Tag Archive | kaaspap

Mieliemeel resepte


  Foto geleen by KOM ONS BRAAI (Pinterest)

Foto geleen by KOM ONS BRAAI (Pinterest)

MIELIEPAP IN DIE OOND
Uit Onthoukos
Lewer 4 – 6 porsies
’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit.
360 g (750 ml) growwe mieliemeel
250 ml (1 k) melk
500 ml (2 k) water
60 ml (¼ k)olyfolie
2 x 410 g-blikke suikermielies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
½ klein ui, in dun wiggies gesny
6-8 knopiesampioene, in dik wiggies gesny
10-12 takkies vars tiemie
1. Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n vlak oondvaste bak liggies met olyfolie.
2. Roer meel, melk, water, olie en suikermielies in oondbak saam en geur na smaak. Roer weer deur.
3. Strooi ui en sampioene oral oor mengsel, maar moenie weer roer nie. Sprinkel tiemie oral oor.
4. Bak vir 1 uur of tot meel gaar en gereg goudbruin bo-op is.
Wenk
1. Laat ui en sampioene uit en skep ’n dik tamatiesmoor bo-op, sprinkel met ’n bietjie kaas en bak soos beskryf. Stukkies gebraaide spek kan ook bygevoeg word.
http://www.heleenmeyer.co.za/kospos-blog/categories/rsg-groen-kombuis/

 

PAPTERT

Braaivleis met n paptert is die ware Jakob. Die paptert kan al die vorige dag gemaak word en net op die dag van die braai in die oond gesteek word. Jy kan n paptert verskeie geure en smake gee.

BENODIG:
3 koppies mieliemeel
3 koppies melk
4 koppies water
60ml botter
1 pakkie spek
1 ui in ringe gesny
30 ml olie
1 blikkie tamatie en uiesmoor
10 ml gemengde kruie
4 kaasworsies (opsioneel)
1 blik heelpit mielies
2 koppies gerasperde kaas van jou keuse
sout en peper

Metode:
1. braai die uie in 30 ml olie
2. snipper die spek en braai saam met die uie
3. sny die worsies in ringetjies en braai ook saam met spek
4. roer 10ml gemengde kruie en tamatie in blikkie by en kook deur vir 10 minute – hou nou die mengsel eenkant
5. verhit die melk en water in n kastrol
6. voeg die mieliemeel, sout en peper by en roer dat dit nie klonte maak nie – laat dit vir 15 minute prut
7. roer die botter by die pap
8. roer die heelpitmielies in die pap
9. smeer n oondvaste bak en skep n lagie pap onder in die bak
10. gevolg deur n lagie spek en uie mengsel
11. gevolg deur n lagie kaas, herhaal die lagies nog een keer
12. eindig heel bo met n lagie kaas
13. bak dit vir 40 minute by 180 grade Celsius

Jy kan enige vulsel gebruik waarvan jy hou. Die spek kan vervang word met groente. Ek het n anyskaas gebruik in die paptert. Die keuse van die kaas berus ook op n persoonlike besluit. Het die tert al met heerlike bloukaas gemaak.

Deur: Marinda kook

*

MIELIEPAP FRIKKADELLE: [IETS ANDERS SAAM MET JOU BRAAI]
Deur: Kos vir kampeerders
Stywe Pap
‘n Blikkie Heelpit Mielies
30 g Margarien
Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper

Voeg mielies en botter by pap en meng goed. Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.
Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute of in platboompot.
Dit kan ook in jou mikrogolf gebak word vir 6 – 8 minute op HOOG of tot kaas gesmelt het en die gereg warm is.
Wenk
Sterk gerasperde kaas kan oor die frikkadelle gestrooi word net voordat dit gebak word.

*

MIELIEPAP FRIKKADELLE: [IETS ANDERS SAAM MET JOU BRAAI]
Deur: Kos vir kampeerders
Stywe Pap
‘n Blikkie Heelpit Mielies
30 g Margarien
Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper

Voeg mielies en botter by pap en meng goed. Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.
Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute of in platboompot.
Dit kan ook in jou mikrogolf gebak word vir 6 – 8 minute op HOOG of tot kaas gesmelt het en die gereg warm is.
Wenk
Sterk gerasperde kaas kan oor die frikkadelle gestrooi word net voordat dit gebak word.

