, totdat jy jou 4 lae het. Jy kan ook oreos of gerasperde chocolate tussen elke laag eksta in sit. Sit in vrieskas en vries oornag

Piesangtert

Piesangtert

PIESANGTERT

Ingredients:
1 cup sugar
1/2 cup flour
1/2 teaspoon salt
2 cups milk (NOT skim)
4 or 5 ripe bananas, sliced thin (cover with plastic wrap or sprinkle with lemon juice to keep them from turning brown)
1 box vanilla wafers
1 teaspoon Vanilla extract
1 tablespoon Butter (not margarine)
4 Egg yolks (Large eggs or better)

Meringue:
4 egg whites, room temperature
5 tablespoons sugar
1/4 teaspoon cream of tartar
1/2 teaspoon vanilla extract
Directions:
Preheat oven to 180 C . Line the bottom of a 9X9-inch pan with a layer of vanilla wafers.
Combine sugar, flour and salt in a bowl, and mix well. Set aside.
In a heavy saucepan, beat the egg yolks well. Over medium heat, add the flour mixture to the egg yolks, alternately with the milk and vanilla, stirring constantly. Bring to a gentle boil and, when the mixture begins to thicken, add the butter, continuing to stir. Keep boiling and stirring until mixture reaches a nice pudding consistency. Make sure you don’t scorch the pudding. Remove from heat.

Place a layer of banana slices on top of the vanilla wafers. Pour half of the pudding over the banana layer. Put down another layer of vanilla wafers, another layer of banana slices, and cover with the remaining pudding.

Beat the egg whites at high speed until they form soft peaks. Add the cream of tartar. At high speed, gradually add the sugar, a tablespoon at a time, and beat until stiff peaks form. Fold the vanilla into the meringue, and spread the meringue over the pudding, sealing it at the sides of the dish.

Bake until meringue browns, 12 to 15 minutes

Idee geleen by: Die Besige Huisvrou / The Busy Housewife

 

MAIZINA SNEEUPOEDING

Deur: In en om die huis

2 kop kookwater

5 ½ eetl Maizena

¾ kop suiker

1 kop koue water

¼ kop suurlemoensap

2 eierwitte

¼ tl sout

Meng droë bestanddele, maak aan met koue water en roer dit dan by kookwater.

Roer gedurig en kook saam vir sowat 5 minute tot glad en blink. Haal van hitte af en roer suurlemoensap by,

vou laastens styfgeklopte eierwitte in. Giet in vorm en laat koud word. Bedien met vla.

 

KOFFIE EN AMARULA NAGEREG

So lig soos ‘n soufflé en absoluut heerlik!

20 ml koffiepoeier

125 ml kookwater

300 g malvalekkers

1 blik (410 g) verkilde, ingedampte melk

30 ml Amarula-room liquer

125 ml gekapte neute

Los die koffie in die water op. Giet in groterige kastrol en plaas die malvas daarin. Laat eenkant tot die lekkers feitlik heeltemal gesmelt is. Klits intussen die koue melk tot styf. Roer die koffie-malvamengsel deur om seker te maak dat al die lekkers opgelos is. Roer die mengsel

dan by die styfgeklitste melk in. Voeg Amarula en neute by en roer deur. Skep in individuele glase of in ‘n groot bak. Plaas in yskas om te stol. Dien op met room en enige vars vrugte na keuse.

 

MA  ALIDA SE KAASKOEK

1 pakkie Ellis Brown melkpoeier (500g)
2 pakkies Tennisbeskuitjies
2 blikke kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
1 koppie kookwater
250g margarien

Kors
1.Maak Tennisbeskuitjies fyn
2.Meng met gesmelte botter
3.Druk vas in tertbord

Vulsel
Meng melkpoeier en kookwater stadig saam

Sit in yskas tot afgekoel
Voeg 2 blikke kondensmelk en 1 koppie suurlemoensap by. Klits baie goed.
Gooi in kors
Sit in yskas
Gooi “blueberry” of aarbeistroop bo-oor ( verdikte stroop)

 

MOKKA KAASKOEK
Bestanddele

250g gewone sjokolade koekies
100g botter, gesmelt
2 teelepels gelatine
¼ koppie net gekookte water
1 eetlepel kitskoffiekorrels
375g roomkaas, by kamertemperatuur
½ koppie strooisuiker
300ml  room
180g donker sjokolade , gesmelt

Metode

Smeer ‘n 20cm ronde losboompan of gewone terbak.

Plaas koekie stukke in ‘n ​​voedselverwerker en verwerk tot fyn krummels vorm of rol fyn met koekroller . Voeg die botter by en pols tot goed gemeng. Druk mengsel oor die basis en kante van die pan. Verkoel vir 30 minute.
Intussen, in ‘n beker, klits gelatien in die kookwater saam met die koffie, totdat dit opgelos is. Laat afkoel.
In ‘n bak, met behulp van ‘n elektriese menger, klop roomkaas en suiker saam tot glad. Klits room, dan die gelatienmengsel by meng tot goed gemeng.
Gooi die helfte van die vulsel in die beskuitjiekrummelkors. Bedruip met die helfte van die gesmelte sjokolade, kolk met ‘n toetspen tot marmer. Herhaal met die oorblywende vulsel en sjokolade. Bedek en verkoel oornag, of tot ferm.

Nie geskik vir vries.

SUURLEMOEN YSKASTERT Deur: In en om die Huis

SUURLEMOEN YSKASTERT
Deur: In en om die Huis

SUURLEMOEN YSKASTERT
Deur: In en om die Huis

1 blikkie kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies.
1,5 liter vla (lekker dik aangemaak met genoeg suiker om dit soet te maak)   (ULTRA MEL (boksievla) WERK NIE !!!!!)
Meng die kondensmelk met die suurlemoensap. Pak ‘n ry tennisbeskuitjies onder in ‘n vierkantige glas/platiek bak. Giet helfde van die vla oor en laat ‘n rukkie afkoel, giet nou weer die helfde van die kondensmelk mengsel oor, en smeer eweredig oor vla. Pak weer ‘n ry tennisbeskuitjies en giet die res van die vla daaroor, laat weer bietjie afkoel. Gooi nou die res van die kondensmelk mengsel oor die vla – eweredig gesmeer en krummel ‘n paar fyngemaakte beskuitjies bo-oor. Plaas in yskas en laat stol.

SUURLEMOEN VLATERT 

750 ml melk
125 ml vlapoeier
30 ml suiker
45 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
200 g Tennisbeskuitjies
Maak ‘n dik vlasous, laat afkoel tot louwarm.
Meng die suurlemoensap met die kondensmelk.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n bak.
Gooi die vlamengsel oor.
Pak weer ‘n laag beskuitjies.
Smeer kondensmelk oor en krummel beskuitjies oor.

 

OPPENHEIMER TERT

Bestanddele
1 Blik Kondensmelk
250 ml Room
18 Marshmallows
1/2 Koppie Suurlemoensap
1 Blikkie fyn pynappels (Stroop afgegooi)
1 Pakkie Tennisbeskuitjies

Metode
Sny Marshmallows fyn. Meng Kondensmelk, marshmallows en Pynappels saam.
Klop room styf en meng saam met ander bestanddele. Gooi in bak wat uitgevoer is met Tennisbeskuitjies.

 

MAASKAAS TERT

Bestanddele
2 x 250 g Geroomde Maaskaas
1 Blik Kondensmelk
1 Blik vrugte (youngberry of aarbeie)
1 e Suurlemoensap
1 Rolkoek
Vlapoeier of Mezinna
Metode
Klits Kondensmelk, Maaskaas, Suurlemoensap saam tot dik. Pak ‘n laag rolkoek in bak. Gooi mengsel oor en maak gelyk. Smeer vrugte daaroor. Gooi vrugtesap in kastrol en kook. Verdik met vlapoeier of maizina  Gooi oor tert en verkoel in yskas

 

MAASKAAS YSKASTERT:

Kors:

1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngerol – 125gr botter (gesmelt) – Meng en druk in tertbak

Vulsel:

2 pakkies jellie – enige geur

320ml kookwater – los jellie op en laat afkoel, maar nie stol nie

Meng die volgende en voeg by jellie mengsel:

1 blik kondensmelk

500ml room maaskaas

500ml jogurt (verkieslik die geur van jou jellie)

Klop nou 250ml room tot styf – en vou in die mengsel in.

Gooi in tertbak met kors en laat staan verkieslik oornag in die yskas voor opdiening.

 

AMERIKAANSE POTTING SOIL KAASKOEK

4 x bokse Swart Oreo koekies

2 x bakkies maaskaas

4 x koppies melk

2 x pakkies instant pudding (Vanilla)

Rasper met grof kant al die Oreo koekies

Meng Instant pudding met melk en voeg maaskaas by

Vat ‘n diep glas bak en pak ‘n laag gerasperde koekies dan

helfde van die puddingmengsel.

Maak sulke lae en heel laaste gooi van die Oreo koekies op.

“Die hele geheim van dit is die rasper van die koekies en
dit moet die swart oreo koekies wees.”

 

KARAMELKAASKOEK

1 pak (125 g) vingerbeskuitjies

1 houer (200 g) ongegeurde roomkaas

1 houer (230 g) geroomde maaskaas

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

250 ml room

Smeer ‘n broodpan en voer uit met kleefplastiek wat oor die kante hang. Smeer weer. Krummel 2-3 vingerbeskuitjies en sprinkel onder-in die pan. Klits die roomkaas, maaskaas en karamelkondensmelk saam. Klits die room styf en vou in. Giet oor die beskuitjiekrummels. Pak ‘n laag vingerbeskuitjies bo-op en vou die kleefplastiek oor. Vries tot benodig. Sny in skywe en sit voor met sjokoladesous en neute.

Genoeg vir 10-12 mense.

 

AARBEI-KAASTERT

1 pakkie Tennis Beskuitjies (fyngerol en met 100g margarien of botter gemeng).
Druk vas in tertbak en mikrogolf vir 1 minuut en 30 sekondes op hoog. Laat afkoel.

1 blikkie kondensmelk
60 ml suurlemoensap (ek proe maar na so 40 ml of dit nog nie reg is nie, want soms is die suurlemoene bietjie te suur na my smaak)
250 ml vars room
1 bakkie plein fyn maaskaas (NIE die korrelrige nie)
1 bakkie aarbeie (VARS) ( dis die klein houertjies)
25 ml gelatien opgelos in 1 koppie water, sodra dit helder word mikrogolf op hoog vir 30 sekondes. Koel af.
1 pakkie aarbei- OF rooi jellie aangemaak met 200ml kookwater en dan nog 200 ml koue water bygevoeg. Laat afkoel.
(NB. Maak die jellie eerste aan sodat dit kan afkoel. Die gelatien moet ook afkoel.)
Sny sowat driekwart van die aarbeie in stukkies. Ek sny dit gewoonlik in so agt tot tien stukkies per aarbei. Die res sny ek in waaiertjies  vir versiering.

Meng die maaskaas, kondensmelk, room, afgekoelde gelatien-vloeistof. Voeg die suurlemoensap laaste by. Roer die stukkies aarbei liggies in.
Gooi die kaasmengsel nou oor die afgekoelde kors.
Versier bo-op met die res van die aarbeie.
Gooi nou liggies die rooi jellie bo-oor. Laat set in die yskas.

 

DRIEHOEK TERT

250 g botter

250 g gladde maaskaas

½  kop  strooisuiker

5 ml vanieljegeursel

2 pakkies tennisbeskuitjies

Glanskersies en neute

Klits die maaskaas, botter, strooisuiker en vanielje baie goed saam. pak 3 rye met 6 beskuitjies elk om `n stuk foelie. Smeer `n laag van die vulsel oor en pak nog `n laag beskuitjies. Meng nou die res van die vulsel met kersies en neute en skep alles op die middelste ry beskutijies. Gebruik die foelie om `n driehoek vorm te maak en vou stewig toe. Plaas in die vrieskas tot benodig.

peppermintcrisptert-foto-www-adelebasson-co-za

peppermintcrisptert-foto-www-adelebasson-co-za

ORLEY WHIP PEPERMINT CRISP TERT

Bestandele:

1 blikkie karamel kondensmelk

2 sakkies orley-whip (styf geklop)

1 peppermintcrisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie tennisbeskuitjies

Metode:

Meng karamel in by orley-whip

Pak beskuitjies in bak, gooi karamel mengsel oor dan sjokolade, pak weer beskuitjies ens tot beslag klaar is. Eindig af met die karamel en sjokolade.

Bere in yskas

 

TIPSY TERT
Maak eers die sous en laat afkoel voor gebruik.
Sous:
375ml suiker
300ml water
5ml sout
12,5ml botter
Kook saam vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg 125ml brandewyn by
Tert:
500ml gesnipperde dadels
5ml koeksoda
250ml kookwater
375ml meelblom
250ml suiker
50ml botter
125ml okkerneute en glanskersies
1 groot eier

Metode:
Gooi kookwater en koeksoda en voeg botter by. Klop suiker en eier. Roer droë bestandele in en voeg dadel mengsel by. Meng goed deur. Gooi in goed gesmeerde bakskottel. Rangskik neute en kersies bo-op. Bak by 180°C. Wanneer gaar, prik koek me ‘n dik breinaald en goei afgekoelde sous oor. Versier met stryfgeklopte room, indien kersies en neute nie as versiering gebruik is nie.

 

GEMMERTERT

1 kop gouestroop
2 kop water
bietjie sout
1 tl fyn gemmer
2 Eetl vlapoeier
125gr botter gesmelt
1 Pak Gemmer beskuitjies

METODE.
Kook gouestroop, water, sout, gemmer. Roer vla, wat aangemaak is met water by en roer tot dik is. Haal af. Maak beskuitjies fyn, maak aan met botter. Voer bak daarmee uit. Gooi warm vulsel in, as dit koud is, sit room op.

 

JODE TERT

500ml meelblom

¼ koppie suiker

10ml bakpoeier

10ml vanillageursel

¼ koppie botter of margarien

2 eiers

knippie sout

Klop botter en suiker tot room. Voeg eiers een vir een by en klop goed. Voeg geursel by. Sif droë bestanddele saam. Meng met bottermengsel tot beskuitjiedeeg. Sny in 6 gelyke dele, rol elkeen uit en sny in rondtes. Steek vol gaatjies met vurk en bak tot ligbruin.

Vulsel

625ml melk

125ml suiker

2 eiergele

5ml vanilla

25ml mielieblom ( Maizena)

Klits eiergele en suiker, maak mielieblom met bietjie melk aan en meng saam met eiermengsel. Maak hiermee ‘n dik vla met orige melk. Sit vla tussen koekrondtes. Krummel een koekrondte en strooi bo-op en rondom

 

ONWERKLIKE TERT (KLAPPER TERT)

Bestanddele:
4 eiers
50 ml margarien
250 ml suiker
125 ml koekmeelblom
2 ml sout
3 ml bakpoeier
500 ml melk
250 ml klapper
5 ml vanielje

Voorbereiding:
Plaas bestanddele in ‘n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is. Giet in ‘n gesmeerde oondvaste 24 cm tertbord en bak sowat 45 -55 min. by 180C of totdat die bo-kors goudbruin is en die vlavulsel gestol is.

Amarula poeding

Amarula poeding

AMARULA POEDING

60 ml Kakao

125 ml kookwater

3 eiers

220 ml suiker

60 ml olie

250 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

2 ml sout

Stroop:

200 ml suiker

250 ml water

60 ml Amarula-likeur

1 blik karamelkondensmelk

styf geklopte room vir versiering Flake-sjokolade

Stel oond op 180 grade Celsius.

Beslag:

Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.

Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.

Sif res van droë bestanddele by en meng goed.

Skep in 22 cm x 30 cm-gespuite bak met spray en cook pan en bak ongeveer 20 min of tot toetspen skoon uitkom.

Stroop:

Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed

Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.

Versier:

Laat goed koud word, verwyder uit pan of los in pyrex bak soos fot bo,  smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor.

Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.

Die foto het nie room oor nie, ek het die room na die tyd op elke blokkie gespuit soos wat ek dit opgedien het.

 

‘LAZY HOUSEWIFE’ MELKTERT

Kors:

Voer twee tertborde uit met Marie / Tennis beskuitjies en 100gr gesmelte botter wat gemeng is en vasgedruk is in tertpan of slegs tennisbeskuitjies wat teen die kante van die tertbak gepak is.

Vulsel:

1 blik kondensmelk
1 liter melk
2 eiers – geskei
1 teelepel vanilla
2 eetlepels botter
100 ml mielieblom (maizena)
30 ml vlapoeier
sout

Kook kondensmelk en melk saam.
Maak “maizena” & vlapoeier aan met bietjie melk.
Voeg eiergele by. Klits!
Voeg sout by en roer in melkmengsel. Kook tot gaar. Haal van stoof af.
Vou botter, styfgeklitste eiewit en vanilla in.
Gooi in twee “tertkorse”. Strooi kaneel bo-oor, Sit in yskas

 

VINNIGE KORSLOSE MELKTERT

6 koppies melk

2 Teelepels bakpoeier

4 eiers

3 eetlepels suiker

6 eetlepels mielieblom

2 eetlepels botter

sout

Metode

Plaas melk en botter in kastrol.

Roer suiker, mielieblom, eiers en sout saam.

Voeg ½ koppie van kokende melk by en roer goed.

Gooi mengsel by die res van kokende melk en roer vinnig en deeglik.

Kook tot gaar.

Voeg dan bakpoeier by (dit sal opbruis).

Gooi dadelik in gespuite tertbak.

Dit stol feitlik dadelik

Jy kan jou tertbak uitvoer met tennisbeskuitjies vir ‘n kors as jy wil

 

VLASKYWE:

1 pak cream crackers

1 liter melk

250ml suiker

60ml botter

120ml meel

100ml mazina

10ml vlapoeier

2ml sout

100ml koue water

3 eiers geskei

5ml vanilje

500ml versiersuiker

5ml suurlemoensap

35ml kookwater

Pak cream crackers onder in plat bak. Laat die lyntjies almal in dieselfde rigting loop

Verhit die melk, voeg suiker en botter by en kook tot gesmelt

Haal van stoof af.

Meng meel, mazina, vlapoeier sout en koue water voeg eiergele by en meng tot gladde pasta. Klits nou die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. (EK GEBRUIK MY WHISK, DIT VEROORSAAK DAT DAAR NIE KLONTE VORM IN DIE MENGSEL) Gooi terug in kastrol en kook vir omtrent 5 min tot dik – roer aanhoudend.

Haal van stoof af en gooi die vanilje by. Klits eierwitte tot styf en vou in mengsel in.

Gooi die warm vlamengsel bo-oor die beskuitjies en pak weer ‘n laag cream crackers bo-op.

Sit vlaskywe in yskas tot heeltemal afgekoel en koud

Maak aan die versiersuiker, suurlemoensap en kookwater  en smeer bo-oor beskuitjies.

Ek gebruik net versiersuiker en suurlemoensap – gooi net bietjies bietjies suurlemoensap in tot jy ‘n smeerbare beslag het en smeer oor die tert.

Hou verkoel in yskas.

  

SJOKOLADE MOUSSE WIT OF DONKERSJOKOLADE

Pasella

Aandete-bederf – maak hierdie lank voor die tyd en laat dit in die yskas om te set. Dis belangrik dat jy sjokolade gebruik waarvan jy hou omdat dit die hoofsmaak van die mousse is. As jy wil, kan jy 3 e likeur of brandewyn saam met die eiers by die mengsel voeg.

(bedien 8-10)

300 g goeie kwaliteit wit- of donkersjokolade
30 g botter
2 eiers
4 eierwitte
4 e strooisuiker
500 ml room

Smelt die sjokolade in ʼn bak oor ʼn pot pruttende water. Maak seker dat die basis nie aan die water raak nie. Voeg die botter by en roer totdat opgelos. Haal van hitte af en laat ʼn paar minute afkoel. Klop die twee eiers liggies en voeg by die sjokolademengsel (voeg ook die likeur of brandewyn by as jy wil).
Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium terwyl die suiker geleidelik bygevoeg word. Klop een derde hiervan by die sjokolademengsel om dit los te kry en vou die res versigtig in. Klop die room en vou in. Gooi in een groot bak of individuele glasies. Bedek en laat minstens vier uur in die yskas.

 

CHOCOLATE  MOUSSE (Ek maak net die resep – Rens)

Gebruik vir elke 100gr sjokolade 3 eiers – Smelt sjokolade oor lae hitte – bietjie melk indien nodig – Haal van stoof af – Gooi eiergele by en roer goed – klits nou die eierwitte styf en vou in by mengsel – Skep in wynglase, Sit en yskas tot gestol en bedien met styfgeklopte room of skep roomys.

 

AARBEI  MOUSSE MET JELLIE EN VARS AARBEIE:

Hierdie resep kan elkeen apart in wynglase gemaak word,of in ‘n mooi glasbak. Dit lyk

baie mooi omdat dit in lae is en jy die vars aarbeie  kan sien. Ek het die resep aangepas met die jellie en aarbeie en dit is baie lekker

Jy moet maar self bepaal hoeveel jellie jy nodig het bv as jy 10 glase wil maak, maak so 2 pakkies jellie aan ens

Metode:

Maak aarbei jellie aan volgens pakkie aanwysings

Sit nou of ‘n heel aarbei of gesnipperde aarbei onder in glas – gooi jellie bo-oor tot glas so half vol is.

Sit in die yskas om te stol.

Mousse:

1 blik aarbei in stroop (gooi die stroopaf en hou eenkant)

250ml room

1 blik kondensmelk

250gr plain creamed cottage cheese

30ml gelatien

50ml water

Gooi die gelatien en water bymekaar en laat spons solank (maak effe warm in mikrogolf

Klits nou die aarbeie  met water en al tot fyn pulp – ek doen dit sommer met my klitser

Gooi nou die gelatienmengsel by die aarbeie

Klits nou die room tot styf en vou die kondensmelk en maaskaas in

Meng nou alles saam.

Gooi nou van die mengsel bo-oor jou jellie en sit terug in die yskas om te stol

Net voor opdiening, vat spuitroom, spuit so ‘n mooi hopie room bo-op die poeding, steek ‘n vars aarbei skuins in die room en sit ‘n mint blaartjie skuins in die room. Bedien dadelik

As jy dit in ‘n glasbak doen, doen dieselfde – maar dan snipper ek die aarbeie bo-op en jy kan sommer gewone room gebruik wat jy styf geklits het.

Ander alternatief is om ‘n bak vanilje roomys te vat, dit effe te laat sag word, skep in glasbak, gooi die aarbei mousse oor, meng effe deur  en sit in die vrieskas om te vries. Voor opdiening, snipper ‘n paar aarbeie op en dien op. Dit is ook baie lekker

 

3 KLEURE JELLIE POEDING MET GESTOLDE KONDENSMELK

1 blik kondensmelk. 3 of 4 pakke jellie. 1 kondensmelk blik vol kookwater. 1 hoogvol eetlepel gelatien. Maak jellie aan, laat dit stol en sny in blokkies. Gooi kookwater in ‘n bak. Voeg gelatien by en roer tot opgelos. Gooi by kondensmelk. Laat goed afkoel. Sit jellieblokkies in ‘n bak en gooi die kondensmelk mengsel bo-oor en verkoel. Bedien met vla.

 

JELLIEPOEDING

4 pakkies jellie, verskillende kleure
30ml gelatien
125ml koue water
1blik kondensmelk
375ml kookwater

Berei jellie in afsonderlike houers soos op pakkie en laat stol.
Sny in blokkies en plaas alles in ‘n groot bak.
Hou verkoel tot nodig.
Sprinkel gelatien oor koue water en laat week tot sponsig.
Verhit in mikrogolf ongeveer 30-60 sek
Meng kondensmelk en kookwater. Meng gelatien in.
Laat afkoel maar nie stol.
Giet oor jellieblokkies. Roer een keer deur.
Laat stol in yskas.


KLEURVOLLE JELLIE

1 pakkie groen jellie
1 pakkie geel/oranje jellie
1 pakkie rooi jellie
.aangemaak volgens aanwysings op die pakkie en gestol in die yskas.
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap

Sny die jellie in blokkies en skep deurmekaar in ‘n mooi glasbak. Meng die jellie en suurlemoensap tot dik… (Die GEHEIM om kondensmelk en suurlemoensap dik te kry is om dit net in EEN rigting met ‘n lepel saam te vou. Moenie wild en wakker roer nie. Rustig, een rigting, invou!) Gooi oor die jellie.

 

KOEJAWELPOEDING (Lekker dik skuimpoeding)

1 groot blik koejawels fyngemaak met sap
2 pakkies aarbei jellie aangemaak met 3 kop kookwater
1 blik kondensmelk
500ml vla (slap aangemaak met net ongeveer 4tl vlapoeier sonder suiker)
Meng jellie en laat afkoel, nie stol – voeg alles bymekaar – meng goed en laat staan verkieslik oornag in yskas

 

IDEALMELK EN JELLIEPOEDING
2 pakkies jellie
1 blikkie idealmelk (oornag in yskas)
Maak jou 2 jellie aan met :
450ml kookwater en 400ml koue water
Laat staan en koel heeltemal af – nie gestol
Klits die idealmelk styf met klitser en vou in poeding in
Plaas in yskas tot gestol. Jy kan hier ook blik gemengde vrugte – gedreineer ingooi of gesnipperde perskes.

 

KOUE SAGOPOEDING

4 koppie melk.

1 koppie melk.

4 eiers.

1 koppie kookwater.

1 koppie sago.

1 koppie suiker.

1 p. jellie

Kook 4 koppie melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg by sagomengsel.

Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel.

Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas.

 

FEETJIEPOEP (Kan deurgaan as ‘n TRIFLE)
1 sjokolade sponskoek
1 blik karamel kondensmelk
1 houertjie room (2 houertjies orley whip werk ook)
Sjerrie
Breek koek in groot krummels.
Pak in bak.
Sprinkel sjerrie oor.
Klits room styf en klits karamel daarby in.
Skep bo-op koek.
Herhaal lae.

Los bietjie geklitste room uit vir heel bo-op. Versier met gekrummelde flake en kersies

Hoe langer dit staan, hoe lekkerder

 

SNEEUPOEDING:
4 kop water
1 en half kop suiker
sout
3 hoogvol eetlepels maizina
4 eierwitte (styf geklop)
1 tl wynsteensuur
1 tl suurlemoengeursel
Kook water, suiker en sout.
Maak maizina aan met bietjie waterenvoeg die kokende suikerwater by.
Verwyder van stoof en vou styfgeklopte eierwitte, wynsteensuur en geursel by.
Plaas in yskas.

 

SUURLEMOEN YSKASPOEDING (Ek Rens het grootgeword met die poeding)
125 gr botter
250ml suiker
1 blik kondensmelk
gerasperde skil van 1 lemoen
50 ml lemoensap
100gr kersies (rooi of groen) in kwarte gesny
2 pakkies marie- beskuitjies (fyn)
250 ml klapper
Versiersuier bo op:
500ml versiersuiker
50ml suurlemoensap

Meng botter suiker kondensmelk skil en lemoensap in kastrol en smelt alles
Laat afkoel
Meng kersies, marie beskuitjies en klapper by
Druk in plat bak en smeer die versiersuiker mengsel bo-op. Sny in blokkies.
Bewaar in yskas

 

EGGNOG
3 cups whole milk
7 large eggs
1 cup sugar
2 cups heavy cream
1/3 cup bourbon
1/3 cup Cognac or other brandy
1 teaspoon vanilla essence
Grated nutmeg

Method
Bring milk just to a boil in a heavy saucepan. Whisk together eggs and sugar in a large bowl, then add hot milk in a slow stream, whisking. Pour mixture into saucepan and cook over moderately low heat, stirring constantly with a wooden spoon for 6 to 7 minutes.

Pour custard through a fine-mesh sieve into cleaned large bowl and stir in cream, bourbon, brandy, and vanilla. Cool completely, uncovered, then chill, covered, until cold, at least 3 hours and up to 24. Garnish with grated nutmeg.

KONDENSMELKTERT

2 blikkies kondensmelk
500 ml Room
1/2 kop Lemmetjie sap
1 eetlepel lemmetjieskil gerasper (fyn)
1 pakkie cream crakers of tennis beskuitjies

METODE:
Meng die kondensmelk en room in ‘ n mengbak
Gooi die lemmetjie sap by en klits totdat die dik word ongeveer 1 minuut
Gooi van die vulsel onder in ‘n diep bak ongeveer 20cm deursnee
Pak een lagie koekies
Gooi weer van die vulsel oor en pak weer koekies – eindig met die vulsel
Sprinkel die lemmetjie skil oor

Sit in die yskas vir ongeveer 4 ure of oornag voor opdiening

 

RUM EN ROSYNE YSKASTERT

250ml kookwater
420ml pitlose rosyne
250ml room
380g Caramel Treat (kondensmelk)
3ml vaniele geursel
8ml rumgeursel
200g Tennis beskuitjies (1 pakkie)

Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute
lank week. Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat,
vanielje en rumgeursel by en klits weer goed. Dreineer die
rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed
deur met ‘n houtlepel. Rangskik ‘n laag Tennisbeskuitjies
op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 220mm x 220mm,
wat liggies met botter gesmeer is. Skep ‘n laag
rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en
eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel. Verkrummel ‘n paar
beskuitjies en strooi dit bo-oor. Verkoel die tert 2-3 ure
lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.

