Search Results for: patats

Lemoenpatats


LEMOENPATATS

Die resep is vir 1kg patats

1kg patats
4 eetl botter
1 en 1/2 kop bruinsuiker (ligte een)
1 kop lemoensap
1 tl gerasperde lemoenskil
1 eetl suurlemoensap
1/2 tl sout
1 en  1/2 eetl vlapoeier

Die resep se: Kook patats met skil en al – laat afkoel, skil af en sny in skywe
Ek het dit sommer geskil, in blokkies gesny, gekook tot sag en gedreineer
Gooi patats in ‘n vuurvaste bak
Smelt die botter in ‘n pot
Meng die vlapoeier en suiker en voeg dit by die botter. Meng goed
Voeg die lemoensap by en prut tot glad.
Voeg die lemoenskil, suurlemoensap en sout by en prut net vir ‘n minuut of so
Giet die sous oor die patats en bak in voorafverhitte oond (180C) vir 30 minute

Die foto is vir 4 kg patats – mens kan met gemak 2 kg in ‘n oondpan kry vir die wat dit wil maak as ‘n grootmaatresep
Ek het die resep onmiddelik 4x aangemaakLEMOENPATATS

Advertisement

PATATS


patat pakkies troue

PATAT BLOKKIES/PAKKIES 

Dit is basies presies soos die PATAT WIELE maar die verskil kom in by die blaardeeg.

Jou patatwiele is mos maar deur die patats op die blaardeeg te smeer, op te rol en dan in wiele te sny en plat in ‘n bak te pak.

Die Patatpakkies maak jy pakkies:

Kook jou patats in water tot sag en maak fyn. Nie heeltemal nie, dit moet nog stukkies wees.

Rol jou blaardeeg oop. Le die blaardeeg dat die langkant gebruik word – Sit nou van die patats op die eenkant van die deeg.Jy kan maar lekker baie opsit. Hoe meer jy insit hoe groter is jou pakkie Die maklikste is om sommer die middelpunt effe met ‘n mes te merk.
Vou nou die ander deel van die deeg bo-oor die patats, vou onder mooi toe en sit in jou bak.
Neem ‘n mes en sny dit in blokke – hy se jy sny die deeg in die middel van die langkant deur – jy kan 2 snitte ook maak en dan weer op die kort kant – Daar kom omtrent so 8 na 10 blokkies uit. Dit hang af hoe groot jy die blokke wil he.

Meng jou Sous:
Gooi 150ml suiker (wit of bruin) en 250ml room bymekaar en bring tot kookpunt
Gooi bo-oor patats en bak in oond vir 30/40min by 180grade C

patatrol rens1

Patat wiele/rol

Patats


Patats met nuttycrust koekies

NUTTY CRUST PATATS

Bestandele:

4 kg patats – of soveel wat jy wil kook.

1 pak Nutticrust-beskuitjies

250 ml vars room

500 g goue stroop

Metode:

Kook die patats in soutwater tot sag. Skil af en maak fyn met bietjie botter.

Smeer ‘n oondvaste bak. Skep die patats in die bak.  Maak die stroop

bietjie warm en gooi die oor. Gooi  dan ook die die room bo-oor.

Krummel die  pak beskuitjies en gooi dit oor die patats  Bak vir

20-30 minute by 180 grade tot die gereg deurgaar is.

Ek het ook al gemmerkoekies gebruik ipv Nutty crust koekies, ook broodkrummels en selfs eenkeer n paar provitas

As jy bietjie iets anders wil doen:

Deel patats in 2 – sit 1ste deel van patats in bak, dan lag gemmerkoekies, dan weer lag patats, room en pak dan marshmallows op en bak ook vir so 30min by 180C

 

CREME BRULEE PATAT

Baie eenvoudig en baie besonders.

2 kg patat
melk en margarien
2 ml sout
5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neutmuskaat
250 ml bruin suiker

Skil die patat en kook dit tot sag. Druk dit fyn met aartappeldrukker – gooi melk en margarien by tot dit die tekstuur is waarvan jy hou. Meng die sout, kaneel en neut by. Skep uit in ‘n gesmeerde oondvaste bak en maak gelyk. Gooi die suiker bo-oor. (Afhangende van jou bak kan dit meer of minder wees – dit moet ‘n dun laag oor die patat vorm.) Plaas onder die roosterelement van die oond en grill tot die suiker gesmelt is – hou dit dop, dit brand maklik. Verwyder uit die oond en laat vir 5 minute staan sodat die suiker kan hard word.

 

PATATROL

Rencia Odendaal Pretorius

Kook patats tot gaar (sonder suiker) maak fyn – laat afkoel.

Jy kan ‘n rol Puff pastry gebruik of:

Kors:
250gr botter
750ml meel
15ml bakpoeier
2 groot eiers
125ml melk
Vryf droe bestandele in
Voeg eiers en melk by en meng goed.
Rol uit, 5mm dik.

Smeer patats 1cm dik oor deeg
Plaas bietjie suiker (wit of bruin) en paar klontjies botter onder in bak se bodum.
Rol op en sny skywe van 2.5cm dik en pak in gesmeerde bak
Sous:
Gooi 150ml suiker (wit of bruin) en 250ml room bymekaar en bring tot kookpunt
Gooi bo-oor patats en bak in oond vir 30/40min by 180grade C
Ek het bruinsuiker vir die resep gebruik.

 

LOUISE SE GEROOSTERDE PATATS

Uit Kos is op die tafel
Lewer 6 porsies

8-10 middelslag patats in die skil

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
klein klontjies botter (opsioneel)

Voorverhit oond tot 200 °C.  Smeer ’n groot bakplaat liggies met van die olie en halveer patats in die lengte. (Patats van min of meer dieselfde grootte bak ewerediger gaar.)

Plaas die patats met gesnyde kante na onder op die bakplaat. Bedruip met orige olie en geur deeglik met ’n bietjie growwe sout en peper.

Stip ’n klein bietjie botter op elke patat, indien gebruik, en rooster patats 30-45 minute of tot sag en goudbruin aan die onderkant. Sit dadelik voor met braaivleis of geroosterde vleis, hoender of vis.

 

SOETPATATS

Deur: SARIE

1 kg klein patats

100 g botter

200 g suiker

1 heel kaneelstok

sout na smaak

Skil die patats (en as hulle groot is, sny in groot stukke). Smelt die botter in ’n groot kastrol. Voeg die suiker by en hou aan roer tot die suiker gesmelt is. Kook die botter-suikermengsel tot ’n ligte karamel. Voeg die patats by en meng goed met die karamel. (Die karamel sal effens hard word wanneer jy die patats byvoeg, maar die vog in die patats sal dit weer loperig maak.) Voeg die kaneelstokkie by en geur met ’n bietjie sout. Stel jou stoofplaat op ’n lae hitte en sit ’n deksel op die kastrol. Moenie die patats roer nie, want dit kan uitmekaar val en jy wil dit heel hou. Skud so elke nou en dan die kastrol sodat die patats bedek word met die karamel. Kook die patats tot sag, maar moenie té lank kook nie – dit sal dan soos ’n moes word.

  

PATAT KOEKIES MET KARAMELSOUS. Vrouekeur II resepteboek.

Bestanddele:

375 ml (1 en half) koppie koekmeel

20 ml (4 t) bakpoeier

knypie sout

75 ml (5 e) strooisuiker

2.5 ml (half t) gemaalde kaneel

knypie gemengde speserye

knypie gemaalde gemmer

3 eiers, geklits

750 ml (3 k) patat, gaar en fyngedruk

olie vir vlakbraai

Sous:

90 ml (6e) botter

90 ml (6e) geelsuiker

250 ml (1k) water

60 ml (4e) koekmeel

60 ml (4 e) gouestroop

2-3 stukke kassia (nie pypkaneel nie)

Patatkoekies : Sif meel, bakpoeier, sout, strooisuiker, kaneel, speserye en gemmer saam.

Meng eiers en patat. Meng patat- en meelmengsel deeglik.

Verhit bietjie olie in braaipan en skep teelepels vol beslag in warm olie.

Braai goudbruin aan albei kante.

Plaas op kombuispapier om olie te absorbeer. Hou patatkoekies in oond teen lae temperatuur warm terwyl sous berei word.

Sous : Smelt botter en suiker in kastrol. Verhit tot kookpunt terwyl geroer word.

Stel hitte van plaat laer.

Meng water, meel en stroop saam. Voeg dit by die bottermengsel asook die kassia. Kook ongeveer 20 minute tot goudkleurig terwyl geroer word. Verwyder kassia en sit sous warm met plaatkoekies voor.

patats AMANDA

Amanda se Patats onder die kombers

Amanda se PATATS ONDER DIE KOMBERS
750gr gaar patats (kook gaar in water of sien opsie van Amanda
Jy kan butternut ook gebruik vir ‘n variasie
1 eier
1 kop melk
½ kop botter
5ml vanilla
50ml bruinsuiker
Sout na smaak
Amanda Cronje : Ek moet by sê ek het die patats in die melk, botter, vanilla en suiker tot gaar gekook. Na ek dit fyngemaak het het ek die eier bygegooi
Meng al bogenoemde en skep in ‘n gesmeerde bak
Bolaag:
½ kop bruinsuiker
½ kop klapper
½ kop koekmeel
½ kop botter
Meng al die b.g. bestandele en frimmel dit bo-oor die patats
Bak vir 30/40 min by 180C

 

Rencia Odendaal Pretorius

SOETPATATS:

2 kg patat

375 ml geel suiker

375 ml water

2 hoogvol eetlepels Maizena (mielieblom)

5 ml karamelgeursel

Was die patat en kook dit in ‘n groot kastrol tot gaar. Skil

dit af en sny in skywe. Pak die patatskywe in ‘n reghoekige glasbak. Meng die

suiker, water, mielieblom en geursel goed saam.

(Stip die patats met blokkies margarien, indien verkies.)

Verhit die suikermengsel effens, tot die suiker gesmelt het. Gooi dit oor die patat

en bak teen 180 grade vir 30-40 minute, of tot die suiker stol en karameliseer.

 

PATATS MET GEMMERKOEKIES EN MALVALEKKERS

4 groot patats, geskil en in skywe gesny.
1 pak gemmerkoekies
1 pak mashmallows.
Kook patats in soutwater tot gaar, dreineer.
Pak gemmerkoekies teen rand van glasbak, rond of vierkantig.
Gooi patats in bak.
Gooi pak mashmallows oor.
Bak vir ongeveer 30minute by 180°C.

 

PATAT EN AARTAPPEL GEBAK:

Rencia Odendaal Pretorius

3/4 groot aartappels – in ringe gesny

3/4 medium patats – in ringe gesny

2 uie – gekerf

Pak nou bo- genoemde in lae in ‘n plat bak

Meng:

250ml room

250 ml melk

1 pakkie bruin uiesop

Sout en swart gemaalde peper

Gooi die nou bo-oor die aartappels

Rasper kaas bo-oor en bak in oond vir 1 en half uur by 180 grade

(opsioneel, jy kan mushrooms en spek braai en ook tussen die aartappel lae sit)

 

Rencia Odendaal Pretorius

MARMALADE-GEROOSTERDE SOETPATATS:

4 patats

1 ui gekap

50ml olyfolie

50ml marmalade

100ml lemoensap

Skil patats, en sny in ringe

Meng al die bestandele saam en sit in roosterpan – bedek met foelie en rooster vir omtrent 45min – meng weer deur en rooster vir nog so 5/10min tot mooi goudbruin.

 

Rencia Odendaal Pretorius

JASSIE PATATS:

12.5 ml witsuiker

12.5 ml goue stroop

3ml fyn gemmer

3ml fyn kaneel

1ml sout

15ml botter

4-6 klein patats skoon gekrap (nie geskil)

50ml water

Meng alles en verhit tot begin kook. Gooi patats in mengsel en kook tot gaar.

Dorè Van Wyk Els

Hierdie is die resep wat ek altyd maak, maar dis nogal baie soet:

PATAT TERT
3 k gaar patats,
125ml gesmelte Margarien,
1 t Vanielje geursel,
1 k suiker,
1 eier,
Meng alles en gooi in n oondvaste bak.
Bo laag:
125ml Margerien (nie gesmelt)
125ml Bruinsuiker
125ml Klapper,
125ml Koekmeel
Meng bogenoemde in n menger en strooi bo oor patatmengsel.
Bak vir 35min by 180 grade of tot goudbruin

 

Leoni Botha

GEMMER PATATS      

1 kg patats gekook in soutwater tot sag, trek die skille af, en sny in skywe. Gooi so 50 ml sagtebruinsuiker onder in ‘n bakskottel en stip , paar klontjies botter hier en daar op die suiker. Pak nou lae, op mekaar tot bo, van die volgende, laag patatskywe, laag piesangs in dun skywe gesny, strooi bietjie bruinsuiker, paar klontjies botter, lagie gemmerkoekies wat fyn gerol is in krummels. Hou aan lagies pak, en eindig met koekies gestip met botter, sit ‘n deksel op of foelie en bak so 45 minute in oond van so 180 grade C

SOET PATATS:

Lillyne Grunewald

1kg patats

125ml heuning

60g botter

knippie sout

80ml water

Voorverhit die oond tot 200C. Smeer ‘n oondpan met ‘n lagie botter. Kook patats in skilletjies in soutwater tot net sag. Skil af sodra effens afgekoel en sny in skywe. Verhit heuning, botter, sout en water saam oor matige hitte. Plaas patatskywe in lae in bereide oondbak met ‘n lagie heuningsous tussen elke lagie. Skep orige sous bo-oor. Bak in oond vir sowat 30 minute tot sous deur patats getrek het en glansend lyk.

Lewer 6-8 porsies.

 

GEBAKTE GEMMER PATATS

Leonora Rautenbach

Kook 1kg patats half gaar in water met bietjie sout. Gooi patats in gesmeerde lang tertbak. Druk pakkie gemmerkoekies fyn.(grof) Gooi oor patats. Gooi genoeg klontjies botter oor. Gooi koppie bruinsuiker oor patats. Bedek met tinfoelie. Bak half uur op 180. Verwyder foelie en bak 10 min tot goudbruin.

 

KANEEL PATATS

Patats geskil en in wiele gesny

1 Eetlepel kaneel

10ml vanilla essence

250ml suiker

600ml kookwater

Gooi kookwater, suiker en kaneel in ‘n pot en bring tot kookpunt. Gooi patats in en kook tot sag. Gooi vanilla essence by en maak fyner soos jy van die patats hou..

GRAANVLOKKIE (CORN FLAKES) PATATS

Patat met ‘n sopie brandewyn – (Vir dié van

Julle wat nie weet nie, die alkohol in die brandewyn kook weg en net die lekker

geur van die brandewyn bly oor.)

4 patats

190 ml geelsuiker

25 ml brandewyn

60 ml botter

2,5 ml fyn kaneel

125 ml graanvlokkies (Corn Flakes)

Kook die patats tot gaar en sny dit in skywe. Pak die patat

in lae in ‘n oondvaste bak. Meng die suiker, brandewyn, botter en kaneel saam.

Verhit dit stadig tot die suiker gesmelt is. Gooi die sous oor die patat. Druk

die graanvlokkies bietjie fyner en strooi dit bo-oor die patats. Bak in ‘n

voorverhitte oond teen 180 grade tot die gereg deurwarm is, en die

graanvlokkies mooi bruin is.

 

LEMOEN PATATS

2 kg patats

50 ml mielieblom

500 ml lemoensap

125 ml bruin suiker

2 ml sout

2 ml gerasperde lemoenskil

125 ml pitlose rosyne

Voorverhit die oond tot 180ºC.

Kook die patat met die skil tot sag. Skil af en sny in

skywe. Pak in ‘n groot oondvaste bak. Meng die mielieblom met bietjie lemoensap

tot gladde pasta. Voeg die res van die lemoensap by, asook die suiker, sout,

lemoenskil en rosyntjies. Verhit die sous tot dik en gooi die oor die patat.

Bak vir 30 minute tot die patat deurwarm is.

lemoenpatats

Lemoenpatats

 

PIESANG PATATS

Lewer 4 – 6 porsies
Bestanddele:
500 ml gaar, fyngemaakte patats
1 groot eier, geskei
25 ml botter of margarien
2 ml sout
1 groot piesang, in dun skywe gesny
25 ml suiker

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
2. Klop die patats, eiergeel, botter of margarien en sout saam.
3. Skep in ‘n gesmeerde oondbak en rangskik die piesangskywe bo-op.
4. Klits die eierwit styf terwyl die suiker bietjiesgewys bygevoeg word.
5. Smeer die eierwitmengsel oor die patatgereg.
6. Bak 30 minute lank tot gaar.

Die resep is oorspronklik gepubliseer in die resepteboek, Tannie Poppie kook

Hake met suurlemoenrys, patats en salsa


Hake

Gevulde hake fillete met suurlemoenrys en patats in foil.

Neem hake en fillet oop. Vul met gekapte uie, so 2 snytjies tamatie, knoffel, sout,peper, bietjie botter en ons het so klein bietjie bladjang oorgegooi en dan ook so lekker spuit suurlemoensap. Maak toe met foil.

Neem patat, , was af en steek gaatjies in met mes. Gooi vir so 2 minute in mikrogolf. Smeer lekker botter op, sout peper en ek het ook paar stukkies knoffel opgegooi – Draai toe in foil.

Oond by 180 grade:
Sit eers jou patats in vir so 15 min, en dan sit jy die vis in. Dit hang af hoe dik jou vis is, maar so 20/25 min is genoeg.
Kook intussen jou suurlemoenrys.
Water, sout rys en so spuit suurlemoensap. Kook rys droog, moenie water afgooi of afspoel nie. Jy verloor jou suurlemoengeur. Gooi 1 tl pietersielie in en roer deur net voor opdiening.

Maak ‘n lekker tamatie, uie, pepper salsa.

Maklike ete idees / KREATIEWE KOS UIT MY KOSKAS


 HIERDIE IS MAKLIKE GEREGTE WAT EK GEREELD MAAK IN MY HUIS (Rens)

ete idee 1

MIELIE PASTA SKOTTEL

1 blik heelpit mielies
1 blik suiker mielies (room)
Gesnipperde spek of polonie of ham
Kaas gerasper
1 pak spaghetti
3 eiers
2 gekapte uie
2 gekapte tamaties
Sout en peper

Kook pasta vir 20 minute. Braai uie goud bruin voeg bacon by braai bruin. Water heelpit mielies af. Meng dan uie en spek by pasta saam suikermielies en heelpit mielies. Meng goed. Klits eiers saam helfte van die kaas en voeg by pasta gereg. Plaas in oond teen 180 C vir 30 min. Net voor bedieninge gooi res van kaas oor gereg. Geur met sout en peper.

Jy kan ook ‘n witsous oor die pasta gooi en res van kaas oor strooi.

*

HAM/SPEK EN SPINASIE PASTEI

2 koppies pasta (gaar gekook)
2 eetlepels botter
½  koppie gekapte ui
1 teelepel knoffel
2 koppies gekapte vars spinasie ( kan bevrore ook wees)
2 eetlepels meel
1 ½  koppies melk
½  teelepel swartpeper
1 teelepel sout
½  koppie suurroom (of ½ kop room met ½ eetl asyn)
2 koppies gaar gekapte ham of spek of enige koue vleis
1 ½  koppies gerasperde kaas
Braai ui in botter (en sampioene)  voeg knoffel en baba spinasie by  en kook sowat vyf minute of tot spinasie sag is. Verwyder spinasie en uie en hou eenkant. Smelt die botter en voeg by die meel. Maak soos wat jy ’n witsous sou maak, roer in die melk , swart peper, sout en suur room . Roer tot glad. Verwyder van die hitte en roer dan al die bestandele bymekaar behalwe die koekies of broodkrummels Giet in ‘n gespuit oondbak.  Sprinkel nog kaas oor . Bak in voorverhitte oond vir 180 C vir  30 tot 35 minute tot bruin bo-op is.

Wenk: Kan gevlokte hoender ook gebruik

*

BULLY BEEF SPAGETTISKOTTEL
500 ml spagetti – gaar en gedreineer
1 blik pitmielies
1 blikkie bully beef fngemaak
1 groot tamatie geskil en fyngekap
1 uie fyngekap
25ml pietersielie
1 green pepper gekap
sout en gemaalde swartpeper
2 eiers geklits in 125ml melk
Meng alles deurmekaar
Gooi in bak en rasper so 200gr kaas bo-oor
Bak vir ongeveer 1 uur tot gaar en goudbruin

*

ALFREDO PASTA
Kook spagetti of pasta tot sag – nie pap en dreineer
1 groot ui (gekap)
250gr spek (gesnipper)
1 pakkie sampioene (gesny)
Groen geel en rooi peppers 9gekap) opsioneel
Braai bogenoemde tot sag (ek voeg bietjie knoffel by)
Voeg 1 blikkie room by en meng goed deur
Voeg pasta by
Gooi gemaalde swartpeper en sout oor en laat prut oor lae hitte tot dik en roomerig

*

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG
1 hoender (gebruik sommer stukke hoender indien jy nie heel hoender het nie – 2kg is genoeg)
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak
400ml witsous
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Opsioneel:
Gekapte groen, rooi en geel peppers gebraai,  ½ kop erjies of veggie mix

Meng hoender, noedels mayonaise (opsionele indien verkies) en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

DROOMDIS PASTA GEREG
259g spaghetti (ek vat sommer so groot handvol en gebruik ook baie keer sommer net elbow pasta)
410g pitmielies
150ml olie
½ soetrissie
4 repe ontbytspek, gesnipper
1 pakkie sampioensoppoeier
200ml water
1 blik sampioene
250ml cheddarkaas, gerasper
sout en peper na smaak

Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar. Dreineer, voeg pitmielies en olie by en meng. Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghetti mengsel. Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute. Giet oor spaghetti mengsel en meng. Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas. Bak by 180C totdat die kaas mooi bruin is.

RENCIA SE CHICKEN A LA KING

Kook 3 na 4 groot hoenderborsies tot gaar – vlok en hou eenknat
Braai uie, sampioene, groen, rooi en geel rissies (grof gekap) en knoffelvlokkies tot sag
Voeg hoender by en 1 pakkie Knorr Chicken a la King aangemaak met 500ml melk
Voeg by 1 kop bevrore ertjies
Laat stadig prut tot dik
Wenk: Gebruik pakkie sampioenroomsop as jy nie die Chicken a la king het nie

chicken a la king rens xx

Rencia se Chicken a la King

CHICKEN SCHNITZELS  (Rens)

Koop ‘n pakkie Knorr Chicken coating with cheese sauce
Neem hoenderborsies, sny deur en kap tussen 2 stukke gladwrap tot plat en dun
Laat le dan solank die hoender in melk
Maak die pakkie kaassous aan (ek is nie mal daaroor nie – het sweet chillie sous ingegooi maar dit het nog nie die ding vir my gedoen nie) Maak eerder jou eie kaassous
Neem die “coating” in die pakkie en gooi so 2 handevol kellogs in wat jy fyngedruk het
Druk die hoender in die mengsel en vlakbraai in omtrent 1cm warm olie tot gaar
Bedien met kapokaartappels, ertjies en baked beans

Indien jy  sampioene het kan jy dit  in die melk doop en dit ook in die “coating” druk en bruinbraai in olie – dit is heerlik as ‘n ekstra bykos, en alles is met dieselfde pakkie Chicken coating – gooi sommer 4 hande kellogs by om dit te rek en meer te maak – die smaak bly dieselfde.

chicken snitzels rens111

Chicken schnitzels (Rens)

20150414_205039

Hierdie het ek gemaak met kellogs krummels en die Chicken coating

STIRFRY

Kook jou hoenderborsies tot gaar – vlok
Braai jou pak stirfry tot al die water/vloeistof verdamp het – skep uit en hou eenkant
Braai al die ander groente wat jy wil braai bv uie, 3 kleure peppers, sampioene, gerasperde wortels
Gooi alles bymekaar en gooi bietjie bladjang, sweet chillie sous, wostersous, soyasous, sout en peper oor en roerbraai tot alles deurwarm is

stirfry rens

Stirfry

VISKOEKIES MET PILCHARDSVIS

1 blikkie Pilchards in tamatiesous (Gebruik die sous ook)
2 eiers
2 eetl asyn
1 klein aartappel (gerasper)
1 klein ui (gerasper)
1 kop koekmeel
1 tl bakpoeier
Sout en peper na smaak
Meng alles goed
Skep lepels vol in warm olie en bak tot goudbruin

Wenk: As jy sien jou beslag is nog bietjie te loperig, gooi nog klein bietjie meel by

viskoekies pilchards

Pilchards viskoekies – Bedien met Mayo mash en ertjies

MAYO MASH
Kook jou aartappels sag met 1 gekapte ui by
Maak fyn
Gooi in 2 eetl mayonnaise, bietjie botter, sout peper en bakpoeier en meng goed deur

ALLES IN EEN LIGTE MAALTYD

8 snye brood, gesmeer met margarien & marmite
2 groot tamaties (in skywe gesny)
1 groenrissie ( in dun ringe gesny)
300ml gaar gegeurde maalvleis gemeng met ½ blikkie gesnyde knopiesampioene (ek gebruik hier sommer vars sampioene)
150ml gerasperde kaas
4 eiers
600ml melk
5ml sout
1ml peper
5ml mosterdpoeier
knippie rooipeper

Stel oond op 180C.
Sny brood in blokkies en rangskik helfte daarvan op die bodem van ‘n gesmeerde oondskottel.
Plaas die helfte van die tamatie en soetrissie op die brood.
Plaas die helfte van die maalvleismengsel bo-op die soetrissie en tamatie en strooi helfte van kaas bo-oor.
Herhaal die lae.
Klits die eiers, melk, sout, peper, mosterdpoeier en rooipeper saam.
Gooi die melkmengsel bo-oor en week 20 minute lank.
Bak vir 30 minute of tot gestol

macaroni en kaas rens

Maalvleis en pasta gebak

MAALVLEIS EN PASTA GEREG

500gr  beesmaalvleis
½  koppie ui, gekap
3 Koppies witsous
½  teelepel knoffelvlokkies
½  teelepel sout
½  teelepel peper
Sampioene gekap
2 koppies macaroni, rou
2 kop cheddar kaas gerasper
Braai uie, vleis en knoffel en  sampioene  tot sag en vleis nog pienk is
Kook die macaroni eenkant tot sag en dreineer
Pak nou lae met die macaroni, maalvleis mengsel, witsous en kaas
Eindig af met die maalvleis en kaas
Bak in oond vir 20 na 30 minute by 180 C

macaroni met chakalaka

Eenbak macaroni met chakalaka en mielies

EENPOT MAALVLEISGEREG  MET  CHAKALAKA EN  BUTTERNUT /MIELIES 

Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot.

Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels  bo-oor.

Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water  bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.

KOSHUIS/KINDERHUIS MAC & CHEESE
1 pakkie (500gr) macaroni (gaar)
Rasper 4 tamaties en voeg by:  4 eetl tamatiesous, 4 eetl chutney, ½  eetl Bbq spices, sout en peper na smaak
Meng macaroni en tamatie mengsel en voeg by – 2 kop gerasperde kaas – Gooi in platbak – Klits 6 eiers en 150ml melk. Gooi eier en melk mengsel bo-oor
Rasper  nog 2 kop gerasperde kaas bo-op en bak vir 30 min by 180 grade

Variasies: Voeg by gekapte spek wat bros gebraai is, maalvleis, gekapte uie wat gebraai is, stukkies ham, bully beef, tuna wat gedreineer is of gevlokte hoender. Jy kan ook sampioene braai en byvoeg

VARKWORSIE (PORK BANGERS) GEREG
1 kg varkworsies
1 groot ui gekap en ½ greenpepper gekap
50ml tamatiesous
50ml wostersous
50ml chutney
410gr perske skywe

Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)
Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min
abedien saam met mayo mash, ertjies en mengelslaai

maalvleis bolletjies rens

Maalvleisbolletjies

MAALVLEIS BOLLETJIES

500 na 750 gr maalvleis
2 groot aartappels (gerasper)
1 groot ui (gerasper)
1 groot wortel  ( gerasper )
2 eiers
Groot handvol oats
1tl kerrie
2eetl asyn
Sout en peper
1tl  bakpoeier

Meng al bo-genoemde bestandele
Maak bolle en sit in casserol , sit deksel op
Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water
Gooi bo-oor en bak op 130/140  grade vir 1 en kwart uur/na uur en ‘n half

PASOP DAT JY NIE DIE OOND TE HOOG STEL NIE, ANDERS BAK JOU MAALVLEISBOLLE KURKDROOG. Dit moet nog ‘n lekker sousie he.

