Tag Archive | omelet

Omelette/omelet


omelet

SPEK EN KAAS OMELET (Sjef in jou Kombuis)

2 eiers
1 eetl water
Mespunt mosterd
Sout en peper na smaak
2-3 repies brosgebraaide spek
Halwe koppie gerasperde kaas

Klits die eiers, water, mosterd, sout en peper baie goed saam todat daar so skuimerigheid bo-op vorm
Braai dit in ‘n warm pan, nie nie te warm sodat jou omelet brand nog voor hy gaar is nie, maar warm genoeg sodat wat binne in is gaar word
Sit jou spek en kaas in, vou toe en laat die kaas smelt
Bedien warm
Genoeg vir 1 omelet

Variasies:
Tamatie
Uie
Groenrissie
Sampioene
Maalvleis
Ham
Hoender repies

???????????????????????????????

BASIESE OMELETTE

1. Gebruik 1 eier vir elke persoon en 1 e vloeistof (water of melk) vir elke eier.
2. Klits die wit van die eiers styf en sonder om die eierklitser te was, klits die geel van
die eiers tot dit liggeel van kleur is. Voeg die vloeistof en sout na smaak by die geel
van die eiers.
3. Vou die styfgeklopte wit van die eiers in die geel.
4. Verhit ʼn braaipan en smeer dit op die boom en aan die kante met botter of vet. Die
pan moet klein genoeg wees dat die eiermengsel nie te dun uitsprei nie en goed
kan rys.
5. Gooi die eiermengsel in die pan en maak dit gaar oor stadige hitte totdat dit
opgepof en ligbruin van onder is.
6. Laat die pan ʼn paar minute lank in ʼn matige oond staan tot die omelet bo-op droog
is. (As die omelet te lank bak, sal dit krimp en taai word.)
7. Maak ʼn duik in die meddel van die omelet met die agterkant van ʼn mes en maak
dit los van die kante van die pan met die mes.
8. Streek ʼn slaplem-mes onder die een helfte in en vou dit toe oor die een helfte in en
vou dit toe oor die ander helfte.
9. Laat dit versigtig op ʼn warm bord afgly en dien onmiddellik op.

VARIASIES

Kaas. Srooi gerasperde kaas met ʼn skerp geur oor die omelet net voordat dit toegevou of terwyl dit gaargemaak word.
Biltong. Strooi gerasperde biltong oor net voordat dit toegevou word.
Uie. Voeg 1 e fyngekapte ui en 1 t fyngekapte pieterselie by voordat die omelet-mengsel in die pan gegooi word.
Ham. Of enige soort koue vleis of pluimvee. Maal die gaar vleis fyn en verhit dit of braai effens bruin in warm vet en strooi dit oor die middel van die omelet terwyl dit gaar word.
Groente. Meng enige gaar groente, met witsous en gebruik as vulsel vir ʼn omelet.
Vis. Maak enige gaar vis fyn, voeg sout en perer by na smaak en maak dit klam met room. Verwarm die vis en sit dit op die omelet voor-dat dit toegevou word.
Pieterselie. Braai 1 tot 3 t gekapte pieterselie in ʼn bietjie botter en voeg dit by die eiermengsel.

OMELETS

Jy kan basies enige iets op jou omelet sit wat jy in jou yskas het

OMELET MET SAMPIOENSOP

4 repies spekvleis
½ fyn gekapte soetrissie
1 ui, fyn gekap
226g sampioensop (1blikkie)
30ml melk
4 eiers, effens geklits
Knippie peper

Sny harde randjies van spekvleis af. Sny spekvleis in klein stukkies en braai bros in groot pan. Skep spekvleis uit. Braai ui en soetrissie in spekvet tot sag. Gooi sop in mengbak, roer tot glad. Roer melk by sop, voeg eiers en peper by. Gooi eiermengsel by uiemengsel. Verhit oor lae hitte. Moenie roer nie. Lig omelet langs kante op sodat rou eier kan inloop. Wanneer gestol, maar nog bo-op klam

 

OMELET MET SAMPIOENSOP
4 repies spekvleis
½ fyn gekapte soetrissie
1 ui, fyn gekap
226g sampioensop (1blikkie)
30ml melk
4 eiers, effens geklits
Knippie peper

Sny harde randjies van spekvleis af. Sny spekvleis in klein stukkies en braai bros in groot pan. Skep spekvleis uit. Braai ui en soetrissie in spekvet tot sag. Gooi sop in mengbak, roer tot glad. Roer melk by sop, voeg eiers en peper by. Gooi eiermengsel by uiemengsel. Verhit oor lae hitte. Moenie roer nie. Lig omelet langs kante op sodat rou eier kan inloop. Wanneer gestol, maar nog bo-op klam