 

CHOC HONEYCOMB SLICES

250g malt biscuits
4 x 50g Crunchie bars
600ml thickened cream
395g can Sweetened Condensed Milk

Grease and line two 18 x 28cm lamington pans with baking paper. Layer biscuits over base of prepared pans.
In an electric mixer, whisk cream until firm peaks form, pour in NESTLÉ Sweetened Condensed Milk, and continue beating until firm. Crush three Chrunchie bars, and fold into cream mixture.
Pour cream mixture over malt biscuits in prepared pans. Crush remaining Chrunchie bar, sprinkle half over the top of each pan. Place in freezer overnight or until set. Cut into squares.

Adapted from: Fairy Feet

 

AARBEI YSKASKOEK

1kg vars aarbeie, gewas
3 ¼ koppies room, Hou ¼ koppie eenkant
1/3 koppie versiersuiker
1 teelepel vanilla
1 pakkie cream crakers of marie beskuitjies
60gr donker sjokolade, fyn gekap
Neem n paar aarbeie en sny slegs in die helfte
Die ander aarbeie, sny dit in dun skyfies
Klits 3 koppies room tot styf. Voeg gelydelik die versiersuiker en vanilje by
Smeer bietjie van die room in ‘n tertbak. Le ‘n paarcream crackers op die bodum van die bak. Smeer nou ‘n gedeelte van die roommengsel op, en pak enkellaag aarbeie op.
Herhaal nou die tot jy 4 lae gepak het. Eindig af met die room en aarbeie
Bring die ¼ koppie room tot kookpunt.Verwyder van hitte. Gooi die sjokolade in en meng tot gesmelt
Laat staan vir ‘n rukkie om af te koel en klits tot die mengsel mooi deurgemeng is en blink
Met ‘n lepel, drissel die sjokolade oor die koek.
Plaas in die yskas vir ten minste vier ure, of totdat die beskuitjies heeltemal sag is en die room gestol het. Versier met ekstra aarbeie
Wenk: Jy kan gekapte neute ook bysit in die beslag of gekapte kersies.

 

MILJOENERS PIE
1 Pakkie tennisbeskuitjies, fyngerol en 60ml gesmelte botter. Meng goed en druk vas in ‘n terpan
1 koppie klapper
1 blikkie fyn pynappel, gedreineer
1 koppie maraschino kersies, gedreineer & gekap
½ koppie gekapte pekanneute
1 blikkie gekondenseerde melk
5 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel maraschino kersie sap(gebruik die sap van die kersies van bo)
1 ½ koppies styfgeklopte room (plus ekstra vir garnering indien verlang)
In ‘n groot bak, meng klapper, fyn pynappel, maraschino kersies, pekanneute, kondensmelk, suurlemoensap en maraschino kersie sap.
Vou liggies in by styfgeklitse room. Giet in kors.
Top met ekstra room en kersies as jy wil. Plaas in die yskas vir 3 ure of oornag.

MAASKAAS TERT

Botter, 1 koppie
Suiker, 1 koppie
Maaskaas, 2 koppies
Eiers, 4 apart geklits
Wyn, ¼ koppie
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
Neutmuskaat, knippie
Soet tertdeeg

Metode:
1. Room botter en suiker, en voeg res van bestanddele daarby.
2. Vou die styfgeklitste witte van die eiers laaste in.
3. Voer `n tertbord uit met die deeg, en vul dit met die vulsel.

Bak 30 minute in `n warm oond van 160 grade C

 

JELLIE KAASKOEK

Hierdie reseppie is verspot maklik om te maak, en dit is heerlik lig na ‘n swaar ete van braaivleis! Jy kan die resep verdubbel as jy ‘n dikker tert, of vir meer mense moet poeding gee. As jy wil uithang kan jy die kaaskoek in individuele glasie maak in plaas van ‘n jellieringvorm, en opdien met styfgeklitste room en/of bessies of aarbeie (nie ingereken nie).

1 pakkie jellie, enige geur
125 ml kookwater
250 ml room
250 g roomkaas, saggemaak
Los die jellie in die kookwater op. Laat afkoel. Klits die room tot styf. Klits die roomkaas tot sag. Voeg klein bietjies van die afgekoelde jellie daarby en klits goed na elke byvoeging. Vou die styfgeklitste room liggies in. Gooi die mengsel uit in ‘n jellieringvorm en laat in die yskas om te stol

 

https://kreatiewekosidees.com/?s=Gebakte+poedings
https://kreatiewekosidees.com/?s=Gebakte+poedings

 GEBAKTE POEDINGS; https://kreatiewekosidees.com/?s=Gebakte+poedings

 

 TRIFLE: https://kreatiewekosidees.com/?s=Trifle

TRIFLE/Koekstruif


trifle

ONTHOU ALTYD, MET ‘N TRIFLE IS DAAR  ‘GEEN MOETS OF MOENIES’

 Jy kan enige iets saam met die room en vla insit, jou keuse van vrugte, vars of geblik, stukkies sjokolade, karamel kondensmelk, styfgeklopte room, geure jellie,  enige geur koek bv sjokolade koek, vanilje koek, rolkoek, oreo koekies gebreek, vingerbeskuitjies,   jy kan self kits poeding ook tussen die lae gebruik.

 

FB_IMG_14194370509038995

TRIFLE : RENS SE RESEP

1 sponskoek (ek gebruik sommer gekoopte rolkoek en pak die skywe teen die kante van die trifle ook. Lyk baie mooi – pak ook vingerbeskuitjies al in die ronte om die bak

500ml self gemaakte vla (Ek verkies om my eie vla te maak – dit stol net lekkerder)

Fyn neute

250ml room

Sjerrie/brandewyn  na smaak bv. old brown sherry of selfs ‘n  muskadel wyn werk ook (gebruik lemoensap as jy nie alkhol wil gebruik nie)

1 blik ingelegde perskes (hier kan jy ook blikkie gemengde vrugte gebruik)

2 x pakkies rooi jellie

2 x  pakkies groen jellie

2 x  pakkies geel jellie

1 blik karamel kondensmelk

Ek gooi ook gekapte kersies in (opsioneel)

Gesnyde aarbeie (opsioneel) Die gooi ek parykeer so tussen in en versier bo-op

Metode:

Los jellie op in die yskas die vorige aand. Krap jellie met die vurk.

Begin jou trifle  met die koek. Gooi bietjie sjerrie oor die koek.

Pak dan ‘n laag perskes, ‘n laag jellie, ‘n laag neute, ‘n laag vla en skep teelepels vol kondensmelk op,  en dan weer koek, jellie, neute en vla en kondensmelk. Eindig met room of versier net  met neute, vla, klapper en  vars aarbeie

Oornag in die yskas is ‘n aanbeveling

20141225_142200-001

 

Tropiese trifle

Tropiese trifle

TROPIESE TRIFLE

Bestanddele
2 Pakkies Vingerbeskuitjies of swiss roll
410 g Blik Mango Skywe of vars mango skywe

2 Kiwi vrugte geskil en in skyfies gesny

1 blikkie grenadilla pulp
550 ml Melk
60 ml Vlapoeier
40 ml Suiker
125 ml Geklikste Room
Gebruik bietjie lemoensap in die plek van die mango stroop as vars mangos gebruik.
Metode
Dreineer Mangos en hou die stroop. Meng Vlapoeier met 50 ml melk. Kook melk en voeg vlapoeier mengsel by. Voeg suiker by vla en roer tot dik. Pak helfte van beskuitjies in bak. Gooi stroop oor beskuitjies. Gooi helfte van vla oor beskuitjies. Gooi mango skywe oor en paar stukkies kiwi vrugte. Pak dan die ander helfte beskuitjies op. Gooi die ander helfte van die vla oor. Plaas in yskas tot geset. Versier met room, skywe mango, kiwi vrugte en die grenadilla pulp

BESKUITJIE TRIFLE

Bestanddele
1 Pakkie Aarbei jellie
250 ml Kookwater
250 ml Koue water
1 Blik Karamel Kondensmelk
1 Pak Marie of Tennis beskuitjies
500 ml Dik Vlasous
1 Blik Vrugteslaai of 250 ml Gesnipperde Vars Vrugte
125 ml Gekapte Pekan neute

Metode
Los jellie in kookwater op. Voeg Koue water by en meng. Gooi ‘n bietjie jellie in glasbak (Glasbak Volume 1.5 l). Laat in koelkas stol. Laat oorblywende jellie buite afkoel tot dik, nie gestol nie. Smeer ‘n dik laag kondensmelk oor die beskuitjies.
Plaas beskuitjies op gestolde jellie. Gooi ‘n laag vlasous oor. Skep van vrugte oor.
Strooi van Neute oor die vrugte. Bedek met ‘n laag jellie. Herhaal al die ander lae totdat al die bestanddele opgebruik is. Plaas in koelkas totdat jellie gestol is.
Dien yskoud op.

Wenk
Kan met roomys of geklitste room opgedien word.

 

 SWARTWOUD-KOEKSTRUIF/BLACKFOREST TRIFLE

Postby Selma Alberts

Genoeg vir 6 tot 8

6 sjokolade-muffins of sjokolade rolkoek of sjokolade koek
60 ml brandewyn (of rum)
1 blik kondensmelk
die sap van 1 suurlemoen
225 g Philadelphia-kaas
1 blik ontpitte swartkersies (of ’n blik aarbeie)
250 ml room
1 Flake
Vars aarbeie of kersies om te versier

Sny die muffins middeldeur en sprinkel die brandewyn oor.
Klits die kondensmelk, suurlemoensap en roomkaas saam tot ’n gladde mengsel.
Pak ses muffinhelftes onderin ’n glasbak.
Rangskik die helfte van die kersies eweredig oor die muffins.
Gooi die helfte van die roomkaasmengsel oor die muffins.
Herhaal die lae (muffins, kersies, roomkaas).
Bedek die bak met kleefplastiek en verkoel oornag.
Net voordat jy die nagereg voorsit, klits die room styf en gooi oor die koekstruif.
Krummel die Flake oor en versier met vars aarbeie.
Die koekstruif is op sy lekkerste ’n dag of twee nadat dit gemaak is, maar die kans is klein dat dit so lank in die yskas sal vertoef.

 

Granadilla and chocolate trifle | YOU

Granadilla and chocolate trifle | YOU

GRENADELLA EN SJOKOLADE TRIFLE

1 sponskoek of ’n paar klein rolkoeke

1 blik (380 g) gekookte kondensmelk

12 ryp grenadellas se pulp f jy kan die grenadella pulp in die blikkies ook gerbuik (ongeveer 3 blikkies)

1 L (4 k) Griekse jogurt

4 (32 g elk) Flake-sjokoladestafies, gekrummel

Sny die sponskoek of klein rolkoeke in skywe of stukke en pak die helfte daarvan in ’n groot, diep glasbak.

Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die koek, gevolg deur van die grenadellapulp.

Skep die helfte van die jogurt bo-oor en sprinkel van die sjokoladekrummels bo-op die jogurt.

Herhaal met die res van die bestanddele en eindig met sjokolade en grenadellapulp.

Laat staan ’n uur of oornag in die yskas

 TRIFLE IDEES

Pak jou aarbeie teen die kante van jou bak vir mooi versiering

trifle 3

Maak vir elkeen sy eie trifle. Maak jellie aan, gooi vrugte en jellie onder in glas, sit in yskas tot gestol.  Sit dan vla, room en vars vrugte bo-op

trifel 9

Bietjie baie werk, maar dit lyk pragtig.

Maak so 5 of 6 pakkies verskillende kleure en geure jellie aan, maar selgs 1 op ‘n slag. Gooi jou eerste kleur jellie in jou bak, sit in yskas om te stol, gooi dan vla oor en dan weer volgende kleur jellie. In yskas, laat stol, dan miskien jou vrugte en volgende pakkie kleur jellie, in yskas, laat stol, dan jou koekstukkies, en weer ‘n kleur jellie. Gooi gekapte neute ook so tussen deur in.  Gaan so aan tot jy jou lae het. Eindig af met geklop

SJOKOLADEKOEK KITSPOEDING TRIFLE

Maak butterscotch kitpoeding aan. (2 pakkies)

Klits room tot styf

Gekapte neute en kersies

Sjokolade koek of sjokolade rolkoek (jy kan hier ook brandewyn oor die koek gooi)

Pak lae en los oornag in yskas

trifel 0

Nog ‘n idee om sommer in ‘n glas trifle te maak met vingerbeskuitjies. Pak beskuitjies in glas, dan jou vrugte en vla en neute en room. Hier kan jy skeppies roomys ook insit. Maak die verkieslik net voor opdiening as die roomys gebruik word.

trifle p

AARBEI TRIFLE

Vanilje koek of rolkoek (gooi bietjie sherrie of brandewyn oor )

Geklopte room

Vars aarbei

Vla

Pak lae. Eindig af met room en gesnyde aarbeie. Bewaar in yskas

Aarbei trifle

Aarbei trifle

STRAWBERRY PUNCH BOWL TRIFLE
1 yellow cake mix or bake a vanilla cake of our choice
1  pkg. instant vanilla pudding (make pudding with 2 cups cold milk)
1 large can crushed pineapple, drained
2 pkgs. frozen strawberries (you can use fresh also)
2 to 3  bananas
500ml  cream (whipped)

Bake cake in two round cake pans and set aside to cool. Make pudding and set in refrigerator to get cold. Cut one layer of cake in small chunks; put in punch bowl. Spread half of pudding on top; then add half of pineapple and one package strawberries. Slice one banana on top, half of cream (spreading to cover completely)  Repeat with the other layer the same – ending with cream

Let set in refrigerator overnight.

 

KERSFEES/VAKANSIE kleinkoekies


KOEKIES RENS fb

KERSFEES KOEKIES

Ek het die koekies gemerk 1 – 2 – 3

Met koekie 1 het ek 2 resepte gebruik en sommer net verskillende variasies met dit gedoen

(1) Eat-som-more koekies
4 Kop koekmeel
1 kop versiersuiker
500gr botter
1 tl vanilje
Meng deur en rol balletjies (druk plat met vurk) of druk vorms met koekiedrukker of meuletjie
Bak vir 8 na 10min of tot goudbruin by 180C

(1) Klapper koekies
3 ½ kop koekmeel
1 tl vanilje
½ tl koeksoda aangemaak met 1 eetl melk
1 ¼ kop suiker
½ tl bakpoeier
250gr botter
1 kop klapper
2 eiers
½ tl sout
Klits botter en suiker. Voeg eiers by. Voeg klapper en die orige bestandele by
Meng deur en rol balletjies (druk plat met vurk) of druk vorms met koekiedrukker of meuletjie
Bak vir 8 na 10min of tot goudbruin by 180C

(2) Sjokolade klapper koekies
375ml botter
375ml suiker
750ml bruismeel
500ml klapper
500ml kellogs corn flakes (fyngemaak)
125ml kakoa
125ml kookwater
Klits botter en suiker. Voeg al die droe bestandele by behalwe die kakoa
Meng die kakoa en kookwater en boeg by
Voeg die vanilje by
Meng goed deur en rol balletjies.
Druk plat met vurk
180C vir 10/12min
Plak koekies op mekaar met gesmelte sjokolade of vulsel soos onder

(3) Choc-chip koekies
1 kg bruismeel
3 kop suiker
2 kop klapper
500g botter
4 eiers
2 teel vanilla
75g vermicelli (1 van die plastiek houertjies – los bietjie oor om oor die koekie te strooi voor jy dit bak)
1 plak dairymilk sjokolade (in stukkies gekap) dit is die gewone klein plak grootte
Klop botter en suiker tot room, voeg eiers een vir een by, klop goed.
Voeg meel, klapper, vermicilli en sjokolade by.
Voeg vanilje by en meng goed.
Maak balletjies en druk plat.
Bak 10 min by 180 C.

Vulsel vir koekies
250 ml suiker
250ml botter
125ml melk
5ml vanilje
Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute
Klop met houtlepel tot glad en koud
Smeer oor koekies

Ek het op koekie 1 maar net kersies, smarties, jellietots en party sprinkles opgesit voor ek dit bak
Die ander is gesmelte sjokolade wat ek op die punte gedoop het en in klapper gedruk het

Lekker Bak !!
Rens

 

 

KOEKIES MET 1 BESLAG EN VERKILLENDE GEURE:

Alles in een koekiemengsel wat verskillende geure maak
BASIESE KOEKIE MENGSEL

10 koppies koekmeel
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
500gr margarine
4 koppies suiker
6 eiers

Room botter saam met
suiker voeg eiers by roer goed
voeg dan droe bestanddele saam
in botter mengsel as te styf voeg
bietjie water by

Variasies;

1) Vanielje koekies:  voeg 10 ml vanielje by
2) Vlakoekies:  voeg 8 eetlepels vlapoeier by
3) Spesery koekies : voeg 3ml naeltjies,5ml kaneel,5ml neutmuskaat,en 5ml gemengde speserye by
4) Sjokolade voeg:  10 ml Kakoa by – rol in balletjies druk plat met vurk

Die resep wat in die Engelse Rapport was (Verve)

BATCH BISCUITS

500 g butter, softened

500ml icing sugar, sifted.

675g flour,

10ml baking powder

Pinch salt,

Castor sugar for sprinkling.

Combine butter + icing sugar together in a large mixing bowl and using an electric beater; beat until light and creamy. Sift flour, baking powder and salt and add gradually to creamed mixture mixing well to form a workable dough. Dough should be firm but not sticky. Divide mixture into 3 parts and add a variation of your choice. Roll each dough into sausage shapes, 4cm in diameter and 25cm long. Wrap in cling wrap and chill in refrigerator for several hours or overnight. Once chilled, slice dough into 1cm rounds and place on lightly greased baking sheet. Sprinkle each biscuit lightly with castor sugar. Bake at 180C for 12-15min or until light golden brown.

Variations:

Choc Chip: Add 125ml chocolate chips.
Chocolate Dipped Biscuits : Dip half into melted chocolate and place on wrap paper to set
Cherry biscuits : add 80ml chopped glazed cherries.
Currant Biscuits : Add 125ml currents.
Pecan Nut: Add 125ml chopped pecan nuts.
Ginger Biscuits: Add 5 – 10ml ground ginger and 50ml chopped preserved ginger to one portion of dough.
Almond biscuits : Add 125ml ground almonds to one portion of dough

CHOC CHIP KOEKIES

2 ¼ kop meel
1 ¼ tl koeksoda
¼ tl sout
1 kop botter (250gr) + 1 eetlepel ekstra
1/ ¼ kop donker bruin suiker
¼ wit suiker
1 groot eier en 1 eier geel
1 ½ tl vanilje
600gr choc chips

Smelt botter oor medium hitte. Whisk met jou whisk die heeltyd tot die botter so bruinerige kleur kry.
Dit neem ‘n paar minute
Haal van die stoof af, dit behoort so ‘n bruin neuterige reuk te he
Laat dit vir ‘n rukkie afkoel.
Gebruik handmenger
Gooi botter in mengbak en voeg die 2 suikers by
Meng goed
Voeg die eier, eiergeel en vanilje by en meng
Voeg nou die droe bestandele by. Meng tot gladde mengsel
Laat die mengsel goed koud word en meng dan die chocolate chips by
Skep nou lepels (omtrent desertlepel grootte) vol op ‘n bakplaat/skinkbord
Plaas in die vrieskas vir ‘n paar uur – of beter – oornag

Plaas koekies op bakplaat met wax papier – Plaas entjies uitmekaar

Verhit oond 180 C en bak 11 tot 13

ROLO KOEKIES

(sowat 25 koekies)

2 pakkies (50 g elk) Rolo-sjokolade
140 g (250 ml) botter
200 g (250 ml) bruinsuiker
200 g (250 ml) witsuiker
2 eiers
30 ml melk
5 ml vanieljegeursel
100 g (250 ml) kakao
350 g (625 ml) koekmeel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
strooisuiker om koekies in te rol
Voor jy die koekies bak, sien kassie met bakwenke.

Plaas Rolo’s minstens 1 uur voor gebruik in yskas. verhit oond tot 180 °c. Plaas botter in elektriese menger se bak. voeg suikers bietjies bietjies by en verwerk tot lig en romerig. klits eiers, melk en geursel saam. voeg by bottermengsel en meng goed. sif kakao, meel, bakpoeier en sout saam in mengbak. voeg bietjies-bietjies by bottermengsel en meng goed tot deeg vorm. skep ’n groot eetlepel vol deeg in jou hand. Druk een Rolo in die middel en maak goed toe met deeg. vorm in ’n bal. gooi strooisuiker op bord en rol koekie in suiker. Herhaal tot al die deeg op is. Plaas koekies so 2 cm uitmekaar op ’n uitgevoerde bakplaat en plaas in oond. Bak 12 – 15 minute tot koekies begin kraak. Haal uit en laat afkoel op afkoelrak.

Kyk na die oulike idee vir jou Kerskoekies. Jou gemmerkoekmannetjie word n takbok as jy dit omdraai.

Kyk na die oulike idee vir jou Kerskoekies. Jou gemmerkoekmannetjie word n takbok as jy dit omdraai.

GEMMERKOEKIES

Bestanddele:

500 ml gouestroop

450 g botter by kamertemperatuur (500 ml)

2 eiers

50 ml asyn

50 ml fyn gemmer

15 ml kaneel

5 ml fyn kruienaeltjies

400 g ligte bruin suiker (500 ml)

1,050 kg (8 koppies koekmeel)

30 g koeksoda (37,5 ml)

10 ml sout

Meng die gouestroop, botter, eiers, asyn, gemmer, kaneel en naeltjies saam in n skottel. Roer die suiker by. Sif koekmeel, koeksoda en sout saam en meng dit met die suikermengsel.

Bedek die deeg en verkoel dit n paar uur in die koelkas. (Ek los myne oornag in die koelkas en bak dit dan die volgende oggend.)

Voorverhit die oond tot 200 grade C. Smeer die bakplate.

Rol die deeg tussen die handpalms in okkerneut-grootte balletjies. Plaas die balletjies n entjie uitmekaar op die bakplate.

Bak die koekies vir ongeveer 12 minute of tot mooi bruin op die middelste oondrak. Laat hulle effens op die bakplate afkoel en plaas hulle dan op n draadrak om heeltemal koud te word.

Bewaar die koekies in digte houers sodat hulle bros bly.

Die resep lewer 20 dosyn gemmerkoekies. Dit bly lank vars, kan ook suksesvol gevries word.

 

 AMISH SUGAR COOKIES (baie lekker)

1 cup butter, softened
1 cup vegetable oil
1 cup sugar
1 cup confectioners’ sugar (versiersuiker)
2 Eggs
1 teaspoon vanilla extract
4 and 1/2 cups all-purpose flour
1 teaspoon baking soda
1 teaspoon cream of tartar

Directions
In large bowl, beat the butter, oil and sugars. Beat in eggs until well blended. Beat in vanilla. Combine the flour, baking soda and cream of tartar; gradually add to creamed mixture.
Drop by small teaspoonfuls onto ungreased baking sheets. Bake at 180 C for 8-10 minutes or until lightly browned. Remove to wire racks to cool. Yield: about 5 dozen.

 

EAT SUM MORE KOEKIES

Ingredients:
4 cups flour
1 cup icing sugar
2 cups butter, softened
1/4 teaspoon salt
Directions:

Mix all the ingredients together and roll (should look like a long sausage).
Cut into circles and place on a baking sheet.
Preheat the oven to 180°C and bake for about 10 minutes. If not totally baked, bake for another 10 minutes.

KAAS EN SKYFIEKOEKIES
200g fyngerasperde Cheddarkaas
150g kaas en uie skyfies, fyngemaak
250ml koekmeel
100g sagte botter of margarine

Verhit oond tot 200 grade.
Meng alle bestandele saam tot n sagte deeg. Rol deeg in balletjies die grootte van okkerneute. Druk effens plat met n vurk.
Bak vir 10 minute of tot gaar.
Laat afkoel en berg in lugdigte houer

 

KLAPPER KOEKIES

Bestanddele

130g meel

½ Teel  bakpoeier,

100g botter,

1  teelepel vanielje,

3 Eetl klapper.

Metode

Verhit die oond tot 180 °.

Klits die botter, suiker en vanielje saam tot lig en romerig.

Voeg die meel by en meng dit deeglik in.

Verdeel die mengsel in 20 stukkies

Met klam hande, rol elkeen in ‘n netjiese balleyjie en rol dit in die  klapper.

Druk die balletjie effe plat met vurk of jou vinger

Plaas dit op ‘n goed gesmeerde bakplaat

Bak vir sowat 20 minute.

 

GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES

Ongeveer 20 koekies

25 g botter

100 g grondboontjiebotter

200 g (250 ml) bruinsuiker

1 eier, geklits

3 ml vanieljegeursel

240 g (430 ml) meel

5 ml bakpoeier

1 ml sout

75 ml melk (jy sal miskien nog ’n bietjie nodig hê)

Metode:

1.Verhit die oond tot190 C.

2.Gebruik ’n elektriese menger en meng die botter en grondboontjiebotter saam.

3.Gooi die bruinsuiker bietjie vir bietjie by.

4.Klits die mengsel goed elke keer nadat jy suiker bygevoeg het.

5.Gooi die eier en vanieljegeursel by en klits goed.

6.Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n aparte mengbak.

7.Roer die twee mengsels bymekaar.

8.Gooi die melk by en knie die deeg goed. (Gebruik nog ’n klein bietjie melk as die deeg vir jou droog lyk.)

9.Vorm met jou hande klein balletjies van die deeg en sit hulle op ’n gesmeerde bakplaat.

10.Druk hulle ’n bietjie plat met die onderkant van ’n vurk.

11.Bak vir 10 – 12 minute teen 190 °C.

12.Haal versigtig uit – pasop vir brand.

 

PEANUT BUTTER COOKIES

1 cup margarine
1 cup peanut butter
1 cup white sugar
1 cup brown sugar
2 eggs
1 teaspoon vanilla extract
½  teaspoon almond extract
2 ½  cups  flour
1 ½  teaspoons baking soda (koeksoda)
½  teaspoon salt
Directions
Preheat the oven to (190 degrees C). Grease two cookie sheets.
In a large bowl, cream together the margarine, peanut butter, white sugar and brown sugar until smooth. Beat in the eggs one at a time, then stir in the vanilla and almond extracts. Combine the flour, baking soda and salt; stir into the peanut butter mixture.

Roll dough into 1 inch balls and place them 2 inches apart onto the prepared cookie sheets. Use a wet fork dipped in sugar to make the crisscrosses on the top.

Bake for 8 to 10 minutes in the preheated oven. Allow cookies to cool on baking sheet for 5 minutes before removing to a wire rack to cool completely.

 

VLAKOEKIES

340 gram (375 ml) botter

100 gram (200 ml) versiersuiker

5 ml vanillageursel

325 gram (625 ml) koekmeelblom

175 gram (350 ml) vlapoeier

20 ml bakpoeier

knypie sout

Verroom die smeer. voeg die suiker by en meng. Voeg die geursel by en meng goed. Sif die meel, vlapoeier, bakpoeier en sout saam. Voeg by smeermengsel en knie met die hande om ‘n deeg te vorm.

Vorm koekies van die deeg met behulp van ‘n koekiemaker, of rol die deeg in balletjies. MOENIE DIE BAKPLAAT SMEER OF SPUIT NIE

Bak die koekies 10 – 12 minute in ‘n voorverhitte oond by 180C net tot dit verkleur. Vul die koekies indien verkies.

 

KONDENSMELKKOEKIES (Baie bros)

12kop koemeel

3 kop suiker

750g margarine

4 eiers

1 blik kondensmelk

1 eetl stroop

3 teel koeksoda

3 teel kremetart

½ teel sout

Room botter en suiker en gooi eiers een vir een in. Voeg kondensmelk en stroop by en meng goed. Gooi meel, koeksoda, kremetart en sout by. Maak aan tot verlangde styfte en sit deur vleismeaul met koekiemaker vooraan. Bak 15-20min by 180°C. Dit kan ook bolletjies gemaak word, druk met vurk bietjie plat. Sit op mekaar met appelkooskonfyt of vanilla versiersuiker.

 

FANTA VANILJIEKOEKIES

400 g koekmengsel

1 eier

60 ml botter / margarien, gesmelt

80 ml Fanta lemoen (soda koeldrank- die met die gas in)

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Klits die eier saam met die gesmelte margarien en Fanta.

Meng dit in ‘n groot mengbak met die koekmengsel.

Skep eetlepelsvol op ‘n gesmeerde bakplaat, ongeveer 4 cm van mekaar af.

Bak vir ongeveer 15 minute. Die koekies sal sag bly in die middel

 

MAKE YOUR OWN ZOO COOKIES

To make these cookies you will need:

185g Plain flour

125g Soft butter

60g Caster sugar

To make the icing you will need:

125g Icing sugar

1-2 Tablespoons warm water

Red and Yellow Food colouring

Preheat the oven to 180C (Fan 160)

Sift the flour into a large mixing bowl

Stir in the Sugar

Rub in soft butter until mixture resembles fine breadcrumbs

Mix together with your hands until the mixture resembles a soft ball of dough

Roll out on a lightly floured surface until it is ½ cm (1/4”) thick

Cut dough into Star Shapes (or circles using a cup turned upside down)

Put shapes on a lightly greased tray

Bake in the oven for about 10-12 minutes until pale golden.