HOENDER EENBAK RENS

Eenbak hoendergereg met aartappels en patats in die skilletjies

EENBAK HOENDERGEREG

Gebruik Kasserole met deksel
Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Maak pakkie sampioen of wit uiesop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak
Bak vir 1 en half uur by 150/160 grade C
Sit net onder grill om velletjie lekker bros te maak en goudbruin
Jy kan hier die hoenderstukke vervang met skaaptjops ook.
Pak saam in bo  met jou hoender, aartappels, patats, heel sampioene, botterskorsie ens – alles word op eenslag gaar

broodjie pappa

Hierdie broodjie was met broodmeel gebak

MY DAD SE BROODJIE

1 kg witbroodmeel of koekmeel (7 koppies)
4 koppies lou water
2 tl sout
1 pakkie gis (10gr)

Meng alles saam.
Dit is nie nodig om dit te laat rys nie. Ek het albei maniere probeer , met of sonder rys, en die broodjie het presies dieselfde gelyk
Bak vir 1 uur by 180 C

varktjops-in-bruin-uiesop-2 (1)

VARK TJOPS MET BRUIN UIESOP
6 groot vark chops – Vervang jou varktjops met vark filette, steak of skaaptjops
1 na 2 groot uie grof gekap
250ml kookwater
125ml koppie mayonnaise
125ml koppie tamatiesous
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125ml blatjang

Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng al die sousbestanddele bymekaar tot gladde pasta. Pak tjops in ‘n kasserol en gooi die uie bo-oor. Gooi die sous oor die tjops, maak deksel toe en bak by 180 C vir 1 uur

mayonnaise hoender rens

MAYONNAISE EN BLADJANG HOENER

Pak enige snit hoenderstukke  in platbak. Meng die  volgende –  1 kop mayonnaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt  ( so 2 na 3 eetl) en 1 tl mosterd, 1 hoogvol tl maizina en so ‘n bietjie suurlemoensap (Die hoeveelhede gaan afhang van hoeveel hoender jy het)

Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. Moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Bak vir  ongeveer 1 uur by 180 C – (onbedek)  Kyk na uur of jy nog bietjie moet los of nie – dit hang af van hoe groot jou hoenderstukke was. Gewoonlik is dit @ die tyd al lekker bruin met ‘n dik sous, maar indien nie- sit gou onder die grill vir paar minute en verdik met bietjie soppoeier of maizina/koekmeel

SKAKELS NA NOG ‘N PAAR IDEES:

https://kreatiewekosidees.com/?s=6+bestandele

https://kreatiewekosidees.com/?s=spyskaart

https://kreatiewekosidees.com/?s=eenbak

https://kreatiewekosidees.com/?s=ete+idees

https://kreatiewekosidees.com/?s=maalvleis

https://kreatiewekosidees.com/?s=wors

https://kreatiewekosidees.com/?s=hoender

https://kreatiewekosidees.com/?s=Vark

https://kreatiewekosidees.com/?s=vis

https://kreatiewekosidees.com/?s=pasta

DIEET – Ilse se dieet soos op Fb


KONTAK ASB EERS JULLE DOKTER INDIEN JULLE DIE DIEET WIL VOLG EN SEKER MAAK DAT DIT VEILIG  IS VIR JOU GESONDHEID EN LIGGAAM

Baie mense gaan my nou vra wat is die dieet. Ek het dit gekry in ‘n boekie wat ek in ‘n tweedehandse boekwinkel in Jeffreysbaai ontdek het. Die boekie is al in die 50’s gepubliseer. Kan nou nie die naam onthou nie.
Ek is doodseker dit was die begin van hierdie nuwe Tim Noakes se Kosrevolusie wat almal nou op hol het. Dis is basies presies dieselfde behalwe vir die eerste week tot hoe lank jy kan uithou.

Ek het hierdie dieet met my man se nier spesialis bespreek en hy’t gese my man kan saam met my daarop gaan maar hy moet ten minste een keer per week 1 porsie stysel inkry waar dit nie vir my nodig is nie Bv 1 gekookte aartappel, 1 mielie op die stronk, 2 snye volgraan brood, 1 k rys, 1 bakkie ontbytpap. NIE slapchips, toastbroodjies, pasta, pizza of sulke goed nie.

Bespreek asseblief ENIGE dieet wat julle wil probeer eers met julle huis dokters. Ons almal se liggame werk anders en ek wil nou nie moeilikheid hê as iemand siek voel oor my dieet nie. Ek deel net met julle wat vir my gewerk het.

ILSE SE DIEET

Die eerste 2 weke van hierdie nuwe lewenstyl is die belangrikste. Indien jy hierdie 2 weke volledig en stiptelik kan nakom, kan jy oorskuif na die volgende fase. Elke keer as jy kroek begin jou 2 weke weer heel van voor af tel. (Ek het al net ‘n week op dit gebly en dan oorgeskuif, maar hoe langer hoe beter)

Hoe lank kan ek op hierdie program bly??

Solank as wat jy wil, tot jy naby aan jou doelgewig is of as jy net moeg raak vir elke dag dieselfde kos. Onthou om te onderskei tussen moeg raak en cravings. Cravings is die teken dat jou liggaam NIE reg is om oor te gaan na die volgende fase nie.

Wat mag jy eet???

Vleis
Dit sluit in enige bees, skaap, vark, bok. Basies alle rooivleis soos dit uit die slaghuis kom. Vars en ongeprosesseer. Enige hoeveelheid wat jy op ‘n dag kan inneem. As jy nie kans sien om die vetjie af te sny nie, is dit nie die ergste nie, maar dinge gebeur net soveel vinniger as jy dit wel doen. (ek het ondervind dat dit nie eintlik ‘n verskil maak nie).

Vis
Enige seekos, skulpvis en alle visse. Oesters en mossels is baie ryk so vermy eerder vir die twee weke.

Hoender
Enige hoender, eend, kalkoen, tarentaal, gans. As jy nie kans sien om die vel af te sny nie, is dit nie die ergste nie, maar dinge gebeur net soveel vinniger as jy dit wel doen. (ek het ondervind dat dit nie eintlik ‘n verskil maak nie).

Eiers
Enige manier waaraan jy kan dink om hulle gaar te maak.

Kaas / Suiwel
Room en suurroom,VOLROOMMELK, ongegeurde jogurt (volroom as jy kan kry). Enige kaas – dit sluit in roomkaas, maaskaas, bloukaas, camembert, parmesan.

Verkieslik net vars slaghuisprodukte, maar as jy soek kan ‘n paar ander produkte dit bietjie meer interressant maak.

Tamatiesous, Worcestersous en enige speserye en kruie.
Lees die tabelle op die produkte. As jou Carbohydrates / 100g laer is as 3g kan jy dit maar eet.

REELS VIR : FASE 1

Drink minstens 3 liter water per dag. Dit is kritiek om al die vet uit jou liggaam te spoel en dan te help om jou vinniger te laat gewig verloor.

Maksimum 1 koppie gewone koffie ook sonder suiker en melk. (Ek het myne met 2 lepels suiker en volroom melk gedrink).
Sodawater
Tee

Alkohol mag geensins in hierdie fase gebruik word nie. Alkohol vertraag die vetverbrandingsproses baie. (Ek het Whiskey met soda gedrink as ek lus was om iets te drink saam met ‘n braai of so.)

Jy kan olyfolie gebruik om jou kos in gaar te maak. Botter en diervet ook maar NIE MARGARIEN NIE.

FASE 2

Nou raak dinge beter en jy begin jou liggaam leer hoe om met kos te werk.
Hoe lank kan ek op hierdie program bly?? Solank as wat jy wil.
Nuwe kosse wat jy nou mag eet:

Mustard Greens, Beetroot leaves, Watercress, Bamboo shoots, Coriander Leaves, Iceberg Lettuce, Butter Lettuce, Cos Lettuce, Chinese Cabbage, Alfalfa Sprouts, Cauliflower, Celery, Spinach, Radish, Sauerkraut, Chives, Swiss Chard, Chinese lettuce, Mushrooms, Asparagus, Rocket, Zucchini, Cabbage, Tomato, Cauliflower, Dill Cucumber Pickles, Green Pepper, Gem Squash, Parsley, Turnip, Cucumber, Starflower, Jalapeno Peppers, Radish Sprouts, Green/String Beans, Pumpkin, Oyster Mushrooms, Broccoli, Red Pepper, Kidney Bean Sprouts, Mung Bean Sprouts, Fennel bulb, Red Cabbage, Garden Cress, Brussels Sprouts, Peas (frozen), Globe Artichoke, Turnip, Spring Onions, Peas in pod, Carrot, Red Cabbage, Yellow Pepper, Tomato Paste, Eggplant, Parsnips, Leek, Carrot, Red Hot Chilli peppers, Tomato Purée, Avocado, Rhubarb, Olives, Blackberries, Starfruit, Raspberries, Strawberries, Gooseberries, Prickly Pear, Strawberries, Watermelon, Melon, Cranberries, Paw-paw, Peach, Mulberries, Honeydew Melon, Nectarine, Tangerine, Grapefruit, Apricot, Sour Red Cherries, Orange, Blueberries

Slaaisouse.

Greek, Olyfolie en balsamiese asyn, French

Reels van fase 2:

Drink minstens 3 liter water per dag. Dit is kritiek om al die vet uit jou liggaam te spoel en dan te help om jou vinniger te laat gewig verloor.

Maksimum 1 koppie gewone koffie ook sonder suiker en melk. (Ek het myne met 2 lepels suiker en volroom melk gedrink).
Sodawater
Tee

Jy kan olyfolie gebruik om jou kos in gaar te maak. Botter en diervet ook maar NIE MARGARIEN NIE.
Alkohol mag gebruik word. Maksimum van 1 glas wyn per dag. Ander 3-4 sopies brandewyn, whiskey, cane of gin met water of soda.

As jy 10kg van jou gewig af is en jy verloor nog steeds gewig,  kan jy oorgaan na die volgende en laaste fase.
As jy op ‘n stadium kom wat jy nie meer gewig verloor nie maar ook nie optel nie, dan het jy jou leeftydlimiet van carbs gekry. Dan help dit nie jy gaan oor na die volgende fase nie. Nou het jy geleer wat jou liggaam soek en wat nie. Die volgende fase sit NOG meer carbs terug in jou liggaam en dit sal dan die balans wat jy nou het weer van voor af versteur en jy sal weer begin gewig aansit.

FASE 3

Elke einde van die week vermeerder jy jou carb-inname met 1 porsie stysel. Bly op hierdie fase tot jy jou doelgewig bereik het en nie meer gewig wil verloor nie. Elke week sal jy agterkom waar jou stysellimiet is wat jou liggaam soek. As jy stilstaan is dit die hoeveelheid wat jou liggaam soek. As jy aanhou verloor, soek jou liggaam meer en as jy optel neem jy te veel in. So maklik soos dit.
As jy op ‘n stadium kom wat jy nie meer gewig verloor nie maar ook nie optel nie, dan het jy jou leeftydlimiet van stysel/carbs bereik.

Wat mag ek nou by eet??

Styselgroente porsie Carbs
Wortels   ½ k gaar 10.0
Aartappels   ¾ k gaar 10.2
Patats   ½ cup 13.9
Mielies   1 heel 24.7
Bone porsie Carbs
Chickpeas   ½ k 16.2
Suikerbone   ½ k 11.6
Lensies   ½ k 12.1

Vrugteporsie Carbs
Appel   ½ 8.7
Piesang 1 klein 21.2
Druiwe   ¼ 7.1
Koejawel   1 medium 5.8

Kiwi 1 8.7
Mango  ¼ kop 6.3

Graanporsie Carbs

Oats   ½ k gaar 10.6
Pasta (whole wheat)  ¼ k gaar 8.3
Rys (bruin)  ¼ k gaar 10.3

Jy verloor nog gewig?? Jy is al amper onder wat jy moet weeg?? Pas jou porsies per week aan soos jy goeddink.
Nou weet jy presies wat jy kan eet, wat jy nie kan eet nie, en ook die hoeveelhede so uniek soos wat jou liggaam en jy is.

Ek hoop almal verstaan dit nou mooi.

Hier is vir julle ‘n voorbeeld van my eerste week.
Voel vry om aan te pas soos julle wil.

Van Wyk’s huis se kombuis

Week 1 tot so lank as wat jy kan uithou, maar nie langer as 3 maande nie.

Enige hoeveelheid van die volgende 10 items wat jy op een dag voor lus het:
Vleis, Vis, Hoender, Eiers, Kaas, Tamatiesous, Worcestershiresous, Speserye, Vet/regte botter, TEN MINSTE 3 LTR WATER ‘N DAG!!
Moenie die vetjie of velletjie van jou vleis afhaal nie, jou liggaam het dit ook nodig.

Geen ander koeldranke nie, nie eens dieetkoeldrank nie en net 1 k koffie per dag. Ek is baie lief vir my koffie so my een koppie moet lekker wees. Ek het nog steeds my melk en suiker ingegooi. Darem ook nou nie 6 lepels suiker nie. Volroom melk en 2 suiker is voldoende vir my.

Probeer ten minste ‘n week uithou, dis is regtig nie so moeilik nie.

As jy nou so jean size of wat geval het, glo my dit gebeur vinniger as wat jy dink, kan jy die volgende bysit.

Mustard Greens, Beetroot leaves, Watercress, Bamboo shoots, Coriander Leaves, Iceberg Lettuce, Butter Lettuce, Cos Lettuce, Chinese Cabbage, Alfalfa Sprouts, Cauliflower, Celery, Spinach, Radish, Sauerkraut, Chives, Swiss Chard, Chinese lettuce, Mushrooms, Asparagus, Rocket, Zucchini, Cabbage, Tomato, Cauliflower, Dill Cucumber Pickles, Green Pepper, Gem Squash, Parsley, Turnip, Cucumber, Starflower, Jalapeno Peppers, Radish Sprouts, Green/String Beans, Pumpkin, Oyster Mushrooms, Broccoli, Red Pepper, Kidney Bean Sprouts, Mung Bean Sprouts, Fennel bulb, Red Cabbage, Garden Cress, Brussels Sprouts, Peas (frozen), Globe Artichoke, Turnip, Spring Onions, Peas in pod, Carrot, Red Cabbage, Yellow Pepper, Tomato Paste, Eggplant, Parsnips, Leek, Carrot, Red Hot Chilli peppers, Tomato Purée, Avocado, Rhubarb, Olives, Blackberries, Starfruit, Raspberries, Strawberries, Gooseberries, Prickly Pear, Strawberries, Watermelon, Melon, Cranberries, Paw-paw, Peach, Mulberries ,Honeydew Melon ,Nectarine , Tangerine , Grapefruit, Apricot, Sour Red Cherries, Orange, Blueberries,Room en suurroom,VOLROOMmelk, Ongegeurde jogurt (volroom as jy kan kry) Lancewood maak ‘n volroom een, Enige kaas dit sluit in roomkaas, maaskaas, bloukaas, camembert, parmesan, Enige diervet vir kos in gaarmaak, Olyfolie, Pekanneute, macademia, walnuts, Brazil, hazel, Amandels en pampoensade, Coconut, fyn of stukke, Coconut melk en water.
Redro vissmeer, Gebruik eerder Bovril as Marmite.

Gaar of rou nes jy wil en jy kan Knorr se slaaisouse gebruik matig, maar NIE DIE LIGHT NIE. Die olierige een.
Wees net so bietjie versigtig met die vrugte, hulle het nogal baie suiker.

Met hierdie byvoegings kan jy basies jou hele lewensstyl verander vir die res van jou lewe.

FASE 1

Maandag
O – Omelet met bacon en kaas
M – Biltong en droëwors
A – Oondgebakte hoender (resep van gister)

Dinsdag
O – 3 scrambled eiers met gerasperde kaas oor.
M – Oorskiethoender
A – Italiaanse Hoender

Woensdag
O – Eier- en hambakkie
M – 1 houertjie maaskaas
A – Skaaptjoppies op die kole

Donderdag
O – 3 scrambled eiers met gerasperde kaas oor.
M – Cooked ham opgerol met stukkies kaas in. (Kouevleis wat jy kan gebruik Pastrami, Silverside, Gammon, Hickory Ham, Cooked Ham)
A – Frikkadelle (Resep volg)

Vrydag
O – Omelet met bacon en kaas
M – Gerookte hoenderborsies met roomkaasgeur van jou keuse
A – Steak (ek hou van Rump wat nog ‘n vetjie aan het of Sirloin)

FASE 2

Van Wyk’s huis se Kombuis
Ek het ‘n volle 2kg geval van ek verlede week Maandag begin het. Ek gaan vir julle die fase 2 voorbeeld van ‘n eetplan opsit, maar ek gaan nog ‘n week probeer uithou op fase een.
Baie trots op myself. Het ‘n hele 24 liter water die week gedrink!!

Weereens pas aan soos jy wil maar dis min of meer hoe my plan lyk vir fase 2.

Maandag:
O – Omelet met kaas, bacon, mushrooms.
M – Hoenderslaai (Blaarslaai, uie, komkommer, hoenderborsies, tamaties met ‘n sprinkel French Slaaisous van Knorr. Nie die light ene nie)
A – Gegeurde maalvleis met uie, g/peppers, knoffel.
Sprinkel met kaas.
Groenboontjiestirfry met mushrooms, uie en bacon.
*2 gebakte eiers – opsioneel

Dinsdag
O – 2 eier roerbraai met bacon en gebraaide tamatie
M – Oorskietmaalvies met ‘n lekker griekse slaai met fetakaas en olywe soveel jy wil.
A – Hoender stirfry (1 kg Repies hoender, 1 pak French stirfry, lekker baie Aromat en swart peper na smaak)

Woensdag
O – 2 gebakte eiers op tuisgemaakte hamburger patties.
M – Rolletjies cooked ham en maaskaas van jou keuse
A – Braaivleis van jou keuse
Gevulde groot swart mushrooms *resep volg
Tamatie- en uieslaai (Sny tamatie en uie fyn. Maak sous van 1/2k bruinasyn en 2 e Xylitol of 3-4 versoeter pilletjies, sout en peper na smaak.)

Donderdag
O – Minute steaks met gebakte eiers en tamatiesmoor
M – Olywe, salami, Gherkins, kersietamaties.
A – Souttert *resep volg
Mengelslaai

Vrydag
O – Hardgekookte eiers en vars tamatie en uie
M – Biltong en droewors
A – Skaapribbetjie op die kole
Blomkool Tamatie en uie smoor

dieet ilse heuning

1 eetlepel heuning, 1 eetlepel kaneel, 1 eetlepel gemmer, 1 teelepel kremetart, 1 liter water. Meng hou in die yskas en drink voor elke ete n sopie vol.

 IDEES MET BLOMKOOL: 

http://www.buzzfeed.com/christinebyrne/cauliflower-not-carbs?bffb&utm_term=4ldqphi#.sm8o7eKVM

http://talkfeed.co.za/banting-diet-resources-download/

RESEPTE IDEES

https://kreatiewekosidees.com/?s=LOW+CARB

ITALIAANSE HOENDER

6 hoender quarterlegs
1 k tamatiesous
1 t gemengde kruie
1 t fyngekapte roosmaryn (verkieslik vars)
1 t oregano
1 t knoffel
1/4 k worcestersous
¼  k water

Spuit oondbak goed.
Pak hoenderstukke in oondvaste bak. Meng res van die bestanddele en giet oor. Bak op 180C vir 1uur. Skep weer van sous oor en bak tot taaierig, bruin en gaar. Ongeveer nog so 30-40min.
Bedien.

FRIKADELLE

500g maalvleis
2 eiers
½ cheddarkaas grof gerasper
1 e fyn knoffel
½ k parmesankaas
1 t vars gemaalde swartpeper

Meng als goed en rol balletjies. Vlak braai in bietjie olie tot bruin en gaar. As jy groter frikadelle verkies, pak dit in ‘n oondskottel. Meng 1 k tamatiesous, 1 e spice for mince, 1 t knoffel, 1/4 k worcestersous en ¼ water. Giet oor en bak onbedek op 200C vir 40min tot gaar.

EGG AND VEGETABLE LOAF

(Makes 1 small loaf)

6 eggs (whisked)
1/2 cup grated cheese
1/2 zuchinni grated
1/2 carrot grated
1 garlic clove grated
4 slices rindless bacon chopped
1/4 red onion chopped
1 tbs melted butter
Mix all ingredients together in bread tin and bake on 180 in oven for 25 minutes.

SOUTTERT

6 eiers
1 gekapte ui
250g gekapte hamblokkies
2 pakkies spek
3 k cheddarkaas
1/2 k room
1/2 k water

1. Sit oond op 180 grade.
2. Snipper spek en braai tot gaar in pan en laat afkoel.
3. Meng al die bestanddele saam in mengbak.
4. Smeer oondbestande bak.
5. Gooi mengsel in oondbak en bak vir ongeveer 45min tot goudbruin.

low carb hoenderpastei

Chicken pie

CHICKEN PIE

500g chicken breasts
salt and pepper
juice and rind of 1 lemon
250g mushrooms, sliced
oil
200g spinach, stems removed
3 eggs, beaten
250g tub cream cheese

Method:
1. Preheat the oven 180C. Spray an overproof dish.
2. Season the chicken with salt, pepper and the lemon juice and rind. Steam in a food steamer until done.
3. Remove the bones and cut into small pieces.
4. Fry the mushrooms in a little bit of oil till just softened.
5. Add the spinach and fry until the spinach welts. Beat the eggs and cream together.
6. Mix the chicken, spinach and cream cheese together and spoon into the prepared dish. Sprinkle cheese over.
7. Bake for 30-40 min or until the egg has set and the cheese are melted and golden.

Deur: Karin De Freitas

HOENDERSCHNITZELS
4 heel hoenderfillette
Spice for Mince (ja jy lees reg)
Worcestersous

Sit 1 fillet op ‘n slag in ‘n deurskynende sakkie.
Slaan plat met ‘n hammertjie.
Sny in 2 stukke
Sprinkel goed met die speserye.
Sprinkel met die worcestersous.
Los vir so 20 min.

Verhit bietjie olyfolie in ‘n pan.
Vlakbraai net 3 minute per kant.
Pak in ‘n oondbak.
Sprinkel kaas ook en bak net tot kaas gesmelt is.

Bedien met ‘n slaai of groente.

SPINASIE-, SAMPIOEN- EN SALAMIQUICHE

6 eiers, geklits
1/2 kop gerasperde kaas

Voeg kaas by eiers
1 houer buttonsampioene, gesny

500 gr spinasie en 1 ui, gesnipper en gebraai
6 to 8 salamiskyfies
Arrange the salami slices on the bottom of a large foil tart plate; Layer it with the mushroom, onion and spinach mix Pour the egg cheese mixture on top and bake in a pre heated oven at 180 degrees for about 15-20 min

HOENDER- EN BROKKOLIGEBAK
4-6 hoenderborsfilette, in repe gesny
sout en peper na smaak
1 groen of geel soetrissie, in klein blokkies gesny
1 ui, gekap
olie
500 g broccoli-blommetjies
45 ml (3 e) botter of margarien
50 ml (10 t) koekmeel
10 ml (2 t) Dijonmosterd
500 ml (2 k) melk
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Geur die hoender met sout en peper en braai saam met die soetrissie en ui in ’n bietjie olie tot bruin.
Skep in ’n oondvaste bak en voeg die broccoli by.
Smelt die botter of margarine en roer die koekmeel by tot glad. Roer die mosterd by. Geur met sout en peper. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word en die sous kook. Voeg die helfte van die kaas by.
Giet die sous oor die hoender, sprinkel die res van die kaas oor en bak sowat 20 min tot die kaas gesmelt en effens verbruin het.

WEENSE WORSIE ROERBRAAI
Ek het bietjie narvorsing gedoen en agtergekom dan Eskort se rooiworsie nogal heel goed gaan inpas by my eetplan. Hier is ‘n lekker vinnige middagete wat jy sommer in ‘n braaipan maak of ‘n vinnige ontbyt.

2-4 persone
2 Eskort Rooiworsies
4 eiers geklits
Sout en peper na smaak
Cheddarkaas na smaak

Sny die worsies in wieletjies en braai tot bruin in die bietjie botter. Gooi die eiers by en roer gedurig. Geur met sout en peper en sprinkel kaas oor en roer deur sodat dit kan smelt.

Wees maar versigtig met die sout. Die kaas is ook baie sout.

GEVULDE SAMPIOENE

8 groot swart sampioene

Botter by kamertemperatuur
Knoffel na smaak
Sprietuie
Mozzarella en goudakaas
Paprika

Meng die botter, knoffle, sprietuie en kase.
Smeer dit in die holte van die mushroom en sommer oor die stingeltjie ook.
Sprinkel met Paprika
Bak in oond op 180C vir 20 min.

ilse dieet

Eierkoppies en brokkoli en hamslaai

ONTBYT-IDEE – EIERKOPPIES

Genoeg vir 3-4 mense
Jy benodig ‘n muffinpan (12)
12 snytjies ham – rondes werk die maklikste
12 eiers
Spring onions
Kaas van jou keuse

Verhit jou oond tot 200C
Spuit jou muffinpannetjie goed
Druk die ham in die holtes
Breek 1 eier in elke hambakkie
Dit sal bietjie oorloop
Bak vir 12 minute tot wit ferm is en geel nog sag (as jy die geel styf wil he maak dit 20min)
Sprinkel bietjie sping onions en kaas oor
Bak net nog 5 minute tot kaas gesmelt is
Geur met sout en peper na smaak
(‘n Druppel Tabasco is ook heerlik)

BROCCOLI SALAD MET SPEK OF HAM

2 heads broccoli, chopped
1 cup mayonnaise
1 cup sour cream
2 Tbs sugar
½ tsp salt
½ cup red onion, diced (white is also fine)
250gr bacon, fried and crumbled or chopped ham
1 cup cheddar cheese, shredded
Instructions
In a bowl, mix mayonnaise, sour cream, sugar and salt to make a creamy sauce.
Add broccoli and stir until broccoli is coated evenly.
Stir in the bacon, onion and cheese.
Refrigerate until serving.

KERRIE-EIERS
Gekookte eiers
Gekapte ui
Botter
125ml room
250ml cheddarkaas
1/2 teelepel kerrie
1/4 teelepel borrie
Sout en pepper na smaak
Braai uie in botter tot lekker sag, voeg kerrie en borrie by, braai nog ñ minuut.
Voeg room by en verhit terwyl jy heeltyd roer. Sodra warm voeg kaas by roer tot gesmelt (moenie kook nie).

Sou en peper na smaak.
Sny eiers in halwes of skywe en gooi sous bo-oor

GEVULDE BUTTERNUT
2 heel butternuts
Kookwater
sout
1kg maalvleis
2 fyn gekapte uie
1 blikkie gekapte tamaties
Paar skeute Worcestersous
1 t italian herbs
1 t oregano
1 e fyn knoffel
1 t tiemie

Halveer die butternut in die lengte. Verwyder pitte en bedek met kookwater en bietjie sout. Kook tot net net gaar maar nie papsag nie. Hulle sal breek as jy hulle hanteer as hulle te pap gekook is.