 

LIGTE POF OMELET
2 eiers, geskei
30ml melk of room
knippie fyn neutmuskaat
vars gemaalde peper
knippie sout
15ml botter

Voorverhit die oond tot 180C. Klits eiergele 30 sekondes lank met ‘n draadklitser tot goed gemeng. Klits die room of melk, neutmuskaat en peper by. Klits die eierwitte en ‘n knippie sout tot styf, maar nie droog nie. Skep die styfgeklitste eierwitte by die eiergeelmengsel in en vou dit liggies daarby in. Smelt die botter in ‘n swaarboompan en giet die eiermengsel daarin. Braai die omelet totdat die onderkant goudbruin is en amper gaar is- ongeveer 4-6 minute lank. Plaas die pan op die middelste oondrak en bak 4-6 minute lank in die voorverhitte oond totdat dit gestol en ligbruin is.

 

PLAAS OMELET

50g rou macaroni (100 ml)
4 swoerdlose spekvleisringe
1 ui, gekap
2 tamaties, geskil en gekap
50ml gaar ertjies
4 eiers
2ml sout peper na smaak
1ml mosterdpoeier

Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer dit. Braai die spekvleis tot bros en skep dit uit. Soteer die ui in die uitgebraaide spekvet tot sag en deurskynend. Voeg die macaroni, tamaties en ertjies by en meng dit goed. Klits die eiers, sout, peper en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die mengsel. Verhit dit tot dit gestol het, terwyl die gaar eier voortdurend met ‘n eierspaan van die kante weggetrek word, sodat die rou eiermengsel onder kan invloei. Rangskik die spekvleis boop. Plaas ‘n deksel op en stoom dit nog ‘n paar minute lank.

 

SPAANSE OMELET
2 eiers
2 teelepels water
1 ui
1 tamatie
1 of 2 sampioene
1 repie spekvleis
4 eetlepels botter sout en peper.

Breek die eiers in ‘n bakkie. Voeg sout, peper en 2 teelepels water by. Klits die eiers met ‘n vurk. Sny ui, tamatie en sampioene in skywe. Sny die spekvleis se harde randjie af en knip in klein stukkies. Braai die gekerfde ui, tamatie, sampioene en spekvleis met 2 eetlepels van die botter. Wanneer dit gaar is, skep uit met ‘n dreineerlepel en voeg by die eiermengsel. Haal die pan van die plaat af, laat effens koud word en vee dit skoon. Sit die orige 2 eetlepels botter in die pan en verhit weer. Gooi die eiermengsel in, bak totdat dit styf word. Gooi die omelet op ‘n warm bord uit en bedien met roosterbrood.

OMLET

 OMELETTE

Braai spekstukkies saam met uie, greenpepper en mushrooms. Hou eenkant
Oor medium hitte, smelt 1 t botter in ‘n pan.
Klits saam 2 eiers en ‘n halwe eierdop se water.
Sodra botter borreltjies begin maak, giet die eier in die pan.
Moenie probeer lig voor dit gestol het nie.
Lig saggies met eierspaan oral los en skud so bietjie heel en weer.
Strooi op een halfte van omelet die vulsel en strooi baie kaas oor
Maak toe en los so 3 min tot kaas begin smelt
bedien onmiddellik.

 

FRANSE OMELET
6 eiers
½ t sout
6 e melk of room
¼ t peper
2 e botter

Klits die eiers effens, net genoeg om die wit en geel te meng.
Voeg die melk of room, sout en peper by.
Maak die pan goed warm en smelt dan die botter daarin.
Gooi die eiermengsel daarin en laat dit oor stadige hitte gaar word.
Wanneer die mengsel begin kook, lig dit effens op aan die kante sodat die rou bo-op
ook met die warm pan in aanraking kan kom. Moet dit nie roer of breek nie.
Wanneer die omelet ʼn dik romerige voorkoms het, word dit toegevou, en enige van
die variasies vir omelette kan ook gebruik word.
Laat dit op ʼn warm bord afgly en dien dit onmiddellik

 

PLAASVROU-EIEROMELET

1 groot ui
2 tamaties, geskil
30 g macaroni
4 repies spek
30 g botter of margarien ( 2 E + 1 t )
4 eiers
Sout en peper na smaak
50 ml gaar ertjies ( 4 E )