Put the cookies on a wire rack to cool.

Mix the icing sugar and water until smooth, then add a drop of food colouring.

When biscuits are cool, spoon half a teaspoon of icing on each one and spread out evenly.

 

SUIKERKOEKIES

125 ml Botter of margarien
250 ml Suiker
1 Eier
25 ml Melk
2.5 ml vanielje-essens
625 ml Meelblom
10 ml bakpoeier
2.5 ml Sout

1. Brei die botter met ‘n houtlepel en voeg die suiker geleidelik by. Klop tot dit goed gemeng is. Voeg die eier, melk en vanielje-essens by en meng dit goed.
2. Sif die droe bestandele saam en voeg dit by.
3. Meng alles goed saam en laat die deeg 1 uur of langer op ‘n koel plek staan voor dit uitgerol word.
4. Rol dit dun uit, 3mm – en sny of druk af soos verkies. Strooi suiker bo-oor.
5. Sit die koekies omtrent 2.5 cm van mekaar op ‘n gesmeerde bakplaat en bak hulle 8 tot 10 minute lank in ‘n matige warm oond by 190 grade celsuis.
L.W. gebruik 62 ml meelblom minder en laat die deeg van ‘n lepel op die gesmeerde plaat drup indien verkies.

 

SOETKOEKIES (Bak jou soetkoekie resep en versier met gekleurde Royal icing)

5 koppies koekmeel

440ml suiker

250g margarien

5 eiers

5ml koeksoda

25ml bakpoeier

2ml sout

Klits botter en suiker tot romerig. Voeg eiers by en klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Knie liggies tot ‘n deeg. . Laat staan in yskas vir so half uur. As jy vind jou deeg is bietjie klam, gooi so bietjie meel by tot lekker stywe deeg is.

Rol deeg baie dun uit  en druk vorms uit. Bak by 190 grade C tot ligbruin. So ongeveer 8 na 10 min of tot mooi ligbruin

ROYAL ICING

Eierwit van 2 groot eiers (60g)

10 ml suurlemoensap

330g versiersuiker

Klits die eierwitte en suurlemoensap tot styf. Voeg dan die versiersuiker by en klits tot blink en glad. Die versiersel is reg wanneer jy die “beaters” uit die versiersel haal en dit sy vorm behou. Die versiersel moet in ‘n lugdigte houer gebere word, want dit word hard as dit aan lug blootgestel word.Voeg kleursel by vir verskillende kleure.

OF MAAK DIE VARIASIE MET JOU SOETKOEKIE RESEP (voeg gemengde speserye by)

Rencia Odendaal Pretorius

Ek maak die gewone soetkoekie resep, maar voeg by:

1 teelepel (so 5 na 7ml)  GEMENGDE SPESERYE

5 koppies koekmeel

440ml suiker

250g margarien

5 eiers

5ml koeksoda

25ml bakpoeier

2ml sout

Klits botter en suiker tot romerig. Voeg eiers by en klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Knie liggies tot ‘n deeg. . Laat staan in yskas vir so half uur. As jy vind jou deeg is bietjie klam, gooi so bietjie meel by tot lekker stywe deeg is.

Strooi Kaneel en of Nutmeg  bo-oor

Rol deeg baie dun uit  en druk vorms uit. Bak by 190 grade C tot ligbruin. So ongeveer 8 na 10 min of tot mooi ligbruin

 

KOFFIESOENTJIES

250 g sagte botter
185 ml versiersuiker, gesif
10 ml koffiepoeier
15 ml kookwater
500 ml koekmeel, gesif

Vulsel:
50 g (½ slab) donkersjokolade, gesmelt
Metode:
Stel oond op 180 °C.
Room botter en versiersuiker tot liggeel.
Roer koffiepoeier en kookwater saam en giet by bottermengsel. Klits goed.
Roer koekmeel by bottermengsel. Dit sal sagte deeg wees.
Voer bakplaat met bakpapier uit.
Skep deeg in spuitsak met meduim- grootte sterretjie-spuitpunt
Maak sirkeltjies van ongeveer 2 cm op bakplaat, maar nie te naby aan mekaar nie.
Bak vir 10 min of tot effe ligbruin.
Laat op afkoelrakkie afkoel.
Plaas twee koekies opmekaar met bietjie gesmelte sjokolade of druk net die een kant in gesmelte sjokolade

GENERAAL KOEKIES

135ml botter of margarien

125ml bruinsuiker

1 groot eier

250ml bruismeel

3ml koeksoda

125ml hawermout

125ml klapper

125ml gesoute grondbone

85ml graanvlokkies, fyngedruk

Room die botter of margarien en bruinsuiker. Voeg die eier by en klits dit goed. Sif die bruismeel  en koeksoda by en vou dit by die eiermengsel in. Voeg die hawermout, klapper, grondbone en graanvlokkies by en meng goed. Skep lepelsvol van die deeg effens uitmekaar op ‘n liggies gesmeerde bakplaat. Bak dit 10-12 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C, tot goudbruin.

KOOKMELK KOEKIES

6x250ml koekmeelblom

1ml sout

500g margarien

500ml suiker

125ml melk

10ml koeksoda

Meng koekmeelblom en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook. Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed. Plaas in ‘n houer met ‘n deksel, maak toe en verkoel oornag. Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat. As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter. Bak in ‘n voorverhitte oond by 200C vir 10-12 minute. Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word. Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.

Lewer sowat 12 dosyn koekies.

 

GOU-GOU-KOEKIES– Vrouekeur

Ongeveer 80 koekies
KOEKIES
500 g botter, sag
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
1 250 ml (5 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
60 ml (4 e) rooi glanskersies, gehalveer
60 ml (4 e) groen glanskersies, gehalveer
100 g (1 pakkie) gevlokte amandels

Versiersel:
200 g (2 plakke) sjokolade, gesmelt
Stel oond op 180 °C.

Koekies:

Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig.
Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by bottermengsel tot deeg begin vorm.
Voeg kersies en amandels by en verdeel mengsel in twee. Vorm deeg in wors. Draai in kleefplastiek toe en vries vir vyf uur.
Sny gevriesde deeg in 1 cm-skywe en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
Bak 15 min. of tot goudbruin bo-op.
Skep koekies op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.
Versiering: Doop helfte van koekie in ge-smelte sjokolade.
Sit gedoopte koekies op waspapier sodat sjokolade kan stol.

HAWERMOUT KOEKIES MET KAKOA EN KLAPPER

125 gr margarien

500ml suiker

125ml kakoa

125ml melk

750ml oats

250ml klapper

2.5ml vaniljie

Meng die margarien, suiker, kakao en melk saam in ‘n kastrol. Laat kook vir 5 minute. Meng die hawermout, klapper en vanilla hierby in en roer tot goed gemeng. Skep lepelsvol van die mengsel op bakplate en laat afkoel.

 

MELTING MOMENTS (1)

250g margarine at room temperature

½ cup icing sugar, sifted

½ cup maizina

½ tsp vanilla essence

2 cups flour

Buttercream for sandwiching biscuits

Extra icing sugar for sifting over biscuits

Preheat oven to 180°C Cream margarine with icing sugar and cornflour Beat in essence Add flour and mix until it becomes a soft paste-like mixture Scoop the mixture into a large piping bag fitted with a star nozzle Pipe finger lengths onto a baking sheet Bake for +/-15 minutes or until the edges appear lightly browned Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes Lift off biscuits with a spatula When cold, sandwich with buttercream Sift icing sugar over and place in paper cups to serve

VARIATION: Biscuits could be sandwiched together with chocolate Ends of biscuits can also be dipped in

MELTING MOMENTS (2)

250gr  margarine

1 egg

½ cup castor sugar

1 teaspoon vanilla

½ cup maizena

2 cups cake flour

2½ teaspoons baking powder

½ cup custard

Beat Margarine and sugar until light and fluffy. Add egg and vanilla and beat until mixed in. Add in dry ingredients. Make biscuits in hand machine or make small oval shapes, press lightly and make three lines on top with a fork

Bake for +/-15 minutes or until the edges appear lightly browned Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes Lift off biscuits with a spatula When cold, sandwich with buttercream Sift icing sugar over and place in paper cups to serve

LEPELSTEELTJIES (4-5 dosyn)

500 ml koekmeel

2 ml sout

1 ml bakpoeier

250 gram gerasperde Cheddarkaas

250 gram margarien (kamertemp )

Appelkooskonfyt

Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt wees nie.

Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte ba…lletjies en plaas in holtes van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & cook gespuit is.

Druk gaatjie met agterkant van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie.

Skep bietjie appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C.

Laat afkoel en bere in digte houer. Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.

Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie

DRUPPEL KLEINKOEKIES

4 kop. koekmeel,

1 t. sout,

2 t. koeksoda,

2 t. fyn neutmuskaat,

2 kop. suiker,

2 eiers,

375 g. margarine

Appelkooskonfyt.
Klits eiers, voeg suiker by, +margarien by, dan droë bestanddele, maak aan met bietjie water. Vorm balletjies, plaas in kolwyntjiepanne, maak holtetjie in middel met vinger, skep holte vol met appelkooskonfyt. Bak 180 grade tot goudbruin, ongeveer 12 minute – hou maar eerste panne dop.

WIELIE WALIE KOEKIES

1 kop meel

¼ kop vlapoeier

½  kop botter

¼  kop versiersuiker

Meng alles – vorm koekies en bak by 200grade tot gaar

 

OATS KOEKIES

2 k meel

4 k oats

2 k klapper

2 k suiker

250 g margarien

3 t stroop

2 t koeksoda

Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)

Voeg koeksoda by. Meng die droeë bestanddele saam

Gooi stroop by droë bestanddele

Gooi in ‘n oondpan en druk vas.

Bak vir ± 10 – 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik.

SOENTJIES
(75 koekies)
500g sagte magarien of botter
500g suiker
4 eiers
500g koekmeel
500g mielieblom
10ml bakpoeier
5 ml sout
Klits die botter, suiker en eiers tot lig en romerig.
Sif die droe bestandele saam en voeg by die bottermengsel. Meng baie goed.
Rol klein bolletjies, pak op bakplaat en druk met ‘n vurk plat.
Bak goudbruin 190 grade ongeveer 8-10 min.
Sit koekies twee, twee opmekaar met versiersuiker indien verkies

 

SJOKOLADESPLINTERKOEKIES VIR KERSFEES

Lewer 36 – 40 koekies

140 g (140 ml) sagte botter
140 g (170 ml) strooisuiker
1 ekstra groot eier
5 ml (1 t) vanielje geursel
450 ml koekmeel
125 ml (½ k) sjokoladesplinters van goeie gehalte (of sien wenke)

Klits botter en suiker in ’n groot mengbak saam tot lig en donsig. Voeg eier en vanielje by en klits tot goed gemeng.

Voeg meel en sjokoladesplinters by en meng tot ‘n sagte deeg vorm. Bedek met kleefplastiek en verkoel in die yskas. Laat rus 30 minute tot 1 uur of sien Wenke hier onder.

Voorverhit oond tot 200 °C en voer ’n twee bakplate met bakpapier.

Rol deeg uit op ’n liggies meelbestrooide oppervlak and sny koekies met koekiedrukers uit.

Plaas op bakplaat en bak 8-10 minutes of tot goudbruin. Laat heeltemal op afkoelrakkies afkoel en pak in ’n lugdigte houer of verpak soos hierbo voorgestel.

KONFYTBLOKKIES
(Lewer 6 dosyn)
6 kop meelblom
8ml sout
3 eiergele geklits
60ml wit asyn
5ml kremetart (gelyk)
190ml koue water
625g margarien
Sif droe bestandele en vryf margarien in
Meng tot ‘n deeg met geklitste vloeistof
Laat deeg oornag in die koelkas rus.
Rol klein stukkies deeg dun uit, druk af met ‘n 8cm deursnee ronde koekiedrukker
Plaas ‘stukkie stywe appelkooskonfyt op elke sirkel.
Klop eierwit effens en maak die helfte van die sirkel nat.
Vou deeg oor en verseel rand met ‘n vurk
Plaas op gesmeerde bakplaat, verf geklitste eier oor tertjies
Strooi ‘n bietjie wit suiker oor
Plaas panne in koelkas tot al die tertjies klaar gemaak is.
Bak in oond van 200 grade vir 10-12 min of tot goudkleurig

APPELKOOS “JAMTERTJIES”

Rolle puff pastry soos te koop in die winkels (skilferkorsdeeg)

Appelkooskonfyt
Eiers
Melk
Sirkel koekie drukker

Rol jou deeg bietjie dunner uit
Druk sirkels uit die deeg
Skep ‘n teelepel yskoue konfyt in die middel
Klits die eiers en melk
Verf reg rondom die kante en maak toe.
Met ‘n mes, sny ‘n gaatjie aan die bo kant (Stoom ontsnap en jam kook nie uit nie)
Verf weer met eier mengsel
Bak 5-10 min in ‘n 200C oond tot goudbruin

KONFYTBLOKKIES

250gr botter,

350gr strooisuiker,

2groot eiers,

10ml vanilla,

1000ml (545gr) koekmeel,

20ml bakpoeier,

250ml aarbei of appelkoos konfyt.

Klop botter en suiker saam, voeg eier en vanilla by en klop goed. Vou gesifte meel, bakpoeier en knypie sout by.

Draai die bol deeg met kleefplastiek toe en sit vi +- 30min in yskas.

Druk driekwart van die deeg in gesmeerde oondpan. Smeer laag konfyt bo-oor en rasper res van deeg bo-oor. Bak by 180 grade vir 20 min of tot goudbruin. Sny in blokkies terwyl nog warm, los tot heeltemal afgekoel is, skep versigtig uit en bere in lugdigte houer

LUI HERTZOGGIES – uit Top 500 Wenresepte

Kors:

500 ml (2 k) koekmeelblom

10 ml (2 t) bakpoeier

knippie sout

125 g botter

125 ml (1/2 k) suiker

1 ekstragroot eier, effens geklits

fyn appelkooskonfyt

Bolaag:

3 eierwitte

300 ml (1 ¼  k) strooisuiker

500 ml (2 k) klapper

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode:

Voorverhit oond tot 180. Spuit bakplaat van 33 x 23 x 2 cm. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits die botter en suiker tot sag en romerig. Voeg die eier by en ook die droe bestanddele lepelsgewys. Meng goed. Druk die deeg in die voorbereide bakplaat vas en laat 15 minute lank in die yskas staan. Smelt appelkooskonfyt en smeer oor die deeg.

Bolaag: Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by terwyl aanhoudend geklits word. Voeg die klapper by en vou saam met die vanieljegeursel in. Skep in ‘n spuitsak en spuit rosies bo-op die appelkooskonfyt, of smeer oor die appelkooskonfyt. Bak 20 – 25 minute lank in die voorverhitte oond of tot die punte van die rosies begin verkleur. Laat effens afkoel en sny in blokkies of vingers. Bere in Lugdigte houer. Lewer +- 40 blokkies.

 

SNOW BALLS / NUTTY BALLS / GRIEKSE KOEKIES
1 cup butter, softened
1 cup powdered sugar (versiersuiker)
2 cups flour, sifted
1 cup nuts, grounded to smaller pieces (any nuts you prefer)
1 teaspoon vanilla
Directions:
Combine all ingredients.
Form into balls
Bake on cookie sheet at 180c for about 10-15 minutes or until set.
Roll in powdered sugar while still warm

SKURWE JAKKIES

Kook alles saam
1Kop Botter
2Kop Suiker
½ Kop Melk
1Tl Vanila
¼ Kop Kakao

Laat net opkook en haal van hitte af

Voeg by
2 Kop Klapper
3 Kop Hawermout (oats)
Meng baie goed, Skep Teelepelsvol op waspapier.

Laat staan tot gestol is. Bewaar in lugdigte houer

 

SHORTBREAD COOKIES (die resep is baie lekker)

2 cups flour

100ml sugar
45 ml Cornflour  (maizina)
Pinch of Salt

5ml vanilje
250 g Butter (soft, but not melted)
Extra sugar for sprinkling on top

Method

Place all the ingredients in a food processor and process until combined into a ball. Do not over-process. If you don’t have a food processor, work the mixture with your hands until combined.

Press the mixture into an oblong tray (or two 20 cm round pie dishes). With the prongs of a fork, prick the mixture well. Bake at 160ºC until it just starts to turn golden (35–40 minutes).

Remove from the oven and immediately slice into serving portions. Sprinkle with extra sugar while hot.

Hint: It is important that the butter is soft, though not melted. For best results use butter, not margarine.

Koekies italiaans

Italiaanse paaskoekies

ITALIAANSE KOEKIES

4 eiers
1 koppie suiker 
1/2 koppie botter
2 teelepel vanielje
3 en 1/2 koppie meel
4 teelepel bakpoeier

Sif droë bestanddele. Room botter en suiker, klits eiers by, voeg vanielje en droë bestanddele by.
Knie en rol die stukke in wors vorm. Sny stukke af en krul, draai om vorm te gee aan die deeg. Jy kan ook gewone rondes maak, sit paaseier in die middel, (sien voorbeelde op die foto)
Plaas op gesmeerde bakplaat
Bak by 180 C vir 10 minute.
Versiersel bo-op
2 koppie versiersuiker
2 teelepel vanielje
6 teelepel water
(druppels kleursel indien verkies)
Roer tot romerig
Druk koekies in versiersel en sprinkel met 100&1000’s of vermicilli

 

CHOC CHIP KOEKIES

2 ¼ kop meel
1 ¼ tl koeksoda
¼ tl sout
1 kop botter + 1 eetlepel ekstra
1/ ¼ kop donker bruin suiker
¼ suiker
1 groot eier en 1 eier geel
1 ½ tl vanilje
600gr choc chips

Smelt botter oor medium hitte. Whisk met jou whisk die heeltyd tot die botter so bruinerige kleur kry.
Dit neem ‘n paar minute
Haal van die stoof af, dit behoort so ‘n bruin neuterige reuk te he
Laat dit vir ‘n rukkie afkoel
Gooi in bak en voeg die botter en 2 suikers by
Meng deur
Voeg die eier ,eiergeel en vanilje by en meng
Voeg nou die droe bestandele by Meng tot gladde mengsel
Laat die mengsel goed koud word en meng dan die chocolate chip by – die rede hiervoor is – jou sjokolade gaan smelt as jou mengsel te warm is.
Skep nou lepels (omtrent eetlepel grootte) vol op ‘n gespuite bakplaat
Plaas in die vrieskas vir ‘n paar uur – of beter – oornag

Verhit oond 180 C en bak 11 tot 13 minute of tot gaar en goudbruin

 

EAT SUM MORE BISCUITS

Ingredients:
4 cups flour
1 cup icing sugar
2 cups butter, softened
1/4 teaspoon salt
Directions:

Mix all the ingredients together and roll (should look like a long sausage).
Cut into circles and place on a baking sheet.
Preheat the oven to 180°C and bake for about 10 minutes. If not totally baked, bake for another 10 minutes.
Makes 48

 

KAAS EN UIE BESKUITJIES

500ml koekmeel
4ml sout
2ml rooi peper as jy wil bietjie meer
1pakkie wit uie sop
6ml bakpoeier
120ml stork bake
300ml kaas gerasper
2 eier gele
100ml yswater.
Metode. Sif al die droe bestandele behalwe uie sop in n mengbak gooi dan soppoeier by,vryf botter met vingerpunte in meelnengsel en meng dan die kaas by,klits eiergele ligies saam die water en gooi oor die droe mengsel.Sny die vloeistof met n mes in die mengsel om n deeg te vorm.Verkoel vir 15min Rol deeg uit en druk uit met koekie drukker if sny in vingers.
Bak by 180 grade vir so 20min moenie te dik uitrol.

MEULE/KOEKIEDRUKKER KOEKIES: https://kreatiewekosidees.com/?s=meule+koekies

MEULE / KOEKIEDRUKKER

VRUGTEKOEKE:  https://kreatiewekosidees.com/?s=kersfees+vrugtekoeke

Beesboud/brisket/Beef roast


beef roast

 KNOFFEL BEESBOUD

(Boerekos : Dine van Zyl)

250 g spek

1 kop asyn

Sout

1,5 – 2 kg beesvleis

2 knoffelhuisies, of meer

sout en peper

½  kop meel

kookolie

125 ml warm water

Vir die sous:

1 eetl meel

2 kop water

Eintlik stop jou spek makliker as dit bevrore is. Behandel dit eers en sit dit dan in die vrieskas vir ‘n ruk. Sny die spek in repies van 5 mm dik en 5 cm lank en laat lê dit ‘n uur lank in asyn. Sprinkel nou sout oor en vries die spek.

Sodra die spek bevrore is, kan jy jou beesvleis begin stop. Vat ‘n skerp mes en maak diep snye in die vleis in die rigting waarin die vesels loop. Stamp twee knoffelhuisies fyn, en druk dit saam met die bevrore spekrepies in die gate in die vleis. Vryf die fyn sout oral om die vleis en jy marineer die vleis in ‘n skottel met die orige asyn waarin jy die spek laat lê het. Draai die vleis af en toe om.

Die volgende dag haal jy die vleis uit die asyn en vee dit goed af. Sout en peper die vleis goed en strooi meel oor. Verhit olie, so 5 mm diep, in ‘n swaarboomkastrol. Braai die vleis aan alle kante bruin in die warm olie. Voeg ‘n halfkoppie warm water by, sit die deksel op en verminder die hitte. Nou kan jy maar die vleis los dat dit gaar stoom. Dit sal ongeveer 2,5 uur lank duur. Jy kan die vleis een keer omdraai en teen die einde, wanneer jou vleis gaar is, kan jy die deksel afhaal en die vleis lekker bruin laat braai in die pot.

As jy nou ‘n bietjie sous by die vleis wil maak, dan gaan jy nou so te werk: lig die vleis uit die pot en hou dit warm. As die sous in die pot baie vetterig is, gooi dan die vet af. Roer ‘n bietjie meel in die orige vet en voeg water of water en rooiwyn by. Roer terwyl dit verhit word, sodat daar geen klonte vorm nie – daar het jy nou lekker sous.’

 BEEF ROAST IN DIE SLOW COOKER

1 Kg beesvleis braaistuk

1 koppie beesaftreksel

½ koppie balsamic vinegar

1 eetl wostersous

1 eetl soya sous

1 eetl heuning (of 2 eetl bruinsuiker)

1 na 2 uie gekap

½ tl crushed black pepper

Knoffel vlokkies na smaak

5 ure op hoog of 7 tot 8 ure op laag

Die beesstuk sal so lekker sag wees, dit trek sommer met die vurk uitmekaar.

Maureen Adendorff Van Os

OONDGEBRAAIDE BRISKET

1,5 kg brisket

SOUS

1 groot ui, fyn

2 knoffel, gekap

62,5 olie

250 ml tamatiesous

62,5 ml worcestersous

62,5 ml soyasous.

62,5 ml witasyn of suurlemoensap

125 ml water

25 ml heuning

5 ml mosterdsous

5 ml sout

5 ml mosterdpoeier

Verhit  oond 150 C.

Plaas vleis in gesmeerde oondpan.

Braai ui en knoffel vir 3 min. in olie

Voeg al die sous bestandele by en prut 10-15 minute.

Giet sous oor vleis.

Bedek en bak 2- 2 1/2 uur. Bedruip gereeld met die sous.

Verwyder die deksel of foelie die laaste 30 minute.

Skep vleis uit en roer bietjie kookwater by die sous indien dit te dik is

COCA COLA BRISKET:

Cola in the sauce helps tenderize brisket. Make the brisket the day before and reheat for best flavor.

Ingredients:

1 medium onion, peeled and quartered

1 two-inch piece fresh ginger, peeled

6 large cloves garlic

¼ cup Dijon mustard

½  cup dry red wine

1 to 1 ½  cups Coca-Cola or ginger ale

1 cup ketchup

¼  cup honey

¼  cup cider vinegar

¼ cup soy sauce

½ cup olive oil

¼ teaspoon ground cloves

1 Tablespoon coarsely ground pepper or to taste

1 six- to seven-pound first-cut brisket, rinsed and patted thoroughly dry

Preparation:

Heat oven to 350 degrees F.

Place onion, ginger, garlic, Dijon mustard, red wine, cola, ketchup, honey, cider vinegar, soy sauce, olive oil, cloves, and pepper into a food processor, and process with steel blade until smooth.

Place brisket, fat side up, into a heavy baking pan just large enough to hold it, and pour sauce over it. Cover tightly and bake for 2 hours. Turn brisket over and bake uncovered for one more hour or until fork-tender. Cool, cover brisket and refrigerate overnight in cooking pan.

The next day, transfer brisket to a cutting board, cut off fat and cut with a sharp knife against grain, to desired thickness. Remove any congealed fat from sauce and bring to a boil on top of stove.

Heat oven to 170 C Taste sauce to see if it needs reducing. If so, boil it down for a few minutes or as needed. Return meat to sauce and warm in oven for 20 minutes. Serve warm.

 

PERFECT ROAST BEEF

Jamie Oliver

1.5kg topside of beef

2 medium onions

2 carrots

2 sticks of celery

1 bulb of garlic

a small bunch of fresh thyme, rosemary, bay or sage, or a mixture

olive oil

sea salt and freshly ground black pepper

To prepare your beef:

Take your beef out of the fridge 30 minutes before it goes into the oven

Preheat your oven to 240°C/475°F/ gas 9

There’s no need to peel the vegetables – just give them a wash and roughly chop them

Break the garlic bulb into cloves, leaving them unpeeled

Pile all the veg, garlic and herbs into the middle of a large roasting tray and drizzle with olive oil

Drizzle the beef with olive oil and season well with salt and pepper, rubbing it all over the meat

Place the beef on top of the vegetables

To cook your beef:

Place the roasting tray in the preheated oven

Turn the heat down immediately to 200°C/400°F/gas 6 and cook for 1 hour for medium beef

If you prefer it medium-rare, take it out 5 to 10 minutes earlier

For well done, leave it in for another 10 to 15 minutes

If you’re doing roast potatoes and veggies, this is the time to crack on with them – get them into the oven for the last 45 minutes of cooking

Baste the beef halfway through cooking and if the veg look dry, add a splash of water to the tray to stop them burning

When the beef is cooked to your liking, take the tray out of the oven and transfer the beef to a board to rest for 15 minutes or so

Cover it with a layer of tinfoil and a tea towel and put aside while you make your gravy,

GEBAKTE BEESRIB

http://huisgenoot.com/kos/gebakte-beesrib/

1 kg beesrib (in 5 cm-stukke gesny)
sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml blatjang
30 ml Worcestersous
30 ml tamatiesous
40 ml olyfolie
Paar druppels suurlemoensap
4 groot aartappels
50 ml melk
botter
30 ml pietersielie

Voorverhit die oond tot 160 °C en geur die beesvleis met sout en peper en pak in ’n oondbak.

Meng die blatjang, Worcestersous, tamatiesous, olyfolie en paar druppels suurlemoensap en giet bo-oor die beesvleis.

Bedek met foelie en bak 40 minute.

Verwyder die foelie en bak nog sowat 20 minute of tot gaar en bros.

Skil intussen die aartappels, sny in blokkies en kook in soutwater tot sag.

Dreineer en druk fyn met ’n aartappeldrukker.

Roer die melk, botter en pietersielie by en sit voor saam met die beesrib en vars slaai.

GARLIC ROAST BEEF
Ingredients: 

1 to 1 ½  kg roast or eye round, all fat trimmed off

3-4 cloves garlic, cut into thin slivers

olive oil spray

kosher salt, to taste

fresh cracked pepper, to taste

2 tsp dried rosemary

meat thermometer

Directions:

Remove the roast from refrigerator 1 hour before cooking to reach room temperature.Trim all the fat off the meat. Using a sharp knife, pierce meat about 1/2-inch deep and insert slivers of garlic in each hole, pushing all the way in. Lightly spray the meat with olive oil and season generously with salt, pepper and rosemary. Place the thermometer all the way into the center of the meat.

Preheat oven to 180C. When the oven reaches 180C, place the roast in a roasting pan and put in the oven.

Roasuntil the thermometer reads 130° for rare, 140° for medium rare, 150° for medium, and 155-160° for well done. Remove the roast from the oven and let it rest 10-20 minutes before you cut it so that the juices distributed evenly. I personally remove my roast beef from the oven when it is 135° for medium rare. The temperature will rise an additional 5 degrees as it sits.

Adapted: skinnytaste.com

 

Tong/Beestong


 

tong resepte

HOE OM GEPEKELDE BEESTONG GAAR TE MAAK
1 beestong
3 koppies rooiwynasyn
2 knoffelhuisies, gekap
olyfolie
koppie pietersielie, gekap
teelepel basilie, gekap
takkie roosmaryn
peper
sout
Metode:
Plaas dit in n pan met net genoeg water om dit te bedek. Bring dit stadig tot kookpunt en kook vir 45 minute.
Meng bietjie olyfolie met die res van die bestandele.
Wanneer die tong afgekoel is sny jy al die vet af en trek die vel van die tong af.  Maak fyn snytjies oor die hele tong en smeer die kruiemengsel
oor. Bedek en plaas in die yskas vir vier dae.
Verwyder dit uit die yskas omtrent een uur voor jy dit gaan bedien.

tong

Laat jou tong eers effe afkoel en trek dan die vel af.

