Ertjie/ertjie idees


vla ertjies

Wie ken VLA ERTJIES met uie??

Braai 1 ui fyngekap tot sag
Kook jou hoeveelheid ertjies wat jy nodig het tot sag. Jy kan biejie suiker ingooi en ook sout – of net suiker of net sout – dit hang af van hoe soet jy dit wil he.
Gooi die ertjies en uie bymekaar en maak dan vla en water aan (Jy kan ook melk gebruik as jy wil) meng tot gladde pasta, gooi bo-oor die ertjie mengsel en laat prut tot vla dik is.
Die hoeveelhede is moeilik om vir julle te gee want alles hang af van hoeveel ertjies jul gebruik. Begin met so 1 eetlepel vla en halwe koppie water – voeg nog vla by as te dun is en nog water as te dik is.

Die uie kan uitgelaat word.

Probeer dit ook gerus met wortels.

 

Ham, cheese and pea frittata
Deur:http://www.taste.com.au/recipes/18648/ham+cheese+and+pea+frittata

2 eetlepels olie
1 ui, in dun skyfies gesny
9 eiers
200g ham, sny in blokkies van 1cm
1 koppie (120g) bevrore baba ertjies (nie ontdooi)
2 koppies gaar macaroni of enige ander pasta na smaak
1 koppie (120g) gerasperde cheddarkaas
Blatjang,
Verhit die olie in ‘n 22 cm oondvaste pan oor medium hitte. Braai uie, roer, vir 2-3 minute tot sag maar nie bruin. Klits eiers in ‘n bak met sout en peper. Meng ham, ertjies, pasta en kaas in by die uie. Giet nou die eiers oor die ham/ertjie mengsel. Verminder dan die hitte tot baie laag, sit deksel op en bak vir 6-8 minute tot amper ferm. Kantel die pan so elke nou en dan en trek die kante so effe weg om te sien of die mengsel eweredig gaar raak
Verhit die oond se rooster (grill) Plaas die pan onder die rooster vir 3-4 minute tot die boonste gedeelte mooi goudbruin is. Laat effens afkoel. Haal uit en sny. Bedien met blatjang en slaai.

 

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s