METODE
Kap uie fyn en sny tamaties in kleinerige blokkies.
Kook macaroni tot gaar.
Braai repies spek tot bros en braai uie tot goudbruin.
Klits eiers met 25 ml ( 2 E ) koue water, geur met sout en peper en gooi bo-oor uie.
Strooi ertjies, blokkies tamatie en macaroni bo-oor.
Maak gaar oor matige hitte en roer eiermengsel gedurig.
Rooster in baie warm oond vir ongeveer 1 minuut.
Bedien in kwarte en garneer met spek.
OMELET MET TAMATIEBREDIE
Omelet:
Klits een eier met `n bietjie melk en `n knippie sout.
Verhit 1/ 2 teelepel olie in `n klein braaipannetjie en gooi die mengsel daarin. Sit `n deksel op die pan en laat stadig gaar word. Skep die tamatiebredie oor die gaar omelet, vou dubbel en dien op.
Tamatiebredie:
Braai `n klein uitjie in 1/ 2 teelepel olie goudbruin. Sny `n klein tamatie by. Geur met `n knippie suiker, sout en peper en stowe gaar.

 

PIZZA OMELET
8 eiers
125 ml water (1/ 2 k )
Sout en peper na smaak
50 ml gemengde kruie ( 1 t )
15 ml tamatiepuree ( 3 t )
250 ml ham, gekap ( 1 k )
2 tamaties, geskil en in skywe gesny
2 skywe Cheddarkaas

METODE
Klits die eiers, voeg water by en geur na smaak.
Smelt die botter in `n grood pan. Voeg daarna eiers by sodra die botter sis.
Trek die gestolde eier weg van die kante van die pan sodat die rou eier kan inloop.
Sprinkel die kruie bo-oor sodra die onderkant gestol is, maar die bokant nog klam is.
Meng die tamatiepuree en ham. Smeer oor die omelet.
Rangskik tamatie- en kaasskywe oor die ham en laat smelt onder die element van die oond.
ONTBYT FRITTAS OMELET
As julle ‘n skottelbraai saam vat kan jy ‘n fritatta maak…dis ‘n eier omelet. Klits die aantal eiers wat jy nodig het en maak soos vir roereier. Gooi dit in die gesmeerde skottelpan en pak jou “vulsel” van gaar spek, sampioene, worsies, slefs tamatieskyfies bo-op. Strooi ‘n lekker laag gerasperde kaas oor. Maak toe met foeilie en sny die gaar eier in skywe soos vir pizza.

 

SKELVIS OMELET
55ml botter of margarien
125ml gaar skelvis, gevlok
150ml vars room
3 eiers, geskei
30ml fyn gerasperde Parmesaankaas
sout en peper na smaak

Smelt die helfte van die botter of margarien in ‘n swaarboompan en verwyder dit van die hitte. Voeg die vis, 50ml van die room, die eiergele en die helfte van die kaas by en geur dit na smaak met sout en peper. Meng dit liggies. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Verhit die oorblywende botter of margarien in ‘n omelet of swaarboomkastrol, giet die vismengsel daarin en braai dit tot bruin aan die onderkant. Meng die oorblywende kaas en room en gooi dit oor die omelet. Plaas dit onder ‘n voorverhitte oondrooster totdat die kaasmengsel gesmelt is en borrels maak. Bedien dadelik. Heerlik saam met geroosterde tamatiehelftes en bros broodrolle.

OMLET6

Frittata

 

HAM, KAAS EN ERTJIE FRITTATA/OMELET

2 eetlepels olie
1  ui, in dun skyfies gesny
9 eiers
200g  ham, sny in blokkies van 1cm
1 koppie (120g) bevrore baba ertjies (nie ontdooi)
2 koppies gaar macaroni of enige ander pasta na smaak
1 koppie (120g) gerasperde cheddarkaas
Blatjang

Verhit die olie in ‘n 22 cm oondvaste pan oor medium hitte. Braai uie, roer, vir 2-3 minute tot sag maar nie bruin. Klits eiers in ‘n bak met sout en peper. Meng  ham, ertjies, pasta en kaas in by die uie.  Giet nou die eiers oor die ham/ertjie mengsel. Verminder dan die hitte tot baie laag, sit deksel op  en bak  vir 6-8 minute tot amper ferm. Kantel die pan so elke nou en dan  en trek die kante so effe weg om te sien of die mengsel eweredig gaar raak
Verhit die oond se rooster (grill) Plaas die pan onder die rooster vir 3-4 minute tot die boonste gedeelte mooi goudbruin is.  Laat effens afkoel. Haal uit en sny.  Bedien met blatjang en slaai.