 

 

Rencia Odendaal Pretorius

BEESTONG MET MOSTERDSOUS

1 kg beestong

1 klein ui

1 klein geelwortel

vars seldery of pietersielietakkies

knippie sout

4 peperkorrels

2 heel naeltjies

Sous:

125 ml suiker

60 ml mosterdpoeier

30 ml koekmeel

250 ml kookwater

250 ml mayonnaise

125 ml witasyn

sap van 1 suurlemoen

vars broodkrummels

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot

sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in

skywe en pak in ‘n oondvaste bak.

Stel oond op 160°C.

Vir die sous:

Meng die droë bestanddele

saam en voeg die res – buiten die broodkrummels – by. Kook stadig deur oor lae

hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak

25 – 30 minute.

 

TONG IN APPELKOOSSOUS

2 sout beestonge

Wortelskyfies

1 lourierblaar

1 groot ui in skywe gesny

SOUS:

1 groot blik ingelegde appelkose

190ml bruinsuiker

5ml droë mosterd

125ml wit druiwe asyn

3ml sout

1 blokkie beesboeljon

85ml sultanas

Aromat

15ml meel en water om pasta te vorm.

Laat prut tong vir 1uur lank. Voeg ui lourier blaar en

wortels by en prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit

eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd, sultanas asyn

en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is voeg 1 boeljonblokkie

by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en roer sodat die sous nie vasbrand

nie. Sny tong in skywe en voeg by sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening. Bedien

10 tot 12 persone.

 

BEESTONG IN TAMATIE-SAMPIOENSOUS

 1 vars of gepekelde beestong 1 groot ui, fyngekap

30 ml kookolie 1 x 285g heel sampioene

125 ml tamatiesous 125 ml asyn

30 ml suiker 10 ml aangemaakte mosterd

10 ml sout 1 ml peper

As ‘n gepekelde tong gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word.Bedek die tong met vars koue water en kook dit tot sag – sowat 40 minute in ‘n drukkastrol. Laat die tong in die tong-aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel van 20 x 20 cm.

Braai die ui in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 – 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies.

Bak die tong 30 minute lank by 180ºC. Lewer 6 – 8 porsies.

BEESTONG:

Kook jou tong gaar in water, sout en pickling spices en 25 ml bruinsuiker – Laat koud word trek vel af en sny in dun snye – Sous: 25 ml kookolie , 25ml meel, 50ml mosterdpoeier, 125ml suiker, 2 ml sout, 250ml kookwater, 50ml wit asyn, 250ml mayonaise, sap van 1 suurlemoen, vars wit broodkrummels, Meng olie, meel mosterd suiker sout en kookwater in pot op stoof tot gladde pasta Haal van stoof af – roer asyn mayonaise en suurlemoensap by, Pak nou die tong in lae met ‘n sousie tussen elke lagie. Eindig af met die broodkrummels en bak vir 30 min op 180 grade

 

Deur: Huisgenoot

Deur: Huisgenoot

GEBAKTE MOSTERDTONG

Deur: HUISGENOOT

Hierdie is ’n lesersresep van G.M. Ehlers van Witpoortjie, Johannesburg en dié gereg is al meer as 30 jaar lank in hul familie.

Genoeg vir 6 Mense
Bereiding: 15 minute
gaarmaaktyd: 45 minute

SOUS
30 ml (2 e) olie
60 ml (¼ k) mosterdpoeier
125 ml (½ k) suiker
2 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) mayonnaise
sap van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) wit druiwe-asyn
30 ml (2 e) koekmeel

TONG
2 gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny (SIEN WENK)
125 ml (½ k) sagte broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180 °C.

SOUS Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.
TONG Pak die tongskywe in ’n oondvaste bak en giet die sous oor. Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.

WENK

Maak die tong so gaar:

Bedek dit met koue water. Voeg ’n kruiesakkie, 1-2 wortels, 1-2 uie, 1-2 selderystokkies en 1-2 peperkorrels by. Laat kook, verlaag die hitte en kook sowat 3 uur tot sag. Dompel in koue water en verwyder die vel terwyl die tong nog warm is. As jy die tong in die kookvloeistof laat afkoel, proe dit beter.

 

SOET EN SUUR SOUS VIR TONG
250ml Asyn
250ml bruinsuiker
6 gemmerkoekies goed gekrummel
30ml suurlemoensap
125ml [75g] rosyne
2ml kaneel [nie te veel nie]opt.
8 heel naeltjies
1 loulierblaar
1 klein ui in dun skyfies gesny
3ml sout
Swartpeper

Metode:
Meng alles en prut vir so 10min.
Verwyder naeltjies en lourierblaar.

 

 SOUS VIR BEESTONG

1 Koppie water

25 ml Asyn

25 ml Suurlemoensap

25 ml Blatjang

6 tl Bruinsuiker

12,5 ml Koekmeel

5 ml Mosterdpoeier

½ koppie Rosyne

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

2 Gemmerkoekies

Metode

Gooi alles behalwe ¼ koppie water en

koekmeelblom in ‘n kastrol en roer

tot opgelos. Wanneer warm verdik met

koekmeelblom en prut stadig tot gaar.

Gooi oor gesnyde tong en bedien.

 

 

Kalkoen/Turkey


 

Sanelle Strydom
Chicken/Turkey STUFFING

Bread Crumbs
Green Pepper/Red/Yellow, chopped
Bacon Pieces
Onion chopped
Any green herbs=mixed herbs/thyme/origanum fresh or dried
Egg
Salt and Pepper to taste

Mix all together
Stuff the chicken or turkey
Tie up chicken or turkey legs so that the stuffing does not come out while cooking.
Bake chicken or turkey as normal in the oven.

 KALKOEN

Bestandele

* 1 Eetlepel gerasperde lemoenskil
* 1 Eetlepel pluimvee speserye
* ¼ Koppie Bruin Suiker
* Kookvetsproei
* ¾ Koppie Lemoensap
* 1 of 2 Uie
* 1 Vars of ontvriesde Kalkoen (± 12lb – ± 6-7kg)
* 1 Lemoen
* ¼ Teelepel Sout
* ¼ Teelepel Peper

Aanwysigings
Meng die lemoensap en Bruin Suiker in ‘n klein kastrolletjie en bring net tot kookpunt. Sit eenkant en laat afkoel.
Voorverhit die oond tot 375°F (190° C)
Haal die hart, maagie die lewer, en die nek uit die Kalkoen en sit opsy.
Was die Kalkoen deeglik onder koue water, binne en buite, en maak droog.
Bind die pote oor die stuitjie vas. Lig die vlerke op, vou terug en onder die kalkoen in soos gewoonlik met hoender.
Sprinkel en vryf nou die speserye, 1 eetlepel gerasperde lemoenskil, sout en peper binne in die holte en bo-oor die kalkoen, goed in.
Stop die lemoenkwarte en die uikwarte in die kalkoenholte.
Hier is ‘n goeie wenk vir uie wat in die holte van Kalkoen, hoender of eend geplaas word : Sit die uie kwarte, ‘n huisie knoffel en ‘n paar druppels olyfolie
Met ‘n knippie speserye en knippie suiker, in ‘n bakkie met dêksel in die mikrogolf vir een minuut en plaas daarna in die holte.
Plaas die voorbereide Kalkoen nou op die vetbesproeide rak van die oondbraaipan.
Bak die Kalkoen in die oond teen 375°F (190° C) vir 45 minute
Bedruip die kalkoen elke halfuur of so met die lemoensap.
Sit foelie liggies oor kalkoen
Bak die kalkoen vir 2 uur en 15 minute totdat dit gaar is – indien u ‘n vleistermometer gebruik sal dit 180° toon.
Haal die kalkoen uit die oond, sit op ‘n warmbord en hou warm.
Maak sous met die aftreksel uit die braaipan soos volg:

SOUS:
Terwyl die Kalkoen bak, braai die hart, magie, lewer, en die nek saam met fyngekapte ui (ek sit altyd ‘n tikkie suiker by uie wat braai)
Voeg by die pan en kook saam
3 koppies hoenderekstrak
1 wortel gekap
Selery stokkie gekap
Paar heel peperkorrels en lourier blaar
Vars kruie (opsioneel)
Sout en Peper na smaak
Wanneer Kalkoen gaar is en uit die oond en pan verwyder is, strooi so 1 Eetlepel meel oor die pan, sal so effens bruin word. Gooi nou bogemaakte sous deur ‘n sif in die braaipan en skraap, om al die lekker bruin gedeeltes by te bring, laat effens prut op die stoof. Gooi weer deur ‘n sif in ‘n kastrol en voeg 2 eetlepels lemoensap by en verhit tot warm en effens verdik. Slegs ‘n paar druppels lemoenlikeur, whiskey of brandewyn kan ook bygevoeg word vir ekstra geur. (Ek sit soms rooidruiwe korrels van ‘n druif wat ons hier kry in die sous – baie lekker).

KALKOEN POTJIE

Geskryf deur: chefsharkie

Met komplimente van Boerkos.com

250 ml koekmeelblom
5 ml sout
5 ml swartpeper
5 ml gemengde, gedroogde kruie
1.5 kg kalkoen dye en boudjies, gesny in skywe
75 ml olyfolie
3 heel knoffelhuisies
6 takkies vars roosmaryn of 10 ml gedroogde roosmaryn
500 ml witwyn
50 ml brandewyn
2 groot uie, fyn gekap
1 en ‘n half groen soetrissie, fyn gekap
250 ml spekvleis, gesnipper
5 ml gekapte knoffel
1 hoenderaftreksel blokkie
125 ml warm water
30 ml suurlemoensap
1 pak ontpitte groen olywe, gesny
410 g gekapte tamaties met oreganum en basielkruid (1 blikkie)
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
125 ml vars, gekapte pietersielie

Meng die koekmeelblom, sout, peper en kruie saam en bedek die kalkoen porsies daarmee. Verhit die olyfolie en voeg die knoffelhuisies by asook die helfte van die roosmaryn. Verbruin die vleis en haal dit uit. Giet die witwyn en die brandewyn in die pot. Voeg die gekapte ui, soetrissie en spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die gekapte knoffel by en roer dit deur. Voeg die vleis by. Los die aftrekselblokkie in die warm water op en voeg dit by. Voeg die suurlemoensap by. Plaas die deksel op en laat dit prut vir 30 minute lank. Voeg die olywe, tamaties, sout en vars gemaalde swartpeper by. Voeg die res van die roosmaryn by, plaas die deksel op en prut vir ‘n verdere 40 minute lank. Strooi die pietersielie oor en bedien met pasta of kapokaartappels.

Wenk
Hierdie resep kan ook op die stoof gemaak word.
Die kalkoen kan ook vervang word met hoenderdye of met haasvleis.

KALKOEN IN DIE WEBER

Deur Herman Lensing, SARIE – Desember 2010

(8 – 10 porsies)

  • 500 g sagte botter
  • hand vol tiemie, roosmaryn, salie en pietersielie, gekap
  • 5 knoffelhuisies, gekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 3 heel suurlemoene, gehalveer
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 6 rooi-uie, in kwarte gesny
  • 4 knoffelknolle, in breedte gehalveer
  • 1 kalkoen (die een op die foto was so 2,5 kg)

Meng botter, kruie, knoffel en sap en skil van suurlemoen. Maak vel op kalkoen se bors los met jou vingerpunte. Druk helfte van bottermengsel onder vel in en versprei eweredig. Sit halwe suurlemoene in kalkoen se karkas en bind bene stewig aan mekaar vas met kombuistou. Sit kalkoen in oondpan wat in Weber sal pas en smeer res van bottermengsel oor. Gooi aftreksel, rooi-uie en halwe knoffelknolle in die pan. Sit in ‘n Weber met medium-warm kole en plaas deksel bo-op. Die gaatjies van die Weber moet half oop wees, anders smoor die kole dood. Laat stadig bak vir 3 uur. Maak elke uur oop en skep van die pansouse oor kalkoen. Jy sal ook ‘n aparte vuur moet maak vir ekstra kole om elke uur die kole in die Weber aan te vul.Om te kyk of kalkoen gaar is, druk ‘n mes in op die dikste deel van die vleis by die dye. Hou in vir 15 sekondes. As die mes se punt baie warm is en die sap wat uitloop helder is, is die kalkoen gaar. Haal uit roosterpan en plaas op opdienbord. My ma het altyd die bene vasgebind met ‘n mooi rooi strik, en ek doen dit ook nog. Skep groente uit pan en sit voor saam met kalkoen.

Wenk: As jy ‘n kalkoen koop, sal jy sien daar is ‘n rooi plastiekknoppie op die borsgedeelte. Los dit in, want sodra die kalkoen gaar is, spring die knoppie uit!

KALKOEN

Die Kerskalkoen word nie met die vulsel gestop nie. Dit word apart gebak en dan net saam met die kalkoen en sous voorgesit.

1 kalkoen van 5-7 kg, ontdooi indien gevries, goed skoongemaak

Voorverhit die oond tot 150 °C. Spoel die kalkoen goed af (binne en buite) en druk goed droog met kombuispapier. Geur goed
met sout en peper (binne en buite). Sny twee suurlemoene in stukkies en voeg ‘n handvol vars tiemie en pietersielie by. Vul
die kalkoen se maaggedeelte daarmee en bind die kalkoen op met tou. Smeer ‘n diep oondbak goed met ‘n mengsel van olyfolie en botter. Sny die uie in skywe en pak dit in ‘n enkellaag in die oondbak om ‘n “bed” te vorm waarop die kalkoen in die oond rus. Sprinkel ‘n paar tiemietakkies oor die uie en geur goed met sout en vars gemaalde swartpeper. Druk ‘n ekstra suurlemoen oor die ui-en-kruiebed uit. Giet ‘n koppie (250 ml) hoenderaftreksel bo-oor. Sit die kalkoen bo-op neer en smeer goed met sagte botter. Bedek en bak vir ongeveer 3-3 ½ uur, of tot gaar. (Toets vir gaarheid deur ‘n toetspen of sosatiestokkie in die dikste deel van die vleis te druk. As die sappe wat uitloop helder is, is die kalkoen gaar). Haal uit die oond en laat rus vir 30 minute, voor die deksel afgehaal word. Haal die deksel af en laat afkoel. Sit die kalkoen op ‘n dienbord en smeer met ‘n mengsel van sagte botter, sout, peper en heuning. Oondrooster net voor ete vir 20-30 minute (teen 190 °C tot 200 °C) tot ‘n diep, goue kleur.

Vulsel
250 g vars witbroodkrummels
12 middelslag-varkworsies, vleis uit worsderms gedruk
1 groen appel, geskil, ontpit en grof gerasper
3 knoffelhuisies, fyn gekap
100 g lig geroosterde amandels, grof gekap
60 ml gekapte, vars pietersielie
45 ml gekapte tiemieblaartjies
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
4 eiers, geklits
60 ml gesmelte botter
Meng die broodkrummels, varkworsievleis, appel, knoffel, amandels, pietersielie, tiemie, sout en peper goed saam. Roer die geklitste eiers en gesmelte botter by. Skep die mengsel in ?n gesmeerde brood- of koekpan en bedek met foelie. Verkoel tot benodig en bak (net voor ete) vir 30 minute tot gaar. Sny in skywe of blokkies en sit saam met die kalkoen en sous voor.
Sous
Wanneer die kalkoen op die dienbord gesit word, sit die roosterbak (met al die pansouse en uie) op ‘n warm stoofplaat en
verhit tot kookpunt. Sprinkel 60 ml koekmeel oor, verhit tot kookpunt en voeg nog 250 ml hoenderaftreksel asook 250 ml port by. Kook, terwyl geroer word, tot verdik en gaar. Verpulp tot glad, geur na smaak en voeg ‘n skeut room by, indien verkies.

Turducken


TURDUCKEN6

Roast Turducken with Figs & Plums by Nataniël
(deboned chicken, duck and turkey roast)

Ingredients
•1 Turducken, defrosted (4-5kg each) (exclusive to Checkers)
•1 cup marmalade
•6–8 fresh, firm plums
•6–8 ripe figs
•Golden syrup in a squeeze bottle
•Toothpicks

For the Boozy Berry Sauce:
1 x 350 g jar of stem ginger in syrup
•500 g cranberries or any red berry
(avoid dark berries- blueberries, tayberries, mulberries)

•defrost slightly if using frozen berries
•1 cup port

Preparation Oven
For the turducken:

Preheat the oven to 180 ºC. Place Turducken in a large roasting tray and cover with 2 layers of foil. Roast at 180 ºC for 3 ½ hours. Take out of the oven and remove the foil. Rest for 10 minutes.

For the glazing:
Increase the oven temperature to 200 ºC. Remove the Turducken net – use a pair of scissors to help you. Brush all over with the marmalade to make a sticky surface. Slice plums and figs and paste the slices onto the bird. Use toothpicks to spear fruit and keep them in place. Drizzle over some syrup and put back into the 200 ºC oven for 30 minutes. Check the roast every 5 minutes to make sure it’s not burning. Drizzle with syrup every 10 minutes to produce a glossy finish. Remove from the oven, take out the toothpicks and carve. Serve on a platter decorated with fig leaves, fresh figs and plum halves. Pass berry sauce around in a gravy boat.

Preparation Weber

For the turducken:
Place about 2 stacks of charcoal along the sides of the Weber and position a drip tray above this. Once the charcoal has reached the right heat, wrap your Turducken in foil, place on the drip tray and close the Weber’s lid. Be sure to leave the air vents open to create suction and check on your Turducken regularly so it does not overcook. After 2-3 hours of cooking time, test the Turducken by poking it with a thin skewer. If the juices run clear then you know that it’s ready.

For the glazing:
Unwrap your Turducken from the foil and generously glaze it with the marmalade to make a sticky surface. Slice plums and figs and paste the slices onto the bird. Use toothpicks to spear fruit and keep them in place. Drizzle over some syrup and put back into the Weber for about 30 minutes, drizzle with syrup every 10 minutes to produce a glassy finish. Remove from the Weber and let it rest for a few minutes before carving. Serve on a platter decorated with fig leaves, fresh figs and plum halves.

Preparation Sauce

For the boozy berry sauce:
Drain the syrup from the ginger and reserve. Put stem ginger and berries in a food processor and whizz to purée. Tip into a pot over a medium heat and add the port and reserved ginger syrup. Simmer for 20 minutes, stirring occasionally, until thick and glossy. Sieve if you want a smooth gravy. Season to taste and serve with the roast.

Preparation time: 5 hours

Cooking Instructions for TURDUCKEN

ADAPTED FROM: http://www.theoriginalturducken.com/cooking-instructions

Cooking your Original Turducken

To defrost, you can simply thaw your Turducken in the refrigerator for 5 days or for rapid thawing place in sink or bucket with running cool water for 24 – 36 hours.

1. Low Temperature Cooking – Conventional Oven (Most Popular Method)

Heat oven to 220°F.  Place the bird on a rack and put it in an oven pan and set it in the centre of the oven and bake until internal temperature exceeds 165°F.
Cooking time: Internal temperature is the best indicator.  As long as it takes for the internal temperature to exceed 165°F is how long it takes for your turducken to cook.  Please allow approx. 60 – 75 mins per kilogram. e.g. a 5 kg Turducken may take up to 7 hrs.

Note: there’s no need to baste or cover with foil, although many of our customers do prefer to have their turducken covered in foil for the first 2 – 4 hours of cooking.  If bird is not elevated on a rack, accumulated drippings may have to be removed from the pan every few hours so that the lower portion does not deep fry in the hot oil.

2. Slow Cooker – ‘Crock Pot’

Set slow cooker to ‘high’.  Place your turducken inside and close the lid.  After 1.5 -2hrs change setting to ‘low’ and cook until internal temperature exceeds 165°F.
Cooking time: Internal temperature is the best indicator.  As long as it takes for the internal temperature to exceed 165°F is how long it takes for your turducken to cook.  Please allow approx. 60 – 75 mins per kilogram. e.g. a 5 kg Turducken may take up to 7 hrs.

3. Barbeque – Outdoor Grill

Ensure propane tank is full.  Light grill.  For best results keep one burner switched to OFF. (Ex, one a two burner BBQ keep one side off; on a three burner BBQ keep the middle burner off.)  Bring temperature inside grill up to a constant 220°F.  Place foil wrapped turducken directly above the burner that has been switched off so it is not over direct flame. Close lid and cook until internal temperature exceeds 165°F.
Cooking time: Internal temperature is the best indicator.  As long as it takes for the internal temperature to exceed 165°F is how long it takes for your turducken to cook.  Please allow approx. 60 – 75 mins per kilogram. e.g. a 5 kg Turducken may take up to 7 hrs.

Note:  Many BBQs are difficult to ensure a constant temperature.  Check frequently for high flames and flare ups.  Check internal temperature often.

4. High Temperature Cooking – Conventional Oven

Heat oven to 350°F.  Place the bird on a rack and put it in an oven pan, or if you don’t have a rack – cut up a couple of carrots, onions and celery, put in an oven pan, place your Turducken on top of the veggies, add some white wine and water in and set it in the centre of the oven and bake until internal temperature exceeds 165°F.

Cooking time:  Internal temperature is the best indicator.  As long as it takes for the internal temperature to exceed 165°F is how long it takes for your turducken to cook. Please allow approx. 30 – 45 mins per kilogram. e.g. a 5 kg Turducken would take up to 4 hrs.

Note:  Using a high temperature we recommend basting the Turducken during its roasting time every ½ hour to keep it nice and moist. Use its own drippings mixed with water and white wine.

IMPORTANT NOTES:

Your Turducken is fragile when hot. This bird has no bone structure to hold it shape. Be sure to keep it on or in it’s cooking container. Remove the Turducken carefully from the oven/grill/slow cooker cover immediately in foil and allow it to rest for at least 30 min before moving or serving. Meanwhile, you may want to make some gravy with some of the drippings. With strong spatulas inserted underneath (remember there are no bones to support the bird’s structure), carefully transfer the Turducken to a serving platter or cutting board. Remove the stitching by pulling on one end of the twine while holding the Turducken and present it to your guests before carving. Be sure to make your slices crosswise so that each slice contains all three meats. Please refer to carving diagram on the label.

Please calculate approx. 0.3 – 0.4 kg per person.

Cooking your Turducken Premium Roast

To defrost, you can simply thaw your Turducken Premium Roast in the refrigerator for 3 – 4 days or for rapid thawing place in sink or bucket with running cool water for 24 – 30 hours.

1. Low Temperature Cooking – Conventional Oven (Most Popular Method)

Heat oven to 220°F.  Many prefer to cover or wrap roast in foil, but this is not necessary. Place the roast on a rack and put it in an oven pan and set it in the centre of the oven and bake until internal temperature exceeds 165°F.
Cooking time: Internal temperature is the best indicator.  As long as it takes for the internal temperature to exceed 165°F is how long it takes for your turducken to cook. Approx 5 – 6.5 hrs.  e.g. a 3 kg / 6.5 lb Roast may take up to 6.5 hrs.

Note: there’s no need to baste, or cover with foil although many of our customers do prefer to have their roast covered in foil for the first 2 – 4 hours of cooking.  If roast is not elevated on a rack, accumulated drippings may have to be removed from the pan every few hours so that the lower portion does not deep fry in the hot oil.

2. Slow Cooker – ‘Crock Pot’

Set slow cooker to ‘high’.  Place your roast inside and close the lid.  After 1.5 -2hrs change setting to ‘low’ and cook until internal temperature exceeds 165°F.
Cooking time: Internal temperature is the best indicator.  As long as it takes for the internal temperature to exceed 165°F is how long it takes for your roast to cook. e.g. a 3 kg / 6.5 lb Roast may take up to 6.5 hrs.

3. Barbeque – Outdoor Grill

Ensure propane tank is full.  Light grill.  For best results keep one burner switched to OFF. (Ex, one a two burner BBQ keep one side off; on a three burner BBQ keep the middle burner off.)  Bring temperature inside grill up to a constant 220°F.  Place foil wrapped roast directly above the burner that has been switched off so it is not over direct flame. Close lid and cook until internal temperature exceeds 165°F.

Cooking time: Internal temperature is the best indicator.  As long as it takes for the internal temperature to exceed 165°F is how long it takes for your roast to cook.  e.g. a 3 kg / 6.5 lb Roast may take up to 6.5 hrs.

Note:  Many BBQs are difficult to ensure a constant temperature.  Check frequently for high flames and flare ups.  Check internal temperature often.

4. High Temperature Cooking – Conventional Oven

Heat oven to 350°F.  Place the roast on a rack and put it in an oven pan, or if you don’t have a rack – cut up a couple of carrots, onions and celery, put in an oven pan, place your roast on top of the veggies, add some white wine and water in and set it in the centre of the oven and bake until internal temperature exceeds 165°F.

Cooking time:  Internal temperature is the best indicator.  As long as it takes for the internal temperature to exceed 165°F is how long it takes for your roast to cook. e.g. a 3 kg / 6.5 lb Roast may take up to 4 hrs.

Note:  Using a high temperature we recommend checking the internal temperature often as well as basting the roast during its roasting time every ½ hour to keep it nice and moist. Use its own drippings mixed with water and white wine.

IMPORTANT NOTES:

Your Turducken Premium Roast is fragile when hot. This roast has no bone structure to hold it shape. Be sure to keep it on or in it’s cooking container. Remove the roast carefully from the oven/grill/slow cooker cover immediately in foil and allow it to rest for at least 30 min before moving or serving. Meanwhile, you may want to make some gravy with some of the drippings. With strong spatulas inserted underneath (remember there are no bones to support the roast’s structure), carefully transfer the roast to a serving platter or cutting board. Remove the netting by making a cut with scissors down the middle and then carefully peel back.  You may wish to present it to your guests before/while carving. Be sure to make your slices crosswise so that each slice contains all three meats.

 

http://www.theoriginalturducken.com/cooking-instructions

KERSFEES VLEISE


KERSFEES VLEISE

christmas 355

TONG:

https://kreatiewekosidees.com/?s=tong

SKAAPBOUD: 

https://kreatiewekosidees.com/?s=skaapboud

LAMSBOUD:

https://kreatiewekosidees.com/?s=Lamsboud

HOENDERPASTEIE:

https://kreatiewekosidees.com/?s=hoender+pastei

HOENDER HEEL:

https://kreatiewekosidees.com/?s=hoender+heel

TURDUCKEN:

https://kreatiewekosidees.com/?s=Turducken

KALKOEN:

https://kreatiewekosidees.com/?s=kalkoen

BEESBOUD/SILVERSIDE /BEEF ROAST:

https://kreatiewekosidees.com/?s=Beesboud

VARKBOUD: GAMMON:

https://kreatiewekosidees.com/?s=varkboud

EEND/DUCK

https://kreatiewekosidees.com/?s=eend

MOSTERDSOUS VIR JOU KOUE VLEISE:

https://kreatiewekosidees.com/?s=mosterdsous

 

Hertzoggie koekies


 

Foto en Resep: SPAR

Foto en Resep: SPAR

HERTZOGGIES
(Spar)

500 ml cake flour (240g)
10 ml baking powder
pinch salt
25 ml sugar
125 g margarine
3 large eggs, separated
40 ml cold water

Topping:
200 ml white sugar (160g)
400 ml coconut (135g)
Apricot Jam
Egg whites from above 3 eggs separated

Method
Pre-heat the oven to 180° C. Lightly coat 18 patty-pan cavities with cooking non-stick spray.
Sift flour, baking powder and salt into a bowl. Rub in the margarine thoroughly.
Add in sugar, followed by the egg yolks and water, working lightly to bind together to form a ball of firm but pliable pastry.
Roll out the pastry fairly thinly on a floured worktop, and cut out 7cm diameter rounds.
Gently press them into the prepared patty-pans, and spoon a scant teaspoon of jam into the base of each.
Beat the egg whites until stiff.
Fold the sugar and coconut into the egg white.
Spoon generous dessertspoons of this topping over the jam, to cover completely.

Bake for 20 minutes.

Hints and Tips
Use this recipe to bake one large tart measuring 23 cm diameter.
Give the jam a rapid stir before scooping into the pastry cases; it thins the consistency somewhat, making the spreading into the small bases easy.
Do not be over-generous with the jam which may bubble its way through the topping if too liberal and spoil the look of the baked tartlets.

 

HERTZOGGIES

1 packet frozen short crust pastry

1 bottle/tin smooth apricot jam
2 egg whites
100g caster sugar
1/2 teaspoon vanilla essence
4 tablespoons desiccated coconut

The process

heat your oven to 180 Celsius and spray your tart tray with spray and cook. Use a shallow tray not a muffin tray.

Flour a surface and your rolling pin lightly and roll out the pastry to about 3/4mm thick. Use a glass or round cutter to cut rounds to line the tray. use a fork to prick holes in the base and then put the tray into the oven for about 10 minutes or so until the bases are lightly browned.

You will be smelling that home baking smell and wondering why it has taken you so long to discover frozen pastry!

