Tag Archive | christmas trifle

TRIFLE/Koekstruif


trifle

ONTHOU ALTYD, MET ‘N TRIFLE IS DAAR  ‘GEEN MOETS OF MOENIES’

 Jy kan enige iets saam met die room en vla insit, jou keuse van vrugte, vars of geblik, stukkies sjokolade, karamel kondensmelk, styfgeklopte room, geure jellie,  enige geur koek bv sjokolade koek, vanilje koek, rolkoek, oreo koekies gebreek, vingerbeskuitjies,   jy kan self kits poeding ook tussen die lae gebruik.

 

FB_IMG_14194370509038995

TRIFLE : RENS SE RESEP

1 sponskoek (ek gebruik sommer gekoopte rolkoek en pak die skywe teen die kante van die trifle ook. Lyk baie mooi – pak ook vingerbeskuitjies al in die ronte om die bak

500ml self gemaakte vla (Ek verkies om my eie vla te maak – dit stol net lekkerder)

Fyn neute

250ml room

Sjerrie/brandewyn  na smaak bv. old brown sherry of selfs ‘n  muskadel wyn werk ook (gebruik lemoensap as jy nie alkhol wil gebruik nie)

1 blik ingelegde perskes (hier kan jy ook blikkie gemengde vrugte gebruik)

2 x pakkies rooi jellie

2 x  pakkies groen jellie

2 x  pakkies geel jellie

1 blik karamel kondensmelk

Ek gooi ook gekapte kersies in (opsioneel)

Gesnyde aarbeie (opsioneel) Die gooi ek parykeer so tussen in en versier bo-op

Metode:

Los jellie op in die yskas die vorige aand. Krap jellie met die vurk.

Begin jou trifle  met die koek. Gooi bietjie sjerrie oor die koek.

Pak dan ‘n laag perskes, ‘n laag jellie, ‘n laag neute, ‘n laag vla en skep teelepels vol kondensmelk op,  en dan weer koek, jellie, neute en vla en kondensmelk. Eindig met room of versier net  met neute, vla, klapper en  vars aarbeie

Oornag in die yskas is ‘n aanbeveling

20141225_142200-001

 

Tropiese trifle

Tropiese trifle

TROPIESE TRIFLE

Bestanddele
2 Pakkies Vingerbeskuitjies of swiss roll
410 g Blik Mango Skywe of vars mango skywe

2 Kiwi vrugte geskil en in skyfies gesny

1 blikkie grenadilla pulp
550 ml Melk
60 ml Vlapoeier
40 ml Suiker
125 ml Geklikste Room
Gebruik bietjie lemoensap in die plek van die mango stroop as vars mangos gebruik.
Metode
Dreineer Mangos en hou die stroop. Meng Vlapoeier met 50 ml melk. Kook melk en voeg vlapoeier mengsel by. Voeg suiker by vla en roer tot dik. Pak helfte van beskuitjies in bak. Gooi stroop oor beskuitjies. Gooi helfte van vla oor beskuitjies. Gooi mango skywe oor en paar stukkies kiwi vrugte. Pak dan die ander helfte beskuitjies op. Gooi die ander helfte van die vla oor. Plaas in yskas tot geset. Versier met room, skywe mango, kiwi vrugte en die grenadilla pulp

BESKUITJIE TRIFLE

Bestanddele
1 Pakkie Aarbei jellie
250 ml Kookwater
250 ml Koue water
1 Blik Karamel Kondensmelk
1 Pak Marie of Tennis beskuitjies
500 ml Dik Vlasous
1 Blik Vrugteslaai of 250 ml Gesnipperde Vars Vrugte
125 ml Gekapte Pekan neute

Metode
Los jellie in kookwater op. Voeg Koue water by en meng. Gooi ‘n bietjie jellie in glasbak (Glasbak Volume 1.5 l). Laat in koelkas stol. Laat oorblywende jellie buite afkoel tot dik, nie gestol nie. Smeer ‘n dik laag kondensmelk oor die beskuitjies.
Plaas beskuitjies op gestolde jellie. Gooi ‘n laag vlasous oor. Skep van vrugte oor.
Strooi van Neute oor die vrugte. Bedek met ‘n laag jellie. Herhaal al die ander lae totdat al die bestanddele opgebruik is. Plaas in koelkas totdat jellie gestol is.
Dien yskoud op.

Wenk
Kan met roomys of geklitste room opgedien word.