Advertisement

Brunch/Ontbyt idees


ontbyt 3

ONTBYT/BRUNCH PANNEKOEK~ Tiaan Langenegger.
1 pak sampioene
1 pak kaasworsies
1 pak repiespek
2 tamaties
1 hardgekookte eier per porsie
1 pannekoek per porsie

Só maak jy
1.  ’n ‘Mixed grill’. Sny die sampioene in skyfies en braai dit in ’n pan totdat dit mooi goudbruin is. Braai nou sommer in dieselfde pan vir elke porsie twee repe spek en ’n kaasworsie totdat die spek lekker bros en die worsie deurgaar is.
2.  Tap die olie af. Skep dit alles op kombuispapier uit om te dreineer.
3.  Laat die hardgekookte eiers ’n bietjie afkoel, dop dit af en sny elke eier oor sy lengte in middeldeur.
4.  Paslaken vir ’n beker. plaas ’n pannekoek binne-in ’n blikbeker sodat die rande ’n bietjie na buite oorhang.
5.  Laai hom vol. Sny die kaasworsie en spekrepies middeldeur, die tamatie in wiggies en pak dan al die ontbytkos binne-in die pannekoek. Sprinkel ’n bietjie sout oor en sit dit voor voordat dit afkoel.

Brunch-Sausage-Casserole

BRUNCH SAUSAGE CASSEROLE

Author: Nestle

Ingredients
1kg pork sausage, cooked, drained and crumbled
4 cups cubed day-old bread
2 cups shredded sharp cheddar cheese
2 small cans of NESTLE CARNATION Evaporated Milk (Ideal milk)
10 large eggs, lightly beaten
1 teaspoon dry mustard
¼ teaspoon onion powder
Instructions
1. GREASE 13 x 9-inch baking dish. Place bread in prepared baking dish. Sprinkle with cheese.
2. COMBINE evaporated milk, eggs, dry mustard and onion powder in medium bowl. Pour evenly over bread and cheese. Sprinkle with sausage. Cover; refrigerate overnight.
3. PREHEAT oven to 170 C
4. BAKE for 55 to 60 minutes or until cheese is golden brown. Cover with foil if top browns too quickly. Season with ground black pepper.

NADIA SE HAM EN KAAS KROKETTE:
Bestanddele:
500gram macaroni
3 – 4 lepels Maizena
350 gram kaas
350 gram ham
4 eiergeel (eierwit gebruik vir die krummels)
‘n Pak broodkrummels
METODE:
1. Maak die macaroni gaar.
2. Meng al die bestandele met die macaroni terwyl nog warm.
3. Laat dit afkoel, rol balletjies, rol in eierwit en dan in krummels, braai in warm olie.
BEDIEN MET TUISGEMAAKTE MAYO:
1-2 lepels mosterd
Knippie sout en witpeper
1 eiergeel
SO MAAK JY:
Klits eenkant toe en gooi stadig olie by op einde gooi jy klein bietjie wit asyn by.

Ontbyt - brunch egg

BRUNCH EGG BAKE

http://gurutotheoutdoors.com/brunch-egg-bake/
Ingredients
2 cups shredded Cheddar cheese
2 cups shredded mozzarella cheese
2 tablespoons butter
1 can sliced mushrooms, drained
1/3 cup sliced onions
1/2 cup chopped red bell pepper
2 cups diced ham
8 eggs
1 and 3/4 cups milk
1/2 cup flour
2 tablespoons minced fresh parsley
1/2 teaspoon dried basil
1/2 teaspoon salt
1/4 teaspoon ground black pepper
Instructions
Preheat oven to 175 C
Combine Cheddar and mozzarella cheese in a small bowl; place 3 cups cheese mixture into a 9×13-inch baking dish.
Melt butter in a large skillet over medium heat; cook and stir mushrooms, onions, and red pepper until vegetables are tender, about 5 minutes; drain. Spread vegetables over cheese mixture. Top mushroom mixture with ham; sprinkle with remaining 1 cup cheese mixture.
Beat eggs in a bowl; mix in milk, flour, parsley, basil, salt, and pepper. Slowly pour egg mixture into baking dish.
Bake in preheated oven until a knife inserted near the center comes out clean, 35 to 40 minutes. Let stand 10 minutes before cutting.

Ontbyt pizza

Ontbyt pizza

ONTBYT PIZZA

Jakes Jacobs Kampkosresepte

Spek
Sampioene
Ontbytwors
12 Eiers
Kaas
Braai die spek, sampioene en ontbytwors in ‘n “Teflon”- pan van ongeveer 43 cm in deursnee.
As alles gaar is maar dit gelyk in die pan.
Gooi nou die 12 geklitste eiers eweredig in die pan. Maak gaar oor lae hitte. Wanneer die eiers amper gaar is, strooi gerasperde kaas bo-oor en los tot die kaas gesmelt is.
Sny in pizzaskywe en bedien.
(By hierdie pizza kan byna enigiets bygevoeg word na smaak)

