Wildsvleis


Afgekookte springbokvleis met vetkoek

Afgekookte springbokvleis met vetkoek

AFKOOK WILDSVLEIS (ENIGE WILD KAN GEBRUIK WORD)

IRENA KINGWILL SE RESEP:

Dit is die lekkerste gegeurde vleis

Neem groot  pot, sy se sy gebruik haar ou groot konfytpotte, klein bietjie water onder in die pot

Enige spekvetvleis, sy gebruik sommer skaap netvet – so ‘n paar stukke in blokkies gesny

Springbok afkookbene bv blad, skenkels, rugstringbene ens

Ongeveer 5 na 6 groot  uie grof gekap

Paar van die volgende goed, Die bepaal jy met hoeveel bene jy het:

Bayleaves

Naeltjies

Koljander

Neut

Allspice (pimento’s)

Sout en gemaalde swartpeper

Bietjie asyn en wostersous

Bedek pot met deksel

Kook met min water – die bene stadig af. Hou dop as jy sien die water word min, gooi dan bietjies gewys by.

Verwyder bene en vries. As wil warm maak, ontvries en op  lae hitte maak weer op stoof warm. Kyk of dit nodig is om nog water by te voeg !!

Vir pasteie:

Druk die vleis in gespuite oondbak en vries (indien jy dit eers later gaan gerbuik) Haal uit en ontvries in die yskas. Maak slap pastei deeg of gebruik skilferkors (puff pastry)

Bak in oond by 180 C tot goudbruin

SLAP PASTEI DEEG:

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml koekmeel en 2tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oondby 180 grade vir ongeveer 20min +  tot gaar en goudbruin

IMG_8544

 

Wildspotjie

2 kg wildsvleis, in porsies gesny – verkieslik nek, rib, skenkel en lendetjops
rooiwyn
druiweasyn

Sous

750 ml rooiwyn
300 ml port
250 ml blatjang
500 ml water
30 ml gemengde gedroogde kruie
25 ml aromat
5 ml knoffel
6 kruienaeltjies
4 lourierblare
60 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
100 ml brandewyn
250 g spekvleis, gesnipper
1 groen soetrissie, grof gesny
4 selderystingels, grof gesny
1 groot ui, grof gekap
20 klein aartappeltjies, geskil
8 wortels, in dik skywe gesny
250 g ontpitte pruimedante
250 g droëperskes
250 g knopiesampioene
16 piekeluitjies
halwe rooi soetrissie, in groot blokke gesny
halwe geel soetrissie, in groot blokke gesny
12 songedroogde tamaties
250 ml vars room
vars, gekapte pietersielie

Metode

Marineer die vleis oornag in n mengsel van gelyke dele rooiwyn en druiweasyn. Meng die bestanddele vir die sous en hou dit eenkant. Verhit die olyfolie in die potjie en roerbraai die vleis 5 minute lank. Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit nog 5 minute lank. Voeg die soetrissie, seldery en ui by en dan roer jy nie weer nie. Voeg die aartappels en wortels by. Roer die sous deeglik en giet dit bo-oor. Sit die deksel op en laat prut dit vir ongeveer 1 uur 30 minute oor matige kole. Voeg die pruimedante, perskes, sampioene, piekeluitjies, rooi en geel soetrissie en songedroogde tamaties by. Sit die deksel op en prut dit vir no 30 minute lank. Voeg die room by roer dit deur. Graneer dit met pietersielie en bedien dadelik.

Wenk

Dieselfde gereg kan ook op die stoof voorberei word.

Met Komplimente “Maak n Las”

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s