Braai uie in bietjie botter. Gooi maalvleis by en braai tot bruin. Gooi res van bestanddele by en laat prut vir 25min terwyl jy die butternut voorberei.

Skraap bietjie van die butternut in die pitte holte en hol hom effe meer uit sodat hy soos ‘n bootjie lyk.
Skep vol van die maalvleismengsel. Hy kan so bietjie hoog uitstaan.
Bedek met genoeg kaas en bak in die oond op 180C tot kaas goudbruin is.
Bedien dadelik met ‘n lekker mengelslaai.

GROENTE

Koljanderhoender en mosterdgroente

8 Hoenderdye
4 e olyfolie
Bietjie growwerige sout. (nie die fyn of die heel grof nie)
Swartpeper na smaak
2 t Fyn koljander of grof gemaal na smaak
2 t Italian herbs van Robertsons

1/4 k olie
3 e dijon mosterd
2 e wit asyn
1 t soyasous (die soet dik ene)
1/2 t kaneel

Hierdie moet ‘n totaal van so 5-6 koppie groentes maak.
Peppers (rooi groen en geel), rape met blare aan, seldery, bababeet met blare aan, als in blokkies gesny.
1 Ui in stukke gekap
3 t fyn knoffel

1 suurlemoen in kwarte gesny

Verhit dit oond tot 180C

Meng 4 e van die olie met die sout, peper en koljander. Smeer goed in die hoender in. Hou eenkant

Meng die 1/4 k olie met die mosterd, asyn, soya en kaneel.
Meng al die groente saam en meng goed met die mosterdsous.

Gooi al die groente en sous in ‘n oonvaste bak.
Pak die hoenderstukke bo-op.
Bak in oond onbedek vir 1uur. Roer deurmekaar en maak seker hoender het weer ‘n lekker sousie op.
Bak vir nog 25 min tot velletjie mooi goudbruin is.

Bedien met die suurlemoen skyfies

LOW CARB RENS SLAAI

SLAAI –  Koue boudvleis (gebruik bv tuna, gevlokte hoender, koue vis, salm – tamaties, gekookte eiers, olywe, feta kaas, komkommer, pers en groen kool, gerkins, blaarslaai, groen rooi en geel peppers en bietjie uie – slaai sousie is growwe gemaalde peper, sout, olyfolie en balsamic asyn

BLOMKOOL- EN FETAKAASGEREG

300g blomkool
200g broccoli
200g vars sampioene
2 knoffelhuisies, gekneus
4 eiers, geklits
250g maaskaas
gemaalde swartpeper
5ml droë tiemie
20ml vars gekapte pietersielie
100g gekrummelde fetakaas

Breek blomkool en broccoli in klein blommetjies. Kook ‘n bietjie water in ‘n kastrol. Voeg die blomkool, broccoli, sampioene en knoffelhuisies by die kokende water. Kook die groentemengsel tot net gaar maar nie pap nie. Dreineer. Meng eiers en maaskaas. Skep groentemengsel in ‘n bakskottel. Strooi peper, tiemie, pietersielie en fetakaas oor die groentemengsel. Gooi maaskaas oor. Bak teen 180C vir 60 minute of tot gestol. Laat 10 minute afkoel voor die gereg bedien word.

CAULIFLOWER SALAD

1 head of cauliflower steamed or boiled until tender in bite size pieces
6 boiled eggs (when done peel eggs, rinse and separate yokes into a bowl. Then mash the yolk and cut the whites into small bite size pieces then blend together.)
1/3 cup (appx) miracle whip or mayonnaise (dont use LIGHT – it has more carbs)
3 tbs of mustard
3 tbs of pickle relish
1/8 cup of chopped onion (uncooked) can use more if you prefer
salt/pepper to taste
mix all together and you can garnish with egg slices and parsley
chill over night

( 1 cup of cauliflower is only 3 carbs) 

LOW CARB EIER SPEK MUSHROOMS

Braai uie, spek of enige koue oorskiet vleis, sampioene net gehalveer en 1 tamatie geskil en in blokkies gesny  tot sag – maak holte – gooi eier in, stoom tot gaar, sny skyfie kaas oor – stoom tot kaas gesmelt is – bedien met slaai

SPINACH AND ONION BREAKFAST

2 tablespoons butter
6 large eggs
1 large onion sliced thinly
2 cups fresh spinach

4 slices of bacon
4 slices cheese of your liking
1/4 teaspoon salt
Ground pepper to taste

1.) Melt butter over medium-high heat in skillet. Add onions and bacon and cook until tender.

2.) Make 6 indentations in the onion mix  and crack the eggs into each one.

3.) Add fresh spinach on top and sprinkle on salt & pepper.

4.) Once set add cheese around and on top covering most of the dish.

5. ) Once set serve or place in oven for about 10 minutes under 180 degrees C until more well-done.

MINI BAKED FRITTATA WITH BACON, TOMATO, SHARP CHEDDAR, AND GREEN ONION

INGREDIENTS:
2 eggs
2 tsp milk
Sea salt and freshly cracked pepper, to taste
1 slice of bacon, cooked & crumbled
3-4 grape tomatoes, sliced
1 small slice of sharp cheddar, diced
1 green onion, sliced

DIRECTIONS:
Preheat the oven to180 C. Coat a mini baking dish with cooking spray.

Mix the eggs with the milk until well combined then season with sea salt and freshly cracked pepper, to taste. Place a few pieces of bacon, tomato slices, sharp cheddar, and green onion into the mini baking dish.

Pour the egg mixture into the baking dish then place the remaining bacon, tomato slices, sharp cheddar, and green onion on top.

Place into the oven and bake for 25-30 minutes, or until a tester inserted into the center comes out clean. Remove from the oven and serve immediately.

MARINATED SALAD

Brocoli crown, cut
Cauliflower head, cut
Tomato, sliced
Green onion, chopped
Cucumber, sliced and cut in half
Italian dressing

Instructions
Clean and cut the vegetables.
Add Italian dressing.
Mix well.
Refrigerate at least 2 hours, best if overnight.

CHICKEN SALAD

750 gr chicken breast, cooked and shredded
2 celery stalks, chopped
2 tsp seasoned salt
½ cup mayonnaise (full cream)
Instructions
Boil chicken breasts until fully cooked, about 45 minutes.
Drain, cool and shred the chicken.
In a medium sized bowl, sprinkle season salt on the shredded chicken.
Mix in the chopped celery.
Stir in the mayonnaise.
Cover and chill for about an hour.
Serve on bread, crackers or wrap.

WENK: Hardgekookte eiers ingemeng sal ook heerlik wees met so ‘n stukkie gekapte ui

ham rolletjies

Hamrolletjis

HAMROLLETJIES 

Jy benodig:
Cooked Ham snye (selfs koue vleis soos silverside , gammon ens sal ook werk)
Maaskaas
Sprietuie, fyn gekap

Osioneel: Aspersies 

Smeer die ham met die maaskaas en sit ‘n aspersie in (as wil).
Sprinkel die sprietuie oor en rol op.

low carb bees kerrie en squeash

Beeskerrie met gem squash en gerasperde kaas – vul ook die gem met gemende groente

CAULIFLOWER MASH

At first cook the Cauli in water till soft and glassy (I know everyone will scream steam but I do it my way)

Take about 200g of butter and fry one medium onion in a pan until glassy. Then take the Cauli from the water and put it is the pan with the onion and butter. Then take a fork and mash the ingredients together..

BAKED OMELET

Ingredients
8 Eggs
½ cup cream
1 cup grated cheddar cheese
1 cup fried bacon bits or ham cubes
¼ cup green pepper (use yellow, red and green)
¼ cup finely chopped onions.
Whisk the eggs and cream in a large mixing bowl. Stir in the cheese, bacon, green pepper and onion. Spray and cook a 20cm square baking pan/bowl and pour the mixture into that. Bake at 200˚ for 20min or until golden brown. Serves 6 people.

tim souffle

Baked omelet

BASIESE OMELETTE
1. Gebruik 2 eiers vir elke persoon en 1 e vloeistof (water of melk)
2. Klits die wit van die eiers styf en sonder om die eierklitser te was, klits die geel van
die eiers tot dit liggeel van kleur is. Voeg die vloeistof en sout na smaak by die geel
van die eiers.
3. Vou die styfgeklopte wit van die eiers in die geel.
4. Verhit ʼn braaipan en smeer dit op die boom en aan die kante met botter of vet. Die
pan moet klein genoeg wees dat die eiermengsel nie te dun uitsprei nie en goed
kan rys.
5. Gooi die eiermengsel in die pan en maak dit gaar oor stadige hitte totdat dit
opgepof en ligbruin van onder is.
6. Laat die pan ʼn paar minute lank in ʼn matige oond staan tot die omelet bo-op droog
is. (As die omelet te lank bak, sal dit krimp en taai word.)
7. Maak ʼn duik in die middel van die omelet met die agterkant van ʼn mes en maak
dit los van die kante van die pan met die mes.
8. Steek ʼn slaplem-mes onder die een helfte in en vou dit toe oor die een helfte in en
vou dit toe oor die ander helfte.
9. Laat dit versigtig op ʼn warm bord afgly en dien onmiddellik op.

VARIASIES

Kaas

Srooi gerasperde kaas met ʼn skerp geur oor die omelet net voordat dit toegevou of terwyl dit gaargemaak word.

Biltong

Strooi gerasperde biltong oor net voordat dit toegevou word.

Uie

Voeg 1 e fyngekapte ui en 1 t fyngekapte pieterselie by voordat die omelet-mengsel in die pan gegooi word.

Ham of koue vleise

Maal die gaar vleis fyn en verhit dit of braai effens bruin in warm vet en strooi dit oor die middel van die omelet terwyl dit gaar word.

Vis

Maak enige gaar vis fyn, voeg sout en perer by na smaak en maak dit klam met room. Verwarm die vis en sit dit op die omelet voor-dat dit toegevou word.

Pieterselie. Braai 1 tot 3 t gekapte pieterselie in ʼn bietjie botter en voeg dit by die eiermengsel.

low carb hamburgerpattie

Maak lekker grooooot hamburgerpattie met net uie, en eiers in – bak tot gaar, bak n eier, sit eier op die pattie, kaas wat jy effe smelt – tamatie en blaarslaai

CHORIZO WORSGEREG
Genoeg vir 4 mense.

1 chorizo-wors
40 g botter
1 ui, gekap
4 takkies tiemie
350 g blomkool, geblansjeer (sien wenk)
300 g broccoli, geblansjeer
sout en peper
500 g roomkaas
80 ml (⅓ k) mozzarellakaas
‘n hand vol grasuie, gekap
125 ml (½ k) cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verwyder die vel om die chorizo. Verplaas na ’n groot pan en braai oor matige hitte terwyl jy die vleis roer en kap om dit op te breek terwyl dit gaar word. Sit eenkant.
Voeg die botter in dieselfde pan en soteer die ui tot deurskynend. 3. Voeg die tiemie, blomkool en broccoli by en soteer 3 minute. Geur met sout en peper.
Verwyder die pan van die hitte en roer die roomkaas, mozzarella, grasuie en gaar chorizo in.
Skep in ’n bakskottel en strooi die cheddarkaas bo-oor. Bak 12 minute of tot goudkleurig bo-op.

Wenk:
Om die groente te blansjeer onderdompel dit 90 sekondes in vinnig kokende water. Verwyder dit dan met ’n gaatjieslepel en doop dit dadelik in yskoue water om te keer dat dit gaarder word.

BROCCOLI, EGG AND BACON BAKE

12 large eggs
1 tub of sour cream
2 cups cheddar cheese, shredded
500gr  bacon, chopped
1 cup broccoli, chopped
½ teaspoon salt
dash pepper

Preheat oven to 180C

Put eggs and sour cream in blender with salt and pepper. Blend well.

Put half the cheese into a 9X13 baking pan, followed by the bacon, the broccoli and then the rest of the cheese. Pour the egg mixture over the whole thing.

Bake 45-55 minutes, until top is golden brown and toothpick inserted into the centre comes out clean.

Makes 8 servings

Probeer dit gerus oor hoender en selfs blomkool.

SAMPIOEN VIR JOU STEAK, HOENDER, BLOMKOOL 
Ek maak ‘n groot pot op ‘n slag en vries dit in klein plastiekbakkies.

5 x 250 g pakkies bruin mushrooms (knopie of groot plat)
4 e olyfolie
1 lt vars room
Aromat en swartpeper na smaak. (Dis nogal ‘n taamlik hoeveelheid want die mushrooms en room is baie vars)

Rasper die sampioene op die growwe kant van n rasper.
Verhit die olie en gooi die sampioene in.
Roer gereeld om tot sampioene begin braai en verminder in hoeveelheid tot ongeveer 3/4 van die begin hoeveelheid.
Gooi room by en bring net tot by kookpunt en verlaag hitte.
Prut ongeveer 1h30 terwyl jy nou en dan omroer.
Sous sal nou lekker dik wees.
Geur na smaak en prut nog 10min net om geure te laat intrek.
Gebruik soos nodig.

Dit vries lieflik vir tot 6 maande. Ek vries dit in bakkies van 250ml.

Ontdooi:
Laat by kamer temperatuur ontdooi.
Gooi 1/4 k volroom melk in ‘n pot en bring tot kookpunt. Gooi sous by en roer deur tot verhit.

Hier is vir julle ‘n lekker idee vir HOENDERBORSIES

Jy benodig:

6 hoender borsies/filette
1 pakkie baconstukkies
2 e botter
1 e knoffel
1 e pietersielie (vars of droog)
1 skeutTabasco
1 pakkie knopie mushrooms, gesny
Mozzarella en Goudakaas na smaak.

Kap die hoender fillette effe platter. Geur met jou gunsteling speserye en hou in yskas tot benodig.

Braai die bacon stukkies tot lekker bros, verwyder uit pan maar behou die vet.
Smelt die botter in die vet en gooi die knoffel, pietersielie en tabasco by. Braai vir 5 minute tot geure uitkom.
Gooi mushrooms by en braai tot sag.
Verwyder uit pan met gaatjies lepel en hou eenkant.
Braai hoender in oorblywende vet en botter 5 minute per kant tot net net gaar.
Sprinkel mushrooms mengsel oor en bedek met kaas.
Druk onder die gril tot kaas gesmelt is.

Bedien saam met die kool resep wat nou gaan volg.

Kool:

1  medium kopkool
2 k water
1 hoenderaftrekselblokkie

3-4 e botter
parmasankaas
swartpeper
Aromat na smaak

Rasper die kool op die growwe kant van n rasper of druk deur ‘n voedselverwerker.
Bring die water tot kookpunt en los die hoenderblokkie daarin op.
Gooi die kool by en kook vir 5-6 minute tot sag en glasig.
Dreineer goed met ‘n sif.
Smelt botter in ‘n groot genoeg pot of pan.
Gooi die kool by en roerbraai tot ligbruin.
Geur met die parmasan, peper en Aromat.
Bedien dadelik

*jy kan stukkies van die hoenderresep se spek hou en by die kool gooi.

MARINATED VEGETABLE SALAD

Brocoli crown, cut
Cauliflower head, cut
Tomato, sliced
Green onion, chopped
Cucumber, sliced and cut in half
Italian dressing

Instructions
Clean and cut the vegetables.
Add Italian dressing.
Mix well.
Refrigerate at least 2 hours, best if overnight.

CHICKEN SALAD

750 gr chicken breast, cooked and shredded
2 celery stalks, chopped
2 tsp season salt
½ cup mayonnaise
Instructions
Boil chicken breasts until fully cooked, about 45 minutes.
Drain, cool and shred the chicken.
In a medium sized bowl, sprinkle season salt on the shredded chicken.
Mix in the chopped celery.
Stir in the mayonnaise.
Cover and chill for about an hour.

cabbage steaks

Cabbage steaks

CABBAGE STEAKS

1 head of organic green cabbage, cut into 1″ thick slices
1.5 tablespoons olive oil
2 to 3 large garlic cloves, smashed

Salt
Freshly ground black pepper
Non-stick cooking spray

Preheat oven to 200 C  and spray a baking sheet with non-stick cooking spray. Pull outer leaf off cabbage (it’s usually dirty and nasty looking), cut cabbage from top to bottom (bottom being root) into 1″ thick slices.
Rub both sides of cabbage with smashed garlic.
Use a pastry brush to evenly spread the olive oil over both sides of the cabbage slices.
Finally, sprinkle each side with a bit of kosher salt and freshly cracked black pepper.
Roast on the middle rack for 30 minutes. Carefully flip the cabbage steaks and roast for an additional 30 minutes until edges are brown and crispy.
Serve hot and Enjoy!

COFFEE CREME CUSTARD
2 cups heavy cream
2 teaspoons instant coffee granules
4 egg yolks (see my update below)
1 cup granular Splenda or equivalent liquid Splenda
Pinch salt
2 teaspoons vanilla

Heat the cream and coffee granules just to a simmer; cool slightly. I microwaved the cream in a 2-cup measuring cup just until it was hot but not boiling. Stir occasionally to help dissolve the coffee granules. In a medium bowl, whisk the remaining ingredients together and gradually whisk in the cream. Pour into four 6-ounce custard cups and place them in an 8×8″ baking pan. Pour cold water into the baking pan until it comes about half way up the sides of the custard cups. Bake at 350º 25-40 minutes or until a knife inserted into center comes out clean. The internal temperature should be 170º. Mine took 40 minutes but you may want to start checking it sooner. The tops will get a little browned. Chill at least an hour before serving.

Makes 4 servings

Steak wheels

500gr to 750gr steak (rump, serloin or tenderised steak)

8 cloves minced garlic

½ cup chopped sweet red pepper

1 large white onion, diced

1 cup mushroom, diced

2 cups fresh spinach

Slices feta cheese

2 tablespoons olive oil

2 tablespoons butter

2 teaspoons sea salt

Pepper to taste

Butcher string

Place beef on cutting board and pound to ⅛-inch thickness, and set aside.

Mince garlic, chop red peppers and set aside.

Sauté onions and mushrooms (separately as the mushrooms contain more water).

Sprinkle meat with salt and pepper, evenly distribute garlic, peppers, onion and mushroom mixture, feta cheese and spinach.

Roll tightly tying 6-8 sections and cutting respectively (each round should have its own tie).

Add olive oil and butter (extra butter if you’d like it for taste) to your skillet and cook on each side for 4-6 minutes on medium high heat depending upon your desired tenderness and wellness

SOETIGHEIDJIE

1 pakkie Weighless jellie*
1 k koppie kookwater
1/2 k koue water
1/2 k room

Sit die jellie in ‘n bakkie en gooi die kookwater oor en roer 2 min.
Gooi die koue water en room by en roer tot goed gemeng.
Sit in die yskas vir 3-4 ure tot goed gestol.
Die lae vorm vanself.

*As jy nie Weighless jellie kry nie, kan jy 1 koevertjie ongegeurde gelatien gebruik met 2 e Sweeto geur van jou keuse en ‘n druppel of twee koekkleursel wat by die Sweeto pas om dit mooi helder te kry.

pizza zero carb

PIZZA IDEE

LAMSKENKELS

Ek maak heel lamskenkels, stadig in die oond gebak op soet pampoen met gemarineerde broccolislaai.

Jy benodig:
4 heel lamskenkels
4 uie grof gekap
Bbq speserye na smaak
1 t tiemie
Grof gemaalde koljander
1/2 t mint
1 k water

Strooi die uie onder in ‘n oondpan wat kan toemaak.
Pak skenkels bo-op.
Geur met BBq speserye en ander kruie. Giet water in pan, maar moenie dat speserye afspoel nie.
Bedek en sit in die oond op 150C vir 4 ure.
Maak oop en toets of vleis sag is.
Grill sodat vetjie lekker bruin kan raak.
Laat ten minste 10 minute staan voor opdiening.

Soet pampoen:

2 kg pampoen blokkies
1 k xylitol of ander versoeter na smaak
Bietjie botter
Room*

Smelt die botter en gooi die pampoen by. MOENIE toemaak nie. Oor medium hitte braai die pampoen tot dit sag is. Druk fyn.
Versoet na smaak met jou versoeter. As jy pilletjies gebruik kan jy dit oplos in ‘n druppel of 2 kookwater sodat dit makliker by die pampoen gevoeg kan word.
Jy kan nou bietjie room byvoeg. 

Gemarineerde Broccoli slaai

1 kop vars broccoli, in blommetjies gebreek.
1 k ham, in blokkies gesny
1 k goudakaas in blokkies gesny
1/2 ui fyn gesny
1 bottel Knorr French Original slaaisous

Meng als goed saam en los ten minste 2ure in die yskas.

WATERBLOMMETJIE-BREDIE

Klein bietjie olyfolie
2 kg skaap kookvleis
500ml bruin asyn
500 water
2 groot uie grof gekap
BBQ speserye na smaak
1 t mixed herbs
1 t tiemie
1 t roosmaryn
1/2 t mint
4 blikkies waterblommetjies

Gooi olie in swartpot net genoeg om hom te smeer.
Braai die skaapvleis lekker bruin tot die vet begin uitbraai.
Skep die vleis uit en braai die uie in die oorblywende vet tot ligbruin en gaar.
Gooi die vleis by.
Meng die asyn en water.
Giet oor die vleis en laat stadig prut tot vleis amper sag is.
Kook nou sonder deksel tot sous baie verminder het en begin dik raak.
Gooi res van kruie en speserye by. Roer deur.
Draai af en gooi water blommetjies by. Roer versigtig deur dat dit nie heeltemal uitmekaar breek nie.
Sit deksel op en verwyder van hitte.
Los 10min sodat waterblommetjies net kan warm raak.
Geniet saam met ‘n lekker vars slaai en oondgebakte groente.

MAALVLEIS-IDEE

1kg maalvleis
1 groot ui (gekap)
Gekerfde kool (groen en pers)
Wortels in repies gesny
Sojasous
Knoffel, sout, peper en speserye na smaak
Sampioene gekap
Gekapte tamaties (geskil)
Groen, rooi en geel peppers
Brokkoli

Braai die uie, peppers en sampioene + knoffel vir n rukkie – voeg die maalvleis en soya sous by (ongeveer so 100ml sojasous)
Gooi die gekapte tamaties by en roerbraai vir  n rukkie
Gooi die kool en wortels (brokkoli) in, ongeveer 100ml water, sout en peper en prut tot dik.

Bedien saam met n lekker groot mengelslaai

Ete idees / aandete / middagete / borde kos


Hierdie afdeling is slegs voorbeelde van voorbereide borde kos wat op my (Rens) en van ons lede se tafels is.   Niks fancy nie, net straight forward HUISKOS !!

Die meeste resepte sal julle op die webblad kan kry – tik net by die “search”knoppie in bv… hake filette en die resep met die foto behoort daar te wees:  kreatiewekosidees.wordpress.com

H O O P     J U L L E     E E T     L E K K E R  !!!!

IMG_0083

Tuisgebakte Vetkoek hamburger met pattie, maxi slice kaas, tamatie, blaarslaai komkommer en gebakte eier

FB5

Kerrie hoender met aartappels (stoompot) krummelpap en veggie bake in die oond

borde kos renssss

Eisbein in die slow cooker met appletiser, bisto en uie aartappels, soet butternut, rys en sout wortels

boontjie bredie (Lorinda Cloete)

Bone, beeskookvleis en aartappel stowe met rys

borde kos

Krummel varktjops, mash, brokkoli en soet pampoen

 

 

 

 

IMG_0087

Bebakte “porkbelly” met jassie aartappel en  mayonaise gerasperde kaas en mengelslaai

ontbyt idee rens

Pap met gebraaide uie, sampioene, green peppers, maalvleis. Maak bisto sous aan, gooi oor en prut tot dik

 

 

etes1

Ons woon hier in Bangkok en maak soms Suid-Afrikaanse kos… sommer net hoender, aartappel met sampioene gebak, rys en pynappel

rens kos 3x

Krummel varktjops, kapokaartappels, soet pampoen en gestoomde ui

ete idees

Souttert met kapokaartappels en tamatie, uie, komkommer en pepper salsa

ete idees31

Hoender filette met mash en  mengelslaai

HOENDER FILETTE resep !!

Bedien met kapokaartappels en mengelslaai

Oond: 180grade C

Filette – hou net so of butterfly as baie dik is
Broodkrummels of fyngedrukte provitas en kellogs flakes met jou keuse van speserye bv sout peper ,tiemie, roosmaryn ens
2 Eiers geklits

Druk filette in krummels – dan in eiers en dan weer in krummels
Sit in yskas vir tenminste 15 min

Maak pan WARM met net genoeg olie om bodem te bedek. As jy die filette insit moet dit dadelik begin bak. Jou olie moet nie koud wees nie.
Sit filette in pan en los vir ongeveer 5 min tot self loskom van die bodem en dit bruin is
Draai filette om en los vir so 3 tot 4 minute Jou hoender behoort nou 95% gaar te wees.
Spuit nou lekker suurlemoensap oor alles – wag so 30 sekondes draai om
Haal uit en sit in bakplaat en gee rustyd van tenminste 5 min

Sny ‘n paar kersie tamaties in helftes, ui fyn gekap, vars klein pietersielie, spinasie blare, peppers fyn gekap – geel, rooi en groen, sampioene.
Gooi in warm pan net paar druppels olyfolie, – roerbraai bg, net vinnig vir so ‘n minuut of 2 met bietjie balsamic vinegar,
Nou sit die tamatie mengsel bo-op die hoender filette
Rasper nou mozzarella kaas bo-oor elke filette
Sit in oond vir omtrent so 6 minute – net tot kaas oor die hoender filette gesmelt is.
Bedien dadelik !!!

rens kos 6x

Steak, soet wortels, boontjies, gebakte aartappels en skorsie

rens kos 7x

Hoender en groente pot

IMG_9770

Hake fillets met tamatie, uie, gemengde speserye en feta kaas

20141208_221648fb

CHAKALAKA EN BUTTERNUT STOWEVLEIS – Neem enige snit skaapvleis, bv skenkels – Gooi in die stoompot, Sny 2 uie grof in, so 1tl knoffel en so 50ml wostersous. Genoeg water om die vleis te bedek – stoom vir 20 minute – stoom dadelik af Gooi in wortels, aartappels en butternutskywe (Jy kan hier ingooi wat jy wil) Stoom vir 10 minute en stoom dadelik af Haal jou butternut en aartappels uit en hou eenkant Gooi die meeste oortollige water af Gooi nou 1 Blikkie chakalaka met butternut in en prut vir n rukkie. Proe vir nog sout en peper So rukkie voor opdiening, skep die aartappels en butternut terug, roer liggies deur en bedien met rys. Jy kan die chakalaka met mielies ook gebruik, of net die gewone mild of hot chakalaka.