*
MIELIEPAP GENOT: 
by: Kos vir kampeerders
1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai

Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie.
Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies en laat nog ’n uur prut.
Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by.
Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt of skep pap in oondskottel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor, strooi res van kaas bo-oor en bak vir 30 minute by 180.

*

WILLIE SE PAPTERT
1 Kg mieliemeel
Sout na smaak
1 blikkie sweetcorn mielies
500ml room
500gr gerasperde chedder kaas (verdeel in 2)
250gr spek (gesnipper)(jy kan tot 500gr gebruik as jy wil)
1 Pakkie vars sampioene (gekap)
2 uie (gekap)
1 Blikkie tamatie en uie smoor (gebruik die Mexican geur – dit gee ‘n lekker byt)
1 pakkie Knorr Sausage gravy poeier

Metode:
Kook die mieliepap soos ontbyt pap (medium slap)
Braai intussen die uie, sampioene en spek tot mooi bruin en voeg dan die tamatie en uie smoor by
Laat rustig prut tot deurgaar en dik en gooi dan die sausage gravy poeier, sout, peper en speserye na smaak by.
Wanneer die pap gaar is voeg die blikkie mielies by en die helfte van die kaas. Meng goed. Voeg nou die room by en roer die papmengsel deur.
Smeer ‘n terbak met bietjie botter
Skep nou ‘n dun lagie pap in die bak – ongeveer 1cm dik.
Skep die spek en uie/tamatie mengsel oor – pasop dat dit nie met die pap meng nie
Herhaal nou in lae tot alles klaar is en eindig af met die spek en uie/tamatie mengsel.
Strooi die ander helfte van die kaas oor en laat staan vir ‘n rukkie.
Bak paptert in oond vir 20 minute by 180 C (jy wil basies net alles weer stadig warm maak en die kaas smelt – alles is mos klaar gaar)
Die voordeel van die paptert is, dit kan hele ruk voor die tyd gemaak word en net voor julle eet kan dit in die oond gedruk word om net weer warm te word)

*
MIELIEPAP GENOT: 
by: Kos vir kampeerders
1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai

Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie.
Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies en laat nog ’n uur prut.
Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by.
Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt of skep pap in oondskottel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor, strooi res van kaas bo-oor en bak vir 30 minute by 180.

Artikel: Margie Els-Burger, bygestaan deur Nomvuselelo Mncube Fotograaf: Roelene Prinsloo Met komplimente van Your Family

Artikel: Margie Els-Burger, bygestaan deur Nomvuselelo Mncube
Fotograaf: Roelene Prinsloo
Met komplimente van Your Family

GEURIGE BILTONG EN KAAS PAP

http://www.voelgoed.co.za/geurige-biltong-mieliepap

Seker die lekkerste Suid-Afrikaanse tradisie, is om te braai. En wat gaan beter saam met ’n gebraaide vleisie as mieliepap? Dan het hierdie resep nog biltong ook by! Beslis ’n wenner.

Genoeg vir 6
Tyd: 1 uur 15 minute
BESTANDDELE
1,25 liter water
15 ml sout
750 ml mieliemeel
1 x 410g blik geroomde suikermielies
hand vol vars tiemie
2 x 410 g blik gekapte tamaties
15 ml olyfolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
250 g knopiesampioene, in skyfies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
250 ml gekerfde biltong
375 ml Cheddarkaas, gerasper
METODE
1 Verhit die oond tot 220°C. Smeer ’n 30 cm x 25 cm oondvaste bak.
2 Bring die water en sout tot kookpunt in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm. Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf.
3 Voeg die suikermielies en tiemie by. Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. Skep die tamaties in ’n laag bo-oor.
4 Verhit die olie in ’n kastrol oor hoë hitte en braai die uie, knoffel en sampioene vir 5 minute tot goudkleurig. Geur en skep bo-op die tamatielaag.
5 Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.
Bronne
Artikel: Margie Els-Burger, bygestaan deur Nomvuselelo Mncube
Fotograaf: Roelene Prinsloo
Met komplimente van Your Family

*

RSG

RSG

Program: Brêkfis met Derrich

 http://www.rsg.co.za/resepte_kuik.asp?id=1953

 PAP EN WORS MET ‘N TWIST   

 Stywe pap

3 koppies water

2 teelepels sout

1 koppie mieliemeel

1 – 2 eetlepels botter

½ koppie vars mieliepitte

Vulsel
± 3 varkworsies, of hoenderwors, of boerewors, die lengte van die broodpannetjie

Stywe pap
Verhit die water en sout in ‘n medium kastrol tot kookpunt.
Voeg die mieliemeel daarby en roer tot gaar, ongeveer 12 – 15 minute.
Roer die botter en mieliepitte by.