Remove the tray from the oven and allow them to cook in the tray while you make the meringue mixture.

Best the egg whites to stiff peaks and then add the caster sugar in 3 lots, beating well each time. Then add the vanilla essence and give it a last good beating. It should be glossy now. finally add the coconut and use a spoon or spatula to fold in the coconut, don’t beat it!

Fill each pastry case with the apricot jam to about 2/3 full and then place a nice dollop of the meringue mixture on top.

Pop the tray back into the oven for about 20 minutes until the meringue is crisp and slightly browned.

If you can… let them cool for a while before eating, the jam burns like hell and it allows the meringue to crisp up.

 

LUI HERTZOGGIES – uit Top 500 Wenresepte

KORS:

500 ml (2 k) koekmeelblom

10 ml (2 t) bakpoeier

knippie sout

125 g botter

125 ml (1/2 k) suiker

1 ekstragroot eier, effens geklits

fyn appelkooskonfyt

BOLAAG:

3 eierwitte

300 ml (1 1/4 k) strooisuiker

500 ml (2 k) klapper

5 ml (1 t) vanieljegeursel

METODE:

Voorverhit oond tot 180. Spuit bakplaat van 33 x 23 x 2 cm. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits die botter en suiker tot sag en romerig. Voeg die eier by en ook die droe bestanddele lepelsgewys. Meng goed. Druk die deeg in die voorbereide bakplaat vas en laat 15 minute lank in die yskas staan. Smelt appelkooskonfyt en smeer oor die deeg.

Bolaag: Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by terwyl aanhoudend geklits word. Voeg die klapper by en vou saam met die vanieljegeursel in. Skep in ‘n spuitsak en spuit rosies bo-op die appelkooskonfyt, of smeer oor die appelkooskonfyt. Bak 20 – 25 minute lank in die voorverhitte oond of tot die punte van die rosies begin verkleur. Laat effens afkoel en sny in blokkies of vingers. Bere in Lugdigte houer. Lewer +- 40 blokkies.

 

HERTZOGGIES

Die resep is een van Huisgenoot se wenresepte
KORS:
250g sagte botter
190ml suiker
5ml vanielje
750ml koekmeel
10ml bakpoeier
Knippie sout
3 eiers (geskei)
VULSEL
400ml appelkooskonfyt
375ml suiker
70g botter
3 eierwitte
5ml vanieljegeursel
Knippie sout
500ml klapper
METODE
Voorverhit oond tot 180 grade
KORS
Klits botter en suiker tot lig
Voeg eiers 1 v 1 by terwyl aanhoudend geklits word
Voeg vanielje by
Sif droe bestanddele saam
Voeg by die suikermengsel
Meng goed met jou hande tot sagte deeg
Bedek met kleefplastiek en verkoel 15min in yskas.
Rol 3mm dik uit
Druk sirkels uit,plaas in kolwyntjiepanne. Prik bodem
VULSEL
Skep sowat 10ml appelkooskonfyt in elke deegsirkel
Klits suiker en botter tot romerig
Voeg eiergele een vir een by terwyl aanhoudend geklits word
Voeg vanielje, sout en klapper by en meng goed
Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou in mengsel
Skep 15ml op die appelkooskonfyt
Bak 10 min en verlaag temp tot 160 grade
Bak nog 7 tot 10 min tot ligbruin
Laat effens afkoel, maak liggies los en keer uit op draadrakkie,
Bolaag
Meng die kondensmelk, botter en suiker in ‘n swaarboomkastrol
Klop dit vir sowat 10 min aanhoudend oor ‘n lae tot medium hitte tot die mengsel begin verdik en goudbruin raak
Haal dit van die plaat af en smeer dit oor die onderlaag
Sprinkel neute oor en druk dit liggies vas
Sit in yskas en laat dit stol voor jy dit in blokkies sny

 

 

KERSFEES SLAAIE


slaai-7-lagies

 ERTJIE LAGIESLAAI

Hierdie resep het eintlik GEEN RESEP nodig nie – jy kan die slaai maak so groot of klein soos jy wil. Hier is ‘n aanduiding van hoeveel jy kan gebruik

1 Blaarslaai – fyn opgekap en goed afgedroog

1 blomlool – fyn opgekap

1 ui – fyn opgekap

2 stokkie seldery – fyn opgekap (ek het die gelos)

1 Greenpepper – fyngekap

500gr bevrore ertjies (gebruik net so gevries)

2 kop mayonnaise

250gr spek – bros gebraai (ek het sommer bacon-bits gebruik)

Gerasperde kaas

Begin deur die ½ de van die blaarslaai onder in die bak te pak

Gebruik alles helfte sodat jy 2 lae kan pak

Pak dan lagies ertjies gevolg deur al die ander bestanddele

Gooi 1 kop mayo oor

Begin weer lagies pak

Eindig af met die spek kaas en mayo

Die slaai is heerlik as dit oornag staan

Myne was 2 dae in die yskas en dit was nogsteeds Heerlik !!!!!

‘n Dame by die funksie het genoem dat sy by haar slaai ook komkommerstukkies en pitmielies ingooi

ertjie slaai,,,,

ertjieslaai.... 2

RENS SE AARTAPPELSLAAI

Kook aartappels tot gaar en sny in ringe of blokkies

Maak sous van:

Mayonaise, kondensmelk, bladjang, mosterd, sout, gemaalde swartpeper en bietjie melk

Dan meng ek die volgende by my aartappels,

1 groot ui fyngekap

Greenpepper fyn gekap (opsioneel)

3 Hardgekookte eiers in skywe gesny

Pynappel stukke of jy kan ook die mousse gebruik (dreineer sap af)

Gerkins fyngekap

Blokkies kaas

Gebraaide stukkies spek (opsioneel maar baie lekker)

Meng dan alles lekker deur en bewaar in die yskas. Net voor jy dit opdien, meng weer lekker deur en sprinkel vars pietersielie en spruituie oor of gedroogde pietersielie.

Die slaai is baie lekker as dit vir tenminste ‘n dag in die yskas gestaan het.

My ouma het dit altyd so gemaak, sny jou aartappels in plat skywe, dan pak jy alles  in lae ‘n mooi glasbak en eindig af met die crushed pynappel en pietersielie.

*

AARTAPPELSLAAI

8 medium aartappels in die vel

5 ml sout

knippie mosterdpoeier

Suurlemoensap en swart peper na smaak

½ koppie (125 ml) mayonnaise

½ koppie (125 ml) gewone lae-vet jogurt

1 eetlepel (15 ml) gekapte vars pietersielie

½ groen of rooi soetrissie, sade verwyder en gekap

½ ui, fyn gekap

2 hardgekookte eiers, geskil en gekap (opsioneel)

Plaas aartappels en ½ teelepel sout in ‘n pot met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Laat afkoel, skil en sny in blokkies.

Meng  mosterd, die res van die sout, suurlemoensap, peper, mayonnaise, jogurt en pietersielie.

Meng sous in by  aartappels met soetrissie en ui.

Sprinkel met eier en bedien as ‘n bykos.

slaai mengel

Rens se mengelslaai

Hier is ‘n voorbeeld van hoe ek my mengelslaai maak.

Tamatie, komkommer, 3 kleure peppers, blaarslaai, sampioene, olywe, wortel repies, naartjie skywe, appelskywe (gooi bietjie suurlemoensap oor die appel dat dit nie verkleur) snap peas, pers en groen kool gekap, uieringe

Ek sit ook in: spinasie blare, avokadopeer, druiwe korrels, ringetjies baby marrows, baba mielies, croutons, neute, perske skywe, bevrore ertjies en mielies, pampoenpitte, biltong, blomkool en brokkoli blommetjies (rou), groen en rooi uitjies, sunflower blaarslaai mix, salad sprouts, kiwi fruit en kan jy glo, rooi of groen kersies is heerlik by ‘n mengelslaai

mengelslaai81

MAKLIKE SLAAI MET ‘n PAK VEGGI MIX

1 Pak veggie mix (net opgekook tot sag)

1 Groot ui – gekap

Blokkies kaas

Mayonnaise na smaak

2 eetl bladjang

Meng alles saam en bedien

Baie lekker ook as dit oornag staan

veggi mix slaai

Veggi mix slaai

MAKLIKE SLAAI MET BLOMKOOL EN BROKKOLI

1 Blomkool gekap

1 Brokkoli gekap

Blokkies kaas

Gekapte ui na smaak

Green/red and yellow pepper na smaak (opsioneel)

Sout en peper na smaak

Meng alles en gooi mayonnaise oor na smaak

Net voor opdiening, gooi paar blokkie croutons by en roer deur

*

BUTTERNUT SLAAI (Kroek wortelslaai)

1 butternut gerasper (fyn kant)
1 pakkie pynappeljellie
1 blikkie crushed pynappels (gebruik sous ook)
bietjie lemoensap
Meng alles en laat staan vir tenminste 2/3 ure voor opdiening, verkieslik oornag.

 

*

BROODSLAAI

1 Witbrood in blokkies gesny en in olie gebraai tot goudbruin
1 k Kaasblokkies
125 ml Room
125 ml Mayonaise

Sous:

4 Eiers
325 ml Suiker
7 ml Droë mosterdpoeier
250 ml Wit asyn
Sout en peper na smaak

Metode:
Klits al die sous bestandele saam en kook dit vinnig terwyl jy gedurig roer. Om op te dien voeg room en mayonaise by en meng met brood- en kaasblokkies.

*

 GESTOLDE WORTELSLAAI

1 Pakkie wortels fyn gerasper (ongeveer 3 koppies)
1 Blikkie Crushed Pynappel
1 Pakkie Suurlemoen of Pynappeljellie of Perskejellie
125ml Room (Styf geklop)
5ml Gelatien

Gooi die stroop van die pynappel af in ‘n 250ml maatbeker. Vul aan tot bo met kookwater en los die jelliepoeier hierin op. Meng die gelatien met bietjie koue water (genoeg om op te los) en roer by die jelliemengsel. Sit in yskas om te stol. Wanneer begin stol (dit lyk soos dik eierwit), roer goed met ‘n klitser. Meng nou die wortels, pynappel, jellie en room goed saam. Gooi in ‘n jelring vorm wat vooraf met water uitgespoel is. Sit in yskas om te stol.

*

AVOKADORING

1 pakkie groen of geel jellie,

250ml kookwater,

2 groot, ryp avokado’s,

15ml suurlemoensap,

sout en peper, 10ml mosterdpoeier,

160ml asyn,

1blik kondensmelk,

1/2 ui, fyngekap.

Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.
By: Kos idees vir moeë mammas


Foto: OFM

Foto: OFM

VIR NOG VERDERE STOLVORM SLAAIEhttps://kreatiewekosidees.com/?s=stolslaaie

noedelslaai xxxx

 

KERRIE NOEDELSLAAI

500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook)
1 green/yellow/red pepper gekap
1 ui gekap
1 na 2 wortels geskil en grof gerasper
1 blikkie pynappelstukke of perskes (OPSIONEEL – my eie voorkeur)

Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml Kerrie
Sout en gemaalde swartpeper na smaak

Meng alles deur en hou in yskas.Hoe langer dit staan hoe lekkerder word die slaai.

NB – Laat jou noedels HEELTEMAL KOUD WORD voor jy die sous oorgooi – die rede hiervoor is – die warm noedels suig die sous op dan raak die slaai droog en die pasta is geneig om aanmekaar vas te klou (dit is nou vir as jy dit oornag wil laat staan)

*

MAKLIKE SLAAI 
1 blikkie geroomde suikermielies
1 blikkie groenertjies, gedreineer
1 blikkie pynappelstukkies, gedreineer
Meng en bedien.

*

DROE VRUGTE SLAAI
Slaai
250g gemengde droe vrugte (saggekook)
6 piesangs in skywe gesny
Bestanddele Sous
1 blik kondensmelk
kwart koppie olie
halwe koppie asyn
halwe teelepel sout
2 teelepels mosterdpoeier of 1 tl kerriepoeier

Metode
Eerste laag: 250g gemengde droe vrugte (saggekook).
Tweede laag: 6 piesangs in skywe gesny
Klits baie goed en gooi oor vrugte. Bedien koud. Heerlik!
*Ek gooi sommer n bietjie neute en bessies oor vir die mooi.

DROE VRUGTE SLAAI

KERRIE-MACARONI SLAAI MET PERSKES EN PYNAPPEL

Sous:
250ml mayonnaise
15ml kerriepoeier
125ml blatjang
4 eetlepels kondensmelk (of bietjie meer)

Meng al die bestanddele.
Sous kan vermeerder word. Jy kan ook bietjie van die perskesap bygooi as dit te dik lyk.

Slaai:
1 pak macaroni (500g)
250ml pitlose rosyne
1blik (410g) perskeskywe (gedreineer en gekap)
1 blik (410g) pynappelstukke (gedreineer en 1x deurgesny)
1 uitjie (gekap)
½ soetrissie (ontpit en gekap)
bietjie sout en peper

1. Kook pasta met sout en kookolie. Nie te pap nie.
2. Meng alle bestanddele by macaroni as dit afgekoel is.
3. Roer sous by.
4. Maak die slaai die vorige dag – dit word al lekkerder hoe langer dit staan

droe vrugte

DROë VRUGTESLAAI: 
[Bron:Kook En Klets]
Bestanddele:
Slaai 250g gemengde droe vrugte (saggekook)
6 piesangs in skywe gesny

Bestanddele Sous:
1 blik kondensmelk kwart koppie olie halwe koppie asyn halwe teelepel sout 2 teelepels mosterdpoeier
Meng alles goed saam.

Die resep noem nie uie, maar ek sien in die foto is uie, dit is seker opsioneel, maar 1 uie gekap en gebraai tot sag kan bygevoeg word.

*

INDIESE RYSSLAAI

500 ml gaar rys

1 ui, geskil en fyngekap

25 ml blatjang

klein blik perskes, in blokkies

125 ml kondensmelk

37.5 ml suurlemoensap

12,5 ml kerriepoeier (matig)

250 ml mayonnaise

sout

Metode:

Dreineer die perskes. Meng kerriepoeier en suurlemoensap

Meng  res van bestanddele

Gooi kerriemengsel oor en roer goed deur

Laat staan oornag in yskas en dien

*

 PICALILLI’S SLAAI (Die resep is HEEEERLIK !!!)

1 Bottel Picalilli’s (die liggeel een)
1 blik kondensmelk
1 blikkie fruit cocktail (water goed af gedreineer)
Meng goed
Sny 2 piesangs in ringetjies en sprinkle suurlemoensap oor. Meng deur
Bewaar in yskas
Jy kan nog as jy wil ‘n ekstra blikkie perskes gesnipper byvoeg om die slaai meer te maak.

*

SOET / SOUT SLAAI 

1 x blikkie roommielies
1 x blikkie ingelegde perskes
1 x blikkie pynappelstukkies
1 medium tot groot ui
Kaas in blokkies gesny soos verlang
Bietjie Knoffel en kruiesous (sommer so klaar gekoop in die bottel) na
smaak.
Dreineer die sap van die perskes en pynappel. Sny dan die perskes in
kleiner stukkies. Meng alles saam en voeg die sous by soos na smaak. Mens kan dit seker afwissel met ‘n bietjie kerrie vir ‘n byt; hoe langer die mengsel lê, hoe lekkerder.

*
KERRIE PERSKESLAAI
Wenresepte 3
1 groot ui, gekap,

20g (25 ml) botter of margarieh,

125 ml wit asyn,

25 ml witsuiker,

25 ml mielieblom,

5 ml kerriepoeier,

5 ml borrie,

1 blik (825 g) perskeskywe

Metode

Soteer die ui in die smeer. Meng die asyn,suiker,mielieblom, kerrie en borrie deeglik. Dreineer die perskeskywe. Meng die kerriemengsel met die stroop,giet dit oor die ui en kook tot dik. Proe aan sous en voeg nog smaakmiddels by, indien nodig. Laat afkoel. Snipper die perskeskywe in n slaaibak. Giet die kerrie sous oor en meng liggies. Lewer 6 tot 8 porsies.

*

Rencia Odendaal Pretorius
BONE SLAAI

2 blikkies groenbone – of ek gebruik vars boontjies wat ek net opkook tot sag – dit moet nog lank wees – nie gesny nie, ek los ook sommer die punte aan, dis mos deesdae mode en dit lyk ook mooi. Vat nou ‘n plat bak en le die lang bone onder in die bak. Sny ‘n halwe groen rissie – rooi rissie en geel rissie in lang dun skywe – strooi bo-oor, dan vat ek ‘n pers of wit  ui en sny dun skywe – strooi bo-oor. Dan vat ek ‘n blikkie botter bone, dreineer en gooi bo-oor. Ek het ook al ‘n blikkie ertjies bo-oor gegooi. Dan vat ek feta kaas en sny blokkies en gooi oor en my laaste bederf is ‘n paar peppadews so hier en daar bo-op. Net voor jy dit opdien gooi en growwe sout, gemaalde swart peper oor, olyfolie en balsimic asyn,

*
PASTA EN BILTONG SLAAI

Meng saam:
1pak skulpie pasta
1kop biltong
3 vars geelperskes gekap
Halwe groenrissie gekap
Kwart kop peppadews gekap
1bilk heelpit mielies
1kop kaas in blokkies

Slaaisous:
1kop Mayo
Kwart kop kondensmelk
2tlp aromat
3eetlp sweetchillie sous

Meng alles saam deur laat staan vir ten minste ‘n uur voor opdiening

*

KORINGSLAAI MET KONDENSMELK 
Bestanddele
250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne

sout na smaak met kookproses

Sous
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk
Só maak jy
Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
Gooi die slaaisous oor en meng deur
Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

*
Jean-Marie Steenberg
PIESANGSLAAI
3 eiers
125ml wit asyn
200g (250ml) witsuiker
10ml mosterdpoeier
knypie sout
250ml ingedampte melk (Ideal)

Klits eiers, asyn, suiker, mosterd en sout saam in ‘n kastrol tot goed gemeng. Verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal af sodra dit kook. Laat mengsel afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng. Gooi in fles en sit in yskas tot benodig.

Dan sny jy net in piesangs in dun skyfies en gooi die oor. Lieflik.hoe langer dit trek, hoe lekkerder

*

MOSTERDRING
4 eiers
250ml water
125ml asyn
175ml suiker
15ml gelatien
15ml mosterdpoeier
2ml borrie
1ml sout
250ml room
Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.

*

MEXIKAANSE NACHO-SLAAI
1 x 340 g-blik heelpitmielies, gedreineer
1 x 400 g-blik rooi nierboontjies, gedreineer
150 g kersietamaties, in kwarte gesny
2 sprietuie, in dun skyfies gesny
2 skywe fetakaas, in blokkies gesny
½ komkommer, in blokkies gesny
30 vars koljanderblare
30 vars kruisementblare
50 g gewone nachos (mielieskyfies), grof gebreek

Slaaisous
60 ml (4 e) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) rooiwyn asyn
5 ml (1 t) gemaalde komyn
2,5 ml (½ t) gemaalde koljander
30 ml (2 e) elk gekapte koljander- en kruisementblare
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng al die slaaibestanddele, behalwe die kruie en die nachos, in ’n mengbak saam.

Slaaisous: Meng al die bestanddele saam en geur na smaak.

Roer die kruie deur die slaai net voor dit voorgesit word. Giet die helfte van die slaaisous oor en meng goed deur. Strooi die nachos oor en sit dadelik saam met die res van die slaaisous voor.

WENK:

Voeg 1 avokado, in dik skyfies gesny, by die slaai.

*

Christelle Koen

ROOIKOOL SLAAI

3 koppies  fyngesnyde of gerasperde rooikool

125g pienk en wit marshmallows gesnipper in 6 stukke,

1 blikkie room,

440g blikkie crushed pynappel,

Sout en witpeper na smaak. (baie belangrik by die resep. Dit gee diepte en smaak aan die slaai)

Meng alles saam en laat staan ten minste oornag voor opdiening. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder ontwikkel die geure.

*

HEERLIKE MENGELSLAAI: 

4 slaaiblare

1 klein komkommer, in blokkies gesny

2 skywe pynappel, in blokkies gesny

1 appel, in blokkies gesny

125ml gaar ertjies

3 dadels, in stukkies gesny

1 ui, gekap

250ml mayonnaise

Laat week die slaaiblare 10 minute lank in soutwater. Dreineer dit. Meng die res van die bestanddele liggies. Skep die slaaimengsel op die slaaiblare.

*

KOPKOOLSLAAI MET JOGHURT (4 porsies)

(Rina Kleinhans)

500ml fyn gesnipperde kopkool

3 gaar middelslag-bete in blokkies gesny

50ml fyn gekapte pietersielie

200ml Bulgaarse joghurt

10ml gerasperde peperwortel

Sout en peper na smaak

Meng kool, beetblokkies en pietersielie n ‘n slaaibak. Gooi joghurt oor en strooi peperwortel bo-op. Geur met sout en peper en verkoel goed. Meng liggies net voor opdiening

*

HEERLIKE KOOLSLAAI 

750 ml fyngekapte, rou kopkool

1 appel, geskil en grof gerasper

1 groot wortel, geskil en grof gerasper

5 ml gedroogde basieliekruid

125 ml gekapte okkerneute

125 ml korente

125 ml vars lemoensap

30 ml dik room

5 ml strooisuiker (opsioneel)

Sout en swartpeper na smaak

Meng al die bestanddele liggies saam, behalwe die sap en room. Giet sap oor en roer dan die room deur en geur soos nodig. Skep in ‘n aantreklike slaaibak of individuele bakkies en garneer.

*

Heiner Lange

BLOMKOOLSLAAI:

1 blomkool (in blommetjies gebreek)
250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny)
1 bossie grasuie (fyn gekap)
6 groot radyse (in skyfies gesny)

SLAAISOUS:
100 ml suurroom
100ml mayonnaise
17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)

1. Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.
2. Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.
3. Verkoel die slaai totdat dit bedien word.

*

ALI SE KORINGSLAAI (Bedien warm of lou)

Rencia Odendaal Pretrorius

Kook jou koring tot sag en gaar

Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g sampioene tot sag

Meng by gaar koring in

Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,

Sout en gemaalde swart peper

Kook deur en bedien warm/lou

*

RENCIA SE RYSSLAAI

Gaar rys (ongeveer 2/3 kop)

1 groot uie gekap

1 Blikkie gemengde groente (gedreineer)

1 Klein blikkie perskeskywe (gesny in blokkies)

Maak ‘n sousie van:

Mayonaise,bietjie melk, sout, peper, kerriepoeier, borrie en pietersielie en ‘n paar teelepels suiker – Ek kyk maar hoeveel en proe tot lekker smaak het. Mense se smaak verskil met die Kerrie, maar ek vat gewoonlik so 2/3 tl Kerrie – 1 tl borrie en die ander na smaak en hoeveelheid rys wat jy gebruik.

Meng alles saam – bewaar in yskas. Die resep is eers op sy lekkerste as dit oornag gestaan het.

*

AMISH BROCCOLI SALAD
1 head broccoli, chopped
1 head cauliflower, chopped
1 cup mayonnaise
1 cup sour cream
½  cup sugar
½  teaspoon salt
250g bacon, fried and crumbled
1 cup shredded Cheddar cheese

Combine the chopped broccoli and cauliflower in a
large bowl. In a separate bowl, combine the
mayonnaise, sour cream, sugar, and salt to make a
creamy dressing. Add the dressing to the broccoli–
cauliflower mix and , stirring to evenly coat the
vegetables . Stir in the bacon and the cheese,
reserving a small amount to sprinkle on top of the
salad just before serving

*

BROKKOLI EN BLOMKOOL SLAAI

1 bossie broccoli en 1 bossie blomkool – sny in klein blommetjies
1 pakkie spek, gesnipper en gebraai
1 koppie rosyne
1 koppie sonneblomsaad
1 bossie slaai uie fyn gesny (opsioneel)
1 blikkie pitmielies gedreineer
1 koppie kaasblokkies
Slaaisous:
½ koppie asyn
1 koppie conola olie
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 teelepel mostertpoeier
Meng al die slaaisous bestandele goed saam. Meng al die slaai bestandele, gooi die slaaisous oor en marineer in die yskas vir ‘n paar ure.

*

broccoli slaaiii

BROCCOLI SLAAI

2 broccoli koppe (ek gebruik hier 1 broccoli en een blomkool)
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny

Sous:
250 ml mayonnaise of 1/2 ongegeurde joghurt en 1/2 mayo
100 ml kondensmelk

Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner
stukkies. Kook die broccoli + blomkool en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute.(jy blansjeer basies die broccoli en kool – kook net op)
Dreineer in ‘n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros
Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng die
kaasblokkies daarby in. Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai.
Verkoel voor opdiening.

Ek gooi by my broccoli slaai ook neute by. Net voor ek dit opdien strooi ek een pakkie croutons oor.

Gooi gerus paar rosyntjies, gevriesde ertjies en mielies by

1 tl kerrie by die mayo en kondensmelksous is ook heerlik

Indien jy nie die mayonaise en kondensmelk sous wil maak nie, probeer die sous. By die sous resep is dit wys om die slaai oornag te laat staan om “te trek” vir optimale geur

Sous
125ml wit asyn
250ml suiker
250ml olie of minder
15ml droe mostert
klits alles goed saam en gooi oor slaai

*

WAATLEMOEN, FETA EN MINT SLAAI

Dressing
2 tablespoons of olive oil
2 tablespoon lemon juice
1 tsp  honey
Salt and pepper

Salad
Mint –a small handful
Watermelon
Feta –
Milk for soaking the feta

Cut your feta into some big chunks and soak in milk for 15 minutes. This cuts the salt and brings out more delicate flavours. Make the dressing by putting the ingredients into a cup or small bowl and whisk together with a fork.

Chop the mint roughly, putting aside any little soft leaves for garnishing. Slice rounds from the watermelon, and chop into good size chunks, 2-3 cm bits.

Just before you’re ready to serve, combine mint and watermelon in a bowl, crumble the feta roughly, not too finely and gently sprinkle on the dressing. Add  mint sprigs.

*

BOONTJIE SLAAI

Bestanddele – Slaai
1 x 425 g Blik Boontjies in Tamatiesous
1 x 410 g Blik Botter bone (Dreineer)
1 420 g Blik Gewone Groenbone
1 Green Pepper ontpit en gekap
1 Groot ui gekap
1 Hand vol rosyne of sultanas

Bestanddele – Sous
125 ml Asyn
125 ml Olie
125 ml Sagte Bruinsuiker

Metode Sous
Kook bestanddele vir sous vir 5 minute saam.

Metode
Gooi blikkies boontjies in glasbak. Gooi Green pepper en ui in bak. Gooi sous oor en meng goed.

Wenk
Los in yskas vir ten minste 24 uur. Indien goed verseël kan die slaai vir 4 weke in yskas gebêre word.

*

3 BONE SLAAI

1 blikkie botter bone

1 blikkie canellini bone

1 blikkie chickpeas

1 groen peper

1 rooi ui

grypie bruinsuiker

grypie vars knoffel

1 suurlemoen

Knippie gemmer

Vars petersielie

Knippie paprika

Growwe sout en peper

Halfkoppie wyn asyn

Halfkoppie goeie olyfolie

Dreineer jou bone goed en spoel af. Sny die ui in fyn ringe. Sny jou groen peper in klein blokkies. Rasper versigtig die suurlemoen se zest (buitekant van die skil alleenlik). Gooi dit alles sowel as die sap van die suurlemoen, die knoffel en parika in ‘n mengbak en meng goed. Moenie die bone breek nie. Voeg nou jou paprika, suiker, asyn, olyfolie en gemmer by. Meng, proe, meng proe – jy soek ‘n balans tussen suur, sout en soet. Voeg sout en peper na smaak by en plaas in die yskas. Net voor jy dit opdien, strooi jou vars petersielie en miskien nog so blerts olyfolie oor. Hy moet maar bietjie staan om op sy lekkerste te wees

*

KOPER PENNIE WORTELSLAAI

1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies
Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd
Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Om te bottel, sterliseer bottles en bottel warm.

*

 BEETSLAAI GESTOLDE RING

3 middelsalg bete
30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie
375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het)
60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word)
sout en peper na smaak
Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie)
Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies.
Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.)
Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie.
Voeg beet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas.
Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.

*

 IRENA SE BEETSLAAI

HIERDIE BEETSLAAI KAN NIE. GEBOTTEL WORD NIE, GEBRUIK DADELIK.  GOED VIR OMTRENT 1 WEEK IN YSKAS

1kg beet gerasper

2 uie gerasper

KOOK DIE VOLGENDE SAAM:

1 pakkie wit uie sop

250ml water

250ml wit asyn

250m suiker

10ml worcestersous

7ml mosterdpoeier

Sout en peper

Gooi warm  sous bo-oor beet en uie en bewaar in yskas.

*

KERRIEBEETSLAAI

Deur:  http://www.ontbyt-brekfis.co.za/Kerriebeet.html

Bestanddele

125 ml water

125 ml bruinasyn

200 ml suiker

750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny

1 groot ui – gekerf

5 – 10 ml kerriepoeier

2½ ml sout

30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte substansie aan die beet te gee

Metode

Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit kook en die suiker opgelos is.

Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute.

Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute.

Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg by en kook tot dit verdik.