 

IMG_9773

Hake fillets met bierdegie, mengelslaai en skyfies

IMG_9793

Krummel varktjops met kellogs, mengelslaai en oondgebraaide aartappels

hoender eenbak skottel fb

Eenbak hoender, rys groente en aartappel dis/ pastoriehoender

kerrie afval en rys

Kerrie skaapafval met rys en soetpampoen

rooi tjops

Rooi tjops of hoender met mash en slaai ROOI SOUS Sit hoender of tjops onder in kasserol Sny dik skywe uie bo-oor Maak sous van: 1/2 kop tamatiesous 1/2 kop bladjang 1/4 kop wostersous 2 kop water 3 eetl suiker Bak in oond vir 1 uur by 180 C Verdik indien nodig

ete idees4

Gebraaide kool, mash, soet pampoen en ertjies

20141207_203952fb

Melkkos

 

IMG_9924

Chicken snitzel met kapokaartappels, opgekookte groente en ‘n kaassous

fb kos

Oorskiet bolognaise maalvleis en groente met slap pasteideeg, skorsies, aartappelslaai en rysslaai (alles oorskiet kos wat ek “opgejazz ”  het

SLAP PASTEIDEEG

1 kop meel
2tl bakpoeier
½ kop melk
½ kop olie
1 eier
Bietjie sout
1 tl droe pietersielie (opsioneel maar ek gooi dit in gee mooi kleur aan die degie)
Meng tot glad
Gooi oor pastei en bak by 180C vir ongeveer 30 min of tot goudbruin

IMG_9956

Gevulde jassie aartappel met kerriemaalvleis en beet

IMG_9972

Gebraaide chicken q-leg met ‘n aartappel en eier slaai

20141207_143230fb

Ribbetjie, fillet steak met spek omgedraai, aartappelslaai en beetslaai

 

IMG_9993

Boudvleis, kool en witsous met gerasperdekaas, soetpampoen, soutboontjies en rys

PicMonkey Collage8

Hake fillette gaargemaak in meel en southern coating speserye – druk vis in meel dan eier, weer meel, sit in yskas vir 20 minute en panbraai in 1 cm olie tot gaar, mengelslaai en skyfies

bord kos v

Sweet and sour hoender, blomkool en witsous, sout boontjies, patats en gebakte aartappels

IMG_0079

Blokkies beesvleis kerrie met basmati rys, bladjang en piesang

IMG_0109

Beef strogonoff – gebraaide beesrepies met uie en peppers met bietjie spek, pakkie knorr se beef strogonoff aangemaak met koppie room en melk met rys

IMG_0115

Dagwood en Chips

20141202_213051

Russian en chips met gebakte eier (en baie peper oops)

20141130_150213

Kerrie hoender en aartappels met krummelpap en roasted veggies. Bedien ook met mash en rys

20141127_192311

Deboned varkribbetjie in die oond, chips met mosterdsous en baked beans

pannekoek rens11

GEVULDE PANNEKOEKE MET MAALVLEIS Pannekoek 4k koekmeel 4t bakpoeier 4 eiers 4k water 1t sout 1 kop olie 60 ml asyn Meng alles goed tot gladde mengsel. Indien nog te dik voeg bietjie water by Hierdie pannekoekmengsel maak so 20/22 standaard grootte pannekoeke Maalvleis mengsel 1kg maalvleis 1 na 2 uie gekap Halwe pakkie sampioene gekerf Braai tot gaar Voeg by jou speserye bv lemoenpeper, olyf en roosmaryn, knoffelvlokkies, sout en peper Rasper 1 groot aartappel (geskil) by, asook 1 tamatie geskil en in blokkies gesny Roerbraai vir n rukkie Voeg by so 2 eetl tamatiesous en bladjang en bietjie water. Laat prut rustig vir ‘n rukkie tot dik. Rol pannekoeke met die maalvleis en rasper kaas oor

 

PicMonkey Collage

Maalvleisbolletjies met kapokaartappels, skorsie met ertjies en gestoomde patats in die skil

IMG_0499

IMG_0154

Gebakte pastagereg met toast en gesmelte gouda kaas

IMG_0167

Stoompot bees en skenkel pot met groente en sampoiene

IMG_0195 - Copy

Wildspastei met slappastei deeg, roosmaryn hoender, aartappels, pampoenkoekies, spinasie en die bees en skenkelpot soos foto bo

IMG_0193

Mayonaise hoender met roosmaryn

IMG_0221

Ribbetjie oor die kole, tuisgebakte brood met gekoopte brooddeeg, rysslaai en mengelslaai

IMG_0302

Steak, skyfies, gebraaide kool en wortels

IMG_0315

Smelt in die mond steak  met kapokaartappels, skorsie en mengelslaai

IMG_0319

Het hier ‘n gegeurde baksakkie gebruik  Het hoender, baba uitjies, aartappels, wortels en sampioene ingegooi  gebraaide kool met spek en wit uiesop

IMG_0348

Groeentesop met marmite vingers

IMG_0415

Braaivleis hoender en wors met knoffel en spek aartappels, kerrie noedelslaai, koolslaai en ertjie en eier lagie slaai

IMG_0417fb

Kerrie skaapnek in die stoompot, butternut net tot gaar gestoom in die mikrogolf, rys en aartappels

IMG_0421

Stoompot beesvleis met uie,  aartappels en tamatiesmoor

IMG_0438

Tenderised steak met n deeg jassie en krummelpap. Het n bisto en uie sous saam met dit gemaak

IMG_0479

Kerrie en uie skaaptjops in die kasserol, kapokaartappels met “roasted veggies”

IMG_0483fb image

Mayonaise hoender met aartappels, room spinasie, soet pampoen en “roasted veggies”

20140622_123415

Hake fillette met bierdegie, kalamari en gestoomde groente

IMG_0514

4/6 varktjops Braai in pan gaar met baie suurlemoensap en lemoenpeper Maak sousie en gooi bo-oor: 50ml bruinsuiker 50ml tamatiesous 50ml water Laat prut tot sousie lekker taai en caramel begin raak Ek bedien dit gewoonlik met kapokaartappels

IMG_0539

Hoenderpastei, boontjies, groente met witsous, heel beetjies, rys en sous

20140718_203059

Peri peri prawns met rys en tuisgebakte brood

20140721_201741-001

Al my oorskiet braaivleis in blokkies gesny, gebraai met uie en gemengde veggie mix. ‘n Slap pasteideeg oorgesit en gebak. Het dit bedien met rys

fb3

Rump steak met sampioensous, aromat potato wedges en uieringe

20140725_201558

Chicken a la king met rys

fb

Gebakte hoender q-legs met roomkaas en spek, skorsie, ertjies en kapokaartappels

fb

Beesstert (oxtail) met stamp en bisto aartappels

20140821_204519

Herderspastei met vars broodrolletjies en mengelslaai

ete 2

Myne n mengelmoes van als wat nog in yskas was,hoenervlerkies,wors,mengelslaai n gegeurde rys met stukkies spek

ete4

Roti met krokante hoender vingers en slaai

ete7

Bunny WARM brood botter lewesmeer en slap chippies

ete8

Piekel tong, slaaie: kool, aartappel en vrugte – vrugteslaai met heuning en suurlemoensap

ete9

Skaaptjoppie, cocktail sosatie worsies met vars bun, aartappel en beet slaai

IMG_8486

Gevulde jassie aartappel met kerrie en groente vleis met mengelslaai

IMG_8523

Vetkoek met afgekookte springbok wildsvleis

IMG_8544

Wildspastei met slappastei deeg

PicMonkey Collage

Pork rashers in die oond gebak met jimmy sous oor – jassie aartappels, kool en baby marrows met witsous en gemengde slaai

PicMonkey Collage

Mayonaise hoender met uie en mengelslaai – meng mayonaise, bbq sous en chutney, sout en peper, smeer dik mengsel oor hoender, sny uie oor en bak tot gaar

IMG_8745

Rump steak, spinasietert, butternut en ui in foil gestoom tot sag, pietersielie en knoffel aartappels

IMG_9345

Hake filette gebak in room en pakkie potato bake, soet patats, mengelslaai en ertjies

IMG_9356

Gebakte tjoppie in die oond, jassie aartappel, mengelslaai met feta en eier

IMG_9365

Rooi tjops gebak in kasserol, skorsie, gemengde groente met witsous, kapokaartappels en sout wortels

IMG_9372

PASTA GEREG Kook pasta tot sag. Braai maalvleis uie, peppers, sampoene en spek tot gaar. Meng en geniet

IMG_9386

Souttert, kapokaartappels en mengelslaai

IMG_9461

Steak oor die kole, 3 bone slaai en tuisgemaakte knoffelbroodjies met hamburgerbuns, kaassmeer en knoffel

IMG_9491

Mac and cheese met mengelslaai

IMG_9515

Blinde vinkies in roomsous, rys, soet pampoen, gebraaide eiervrug en mengelslaai

cordon bleu

Chicken cordon bleu met kaassous, skyfies, pampoen en room spinasie

IMG_9553

Eenpot macaroni en maalvleis gereg

IMG_9570

Krummelpap met tamatie, bisto en uiesmoor sous

IMG_9593

Kerrie maalvleisbolle, rys, soet pampoen en mengelslaai

IMG_9617

Hake filette met bierdegie, uieringe ook met bierdegie, skyfies en mengelslaai

IMG_9626

Vetkoek hamburger met hoender filette en pynappel, tamatie blaarslaai en komkommer

IMG_9637

Steak met aatappel, spek en kersie sosaties

 

IMG_9656

gevulde jassie aartappels met beef strogonoff en mengelslaaai

IMG_9667

Gevulde “savoury” vetkoeke met maalvleis en kaas

 

IMG_9688

Peri peri hoenderlewertjies met uie, sampioene, pepers, spek met kapokaartappels

 

IMG_8447

Lasagne

IMG_8614

Jaffels met maalvleis

IMG_8645

Lams ribbetjie met mengelslaai

 

IMG_6611

Bobotie en geelrys met pepper, uie en tamatie salsa

 

IMG_6930

Lamsribbetjie, krummelpap met uie en bisto sous

 

IMG_7136

Pasta met gebraaide maalvleis, gekapte tamatie,gerasperde wortels, uie, spek en sampioene

IMG_7357

Hoenderpastei, tamatiebredie, boudvleis,  sout wortels, boontjies, lang opgekookte bone, pampoenpoffers en kool en witsous

IMG_7406

Baksakkie hoender, kapokaartappels, ertjies en mengelslaai

IMG_7429

Gevulde bees fillet met potato wedges en mengelslaai

IMG_7472

Beesstert pot met aartappels, groente en rys

ete 11

Ons het vandag barbecue hoender met knoffel aartappel en ui gehad. Het groenbone, pampoen en rys bygemaak.

ete12

Ons ete van Bangkok af… dit is my Asian-style pork meatballs. Die Thai mense eet hulle kos natuurlik net met die rys en vleis balletjies

ete 13

Ons eet vanaand vleis rol met rys, sous en ‘n groen slaai.

braaivleis

Braaivleis, braaibroodjies, pap en sheba

hoender pastei charne 2

Hoender en sampioenpastei met gebraaide tamaties en mengelslaai

ete20

Snoek, mengelslaai en 3 boneslaai

ete21

Kerrie lamribbetjies met soet pampoen, blomkool met kaassous en witrys. Die kerriesous was heerlik met blatjang, appelkooskonfyt en mayonaise gemaak.

kerrie afval

Kerrie skaapafval

afval en stamp

Kerrie skaapafval met stamp, baba aartappels en wortels

hamburger 33

Hamburger met tuisgemaakte pattie, gebraaide uie en sampioene, tamatie, blaarslaai kaas en eier

ete19

Gemarineerde hoender, gerol in spek en kaas.

 

ete22

Soet en suur hoendervlerkies saam met roerbraai

dagwood1

Dagwood, 3 snye brood getoast in toaster, hamburgerpattie, kaas, groente picalillies, tamatie blaarslaai en n eier

varktjops-in-bruin-uiesop-2

Varktjops in bruin uiesop, mash ertjies, skorsie en slaai

pastei ham en kaas

Ham en kaas pastei met skyfies en slaai

hake fillette

Gebakte Hake filette, mash en slaai HAKE FILLETS Ingredients 100 gram Stork margarine (room temp) 1 teaspoon Lemon rind 6 Fish fillets (e.g. Kingklip, Hake) skinned and deboned 1 KNORR Chicken & Mushroom Pan Dry Cook-in-Sauce Olive oil for dressing 1 teaspoon Robertsons Dried Oreganum (optional) 2 teaspoon lemon juice 3 teaspoon Robertsons Paprika 100gr mushrooms (slices) Potatoes Mix together the margarine, oreganum, lemon rind, lemon juice and half the contents of the KNORR Fresh Ideas Chicken & Mushroom sachet Rub over the fish and place on a greased baking tray Cut the potatoes into wedges Arrange on a greased baking dish Drizzle with olive oil and sprinkle with the remaining sachet contents In a preheated 180 degree’s Celsius oven bake for 30-40 minutes until cooked, adding the fish to the oven 10 minutes after the wedges

hamburger Rens

Hamburger gemaak met ciabata brood, varkfillette of tenderised steak met gebraaide mielies oor die kole

toebroodjies boudvleis

Koue boudvleis toebroodjies met toast, tamatie, kaas en mosterd

stirfey 2

Stirfry met steaks strips, blikkie chakalaka met mielies en pakkie hawaiin stirfry

AFVAL POT OP DIE KOLE

Kerrie afval pot op die kole met wortels, uie, skenkels

20150113_210106

Tenderised steak met deegjassie, skyfies en gebakte eier

boep 5

Uitgeholde hamburgerbuns met maalvleis mengsel. Rasper kaas oor en bak in die oond vir n rukkie

rys kasserol met hoender

Gaar rys, braai uie, pak gemengde groente groen geel en rooi peppers, seldery, pietersielie – gooi rys by met spice for rice en roerbraai tot sag en gaar – bedien met hoender of vis

borde kos rens 999

Boudvleis, samp, bisto aartappels, spinasie met room, soetpampoen en baba wortels gekook met uie en aartappel

pilchards viskoekies borde kos

Pilchards viskoekies, kapokaartappels, beet, soet pampoen en soutwortels

 

Skilferdeeg/skilferkors/puff pastry


puff pastry

MAAK JOU EIE SKILFERKORS – PUFF PASTRY

SKILFERDEEG/PUFF PASTRY

Bestanddele:
225 gm koekmeel
2ml sout
175 g koue botter – NIE margarien nie!
5ml suurlemoensap
100 – 125 ml koue water

Sif die meel en sout in ‘n mengbak. Voeg al die botter met eenslag by. Bedek die botter met die meel en sny die botter dan in 1,5cm stukkies met ‘n mes. Maak ‘n dammetjie in die deeg en voeg die suurlemoensap by en dan bietjie-vir-bietjie die water terwyl jy dit insny met ‘n mes. Hou aan met meng met die mes totdat die deeg ferm en elasties is. Moenie die botterstukkies opbreek nie. Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak en vorm dit in ronde bal sonder om dit te knie. Rol die deeg in ‘n lang strook. Vou een derde tot in die middel en die ander punt bo-oor sodat jy drie lae het. Vou die oop kante toe sodat die lug nie ontsnap nie. Rol weer uit en herhaal die proses vier keer. Rol uit en gebruik.

Oond 220 grade vir ongeveer 15 minute.

SKILFERDEEG

250 g koekmeel
Of meelblom van die beste gehalte
250 g botter (Nie margarine nie)
12,5 ml ( 1 e ) varkvet
Yskoue water, 150 ml ( 3/ 5 k )
10 ml ( 2 t ) brandewyn
Of sap van 1 suurlemoen of geel van 1 eier
2,5 ml ( 1/ 2 t ) sout

Sit die botter in die yskas of op `n baie koue plek, sodat dit goed hard word. Rasper dan die botter op `n growwe rasper en sit dit weer in die yskas.
Sif die meelblom en die sout tweekeer en werk die vet liggies daarin met `n deegmenger of met die vingers.
Meng die brandewyn en die koue water ( of die suurlemoensap of geklitste geel van die eier ) en voeg dit by die meel om `n stywe geeg te vorm. Knie die deeg goed tot dit elasties is. Werk altyd lig en vinnig om dit so koel moontlik te hou en knie dit op `n werkplank wat liggies met meelblom bestrooi is.
Rol die deeg reghoekig uit `n dikte van omtrent 5 tot 10 mm.
Neem een-derde van die botter uit die yskas en sprinkel dit egalig oor die deeg. Vou die deeg soos volg toe: Vou een-derde van die stuk deeg om en dan weer een-derde van die ander kant bo-oor sodat die stuk nou in die vorm van `n lang reghoek is. Vou dan weer die stuk in derdes toe sodat dit in die vorm van vierkant is. Druk die kante van die deeg met die roller vas sodat die lug nie kan ontsnap nie.
Rol die deeg dan weer uit en sprinkel op dieselfde manier nog `n derde van die botter daaroor. Vou dit toe en rol weer uit sonder om die lug te laat ontsnap.
Herhaal nog eenkeer en vou die deeg dan weer op dieselfde manier op.
Draai dit nou in `n stuk waspapier toe en laat dit oornag op `n koel plek ( of in `n yskas ) staan om die volgende dag te bak. Dit kan `n lang tyd so in die yskas bewaar word vir later gebruik.
Rol die deeg of `n gedeelte daarvan die volgende dag uit tot `n dikte van omtrent 5 mm en druk dit af of sny dit soos verlang word.
Die deeg moet baie koud wees as dit in die oond gesit word en die oond moet baie warm wees. Bak dit by 230 C ( 500 F ) en sorg dat die oond veral onder goed warm is, sodat die tert so hoog moontlik kan uitrys. Na 7 minute kan die hitte verminder word. Bak dit omtrent 25 minute lank.

WENKE:

SKILFERKORS WORD ALTYD BY 180C – TOT SO 200C GEBAK

VERF MET N KWASSIE ALTYD MELK, OF MELK EN EIER GEMENG, OF SOMMER NET MAYONAISE OOR DIE DEEG VOOR JY DIT BAK.

IDEES VAN LEDE MET SKILFERKORS

Heidi Rowe
Rol liggies uit met koekroller. smeer marmite op en sit gerasperde kaas oor. Rol dan weer op, sny in wieletjies en bak in oond, heerlike snacks vir almal!

Liezel Parsons
Pizza, wiele – rol oop, smeer tamatie puree, gooi kaas, fyn biltong, rol op vanaf lang kant, draai toe, los in vrieskas vir 30 min, sny in wiele, smeer eier en bak tot goudbruin ! Kan enige iets ook insit, dis verskriklik lekker !

Yvette Kunneke
Sny in vierkante. Bak in oond tot bros en ligbruin. Sit gekookte kondensmelk en stywe vla op. Sit nog een bo op. Heerlikke nagereg.
Carina Visser

Rol bietjie uit, smeer gaar pampoen bo-op, rol toe, sny in 2cm stukke, pak dit in n gespuite oondpan, sit in die oond op 100 grade, as dit mooi uitgerys het gooi bruinsuiker en baie room oor, bak tot gaar en opgepof

Chane Louw Smith
Tuna, kaas, fyn uie, mayonaise vir vulsel. Rol op, los bietjie in vrieskas. Sny wieletjies en bak.

Muriel Lotriet
Vat 6 Pork Sausages en 6 Beef sausages trek die velletjies af en meng dit goed. Maak Heerlike sausage rolls. Kleintjies of grootes. Jy kan die helfte van hulle kaas by sit maar jy moet dit dan goed seel voor jy dit bak.

Rona Swart
Rol liggies uit en vul met ‘n mengsel van gebraaide spek, uie. sampioene, knoffel, feta

Kristel Ludick
Ekt die resep gekry toe ek by n koffie shop gewerk het. Al wat benodig word saam die pasty is patat wat gekook is,maar geen sout. Afgekoel en op pasty gesmeer. Rol toe. Voeg in vrieskas vir 30min. Sny daarna dit in wiele,nie te dun of te dik. Spray die bak met cook n spray. Bak tot ligbruin. Terwyl dit bak. Voeg room in n maatbeker en n halwe koppie bruin suiker (as soeter wil he 1 kop). Sit dit in mickro golf vir n minuut. Roer dit en kyk of suiker opgelos het. Wanneer die in oond ligbruin is,gooi die karamel sous oor en bak tot gaar.
Susan Lottering Vd Merwe

Het n resep die week in tydskrif gesien. Sny in stroke en plaas enige tipe gaar wors in middel, druk wors toe met deeg en bak in oond tot gaar

Annatjie Rautenbach
Rol oop in ‘n groot pan. Smeer met basil pesto/roomkaas of sweet chillie sous. Sit halwe kersietamaties en feta op en bak in oond tot deeg gaar is. Jy kan selfs spek stukkies opsit

Adri Pieterse
Vat sjokolade, breek dit in blokkies. Vou elke blokkie apart toe in die pastry, maak seker dat die kante mooi geseel is. Dompel dit vinnig in melk en deepfry dit in olie.

Madri Cordier
GROENTEROL

1 Pak blaardeeg
250 gemengde groente
Gerasperde kaas
Mayonnaise
15ml mixed herbs/veggie sprinkle
Sout/aromat en gemaalde swartpeper
Paprika
Gooi gevriesde groente in ‘n bak met kookwater oor en mikrogolf vir 7 minute op hoog. Dreineer water. Rol die blaardeeg uit. Sprei die groente egalig oor die blaardeeg. Gooi spices oor en laaste die kaas. Rol nou die blaardeeg op. Sny in wiele en pak die wiele op ‘n gesmeerde oondplaat. Smeer elke wiel se bokant met mayonnaise en sprinkel paprika vir kleur oor. Bak in oond tot goudbruin.

puff 5

Madri Cordier
Mens kan enige iets in blaardeeg TOEROL IN WIELE en bak:
Tuna, uie, mayo, blatjang, gherkins en gerasperde kaas
Fyn hoender, mayo, sampioene, feta en gerasperde kaas
Gevlokte Hake, suurroom, gerasperde kaas en mixed herbs
Maaskaas, sweet chilli sous, biltong en gherkins
Maalvleis, tamatie, uie en blatjang met bruinuie sop
Mossels, roomkaas, gerasperde kaas en swartpeper
Ham, uie, gerasperde kaas en swartpeper
Salami en feta en mixed herbs en gerasperde kaas en swartpeper
Spinasie, uie, witsous, sampioene en spek met gerasperde kaas

puff 3

PALMIERS / OLIFANTS-ORE / HOEFIES

puff 1

Rol metode van Palmiers/hoefies

Puff pastry

Suiker

Vou metode.
Sit die deeg op jou blad, strooi die suiker oor en rol dit in met ‘n koekroller dat die suiker in druk.
Draai deeg om en doen dieselfde.
Nou vou jy so 4 cm onder om en bo om en rol weer liggies met die koekroller.
Vou weer en rol liggies met die koekroller.
By nou as jy weer vou, vou jy die 2 helftes bo op mekaar en rol weer met die koekroller.
Jy rol letterlik net eenkeer liggies oor.
Jy rol nou nie weer uit om uit te rol nie, net liggies om hulle aanmekaar te laat klou.
Nou sny jy hulle in so 2 cm stukkies en draai hulle op hulle sye.
Jy het nou goedjies wat lyk soos ‘n U.
Los in die yskas vir so halfuur en nou bak jy hulle by 200 º C vir 12 – 15 minute.
Wees kreatief, gebruik kaneelsuiker, gekapte spek en peppers, tuna, stukkies hoender, marmite, nutella, konfyt, kaassmeer en biltong, gekapte neute, spinasie, gekapte olywe en peppadews, chakalaka en gerasperde kaas, sandwichspead, gegeurde maalvleis, bully beef,

puff 2

SOUT VARIASIES

PUFF 12

SOET VARIASIE MET AARBEI KONFYT EN GESIFTE VERSIERSUIKER

SNY JOU PUFF PASTRY IN BLOKKIES OF SIRKELS – SMEER OF SIT ENIGE IETS BO-OP EN BAK TOT OPGEPOF – 

GEBRUIK DIE TEGNIEK OOK  VIR MINI-PIZZAS

puff 6

PUFF 8

Mini pizzas – vierkante en rondes

GEBRUIK AS PIZZA BASIS – JY KAN DIT ROND SNY OF VIERKANTIG HOU

PUFF 23

PUFF 24

VLASKYWE MET PUFF PASTRY EN VANILLA INSTANT POEDING (Gebruik jou standaard vlaskywe vulsel resep ook vir die resep)

1 pak puff pastry – net oopgerol en nie uitgerol.
3 pakkies vanilla instant poeding
625ml koue melk
500 ml room
Versiersuiker aangemaak met bietjie suurlemoensap
Meng die 3 pakkie poeding met melk soos aangedui op pakkie, en los om te stol.
Klits room styf en meng in by die poeding mengsel.
Sny puff pastry in lang repe – en dan in die grootte wat jy dit wil he, of slegs repe en sny die grootte wat jy wil he as pastry gaar is. (sien foto)
Neem vurk en prik die deeg ooral met gaatjies
Bak by 180gr C tot goudbruin en opgepof
Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Neem skerp mes en deel die puff pastry vierkant in 2 – sny horisontaal oop
Skep beslag op onderste deel van die puff pastry
Sit boonste deel weer op.
Smeer/gooi die versiersuiker en suurlemoensap mengsel oor en sprinkel met sif droe versiersuiker oor.
Jy kan ook jou vlaskywe met 3 of 4 lae puff pastry pak met die vulsel tussen in.
Ek het ook al as ek my versiersuiker aanmaak, granadilla mouse gebruik ipv suurlemoensap. Dit is net so ‘n effense “twist” as die gewone.
Nog ‘n idée is om skyfies aarbeie tussen die lae met die poeding mengsel in te sit

PUFF 11

JY KAN ENIGE PASTEI VULSEL MAAK. SIT SKILFERKORS BO-OP OF ONDER OP DIE BODUM VAN DIE BAK

puff 4

Hoenderpastei

spinasietert rens

Spinasietert met skilferkorsdeeg

SPINASIE TERT:
500gr spinasie (ek gebruik gewoonlik so 2 van die bossies wat jy te koop kry by die winkels)
1 ui gekap
1 pakkie spek gekap
So 5 na 7 sampioene grof gekap
Kook bg vir so 10 min – dreineer water af –
Meng 1pakkie wit uie sop en 1 houer suurroom – Laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word –
Meng 1 houer cream maaskaas, 3 eiers, 1tl mosterd, sout en peper
Gooi nou alles bymekaar en 1 kop cheddar kaas –
Neem pastry deeg en voer tertpan uit – gooi mengsel in en bak vir 30/40 op 180 grade tot gaar en mooi bruin – As uit oond haal, gooi nog so ‘n lekker klomp kaas bo-oor en bedien of warm, lou of koud

ROL JOU BOEREWORS,VIENNAS, KAASWORSIES toe in puff pastry

puff 10

JY KAN SELFS JOU MAALVLEIS, HOENDER of ENIGE VULSEL TOEROL/VOU  IN PUFF PASTRY EN BAK (PASTEITJIES)

PUFF12

MAAK KAASSTROOTJIES 

Neem jou puff pastry – sny in dun repe, rol dit op, strooi met speserye, kaaspoeier, selfs pasta bake of potato bake soppoeiers werk lekker – bak tot opgepof en goudbruin

PUFF 14

SNY JOU PUFF PASTRY IN BLOKKE OF SIRKELS. SNY REPE, SIT DIT VAS MET GEKLITSTE EIER.  BAK TOT GOUDBRUIN EN VUL MET VARS VRUGTE, ROOM, KONFYT, MELKTERTVULSEL, LEMON CURD, GEKOOKTE KONDENSMELK ENS.

puff 15

PUFF 20

JY KAN OOK AS JY DIT ‘n SOUTHAPPIE  WIL MAAK,  DIE VULSEL INSIT EN ALLES OP EENSLAG BAK

PUFF 19

WEES KREATIEF MET ENIGE VORM WAARAAN JY KAN DINK !!

puff 21

MAAK JOU TERTDOPPIES VAN PUFF PASTRY

PUFF 22

MAAK JOU HORINKIES DEUR DUN REPE TE SNY EN OM ‘n CONE TE DRAAI

PUFF 26

PUFF 28

PUFF PASTRY ROLLE

TUNAROL RENS

TUNAROL

TUNA ROL MET CHAKALAKA EN MIELIES/OF CHAKALAKA EN BUTTERNUT

Gebruik enige vleis soos gevlokte hoender, bully beef, gebraaide gesnipperde spek, spinasie en fetakaas, enige oorskiet vleis, stukkies gekapte koue vleise soos polony en ham, 

1 blaardeeg (puff pastry)
1 blikkie tuna chunks in water (gedreineer)
1 blikkie chakalaka with sweetcorn of met butternut
1 kop kaas gerasper
1 eetl mayonaise
1 tl mosterd
1 ui gekap
Vars pietersielie
Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die blaardeeg
Rol dit op soos ‘n “jamroll” en seel die kante en onder mooi. Sit op ‘n bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in – dit keer dat die tunamengsel uitkook. Maak 3 kepe – vertikaal – bo-op rol

Verf eier of melk of mayonaise bo-oor en sprinkel bietjie droe pietersielie bo-oor.
Bak in oond vir 45 min by 180grade tot gaar en goudbruin.