“Pap en wors”
Voorverhit die oond tot 180°C.
Voer ‘n 18 cm x 5 cm broodpannetjie met kleefplastiek uit.
Verwyder die derms om die wors.
Skep ongeveer die helfte van die pap in die broodpannetjie.
Pak twee stukke wors in die lengte van die broodpannetjie en plaas ‘n derde stuk wors daarop.
Skep die res van die mieliepap in die broodpannetjie om die wors te bedek.
Maak die oppervlak netjies en glad en bak vir 25 – 30 minute.
Verwyder uit die oond en sodra dit effens afgekoel het, keer die ‘pap en wors’ uit en sny in skywe.
Bedien met tamatiesmoor.

*

PAPTERT: [ONBEKEND]

Maak groot pot stywe pap.
1 Houer Room (250ml)
Cheddar Kaas gerasper
1 Pakkie soppoeier van jou keuse
Braai die volgende saam:
Olyf olie
2 Groot uie gekap.
1 Geel pepper gekap
Pakkie koppie sampioene in skyfies gesny
5 Groot tamaties in fyn stukkies gesny
10 – 15ml knoffel
Sout na smaak
5ml gemengde kruie

Meng ‘n pakkie soppoeier van jou keuse met melk en voeg by die uie mengsel – prut tot dik en gaar.
Smeer ‘n swart oond pan goed met margarien.
Plaas ‘n dik laag pap onder in die pan.
Gooi die helfte van die sous mengsel oor die pap en versprei goed. Gooi genoeg gerasperde kaas oor om te bedek.
Gooi nou die helfte van die room bo-oor.
Herhaal nou volgorde tot al die bestandele op gebruik is.
Eindig met Kaas.
Plaas in voorbereide oond tot kaas goed gesmelt is – hou warm in lou oond.

*

FEESPAP: [Annetjie Cilliers]
Deur:  Kos vir kampeerders met idees vir kampering
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas

Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel.
Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie.
Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene.
Skep in lae in bakskottel:
Pap, dan spek mengsel.
Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is.
Bedien saam met braaivleis.

*

MIELIEMEELBALLE
Lewer 12 balle
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 20 minute250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) sagte gaar mieliemeel
1 eier
5 ml (1 t) bakpoeier
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
250 g spekstukkies, gaar
olie vir vlak braai1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Meng al die bestanddele behalwe die olie goed en sit eenkant.
3. Verhit die olie in ’n braaipan. Skep lepels vol van die beslag in die olie en braai tot oraloor goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
4. Plaas die balle op ’n bakplaat en bak 15 tot 20 minute. Sit voor saam met blatjang of salsa.

Mieliemeelballe
Mieliemeelballe

MIELIEPAPBOLLETJIES: [ONBEKEND]
Deur:  Kos vir kampeerders met idees vir kampering
Gaar mieliemeel pap
250 g spekvleis
2 uie fyn gekap
1 groen soetrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gedruk
1 eier geklits
sout
1 ml rooipeper
50 ml pietersielie fyn gekap
bolletjies in rol:
2 eiers geklits
sagte broodkrummels
olie vir diepvetbraai

Braai spekvleis tot bros.
Voeg uie, soetrissie en knoffel by en braai tot sag.
Voeg by mieliepap en meng goed.
Voeg die eier, rooipeper, sout na smaak en pietersielie by en meng goed.
Vorm in bolletjies so groot soos okkerneute.
Doop in geklitste eier en dan in broodkrummels, braai in diep olie tot goudbruin.

