SPEK EN KAAS OMELET (Sjef in jou Kombuis)
2 eiers
1 eetl water
Mespunt mosterd
Sout en peper na smaak
2-3 repies brosgebraaide spek
Halwe koppie gerasperde kaas
Klits die eiers, water, mosterd, sout en peper baie goed saam todat daar so skuimerigheid bo-op vorm
Braai dit in ‘n warm pan, nie nie te warm sodat jou omelet brand nog voor hy gaar is nie, maar warm genoeg sodat wat binne in is gaar word
Sit jou spek en kaas in, vou toe en laat die kaas smelt
Bedien warm
Genoeg vir 1 omelet
Variasies:
Tamatie
Uie
Groenrissie
Sampioene
Maalvleis
Ham
Hoender repies
BASIESE OMELETTE
1. Gebruik 1 eier vir elke persoon en 1 e vloeistof (water of melk) vir elke eier.
2. Klits die wit van die eiers styf en sonder om die eierklitser te was, klits die geel van
die eiers tot dit liggeel van kleur is. Voeg die vloeistof en sout na smaak by die geel
van die eiers.
3. Vou die styfgeklopte wit van die eiers in die geel.
4. Verhit ʼn braaipan en smeer dit op die boom en aan die kante met botter of vet. Die
pan moet klein genoeg wees dat die eiermengsel nie te dun uitsprei nie en goed
kan rys.
5. Gooi die eiermengsel in die pan en maak dit gaar oor stadige hitte totdat dit
opgepof en ligbruin van onder is.
6. Laat die pan ʼn paar minute lank in ʼn matige oond staan tot die omelet bo-op droog
is. (As die omelet te lank bak, sal dit krimp en taai word.)
7. Maak ʼn duik in die meddel van die omelet met die agterkant van ʼn mes en maak
dit los van die kante van die pan met die mes.
8. Streek ʼn slaplem-mes onder die een helfte in en vou dit toe oor die een helfte in en
vou dit toe oor die ander helfte.
9. Laat dit versigtig op ʼn warm bord afgly en dien onmiddellik op.
VARIASIES
Kaas. Srooi gerasperde kaas met ʼn skerp geur oor die omelet net voordat dit toegevou of terwyl dit gaargemaak word.
Biltong. Strooi gerasperde biltong oor net voordat dit toegevou word.
Uie. Voeg 1 e fyngekapte ui en 1 t fyngekapte pieterselie by voordat die omelet-mengsel in die pan gegooi word.
Ham. Of enige soort koue vleis of pluimvee. Maal die gaar vleis fyn en verhit dit of braai effens bruin in warm vet en strooi dit oor die middel van die omelet terwyl dit gaar word.
Groente. Meng enige gaar groente, met witsous en gebruik as vulsel vir ʼn omelet.
Vis. Maak enige gaar vis fyn, voeg sout en perer by na smaak en maak dit klam met room. Verwarm die vis en sit dit op die omelet voor-dat dit toegevou word.
Pieterselie. Braai 1 tot 3 t gekapte pieterselie in ʼn bietjie botter en voeg dit by die eiermengsel.
OMELET MET SAMPIOENSOP
4 repies spekvleis
½ fyn gekapte soetrissie
1 ui, fyn gekap
226g sampioensop (1blikkie)
30ml melk
4 eiers, effens geklits
Knippie peper
Sny harde randjies van spekvleis af. Sny spekvleis in klein stukkies en braai bros in groot pan. Skep spekvleis uit. Braai ui en soetrissie in spekvet tot sag. Gooi sop in mengbak, roer tot glad. Roer melk by sop, voeg eiers en peper by. Gooi eiermengsel by uiemengsel. Verhit oor lae hitte. Moenie roer nie. Lig omelet langs kante op sodat rou eier kan inloop. Wanneer gestol, maar nog bo-op klam
OMELET MET SAMPIOENSOP
4 repies spekvleis
½ fyn gekapte soetrissie
1 ui, fyn gekap
226g sampioensop (1blikkie)
30ml melk
4 eiers, effens geklits
Knippie peper
Sny harde randjies van spekvleis af. Sny spekvleis in klein stukkies en braai bros in groot pan. Skep spekvleis uit. Braai ui en soetrissie in spekvet tot sag. Gooi sop in mengbak, roer tot glad. Roer melk by sop, voeg eiers en peper by. Gooi eiermengsel by uiemengsel. Verhit oor lae hitte. Moenie roer nie. Lig omelet langs kante op sodat rou eier kan inloop. Wanneer gestol, maar nog bo-op klam
LIGTE POF OMELET
2 eiers, geskei
30ml melk of room
knippie fyn neutmuskaat
vars gemaalde peper
knippie sout
15ml botter
Voorverhit die oond tot 180C. Klits eiergele 30 sekondes lank met ‘n draadklitser tot goed gemeng. Klits die room of melk, neutmuskaat en peper by. Klits die eierwitte en ‘n knippie sout tot styf, maar nie droog nie. Skep die styfgeklitste eierwitte by die eiergeelmengsel in en vou dit liggies daarby in. Smelt die botter in ‘n swaarboompan en giet die eiermengsel daarin. Braai die omelet totdat die onderkant goudbruin is en amper gaar is- ongeveer 4-6 minute lank. Plaas die pan op die middelste oondrak en bak 4-6 minute lank in die voorverhitte oond totdat dit gestol en ligbruin is.