 

SCRUMPTIOUS SANDWICH TREAT (Enterprise)

12 slices white bread
1 red or green pepper, deseeded and thinly sliced
20 ml oil
250 g Enterprise Garlic Polony, sliced and chopped *
12 eggs
500 ml milk
50 ml mayonnaise
175 g cheddar cheese, grated
30 ml fresh parsley, chopped

Preheat oven to 180ºC.
Grease a large flat square tart dish or oven pan.
Put 6 slices of bread side by side in the bottom of the tart dish.
Fry the green pepper in heated oil for 3 minutes.
Arrange equal amounts of red or green pepper and polony on the slices of bread.
Place the other 6 slices of bread on top as if you are making sandwiches..
Beat eggs, milk and mayonnaise together. Pour over the bread and leave for 1 hour or overnight.
Sprinkle with the cheese and the parsley.
Bake for 40 minutes until the egg mixture has set.
Use an egg lifter and place one sandwich on each plate. Serve whilst still hot. Garnish with a crisp fried bacon rasher and baby tomatoes, if preferred.

* Can be substituted with:
Enterprise Chicken Roll

Makes 6 substantial portions

This dish can be made in advance and placed in the fridge until just before baking which makes it ideal for entertaining.

 

KERRIE EIERS op TOAST

Kerrie eiers:

35g (40ml) botter of margarien
1 ui, gerasper
15ml Kerrie poeier
250ml Melk
250ml Water
25ml mielieblom (Maizina)
15ml Appelkooskonfyt
125ml Tamatiesous
50ml Asyn
1 appel geskil en gerasper
Sout na smaak
6 Eiers hard gekook (hoewel die sous vir meer as 6 eiers kan werk)

Sorteer ui in botter.Voeg kerriepoeier by en braai dit effens.Voeg melk en water by en bring tot kookpunt.Maak mielieblom aan met bietjie water en roer dit by d kookende mengsel.Roer aanhoudend tot verdik.Roer d appelkooskonfyt,tamatiesous,asyn,appel en sout by. Laat 20 min lank prut. Roer dit af en toe. Dop eiers af en halveer dit. Pak in groot bak. Gooi die sous oor die eiers. Bedien op toast of rys.

 

BAKE BEAN GEREG

(6 porsies)
410g gebakte boontjies in tamatiesous (1 Blik)
6 eiers
50ml room of melk
Sout en peper na smaak
125ml gerasperde kaas
Pietersielie
Tamatieskywe
Voor verhit die oond tot 180°C, Skep die boontjies in ‘n gesmeerde vuurvaste bak. Breek 6 eiers bo-op oop. Geur met sout en peper en skep ‘n bietjie room of melk oor elkeen. Bak vir 15min of totdat die eiers gestol het. Strooi die kaas oor en laat smelt onder die roosterelement. Strooi gekapte pietersielie oor en bedien met tamatieskywe.

ontbyt 00000

SPEK EN KAAS PAKKIES IN SKILFERKORSDEEG
Braai ‘n pakkie spek en kap fyn. Laat afkoel.
Maak roer eiers(6) met omtrent ‘n kwart koppie melk,sout en peper.
Laat afkoel en meng met die bacon saam met ‘n koppie gerasperde kaas.
Rol deeg uit en sny in vierkante.(jy kan as jy wil nou bietjie smeerkaas oor die skilferkors smeer (opsioneel)
Gebruik omtrent 1 eetlepel broodkrummels en sit op ‘n vierkant maar los reg rondom ‘n randjie oop vir toeplak.
Pak omtrent 2-3 eetlepels spek  mengsel bo-op die broodkrummels.
Verf ‘n ander vierkant met water en plak op die een met die vulsel.
Druk die kante styf toe,sodat die kaas nie kan ontsnap nie.
Verf albei kante met olie en bak op ‘n bakplaat vir +- 10 minute op oond 180 grade.Draai pasteie om en bak weer 10 minute.
Jy kan ook saam met die uie en spek sampioene braai en bysit.
Lekker eet!
muffins
HAWAIIAN PIZZA MUFFINS
2 koppies volkoring bruismeel (of 2 koppies volkoringmeel en 15ml bakpoeier)
3 eiers
1 koppie Griekse jogurt
1 koppie gerasperde kaas
3 eetlepels tamatiepuree
½ koppie gekapte pynappel stukke
¼ koppie gekapte ham
Meng bestanddele en bak vir 20-25 minute of tot gaar in muffinpan by 140 C. Maak 10 muffins.
KAAS-EN-UIEVORMBROODJIES:

6 broodjies
Vormbroodjies:
6 snye wit of bruin brood
30ml saggemaakte botter
Vulsel:
3 eiers
45ml gekapte ui
90g Cheddarkaas
150ml Melk
Sout en peper na smaak

Verhit oond tot 200grade.
Sny die korsies v d brood af en rol die brood effens plat met deegroller. Smeer botter op elke sny en druk in n liggies gesmeerde muffinpan. Bak 5 – 8 minute.
Klop eiers met uie, kaas en melk en geur na smaak met sout en peper. Skep mengsel in pannetjies en bak by 180 grade vir 15 minute of tot vulsel verstewig. Haal uit pan en laat afkoel op draadrak. Garneer met klein tamatiewiggie.

