Tag Archive | pap vir baba

Ouma Meelbol


 

baba

Ancoise Venter

OUMA MEELBOL

Mens druk net meel styf vas in n lee tuna blikkie en bak dan die blikkie in die oond vir ongeveer n uur op 180 c totdat die meel effens ligbruin bo op verkleur.  Skep uit blikkie en kap met vermenger fyn . Gebruik 50 ml en knippie sout wat met n koppie melk gekook word in Mikrogolf tot dik. Dis maar baie soos n dik melkkos.. Heerlik met n klontjie botter . Genoeg vir een porsie pap.

NOTA:  My ma se mens gooi eers n bietjie meel in blikkie en druk met n swaarboomglas dit vas en dan weer biki meel en druk vas tot blikkie vol is. Syt sommer n klomp gebak op n slag . Dit bêre baie maklik in lugdigte houer

 

David Vd Heever

Ouma Meelbol.

Hierdie is g`n grap nie.  Heel eerste moet jy die regte blik kry om die meel in te bak.  Dit moet n blik wees met n metaal deksel.  Ek weet nie of mens nog so `n blik kry nie.  Ons het self Ouma Meelbol vir ons kinders gebak toe hulle klein was.  Dis eintlik babapap.`  n Lactogen of Klim blik was vroeë jare reg.  Mens het bakpoeier ook in so n blik gekry.  Die pap word gebruik vir babas maar is heerlik Jy meng die gaar meel met warm melk met bietjie suiker.  Ek glo die resep vir die poeding of vla sal dieselfde meel gebruik.

 

Metode:

Druk koekmeel in die blik van onderaf af vas met n`n lepel.  Dit vat `n tydjie.  Laag vir laag tot bo.  Dit moet baie styf ingepers en vasgedruk word anders bars die blik oop in die oond as die lug uitsit van die hitte.  Maak hom vol tot bo en sit die deksel op.  Ek het myne met `n draad bo-oor vasgedraai met `n tang sodat hy nie oop kan skiet nie.  Bak hom dan in die oond vir `n uur.  Laat afkoel.  Die meel het dan so `n effe bruin kleur as hy klaar is.  Dan is hy gaar.  Hy raak dik as jy dit in melk gooi.  Dis ongelooflik smaaklik.  Glo my.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

 

Linda Le Roux Swarts Vanaf die internet: OUMA MEELBOL
Mens druk net meel styf vas in n lee tuna blikkie en bak dan die blikkie in die oond vir ongeveer n uur op 180 c totdat die meel effens ligbruin bo op verkleur. Skep uit blikkie en kap met vermenger fyn . Gebruik 50 ml en knippie sout wat met n koppie melk gekook word in Mikrogolf tot dik. Dis maar baie soos n dik melkkos.. Heerlik met n klontjie botter . Genoeg vir een porsie pap.
NOTA: My ma se mens gooi eers n bietjie meel in blikkie en druk met n swaarboomglas dit vas en dan weer biki meel en druk vas tot blikkie vol is. Syt sommer n klomp gebak op n slag . Dit bêre baie maklik in lugdigte houer

Mari Els Gooi koekmeel in oondpan,en bak in oond tot mooi lig bruin.my ma het dit altyd gedoen,en ons 10 kinders is op dit groot gemak,en ha kleinkinders

Jacqui van Sittert OUMA MEELBOLMens druk net meel styf vas in n lee tuna blikkie en bak dan die blikkie in die oond vir ongeveer n uur op 180 c totdat die meel effens ligbruin bo op verkleur. Skep uit blikkie en kap met vermenger fyn . Gebruik 50 ml en knippie sout wat met n koppie melk gekook word in Mikrogolf tot dik. Dis maar baie soos n dik melkkos.. Heerlik met n klontjie botter . Genoeg vir een porsie pap.Enige blik kan egter gebruik word.NOTA: My ma se mens gooi eers n bietjie meel in blikkie en druk met n swaarboomglas dit vas en dan weer biki meel en druk vas tot blikkie vol is. Syt sommer n klomp gebak op n slag . Dit bêre baie maklik

Sonja Van Rhyn My ouma het bruinbroodmeel gesif dan in n blik met n blikdeksel gesit, bo op is die meel klamgemaak, dan word dit in die oond gebak, hoe lank weet ek nie, die harde kors word bo afgehaal en dan maak jy pap met die meel soos wat jy maizenapap maak, somtyds het sy witbroodmeel ook gebruik, die bruinbroodmeel is gebruik as baba se maag hard is.

Mossie Vd Merwe Bak koekmeel in oond tot effens bruinerig, gooi sout by na smaak en maak dan aan soos vla, afhangende van die

Magda Venter Grobler My ma het dit altyd in ‘n bakpoeier blikkie wat al 2 kante oopgesny was in die oond gebak. Ek gaan by my ousus hoor want my ma het dit vir haar seuntjie gegee toe hy baie siek was en dit het hom binne ‘n japtrap weer krag en eetlus gegee

Alma Phillips My ouma het dit gemaak. Sy het meel BAIE styf in swiss rol pan gedruk dan in oond gebak tot gaar,seker lae hitte,ek skat so 1 uur,laat koud word,maak fyn seel in vrugteflesse,daar was nie yskaste

Marianna Meintjies Ons huishulp jare terug. Het koekmeel styf in koekblik ge”press”dan stadig in oond gebak tot ligbruin. Wanneer sy gebruik het is dit afgeskraap en gekook. Baie voedsaam vir klein kinders.

Cornelia Teich Dit moet gebak word in blik styf ingedruk as dit nie gaar is nie sal die baba pyn op die maaag kry as dit lig bruin is rol met n bottel maak dan aan met  kook water tot die dikte wat jy wil he.

Madelein van Staden Al my kinders en kleinkinders daarmee groot gemaak.Wonderlik

Rachel V R Barnard ek het my 4 kinders op ouma meelbol gesit net nadat hulle van di bors afgehaal was.van 6wke af begin met pap.toe later met biq skorsie gevoer.NIKS fout met. hulle nie.almal vet en gesond tot vandag toe…

 

Advertisement