PLAAS OMELET
50g rou macaroni (100 ml)
4 swoerdlose spekvleisringe
1 ui, gekap
2 tamaties, geskil en gekap
50ml gaar ertjies
4 eiers
2ml sout peper na smaak
1ml mosterdpoeier
Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer dit. Braai die spekvleis tot bros en skep dit uit. Soteer die ui in die uitgebraaide spekvet tot sag en deurskynend. Voeg die macaroni, tamaties en ertjies by en meng dit goed. Klits die eiers, sout, peper en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die mengsel. Verhit dit tot dit gestol het, terwyl die gaar eier voortdurend met ‘n eierspaan van die kante weggetrek word, sodat die rou eiermengsel onder kan invloei. Rangskik die spekvleis boop. Plaas ‘n deksel op en stoom dit nog ‘n paar minute lank.
SPAANSE OMELET
2 eiers
2 teelepels water
1 ui
1 tamatie
1 of 2 sampioene
1 repie spekvleis
4 eetlepels botter sout en peper.
Breek die eiers in ‘n bakkie. Voeg sout, peper en 2 teelepels water by. Klits die eiers met ‘n vurk. Sny ui, tamatie en sampioene in skywe. Sny die spekvleis se harde randjie af en knip in klein stukkies. Braai die gekerfde ui, tamatie, sampioene en spekvleis met 2 eetlepels van die botter. Wanneer dit gaar is, skep uit met ‘n dreineerlepel en voeg by die eiermengsel. Haal die pan van die plaat af, laat effens koud word en vee dit skoon. Sit die orige 2 eetlepels botter in die pan en verhit weer. Gooi die eiermengsel in, bak totdat dit styf word. Gooi die omelet op ‘n warm bord uit en bedien met roosterbrood.
OMELETTE
Braai spekstukkies saam met uie, greenpepper en mushrooms. Hou eenkant
Oor medium hitte, smelt 1 t botter in ‘n pan.
Klits saam 2 eiers en ‘n halwe eierdop se water.
Sodra botter borreltjies begin maak, giet die eier in die pan.
Moenie probeer lig voor dit gestol het nie.
Lig saggies met eierspaan oral los en skud so bietjie heel en weer.
Strooi op een halfte van omelet die vulsel en strooi baie kaas oor
Maak toe en los so 3 min tot kaas begin smelt
bedien onmiddellik.
FRANSE OMELET
6 eiers
½ t sout
6 e melk of room
¼ t peper
2 e botter
Klits die eiers effens, net genoeg om die wit en geel te meng.
Voeg die melk of room, sout en peper by.
Maak die pan goed warm en smelt dan die botter daarin.
Gooi die eiermengsel daarin en laat dit oor stadige hitte gaar word.
Wanneer die mengsel begin kook, lig dit effens op aan die kante sodat die rou bo-op
ook met die warm pan in aanraking kan kom. Moet dit nie roer of breek nie.
Wanneer die omelet ʼn dik romerige voorkoms het, word dit toegevou, en enige van
die variasies vir omelette kan ook gebruik word.
Laat dit op ʼn warm bord afgly en dien dit onmiddellik
PLAASVROU-EIEROMELET
1 groot ui
2 tamaties, geskil
30 g macaroni
4 repies spek
30 g botter of margarien ( 2 E + 1 t )
4 eiers
Sout en peper na smaak
50 ml gaar ertjies ( 4 E )
METODE
Kap uie fyn en sny tamaties in kleinerige blokkies.
Kook macaroni tot gaar.
Braai repies spek tot bros en braai uie tot goudbruin.