*

PYNAPPEL EN MALVALEKKER SLAAI

Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday,
Ek het die resep eendag erens op die internet raak geloop. Ek het nooit gedink dit kan werk nie en hom dus nooit gemaak nie. Iemand praat toe nou die dag oor die resep wat so lekker is en toe maak ek hom. Dis soos hulle sê. Jy kan nie besluit of dit slaai of poeding is nie maar dis heerlik saam met braaivleis en dis so maklik om te maak.

Dreineer ‘n 440g Fyn Pynappel en gooi die sous in ‘n mengbak.

Sny 2 x 150g pakkies Malvalekkers in kwarte in die pynappelsous in.
Vryf elke stukke malvalekker met die sous om te voorkom dat die stukkies aan mekaar vas sit.
Voeg nou die Pynappel en 175ml Grenadella Joghurt by en meng goed.
Die gereg kan dae vooruit gemaak word en smaak op sy beste na twee of drie dae

*

KOEJAWEL SLAAI

Ons maak gereeld hierdie slaai saam met braaivleis. Dis heerlik! Die mans noem dit sommer altyd poedingslaai:

1 blikkie ingemaakte koejawels,

2 ferm piesangs,

een groen appel.

Sny die 3 bestanddele op in stukkies en gooi enige geur joghurt oor sodat dit bedek is. Om dit nog lekkerder te maak, skep ek sommer nog n hoogvol eetlepel kondensmelk ook oor, en meng.

*

MAKLIKE PIESANGSLAAI

Sny piesangs in ringetjies – spuit bietjie suurlemoensap oor. Neem enige geur joghurt – gooi  bo-oor en bedien.

Ek hou die meeste van die grenadilla joghurt smaak (Rens)

*

MAKLIKE UIESLAAI

500-750g skoongemaakte uitjies

100ml kondensmelk

5ml mosterdpoeier

100ml tamatiesous

100ml witasyn

Kook die uitjies in soutwater tot sag en dreineer. Laat koud word. Meng kondensmelk en mosterdpoeier. Klop tamatiesous en asyn by en meng goed. Plaas uitjies in ‘n slaaibak en gooi die sous bo-oor.

Lewer 4-6 porsies

*

UIE SLAAI

Bestanddele:

1kg uie (fyn gesny)

250ml water

250ml wit asyn

200g suiker

12,5ml mosterdpoeier

2 eiers

12,5ml mielieblom (maizina)

Metode:

Kook die uie in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Laat goed dreineer en skep in slaaibak.

Meng die water, asyn en mosterd in ‘n kastrol. Voeg eiers by en klits die mengsel vinnig en aanhoudend oor matige hitte totdat dit wil kook.

Maak mielieblom met ‘n bietjie water aan en klits dit by die sous. Laat dit deurkook.

Giet sous oor die uiesnippers en laat dit afkoel voor bediening.

*

TAMATIE, FETA, BASIL SLAAI

Kersietamaties, middeldeur gesny

Feta kaas, blokkies kleiner as tamatiehelftes

Vars basilie, geskeur in kleiner stukkies

Grof gemaalde swart peper.  Meng alles en verkoel vir paar uur.

*

TAMATIE SLAAI

Hierdie is my gunsteling slaai. Dit is goed genoeg vir `n konings-onthaal. Die resep is vir 3(drie) persone.

Bestanddele;

1 (85gram) blikkie gerookte mossels, gedreineer

Vars suurlemoen sap

3 middelslag Tamaties

75 ml (1/3 koppie) Maaskaas

30 ml (2 eetlepels) seldery, in klein blokkies gesny.

15 – 30 ml (1 – 2 eetlepels) gras ui, gekap

15 ml (1 eetlepel) Mayonnaise

Sout en peper na smaak

30 ml (2 eetlepels) Pietersielie, gekap. Hou bietjie oor vir garnering.

Metode;

Dreineer Mossels deeglik en sprinkel liggies met suurlemoen sap. Laat vir `n rukkie dreineer.

Sny die tamaties se een punt af en hou vir garnering. Skep die binnekant uit en plaas dop op `n papier handoekie om te dreineer.

Meng Mossels, maaskaas,seldery,ui,mayonnaise, sout en peper en pietersielie.

Skep mengsel in tamatie doppe en plaas elk op `n kleinbordjie.

Garneer met tamatie, pietersielie en afgesnyde punte.

 *

SPINASIE SLAAI

3 kop rou spinasie, gekerf – stingels uitgesny (ek vat 1 hele bossie)

1 kop  cheddar kass, blokkies gesny
1 pakkie (250gr) bacon bits gebraai – laat afkoel voor jy met die blare meng

Bietjie rou uie, fyn gekerf (halwe ringetjies)
1 pakkie vars gekerfde sampioene – in skyfies gesny
Sous:
1 kop bladjang
½  kop asyn
¼  kop water
¼  kop olie
3 tl bruinsuiker
Sout en swart peper na smaak
(Ek sit ‘n bietjie vars gemaalde knoffel ook by, so ½ – 1 t)

Meng alle bestanddele vir die sous saam – so tenminste 2 ure voor jy bedien, dat die smake kan ontwikkel. Net voor opdiening, gooi so die helfde van die slaaisous oor die slaai en roer deur. Bedien die res eenkant dat elkeen self oorgooi.

*

KRAAKLEKKER TUNA RYSSLAAI

500ml koue, gaar rys
200g gedreineerde, gevlokte tuna
250ml gerasperde, wortels
250ml gekapte seldery
25ml fyn gekapte ui
250ml mayonnaise
37.5ml blatjang
5ml kerriepoeier
10ml suurlemoensap
sout en peper na smaak

Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies.

*

SLAAISOUS IDEES:

HOMEMADE RANCH DRESSING SLAAISOUS

Adapted from the Pioneer Woman

1 clove garlic, minced

Pinch of salt

1/4 Cup Italian parsley, finely chopped

2 Tablespoon chives, finely chopped

1 Cup mayonnaise

½  Cup sour cream

Milk or buttermilk as needed (I used around 4 T regular milk)

Sprinkle a pinch of kosher salt on top of minced garlic. With a fork, mash garlic and salt until it becomes a paste. Place paste in a bowl with the chopped parsley and chives. Add mayonnaise and sour cream to bowl and mix until thoroughly combined. Slowly mix in milk until you reach desired consistency. Add additional salt to taste. Store in fridge for up to 1 week.

*

HONEY MUSTARD SLAAISOUS

1 kop plain yogurt
3 eetl  Dijon Mosterd of enige dik mosterd in die botteltjies
2 eetl heuning
1 t sout
1 t suiker
Mang als goed saam en hou in yskas tot benodig.

 *

LEKKER SLAAISOUS

1 Bottel (750gr) mayonnaise

1 blik kondensmelk

150ml olyf of sonnemblom olie

50ml asyn

10ml mosterdpoeier

50ml italiaanse slaaisois

Meng kondensmelk en mayo. Voeg olie by en meng goed. Roer asyn, mosterd en slaaisous by. Lewer ongeveer 1 liter slaaisous

*

KONDENSMELKSLAAISOUS

1 eiergeel

1 Blik kondensmelk

1tl droe mosterd

1 tl sout

Knippie peper

4 eetl asyn

4 eetl olyfolie

Klits eiergeel goed. Voeg al die ander bestandele by en klits baie goed deur

Laat staan vir ‘n ruk om dik te raak

*

SPEK , PEER EN AVOKADOPEER SLAAI

‘n Vullende slaai met ‘n lekker romerige sous.

4 snye brood, korsies verwyder en in blokkies gesny
olyfolie
12 repies rugspek
2 ryp avokadopere
suurlemoensap
4 pere
slaaiblare

Slaaisous
30 ml Dijon-mosterd
30 ml witwynasyn
30 ml mayonnaise
30 ml vars room
30 ml olyfolie
suiker, sout en swartpeper na smaak

Stel die oond op 180 °C.
Braai spek in pan en dreineer op kombuispapier.
Hou eenkant.
Plaas broodblokkies in oondpan en spuit of sprinkel met olyfolie. Sit in oond by 180C tot goudbruin
Skil en verwyder pit van avo’s en sny in dun repies. Sprinkel suurlemoensap oor.
Ontkern die pere en sny in skywe.
Meng met spek en slaaiblare in ‘n groot bak.
Skud die slaaisous in ‘n bottel op en giet oor slaai.
Dien op met croutons
Bron: Jeanette Gerber, Kook en Klets Kombuis

rysgereg

Maggie Olivier se rysslaai gereg

 

RYSGEREG AS ‘N SLAAI

Lekker as ‘n braaibygereg

BESTANDDELE:
1 koppie rys
1 koppie gaar ertjies
5 eiers, opgeklits
½ koppie melk
1 ui, fyn gekap en gebraai
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
1 ml mosterdpoeier
spinasie, opgekap
fyn gesnyde kouevleis
½ k gerasperde cheddar-kaas
½ pak spek, opgekap en gebraai

METODE:
Kook rys volgens instruksies tot gaar en dreineer
Voeg ertjies by en hou eenkant
Meng res van die bestanddele
Gooi van die eiermengsel in pan (asof jy ’n omelet maak) en bak stadig om te verhoed dat dit uitdroog
Die eier moet sponsig en klam wees
Sny in repies en meng liggies met die rys en ertjies
Gooi spek bo-op die rys
Jy kan ook soet en suur chilliesous daarop sit

*

BACON KIPS SLAAI

By: Koek en Tert
Gevriesde klein ertjies
Gebraaide bacon en uie fyn gekerf
Bacon kips gebreek in stukke
Meng mayonaise en kondensmelk
Genoeg om ander bestandele lekker klam te maak.meng alles.Moenie te laaank voor die tyd maak nie.

ertjieslaaiERTJIE SLAAI
Braai 1 pakkie spek bros gebraai
Snipper blaarslaai onder in n bak
Strooi gekapte uie, bacon en bacon kips koekies (gebreek) oor
Gooi 500gram gevrieste ertjies oor
Smeer 1 bottel Miracle Whip mayo (of n ander ligte (kleur) mayo) oor
Rasper kaas bo oor en sit voor
Kan 10 minute voor ete gemaak word, ertjies is dan klaar ontvries en dit maak nie water nie

LAGIE SLAAI 44

Rens se ertjie lagie slaai

Ek maak my Ertjie lagieslaai soos volg

Bros gebraaide spek, blaarslaai, gekookte eiers, gevriesde ertjies en mayonaise

Pak lae en bedien

MIELIE ERTJIE LAAG SLAAI
Breek blaarslaai op in glasbak. Dreineer 1 blikkie heelpit mielies en blik ertjies. Gooi in lae. Sit miracle whip of mayonaise op. Sprinkel sout en peper na smaak. Laastens gooi gerasperde kaas bo oor (baie). Sit in yskas en net voor opdiening roer die slaai deur om te meng.

*

 MARINATED MUSHROOM, LENTIL AND FETA SALAD

INGREDIENTS
½ punnet (125 g) button mushrooms, thinly sliced
100 g baby marrows ribbons
1 x 410 g tin lentils, drained
1 x 410 g red kidney beans, drained
100 g carrot ribbons
½ red pepper, finely diced
½ green pepper, finely diced
250 ml KNORR Greek Vinaigrette Salad Dressing
½ bunch spring onions, sliced
250 g cherry tomatoes
50 g feta cheese, drained and crumbled

METHOD
Mix all the ingredients together except the tomatoes and feta cheese
Cover and allow to refrigerate for a minimum of 6 hours or overnight
Before serving: Stir through the feta and cherry tomatoes and serve

By: whatsfordinner

 

 

 

Melktert kolwyntjies/cupcakes


Melktert Cupcakes

Bak jou gunsteling kolwyntjie resep
Sny ‘n gaatjie uit in die middel
Maak melktert vulsel
Skep in kolwyntjie, sit dekseltjie terug
Smelt sjololade, gooi bo-oor en laat afkoel

Maak die kolwyntjie resep 2x aan (24) vir die hoeveelheid melktert beslag, of halveer jou melktert beslag vir 12 kolwyntjies

Kolwyntjies/cupcakes

(12 kolwyntjies)

3 eiers

175 g (210 ml) strooisuiker
175 g (315 ml) bruismeel (of 315ml meel en 10ml bakpoeier)
175 g (190 ml) botter teen kamertemperatuur
5 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 °C. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits vir 3 – 4 minute. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom

Melktert vulsel
1 blik kondensmelk
1 liter melk
2 eiers – geskei
1 teelepel vanilla
2 eetlepels botter
100 mℓ mielieblom (maizena)
30 mℓ vlapoeier
sout

Kook kondensmelk en melk saam.
Maak “maizena” & vlapoeier aan met bietjie melk.
Voeg eiergele by. Klits goed
Voeg sout by en roer in melkmengsel. Kook tot gaar. Haal van stoof af.
Vou botter, styfgeklitste eiewit en vanilla in.cupcakes met melktert

Varktjops in bier


Deur: meehancooks

Deur: meehancooks

Varktjops in Bier

Maak 8 porsies
bestanddele:
2 koppies tamatiesous
1 blik of bottel bier
3/4 koppie verpak bruin suiker
8 varktjops

Instruksies:
Verhit die oond tot 175 grade C
In ‘n medium bak, meng die tamatiesous, bruin suiker en bier. Meng goed en gooi in ‘n 9×13 duim bak. Plaas die varktjops oor hierdie mengsel in die bak.
Bak, ontbloot, by 350 grade F (175 grade C) vir 1 uur (Let wel: Plaas foelie oor varktjops as hulle te vinnig begin bruin raak. (Let wel- blinkkant van die foelie BUITE)

Deur: meehancooks

Bedien met lekker kapokaartappels of rys, ertjies of soetpampoen of mengelslaai

Lasagne a la Rens


LASAGNE3

My vinnige LASAGNE resep !!

Hierdie is groot genoeg vir ‘n 30 x 20 cm pyrex glasbak

Ek gaan seker nou baie teenkanting kry met die resep omdat ek my maalvleis en uie sommer saam kook ipv om die uie te braai, maar jy kan dit of kook of braai – die is maar net my vinnige resep wat ek deel

750 gr maalvleis
2 uie grof gekap
Halwe pakkie sampioene (gekap)
Gooi b.g in ‘n pot met bietjie water en kook vinnig tot alles sag is. Jou maalvleis kan maar nog effe pienkerig wees.
Gooi by:
1 blikkie Chakalaka met butternut
1 Blikkie room mielies (sweetcorn)
2 tamaties gekap en in blokkies gesny
3 opgehoopte eetlepels bladjang
Sout,peper en knoffel vlokkies na smaak
Laat die prut vir ‘n rukkie tot alles deurgaar/warm is.

Maak intussen sommer in jou mikrogolf ‘n lekker DIK witsous. Jou sous moenie te loperig wees nie anders is jou lasagne pap

Pak nou jou lae met die maalvleis, lasagne velle en witsous – ek pak gewoonlik so 3 lae
Rasper tussen elke laag bietjie kaas oor

Eindig af met jou witsous en kaas.

Sit nou die lasagne eenkant neer vir ongeveer 1 uur sodat die velle sag kan raak. Die ander opsie is om jou velle in water te kook vir so 4 minute tot amper sag – jy kan dan jou lasagne dadelik oond toe vat.

In die oond vir so 40 minute by 180 C (kyk wanneer jou velle gaar en sag is)

NB: Gee jou lasagne so half uur staantyd as jy dit uit die oond gehaal het – dit help dat die lasagne bietjie stol en dit lekker maklik skepbaar in blokke is.

Indien jy nie chakalaka wil gebruik nie – gebruik enige tamatie en uie smoor of tamatie en uie mengsel met ‘n geur wat jy verkies

Geniet met lekker mengselslaai en broodrolletjies

Joghurt koek


Joghurt vanilla koek
Deur: http://www.pomanmeals.com/vanilla-yogurt-cake/
• 1 cup butter – softened
• 2 cups white sugar –
• 3 eggs –
• 1 tablespoon vanilla extract –
• 2 ¼ cups all purpose flour –
• ½ teaspoon baking soda (koeksoda)
• ¼ teaspoon salt –
• 240 ml vanilla yogurt –
• ¼ cup powdered sugar (versiersuiker)
instructions:
• Preheat oven to 180 C. butter a 10 inch bundt pan. dust the pan lightly with flour.
• In a small bowl, blend together the flour, baking soda and salt. set aside.
• In a large bowl, cream together the butter and sugar until well blended.
• Beat in the eggs one at a time, then stir in the vanilla extract.
• Blend in the vanilla yogurt.
• Gradually mix in the flour mixture until just incorporated. be careful not to overmix.
• Pour batter into the prepared bundt pan.
• Bake in the preheated oven for 45 – 50 minutes, or until a toothpick inserted into the center of the cake comes out clean. once cooled, turn out onto a plate and dust with powdered sugar.
• Adapted slightly from allrecipes.

Hilda van 7de Laan se Dadelvingers


Hilda van 7de Laan se Dadelvinger Resep:
(Nou weet ons ook waaroor die bohaai gaan. )

250g margarien
250 ml suiker
500g dadels, fyngesny
1 eier goed geklits
1 pak (200g) Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek
100g groen kersies
100g rooi kersies
Klapper om oor te strooi

Metode:
Smeer ‘n 16 x 26 cm koekpan.
Smelt die margarien en suiker saam oor lae hitte sonder dat die mengsel verbruin.
Voeg die dadels en eier by en roer baie goed sodat die eier egalig ingemeng word.
Voeg die beskuitjies en heel kersies by, meng deeglik en haal van die stoof af.
Gooi die mengsel in die voorbereide pan en maak bo-op gelyk met ‘n mes.
Strooi ‘n bietjie klapper oor en laat koud word.
Sny in vingers van 3 x 6 cm. Maak 20 vingers

Deur: http://www.landbou.com/leefstyl/resepte/hilda-se-dadelvingers

Onwerklike tert


onwerklike tert

Die Onwerklike Tert / Sultansgenot

Dis waarlik onwerklik hoe die tert lyk as dit klaar gebak is. Die bestanddele word alles op een slag in ‘n bak gegooi, maar as dit gaar is het die tert ‘n behoorlike kors, met ‘n vlavulsel in die middel en ‘n klapperbolaag.

4 eiers
50 ml margarien
200 g (250 ml) suiker
60 g (125 ml) koekmeelblom
2 ml sout
3 ml bakpoeier
500 ml melk
80 g (250 ml) klapper
5 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180*C.
Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is. (baie loperige mengsel)
Giet in ‘n gesmeerde oondvaste 24 cm-tertbord en bak sowat 45-55 minute lank of totdat die bokors goudbruin en die vlavulsel gestol is.
Lewer sowat 12 skywe

Ertjie/ertjie idees


vla ertjies

Wie ken VLA ERTJIES met uie??

Braai 1 ui fyngekap tot sag
Kook jou hoeveelheid ertjies wat jy nodig het tot sag. Jy kan biejie suiker ingooi en ook sout – of net suiker of net sout – dit hang af van hoe soet jy dit wil he.
Gooi die ertjies en uie bymekaar en maak dan vla en water aan (Jy kan ook melk gebruik as jy wil) meng tot gladde pasta, gooi bo-oor die ertjie mengsel en laat prut tot vla dik is.
Die hoeveelhede is moeilik om vir julle te gee want alles hang af van hoeveel ertjies jul gebruik. Begin met so 1 eetlepel vla en halwe koppie water – voeg nog vla by as te dun is en nog water as te dik is.

Die uie kan uitgelaat word.

Probeer dit ook gerus met wortels.

 

Ham, cheese and pea frittata
Deur:http://www.taste.com.au/recipes/18648/ham+cheese+and+pea+frittata

2 eetlepels olie
1 ui, in dun skyfies gesny
9 eiers
200g ham, sny in blokkies van 1cm
1 koppie (120g) bevrore baba ertjies (nie ontdooi)
2 koppies gaar macaroni of enige ander pasta na smaak
1 koppie (120g) gerasperde cheddarkaas
Blatjang,
Verhit die olie in ‘n 22 cm oondvaste pan oor medium hitte. Braai uie, roer, vir 2-3 minute tot sag maar nie bruin. Klits eiers in ‘n bak met sout en peper. Meng ham, ertjies, pasta en kaas in by die uie. Giet nou die eiers oor die ham/ertjie mengsel. Verminder dan die hitte tot baie laag, sit deksel op en bak vir 6-8 minute tot amper ferm. Kantel die pan so elke nou en dan en trek die kante so effe weg om te sien of die mengsel eweredig gaar raak
Verhit die oond se rooster (grill) Plaas die pan onder die rooster vir 3-4 minute tot die boonste gedeelte mooi goudbruin is. Laat effens afkoel. Haal uit en sny. Bedien met blatjang en slaai.

 

Fondant versiersel


 Adapted from: Adapted from: Hillbilly Recipes. shared Karyn Walker-Sloan's photo.


Adapted from:
Adapted from: Hillbilly Recipes. shared Karyn Walker-Sloan’s photo.

COLOURED MARSHMALLOW FONDANT

All you need is:

Marshmallows – they can be big marshmallows or mini ones, either one works fine.
Icing sugar – You’ll be mixing the icing sugar into the marshmallows to make a dough so I usually make sure that I have an entire bag on hand.. but I rarely use the whole bag.
Food coloring
Flavoring oil – This is optional. If you don’t add this your fondant will be sweet and flavorless which works well if your got all the flavors your want in your cake already

I use gel colors to dye my fondant but regular food coloring will work too. You won’t be able to get really dark colors without making your fondant sticky, but for lighter colors you can just even it out with more icing sugar.

I also had lemon oil and coconut flavoring on hand.. oh la la the value brand (which still works fine).

Step One:

Take a couple of handfuls of marshmallows and put them in a microwave safe bowl. Add a couple of drops of water and toss the marshmallows in it until they are all a bit damp. If you are going to just make one color then put the whole bag of marshmallows in the bowl and add a couple of teaspoons of water. If you’re going to put flavoring oil in, add it now and add less water

I like to make smaller batches because its easier to add the color to the melted marshmallow than it is to work the color into the fondant later.

Step Two:

Stick the marshmallows in the microwave for ten seconds at a time until the are puffed up and easily stir into a goo with a wooden spoon. Tip: Grease your spoon with butter, things can get a bit sticky.

Step Three:

Add food coloring to the melted marshmallows until you get the colour you want. Remember that you’re going to be adding icing sugar which will lighten the colour so make it a bit brighter than you need.

Step Four:

Start folding icing sugar into the marshmallow goo until it becomes a soft and fluffy dough. Grease your hands with a bit of butter and turn the marshmallow out onto a table sprinkled with icing sugar. Continue to knead in icing sugar until the fondant is stiff enough to roll out.

If you add too little icing sugar the fondant will be very sticky- Just add more icing sugar

If you add too much icing sugar the fondant will be very stiff and hard to roll out – knead in a little bit of butter

Fondant with the icing sugar kneaded in.

Finished fondant!

For this batch of colors I made larger batches of lighter colours and then worked some extra gel coloring into the already made fondant to make smaller batches of darker colors. The dark purple and dark green were made from the a light pink and light green.

All you need to do is knead the gel color in.. it takes a while to get it all mixed in which is why I only do it for smaller batches.

To store your fondant wrap them in pieces of lightly greased plastic wrap and keep them either in a big ziplock bag or a tupperware container. The fondant is essentially a sugar paste (its just marshmallows and icing sugar) so it has a shelf life of three or four months. If it feels a bit stiff and hard to use after being stored for a long time you can soften it up by kneading a bit of butter in or putting in the microwave one-two seconds at a time.

Now its ready to roll out and use to decorate your cakes and cookies!

Adapted from:

Adapted from: Hillbilly Recipes. shared Karyn Walker-Sloan’s photo.

*

Malvalekker Fondant

Hierdie fondant proe heelwat lekkerder as die wat mens in die winkels koop.
En is heel eenvoudig, en net ‘n bietjie tydsaam om te maak.
Wees reg om te knie!
2 pakke wit malvalekkers (gebruik ‘n goeie maak)
2 tot 5 eetlepels water
1kg versiersuiker
½ koppie wit botter (jy gaan jou hande en vingers hiermee volsmeer, so hou dit waar jy maklik en gou daarby kan kom)

NOTA: Wees asb versigtig, die eerste paar stappe kan WARM wees
Smelt die malvalekkers en 2 eetlepels water in ‘n mikrogolf of dubbelkoker:
Sit die bak in die mikrogolf vir 30 sekondes, maak oop en roer, weer terug vir 30 sekondes,
dan weer oop en roer, doen die totdat alles gesmelt het.
Dit neem gewoonlik so 2 minute.
Gooi nou 3/4 van die versiersuiker bo-oor die gesmelte mengsel.
Bedek jou hande BAIE GOED met die botter – palms, agterkant en tussen die vingers.
Smeer dan jou werksarea ook baie goed met die botter en
gooi die malvalekker/versiersuiker mengsel in die middel.
Begin knie soos jy brooddeeg sou knie.
Dit is baie taai. Hou aan knie en voeg die oorblywende versiersuiker by en knie nog.
Smeer jou hande en werksarea met die botter as die mensgel nog vassit.
As die mengsel maklik skeur, is dit te droog, voeg ‘n 1/2 teelepel water op ‘n slag by
en knie. Dit neem etlike minute om ‘n gladde elastiese deeg te kry.
Dit moet redelik elasties wees, sodat dit nie skeur
wanneer dit oor die koek geplaas word nie.
Dis die beste om dit te laat staan, toegemaak oornag.
Maar dit kan ook dadelik gebruik word.
As daar klein wit suikerkolletjies is, sal jy net nog moet knie of nog water moet byvoeg.
Om die fondant te bêre, smeer ‘n goeie laag botter, en sit in ‘n plastiese sakkie en
dan nog ‘n sakkie wat kan seel, druk oortollige lug uit.
Die fondant hou goed in die yskas vir weke.
Onthou jy kan dit voor die tyd maak en bêre,
en dit dan gebruik soos en wanneer jy dit benodig..

*

Ursula Farmer

FONDANT:

Bestandele:

8 tablespoons unsalted butter,

3/4 teaspoon vanilla,

1/4 teaspoon salt,

2/3 cup sweetened condens milk

5 cups of confections sugar (versiersuiker)

1xtra cup versiersuiker vir die oppervlak.

Beat butter, vanilla and salt together until soft. Add condenmilk slowly and beat untill mixture is very light.

Add confections sugar (versiersuiker) cup by cup. dust your work surface with the extra cup of confection sugar

Turn the fondant mixture out into the work surface and work the powdered sugar in with hands.

Wrap fondant mixture in plastic wrap as airtight as possible and then store in a large ziplog bag or sealed container while working with smaller pieces of it.

 *

Natasha Viljoen

 FONDANT:

 800 g suiker

300 ml water

1/2 t cream of tartar

knippie sout

kleursel

 Kombineer die suiker, sout en water in n pan. Was die suiker kristalle van die kant af en maak toe vir 30; sekondes. Roer die cream of tartar by. Kook aanhoudend tot die sagte bal staduim bereik word. Verwyder van stoof. Roer bietjie kleursel by en gooi die fondant op n effense klam, koue vlak oppervlak uit en laat staan tot louwarm. Klop nou die mengsel met n hout lepel tot dit lig en roomerig is. Knie dit tot dit glad is. Rol uit tot op 10 mm . Maak n lap klam en gooi oor vir i uur. Maar glo jy kan dan solank jou blomme vorm.

 *

Nicolien van Schalkwyk
FONDANT-OF PLATIESE VERSIERSEL

1 eetlepel gelatien
4 eetlepels water
2 eetlepels wit plantvet
½ koppie gouestroop
1 teelepel helder geursel van jou keuse
7 koppies versiersuiker

Metode:
Smelt gelatien en water in dubbelkastrol, los al die gelatien op maar dit moet nie kook nie. Haal van stoof en voeg die vet by, roer tot gesmelt. Voeg geursel en stroop by en meng goed. Gooi versiersuiker in ‘n mengbak en voeg stroopmengsel by. Meng tot dik en styf soos modeleerklei. Strooi versiersuiker op tafel en smeer jou hande met plantvet. Knie die fondant op tafel totdat dit ‘n gladde tekstuur het. Draai goed toe in 2 lae sellofaan en hou in yskas tot benodig. Versiersel is genoeg om ‘n ronde 20cm koek te bedek en omranding te maak. – verdubbel resep as jy nog versierings moet maak.- kleur fondant met klein bietjie kleursel op ‘n slag, bv druk ‘n tandestokkie in kleusel en dan op die fondant.

*

 

Colette Schultz

PETTINICE “PLASTIC ICING:

 1x 500 g wooden spoon margarine (my ouma het my geleer jy bak en versier altyd met wooden spoon);

1 kg versiersuiker 

So 20 – 40 ml water!

Dit… het ‘n spierwit kleur as jy dit nie kleur nie. Klits goed! Ek bere die oortolliges altyd in die yskas en as ek dit weer wil gebruik, haal ek dit so ‘n halwe dag voor die tyd uit die yskas sodat dit weer kamer temp kan word (klits dit dan sommer weer goed).

  •  

 

Hoender of steak met krummel degie


Adapted from: Hillbilly Recipes.

Adapted from: Hillbilly Recipes.