*

KRUMMELPAP VERRASSING: (Onbekend)
4 x 250ml krummelpap
500ml bruinbroodkrummels
5ml sout
250g botter
500g bladspek
500ml melk
8 eiers, geskei
285g blik geroomde sampioene
285g blik gesnipperde sampioene, gedreineer
500ml Chedderkaas, gerasper
170g blikkie ingedampte melk

Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondskottel.
Meng die krummelpap, brood krummels en sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed. Braai die spek bros en krummel dit. Hou ‘n bietjie van die spek vir garnering en voeg die res van die spek by die krummelpapmengsel. Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350ml van die kaas by die mengsel. Skep dit in die oondskottel uit en bak dit vir ongeveer ‘n uur lank. Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor en gooi die ingedampte melk oor. Plaas die gereg vir ongeveer 5 tot 10 minute terug in die oond. Bedien saam met braaivleis.

*

MIELIEMEELBROODJIE: [ONBEKEND]
Dis ‘n lekker brood vir saam met braaivleis en maklik om te maak. Soos meeste glutenvrye gebak is dit op sy lekkerste vars uit die oond en doen nie te wel na ‘n dag of twee nie.
Meng 350g (500ml) mieliemeel, 10ml bakpoeier 5ml sout saam. Verhit 125ml melk, 100g (125ml) suiker en 100g (100ml) botter tot kookpunt. Voeg nog 250ml melk en 3 eiers by die meelmengsel. Klop tot goed gemeng. Voeg nou die kokende melkmengsel by en meng goed. Die deeg is loperig. Gooi in brood pannetjie en bak ongeveer 45 minute by 180 grade Celsius tot gaar. Keer uit op draadrak en laat effens afkoel. Geniet!

*

MIELIEPAP BOLLE
Maak stywe krummelpap. Laat effe afkoel. Rol in frikadelle grootte en sit in bakplaat.
Braai uie, sampioene, spek en tamaties tot sag (dit hang af hoeveel papballe jy maak)
Maak lekker groot gat met jou duim in die papbal en skep die mengsel daarin. Druk effe toe
Gooi een houertjie room bo-oor en lekker baie gerasperde kaas
Bak vir 1 uur by 180 C
Maak seker al die room het tussen die balle in gebak.
Vir variasie: gooi blikkie suiker mielies (sweetcorn) of pitmielies by jou pap voor jy dit bolletjies rol.

*

KONDENSMELKPAP
2 L water
10ml sout
500ml mieliemeel
maak gewone stywe pap en kook tot gaar
Voeg by,
1 blikkie room mielies
1 blikkie kondensmelk
250gr botter
Bedien warm op

*

Venti de Lange
MIELIEPAP 
4 koppies mieliemeel
1 pakkie chakalaka papmengsel
1 bossie spinasie, gewas en versnipper
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
1 rooi soerissie in blokkies gesny
Opsioneel :- rissie, sampioene of waarvan jy ookal hou.

Metode:
Vul kastrol met 2 liter water en voeg by papmengsel en 30 ml botter. Bring tot by kookpunt. Voeg meel by 1 liter koue water. Voeg mieliemeel-mengsel by kookwater-papmengsel. Sit plaat op lae hitte. Terwyl dit kook die res van die botter in pan en verbruin uie. Voeg wortels, soetrissie en spinasie by en braai tot spinasie verwelk. Voeg by pap en op LAE hitte en kook dit vir nog 15 minute of tot die groente sag is. Roer af en toe. bydrae: Petro van der Westhuizen

*

KAASPAP
Bestanddele
500 ml Water
500 ml Melk
500 ml Mieliemeel
30 ml Margarien
5 ml Sout
2 Eiers
500 ml Cheddar Kaas
1 Blik mieliepitte

Metode
Meng die water, melk en meel in ‘n diep 2l bak. Voeg margarien en sout by.
Bedek en mikrogolf teen 100% krag vir 15 minute. Roer elke 5 minute met vurk. Rasper die kaas. Klop die eiers liggies. Klop ‘n bietjie van die warm pap by die eiers.
Klop die pap/ eiermengsel vinnig by die res van die pap. Roer kaas en mieliepitte by.
Bedek en mikrogolf by 50% krag vir 20 minute. Roer die pap goed na die eerste 10 minute. Laat die pap ‘n paar minute staan. Sit warm voor.

Wenk
Hierdie pap is heerlik saam met braaivleis.