 

GEVULDE PANNEKOEK

HAM-EN-SAMPIOENVULSEL
(Heerlik vir pannekoek, vetkoek en oopbroodjies)

30ml botter of margarien
62g pakkie wituiesop
Melk
250ml hamblokkies
1 ui fyngekap
250g knopiesampioene in skyfies gesny
Sonneblomolie
Sout

Smelt botter.Voeg die uiesoppoeier by en. Roer melk in totdat die witsous glad en styf is (gaar is)
Voeg die hamblokkies by die witsous.

Braai die ui en sampioene in bietjie olie en voeg by die hammengsel. Geur met sout.

wors pap

BOEREWORS EN PAP HAPPIES

(COOK SISTERS)
Ingredients:
1 pack of boerewors (uniquely South African pure meat sausage)
1 cup mielie meal (kind of like polenta or grits)
water & salt for the mielie meal
butter
Tomato Chutney (either homemade or shop bought. We love the Woolworths one)
Get the man to light the fire or start up the gas. Braai the boere-wors as desired.
HERE’S HOW:
Cook the mielie meal as instructed. Make sure it’s nice and stiff so that you can roll it into the balls.
Allow the mielie pap to cool down and roll into bite size balls. To reheat the balls, brush with melted butter and pop in a low oven until warm.
Once the boerewors is cooked, allow to cool slightly then cut into bite size pieces.
On a small sosatie stick, place one pap ball followed by a wors piece. Drizzle some tomato chutney.

 

EENPAN-EIERONTBYT:

6 varkworsies

1 greenpepper gekap

125gr knopiesampioene

1 tl droe origanum

8 ekstra groot eiers

1 kop gerasperde kaas

stukkie spruituie – gekap

Braai die varkworsies tot gaar en goudbruin en sny in skyfies Sit eenkant.

Braai nou die greenpepper uie en sampioene en voeg die worsies weer hierby

Geur met speserye

Klits die eiers en gooi bo-oor die mengsel.

Sit deksel op en laat prut STADIG tot eiers gaar is. Jy kan die eiers bietjie rondstoot tot dit gestol is.

Sprinkel kaas bo-oor en sny in skywe en bedien saam met tuisgebakte vars brood.

 

ONTBYT OP N STOKKIE
BRON: MARIETTE PIETERSE (PASELLA)
1 pakkie spek
1 pakkie coctail kaas worsies, braai saam tot gaar.
6 eiers geklits – maak gaar soos omlet
in klein pannetjie
2 groot uie in kringe gesny – braai tot
goudbruin
1 pakkie sampioene – braai in pan tot
goud bruin
1 pakkie klein tamatietjies,
1 blikkie geel perskes en green peppers vir
versiering
8 kebab stokkies.Ek sit ook roosterbrood saam Sit dit op die stokkies en hou warm in oond tot etenstyd.
Ek maak ook vir mueslie en youghut vir
“starter” saam lemoensap. Dis vreeslik vullend en mens kan skaars 2 kebabs eet.

BOEPPENSIES

BOEPPENSIES

BOEPPENSIES (Charne)

Vat hamburgerbuns, sny n dekseltjie bo-op uit. Hol die broodjie uit. Smeer die broodjie met olie. Vul die hol bun met n maalvleismengsel, kerriemaalvleis of selfs n hoendermengsel wat warm is, roereiers met spek of ham.  Strooi kaas oor. Sit onder rooster in oond tot die kaas gesmelt het. Sit die dekseltjie op. Lekker eet !!!

 

BROCCOLI AND CHEESE CASSEROLE

1 can cream of mushroom soup
1 cup mayonnaise
1 beaten egg
1/4 cup chopped onion
1 package frozen chopped broccoli
250gr cheddar cheese, shredded
salt and pepper
paprika
Directions:

1 Mix together the soup, mayo, egg and onion.
2 In a large bowl, fold the broccoli and the soup mix and the cheese together.
3 Spread into a greased pan.
4 Sprinkle with salt, pepper, and paprika.
5 Bake at 350 for 45 minutes.