Chicken Fried Steak (Steak of hoender in ‘n kombersie)

4 beef/chicken cube steaks
2 cups all-purpose flour
2 teaspoons baking powder
1 teaspoon baking soda
1 teaspoon black pepper
3/4 teaspoon salt
1½ cups buttermilk
1 egg
1 Tablespoon hot pepper sauce (e.g., Tabasco™)
2 cloves garlic, minced
3 cups oil for deep frying
1/4 cup all-purpose flour
4 cups milk
Salt and ground black pepper to taste

1. Pound steaks to about 1/4-inch thickness. Place 2 cups of flour in a shallow bowl. Stir together the baking powder, baking soda, pepper, and salt in a separate shallow bowl; stir in the buttermilk, egg, Tabasco Sauce, and garlic. Dredge each steak first in the flour, then in the batter, and again in the flour. Pat the flour onto the surface of each steak so they are completely coated with dry flour.
2. Heat shortening in a deep cast-iron skillet to 325 degrees F (165 degrees C). Fry the steaks until evenly golden brown, 3 to 5 minutes per side. Place fried steaks on a plate with paper towels to drain. Drain the fat from the skillet, reserving 1/4 cup of the liquid and as much of the solid remnants as possible
3. Return skillet to medium-low heat with the reserved oil. Whisk the remaining flour into the oil. Scrape the bottom of the pan with a spatula to release solids into the gravy. Stir in the milk, raise the heat to medium, and bring the gravy to a simmer, cook until thick, 6 to 7 minutes. Season with kosher salt and pepper. Spoon the gravy over the steaks to serve.

Adapted from: Hillbilly Recipes.

Gevulde aartappels


TWICE-BAKED POTATOES WITH HAM

Ingredients
4 large baking potatoes, unpeeled and baked
2 cups cheddar cheese, divided (about 8 oz.)
1/2 cup Mayonnaise
1/2 cup sour cream
150gr diced ham (cooked)
Instructions
Preheat oven to 400°.
Cut potatoes in 1/2 lengthwise. Scoop pulp from potatoes, leaving 1/2-inch shells; set aside.
Mash pulp with 1-1/2 cups cheese, Mayonnaise, sour cream and ham. Evenly fill potato shells with potato mixture.
Arrange potatoes on baking sheet. Top with remaining 1/2 cup cheese. Bake 25 minutes or until cheese is melted and potatoes are heated through.

Adapted: http://gurutotheoutdoors.com/

* 

FULLY LOADED POTATO SKINS

Hierdie resep is  genoeg vir 2 aartappels. Pas jou hoeveelheid aartappels aan soos jy wil.

Skrof aartappels skoon, moenie die vel verwyder nie. Smeer lekker met olie en strooi bietjie

Sout oor. Bak in die oond by 180 grade C tot gaar en goudbruin.

As uit die oond kom, laat efffe afkoel – sny in die helfte oop en verwyder die sagte aartappel binne.

Doen nou die volgende:

Vat aartappel mash,  1 spruituie (gekap) sout, gemaalde swartpeper, 2 eetlepels suurroom, bietjie worstersous en ‘n handvol chedder kaas en meng die mengsel goed deur.

Skep in die uitgeholde aartappelskille. Strooi nog kaas oor en bak in die oond tot goudbruin

Opsioneel. Braai ‘n paar stukkies spek tot crispy – As aartappels uit oond kom, sit op bedieningsbord en sprinkle stukkies spek en pietersielie bo-oor

Bedien warm

aartapples

Lekker gebakte aartappels met room

Sny aartappels gleuwe in, maar nie heeltemal deur nie
Sit skyfies kaas en botter in gleuwe.
Gooi sout, peper en speserye oor na smaak.
Gooi room oor en top met kaas.
Bak in die oond tot gaar
Enjoy !!!

Deur: http://www.prakticideas.com/scalloped-hasselback-potatoes/

aartappels 5

Kaas en ham gevulde aartappels (spuddy buddies)

4 groot aartappels (met skil aan)
Botter om aartappels te smeer
6 eetlepels botter
3 eetlepels gerasperde uie
½ teelepel peper
2 medium eiers
2 koppies gerasperde cheddar kaas, verdeel in die helfte
1 koppie blokkies gaar ham
2 gekapte grasuie
Instruksies:
Verhit die oond tot 180 grade. Was en droog aartappels. Vryf elke aartappel met botter . Prik aartappels verskeie kere met vurk. Bak vir 1 uur by 180 grade. Sny die aartappel in die helfte en skep die aartappelvleis uit. Sit skille op gesmeerde oondpan. In ‘n groot bak, klop aartappels vir 1 minuut. Voeg botter, uie, eiers en peper by . Klop tot glad en romerig. Vou in een koppie kaas en ½ koppie van ham, vul aartappel doppe met mengsel. Top met die oorblywende 1 koppie kaas, en die oorblywende ½ koppie ham. Bak by 180 grade vir 15-20 minute of tot die aartappels deeglik verhit en kaas gesmelt is. Strooi die grasuie oor en geniet dit !!

My wenk: Die ham kan vervang word met spek wat bros gebraai is

Feetjiepoep (koue nageregte)


 

feetjie poep
FEETJIEPOEP
by Selma Alberts

1 sjokolade sponskoek
1 blik karamel
1 houertjie room
sjerrie

Breek koek in groot krummels.
Pak in bak.
Sprinkel sjerrie oor.
Klits room styf en klits karamel daarby in.
Skep bo op koek.
Herhaal lae.
(Ek gaan sommer 2 blikke karamel en Orley Whip gebruik)
Los bietjie geklitste room uit vir heel bo op.
Versier met gekrummelde flake en kersies.

WENK
Maak hierdie poeding ‘n dag of wat voor die tyd en hou in die yskas.
Hoe langer dit staan hoe klammer en geuriger word dit.
Baie lekker!

Bron: Wat eet ons vanaand

Ouma muis se huis

Gebakte aartappels met spek en kaas (Braai bygereg)


BAKED POTATOES WITH BACON AND CHEESE
http://www.goodshomedesign.com/baked-potatoes-bacon-onion-cheese/
You will need the following ingredients:
– 6 large baking potatoes
– 1 stick of butter
– 3 tbsp olive oil
– salt and pepper for taste
– bacon bits, cheddar cheese, onion sour cream for toppings
– parsley for garnish
Instructions:
Before you start following the steps, you need firstly to get your ingredients ready to be cooked. So, cut the bacon and the onion, and also peal the potatoes.
1.Preheat the oven to 220 C
2.Line a baking sheet with aluminum foil.
3.Wash the potatoes well. Cut off a thin side of each potato, so that to hold them straight on the table easier, then slice them. The slices should be about 3 to 4 mm in thickness, do not slide all the way down, about 3/4 down
4.Cut off the butter, the onion, and also a little bit of bacon into thin slices and add them between the slices of the potatoes. If you prefer, you could also add a bit more olive oil.
5.Bake for 45 minutes, then cover with aluminum foil and bake for another interval of 15 to 30 minutes, or until potatoes are cooked.
6.Top with cheese or your favorite toppings.

  Johanna Putter and Cheryl Bailey Kelly BAKED POTATOES WITH BACON AND CHEESE http://www.goodshomedesign.com/baked-potatoes-bacon-onion-cheese/

Johanna Putter and Cheryl Bailey Kelly
BAKED POTATOES WITH BACON AND CHEESE
http://www.goodshomedesign.com/baked-potatoes-bacon-onion-cheese/

Hoenderpastei met slap degie


IMG_8385

My hoenderpastei met slap degie (Rens)

Gevlokte hoender (dit was so om en by 5 dye)
1 groot ui gekap
1 kop veggie mix
1 pakkie chicken a la king (of 1 pakkie sampioensop of room hoendersop)
1 na 1 en halwe kop melk
Knoffel vlokkies, sout en peper na smaak

Braai uie en voeg gevlokte hoender by
Gooi in die veggie mix, speserye en die chicken a la king of soppoeier aangemaak met melk
Prut tot dik en groente sag is. Indien te dik voeg nog melk by.

Gooi in gesmeerde bak.

Maak die slap degie aan en gooi bo-oor hoendermengsel
125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel (of 190ml meel met 5 ml bakpoeier)
1 eier
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20/25/30 min tot gaar en goudbruin

Ek het dit bedien saam met kapokaartappels, sout boontjies en soetpampoen

Opsioneel: Jy kan sampioene, peppers en spek ook byvoeg

Wors / Boerewors geregte


wors kasserol
MACARONI EN BOEREWORS SKOTTEL: [OUMA BEER SE EIE RESEP]

½ – 1kg boerewors, afhangende hoeveel persone eet, sny in happie grote stukkies
250g pakkie gemengde gevriesde groente
1 – 2 uie fyn gekerf
1 blikkie Mild en spicy Chakalaka [gebruik enige ander chakalaka as jy nie hou van effens brand nie]
2 blikkies water, gebruik die chakalakablikkie
500g macaroni
1 kop elke gerasperde cheddar en parmasaankaas
1 groen en geel of rooi soet pepper, in repies gesny
50ml chutney
30ml tamatiesous
1e suiker
Sout en peper na smaak
Maizina en bisto om sous dikker te maak [meng die 2 met bietjie water tot pasta en voeg by]
Olyfolie vir braai
SO MAAK JY:
Braai uie, peppers en wors in ‘n pan  tot net gaar, wors kan nog bietjie pienk wees binne.

Voeg nou jou groente en macaroni by en roer goed deur.
Voeg dan jou geurmiddels, tamatiesous, chutney, suiker by en meng goed deur.
Nou kan jy die water byvoeg, gereg moet net bedek wees met water.
Kook gereg totdat die macaroni gaar is [al denté].
Indien sous nie dik genoeg is nie, voeg dan jou bindmiddel by en roer goed deur.
Voeg ook nou die helfte van beide kase by en roer deur.
Strooi nou die ander helfte van die kaas bo-oor jou gereg.
Sit deksel op en laat prut vir nog so ongeveer 5 – 10 minute tot die kaas lekker gesmelt het.
Geniet!
WENK:
Jy kan die chakalaka vervang met ‘n blikkie gekapte tamaties as jy nie van chakalaka hou nie.
Jy kan enige tipe wors in die gereg gebruik.
Jy kan ook die wors vervang met stukkies gaar hoender of klein frikkadelletjies.
Jy kan self ook blokkies of repies vleis in die gereg gebruik.
Vervang die groente met waarvan jy hou, as jy nie die gemengde groente wil gebruik nie of laat dit heeltemal uit.

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering

BOEREWORS PASTEI

Bestanddele

Boerewors, genoeg om ronde tertbak vol te le.
Pakkie Bruin uiesop poeier
1 Gesnipperde Ui
Sout
Peper
Gemengde Spesery na smaak
Pasteideeg
2 Aartappels in blokkies gesny
250 ml Room
2 Gerasperde Wortels

Metode
Voer ronde tertbak uit met pasteideeg. Hou genoeg deeg om bo oor pastei te sit
Braai wors aan weerskante vir 30 sekondes, Hou dit in rol gedraai. Plaas die rol wors op die deeg in tertbak. Braai aartappels, ui, wortels, sout, peper en speserye in bietjie margarien. Los mengsel in pan. Kook room en soppoeier tot dik. Voeg room mengsel en voeg by aartappelmengsel. Kook ‘n rukkie saam terwyl aanhoudend geroer word
Gooi mengsel bo oor wors. Rol oortollige deeg uit en bedek die wors. Bestryk deeg met geklitste eier en melk. Bak teen 180º C vir een uur lank.

 

BOEREWORS PASTEI

Boereworspastei (Bertha)
(Bedien ses)

500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas

Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

MUSHROOM AND BOEREWORS PIE

Deur: YOU magazine

300 g boerewors

30 ml (2 T) oil for frying
1 red pepper, diced
200 g mushrooms, halved
1 onion, finely chopped
2 cloves garlic, finely chopped
15 ml (1 T) flour
500 ml (2 c) beef stock
400 g puff pastry
whisked egg for brushing

Preheat the oven to 180 °c.

Fry the boerewors in a hot pan until done. remove from the pan and dice.

Heat the oil and fry the red pepper, mushrooms, onion and garlic for a few minutes.

Stir in the flour, ensuring the vegetables are coated.

Stir in the stock and return the cooked boerewors to the pan.

Stir for 15-20 minutes or until the mixture thickens.

Divide between 2 medium ovenproof dishes and cover each with puff pastry.

Brush with whisked egg and bake for 15-20 minutes.

OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS – whatsfordinner.co.za (SPAR)

125ml melk
175ml water
2 eiers
4ml sout
250ml meel
1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon
500gr wors
1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak

1) Meng die melk, water, eiers en sout
2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot ‘n gladde deeg
3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word
4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min)
5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer ‘n oond bak goed
6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg
7) Bak vir 35 min tot gaar.
8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.

 

Leanre Coetzee

Wil graag volgende Padmankos met almal deel

 PADMANKOS

Braai wors soos gewoonlik in pan. Verwyder wors en sit een kant neer. Gooi 2 koppies rys by olie van wors wat gebraai het. Braai rou rys in die olie vir paar minute. Gooi klein bietjie water by as worssous en olie te min is. Gooi nou genoeg water in sodat rys gaar kan kook. Voeg by 2 eetlepels rys speserye en klein bietjie sout. Voeg gemengde groente saam rys in om te kook. Kook vooraf in mikrogolf 2 aartappels in blokkies gesny tot sag. As rys sag genoeg is, voeg aartappel blokkies by. Sny gebraaide wors in stukkies en voeg saam rys,groente en aartappels by. Sit stoof op stadig tot rys heeltemal droog is.

 WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/MASH

25ml margarien

1 klein ui (fyn gekap)

1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)

2 groot tamaties (geskil & grof gekap)

25ml blatjang

25ml tamatiepasta

10 ml bisto

12,5ml sagte bruinsuiker

5ml sout

1ml vars gemaalde swartpeper

100ml warm water

500g warm gaar beeswors

Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie 5-8 minute lank daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld om. Plaas die warm, gaar beeswors in ‘n warm opskepskottel en gooi die sous daaroor. Skep lekker bord mash of krummelpap en sny jou stuk wors af en gooi van die lekker sous oor pap.

 

DOODEET WORSGEREG

1 ui 1 soetrissie

25ml sonneblomolie

10ml kerriepoeier

2ml borrie

500ml kookwater

12,5ml blatjang

5ml sout

knypie peper

500g rou boerewors

410g appelkooshelftes

375ml rou rys

grasuie vir garnering (opsioneel)

Skil en kap ui fyn. Halveer, en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie. Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank. Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak. Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos helftes oor wors en giet sap ook oor. Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor. Lewer 4-6 porsies.

BOEREWORS MET DIK UIE SOUS

Berei boerewors voor volgens eie behoefte.

DIK UIESOUS:

25ml margarien

2 groot uie(fyngekap)

125ml rys

125ml vleisaftreksel

2.5ml sout

1ml peper

1 eiergeel

12.5ml room

Smelt die botter.  Braai die ui tot deurskynend. Voeg die rys en aftreksel by. Voeg die sout en peper by. Kook 30minute lank. Die rys moet baie sag wees. Vryf die mengsel deur ‘n sif of versap dit. Roer die eiergeel en room of bo-melk by.

Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the video athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk

Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the video athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk

BAKED BOEREWORS ROLLS

Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the vido athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk

2 large onions
1 can of tomatoes
1 punnet of good quality boerewors
Bread dough (gekoopte deeg by kettingwinkel)

Brown the sliced onions and tomatoes and allow the smoor to thicken.

Braai wors until just cooked.
Cut the bread dough into rectangles of 20cmx30cm and starting at the bottom, place a piece of boerie and tomato/onion mix on the dough. Fold over and cut with a pizza cutter.
Brush with a beaten egg mixture and bake on a baking sheet or Plate Setter or Pizza Stone at 180◦C for 10 – 12 minutes.

WORS MET APPELRINGE

4 stukke wors

1 ui, fyn gekap

65ml botter

2 middelslag appels, geskil en in ringe gesny

Suiker na smaak

Braai wors in die helfte van die botter tot gaar en goudbruin. Braai appelringe in ‘n ander pan in res van botter tot net gaar en strooi ‘n bietjie suiker daaroor indien jy hulle eers wil karamelliseer.

Rangskik wors, ui en warm appelringe op ‘n warm opdienbord en sit voor saam met vars volkoring of rogbrood.

WORS EN GROENTE GEBAK

2 groen soetrissies, in dun repe gesny

2 medium uie, in dun skywe gesny

2 vet knoffelhuisies, grof gekap (of tl knoffel)

8 kleinerige heel tamaties

10ml gedroogde orego

knippie fyn brandrissievlokkies

30ml olyfolie

sout en varsgemaalde swartpeper

1kg boerewors, in 10cm-lengtes gesny

Gaar mieliepap om mee voor te sit

Voorverhit die oond tot 180C. Rangskik soetrissies, uie, knoffel en tamaties in ‘n mediumgrootte oondvaste bak. Sprinkel orego en brandrissie oor. Giet olie oor en meng deur. Geur mildelik met sout en peper. Verbruin die wors vinnig in ‘n bietjie olie in ‘n dikboompan, skep uit en rangskik bo-op die groentes. Bak ongeveer 20 minute lank tot die wors asook die groentes gaar is. (Rooster vinnig-indien nodig om verder te verbruin. Sit voor saam met die mieliepap en skep van die pansouse oor. Lewer 5 – 6 porsies.

ANDERSE PAP EN WORS

600g boerewors

625ml water

200ml gerasperde Cheddarkaas

25ml rissie-en-knoffelsous

250ml mieliemeel

Sout en peper na smaak

410g tamatie-en-uiesmoor

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar. Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik. Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op. Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.

BAKED PAP AND WORS: [rainbow cooking]

BAKED PAP AND WORS: [rainbow cooking]

BAKED PAP EN WORS

Deur:  Rainbow cooking
An old time favourite – pap, wors en sous (porridge, sausage and sauce) – served as a one-dish meal.
INGREDIENTS:
600 gram boerewors (South African sausage)
2 cups water
1 1/2 cups maize meal (pap)
Salt and pepper
¾ cup (200 ml) grated Cheddar or Tasty cheese
Optional: ¼ cup (60 ml) frozen corn to add to porridge
For the sheba sauce
410 gram tin of tomato and onion
Garlic and mild or hot chilli, according to taste, added to tomato and onion mixture
METHOD:
1.Heat oven to 180°C
2.Grease a round, medium sized ovenproof dish.
3.Keep the wors in a spiral and fry it in a heated saucepan until brown and cooked. Alternatively, barbeque the wors.
4.Remove from saucepan.
5.Boil the water in a saucpan. Add ½ teaspoon salt. Add the maize meal, stir with a wooden spoon, and simmer until cooked.
6.Add a little grated cheese to the stiff porridge. Taste and season with more salt and pepper if needed.
7.Add frozen corn if used. Put the porridge / “stywe pap” in the ovendish.
8.Place the boerewors on top in its spiral shape.
9.Heat tomato and onion mixture, salt, pepper, garlic and chilli, and simmer for 5 minutes.
10.Pour the sauce over the sausage and sprinkle cheese over.
11.Bake 20 – 30 minutes.

WORSKASSEROL

Sit pakkie gevriesde boerewors vir 1 minuut in mikrogolf (ongevriesde wors is pap en werk moeilik).

Gooi intussen 1 koppie rou rys in kasserol.

Meng pakkie beesstertsop met 3 koppies water.

Sny wors in 1 cm stukkies en pak op rys.

Gooi 1 koppie elk gevriesde ertjies- en mielies oor wors.

Gooi sop met water oor alles en bak by 180 grade C vir 1 uur.

Het al tamatiesop gebruik~ die kinders dink die rooi rys is “cool” !

Elna Kuyts

 BOREWORS LEKKERTE

500g boerewors

2 uie, opgekap

2 Knoffelhuisies, fyngemaak

Basieliekruid

1 pakkie sampioene

1 eetlepel meel om dis te bind

1 blikkie gebakte bone

1 blikkie gekapte tamaties

2 teelepels worcestersous

20ml bruinsuiker

Sout en peper

Braai die wors in ‘n pan tot gaar.

Haal dit uit die pan en sny in skywe en sit eenkant.

Braai die uie, knoffel, sampioene en basieliekruid saam en voeg bietjie meel by om te bind.

Gooi die gebakte bone, tamaties, worcestersous, bruinsuiker, sout en peper by en

laat dit prut.

Gooi die gaar wors terug en laat dit deur prut.

Bedien dit op pap, rys, koes-koes of brood.

BOEREWORS SOSATIES

Braai wors tot amper gaar. Sny in “bite size” stukkies. Ryg op sosatie stokkies met kersie tamaties, sampioene, peppers, uie, baby marrows  en sit terug op kole. Smeer so bietjie bbq sous oor bv.  Jimmy sous tot groente sag is.

BOEREWORS SOSATIES: [MAROELAMEDIA – Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai]
Uitgewer: Struik
lewer 12
Suid-Afrika se gunsteling-wors maak uitmuntende sosaties – en dis ʼn welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.
BENODIG:
750 g boerewors van die beste gehalte
12 Houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
1 groot rooi-ui, in wiggies gesny
12 kersietamaties
1 rooi, groen of geel soetrissie, ontpit en in groterige stukke gesny
Olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper
MAAK DAN SO:
1. Gebruik ʼn skerp mes en sny die boerewors in stukke van 3-4 cm lank. Sit ʼn uiwiggie ʼn stuk boerewors, tamatie, nog ʼn stuk boerewors en ʼn stuk soetrissie op elke sosatiestokkie.
2. Plaas in ʼn bakpan en smeer olyfolie oor die sosaties. Geur deeglik met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit.
3. Braai 7-10 minute aan ʼn kant.

boerewors 55

Elna Kluyts

 BOEREWORS MET PERSKES 

1groot ui,

1 kg boerewors,

30ml sonneblom olie,

1 blik(410g)perskeskywe,

50ml blatjang,

5ml sojasous.

Skil en kerf die ui.

Braai wors en ui saam oor matige hitte in die olie tot gaar.

Dreineer die perskeskywe,behou die sap.

Versprei die perskes oor die wors.

Meng perskesap,blatjang en sojasous en giet bo-oor wors mengsel.

Prut vir so 20 minute of totdat n lekker sous gevorm het.

Bedien saam rys,pasta of kapok aartappels.

Elna Kluyts

WORS KASSEROL

500g rou wors in stukkies gesny,

ui gekap,

gekleurde pepers gekap,

3 aartappels in blokkies gesny,

3 wortels in skyfies gesny,

tamatie geskil en gekap.

10ml matige kerrie poeier,

5ml borrie,

15ml suiker.

sout en peper na smaak afhangende van wors se sout inhoud.

Braai uie en pepers en voeg wors wortels en aartappels by

roer braai tot wortels en aartappels addante is,

gooi nou kerrie, suiker en borrie by en gekapte tamatie,

voeg so twee koppies kookwater by,

bring tot kookpunt en stel hitte af.

Laat prut en voeg sout en peper na smaak by.

Kan met rys of pap bedien.

Ek ook al so koppie vol rou macaroni bygevoeg as ek die kookwater by sit,

wors6

Nederige worsgereg

NEDERIGE WORSPOT: [BOEREKOS KOOKENGENIET]
My gesin se gunsteling pot, die is ‘n baie nederige pot.. trooskos
Bietjie kookolie vir braai
2 el botter
1 kg boerewors
500 g varkworsies
1 blikkie botterbone
3 tl koekmeelblom
3 kop aftreksel van jou keuse
halwe kop rooi wyn
2 el tamatiepuree
1 tl mosterdpoeier
1 el worcestersous
1 tl tiemie
3 groot uie grof gekap
6 knoffelhuisies , mooi gekneus
paar geelwortels skil af en lang “stir-fry” repies gesny
vars gemaalde swartpeper

MAAK DAN SO:
Maak bietjie kookolie in ‘n groot pot warm, braai wors aan albei kante tot mooi bruin.
Plaas 2 el botter by, gooi uie, knoffel en wortels by. Potbraai vir vyf minute alles saam oor matige hitte Maak pasta met water en koekmeelblom en gooi by worspot saam aftreksel , gooi nou botterbone by, die res van die bestanddele by, bring tot kookpunt en prut stadig vir so 5 minute. Skep op saam kapokaartappels of lekker vars brood om al daai sousies op te skep.

Rencia Odendaal Pretorius

KERRIEKOS: (WORS)

500g boerewors, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekneus

2 uie gekap

15ml kookolie

2ml rissiepoeier

15ml kerriepoeier

250ml vleisaftreksel

15ml tamatiepuree

30ml suurlemoensap

5ml sout

2ml vars gemaalde swartpeper

3 aartappels, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny

Rooster wors tot byna gaar.

Hou eenkant warm.

Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie.

Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens.

Voeg verhitte vleisaftreksel,tamatiepuree, suur lemoensap, sout en peper by.

Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute.

Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik.

Sit voor met gebotterde heelgraanbrood

Simoné Venter van Wyk

TOAD IN A HOLE (WORS)

125ml melk

175ml water

2 eiers

4ml sout

250ml koekmeel

1 pakkie potato bake

500g wors

meng melk eiers water sout goed saam.

gooi dan meel en potato bake saam meng goed en laat rus vir 10 minute.

Sny wors in stukkies en sit in microwave vir 10 minute op 70% krag.

Gooi melk mengsel in lasagne bakkies druk wors in mengsels in en

bak in oond op 180 vir 35 minute en gooi kaas boor bak tot kaas gesmelt het.

Rencia Odendaal Pretorius

BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS

500 g boerewors

MOSTERDAARTAPPELS:

4 groot aartappels

4 repies spekvleis

1 ui (gekap)

1 knoffelhuisie (gekneus)

2 agurkies (gekap)

MOSTERDSOUS:

1 eiergeel

125 ml mayonnaise

15 ml aangemaakte mosterd

30 ml gekapte pietersielie of vars kruie

Berei die mosterd soos volg:

Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits

tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie

laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.

Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil

aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai

spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer.

Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg

agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd

aartappels in die middel van ‘n ronde bord en rangskik wors rondom.

Lewer 6 porsies.

BOEREWORS TERT MET MOSTERD

Bestanddele vir 12 porsies

250 g meel

sout

125 g botter of margarien

3 eier (s)

1 bossie grasuie

150 g crème fraîche/suur room

4 eetlepels korrel mostert

600 g Bratwurst/Boerewors

Komyn, fyn

Voorbereiding

Meng meel, sout en komyn, voeg botter / margarien (in klein stukkies) en 1 eier by. Verwerk tot ‘n gladde deeg. Plaas deeg in foelie en vir sowat 30 minute in die koelkas.

Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak, rol dit rond uit, sodat dit in’ n gesmeerde losboompan (ongeveer 26 cm in deursnee) pas (dit werk ook in ‘n tert pan). Vorm n rand en prik die bodem verskeie kere met ‘n vurk. Rol die wors op en plaas dit op die deeg.

Sny die grasuie in ringetjies. Meng die Crème fraîche/suur room, mosterd, en 2 eiers, roer die grasuie by. Smeer die mengsel egalig oor die wors.

Verhit die oond to 200 º C (Termo-fan175 º) en bak die tert vir ongeveer 40 minute tot goudbruin.

WORS EN APPELKOOSGEBAK

1 ui, gekap

1 knoffelhuisies, gekneus

bietjie olie

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

5 ml kerriepoeier

2,5 ml borrie

500 ml kookwater

30 ml blatjang

sout en swartpeper na smaak

2,5 ml gedroogde gemengde kruie

600 g boerewors, half gaar

1 x 410 g blik appelkooshelftes

625 ml half gaar rys

Stel oond op 180°C. Soteer uie n knoffel

in olie tot sag. Voeg soetrissie, Kerrie

en borrie by en soteer vir nog `n minuut.

Roer kookwater, blatjang, sout, peper en kruie by en laat 5 minute

prut. Sny wors in stukkies en pak in

gesmeerde oondbak. Skep warm uiemengsel bo-op

Skep rys bo-op, bedek die bak en bak 45 min lank tot rys sag is. Laat gereg `n rukkie staan voor dit voorgesit word sodat al die vloeistof geabsorbeer kan word.

  

Licelle Vorster

Hi,ek het eendag tussen my skoonma se resepte die volgende resep gekry. Sy het dit jare terug uit ‘n huisgenoot wenrespepte uitgeskeur. Dis vinnig,maklik en baie lekker.

WORS-JUWEEL GEREG

1 ui,fyngekap

1soetrissie,ontpit en in repies gesny
Olie
10 ml kerrie poeier
2ml borrie
500ml kookwater
12,5ml blatjang
5ml sout
Peper na smaak
300g rou rys
500g rou boerewors
1 blik appelkooshelftes

Metode
Soteer uie en soetrissie. Voeg kerrie en borrie by en braai effens. Voeg dan blatjang,kookwater,sout,peper by en prut vir 2min. Sny wors in stukkies en pak in oondvaste bak. Skep die uiemengsel oor en versprei eweredig. Versprei appelkooshelftes oor die wors en giet die sap ook oor. Strooi rys bo-oor. Sit deksel op en bak in ‘n voorverhitte oond van 200C vir 45min lank.