*

MIELIEPAPTERT
1 liter kookwater
3 ml sout
420 ml mieliemeel
Vulsel:
250 g spekvleis
150g (300ml) gekapte sampioene
25 ml olie
125 ml Cheddarkaas, gerasper
50 ml room
3 ml varsgemaalde swartpeper
knippie sout
50 ml olie
Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot ‘n matige stywe pap verkry word. Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.

Vulsel:
Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit. Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet. Voeg die olie by indien nodig. Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke. Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin. Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor. Sprinkel ‘n bietjie room, olie en geurmiddels oor. Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is. Bak die tert 1 uur by 160ºC. Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom.

*

PAPTERT:
Lekker groot pot krummelpap – groterige korrels wat lekker sal kan in balvorm kleef (gaar en half afgekoel)
2 kop bruinbroodkrummels
3/4 kop botter (gesmelt)
3 pake bladspek
1/2 kop melk
6 eiers, geskei
1blik geroomde sampioene
1blik gesnipperde sampioene gedreineer
2 lekker vol kops gerasperde Chedder
170g blikkie ingedampte melk
350 ml suurroom
5ml sout
oond op 180C en smeer oondskottel.Braai die spek bros in botter en krummel dit. Hou ‘n bietjie van die spek vir garnering. Meng die pap, krummels en sout, voeg die botter by+meng goed. Voeg spek by krummelpapmengsel. Klits melk+eiergele saam en voeg dit en die sampioene en helfte van die kaas by papmengsel (kan stewiger gemaak word met xtra krummelpap of verslap met gebruik van melk)Rol nou bolle van papmengsel en plaas in oondskottel. Sprinkel res van kaas en spek oor. Giet suurroom nou oor papbolle gevolg deur ingedampte melk. Bak +- 45 min..

*

PAPTERT MET GROENTE

Stywe pap
Kaas, gerasper
Groente (uie, sampioene, wortels, baby marrows, kool, ens), gestoom
Kruie, sout, peper

In ‘n oondbak, pak ‘n laag pap, dan die groente, geur dit, dan kaas. Herhaal die lae en bak in oond tot kaas gesmelt

*

mieliebrood

MIELIEBROOD
1 kop koekmeel
1 kop mieliemeel
3 t bakpoeier
1 t sout
125 ml olie
125 ml suiker
3 eiers
1 blik geroomde suikermielies
Klits die volgende saam: olie, suiker en eiers. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Roer mielies by. Giet in broodpannetjie en bedek liggies met foelie. Bak by 180ºC vir ongeveer 1 uur.

*

Adéle Van Zyl Filmalter
MIELIEMEEL SKEPBROOD
500 ml melk
170 ml mieliemeel
2 ml sout
45 g botter
4 eiers geskei
Oond 180º C
Laat melk opkook, verlaag hitte en roere mieliemeel en sout in melk in. Hou aan roer tot dik. Voeg botter by, verwyder van hitte en laat effe afkoel. Voeg eiergele een vir een by. Klop eierwitte styf en vou in. Plaas in gesmeerde kasserolbak en bak sowat 40 minute. Sit voor met botter of eet saam met die sousie van ‘n stowegereg of saam met braaivleis!

*

MIELIEBROOD
4 eiers
125ml melk
45ml suiker
30ml olie
250 mieliemeel
5ml bakpoeier
30 ml maizina
5 ml sout
1 blik roommielies
1 blik pitmielies
Klits eiers, melk, suiker en olie. Voeg droee bestandele by. Roer nou die mielies by. Meng goed – Bak ongeveer 45 min op 180 grade.

*

MIELIEPAP MUFFINS: [SARIEKOS]

Saam met braaivleis!
Jy benodig (vir 6)
• 2 koppies mieliemeel
• 4 koppies water
• 1 teelepel sout
• 3 eetlepels olyfolie of botter
• 2 eiers
• 2 hande vol kaas, gerasper
• 4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
• 1 teelepel rooipeper
• 1 teelepel paprika
• 1 koppie heel mieliepitte
• 6 sondroogtamaties, gekap
• 12 kersietamaties, gehalveer
Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 200 ºC.
2 Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ’n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel.
3 Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.
4 Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.
Wenk:
Die muffins is ’n blink plan as jy oorskietpap het. Gooi ’n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis ’n geduldige resep dié.

MIELIEPAP MUFFINS

Advertisement