 BEEF WELLINGTON

puff 25

Beef wellington

1 beesvleis filet
gemaalde swartpeper (opsioneel)
1 eier
1 eetlepel. water
1 eetlepel. botter
2 koppies fyn gekapte sampioene
1 medium ui, fyngekap (ongeveer 1/2 koppie)
Koek meel
1 skilferkorsdeeg, ontdooi

Aanwysings
Verhit die oond tot 210 C Plaas die vleis in ‘n liggies gesmeerde oondpan. Geur met swartpeper, Rooster vir 30 minute.
Bedek die pan en plaas in die yskas vir 1 uur.

Klits die eier en water in ‘n klein bakkie met ‘n vurk.
Verhit die botter oor medium-hoë hitte. Voeg die sampioene en uie by en braai tot die sampioene sag is en al die vloeistof verdamp het, roer dikwels.
Sprinkel die werksoppervlakte met die meel.
Rol die deeg neer in ‘n reghoek 4 duim langer en 6 duim wyer as die vleis. Smeer die deeg met die eiermengsel. Skep die sampioenmengsel op die deeg – 1-duim van die rand af. Plaas die vleis in die middel van die sampioen mengsel. Vou die deeg oor die vleis en druk en seël. Plaas voukant af op ‘n bakplaat. Knyp die kante goed toe. Smeer die deeg met die eier mengsel.
Bak by 200 C vir 25 minute of totdat die deeg goudbruin.

SNY JOU PUFF PASTRY SOOS OP FOTO – DRUK VIENNAS, KAASWORSIES DEUR – SMEER MET GEKLITSE EIER EN BAK

PUFF 27

SNY JOU DEEG IN REPE, ROL OM VIENNAS OF KAASWORSIES 

puff 29

SNY REPE DEEG, SMEER BIETJIE KAASSMEER OP OF STUKKIE KAAS,  SIT ROU STUKKIE ‘streaky bacon” OP, TWIRL EN DRAAI DIE DEEG EN BAK TOT GAAR

PUFF 30

PUFF BALLS

ROL DEEG IN BOLLETJIES. AS GAAR IS, SNY OOP EN SMEER MET ROOM, KONFYT, LEMON CURD, SOUT VULSLES, KONFYT

puff31

NEEM JOU PUFF PASTRY – MAAK IN BOL, ROL DIT DAN IN ‘n  DIK WORS. SIT IN N BUNT PAN (Pan net gat in die middel) BAK TOT GAAR. SNY IN DIE HELFTE OOP, SIT ROOM IN, PLAAS 2 STUKKE TERUG BO-OP MEKAAR, SMELT SJOKOLADE EN GOOI BO-OOR. BEDIEN MET KERSIES, AARBEIE OF NEUTE

PUFF 32

Maak in jou buntpan

MAAK VINGERHAPPIES. DRUK MET KOEKIEDRUKKER VERSKILLENDE VORMS UIT. BAK TOT GAAR. STEEK MAALVLEISBOLLETJIES IN, KERSIE TAMATIES, AARBEIE, ENS

PUFF 33

SNY JOU DEEG IN VIERKANTJIES EN VOER MUFFIN PANNETJIES UIT. SORG DAT DIE BLOKKIE DEEG GROOT GENOEG IS OM BO TOE TE VOU. SIT NOU JOU VULSEL IN, VOU TOE , KNYP VAS EN BAK

PUFF 34

PAAR IDEES VIR TERT EN PASTEIE

PUFF 36

PUFF 39

PUFF 40

PUFF 41

PUFF 42

puff 44

BRAAI PIE

braai pie 44

BRAAI PIE 4

SKILFEEKORS “PIZZA” OP DIE KOLE:
2 rolle skilferdeeg – Oopgerol
1 pak spinasie of vars bossie
Gaar hoender (geflok of in blokkies)
250gr spek – 1 ui, 1 rooi en 1 geel rissie gekap en gebraai tot gaar
1 pak sampioene in skywe gesny
Fetakaas
Cheddar kaas
Mozzarella kaas
Gouda kaas
Kies so 2 verskillende kase of 3 of al 4 jou keuse
Kies jou eie speserye soos lemonpepper, rosmary and olive of sout en peper ens.
Vat nou jou toeknyp roorster. Spuit spray en cook op of smeer met botter
Sit op onderste deel van die rooster die 1ste stuk skilferkors
Sit helfte van die rou spinasie op
Sit hoender op
Sit uie en spek mengsel op
Pak rou sampiene op
gooi speserye op
Sit nou verskillende kase op
Eindig af met ander helfte van pak spinasie
Plaas ander skilferkos bo-op – knyp toe aan die kante
Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors
Knyp rooster toe.
Braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin.
Draai gedurig om.

PATATROL

patatrol rens

2 Kg patats gaar – fyngemaak en afgekoel
1 Rol puff pastry oopgerol
Smeer patats 1cm dik oor deeg
Rol op en sny skywe van 2.5cm dik en pak in gesmeerde bak
Sous:
Gooi 150ml suiker (wit of bruin)  en 250ml room bymekaar en bring tot kookpunt
Gooi bo-oor patats en bak in oond vir 30/40min by 180grade C

KAAS PUFFS

puff 55

ROL DIE DEEG DUN UIT. GOOI GERASPERDE KAAS OOR (SLEGS OP DIE EENKANT) VOU DIE DEEG TOE EN ROL WEER DIE BOONSTE GEDEELTE VAS. NEEM KOEKIEDRUKKERS EN DRUK VORMIES UIT. BAK TOT BRUIN EN OPGEPOF

L  E  K  K  E  R    B  A  K   !  !  !

Eenbak geregte


EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut/of chakalaka met mielies by, en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe rou noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel todat die water net effes bokant die mengsel is.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. (stoof op nr 2) Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous. Ek neem 1 en half koppie melk en 2 eetl meel, meng met jou whisk goed, in die mikrogolf vir so 5 min, whisk deur – terug in die mikrogolf, 3 miniute whisk weer deur en weer in die mikrogolf tot die mengsel begin opkook. Sout en peper.
As die noedels gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou chedderkaas oor, sommer baie.
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is. (Dit is so 5 na 10 minute)

Om dit meer te maak, vermeerder net jou maalvleis.

Opsioneel kan jy ook sampioene byvoeg

*

CHEESE AND MINCE CASSEROL

1 kg ground beef
2 Small green peppers chopped
1 medium onion chopped
2 tsp minced garlic or flakes
1 Tbs Worcestershire sauce
1 can diced tomatoes
1 cup tomato sauce
1 tsp Italian seasoning
1/2 cup Chicken broth
1 box of elbow pasta
1 Tbs butter
2 cups Shredded Cheddar cheese
Salt and pepper to taste
Directions:
Pre heat oven to 180C
Lightly brown beef and drain any oil in pan
then add the peppers, onions, garlic, Worcestershire , canned tomatoes and tomato sauce, chicken broth and Italian seasoning
Bring to a boil and simmer for 20 minutes.
Cook pasta according to directions, drain, and add the butter to the hot pasta
Combine pasta and beef with one cup of the cheddar cheese and mix well
Place pasta in a 15×10 baking pan and top with remaining cheese
Bake for 25 minutes

*

Eenbak SPAGHETTI met BOELIEBIEF

1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik heelpit mielies (jy kan hier ook ertjies of veggie mix gebruik)
1 blik Boeliebief – in blokkies gesny
1 tamatie – geskil en opgekap
1 ui – opgekap
1 groenrissie – in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode:
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng nou alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met spray and cook en skep die mengsel daarin.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180° vir 1 uur.

Deur;Tienie Botes – Lekker resepte vir die jonger geslag

Variasie ; Gebruik gevlokte hoender, gaar maalvleis of tuna

*

Eenbak MAALVLEIS  met RYSKORS gebak

500g maalvleis
5ml sout
2 snye brood in melk geweek en gedreineer
¼ t peper.
5 ml droe pietersielie
1 ui gerasper
35ml asyn
20ml Sweet-Chilli sous
Meng al bogenoemde

1 kop Sampioene gebraai
1 kop spek gebraai
1 kop gerasperde kaas

Metode;
In n gespuite bak:
Pak lae met vleismengsel, spek, sampioene en kaas (asook variasies – sien onder)
Bak vir 35min by 180 C

Bolaag
Meng al onderstaande bestandele:
1 eier
125ml melk (1/2 kop)
125ml meel (1/2 kop)
250ml gaar rys (1 kop)
5ml bakpoeier.
Sout
Skep nou die mengsel bo-op jou vleismengsel en strooi ’n lekker klomp gerasperde kaas bo-oor
Bak nog ongeveer 10min tot opgepof en goudbruin

Vir n variasie sal ek ‘n koppie veggie mix ook ingooi of koppie ertjies

*

Eenskottel HOENDER EN RYS gereg 

Gebruik kasserole met deksel

Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender (ontdooi) stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Ek sit ook sommer my gehalveerde aartappels ook by (sien foto)
Maak pakkie sampioen- of wit uiesop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak
Bak (bedek) vir 1 en half uur tot 2 ure by 140/150 grade C
Loer so nou en dan na uur en half of dit nie dalk al gaar is nie –

Sit net onder grill (indien nodig) om velletjie lekker krispy te maak en goudbruin

Jy kan hier die hoenderstukke vervang met skaaptjops ook.

Hier is nog ‘n variasie van een van ons lede:

Christine Mostert
Hierdie eenskottel geregte is super nice!! Ek maak gewoonlik een met wors. 2koppies rys onder, lekker groot pak wors opgesny in kleiner stukkies bo-op rys, bo-op dit ‘n pak hawaiin stirfry, dan meng ek 1pakkie sampioen en 1pk wit uie soppoeier met 500ml water gooi oor die groente gerasperde kaas bo oor en bak vir so uur en ‘n half op 180grade.

*

SIMBA TJIPS GEREG
4 eetlepels botter
3 eetlepels koekmeel
375ml warm melk
250ml ham of gebraaide spek
2 x 375ml gekrummelde skyfies (simba tjips – die kaas en uie en bbq werk baie lekker)
375ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180C. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk. Gooi die ham, kaas en 1 pak skyfies by. Gooi die helfte van die ander pak skyfies onder in ‘n bak, skep die witsous bo-op, bedek met ekstra kaas en orige skyfies (gemeng) en bak 15–20 minute.

*

KOSHUIS/KINDERHUIS MAC & CHEESE
1 pakkie (500gr) macaroni (gaar)
Rasper 4 tamaties (ek kap dit sommer met my twista fyn) en voeg by: 4 eetl tamatiesous, 4 eetl chutney, ½ eetl Bbq spices, sout en peper na smaak
Meng macaroni en tamatie mengsel en voeg by – 2 kop gerasperde kaas – Gooi in platbak – Klits 6 eiers en 150ml melk. Gooi eier en melk mengsel bo-oor
Rasper nog 2 kop gerasperde kaas bo-op, sny tamatie skywe bo op en bak vir 30 min by 180 grade

Variasies: (ongeveer 1 koppie)
Voeg by gekapte spek en uie wat bros gebraai is, maalvleis, stukkies ham, kouevleis, salami, bully beef, tuna wat gedreineer, gevlokte hoender. Jy kan ook sampioene braai, ‘n handvol ertjies, groen, rooi en geel peppers byvoeg

*

MACARONI AND CHEESE
500gr elbow macaroni, cooked – al dente, drained well
2 overflowing cups of sharp cheddar cheese, shredded or cut into 1/4-in cubes
1 can evaporated milk (ideal milk)
1 Tbsp sugar
2 eggs, beaten
Season salt – to taste
black pepper – to taste
Dash or two or three or four of cayenne pepper

Directions
In a bowl, mix cooked and well drained macaroni and cheese together.
In another bowl whisk together eggs, milk, sugar and seasoning.
Pour egg/milk mixture over mac and cheese mixture, stir until well incorporated.
Pour into baking dish or tin, cover with foil.
Bake at 350 degrees for about an hour.
Remove foil, turn on broiler (grill) grill top of mac and cheese until golden brown and bubbly

*

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak)
400ml witsous – maak jou standaard witsous soos met eie resep
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Opsioneel:
Gekapte groen, rooi en geel peppers gebraai, ½ kop erjies of veggie mix
Meng hoender, noedels mayonaise (opsionele indien verkies) en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

*

PASTA-EN-TUNA EENBAK GEREG

2 groot tamaties in skywe gesny
2 groot uie opgekap
2 blikkies chunky tuna (in water)
500-750ml reeds gemaakte dik witsous
500ml gaar pasta, noedels of macaroni
500ml gerasperde Cheddarkaas
sout en peper na smaak
Metode:
Braai uie en tamatie en meng die tunavis by. Plaas die uie en tamatiemengsel in ‘n groot oondvaste glasbak. Meng nou die pasta en witsous by. Meng alles goed en geur met sout en peper. Strooi nou die gerasperde kaas egalig bo-oor die mengsel. Bak vir omtrent 30 minute in oond van 180C. Om meer volume te kry, kan jy twee tot vier geklitste eiers by mengsel inroer voordat u die kaas oorstrooi.Opsioneel: Voeg ertjies of veggie mix by – selfs van die pakke groente met kool wortels en broccoli in. Vervang die tuna met gevlokte hoender, bully beef of maalvleis
*
 3 EENBAK resepte met VISVINGERS
 –
VISVINGER GEREG
Maak kapokaartappels
1 blik heelpit mielies
1 blik sweetcorn,
Gevriese visvingers
Gerasperde kaas.
PAK LAE.
1) Kaopkaartappels
2) Pak ‘n laag visvingers
3) Meng heelpit en sweetcorn en bedek visvingers
4) Eindig af met ‘n laag kapokaartappels
5) Sit in oond vir so 20min by 180 C (visvingers moet net gaar word)
6) Haal uit, Gooi kaas bo op ek sit terug vir so 10min.
 –
 VISVINGER EN RYS GEREG
Smeer n bak, plaas jou oorskiet (gaar) rys daarin,
Pak nou jou bevrore visvingers bo-op die rys.
Sprinkel bietjie suurlemoensap oor die vis.
Braai nou uie in n bietjie kerriepoeier tot sag, gooi uiemengsel oor vis.
Maak ‘n witsous en gooi 125 ml kaas by.
Gooi sous oor alles, rond af met kaas bo-op
Bak op 180 C vir 25 minute.
Vir variasie kan jy tamatie skywe ook opsit.
 –
VISVINGER PASTEI

1 pak visvingers
1 houertjie room
1 Pakkie sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel (smoor)
Gerasperde kaas

Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uiesmoor eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C

*

HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST: [BOEREKOS KOOKENGENIET]

Bietjie olie
700g maalvleis
1 Ui Gekap
5 Knoffelhuisie, gekneus
2 Selderystingels, fyn gekap
1 Groot wortel – in dun skyfies gesny
1 Tl tiemie
1 Tl Gemaalde koljander
1 Eetl Tamatiepuree
6 Groot aartappels
Sout en Peper na smaak
1 Blik Gekapte tamaties
Bietjie botter
Bietjie melk
Cheddar kaas – so koppie vol – gerasper
6 Groot aartappels, amper sag gekook – middel mooi uitgehol. Sit eenkant in bakkie, voeg blertsie botter in . Sprinkel sout en peper, bietjie melk, druk fyn.
Maalvleis : Verhit olie in kastrol en soteer ui, knoffel,seldery en wortel tot ui net sag is. Voeg maalvleis by en braai tot mooi bruin gebraai. Voeg oorblywende bestanddele by, kook oor lae hitte, sonder deksel, tot vloeistof amper verdamp het.
Skep nou genoeg gebraaide maalvleis in uitgehode aartappels, so 3/4 vol. Vul op met fyngedrukte aartappels. Sprinkel met kaas, maal vars peper bo-op. Bak in voorverhitte oond 180 C vir 20 min of tot goudbruin.
*
 BROCCOLI, BACON AND EGG CASSEROL
12 large eggs
250gr (1 container) sour cream
2 cups cheddar cheese, shredded
250gr bacon, chopped
1 cup broccoli, chopped
½ teaspoon salt
dash pepper
Preheat oven to 180C
Put eggs and sour cream in blender with salt and pepper. Blend well.
Put half the cheese into a 9X13 baking pan, followed by the bacon, the broccoli and then the rest of the cheese. Pour the egg mixture over the whole thing.
Bake 45-55 minutes, until top is golden brown and toothpick inserted into the center comes out clean.
Makes 8 servingsVoorstelle: Vervang die brokkoli met blomkool of ertjies of gemengde groente
*
BROCCOLI, SPINACH FRITTATA
Ingredients:
4 cups broccoli florets, chopped into bite-sized pieces
4 cups (packed) baby spinach, washed and roughly cut
1 small onion, chopped into thin half rings
4 cloves garlic, minced or 1 teaspoon garlic flakes
2 Tbs butter
1/4 tsp oregano, dried (optional)
1/2 tsp salt
6-8 eggs, beaten (6 serves 4 people well and 8 is if you want a thicker frittata)
Directions:
Preheat oven to 180C
Lightly steam broccoli until starts to turn bright green (about 5 minutes), remove from heat, rinse with cool water, and set aside
Saute onions in skillet until translucent and brown (stir occasionally to prevent sticking)
Add garlic and saute
Add spinach and a pinch of sea salt and stir. Let cook until spinach is wilted
Add rinsed and drained broccoli, oregano and rest of sea salt Stir until well combined and remove from heat
Pour eggs on top of veggies and shake pan slightly to get egg mixture to settle into the vegetables
Bake for 20-25 minutes until baked all the way through
 *
MACARONI EN MAALVLEIS GEREG

500gr beesmaalvleis
½ koppie ui, gekap
1 blik sampioenroomsop
½ koppie melk
½ teelepel knoffelvlokkies
½ teelepel sout
½ teelepel peper
1 blikkie sampioene (jy kan ook vars sampioene gebruik – ongeveer 200gr)
2 koppies macaroni, rou
2 kop cheddar kaas gerasper
Braai uie, vleis en knoffel (en vars sampioene indien gebruik) tot sag en vleis nog pienk is
Kook die macaroni eenkant tot sag en dreineer
Meng die maalvleis, melk, speserye en sampioensop en blikkie sampioene indien jy nie vars sampioene gebruik het nie
Pak nou lae met die macaroni, maalvleis mengsel en kaas
Eindig af met die maalvleis en kaas bo-op
Bak in oond vir 20 na 30 minute by 180 C
Genoeg vir 6 tot 7 porsies
*
Maggi Oliver
BOTTERSKORSIE EN AARTAPPELGEBAK
8 medium  aartappels
1 medium grote botterskorsie
2 groot uie, gebraai
1 pak sampioene, gebraai
1 pak spek, gebraai en gesnipper
2 huisies knoffel, fyngemaak
1 pakkie potato bake (spek en uie geur)
150 ml melk
250 ml room
swartpeper na smaak
1 koppie gerasperde kaas
METODE:
1.Skil en sny aartappels en botterskorsie in skywe
2.Kook aartappels en botterskorsie in soutwater in 2 aparte potte tot amper sag maar nog ferm
3.Dreineer die skywe versigtig
4.Braai intussen die uie, sampioene en spek afsonderlik tot gaar en meng dan alles saam
5.Voeg fyngemaakte knoffel en swartpeper by en roerbraai vir ’n verdere minuut
6.Meng potato bake met melk en room
7.Rangskik die helfte van die aartappelskywe op die boom van ’n gesmeerde oondskottel
8.Plaas die botterskorsie op die laag aartappels
9.Gooi helfte van die potato bake mengsel op die botterskorsielaag
10.Strooi helfte van die spek bo-oor die laag
11.Plaas res van die aartappels op die laag
12.Giet res van die potato bake mengsel oor die aartappels
13.Strooi kaas bo-oor en plaas res van die spek bo-op
14.Bak vir ongeveer 30 minute en sit warm voor
Maggi Oliver se tropiese hoender.
 –
 TROPIESE HOENDER8 hoender porsies
1 rooi soet rissie, opgesny in stukkies
ongeveer 10 piekeluie, gehalveer
Cajun speserye van Ina Paarman
sout en peper
1 koppie tropiese vrugtesap
1 koppie mayonaise
1 koppie blatjang
METODE:
1.Maak hoender mooi skoon en verwyder alle vette
2.Plaas in ’n groterige kasserol oondskottel
3.Strooi die soet rissie eweredig oor die hoender gevolg met piekeluie
4.Strooi Cajun speserye, sout en peper oor
5.Meng vrugtesap, mayonaise en blatjang goed saam
6.Gooi bo-oor hoender en plaas die deksel op
7.Bak in oond van 180°C vir ongeveer 1 uur
8.Verwyder die deksel en bak oop, totdat die sous dikker word en die hoender mooi van kleur is (ongeveer so 30 minute)
*
SPINASIE-EN-AARTAPPEL/PATAT GEBAK
5-7 groot aartappels of patats , in die skil gekook en afgekoel
Sout en vars gemaalde swartpeper
1 x 250 g pak spekvleis, fyn gesnipper
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) melk
2 eiergele
1 x 300 g spinasieblare (groot blare), gewas en are uitgesny
Gerasperde kaas (opsioneel)
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter. Trek aartappels/patats se skille af en hou eenkant. Braai spek tot gaar, voeg ui en knoffel by en braai tot sag. Klits room, melk en eiergele saam en hou eenkant. Stoom spinasieblare in mikrogolf of blansjeer tot verlep. Druk droog. Sny aartappels/patats in dun skyfies. Pak ’n lagie dun aartappel/patatskyfies onder-in gesmeerde oondbak.
Geur goed met sout en peper. Skep ’n dun lagie uie-en-spekmengsel oor en smeer egalig. Skep ’n paar lepels roommengsel oor en lê een of twee spinasieblare plat oor uiemengsel. Herhaal lae en eindig met ’n lagie aartappels/patats, waaroor jy orige roommengsel giet. Gooi bietjie gerasperde kaas bo-oor indien verkies. Laat staan vir ’n paar minute en bak vir 1 uur tot goudbruin en borrelend. Laat sowat 10 minute afkoel voor dit voorgesit word.
Lewer agt porsies
SPINASIE TERT
500gr spinasie (ek gebruik gewoonlik so 2 bossies)
1 ui gekap
1 pakkie spek gekap
So 5 na 7 sampioene grof gekap (opsioneel)
Kook of roerbraai spek, sampioene, spinasie en ui vir so 10/15 min – dreineer water af
Meng 1 pakkie wit uiesop (droog) en 1 houertjie suurroom – Laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word
Meng 1 houer “smooth cottagecheese”, 3 eiers, 1tl mosterd, sout en peper
Meng alles + 1 kop cheddar kaas
Vat nou 1 pak skilferkorsdeeg en voer tertpan uit – gooi mengsel in en bak vir 30/40 op 180 grade tot gaar en mooi bruin – As uit oond haal, gooi nog so ‘n lekker klomp kaas bo-oor en bedien.
Wenk: Ek los die skilferkorsdeeg uit vir ‘n braai bygereg. Gooi beslag net in ‘n glasbak en bak soos bo.
*
KORSLOSE SPINASIE SOUFFLE
Deur: Lucky Star
Neem 2 pakke bevrore of vars gekapte spinasie (1 bossie) en ontdooi. As rou is, kap fyn.
Klits 4 eiers
2 koppies lae vet Griekse jogurt,
1 teelepel sout,
1 teelepel knoffel poeier
½ teelepel swartpeper.
Roer in 1 ½ koppies gerasperde mozzarella of chedderkaas by, en die spinasie, dan gooi mengsel in muffinpan.
Oond 180 grade C en bak vir 30-35 minute tot gestol en effens opgepof. Toets met ‘n tandestokkie of gaar is.
Wenk: Gekapte brosgebraaide spek kan ook bygevoeg word
 *
EENVOUDIGE HOENDERPASTEI
Onder Kors
125 ml (1/2 k) botter
1 eier
125 ml (1/2 k) melk
500 ml koekmeel (2 k)
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie soutKlits die eier en botter goed. Voeg die melk geleidelik by en meng goed. Sif al die droë bestanddele saam en meng met die bottermengsel. Smeer 2 pastei bakke uit met die deeg, ongeveer 5mm dik. Kante en bodem. Vul korse met die vleis mengsel. Hou eenkant vir ten minste 20min. Hierdie resep is genoeg vir 2 x 40cm glasbakke.Vulsel1 kg hoenderfillette, happie grote stukkies gesny.
1 prei (leek), fyn gesny
1 pakkie sampioene of 2 blikkies, in skyfies
1 groot ui fyn gekap
1 e knoffel
Bietjie botter
1 e tiemie
¾ k melk
1 k room
Sout en Peper na smaak1 pakkie mushroomsoppoeier aangemaak met 1 kop waterVerhit die oond tot op 200C
Braai die hoender stukkies in botter tot bruin.
Verwyder en hou eenkant.
Braai die uie, mushrooms, knoffel en prei tot gaar en ligbruin in dieselfde pan/pot
Voeg die melk, room en tiemie by en bring tot net onder kookpunt.
Voeg hoender by en prut verder tot sag.
Verdik na smaak met die sop en laat ten minste 10min prut.
Laat effe afkoel en skep in die bak met die deeg.Bedek met die bo-korsBo-Kors
125 ml olie (1/2 k)
125ml melk (1/2 k)
250ml bruismeel (1 k)
1 eier (geklits in bietjie water)
Bietjie sout
1 t Mixed Herbs

Meng als tot ‘n slapdeeg. Gooi bo-oor pastei en bak teen 180 grade vir ongeveer 20min tot gaar en goudbruin

*

BOONTJIESOP MET LAMSVLEIS

Genoeg vir: 4-630 ml olyfolie
250 g spek (gesnipper)
2 groot uie, gekap
2 groot wortels, geskil en in blokkies gesny
1 kg aartappels, geskil en in blokkies gesny
800 g lamskenkels
500 ml suikerboontjies, oornag geweek
METODE:
1. Verhit ’n bietjie van die olie en braai die spekvleis daarin. Skep die helfte uit sodra dit gaar is, en laat die res bros braai. Hou albei apart eenkant. Sny dit in kleiner stukkies.
2. Gooi nog ’n bietjie olie in die kastrol en soteer die ui, wortel en aartappel tot dit goudbruin is. Skep dit uit en hou dit eenkant.
3. Verhit die res van die olie en braai die vleis bruin. Voeg die boontjies en twee liter kookwater by. Verhit die mengsel tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit kook vir twee uur of tot die vleis baie sag is.
4. Voeg die sagte spekvleis en uiemengsel by en laat dit vir nog 30-60 minute prut tot al die bestanddele saggekook het.
5. Skep ’n kwart van die mengsel uit en maak seker daar is niks bene oor nie. Maak dit fyn in ’n versapper en gooi dit terug in die kastrol. Geur dit na smaak.
6. Sit die sop voor met stukkies brosgebraaide spekvleis bo-op.
Bron: Idees
*
Lekker MELKKOS MET SAGO EN VLAPOEIER
Ingredients
200g sago (1 c)
2.5 liters milk (10 c)
2 eggs
60 ml water (¼ c)
30 g custard powder (4 T)
2 ml salt (½ t)
15 ml butter/margarine (1 T)
cinnanamon sugar
Instructions on how to make it
Soak the sago in the milk for about an hour. Gradually bring the mixture to the boil over moderate heat, using a heavy based saucepan. Stir it quite often in order to prevent burning and simmer until the sago is soft and transparent.
Separate the eggs. Beat together the egg yolks, water, custard powder and salt. Add the custard mixture to the milk mixture and simmer until thick, stirring often. Add the butter/margarine.
Beat the egg whites until stiff but not dry. Stir a little of the stiffly beaten egg white into the hot melkos until mixed. Then lightly fold the remaining egg white into the mixture, using a metal spoon.
Pour the custard melkkos into a heat proof serving dish, sprinkle lavishly with cinnamon sugar and serve immediately.
Makes 2,5 litres (10 cups) of melkkos
Deur: Granny Mouses House/Ouma Muis se Huis
*
SKAAPVLEIS EENBAK GEREG
Ek het ‘n klomp tjops en ‘n gedeelte van ‘n ribbetjie in die stoompot gegooi, 2 uie grof opgekerf en genoeg water ingegooi. Stoom vir ongeveer half uur na 40 minute
Sny die vleis op in stukkie en verwyder die meeste bene en pak in ‘n plat oondbak.
Ek het aartappels in die mikrogolf gaar gemaak en in wiggies gesny en die bo-op gepak.
Neem ‘n blikkie heel tamaties en sny in stukke en gooi bo-oor – jy kan hier ook tamatie en uiesmoor gebruik. Meng net so bietjie bladjang in by dit anders proe dit baie vlak.
Maak 1 pakkie Knorr beef strogonoff aan met 1 1/2 koppie water en gooi bo-oor alles. Sout en peper na smaak
Sprinkel Ina Paarman se garlic and herb speserye oor. As jy dit nie het nie, sommer sout, peper, bietjie gemengde kruie
Maak toe met foil of deksel en bak in die oond vir ongeveer half na 45 min by 180 C

Truksvye


Hoe skil jy 'n truksvy

Hoe skil jy ‘n truksvy

Begin altyd om jou truksvy op ‘n vol koerantpapier te skil. Dit werk net makliker om die blaaie van die koerant toe te vou oor die vorige truksvy se skil en dorings. Dit help dat daar nie dorinkies op die vleis van jou truksvy agterbly nie

Gebruik ‘n vurk en ‘n mes en NIE  jou vingers soos die foto om die skil af te rol.