Klits eiers met 25 ml ( 2 E ) koue water, geur met sout en peper en gooi bo-oor uie.
Strooi ertjies, blokkies tamatie en macaroni bo-oor.
Maak gaar oor matige hitte en roer eiermengsel gedurig.
Rooster in baie warm oond vir ongeveer 1 minuut.
Bedien in kwarte en garneer met spek.
OMELET MET TAMATIEBREDIE
Omelet:
Klits een eier met `n bietjie melk en `n knippie sout.
Verhit 1/ 2 teelepel olie in `n klein braaipannetjie en gooi die mengsel daarin. Sit `n deksel op die pan en laat stadig gaar word. Skep die tamatiebredie oor die gaar omelet, vou dubbel en dien op.
Tamatiebredie:
Braai `n klein uitjie in 1/ 2 teelepel olie goudbruin. Sny `n klein tamatie by. Geur met `n knippie suiker, sout en peper en stowe gaar.
PIZZA OMELET
8 eiers
125 ml water (1/ 2 k )
Sout en peper na smaak
50 ml gemengde kruie ( 1 t )
15 ml tamatiepuree ( 3 t )
250 ml ham, gekap ( 1 k )
2 tamaties, geskil en in skywe gesny
2 skywe Cheddarkaas
METODE
Klits die eiers, voeg water by en geur na smaak.
Smelt die botter in `n grood pan. Voeg daarna eiers by sodra die botter sis.
Trek die gestolde eier weg van die kante van die pan sodat die rou eier kan inloop.
Sprinkel die kruie bo-oor sodra die onderkant gestol is, maar die bokant nog klam is.
Meng die tamatiepuree en ham. Smeer oor die omelet.
Rangskik tamatie- en kaasskywe oor die ham en laat smelt onder die element van die oond.
ONTBYT FRITTAS OMELET
As julle ‘n skottelbraai saam vat kan jy ‘n fritatta maak…dis ‘n eier omelet. Klits die aantal eiers wat jy nodig het en maak soos vir roereier. Gooi dit in die gesmeerde skottelpan en pak jou “vulsel” van gaar spek, sampioene, worsies, slefs tamatieskyfies bo-op. Strooi ‘n lekker laag gerasperde kaas oor. Maak toe met foeilie en sny die gaar eier in skywe soos vir pizza.
SKELVIS OMELET
55ml botter of margarien
125ml gaar skelvis, gevlok
150ml vars room
3 eiers, geskei
30ml fyn gerasperde Parmesaankaas
sout en peper na smaak
Smelt die helfte van die botter of margarien in ‘n swaarboompan en verwyder dit van die hitte. Voeg die vis, 50ml van die room, die eiergele en die helfte van die kaas by en geur dit na smaak met sout en peper. Meng dit liggies. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Verhit die oorblywende botter of margarien in ‘n omelet of swaarboomkastrol, giet die vismengsel daarin en braai dit tot bruin aan die onderkant. Meng die oorblywende kaas en room en gooi dit oor die omelet. Plaas dit onder ‘n voorverhitte oondrooster totdat die kaasmengsel gesmelt is en borrels maak. Bedien dadelik. Heerlik saam met geroosterde tamatiehelftes en bros broodrolle.
HAM, KAAS EN ERTJIE FRITTATA/OMELET
2 eetlepels olie
1 ui, in dun skyfies gesny
9 eiers
200g ham, sny in blokkies van 1cm
1 koppie (120g) bevrore baba ertjies (nie ontdooi)
2 koppies gaar macaroni of enige ander pasta na smaak
1 koppie (120g) gerasperde cheddarkaas
Blatjang
Verhit die olie in ‘n 22 cm oondvaste pan oor medium hitte. Braai uie, roer, vir 2-3 minute tot sag maar nie bruin. Klits eiers in ‘n bak met sout en peper. Meng ham, ertjies, pasta en kaas in by die uie. Giet nou die eiers oor die ham/ertjie mengsel. Verminder dan die hitte tot baie laag, sit deksel op en bak vir 6-8 minute tot amper ferm. Kantel die pan so elke nou en dan en trek die kante so effe weg om te sien of die mengsel eweredig gaar raak
Verhit die oond se rooster (grill) Plaas die pan onder die rooster vir 3-4 minute tot die boonste gedeelte mooi goudbruin is. Laat effens afkoel. Haal uit en sny. Bedien met blatjang en slaai.
My e-mail adres het verander na elizabethvanwyk1@gmail.com
Dankie