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

Wenk: Kan gevlokte hoeder/ gebraaide spek of blikkie tuna byvoeg

 

OOP – OMELET

4 porsies
12,5 ml botter of margarien
4 repe ontbytspek, gekap
1 groot ui, gekap
2 tamaties, geskil, ontpit en gekap
100 ml gaar macaroni, in klein stukkies gesny
60 ml gaar groenertjies
6 eiers, geklits
Sout en peper na smaak
12,5 ml kookolie
Verhit die botter en braai die spek en ui daarin tot goudbruin. Voeg die tamaties by en braai nog ‘n minuut. Meng met die res van die bestanddele, behalwe die olie. Verhit die oorblywende olie in ‘n groot pan en giet die mengsel daarin. Plaas ‘n deksel op en bak 3 – 4 minute tot gaar. Gebruik ‘n eierspaan om die omelet van die kante van die pan los te maak. Indien dit lyk of die omelet aan die onderkant gaan brand voordat dit bo-op gaar is, kan dit onder die boonste element van die oond geplaas word vir ‘n rukkie.
Laat die omelet uit die pan op ‘n warm bord afgly en sny in skywe. Sit met volkoringbrood en mengeslaai voor.

 

VINNIGE ONTBYT GEREG

Kook 1 eier per persoon. Dop af sny in helftes en pak onder in oondbak. Braai nou spek, uie, sampioene saam en gooi in een laag bo-oor eiers. Maak ‘n lekker dik kaassous en gooi oor. Laastens gooi bietjie gerasperde kaas en paprika oor. Laat lekker deurwarm word in oond tot kaas gesmelt is.

Ek het dit al vir tot 100 mense gemaak vir ontbyt. Sommer al die vorige aand als gedoen en net die volgende oggend die gerasperde kaas en paprika oorgesit en in die oond gesit

brunch y

DAGWOOD (Foto: Dorego’s)

IMG_0116

Dagwood

 

BRUNCH 68

STAPEL PLAATKOEKIES

SPEK EN MIELIE STAPLEL PLAATKOEKIES

Deur: recipegirl.com

Bestanddele:

8 snye spek, sny in stukke

1/3 koppie fyngekapte uie

1 koppie meel

2 eetlepels gekapte vars grasuie

1 teelepel bakpoeier

½ teelepel sout

1/8 teelepel rooipeper

2/3 koppie melk

1 groot eier, geklits

1 eetlepel olie

1 koppie pitmielies

½ koppie cheddar kaas

Warm stroop of heuning vir oorgooi

1. In ‘n medium pan, braai die spek stukkies totdat hulle begin om te bruin. Voeg die ui in en braai tot spek bros is en die ui sag is Skep ‘n volle eetlepel van die spek mengsel vir bolaag uit en hou eenkant

2. Meng die meel, grasuie, bakpoeier, sout en peper in ‘n bak. Roer die melk, eier en olie in Roer die spek mengsel, mielies en kaas in . Die mengsel sal dik wees. As jy wil die plaatkoekies moet dunner wees as die foto voorbeeld, voeg ‘n bietjie meer melk by om te verdun.

3. Smeer jou pan met olie en verhit. Skep lepels vol en bak tot gaar. So ongeveer 3 na 4 of 5 minute – afhangende van hoe dik jou plaatkoekie is

4.Stapel plaatkoekies op mekaar , sprinkel van die spek en ui mengsel oor en ‘n goeie dosis van warm stroop.

BRUNCH 5

JOU GUNSTELING PASTEI MET ‘N GEBAKTE EIER EN KAAS BO-OP

 

brunch9

WAFELS MET GEBAKTE EIER , GEBRAAIDE REPIES SPEK EN LEKKER HOLLANDAISE SOUS OF SOET MOSTERD SOUS

LIGTE POF OMELET

(KIES JOU EIE “TOPPINGS” BV SPEK, HAM, KAAS, GEKAPTE TAMTIES, PEPPERS, UIE, SAMPIOENE

2 eiers, geskei

30ml melk of room

knippie fyn neutmuskaat

vars gemaalde peper

knippie sout

15ml botter

Voorverhit die oond tot 180C. Klits eiergele 30 sekondes lank met ‘n draadklitser tot goed gemeng. Klits die room of melk, neutmuskaat en peper by. Klits die eierwitte en ‘n knippie sout tot styf, maar nie droog nie. Skep die styfgeklitste eierwitte by die eiergeelmengsel in en vou dit liggies daarby in. Smelt die botter in ‘n swaarboompan en giet die eiermengsel daarin. Braai die omelet totdat die onderkant goudbruin is en amper gaar is- ongeveer 4-6 minute lank. Plaas die pan op die middelste oondrak en bak 4-6 minute lank in die voorverhitte oond totdat dit gestol en ligbruin is.