Truksvye is beskibaar in rooi of groen

Truksvye is beskibaar in rooi of groen

Heel truksvy konfyt

Heel truksy konfyt

HEEL TURSKVY KONFYT

Skil 1kg ongeveer 10-12 klein -mediumgroot turksvye…. daar gaan soveel in ‘n heuningbottel, prik met langtand vurk dwarsdeur turksvy, kook in 1liter water tot deurskynend raak, dreineer.

Gebruik water vir stroop, voeg 4kop suiker by water plus halwe suurlemoen se sap en roer tot al die suiker opgelos is, laat kook die stroop en skep die turksvye een een in kokende stroop, stel stoofplaat af tot nr 4-5 en kook konfyt tot stroop soos lawa borrel en vrugte heeltemal deurskynend is. Ongeveer 4 ure se kook, bottel warm in warm bottels en verseël dadelik. Die vrugte behoort heel te bly.
Bron: Tiana Botes, Watertand Resepte vir oud en jonk

TURKSVYESTROOP MET SUIKER 
Skil ryp turksvye af en sny die vleis in stukkies op. Kook dit stadig sonder water totdat die mengsel sag is. Vryf die pulp deur ‘n sif en meet die hoeveelheid puree af. Voeg by elke 250ml puree 50g tot 100g wit suiker na gelang van soetheid van die puree asook 15ml suurlemoensap. Verhit dit stadig tot koopunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook die stroop oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Bottel die stroop warm en verseel dadelik.
GEBRUIKE
Vermeng 350ml stroop en 150ml rum, bottel die mengsel en kurk dit toe. Laat dit 6 maande verouder en bedien as likeur.
Gebruik die stroop in die plek van suiker oor melkkos of mieliepap
Versoet bruismelk daarmee
Giet dit oor warm wafels of roomys
Stowe groente soos patats, wortels en pampoen en vrugte in die stroop

TURKSVY FYNKONFYT 
Skil 1kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625ml water by, verhit dit tot kookpunt en kook dit ‘n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375g wit suiker, die sap van ‘n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en ‘n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg. Skuim die konfyt af, indien nodig. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.

TURKSVY KONFYT

Kies turksvye wat ryp is, vryf hulle goed af met n growwe doek om die dorings te verwyder en spoel hulle in water af. Skil net die groen skilletjie af en weeg die vrugte. Prik die vrugte met n stopnaald laat dit oornag week in n oplossing van koeksoda (45 ml koeksoda op 5 liter water). Was die vrugte die volgende dag goed af met water en kook dit in skoon water tot sag. Gebruik 375 g suiker en 570 ml water vir elke 500 g vrugte om die stroop te maak. Voeg 15 ml suurlemoensap by vir elke 500 g vrugte. Laat die stroop kook en sit die turksvye een vir een in die stroop om te verhoed dat die stroop ophou kook. Sit die deksel op en laat dit vir 15 minute kook. Lig die truksvye die volgende dag uit die stroop. Syg die stroop deur n klam kaasdoek en laat dit weer kook. Voeg die turksvye by en kook totdat die vrugte helder en deurskynend is. Bottel die konfyt dadelik.

PRICKLY PEAR VINAIGRETTE 
2 each prickly pear cactus fruit
1/2 each banana
2 tbsp. honey
1 tbsp. rice wine vinegar
1/2 each lemon, juice of
1/2 each lime, juice of

Peel skin off of prickly pears and the banana and put the fruit into a blender. Add the honey, vinegar, lemon and lime juices and blend until smooth. Season to taste with salt and ground black pepper. If too sweet for your tastes add more vinegar. If too tart add more honey. If too thin add more banana. If too thick add a dash of apple juice. Strain through a fine sieve before serving.

TURKSVYBLADKONFYT
Dit word gekook van die groot, dik turksvyblaaie waaraan daar nog nie vrugte is nie. Skil elke blad dun af – die vleis moet mooi heel bly – en sny die harde “stam”uit Pruk die hele blad. Weeg die blad en spoel dit skoon af onder lopende koue water. Sny dit in 2cm-blokkies op.
Maak ‘n oplossing van 15ml gebluste kalk per 125liter water. Laat staan tot die vloeistof helder is. Giet die helder vloeistof af en gooi die afsaksel weg. Laat die blokkies oornag in die oplossing le en sit ‘n gewig bo-op sodat die blokkies met die vloeistof bedek is. Spoel die blokkies die volgende oggend onder lopende koue water af en laat dit minstens ‘n uur in vars koue water le. Dreineer die blokkies, bedek dit met vars water en kook dit so sag dat ‘n vuurhoutjie maklik daardeur gaan. Dreineer die blokkies goed.
Kook die stroop soos volg:
Vir elke 500g turksyblad is nodig 1 liter water, 500g wit suiker, 15ml suurlemoensap en ‘n paar knoetse gedroogte gemmerwortel wat gekneus en in ‘n stukkie kaasdoek toegebind is Verhit die mengsel tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Plaas die blokkies bietjiegewys in die stroop en kook dit matig vinnig sonder ‘n deksel totdat dit helder deurgekonfyt en die stroop dik is. (Die stroop moet ‘n swaar druppel van die lepel af val as dit getoets word) Skep die blokkies in skoon voorbereide inmaakflesse, bedek met die stroop. Voeg indien nodig ekstra stroop by wanneer afgekoel het, en verseël die flesse.  (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TURKSVYBLADSUURTJIES

Sny vars, jong turksvyblaaie in repe (kan ook jong groen turksvytjies gebruik) en weeg die hoeveelheid af. Gebruik vir elke 2kg die volgende bestandele:
750ml water
750ml wit asyn
37,5ml sout
37.5ml dille
15ml speserymengsel vir suurtjies
15ml swart peperkorels
Pak die turksvyrepe in inmaakflesse. Verhit die water, asyn sout en geurmiddels tot kookpunt en vul die flesse daarmee, maar laat ‘n bietjie ruimte vir uitsit. Verseël die flesse en darai die skroefringe daarna ‘n halwe draai los. Steriliseer die suurtjies 10min lank by 100°C in ‘n waterbad. Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas. (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TURKSVYBLADSEEP
Gebruik die blaaie van kaalbladturksvye. Die beste tyd om die seep te kook, is wanneer die blaaie geswel en sonder turksvye is. Indien blaaie met dorings gebruik word, moet dit eers afgeskroei word. Blaaie wat geskil is, lewer wit seep en ongeskilde blare lewer groen seep.
Sny 12,5kg blaaie in repe op. Smelt 6.5kg vet en voeg die blaaie by. Kook dit totdat die blaaie se vesels los raak, roer die mengsel aanhoudend. Skep die vesels met ‘n sif of lang vurk af. Los 1.5kg seepsoda in 7.5liter water op en voeg dit geleidelik by die mengsel. Kook dit anderhalf uur lank oor matige hitte en roer dit gereeld. Laat die mengsel tot die volgende dag staan. Sny die groot stukke kleiner en voeg 7.5 liter kookwater by. Kook die mengsel ongeveer ‘n uur lank vinnig totdat dit soos gom lyk en roer dit deurentyd. Giet dit in vorms wat met ‘n nat doek uitgevoer is en bedek ook die vorms. Sny dit na 3 dae in stene op en laat dit verder droog word. (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TURKSVYSLAAI
Hierdie resep het n prys gekry vir bykos op n potjiekos kompetisie.
10 turksvye
250 ml jogurt
100 ml room
5 eetlepels soet blatjang
2 ml sout
2 ml wit peper
2 t gekapte kappertjiesaad (Chives), vars indien moontlik
1 t vars dill òf droe, maar gebruik dan minder
gekapte pietersielie vir garnering
Skil turksvye en kap rofweg.
Vermeng jogurt, blatjang, room met kruie en geursel.
Gooi oor die turksvye.
Strooi bietjie pietersielie oor.
Bedien yskoud.
Bron: Rina Kleinhans

Haddock geregte


PicMonkey Collage

Haddock fillette in room en kaassous

Ek het  gevriesde fillette in ‘n bak gesit, 1 houertjie room geneem en ‘n pakkie knorr basic white sauce ingegooi en gemeng. bietjie sout peper en knoffel en dit oor die vis gegooi. Rasper dan kaas oor – Bak  vir so 25/30 min by 180 C (kyk as jou sous lekker dik is en die vis gaar is, tyd kan verskil agv die dikte van jou vis en hoeveelheid)

Ek het saam met dit bedien:
Mayo mash, ertjies wat net opgekook is in soutwater, soet patats gemaak met bruinsuiker en net blaarslaai met ‘n tamatie.

Jy kan die room vervang met ‘n koppie melk en wit uie sop, of jy kan sommer halwe pakkie potato bake of pasta bake gebruik, die kaas geure. Dit werk net so goed.

Paar lede se insette:

Gebruik suurroom ipv room of melk

Gebruik ongegeurde joghurt ipv room of melk

Sankie Botha Oosthuizen

Haddock gereg

Aartappel snye onder in bak, rasper uie oor, dun skyfies tamatie dan haddock filette (of gevlok), handvol vars pietersielie. Meng pakkie potato bake met room en gooi oor. Eindig met broodkrummels en kaas. Bak in oond tot aartappels sag en gaar is.

Karien Kruger van Zyl

 Spaghetti met Skelvis:

500g spaghetti

600g bevrore skelvis (haddock)

250g ontbytspek

3middelslag uie

125ml koekmeel

1 liter melk

250ml gerasperde cheddar kaas

sout en peper na smaak

Bietjie ekstra gerasperde kaas

METODE: kook spaghetti in soutwater tot sag en dreineer. Posjeer vis 8-10 minue stadig in bieki kookwater,dreineer en vlok. Braai spek tot gaar,voeg uie by en braai tot sag. Dreineer oli. Smelt botter,roer meel in en roer dan melk trapsgewys by sonder om klonte te vorm(ek doen dit in mikrogolf). Verhit tot kookpunt en voeg kaas by. Meng spaghetti,vis en spekmengsel en sous en geur na smaak. Gooi in 1 groot of 2 middelslag(ek gebruik swart oondpan) wat gesmeer is. Strooi extra kaas bo oor en bak 30 min by 180. Dis heerlik! Ek bedien dit met ‘n groen slaai.

Benita Vos

 Haddock en Pasta gereg

800g Haddock geposjeer
600ml skroefnoedels, gekook
200g spek, gesnipper
1 groot ui, gekap
1/2 blik tamatiepasta
25ml margarien
75ml koekmeel
375ml melk
2ml paprika
3ml sout
500 ml gerasperde cheddar kaas

Braai spek, ui in ‘n bietjie margarien en roer tamatiepasta in
Berei ‘n kaassous met margarien, meel, melk en geurmiddels en helfte van die kaas
Pak lae van noedels, vis, spek en kaassous in oondbak.
Sprinkel res van die kaas bo-oor
Bak vir 20-30 min by 180*C

 

Eenvoudige haddock (mikrogolf)
750 gr bevrore stokvis (haddock of hake)
5ml vis speserye
75ml botter
400ml melk
50ml meel
2ml sout
125ml gerasperde cheddar kaas
1 ui in ringe gesny
Trek velle van die visfilette af
Plaas vis in bak plat langs mekaar – strooi vis speserye oor en maak toe met glad wrap – Mikrogolf vir 10 min op 100%
Gooi nou die vis water by die melk sodat dit al twee tesame 450ml vloeistof opmaak
Haal vis uit – Mikrogolf nou in bak die melk/ vismengsel, 50ml van die botter, sout,peper, koekmeel – 6minute op 100% roer elke minuut – voeg nou die kaas by – Gooi nou die mengsel bo-oor die vis. Mikrogolf nou die uie ringe met die oorblywende 25ml bottervir 3 minute op 100% – roer na 1 en half minuut.Sit uie ringe bo-op vis en strooi bietjie paprika oor. Mikrogolf nou die visgereg vir 5 minute oop op 100%

Gerookte haddock en spek gebak

500g vis
1 groot ui
50g spek
600ml melk
1 blik pitmieleis
500g gaar aartappels
150ml room
25ml vars pietersielie

Soteer die uie en die spek vir 2–3 minute, gooi die melk by en laat opkook, roer gereeld. Vlok die vis en soteer. Meng die vis met die uiemengsel, voeg die mielies en aartappels by en prut 5 minute. Gooi die room in en verhit, moenie kook. Geur en bedien dadelik met pietersielie.

Haddock Lasagne:

Bestandele:
2 X 250 gr sampioene
1 blik gekapte tamaties
2 groot uie
Knoffel na smaak
Lasagne velle
Cheddar kaas gerasper
1.5 lt melk
100 gr botter of margarine
6-7 haddock fillette vars of bevrore.
Sout en peper

Temp 180 C
Indien gevriesde haddock gebruik word, ontdooi eers.
Metode:
Sny uie in blokkies en braai in pan met olie en bietjie botter. Vee sampioene skoon met klam doek en sny in skywe voeg dit nou saam met die uie, daarna die blikkie tamaties, sout peper , lekker lepel vol knoffel. Hoe eenkant.

Gebruik groot pot en gooi al die melk in pot met botter. Plaas nou die haddock fillette met velkant na onder in pot. Laat dit stadig kook totdat die haddock net net gaar is, skep haddock uit met groot lepel en hou eenkant om af te koel. Gooi die melk deur ‘n sif en maak witsous van hierdie melk. Ek sif net meel by en roer dit vinnig en voeg meer meel by en geur met sout en peper en daarna ‘n groot hand vol gerasperde kaas. Die witsous moet nie dik wees nie, maar nog ‘n lopende sous wees, (die haddock melk komplimenteer die gereg en ek voel dit is te lekker om hierdie melk weg te gooi) Verwyder nou die velle en grate van haddock en vlok dit.
Die gevlokte haddock moet nou liggies met die uie, sampioene mengsel in gevou word. Moet nie roer nie, want dan word die haddock te fyn.
Gebruik ‘n groot oondbak. Plaas lasagne velle op bodem. Voeg nou uie sampioen en haddock mengsel op lasagne velle – lekker laag nie te min nie- herhaal nou die lae en eindig met lasagne velle. Laastens gooi nou hierdie lekker haddock witsous oor. Rasper lekker laag cheddar kaas bo-oor en bak tot goudbruin. Bedien met Griekse of enige groen slaai.

 

KERSFEES groente (warm)


OONGEROOSTERDE GROENTE

400g  wortels, in lang wiggies
4  witwortels, geskil en in kwarte
4 rooi uie, in kwarte gesny
150g klein  aartappels, sny in die helfte
6  knoffelhuisies
4 eetlepels olyfolie
3 takkies roosmaryn
3 spruite vars tiemie
Oond  180 C – gas merk 6.

Plaas die wortels, witwortels, uie, aartappels en knoffel in ‘n groot oondroosterpan

Drup die olie oor die groente en meng goed. Strooi die roosmaryn en tiemie. Strooi sout en peper oor en skud goed.

Bak  vir 30-40 minute (onbedek) , afhangende van die grootte van die groente en roer een keer halfpad deur die bakproses.

Wenk:  Enige vars groente van jou keuse kan bygevoeg word bv blomkool, patats met skil aan, brokkoli, lang groenbone,  botterskorsie blokke, patty pans ens.

IGS van vars tiemie SuperValu

 

Kool

Kool

https://kreatiewekosidees.com/?s=gebakte+kool

Pampoenpoffers

Pampoenpoffers

https://kreatiewekosidees.com/?s=pampoenpoffers

Butternut

Butternut

https://kreatiewekosidees.com/?s=botterskorsie+butternut

Pampoen

Pampoen

https://kreatiewekosidees.com/?s=pampoen

Patats

Patats

https://kreatiewekosidees.com/?s=patats

Brokkoli

Brokkoli

https://kreatiewekosidees.com/?s=broccoli

Spinasie

Spinasie

https://kreatiewekosidees.com/?s=spinasie+geregte

Wortels

Wortels

https://kreatiewekosidees.com/?s=Wortels

Aartappel gereg

Aartappel gereg

https://kreatiewekosidees.com/?s=aartappel+gebak

Blomkool

Blomkool

https://kreatiewekosidees.com/?s=blomkool

Gemengde Groente

Gemengde Groente

https://kreatiewekosidees.com/?s=gemengde+groente

Boontjies

Boontjies

https://kreatiewekosidees.com/?s=groenboontjie+geregte

Gegeurde rys resepte

Gegeurde rys resepte

https://kreatiewekosidees.com/?s=rys

Hoender geregte


IMG_8280

Chakalaka hoender

Die maklikste hoender ooit – 1 Bestandeel en speserye !!!

CHAKALAKA HOENDER

Pak hoender in casserol. Sny dik skywe uie oor. Gooi sout peper en knoffel vlokkies oor en 1 blikkie chakalaka met butternut. Ek het skywe butternut met skil aan ook bygesit – In die oond (bedek) vir 1 uur na 1 uur 15 minute @ 180 C – Net voor opdining – onder die grill indien verkies tot velletjie lekker bruin en bros is.
WENK: Pak jou aartappels saam in met die hoender – jou hoender, pampoen en aartappels is alles op een slag gaar.

Gewone Mild chakalaka kan ook gebruik word.

*

GESTOOFDE HOENDER MET PASTA
Aangepas vir KKI

Hoenderporsies na gelang van hoeveelheid mense
15 ml paprika
60 ml botter 
250 ml hoenderaftreksel
5 ml sout
1 ml peper
250 ml room of ½ pakkie sampioensop of wit uiesop met 1 kop melk
250gr sampioene in skyfies gesny
100 ml fyngekapte pietersielie
1 soetrissie repies gesny
200 gr pasta gekook en gedreineer.
Braai sampioene en uie liggies – verwyder en sit eenkant
Braai paprika effens in botter. Voeg hoender by en braai aan weerskante tot bruin.
Voeg aftreksel, sout en peper by. Sit deksel op en stowe tot vleis sag is. As sag is kan jy die stukke heel hou of in kleiner stukkies sny
Voeg room, sampioen en uie mengsel, pietersielie en rissie by en stowe vir nog 10 min. Voeg nog melk by as te dik is
Voeg pasta by, meng liggies deur en geur met sout indien nodig of jy kan die mengsel bo-op die pasta skep
Verhit tot goed warm en bedien met slaai.
Deur: Resepte wat mans ook verstaan

 

CHEDDERKAAS HOENDER

4 groot hoenderborsies

6 na 8 provitas (fyngedruk) Jy kan ook Tuc, cream crackers  of salticrax koekies gebruik)

½   teelepel sout

½  teelepel peper

½  koppie melk

3 koppies cheddarkaas, gerasper

1 teelepel droë pietersielie

Sous: (opsioneel)

1 blikkie  room  hoender sop

2 eetlepel suurroom

2 eetlepel botter

Gooi die melk, kaas en provita  krummels in 3 afsonderlike bakke  Meng die sout en peper in die krummels in.  Doop elke stukkie van die hoender in die melk en dan in die kaas. Druk die kaas vas met jou vingers. Druk dan die hoender in die  provita krummels en druk styf vas.

Spuit ‘n pan met cook en spray  en plaas die  hoender in die pan. Strooi die droë pietersielie oor die hoender. Sit hoender in die yskas vir tenminste 20 minute .  Bedek die pan met foelie en bak by 200 grade vir 35 minute. Verwyder die foelie, bak vir ‘n verdere 10-15 minute, of totdat die kante van die hoender goudbruin en bros is.

In ‘n medium pan meng die room  hoender sop, suurroom en botter.  Roer dit oor medium  hitte tot die sous lekker warm is. Dien op oor die hoender

*

GEBAKTE MAYO MET BRUIN UIESOP HOENDER

Bestanddele:
1 pak (8-10) hoenderstukke
1 pk bruin uiesop poeier
250 ml warm water (nie kook)
1/2 k mayonaise
1/4 k chutney
1/4 k soet chilli sous
1/4 k tamatie sous
Sout
Metode:
Oond 180 gr C.
Pak die hoender stukke in ‘n oondbak en geur liggies met sout. Meng die uiesop-poeier met die warm water. Roer die mayonaise, chutney, soet chillie sous en tamatie sous daarby. Gooi oor hoender en bedek met tinfoelie. Bak vir 50-60 minute. Haal foelie af en bak oop tot goudbruin.

Deur: Radio Namakwaland

ham en spinasie pastei2HOENDER/HAM MET SPINASIE GEREG

2 koppies pasta (gaar gekook)
2 eetlepels botter
½ koppie gekapte ui
1 teelepel knoffel
2 koppies gekapte vars spinasie ( kan bevrore ook wees)
2 eetlepels meel
1 ½ koppies melk
½ teelepel swartpeper
1 teelepel sout
½ koppie suurroom (of ½ kop room met ½ eetl asyn)
2 koppies gaar gekapte ham
1 ½ koppies gerasperde kaas
1 koppie broodkrummels, of salticrax koekiekrummels, fyngemaakte kellogs of enige simba skyfiekrummels
Braai ui in botter (en sampioene) voeg knoffel en spinasie by en kook sowat vyf minute of tot spinasie sag is. Verwyder spinasie en uie uit pan en hou eenkant. Smelt die botter en voeg by die meel. Maak soos wat jy ’n witsous sou maak, roer in die melk , swart peper, sout en suur room . Roer tot glad. Verwyder van die hitte en roer dan al die bestandele bymekaar behalwe die koekies of broodkrummels Giet in ‘n gespuit oondbak.
Sprinkel oor die krummels . Bak in voorverhitte oond by 180 C vir 30 tot 35 minute tot bruin bo-op.
Maak sowat 8 porsies

Wenk:
Kan gevlokte hoender ook gebruik
Indien jy nie suurroom het nie, neem ekstra ½ kop melk en so 1 eetl wit uie- of sampioensoppoeier.
Ek dink so lekker groot handvol gekapte sampioene kan ook bygevoeg word

*

CHICKEN CORDON BLEU

Rencia Odendaal Pretorius

Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie

Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette

Sit feta kaas  bo-op

Geur met sout en gemaalde peper

Rol toe en neem nou “streaky bacon” en rol om die hoender

So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies

Sit in bakplaat

Maak sousie van jimmy sous, suurlemoensap  en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn op as jy het.

Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor

Dit neem so 30 minute om deurgaar te wees.

Bedien met kapokaartappels, ertjies mengelslaai of potato wedges.

** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.

*

SPEKVET HOENDER

4 hoenderborsies sonder vel of been

Genoeg repies spek om hoender mee te bedek

½ koppie fyngerasperde parmasaan kaas

2 knoffelhuisies

1 t botter of olie

‘n paar tandestokkies

Stel oond op 220grade.

Rol hoenderborsies in kaas.

Sny vars knoffel in dun lagies, en pak bo-op hoender.

Draai repies spek om hoenderborsies, en maak vas met ‘n tandestokkie.

Sit bietjie botter of olie in die oondbak en sit hoender in, en bak vir 15 tot 20 minute sonder deksel.

Bedien met kapokaartappels met sprietuie in, asook brokkoli

*

GEVULDE HOENDER FILLETTE

6 hoender fillette, ontvel

½ pakkie tamatiesoppoeier

½ pakkie sampioensoppoeier

½ pakkie bruin uiesoppoeier

6 skyfies ham, gekap

Fetakaas

200 g spinasie, opgekap

Sout en peper na smaak

Sny die fillette halfpad oop. Meng soppoeiers, rol die hoenderstukke daarin tot dit bedek is. Meng ham, feta en spinasie en stop dit in die hoender. Steek die hoender met ‘n tandestokkie vas. Geur met sout en peper.

Bak in ood tot gaar.

*

ELSA SE ROOI HOENDER
(Hierdie resep maak baie en vries goed)
2 hoenders – gaar en ontbeen
1 blik tamatie sop (of 1 pakkie sop aangemaak met water)
1 blikkie mushrooms
6 groot wortels – gerasper
3 uie – gekerf
3 teelepels kerriepoeier
¾ tot 1 koppie blatjang
1 pak skulpie noodles (gekook)

Metode
1. Braai die uie in ’n bietjie olie. Sodra dit begin verkleur, gooi wortels by en braai saam.
2. Gooi tamatiesop by en kook ’n rukkie saam met wortels en uie.
3. Gooi al die ander bestanddele by en roer deur (hoender en pasta ook)
4. Gooi in bak. Strooi kaas bo-oor en bak by 180C tot kaas gesmelt en ’n bietjie verbruin het.
* As jy van die dis vries, moenie kaas oorgooi nie.
*As jy voel die dis is n bietjie droog, gooi van jou hoenderekstrak oor die dis voor jy kaas oorgooi en warm maak

*

 SPAANSE HOENDER
1 Pakkie Dik Uiesop poeier
500 ml water
50 ml mayonnaise
50 ml blatjang
50 ml tamatiesous
15 ml gekapte pietersielie
Aromat en peper na smaak

Meng al die bestanddele, gooi sous oor hoender stukke, sit deksel op en bak vir 2 ure. Loer af en toe indien sous droog lyk gooi net bietjie water by. Bak by 160 grade celsius. Haal later die deksel af en bak hoender mooi bruin.