 

 SWARTWOUD-KOEKSTRUIF/BLACKFOREST TRIFLE

Postby Selma Alberts

Genoeg vir 6 tot 8

6 sjokolade-muffins of sjokolade rolkoek of sjokolade koek
60 ml brandewyn (of rum)
1 blik kondensmelk
die sap van 1 suurlemoen
225 g Philadelphia-kaas
1 blik ontpitte swartkersies (of ’n blik aarbeie)
250 ml room
1 Flake
Vars aarbeie of kersies om te versier

Sny die muffins middeldeur en sprinkel die brandewyn oor.
Klits die kondensmelk, suurlemoensap en roomkaas saam tot ’n gladde mengsel.
Pak ses muffinhelftes onderin ’n glasbak.
Rangskik die helfte van die kersies eweredig oor die muffins.
Gooi die helfte van die roomkaasmengsel oor die muffins.
Herhaal die lae (muffins, kersies, roomkaas).
Bedek die bak met kleefplastiek en verkoel oornag.
Net voordat jy die nagereg voorsit, klits die room styf en gooi oor die koekstruif.
Krummel die Flake oor en versier met vars aarbeie.
Die koekstruif is op sy lekkerste ’n dag of twee nadat dit gemaak is, maar die kans is klein dat dit so lank in die yskas sal vertoef.

 

Granadilla and chocolate trifle | YOU

Granadilla and chocolate trifle | YOU

GRENADELLA EN SJOKOLADE TRIFLE

1 sponskoek of ’n paar klein rolkoeke

1 blik (380 g) gekookte kondensmelk

12 ryp grenadellas se pulp f jy kan die grenadella pulp in die blikkies ook gerbuik (ongeveer 3 blikkies)

1 L (4 k) Griekse jogurt

4 (32 g elk) Flake-sjokoladestafies, gekrummel

Sny die sponskoek of klein rolkoeke in skywe of stukke en pak die helfte daarvan in ’n groot, diep glasbak.

Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die koek, gevolg deur van die grenadellapulp.

Skep die helfte van die jogurt bo-oor en sprinkel van die sjokoladekrummels bo-op die jogurt.

Herhaal met die res van die bestanddele en eindig met sjokolade en grenadellapulp.

Laat staan ’n uur of oornag in die yskas

 TRIFLE IDEES

Pak jou aarbeie teen die kante van jou bak vir mooi versiering

trifle 3

Maak vir elkeen sy eie trifle. Maak jellie aan, gooi vrugte en jellie onder in glas, sit in yskas tot gestol.  Sit dan vla, room en vars vrugte bo-op

trifel 9

Bietjie baie werk, maar dit lyk pragtig.

Maak so 5 of 6 pakkies verskillende kleure en geure jellie aan, maar selgs 1 op ‘n slag. Gooi jou eerste kleur jellie in jou bak, sit in yskas om te stol, gooi dan vla oor en dan weer volgende kleur jellie. In yskas, laat stol, dan miskien jou vrugte en volgende pakkie kleur jellie, in yskas, laat stol, dan jou koekstukkies, en weer ‘n kleur jellie. Gooi gekapte neute ook so tussen deur in.  Gaan so aan tot jy jou lae het. Eindig af met geklop

SJOKOLADEKOEK KITSPOEDING TRIFLE

Maak butterscotch kitpoeding aan. (2 pakkies)

Klits room tot styf

Gekapte neute en kersies

Sjokolade koek of sjokolade rolkoek (jy kan hier ook brandewyn oor die koek gooi)

Pak lae en los oornag in yskas

trifel 0

Nog ‘n idee om sommer in ‘n glas trifle te maak met vingerbeskuitjies. Pak beskuitjies in glas, dan jou vrugte en vla en neute en room. Hier kan jy skeppies roomys ook insit. Maak die verkieslik net voor opdiening as die roomys gebruik word.

trifle p

AARBEI TRIFLE

Vanilje koek of rolkoek (gooi bietjie sherrie of brandewyn oor )

Geklopte room

Vars aarbei

Vla

Pak lae. Eindig af met room en gesnyde aarbeie. Bewaar in yskas

Aarbei trifle

Aarbei trifle

STRAWBERRY PUNCH BOWL TRIFLE
1 yellow cake mix or bake a vanilla cake of our choice
1  pkg. instant vanilla pudding (make pudding with 2 cups cold milk)
1 large can crushed pineapple, drained
2 pkgs. frozen strawberries (you can use fresh also)
2 to 3  bananas
500ml  cream (whipped)

Bake cake in two round cake pans and set aside to cool. Make pudding and set in refrigerator to get cold. Cut one layer of cake in small chunks; put in punch bowl. Spread half of pudding on top; then add half of pineapple and one package strawberries. Slice one banana on top, half of cream (spreading to cover completely)  Repeat with the other layer the same – ending with cream

Let set in refrigerator overnight.

 

Advertisement