Ek kook sommer die rys apart en gooi die borrie daarin. Soms sit ek stirfry ook by. Dis ‘n lekker resep wat jy jou eie kan maak.

Wors met groente

Wors met groente

 DIE WAS OULIKE IDEE: MAAK JOU GROENTE GAAR (roast veggies)  EN GOOI STUKKIES WORS TUSSEN IN, KERSIE TAMATIES VARS PIETERSIELIE ENS

BOEREWORS AARTAPPELSLAAI: 

SLAAISOUS:

30ml wit wynasyn

125ml olyfolie

3ml swartpeper

1 knoffelhuisie fyngedruk

15ml Dijon mosterd

5ml suiker

SLAAI:

1kg baba-aartappels, met skil, gehalveer

15ml olyfolie

1 ui, dun gesny 1 rooi soetrissie, in repe gesny

500g gaar boerewors, in skyfies gesny

1 groot steel seldery, gekap

10 ml vars tiemie, gekap

Klits alles vir slaaisous saam tot goed gemeng. Kook baba aartappels tot net sag en dreineer. Verhit intussien olie en braai uie en soetrissie tot sag. Voeg worsstukkies en tiemie by en meng deur. Meng liggies met gaar aartappels. Giet slaaisous oor terwyl steeds warm. Bedien terwyl nog louwarm.

MY VINNIGE RAADOP RESEP EEN AAND TOE EK MOEDELOOS WAS MET ‘N BAK GEBRAAIDE WORS WAT TOE AL 3 DAE IN DIE YSKAS LE NA ‘N SATERDAG AAND SE BRAAI

Die foto lyk om en by hoe dit gelyk het, maar ek moet se dit was BAIE LEKKER

(Rens)

Sny wors in stukkies (grootte soos verkies)

Braai 1 groot ui gekap tot sag

Kook so 2 koppies veggie mix tot sag maar nie pap nie

Maak vinnig 2 aartappels geskil  (in blokkies gesny)  in die mikrogolf gaar

Maak 1 pakkie of pasta sous of potato bake aan met melk en gooi by die groente (ek het die 3 cheese een gebruik)

Kook deur tot dik

Gooi die wors by die groentemengsel en dan in ‘n oondvaste bak

Maak SLAP PASTEI DEEG:

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml meel en so 2 tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei .

Bak in oondby 180 grade vir ongeveer 15/25 min tot gaar en goudbruin

Het dit bedien met slaai

** My man het gese ek mag dit maar weer maak **

WORS EN FRIKADELLE

Wors en frikadelle

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
SEWENTIGS-POTJIEKOS MET BOEREWORS EN FRIKKADELLE: [MICHELLE DAVIS]
GENOEG VIR 6 – 8 MENSE
15ml [1e] olie
500g boerewors
200g rou frikkadelle voorberei volgens jou resep
Sowat 15 baba-aartappels, geskil [of hou skil aan, dis gesonder, was net goed]
10 baba-uie, geskil
500ml [2k] water
15ml [1e] bruinsouspoeier
250g sampioene
METODE:
Smeer platboompot met of olie of kossproei.
Plaas die boerewors in die pot en pak die rou frikkadelle bo-op wors.
Plaas die aartappels en uie bo-op die frikkadelle.
Meng ‘n bietjie van die water met die souspoeier en roer tot glad. Giet die res van die water by en roer goed.
Pak die sampioene bo-op en giet die sousmengsel in die pot.
Plaas die deksel op en kook sowat 30 – 40 minute oor matige kole tot gaar.
Sit voor saam met rys en slaai of groente
Jy kan dit ook in die oond maak in jou kasserol met jou deksel op

FRUITY BOEREWORS CASSEROLE:

DEUR: CHECKERS
(Serves 6)
10 ml cooking oil
2 medium onions, sliced
about 600 g thick Championship Boerewors, cut into 3cm
pieces
3 medium potatoes, peeled and cubed
250 ml beef stock
30 ml cake flour
15 ml dried oreganum
salt and freshly ground black pepper to taste
100 g dried apricots, halved
70 g dried prunes, cut into quarters
30 ml vinegar
45 ml fruit chutney
HERE’S HOW:
• Heat the oil in a large pan and sauté the onion until transparent.
Add boerewors and fry until lightly browned. Add the potatoes and beef stock, cover with a lid and simmer for 10 minutes.
• Stir in the cake flour, oreganum, seasoning, dried fruit, vinegar and fruit chutney. Reduce the heat and simmer another 10 minutes or until potatoes are cooked.
• Serve with fluffy white rice.

BOEREWORS BAKED POTATO:

DEUR: CHECKERS
Serves 6
15 ml cooking oil
1 medium onion, finely chopped
2 celery sticks, finely chopped
410 g tin peeled and chopped tomatoes
45 ml tomato puree
125 ml water
about 300 g thin Championship Boerewors
6 large potatoes
salt and freshly ground black pepper to taste
125 ml grated cheddar cheese
Sauce:
Heat oil and sauté onions and celery until soft. Add
the chopped tomato, tomato puree and water and simmer
for 5-10 minutes. Set aside.
• Heat a frying pan and fry the boerewors with a little water
until browned on both sides. Remove from pan and cut
into 3 cm pieces.
• Rinse the potatoes in cold water and prick with a fork. Rub
the potatoes with salt and pepper and cook in the
microwave for about 12 minutes at 900W power. Allow to
cool slightly.
• Cut a shallow cross in the top of each potato and squeeze
from the sides so that the top opens up. Press 4 pieces of
boerewors into each potato, so that it slightly sticks out the
top. Spoon the sauce into the cavity and sprinkle with
grated cheese.
• Place the potatoes on a baking tray under the grill for 10
minutes, until the cheese has melted and slightly browned.

BOEREWORS BREAKFAST ROLLS:

Deur: CHECKERS
(Serves 4)
4 hotdog rolls (white or whole wheat)
30 ml hot english mustard / sauce of choice
6 large eggs
200 ml milk
salt and freshly ground black pepper to taste
5 ml butter
about 600 g Championship Boerewors, cut into 18 cm slices
1 tomato, cut into small cubes
HERE’S HOW:
• Cut open each roll through the middle length ways.
Spread with mustard or sauce of choice.
• Whisk the eggs, milk and seasoning together.
• Melt the butter in a heated pan and scramble the egg
mixture over medium heat for about 4 minutes. Remove
from the heat.
• Fry boerewors in a pan with a little water until cooked and
brown on both sides.
• To assemble the roll, spoon the scrambled egg into the
hotdog roll, arrange the boerewors in the scrambled egg
and top with fresh tomato pieces.

Mieliemeel resepte


  Foto geleen by KOM ONS BRAAI (Pinterest)

Foto geleen by KOM ONS BRAAI (Pinterest)

MIELIEPAP IN DIE OOND
Uit Onthoukos
Lewer 4 – 6 porsies
’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit.
360 g (750 ml) growwe mieliemeel
250 ml (1 k) melk
500 ml (2 k) water
60 ml (¼ k)olyfolie
2 x 410 g-blikke suikermielies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
½ klein ui, in dun wiggies gesny
6-8 knopiesampioene, in dik wiggies gesny
10-12 takkies vars tiemie
1. Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n vlak oondvaste bak liggies met olyfolie.
2. Roer meel, melk, water, olie en suikermielies in oondbak saam en geur na smaak. Roer weer deur.
3. Strooi ui en sampioene oral oor mengsel, maar moenie weer roer nie. Sprinkel tiemie oral oor.
4. Bak vir 1 uur of tot meel gaar en gereg goudbruin bo-op is.
Wenk
1. Laat ui en sampioene uit en skep ’n dik tamatiesmoor bo-op, sprinkel met ’n bietjie kaas en bak soos beskryf. Stukkies gebraaide spek kan ook bygevoeg word.
http://www.heleenmeyer.co.za/kospos-blog/categories/rsg-groen-kombuis/

 

PAPTERT

Braaivleis met n paptert is die ware Jakob. Die paptert kan al die vorige dag gemaak word en net op die dag van die braai in die oond gesteek word. Jy kan n paptert verskeie geure en smake gee.

BENODIG:
3 koppies mieliemeel
3 koppies melk
4 koppies water
60ml botter
1 pakkie spek
1 ui in ringe gesny
30 ml olie
1 blikkie tamatie en uiesmoor
10 ml gemengde kruie
4 kaasworsies (opsioneel)
1 blik heelpit mielies
2 koppies gerasperde kaas van jou keuse
sout en peper

Metode:
1. braai die uie in 30 ml olie
2. snipper die spek en braai saam met die uie
3. sny die worsies in ringetjies en braai ook saam met spek
4. roer 10ml gemengde kruie en tamatie in blikkie by en kook deur vir 10 minute – hou nou die mengsel eenkant
5. verhit die melk en water in n kastrol
6. voeg die mieliemeel, sout en peper by en roer dat dit nie klonte maak nie – laat dit vir 15 minute prut
7. roer die botter by die pap
8. roer die heelpitmielies in die pap
9. smeer n oondvaste bak en skep n lagie pap onder in die bak
10. gevolg deur n lagie spek en uie mengsel
11. gevolg deur n lagie kaas, herhaal die lagies nog een keer
12. eindig heel bo met n lagie kaas
13. bak dit vir 40 minute by 180 grade Celsius

Jy kan enige vulsel gebruik waarvan jy hou. Die spek kan vervang word met groente. Ek het n anyskaas gebruik in die paptert. Die keuse van die kaas berus ook op n persoonlike besluit. Het die tert al met heerlike bloukaas gemaak.

Deur: Marinda kook

*

MIELIEPAP FRIKKADELLE: [IETS ANDERS SAAM MET JOU BRAAI]
Deur: Kos vir kampeerders
Stywe Pap
‘n Blikkie Heelpit Mielies
30 g Margarien
Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper

Voeg mielies en botter by pap en meng goed. Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.
Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute of in platboompot.
Dit kan ook in jou mikrogolf gebak word vir 6 – 8 minute op HOOG of tot kaas gesmelt het en die gereg warm is.
Wenk
Sterk gerasperde kaas kan oor die frikkadelle gestrooi word net voordat dit gebak word.

*

MIELIEPAP FRIKKADELLE: [IETS ANDERS SAAM MET JOU BRAAI]
Deur: Kos vir kampeerders
Stywe Pap
‘n Blikkie Heelpit Mielies
30 g Margarien
Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper

Voeg mielies en botter by pap en meng goed. Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.
Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute of in platboompot.
Dit kan ook in jou mikrogolf gebak word vir 6 – 8 minute op HOOG of tot kaas gesmelt het en die gereg warm is.
Wenk
Sterk gerasperde kaas kan oor die frikkadelle gestrooi word net voordat dit gebak word.

*
MIELIEPAP GENOT: 
by: Kos vir kampeerders
1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai

Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie.
Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies en laat nog ’n uur prut.
Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by.
Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt of skep pap in oondskottel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor, strooi res van kaas bo-oor en bak vir 30 minute by 180.

*

WILLIE SE PAPTERT
1 Kg mieliemeel
Sout na smaak
1 blikkie sweetcorn mielies
500ml room
500gr gerasperde chedder kaas (verdeel in 2)
250gr spek (gesnipper)(jy kan tot 500gr gebruik as jy wil)
1 Pakkie vars sampioene (gekap)
2 uie (gekap)
1 Blikkie tamatie en uie smoor (gebruik die Mexican geur – dit gee ‘n lekker byt)
1 pakkie Knorr Sausage gravy poeier

Metode:
Kook die mieliepap soos ontbyt pap (medium slap)
Braai intussen die uie, sampioene en spek tot mooi bruin en voeg dan die tamatie en uie smoor by
Laat rustig prut tot deurgaar en dik en gooi dan die sausage gravy poeier, sout, peper en speserye na smaak by.
Wanneer die pap gaar is voeg die blikkie mielies by en die helfte van die kaas. Meng goed. Voeg nou die room by en roer die papmengsel deur.
Smeer ‘n terbak met bietjie botter
Skep nou ‘n dun lagie pap in die bak – ongeveer 1cm dik.
Skep die spek en uie/tamatie mengsel oor – pasop dat dit nie met die pap meng nie
Herhaal nou in lae tot alles klaar is en eindig af met die spek en uie/tamatie mengsel.
Strooi die ander helfte van die kaas oor en laat staan vir ‘n rukkie.
Bak paptert in oond vir 20 minute by 180 C (jy wil basies net alles weer stadig warm maak en die kaas smelt – alles is mos klaar gaar)
Die voordeel van die paptert is, dit kan hele ruk voor die tyd gemaak word en net voor julle eet kan dit in die oond gedruk word om net weer warm te word)

*
MIELIEPAP GENOT: 
by: Kos vir kampeerders
1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai

Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie.
Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies en laat nog ’n uur prut.
Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by.
Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt of skep pap in oondskottel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor, strooi res van kaas bo-oor en bak vir 30 minute by 180.

Artikel: Margie Els-Burger, bygestaan deur Nomvuselelo Mncube Fotograaf: Roelene Prinsloo Met komplimente van Your Family

Artikel: Margie Els-Burger, bygestaan deur Nomvuselelo Mncube
Fotograaf: Roelene Prinsloo
Met komplimente van Your Family

GEURIGE BILTONG EN KAAS PAP

http://www.voelgoed.co.za/geurige-biltong-mieliepap

Seker die lekkerste Suid-Afrikaanse tradisie, is om te braai. En wat gaan beter saam met ’n gebraaide vleisie as mieliepap? Dan het hierdie resep nog biltong ook by! Beslis ’n wenner.

Genoeg vir 6
Tyd: 1 uur 15 minute
BESTANDDELE
1,25 liter water
15 ml sout
750 ml mieliemeel
1 x 410g blik geroomde suikermielies
hand vol vars tiemie
2 x 410 g blik gekapte tamaties
15 ml olyfolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
250 g knopiesampioene, in skyfies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
250 ml gekerfde biltong
375 ml Cheddarkaas, gerasper
METODE
1 Verhit die oond tot 220°C. Smeer ’n 30 cm x 25 cm oondvaste bak.
2 Bring die water en sout tot kookpunt in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm. Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf.
3 Voeg die suikermielies en tiemie by. Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. Skep die tamaties in ’n laag bo-oor.
4 Verhit die olie in ’n kastrol oor hoë hitte en braai die uie, knoffel en sampioene vir 5 minute tot goudkleurig. Geur en skep bo-op die tamatielaag.
5 Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.
Bronne
Artikel: Margie Els-Burger, bygestaan deur Nomvuselelo Mncube
Fotograaf: Roelene Prinsloo
Met komplimente van Your Family

*

RSG

RSG

Program: Brêkfis met Derrich

 http://www.rsg.co.za/resepte_kuik.asp?id=1953

 PAP EN WORS MET ‘N TWIST   

 Stywe pap

3 koppies water

2 teelepels sout

1 koppie mieliemeel

1 – 2 eetlepels botter

½ koppie vars mieliepitte

Vulsel
± 3 varkworsies, of hoenderwors, of boerewors, die lengte van die broodpannetjie

Stywe pap
Verhit die water en sout in ‘n medium kastrol tot kookpunt.
Voeg die mieliemeel daarby en roer tot gaar, ongeveer 12 – 15 minute.
Roer die botter en mieliepitte by.

“Pap en wors”
Voorverhit die oond tot 180°C.
Voer ‘n 18 cm x 5 cm broodpannetjie met kleefplastiek uit.
Verwyder die derms om die wors.
Skep ongeveer die helfte van die pap in die broodpannetjie.
Pak twee stukke wors in die lengte van die broodpannetjie en plaas ‘n derde stuk wors daarop.
Skep die res van die mieliepap in die broodpannetjie om die wors te bedek.
Maak die oppervlak netjies en glad en bak vir 25 – 30 minute.
Verwyder uit die oond en sodra dit effens afgekoel het, keer die ‘pap en wors’ uit en sny in skywe.
Bedien met tamatiesmoor.

*

PAPTERT: [ONBEKEND]

Maak groot pot stywe pap.
1 Houer Room (250ml)
Cheddar Kaas gerasper
1 Pakkie soppoeier van jou keuse
Braai die volgende saam:
Olyf olie
2 Groot uie gekap.
1 Geel pepper gekap
Pakkie koppie sampioene in skyfies gesny
5 Groot tamaties in fyn stukkies gesny
10 – 15ml knoffel
Sout na smaak
5ml gemengde kruie

Meng ‘n pakkie soppoeier van jou keuse met melk en voeg by die uie mengsel – prut tot dik en gaar.
Smeer ‘n swart oond pan goed met margarien.
Plaas ‘n dik laag pap onder in die pan.
Gooi die helfte van die sous mengsel oor die pap en versprei goed. Gooi genoeg gerasperde kaas oor om te bedek.
Gooi nou die helfte van die room bo-oor.
Herhaal nou volgorde tot al die bestandele op gebruik is.
Eindig met Kaas.
Plaas in voorbereide oond tot kaas goed gesmelt is – hou warm in lou oond.

*

FEESPAP: [Annetjie Cilliers]
Deur:  Kos vir kampeerders met idees vir kampering
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas

Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel.
Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie.
Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene.
Skep in lae in bakskottel:
Pap, dan spek mengsel.
Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is.
Bedien saam met braaivleis.

*

MIELIEMEELBALLE
Lewer 12 balle
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 20 minute250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) sagte gaar mieliemeel
1 eier
5 ml (1 t) bakpoeier
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
250 g spekstukkies, gaar
olie vir vlak braai1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Meng al die bestanddele behalwe die olie goed en sit eenkant.
3. Verhit die olie in ’n braaipan. Skep lepels vol van die beslag in die olie en braai tot oraloor goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
4. Plaas die balle op ’n bakplaat en bak 15 tot 20 minute. Sit voor saam met blatjang of salsa.

Mieliemeelballe
Mieliemeelballe

MIELIEPAPBOLLETJIES: [ONBEKEND]
Deur:  Kos vir kampeerders met idees vir kampering
Gaar mieliemeel pap
250 g spekvleis
2 uie fyn gekap
1 groen soetrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gedruk
1 eier geklits
sout
1 ml rooipeper
50 ml pietersielie fyn gekap
bolletjies in rol:
2 eiers geklits
sagte broodkrummels
olie vir diepvetbraai

Braai spekvleis tot bros.
Voeg uie, soetrissie en knoffel by en braai tot sag.
Voeg by mieliepap en meng goed.
Voeg die eier, rooipeper, sout na smaak en pietersielie by en meng goed.
Vorm in bolletjies so groot soos okkerneute.
Doop in geklitste eier en dan in broodkrummels, braai in diep olie tot goudbruin.

*

KRUMMELPAP VERRASSING: (Onbekend)
4 x 250ml krummelpap
500ml bruinbroodkrummels
5ml sout
250g botter
500g bladspek
500ml melk
8 eiers, geskei
285g blik geroomde sampioene
285g blik gesnipperde sampioene, gedreineer
500ml Chedderkaas, gerasper
170g blikkie ingedampte melk

Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondskottel.
Meng die krummelpap, brood krummels en sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed. Braai die spek bros en krummel dit. Hou ‘n bietjie van die spek vir garnering en voeg die res van die spek by die krummelpapmengsel. Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350ml van die kaas by die mengsel. Skep dit in die oondskottel uit en bak dit vir ongeveer ‘n uur lank. Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor en gooi die ingedampte melk oor. Plaas die gereg vir ongeveer 5 tot 10 minute terug in die oond. Bedien saam met braaivleis.

*

MIELIEMEELBROODJIE: [ONBEKEND]
Dis ‘n lekker brood vir saam met braaivleis en maklik om te maak. Soos meeste glutenvrye gebak is dit op sy lekkerste vars uit die oond en doen nie te wel na ‘n dag of twee nie.
Meng 350g (500ml) mieliemeel, 10ml bakpoeier 5ml sout saam. Verhit 125ml melk, 100g (125ml) suiker en 100g (100ml) botter tot kookpunt. Voeg nog 250ml melk en 3 eiers by die meelmengsel. Klop tot goed gemeng. Voeg nou die kokende melkmengsel by en meng goed. Die deeg is loperig. Gooi in brood pannetjie en bak ongeveer 45 minute by 180 grade Celsius tot gaar. Keer uit op draadrak en laat effens afkoel. Geniet!

*

MIELIEPAP BOLLE
Maak stywe krummelpap. Laat effe afkoel. Rol in frikadelle grootte en sit in bakplaat.
Braai uie, sampioene, spek en tamaties tot sag (dit hang af hoeveel papballe jy maak)
Maak lekker groot gat met jou duim in die papbal en skep die mengsel daarin. Druk effe toe
Gooi een houertjie room bo-oor en lekker baie gerasperde kaas
Bak vir 1 uur by 180 C
Maak seker al die room het tussen die balle in gebak.
Vir variasie: gooi blikkie suiker mielies (sweetcorn) of pitmielies by jou pap voor jy dit bolletjies rol.

*

KONDENSMELKPAP
2 L water
10ml sout
500ml mieliemeel
maak gewone stywe pap en kook tot gaar
Voeg by,
1 blikkie room mielies
1 blikkie kondensmelk
250gr botter
Bedien warm op

*

Venti de Lange
MIELIEPAP 
4 koppies mieliemeel
1 pakkie chakalaka papmengsel
1 bossie spinasie, gewas en versnipper
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
1 rooi soerissie in blokkies gesny
Opsioneel :- rissie, sampioene of waarvan jy ookal hou.

Metode:
Vul kastrol met 2 liter water en voeg by papmengsel en 30 ml botter. Bring tot by kookpunt. Voeg meel by 1 liter koue water. Voeg mieliemeel-mengsel by kookwater-papmengsel. Sit plaat op lae hitte. Terwyl dit kook die res van die botter in pan en verbruin uie. Voeg wortels, soetrissie en spinasie by en braai tot spinasie verwelk. Voeg by pap en op LAE hitte en kook dit vir nog 15 minute of tot die groente sag is. Roer af en toe. bydrae: Petro van der Westhuizen

*

KAASPAP
Bestanddele
500 ml Water
500 ml Melk
500 ml Mieliemeel
30 ml Margarien
5 ml Sout
2 Eiers
500 ml Cheddar Kaas
1 Blik mieliepitte

Metode
Meng die water, melk en meel in ‘n diep 2l bak. Voeg margarien en sout by.
Bedek en mikrogolf teen 100% krag vir 15 minute. Roer elke 5 minute met vurk. Rasper die kaas. Klop die eiers liggies. Klop ‘n bietjie van die warm pap by die eiers.
Klop die pap/ eiermengsel vinnig by die res van die pap. Roer kaas en mieliepitte by.
Bedek en mikrogolf by 50% krag vir 20 minute. Roer die pap goed na die eerste 10 minute. Laat die pap ‘n paar minute staan. Sit warm voor.

Wenk
Hierdie pap is heerlik saam met braaivleis.

*

MIELIEPAPTERT
1 liter kookwater
3 ml sout
420 ml mieliemeel
Vulsel:
250 g spekvleis
150g (300ml) gekapte sampioene
25 ml olie
125 ml Cheddarkaas, gerasper
50 ml room
3 ml varsgemaalde swartpeper
knippie sout
50 ml olie
Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot ‘n matige stywe pap verkry word. Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.

Vulsel:
Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit. Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet. Voeg die olie by indien nodig. Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke. Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin. Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor. Sprinkel ‘n bietjie room, olie en geurmiddels oor. Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is. Bak die tert 1 uur by 160ºC. Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom.

*

PAPTERT:
Lekker groot pot krummelpap – groterige korrels wat lekker sal kan in balvorm kleef (gaar en half afgekoel)
2 kop bruinbroodkrummels
3/4 kop botter (gesmelt)
3 pake bladspek
1/2 kop melk
6 eiers, geskei
1blik geroomde sampioene
1blik gesnipperde sampioene gedreineer
2 lekker vol kops gerasperde Chedder
170g blikkie ingedampte melk
350 ml suurroom
5ml sout
oond op 180C en smeer oondskottel.Braai die spek bros in botter en krummel dit. Hou ‘n bietjie van die spek vir garnering. Meng die pap, krummels en sout, voeg die botter by+meng goed. Voeg spek by krummelpapmengsel. Klits melk+eiergele saam en voeg dit en die sampioene en helfte van die kaas by papmengsel (kan stewiger gemaak word met xtra krummelpap of verslap met gebruik van melk)Rol nou bolle van papmengsel en plaas in oondskottel. Sprinkel res van kaas en spek oor. Giet suurroom nou oor papbolle gevolg deur ingedampte melk. Bak +- 45 min..

*

PAPTERT MET GROENTE

Stywe pap
Kaas, gerasper
Groente (uie, sampioene, wortels, baby marrows, kool, ens), gestoom
Kruie, sout, peper

In ‘n oondbak, pak ‘n laag pap, dan die groente, geur dit, dan kaas. Herhaal die lae en bak in oond tot kaas gesmelt

*

mieliebrood

MIELIEBROOD
1 kop koekmeel
1 kop mieliemeel
3 t bakpoeier
1 t sout
125 ml olie
125 ml suiker
3 eiers
1 blik geroomde suikermielies
Klits die volgende saam: olie, suiker en eiers. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Roer mielies by. Giet in broodpannetjie en bedek liggies met foelie. Bak by 180ºC vir ongeveer 1 uur.

*

Adéle Van Zyl Filmalter
MIELIEMEEL SKEPBROOD
500 ml melk
170 ml mieliemeel
2 ml sout
45 g botter
4 eiers geskei
Oond 180º C
Laat melk opkook, verlaag hitte en roere mieliemeel en sout in melk in. Hou aan roer tot dik. Voeg botter by, verwyder van hitte en laat effe afkoel. Voeg eiergele een vir een by. Klop eierwitte styf en vou in. Plaas in gesmeerde kasserolbak en bak sowat 40 minute. Sit voor met botter of eet saam met die sousie van ‘n stowegereg of saam met braaivleis!

*

MIELIEBROOD
4 eiers
125ml melk
45ml suiker
30ml olie
250 mieliemeel
5ml bakpoeier
30 ml maizina
5 ml sout
1 blik roommielies
1 blik pitmielies
Klits eiers, melk, suiker en olie. Voeg droee bestandele by. Roer nou die mielies by. Meng goed – Bak ongeveer 45 min op 180 grade.

*

MIELIEPAP MUFFINS: [SARIEKOS]

Saam met braaivleis!
Jy benodig (vir 6)
• 2 koppies mieliemeel
• 4 koppies water
• 1 teelepel sout
• 3 eetlepels olyfolie of botter
• 2 eiers
• 2 hande vol kaas, gerasper
• 4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
• 1 teelepel rooipeper
• 1 teelepel paprika
• 1 koppie heel mieliepitte
• 6 sondroogtamaties, gekap
• 12 kersietamaties, gehalveer
Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 200 ºC.
2 Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ’n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel.
3 Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.
4 Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.
Wenk:
Die muffins is ’n blink plan as jy oorskietpap het. Gooi ’n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis ’n geduldige resep dié.

MIELIEPAP MUFFINS

Ontbyt pizza


ONTBYT PIZZA

Gebruik  gekoopte Today pizza base

Braai spek, sampioene, uie en peppers tot sag. Smeer nog tamatie relish op base indien verkies. Skep mengsel op die base.

Maak roereiers en skep  bo-op. Stip met mayonasie en rasper baie kaas oor.

In die oond by 200 C vir so 15/20 minute

Klapper Brownies


Adapted from: recipetipster

Adapted from: recipetipster

KLAPPER BROWNIES
Deur: recipetipster
Bestanddele:
1 pan brownies (gebruik ‘n gewone resep of sommer ‘n boksie gekoopte brownie mix)
5 en 1/3 koppies klapper
1 Blikkie versoete kondensmelk
1 ½ koppies versiersuiker
1 ¼ kop sjokolade versiersel
AANWYSINGS:
Bak brownies en laat heeltemal afkoel.
In nou menger – meng klapper, versoete kondensmelk, en versiersuiker tot goed gemeng
Smeer klapper mengsel oor koek
Sit jou sjokolade versiersel vir net ‘n paar sekondes in die mikrogolf tot dit ‘n sagte smeerbare mengsel is.
Gooi die versiersel oor die klapper mengsel. Laat afkoel en sny in blokkies.

BROWNIES
1 kop botter
2 kop suiker
3 eiers
2 teelepel. vanielje
½ kop. kakao
½ tl sout
2 kop meel
1 kop melk
1 kop gekapte pekanneute (opsioneel)
AANWYSINGS:
Verhit die oond tot 180 C
Room botter en suiker saam.
Klits eiers, kakao, vanielje en sout.
Voeg die meel en melk bietjies gewys by en klits elke keer goed
Eweredig versprei in gesmeerde pan.
Bak vir 15 minute of tot gaar in die middel en die koek net begin wegtrek van die kante.
Laat koud word

Sjokoladeversiersel
Bestanddele
½ koppie suiker
½ koppie kakao
3 eetlepels mielieblom (maizina)
1 koppie koue water
4 ½ teelepels botter
1 teelepel vanieljegeursel
In ‘n kastrol, meng die suiker, kakao en mielieblom. Voeg water by en roer tot glad. Bring tot kookpunt, Kook en roer vir 1 minuut of tot verdik. Verwyder van die hitte, roer die botter en vanielje tot glad. Versprei oor koek versiersel terwyl nog warm is. Die resep lewer: 1 ¼ kop sjokolade versiersuiker