Mosterd hoender

Mosterd hoender

MOSTERD HOENDER

½ Koppie koekmeelblom

2 Mediumgrootte uie, fyn gekap

2 Teelepels Aromat

1 Blokkie hoenderekstrak, fyngekrummel

1 Teelepel sout

400 ml Kookwater

5 ml Swartpeper

50 ml Matige soet mosterdsous (soos Cerebos)

8 na 10 Hoenderborsies of dye of boudjies

50 ml blatjang of heuning

3 Eetlepels sagte bruin suiker

3 t Maizena

Metode:

Sif meel, Aromat, sout en peper saam. Rol hoenderporsies daarin tot goed bedek. Braai porsies aan weerskante tot goed bruin in warm kookolie. Skep hoender in enkele laag in oondvaste skottel met deksel. Braai uie tot goudbruin in pan waarin hoender gebraai is. Los hoenderekstrak in kookwater op. Meng die mosterdsous, blatjang, suiker en maizena goed saam en meng dit met die hoenderaftreksel (hoenderblokkie en kookwater). Voeg dit by die gebraaide uie en laat die sous opkook. Skep die sous oor die hoenderporsies. Sit die deksel op en bak 90 tot 120 minute by 160ºC.
Bedien met rys, gebakte aartappel ‘n slaai of kapokaartappels en lekker soetpampoen

*

STROOP HOENDER

1-2 eetlepels olyfolie

6 been in / vel op hoenderborsies

Sout en peper na smaak

½ koppie hoender aftreksel

½  koppie stroop

1 volle eetlepel vars tiemieblare of roosmaryn (droog is ook geskik)

4 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny (ongeveer 2 teelepels)

2 eetlepels appelasyn of gewone asyn

2 eetlepels droe mosterd

Verhit die oond tot 200 C Spuit ‘n pan met spray en cook

In ‘n groot pan, verhit olie oor medium-hoë hitte.Smeer hoender met sout en peper. Braai hoender in pan aan beide kante tot mooi bruin. Verwyder hoender uit pan. Voeg hoenderafteksel, stroop, tiemie/roosmaryn  en knoffel by. Bring tot kookpunt, roer gereeld vir ‘n paar minute. Voeg asyn en mosterd by en kook vir nog ‘n minuut of so.

Plaas hoender in bak, gooi die sous oor hoender en bak vir 30 minute of tot die hoender gaar is.

*

GEBAKTE KNOFFEL EN BRUINSUIKER HOENDER

Bestanddele:

4 ontbeende hoenderborsies

4 knoffelhuisies, fyn

4 eetlepels bruinsuiker

3 eetlepels olyfolie

Metode:

Verhit die oond tot 240 C en liggies smeer ‘n oondbak.

In klein braai pan, soteer knoffel met die olie tot sag.

Verwyder van die hitte en roer in die  bruinsuiker.

Plaas hoenderborsies in ‘n voorbereide bak en bedek met die knoffel en bruinsuiker mengsel.

Voeg sout en peper na smaak.

Bak onbedek vir 15-30 minute.

*

SWEET & SOUR CHICKEN

Adapted from: Mels Kitchen Cafe

Chicken Breading:

3-5 chicken breast
salt and pepper
1 cup cornstarch (maizina)
2 eggs, beaten
1/3 cup canola oil

Rinse chicken, trim off fat or extras and then cut into 1 inch cubes. season with salt and pepper. Dip chicken into cornstarch and coat all the way and then into eggs. Heat oil in large skillet. Cook chicken until browned. Place in baking dish. 3 chicken breasts can be in a 9×9 but 5 chicken breasts fits better in a 9×13.

Sauce:
3/4 cups white sugar
4 Tablespoons ketchup

1/2 cup white vinegar

1 Tablespoon soy sauce
1 teaspoon garlic salt

Whisk until smooth. Then pour evenly over chicken. Turn chicken so the sauce gets on both sides and then put in the oven at 350 degrees for 15 minutes. turn chicken and then cook for 15 more minutes.

*

HOENDER SOENTJIES (PASTEI)

Bestanddele

4 koppie gaar hoender  in blokkies gesny
1 houertjie cream cheese, versag
4 eetl botter, saggemaak
1 teelepel sout
1/2 teelepel peper
1/4 koppie melk
1 eetlepel gerasperde ui
Puff pastry /skilferkorsdeeg
1 houer Heinz hoender sous, of enige sous wat jy verkies

Instruksies
Meng hoender, room kaas, botter, speserye, melk en uie in bak.
Rol deeg bietjie uit. Hier kan jy nou jou eie pakkies vorm soos keuse. Sny sirkels, maak reghoekige of langwerpiges, Jy kan selfs een groot pastei vorm.  Knyp die hoeke goed vas.

Smeer met bietjie eier, of mayonase.
Bak by 180 C  vir ongeveer 20/30 minute of tot gaar en goudbruin. Bedien met warm sous!

Verhit die hoendersous, giet oor pasteie en …Geniet dit!

BRAAI HOENDER IN BIER MARINADE: Deur: RADIO NAMAKWALAND)

BRAAI HOENDER IN BIER MARINADE:
Deur: RADIO NAMAKWALAND)

BRAAI HOENDER IN BIER MARINADE:

Deur: RADIO NAMAKWALAND)
Meng saam:
1 Blikkie bier
3 E bruin suiker
1 fyn knoffelhuisie
100 ml olyf olie
Sout en peper.
MAAK DAN SO:
Pak 10-12 rou hoenderstukke, gegeur, in glasbak, gooi marinade Bo-oor, maak toe met tinfoelie en plaas in yskas, oornag, of ten minste 4 ure.
Braai oor matige kole tot goudbruin en gaar.
Eet met slaai van jou keuse en stukke roosterbrood met konfyt.

*

 HONG KONG HOENDER

Deur: Maddi Mads

1.5 kg hoenderstukke
500 ml coke
15 ml sojasous
15 ml gouestroop
5 ml sout
Plaas hoenderstukke in ‘n swaarboomkastrol.
Meng res van besstandele en giet oor hoenderstukke.
Sit die dekdel op en stowe tot sag.
Verwyder deksel en braai hoenderstukke in sous tot glansendbruin.

*

ROQUEFORT-HOENDER

12 hoenderfilette
1 koppie room
4 basiliekruidblare, gekap
125 g Roquefortkaas, gerasper
sout en growwe swartpeper na smaak
olie om in te braai
1 eetlepel brandewyn

Verhit oond tot 1800C.
Rol filette in die meel en braai tot bruin en pak in bakskottel.
Meng res van die bestanddele en giet oor hoender.
Bedek met foelie en bak vir 40-60 minute tot hoender sag en gaar is.

 *

BUURVROU SE HOENDER GEREG:

8-12 hoenderdye

2 uie gekap
sout en peper na smaak
4 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels worcestersous
1 eetlepel mosterd
2 eetlepels kerriepoeier
½ koppie warm water
1 groenrissie, gesnipper
1 eetlepel margarien

Stel oond op 190C. Rangskik hoender en uie in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Meng geurmiddels en skep oor hoender. Plaas klontjies margarien op vleis en bak vir 2 ure

*

EENBAK HOENDERGEREG

Rencia Odendaal Pretorius

Gebruik casserole met deksel

Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole

Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor

Pak jou hoender / skaaptjops stukke bo-op

Sny dik skywe uie bo-op

Maak pakkie sampioen  of wit uie sop aan met 500ml water en gooi oor alles

Sout en peper na smaak Ek sit parykeer halwe aartappels saam bo op by die hoender, asook skorsies of butternutskywe

Bak vir  2 ure by 150/160 grade C (met deksel op)

Sit net onder grill om velletjie lekker crispy te maak en goudbruin

*

 ITALIAANSE HOENDER

Braai eers stukke liggies albei kante, pak onder in bak en geur na smaak. Gooi dan 1 blik tamatie en uie smoor bo-oor en strooi bo-oor dit 1 pakkie italiaanse slaaisous poeier. Bak tot gaar! Heerlik sappig!

*

 HOENDER KASSEROL:

Maak 1 hoender gaar, ontbeen en sny in stukkies. VOEG BY: 2 kop gaar rys; 1 kop mayonnaise; 1 groot pak plain chips of sout en asyn chips; 1 blik hoendersop; 1 blikke sampioenstukkeis; 1 blik pynappelstukke met sous; 1 middelslag ui, gekap en soteer; half green pepper, gekap en gesoteer. Meng alles saam en skep in bak en bak by 180 grade C tot deur warm en effens bruin bo-op.  Jy kan self bietjie bevrore ertjies by sit as jy wil. Dit maak ‘n groot bak vol.

*

MACARONI HOENDER

1 kg Hoender

Sout & Peper

1 Pakkie Sampioensop

250 ml macaroni

125 g botter of margarien

2 uie in blokkies gesny

4 tamaties in blokkies gesny

125 ml ongesifte koekmeelblom

200 ml Water

250 ml Kaas

Geur hoender met sout & peper en kook tot sag.

Ontbeen en sny vleis in stukke.

Vul hoendersous met water aan tot 625 ml.

Voeg soppoeier by, roer gereeld & kook tot dik.

Kook macaronistukkies in soutwater to sag & dreineer.

Smelt botter in ‘n groot kastrol.

Voeg uie by & braai tot sag. Voeg tamaties by & kook ‘n rukkie.

Meng meel met water en roer by tamatiesous.

Voeg sop by & roer tot gemeng. Voeg hoender, kaas & macaroni by, meng en laat ‘n paar minute prut.

Sit warm voor met rys en ‘n slaai. (6 – 8 persone

*

 PASTORIEHOENDER

Bestandele vir swart oondpan.

14 hoenderstukke

2 blikkies tamatie en uie smoor

1 ½ kop rou rys

2 pakkies  sampioen of hoendersop

Gooi rou rys onder in bak. Pak hoenderstukke bo-op, geur effens met sout en peper, maar pasop vir te sout. Gooi tamatie en uie smoor bo-oor. Strooi soppoeier bo-oor. Gooi 6kp kookwater bo-oor. Maak toe met foelie en bak by 180°C vir ongeveer 2-2 ½ ure. Toets om seker te maak dit kook nie droog en brand aan nie.

Deur: *Kospotte van Pearly Beach*

*

 FEESTELIKE HOENDER (6 Porsies)

8 hoenderporsies skoongemaak

Sout en peper

125ml koekmeel

5ml kerriepoeier

2ml borrie

1 ui fyngekap

30 ml olie

125ml blatjang

125ml tamatiesous

30ml worcestersous

150ml water

OPSIONEEL: fyn naeltjies, knoffel, pietersielie 125ml sultanas

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n groot oondbak met kleefwerende middel.

Meng die volgende saam in ‘plastieksak: koekmeel, Kerrie, borrie, sout en peper en die opsionele speserye indien verkies. Plaas die hoenderporsies een, een in die sakkie en skud goed totdat die hoender goed bedek is. Braai in verhitte olie tot bruin. Rangskik in oondbak. Gooi die res van die meelmengsel in die sakkie oor die hoender.

Soteer die uie in die olie tot sag. Voeg die res van die bestandele by en meng goed. Giet oor die hoender, bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur of tot sag en gaar. Verwyder die foelie en bak ‘n verder 10min tot lekker bruin. Bedien met rys en slaai

*

GEVULDE ROMERIGE HOENDERBORSIES

VULSEL

1 ui, fyn gekap

Sap en skil van een suurlemoen

Vars kruie soos basielieblare, pietersielie of grasuie

200 g feta kaas

Sout en varsgemaalde swartpeper

HOENDER

8 groot hoenderborsies met vel

30 ml (2 tbsp) olyfolie

SOUS

250 ml (1 k) gewone jogurt

250 ml (1 k) mayonnaise

Zest van 2 suurlemoene

80 ml vars suurlemoensap

4 knoffelhuisies, fyn gekap

30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap

VULSEL

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak.

Meng die bestanddele vir die vulsel.

HOENDER

Lig die vel op en druk van die vulsel onder die vel, steek die vel vas met ‘n tandestokkie.

Geur die hoender met sout en peper.

SOUS

Meng die bestanddele vir die sous en hou eenkant.

Verf die hoender met die olyfolie en rangskik dit in die voorbereide oondbak.

Skep die sous bo-oor, bedek met foelie en bak vir sowat 30 minute, verwyder die foelie en bak vir nog sowat 15 minute of tot gaar en goudbruin.

Skep die hoenderborsies uit en kook die sous tot verdik.

Sit voor saam met rys en slaai.

*

HOENDER EN TAMATIE RYSKASSEROL (10 porsies)

20ml olyfolie

10 ontvelde hoenderdye

1 groot ui gekap

5ml gekapte knoffel

3 selderystingels gekap

1 groot groen soetrissie, ontpit en in repiesgesny

250ml rou rys

5ml karwysaad (opsioneel)

10ml paprika

10ml sout

Swartpeper na smaak

115g blikkie tamatiepasta

750ml kookwater

50ml gekapte pietersielie

Verhit die olie en braai die hoenderdye daarin tot bruin. Verwyder die hoenderdye en voeg die ui, knoffel, seldery en soetrissie by die olie in die pan. Roerbraai tot die ui deurskynend is. Voeg die rys, geurmiddels, tamatiepasta en kookwater by die gebraaide uiemengsel en prut 5min lank. Skep die rysmengsel in ‘n oondskottel en rangskik die hoenderdye bo-op, bedek met foelie of ‘n deksel. Bak vir 30min by 180°C, verwyder die deksel/foelie, verlaag die oond temperatuur tot 160°C en bak nog ‘n uur lank. Sit warm voor met ‘n groen slaai

*

HOENDER IN SUURLEMOENSOUS 

Sout en swartpeper

4 hoenderstukke (ontvel en ontbeen)

80 g botter

5 ml sjerrie

5 ml gerasperde suurlemoenskil

20 ml suurlemoensap

150 ml room

80 g gerasperde kaas

4 repe rooi soetrissie

pietersielie

5 ml suurlemoenskil

Vryf sout en peper in hoenderborsies. Braai in 60 g botter tot

bruin. Skep vleis in vuurvaste oondskottel en hou warm. Voeg

suurlemoenskil, -sap en sjerrie by braaibotter. Verwyder van hitte en

laat afkoel. Roer room stadig by en laat geleidelik warm word – dit

mag nie kook nie. Giet sous oor hoender. Strooi kaas oor, plaas

stukkies botter op en laat onder die rooster goudbruin kleur. Garneer

met rissie, pietersielie en suurlemoenskil. Sit warm voor saam met  rys

*

OROS HOENDER

1 koppie Oros stroop (onverdun)

8 hoenderporsies

1/2 ui, fyngesny

6 eetlepels blatjang

6 eetlepels mayonnaise

Kook die hoender in hoenderaftreksel tot halfgaar. Pak in oondvaste bak. Meng res van die bestanddele goed saam en giet oor hoender. Bak 1 uur onbedek

*

COKE HOENDER

8 hoenderborsies, ontbeen en vel verwyder
2 eetlepels botter of olie
2 koppies coke (nie die light soort)
1 eetlepel gouestroop
1 eetlepel sojasous
1/2 teelepel sou1/2 teelepel witpeper

Braai borsies liggies in botter tot goudbruin. Voeg coke by en kook 20 – 30 minute tot hoender gaar en sag is
Voeg res van bestanddele by en kook sonder deksel tot die sous bruin en taai is.

*

 CHIPPIE CHICK COKE HOENDER

1 kg hoenderstukke

1 groot pak aartappelskyfies

2 liter Coke

Gooi hoenderstukke in pot en bedek met Coke.

Sit op plaat totdat die Coke begin kook.

Maal skyfies fyn en gooi in pot saam met ander liter Coke.

Los op plaat vir 15 tot 20 minute.

Dit kan ook buite in ‘n potjie gemaak word.

*

VRA NA MEER HOENDER MET VERSKIL  (SIMBA TJIPS)

550g hoender borsies of dytjies

groot pak simba tjips (roast beef, texan chillie of chutney)

Bestanddele vir witsous

Metode:

Kook die hoender in n kastrol met kookwater wat die hoenderstukke bedek.

Stel oond op 180 grade C

Gooi water af.

Ontvel en ontbeen.

Breek in fyn stukkies op.

Maak wit sous.

Maak die simba tjips fyn.

Bespuit vuurvaste bak met kossproei.

Sit laag witsous onder in bak.

Dan hoender stukke.

Dan simba tjips.

Maak meer as een laag as nodig.

Eindig altyd met witsous en simba tjips.

Bak in oond vir 1 uur/in mikrogolfoond op 100% krag vir ongeveer 10 – 15 minute.

Bedien warm voor.

hoender noedel gereg met simba skyfies

hoender noedel gereg met simba skyfies

 AARTAPPELSKYFIE HOENDER (SIMBA TJIPS)

1 hoender, in porsies gesny

sout en peper;

45 ml botter, gesmelt

2 knoffelhuisies, gekneus

1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies

Metode:

Plaas hoenderporsies met vel na bo in

gesmeerde oondskottel. Geur. Voeg die

fyn knoffel by die gesmelte botter en

bedrup hoender daarmee. Maak die

aartappelskyfies fyn en sprinkel oor

die hoender. Bak in voorverhitte oond

teen 200° vir ‘n uur.

*

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG (SIMBA TJIPS)

1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok

1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)

100 ml mayonaise

1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak

50ml gekapte vars pietersielie

2 eiers geklits

Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.

Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor

Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor

Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

*

HOENDER GEREG met kaaskrulle

1 kg Hoender

1 Pak groot kaaskrulle

2 koppies Melk

6 Eetlepels koekmeel

3 Teelepels Margarien/botter

1 Pak Macaroni

Knippie sout en vars gemaalde swartpeper vir smaak

Metode:

Verhit oond op 180°C. Oondvaste bak.

Maak die hoender gaar. Laat afkoel en ontbeen. Hou een kant.

Maak witsous van die melk, botter en koekmeel. Voeg sout en swartpeper by na smaak.Kook die Macaroni tot gaar.

Skep in lae van macaronni en dan hoender en krummel die kaaskrulle bo-oor die hoender. Laaste die witsous en gaan aan met lae. Heel laaste die witsous waar daar weer kaaskrulle op gekrummel word.

Bak in oond tot kaaskrulle half gesmelt het. Bedien op met lekker Griekse slaai.

*

HOENDERSTUKKE IN DIE OOND (Bedien warm of koud)

Rencia Odendaal Pretorius

Mayonaise hoender

Ek maak my hoenderstukke as volg: Pak hoender in platbak. Maak ‘n  sous met die volgende – mayonaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt en mosterd en so ‘n bietjie suurlemoensap – Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Sit foil oor en bak vir so  uur en ‘n half na 2 ure by 160grade C. Kyk na rukkie of jy nie die oond moet hoer stel nie. Dit hang af van die dikte van jou hoender en die hoeveelheid.-

*

MAYONNAISE HOENDER

Bestanddele Sous
1 blik (410 g) room van Sampioensop
125 ml – 250 ml Mayonnaise
5 ml Medium Kerriepoeier
Sap van ½ Suurlemoen

Bestanddele Hoender
1 Gaar Hoender, ontbeen en in stukkies gesny
1 kg Brokkoli of 300 g Sampioene

Metode
Meng al die bestanddele vir die sous baie goed. Meng stukkies hoender en brokkoli/sampioene. (Pasop om nie te veel te meng). Voeg sous mengsel by en meng effens. Strooi vars wit broodkrummels bo-oor en dan 250 g gerasperde cheddarkaas of parmesaan kaas. Bak in oond van 180 °C vir ¾ uur.

 *

BLADJANG HOENDER

Bestanddele
1 Hoender in stukke
250 ml Olie

Bestanddele – Sous
1 Gekapte Ui
1 k Tamatiesous
2 e Worcestersous
1 ¾ k Meelblom
250 ml Blatjang
40 ml Asyn
140 ml Water.

Metode
Plaas hoender, meelblom, sout en peper in sakkie en skud goed. Verhit olie in diep pan. Braai hoender tot bruin en sag. Verwyder hoender uit pan. Gooi olie uit pan totdat daar slegs 25 ml oor is. Voeg uie by olie en braai uie tot bruin. Voeg al die ander bestanddele by. Voeg hoender by. Sit deksel op pan en prut tot sous dik is.

*

GEBAKTE MAYONNAISE HOENDER

1 Hoender

1 Pakkie Bruinuiesop-poeier
250ml Mayonnaise
250ml Water
125ml Appelkooskonfyt/chutney
Verhit oond tot 180¤C. Sny hoender in stukke en rol in uiesoppoeier. Plaas stukke in oondvaste bak. Meng mayonnaise, water en konfyt. Geur met sout & peper na smaak en skep die mengsel oor hoenderstukke. Bak ongeveer 90minute tot gaar en goubruin

*

KARRINGMELK HOENDER

Madri Cordier
500ml Karringmelk
2kg Hoenderstukke
250ml Koue melk
Half pakkie wituiesop
Half pakkie hoenderroomsop
Half pakkie sampioensop
250 Gesnyde sampioene
1 Gekapte ui
Sout en gemaalde swartpeper
10ml Country garlic & herb spice (Robertsons) of mixed herbs
Sit hoender in oondbak en gooi sout en peper na smaak. Gooi die sampioene en uie tussen die hoenderstukke. Meng karringmelk, koue melk en soppe tot romerig. Gooi oor die hoenderstukke en bak in die oond @ 180 grade C vir 40-50 minute of tot gaar. Draai 1 keer om gedurende baktyd. As die sous gedurende baktyd te dik geraak het, roer dan half koppie melk in en meng goed. Bak dan verder.

*

PYNAPPEL HOENDER
(4 porsies)

1 ui, gehalveer en in skyfies gesny
25 ml (2 e) sonneblom- of olyfolie
1 kg hoenderporsies
50 ml (4e) blatjang
250 ml (1k) rou rys
750 ml (3 k) sterk tee
1 pakkie sampioensoppoeier
1 x 440 g-blik pynappelstukke
1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny

Braai ui en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en rys by en meng deur.
Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender.
Dreineer pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe.
Gooi pynappelstukke en soetrissie by.
Laat prut vir 10 min. tot net sag en geur na smaak met sout en swartpeper. ‘n Vullende maaltyd in een gereg.

*

HOENDER MET PYNAPPEL

Bestanddele:

1 teelepel gedroogde roosmaryn, fyn gedruk

Sout en peper

1 heel hoender, verdeel in stukke

10 tot 12 uie, dun gesny

1 k pynappelsap

2 teelepels fyn gekapte geblikte gemmer

4 snye pynappels, gehalveer

Metode:

Meng die sout, peper en roosmaryn. Vryf die hoenderstukke goed.

Sit die hoender in ‘n oondbak en besprinkel met die uie.

Meng die pynappel sap en gemmer en gooi oor hoender.

Bak, onbedek teen 180 C vir omtrent 45 min, of tot die hoender gaar is

Smeer nou en dan met die sappe terwyl dit bak.

Omtrent so 10 tot 15 minute voordat die hoender klaar is rangskik die pynappel skrywe bo-op die hoender stukke.

*

Uit Kos is op die tafel

HOENDER MET HEUNING EN PATATS

Lewer 4 porsies – aangepas vir twee mense

1 groot uie, gehalveer en in wiggies gesny

2 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
300 g patats met die skil, in groot blokkies gesny
1,5 kg heel hoender of 8 hoenderdye
60 ml (4 e) heuning
45 ml (3 e) suurlemoensap
30 ml (2 e)balsamiese asyn
6 dun repies suurlemoenskil
100 ml hoenderaftreksel
50 ml droë witwyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 takkies elk vars roosmaryn en tiemi

Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas ui, knoffel en patats in ’n groot oondpan en plaas die hoender in die middel, tussen die groente

Meng res van die bestanddele, behalwe roosmaryn en tiemie. Geur hoender en skink vloeistof oor. Sit die takkies kruie oral tussen die hoender en groente en bedek die pan met foelie

Rooster hoender 30 minute en verwyder die foelie. Skep van die sous bo-oor die hoender en groente en rooster nog 30 minute (sonder die foelie) of tot die hoender goudbruin en gaar is. (Porsies hoender sal binne 40 minute gaar wees.

Sit met koeskoes of vars brood en ’n slaai voor, indien verkies. Die patats kan ook as stysel dien en dus net so voorgesit word

Ontbeen die hoender terwyl dit nog louwarm/kamertemperatuur is, want dan kom die vleis makliker van die been af. Laat heeltemal afkoel en vries vir ’n volgende ete. Maak seker dat die stukkies vleis nie te fyn is nie, want dan droog dit maklik uit. Skink enige orige sous en groente oor die hoendervleis en vries saam met die vleis. Die vleis kan dan in ’n pasta of enige ander gereg gebruik word. Ontdooi die hoender oornag in die yskas. Bv Soteer ui, knoffel en soetrissie in ’n pan, voeg gaar rys by tot deurwarm en roer gaar hoender en bevrore ertjies by tot warm. Geur na smaak en voeg vars kruie na smaak by

Kook pasta van jou keuse en voeg ’n handvol broccoli-blommetjies of groenboontjies by die pasta vir die laaste minuut of twee van die kooktyd. Dreineer alles saam en plaas terug in die warm pot. Skink ’n bietjie olyfolie oor en roer enige orige sous, groente en dan die hoendervleis daarby. Verhit oor lae hitte en roer gereeld tot deurwarm. Roer ’n handvol olywe by, indien verkies

Kook penne of macaroni soos hierbo en roer die hoender en enige sous daarby. Voeg ’n halwe blikkie suikermielies by en rasper ’n bietjie kaas bo-oor. Die suikermielies bind die pasta saam en dis ’n lekker manier om ’n vinnige macaroni-en-kaas-idee te maak, sonder dat dit melk en meel in het en jy het nie nodig om dit in die oond te bak nie.

*

HOENDER NUGGETS

Lewer 4 – 6 porsies

Maak dié groot kindergunsteling self by die huis. Dis maklik en gesonder as die wegneem-weergawe. Sit die hoender op verskillende kreatiewe maniere voor.

100 g (180 ml) koekmeel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml cayenne-peper, paprika, cajun speserye of gedroogde kruie van jou keuse, bv. gemengde kruie, tiemie of origanum
40-60 ml olyfolie
500-750 g hoenderborsfilette, in happie-grootte blokkies gesny

Meng die meel, sout, peper en geurmiddels van jou keuse in ’n vlak mengbak of groot bord. Maak seker dat die mengsel genoeg sout en peper bevat.

Verhit 10-15 ml van die olie oor matige hitte in ’n braaipan. Plaas intussen ’n kwart van die hoenderblokkies in die meelmengsel en skud die houer of rol die blokkies tot dit heeltemal met meel bedek is. Skud oortollige meel af en plaas in die warm olie.

Braai hoender alkante tot goudbruin en net gaar, maar steeds sappig. Dit behoort nie meer as 5-10 minute te neem nie. Skep uit en hou eenkant warm.

Herhaal met orige hoender en meel in sarsies en voeg nog olie by, soos nodig. (Moenie die hoender te lank in die meel laat lê nie.) Geur hoender na smaak, indien nodig.

Sit hoender op kapokaartappels, pasta of met geroosterde aartappelwiggies en slaai voor. Sit die hoender vir kinders met ’n soetsuur-, soet brandrissie- of tamatiesous voor. Vir die grootmense kan gekaramelliseerde uie (sien bladsy xx slaai) lekker wees.

Laat die kinders hul eie kebabs met die hoenderblokkies, kersietamaties, stukkies komkommer of ander slaaibestanddele op kebab- of sosatiestokkies ryg. Selfs tandestokkies kan lekker werk.

*

 BLADJANG ROOIBOSHOENDER

Resep van Cooking from the heart
Lewer 4 – 6 porsies

6-8 hoenderporsies, bv boudjies en dytjies

1 groot ui, gehalveer en in skyfies gesny
1 k (250 ml) ongegeurde laevet-jogurt
½ k (125 ml) goeie gehalte blatjang (lees die etiket)
½ k (125 ml) Rooibostee of lemoensap
½ t (2,5 ml) sout
2 t (10 ml) mielieblom, met ‘n bietjie water tot ‘n pasta gemeng

Voorverhit oond tot 180 °C.

Trek die vel van die hoenderporsies en sny enige oortollige vet af. Omdat die sous oor die hoender geskink word, sal dit nie uitdroog nie, maar wel heelwat gesonder wees.

Plaas hoender en ui in ‘n oondbak. Meng jogurt, blatjang, tee of sap, sout en mielieblompasta en skink oor die hoender.

Bak vir 30-45 minute of tot goudbruin en gaar, maar nie droog nie.

Sit met bruinrys of kapokaartappels en groente voor.

Wenk
Varktjops, met die oortollige vet verwyder, kan op dieselfde manier gaargemaak word. Voeg blokkies botterskorsie by die vleis en bak so saam in die sous.