brunch

VIR NOG OMELET IDEES: https://kreatiewekosidees.com/?s=omelet

 

brunch 60

UITGEHOLDE BROODROLLETJIES MET GEBRAAIDE SPEK, SAMPIOENE, KAAS, UIE, PEPPERS, KERSIE TAMATIES EN VARS PIETERSIELIE. GOOI EIER OOR EN BAK IN OOND BY 180 C TOT GAAR (Ongeveer 15min)

PORTOBELLO SAMPIOENE MET SPINASIE EN EIERS

4 groot Portobello sampioene
Spinasieblare (vars – effe opgekook) (gevries – ontdooi)
3 eetlepels olyfolie
4 groot eiers
Mozarella kaas
Sout en peper na smaak

Draai die oond tot by grill
Maak die sampioene skoon en verwyder die stam
Smeer olie aan buite en binnekant van die sampioene en gooi bietjie sout en peper oor
Plaas onder rooster vir so 3 tot 5 minute (oopkant na bo) Haal uit en sit eenkant

Stel die oond af na 175 C

Begin om die sampioene te pak. Sit van die spinasieblare in die sampioen, dan bietjie gerasperde mozzarella kaas, of selfs dun repies gesnyde kaas sal werk. Druk dit stewig vas in die sampioen en maak ‘n bakkie vir die eier. Breek versigtig ‘n eier oop in elke sampioengaatjie

Plaas hulle nou terug in jou oond en bak vir 15 tot 17 minute. Die tyd hang af van hoe gaar jy van jou eiers hou.

Bedien dadelik

 

EIER PUFFS
Deur: Women.Fit2Fat2Fit

Bestanddele: 
6 eiers
½ koppie gekapte uie
½ koppie vars gekapte spinasie
½ koppie gekapte sampioene
½ koppie gekapte rooi en groen soetrissies (greenpeppers)
½ tl bakpoeier
½ koppie gevlokte hoender,of kaasworsies gekap, maalvleis, (enige vleis na keuse)(opsioneel)
Oond: 180C
Spuit muffinpannetjies
Meng eiers n ‘n bak. Voeg al die ander bestandele by. Spuit pannetjie met spray en cook. Vul muffinpannetjies tot half. Bak vir 10/15minute of tot tandestokkie skoon uitkom.

 

ziplock55

ZIPLOCK OMELETTE

JY KAN BASIES ENIGE IETS INGOOI – GEKAPTE KAASWORSIES, VIENNAS, STUKKIES BEESWORS, SPEK, HAM, BULLY BEEF. Dink aan spinasie, aspersies, peppadews ens

Wat lekker is van die resep, jy kan die aand voor die tyd elkeen se omelette in die sakkies sit. Hoor wie wil wat he, skryf hulle name op die ziplock sakkie en elkeen het sy eie unieke omelet. Hou in die yskas tot die volgende oggend en gooi in pot met kokende water.

Original recipe makes 1 omelet
2 eggs
2 slices ham, chopped (optional)
1/2 cup shredded Cheddar cheese
1 tablespoon chopped onion (optional)
1 tablespoon chopped green bell pepper (optional)
2 tablespoons chopped fresh tomato (optional)
1 tablespoon chunky salsa (optional)
2 fresh mushrooms, sliced (optional)

Directions

Crack the eggs into a large resealable freezer bag. Press out most of the air, and seal. Shake or squeeze to beat the eggs. (Ek klits gewoonlik sommer die eiers in ‘n beker en gooi dit dan in die sakkie) Open the bag, and add the ham, cheese, onion, green pepper, tomato, salsa, and mushrooms. Squeeze out as much of the air as you can, and seal the bag.
Bring a large pot of water to a boil. Place up to 8 bags at a time into the boiling water. Cook for exactly 13 minutes. Open the bag, and let the omelet roll out onto a plate. The omelet should roll out easily.

ziplock

Oondgebakte omelet


Oondgebakte omelet

Klits saam:
4 eiers
250ml melk
Braai saam:
1x uie
1/2 Green pepper
1x blikkie sampioene ( opsioneel )
Paar klein kersie tamaties gehalveer ( opsioneel )
Enige vleis van jou keuse soos:
Weense worsies , bacon , kaas worsies
Russians, Ham ens.
Voeg sout en peper oor na smaak
Metode:
Plaas die gebraaide bestandele in ‘n tertbak
Gooi die eier en melk mengsel oor.
Plaas in oond en bak by 180C vir 25 min

Sprinkel kaas oor sodra dit uitkom.

omelet oond