*

HOENDER EN TAMATIE – OONDGEBAK

Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas die volgende bestanddele saam in ’n groot oondbak. 2 Uie, in wiggies gesny; 1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny; 250 g sampioene, in kwarte gesny en 8 hoender porsies, bv. dye en boudjies.Giet 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties, 60 ml (¼ k) droë witwyn of hoenderaftreksel, 30 ml (2 e) balsamiese asyn oor. Voeg ’n handvol gekapte vars roosmaryn en tiemieblare en 10 swart olywe, ontpit en gehalveer by. Skep van die sous oor die hoender om dit daarmee te bedek. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper en bak 45-50 minute of tot hoender gaar en goudbruin is. Sit met koeskoes of kapokaartappels voor.

*

LEMOENHOENDER

Lewer 6 – 8 porsies

Hierdie eenpotgereg is sommer ’n manier om krag te bespaar en lemoene is nog maklik beskikbaar en in seisoen.

8 hoenderdytjies en –boudjies, oortollige vet en vel verwyder
10 ml (2 t) olyf- of avokado-olie, indien nodig
1 groot ui, in dik skywe gesny
125 ml (½ k) rooibostee
125 ml (½ k) lemoensap
4 lemoene, geskil en gesegmenteer en witgedeeltes verwyder
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
6 takkies vars tiemie of roosmaryn
1 lourierblaar
2 middeslag patats, met die skil in blokkies gesny
30 ml (2 e) mielieblom, met water gemeng om ’n pasta te vorm
sout en peper

Verhit ’n groot braaipan en braai hoender alkante tot goudbruin, maar nie gaar nie. Skep uit en hou eenkant. Gebruik ’n bietjie olie as dit nodig is.

Braai ui in dieselfde pan vir ’n paar minute en roer orige bestanddele, behalwe die hoender, patat en mielieblom, by. Bring tot kookpunt oor matige hitte.

Verlaag hitte en voeg patats en hoender by. Geur liggies na smaak en prut met ’n deksel vir 45 minute of tot hoender gaar, maar nie droog is nie.

Roer mielieblompasta by en laat ’n paar minute prut om die sous te verdik. Geur na smaak en sit warm voor met ’n klein porsie bruinrys.

*

PROVENSAALSE HOENDER

Uit Kos is op die tafel
Lewer 4 – 6 porsies

15 ml (1 e) olyfolie
6-8 hoenderdye
125 g sampioene, in skyfies gesny
1 groot rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
15 ml (1 e) gedroogde tiemie
10 ml (2 t) balsamiese asyn
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
12 swart olywe, ontpit en in kwarte gesny (opsioneel)
30 ml (2 e) gekapte vars Italiaanse pietersielie

Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot kastrol en braai die hoender met die velkant eerste, aan beide kante, tot goudbruin. Skep hoender uit en hou eenkant.

Plaas sampioene en soetrissie in die kastrol en soteer ’n paar minute. Voeg tamaties, tiemie, asyn en bruinsuiker by en roer deur. Skep die hoender terug, roer deur om dit met sous te bedek en geur na smaak.

Verlaag hitte, sit die deksel op en prut die hoender 40-45 minute of tot net gaar.

Roer olywe by en geur na smaak. Sit op koeskoes, polenta of pastarys voor en garneer met pietersielie. Of geniet dit saam met vars brood om die sous mee op te vee.

Berei dubbel die resep en vries helfte vir ’n volgende ete.

*

KERRIEBOTTER HOENDER:

8 hoenderdye, vel verwyder

sap van een suurlemoen

15ml masala

sout en vars gemaalde swartpeper

60ml olie

2 uie, in dun skywe gesny

1 soetrissie, in repies gesny

10 ml komynsaad

10ml vinkel

4 kardemomsade

2 stukke pypkaneel

4 vet knoffelhuisies, gekneus

1×2.5cm vars gemmer, fyngekap

5ml borrie

2 suurlemoen- of lourierblare

2 groen brandrissies, fyngekap

6-8 vars, ryp tamaties

45ml tamatiepasta

50ml botter

vars koljander vir garnering

Vryf suurlemoensap oor hoenderdye. Sprinkel masala oor hoenderdye en geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Bedek en laat eenkant staan vir 30 minute. Verhit helfte van olie in ‘n kastrol en braai hoenderdye aan albei kante tot liggies verbruin. Verwyder hoender en hou eenkant. Verhit oorblywende olie in dieselfde kastrol en soteer ui en soetrissies oorl lae hitte tot baie sag. Voeg komynsaad, vinkel, kardemomsade, pypkaneel, knoffel, gemmer, borrie, suurlemoen blare en brandrissies by. Roerbraai om geure te laat ontwikkel. Sny ‘n kruisie deur die skil van die tamaties grof. Voeg by uie en soetrissies in kastrol saam met tamatiepasta. Bring tot kookpunt en prut vir 10 minute. Plaas hoender terug in kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir sowat 35- 40 minute stadig totdat vleis sag is en amper van die bene wil afval. Roer botter by.  Proe en geur. Indien nodig kan ‘n bietjie bruinsuiker bygevoeg word. Sprinkel koljanderblare oor net voordat gereg voorgesit word.

*

KERRIE HOENDER

Uit wenresepte 2000

1 heel hoender
sout
1 ui,in ringe gesny
5 ml olie

kerriemengsel

12,5 ml – 2 ½ t matige kerriepoeier
5 ml borrie
12,5 ml vrugte blatjang
12,5 ml olie
10 ml suiker
5 ml asyn
Voorverhit oond tot 180°C.
Maak die hoender goed skoon en sny dit deur die borsbeen oop. Vryf goed met sout van buite en binne in. Plaas die hoender in `n baksakkie en vlek dit oop sodat dit plat lê.
Soteer die ui in verhitte olie tot glansig en skep in die holte van die hoender.
Meng al die bestanddele vir die kerriemengsel en giet dit in die baksakkie. Skud die baksakkie goed totdat die hoender heeltemal met die kerriemengsel bedek is. Plaas die hoender in `n vlakkerige oondskottel en bak 1 – 1 ½ uur lank of totdat dit gaar is. Daar moet nog `n bietjie sous in die sakkie oor wees. Draai die hoender die laaste kwartier om.
Sit voor met gemengde groente, Kerrie-aartappels en blatjang.
Genoeg vir 4-6 mense

*

GEURIGE KERRIEHOENDER

 1 ui gekap

Olie

10 ml kerriepoeier

2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny

250ml rooiwyn

80ml blatjang

25ml appelkooskonfyt

1 kg fyn gaar hoender

250ml mayonnaise

50ml room

soteer ui in ‘n klein bietjie olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai og sowat 1 minuut. Voeg die tamatie, rooiwyn, blatjang en appelkooskonfyt by en laat sowat 10 minute prut. Meng dan die fyn hoender asook die maynnase en room by en verhit tot lekker warm. Skep in klaar bereide fillobakkies, indien verkies of dien op oor rys. Kan ook koud as slaai bedien word. Genoeg vir 4 – 6 mense

*

CHICKEN A LA KING

Gaargekookte hoender (ontbeen en gevlok) Oorskiet hoender hier werk baie lekker

1 Groenpeper (ontpit) in blokkies

1 Groot gekapte ui

6 Snytjies ham in blokkies (opsioneel)

Olie

2 Eetlepels margarien

250g sampioene gesny

1 Pakkie sampioensop

1 Pakkie hoenderroom sop

1 Pakkie wituie sop

500ml koue water

500ml koue melk

10ml mixed herbs

Sout en gemaalde swartpeper

500g spaghetti (gaargemaak)

6 Snye witbrood (sonder korsies) in blokkies

Braai uie, groenpeper en hamblokkies en sampioene in olie en margarien. Voeg speserye by. Gooi hoender by en roer vir 2 minute. Meng melk en koue water en soppe en gooi by. Bring tot kookpunt. Roer broodblokkies en spaghetti by en prut vir 5 minute. Bedien op rys.

*

KORSLOSE HOENDERPASTEI

Bestanddele
1 Hoender
2 Eiers
¼ k Mayonnaise
1 k Gekookte rys
2 Pakkies Simba chips
1 Steel Selery
1 blikke room sampioene sop
1 Pakkie sampioen sop
1 Ui
1 k Ertjies
Hoender aftreksel
Melk en water
Gerasperde Kaas

Metode
Kook hoender en sny in fyn blokkies. Kook eiers hard en sny fyn. Druk Simba chips fyn. Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water. Kap ui fyn en braai in botter. Meng alles behalwe aftreksel saam. Plaas in oondbak. Indien te droog voeg hoenderaftreksel by. Strooi gerasperde kaas oor. Baak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.

Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word. Ontdooi en bak dan soos bo beskryf. Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.

*

SUPER MAKLIKE HOENDERPASTEI A LA RENS

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok

250gr gram spek (opsioneel)

Hoenderspeserye, fyn naeltjies,garlic,  peper en sout

1 of 2 uie gekap
250 g sampioene in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier

1 pakkie Chicken a la king – cook in sauce

1 koppie veggie mix

1 liter melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarin
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Braai uie, spek en sampioene. Gooi die groente in en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels in en laat net effe kook – voeg die speserye by en hoender. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of bietjie meel as jy sien mengsel is te dun.

Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor en bak in vooraf verhitte oond vir 30 na 45 min by 180 grade C of tot ligbruin.

*

HOENDERPASTEI

‎(4 – 6 porsies)

1 gaar hoender
15 ml botter
3 knoffelhuisies, fyngekap
6 klein preie, in dik skywe gesny/leeks
250 ml room
4 klein Mediterreense aartappels, gaar en skil verwyder
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 vel blaardeeg (400 g)
1 eier, geklits
Verwyder die vleis van die hoender. Besluit self of jy die vel wil bysit – ek dink persoonlik dis die lekkerste deel van die hoender. Smelt die botter in ’n pan en braai die knoffel en preie saam tot sag. Meng die hoender, preie en aartappels in ’n groot mengbak. Gooi die room oor en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Plaas die blaardeeg op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer die deeg met die geklitste eier. Stapel nou die hoendermengsel in die middel van die blaardeeg op. Los so ’n 4 cm-rand oop. Vou die 4 cm-deeg om die hoender. Smeer die rand van die deeg met nog geklitste eier. Plaas in ’n warm oond teen 200 °C vir ongeveer 45 minute sodat die deeg gaar en mooi bruin word. Garneer met vars roosmaryn.

*

 HOENDERPASTEI

‎80 ml olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 uie, grofgekap
2 suurlemoene, gehalveer
2 heel hoenders
500 ml groenteaftreksel
45 ml botter
250 g wit sampioene
250 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
500 g blaardeeg
1 eier
Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie in ‘n groot pot. Voeg knoffel en uie by en braai liggies tot goudbruin. Druk halwe suurlemoene in hoenders en braai in warm pot tot goudbruin. Gooi hoenderaftreksel by. Maak pot toe en plaas in warm oond. Bak vir 2 uur of tot die vleis van die been loskom. Vlok vleis van karkasse af en hou eenkant. Gooi alle pansappe by gevlokte hoender. Verhit botter in ‘n braaipan en braai sampioene tot goudbruin. Voeg hoender by en braai nog 5 minute. Gooi room oor en laat stadig prut tot mengsel dik en romerig is. Geur goed met sout en swartpeper. Gooi in ‘n oondvaste bak van 30 cm. Rol blaardeeg uit en sny sowat 2 cm groter as bak se rand. Plaas op hoender. Sny woorde of vorms uit orige deeg en sit bo-op. Verf met eier en bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

*

HOENDERPASTEI MET RYS

1kg hoender

250ml mayonnaise

250ml gaar rys

2 hardgekoote eiers

1 pakkie roomsampioensop

1 pakkie hoenderroomsop

1 pak tamatie chips of beacon kips of skilferkorsdeeg

Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie. Maak fyn en haal al die beentjies uit. Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850ml is. Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C. Maak chips of beacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min- of sit skilferkors bo-op en bak tot gaar en goudbruin.

Bedien saam met lekker vars slaai

*

HOENDER LASAGNE

Bestandele:
12 velle lasagne
1 EL olie
1 Ui in skywe gesny
100 g Sampioene, in skywe gesny
2 TL gemaalde gemmer
1 TL nutmeg
3 bay leaves
Sout en peper na smaak
3 gaar hoender porsies, (ontbeen en vel, en in stukkies gesny)
1 EL mazina
450 ml melk
150 ml Griekse Jogurt
100 g gerasperde Cheddar

1. Kook die lasagne in sout water tot sag. (‘n Bietjie olie in die water sal keer dat die velle aan mekaar vasplak).
2. Maak die olie warm in ‘n pan, en braai die uie tot sag.
3. Gooi die sampioene by, en braai vir ‘n verdere 3 minute.
4. Gooi die speserye, bay leaves, sout en peper by, en roer deur. Voeg dan die hoender by.
5. Meng die mazina en melk goed, en gooi dan by die hoender in die pan. Bly roer totdat die sous dik word.
6. Haal die lasagne uit die water, en plaas dit oop op kombuisrol om al die extra water te verwyder.
7. Plaas dan die lasagne velle en hoender mengsel in lae in ‘n oondvaste bak (ek hou daarvan om met ‘n laag lasagne te begin en eindig).
8. Meng die Jogurt en kaas, en smeer bo-oor die laaste laag.
9. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200C vir 30 minute, of totdat die kaasmengsel bo-op mooi bruin gebraai is.

*

HOENDER FILETTE

Rencia Odendaal  Pretorius

Bedien met mayo mash en lekker mengelslaai of roast butternut

Sit jou oond aan op 180grade C

Filette – hou net so of butterfly as baie dik is

Broodkrummels of fyngedrukte provitas en kellogs flakes met jou keuse van speserye bv sout peper ,tiemie, roosmaryn ens

Eiers geklits

Druk filette in krummels – dan in eiers en dan weer in meel

Sit in yskas vir tenminste 15 min

Maak pan WARM met net genoeg olie om bodem te bedek. As jy die filette insit moet dit dadelik begin bak. Jou olie moet nie koud wees nie.

Sit filette in pan en los vir ongeveer 5 min tot self loskom van die bodem en dit bruin is

Draai filette om en los vir so 3 tot 4 minute Jou hoender behoort nou 95% gaar te wees.

Spuit nou lekker suurlemoensap oor alles – wag so 30 sekondes draai om

Haal uit en sit in bakplaat en gee rustyd van tenminste 5 min

Sny ‘n paar kersie tamaties in helftes, ui fyn gekap, vars klein pietersielie, spinasie blare, peppers fyn gekap – geel, rooi en groen, mushrooms

Gooi in warm pan met net paar druppels olyfolie, – roerbraai dit net vinnig vir so ‘n minuut of 2 met bietjie balsamic vinegar, dit moet net warm wees en geskroei wees. Moenie dit pap braai nie

Nou sit die tamatie mengsel bo-op die hoender filette

Rasper nou mozzarella kaas en sit bo –op elke filette

Sit in oond vir omtrent so 6 minute – net tot kaas oor die hoender filette gesmelt is.

Skep nou die kapokaartappels  in die middlel, en sit die filette bo-op die mash, skep die slaai in, of pampoen en bedien dadelik

Snoek oor die kole


Snoek-Foto Chef's Kitchen

Snoek-Foto Chef’s Kitchen

Snoek oor die kole

30 ml heuning
15 ml tiemie, gekap
5 ml fyn kaneel
30 ml olyfolie
7 klein patats, gehalveer
45 ml appelkooskonfyt
100 ml botter
2 knoffelhuisies, gekap
sap en skil van 2 suurlemoene
800 g snoekfilet, vars of bevrore
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
appelkooskonfyt vir brood

Verhit oond tot 200 °C. Meng heuning, tiemie, kaneel en olie. Plaas patats in ‘n oondvaste bak en gooi heuning-mengsel oor. Bedek bak met tinfoelie en bak vir 25 – 30 minute of tot sag en gaar.Meng konfyt, botter, knoffel en suurlemoensap en -skil in ‘n klein potjie. Plaas oor lae hitte en smelt alles saam. Plaas snoek op ‘n toeklap-rooster wat gespuit is met kleefwerende sproei. Maak 6 snye in die vis se vel en verf met die bottermengsel. Plaas die vel-kant eerste oor die warm kole en braai stadig vir 5 minute. Verf met die botter-mengsel terwyl dit braai en draai om. Herhaal totdat die vis goudbruin en gaar is – sowat 15 – 20 minute. Sit warm vis saam met patats, stokbrood en appelkooskonfyt voor.

Snoek oor die kole

Maureen Van Helden

1 vars snoek, oopgevlek
Sout na smaak
3 suurlemoene se sap
250 g botter
Varsgemaalde swartpeper

Blatjangsous vir snoek:
100 ml blatjang
375 ml botter
10 ml Worcestershiresous
10 ml kookolie
60 ml appelkooskonfyt
2 knoffelhuisies, fyngedruk
75 ml suurlemoensap

Spoel snoek af en laat winddroog word. Strooi sout oor snoek indien ongesout. Verhit die res van die bestanddele saam tot die botter gesmelt is. Braai die snoek met die velkant na onder in ‘n toeklaprooster taamlik hoog bo die kole. Draai na ‘n kort rukkie om net om die snoek droog te maak. Draai dan kort-kort om en smeer goed met suurlemoenbotter. Moenie langer as 20 minute braai nie.

Blatjangsous vir snoek:
Verhit al die bestanddele, behalwe suurlemoensap, saam tot kookpunt. Verwyder van hitte, roer suurlemoensap in en smeer oor snoek terwyl dit gebraai word.

Pampoen (idees van lede om pampoen bietjie op te kikker)


 

pampoen6

Henriette van Eck Ek sit bietjie fyn ui in en kaneel.

Babsie De Beer Ek braai my pampoen ook in botter, maar in swart yster pot. As die pampoem sag is gooi ek bietjie bietjie bruin suiker by terwyl dit nog braai, tot lekker soet.
En dan brand ek dit aspris so effens aan en dis was die ekstra spesiale tameletjie smaak maak.

Rounel Siecker Sny dun skyfie ui by die kook proses

Hanelie de Bruin Botter en bruinsuiker is die groot geheim. vergeet van gesond eet en gooi daai botter en suiker!

Jutta Martin Jy gebruik die verhouding 1 tot 2 botter en suiker – laat dit karameliseer. Gooi pampoenstukkies in met klein bietjie water en kaneel. Heerlike soetpampoen.

Annalize Burger Pampoen isi meer dieselfde nie Ek maak gaar dan roerbraai ek in botter en baie suiker met kaneel Heupekos op sy beste!

Sarie Vermaak Net voor gaar,gooi ek n teelepel karamel essens in.

Debra Ann Brink Cinnamon and butter

Tilly Neethling Bekker hier n boere resep. skil papoen en gooi in kastrol voeg bietjie olie en lekker baie suiker by. jy kan heel kaneel of kaneel poeier by voeg sprinkel net bietjie bo-oor. sit die deksel op en laat dit self vog maak. as papoen gaar is haal deksel af en laat droog kook. daar daan bietjie olie in pot wees braai nou papoen maar staan by pot sodat dit nou nie aanbrand nie. ek hoop jy gaan lekker papoen eet. jy weet ek koop altyd die papoen met die growwe groen skil. dit vries baie
lekker en ek gooi dit net so gevries in my pot en kook soos ek nou gese het, of vars papoen

Magda Labuschagne Gooi die water af as hy gaar is en voeg botter en baie suiker en bietjie kaneel by.

Sanet Terblanche Liqui-fruit sap. Veral pynappel, perske of lemoen

Rika En Heinrich Fuchs Ek het al pampoen gaargemaak sonder te veel suiker en as dit amper gaar is sit jy n blikkie guavas in pitte en al. Dis baie lekker.

Wicus Caroll-Ann Mienie Sit n hele pampoen in n driepoot pot. Sny net bo n gat oop, gooi mielies en kondensmelk en laat stadig kook.

Wanda Calitz-De Villiers Stem saam smelt botter gooi pampoen by strooi met karamelsuiker. Kook oor lae hitte, maar geen water. Kan altyd laastens stroop by sit.

Lolieta Ferreira as jy marshmelows bu die pampoen sit is dit jammies

Amanda Burger Net botter en genoeg gouestroop, bietjie sout en geen water. Prut op lae hitte.

Merenza Brand Sny butternut is skywe. Pak in bak. Plaas klontjies botter bo-op. Strooi bruin uiesoppoeier bo-oor en bak in oond tot gaar.

Hester Myburgh Ek gebruik room net vir spesiale geleenthede. Ek gooi die room saam met botter en suiker in. Laat dit lekker met mekaar trou dan gooi jy jou pampoen in, simmer op stadige hitte tot gaar en die room suiker en botter lekker ingetrek het en gekarameliseer het. Dis heerlik

Amelia du Buisson Gebruik die vloeistof in die onderkant en meng met n bietjie vla poeier en bietjie bruin suiker, gooi dit oor die pampoen en kook deur, dit is ook lekker op patats wat in die lengte deur gesny is wanneer dit gekook word.

Shani Swart mikrogolf pampoen tot sag, maar moet nog ferm en in blokkies of skywe wees.voeg dan by gaar aartappel soos vir potato bake.meng pb poeier met room of melk, giet oor aartappel en pampoenblokkies.bak in oond v 20 minute.baie lekke!

Izette de Klerk Gooi baie Rama en proeproe hoeveel suiker. Ek gooi bruinsuiker

Kathleen Hartley Naude Vat groot pampoen sit in swart oondpan, sny gat bo in. Haal pitte uit smeer binne met margarine en suiker . Smeer buitekant van pampoen met olie. Sit dekseltjie terug op pampoen , sit in oond bak 180 grade 2-3 uur. Verdik sap van pampoen. Gooi oor skywe pampoen . Lekker eet .

Lorett Brittnell Ek kook pampoen soos groenboontjies met gebraaide uie en aartappel. lekker groot klont botter met baie sou en peper

Annatjie Els Ai my man is ‘n diabeet… bak in oond met veggie spice of net aromat… net so in skil/ butternut halveer of geskil in blokkies met bietjie olie. jy kan dit ook net so opkook met bietjie sout… dit is nogal lekker soet…julle resepte laat my mond water

Jenifer Mopley Ek skil my pampoen was dit af en hou eenkant dan gooi ek bietjie kookolie in pot maak bietjie warm gooi suiker in en skroei bietjie tot dit lyk soos tamaletjie( ligbruin) dan gooi ek my pampoen in met my kaneelstokkies , suiker ,sout kook dan soos gewoonlik geen water wnt dit trek self water en dis dit roer so nou en dan dat dit nie aanbrand nie

Stienie Schoeman Gooi pleks van suiker toffie lekkers waar van jy hou in

Arina Van Zyl Smeer dagoud of nog ouer brood lekker dik met botter sny in blokkies en sit tussen pampoen blokkies. Voeg bietjie water botter of olie en suiker by. Kook stadig tot sag

Elena Lean Gooi bq gemmer by. Heerlik!

Renette Boshoff Ek kook pampoen tot dit sag is dan, dan gooi ek die oortollige water af en dan roerbraai ek dit met botter en suiker in, dan meng ek bietjie vlapoeier met klein bietjie melk en roer dit by die soetpampoen.

Sonja Jordaan Kook stadig in min water,botter en suiker en bietjie vars room sodra dit gaar is. Proe soos poeding!

Dedre Naude Ek gooi glad ni my pampoen in water as ek di skil en in blokkies sny ni. Dan smelt ek my botter(rama) 1 x 75g in my pot. Dan strooi ek bruinsuiker by botter. Laat taai tammaletji vorm en voeg da bietji vi bietji di pampoen in. Roer versitig tot gaar.

Elize Van Zyl Louw Sit rosyne by saam met die kaneel en bruinsuiker of stroop.

Priscilla van Aswegen Braai fyngekapte ui met 5ml kerrie tot uie gaar is, strooi oor pampoenblokkies, rooster in oond met canola olie

Jarkie Roos In ‘n pot met botter oor LAE hitte. Nie ‘n druppel water nie! Toets met mespunt of die skywe regdeur gaar is. Strooi dan bietjie bruinsuiker oor. Laat die pampoen aanbrand tot bruin, en draai dan die skywe om en laat weer bruin aanbrand. As die botter in die pot opdroog (deur die pampoen absorbeer word) voeg nog botter by! Heel laaste, strooi kaneel baie liggies en min op, los nog so 5 min in die pot, en verwyder dan van die hitte. Belangrik: MOENIE die pampoen “mash” nie, los dit net so in skywe!

Jarkie Roos As dit die blouskil pampoen is (my gunsteling) moet dan op geen stadium ‘n deksel naby daai pot bring nie! As dit Hubbard Squash is (growwe skil) sit die deksel op vir die eerste 20 minute, want hierdie tipe pampoen het minder van sy eie vog.

AUBERGINE/BRINJAL/EIERVRUG Resepte


Eiervrug

Eiervrug

AUBERGINE/BRINJAL/EIERVRUG
Lizel Erasmus Oe heerlik jy kan dt in ‘n deegie braai (eier en meel) saam ontbyt of dit braai met ‘n uie en tamatie smoor met lagies kaas tussen in heerlik
Mariane Kapp Haasbroek Sny eiervrug in helfte. Hol elke helfte uit soveel jy kan. Sny in klein blokkies. Meng blokkies met blikkie geroomde mielies (sweet corn). Sout en peper na smaak. Plaas terug in doppe. Gerasperde kaas bo-oor. Bak in oond (180) tot kaas mooi ‘crispie’ is. Njam-njam!
Charmaine Van Staden Hi ek skil myne en sny dit in die helfde en haal so bietjie van die pitte uit,mens kry tog nie als uit nie. Mens sal dan niks eiervrug oor he nie.Sny dit in lekker dunnerige skywe.Dan gooi ek dit sout en los dit tot ek sien dit het lekker gesweet. terwyl dit staan en sweet maak ek n lekker souserige mince. Spoel jou eiervrug af dat al die sout af is. Pak jou eiervrug en mince in lae in n oondbak en maak toe met tinfoil en maak gaar in oond tot eiervrug gaar is.Strooi kaas oor en sit terug in die oond sonder die tinfoil smelt die kaas en daar het jy n lekker gereg. Of jy kan die mince binne in die eiervrug skep en toedraai in tinfoil en bak tot gaar en sag en dan die tinfoil oopmaak en kaas op strooi en smelt.
Mariane Kapp Haasbroek Of sny eiervrug in wieletjies. Doop in eier-en-meel-mengsel (soos vir vis). Braai in pan. Maar dit moet verkieslik dadelik geeet word.
Amanda Gerber Al jul resepte klink heerlik. Ek is self bja lief daarvoor.
Gertruida Swanepoel Baie interresante idees! Ek weet dat my ma dit dieslfde as patats maak!
Liza Holder As jy dit net gewoonweg in die pan braai met `n klein bietjie olie (die pan moet omtrent net gesmeer wees) moet jy dit in die lengte deur in skywe sny en gooi net bietjie sout en peper. Moenie ronde skywe sny nie, want dan suig dit al die olie op.
Liza Holder Ek wou nou net sê dat dit dieselfde as patats gedoen kan word. Jy kan dit ook in krummels rol en braai.
Jansie Rogers Dit is heerlik as jy dit maak soos vis bedek met krummels en bak in oond.
Louise Groenewald Ek vind dat dit glad nie nodig is om die mooi jong kleintjies met sout te sprinkel en te laat staan voor die tyd nie, dis nie bitter nie, ek doen dit net met die wat baie groot is. Ek braai dit nooit in die pan nie, want dis soos ‘n spons en suig te veel olie op (persoonlike keuse). Dis vir my heerlik saam met die ander groente as ek oven roasted veg maak.Ek maak ook patee van eiervrug, baie lekker.
Roenell Muller Maak dit soos ek knoffel aartappels maak- pak skywe en gooi room en knoffel oor met gerasperde kaas! Bak tot gaar! Of pak die skywe lae met uie en tamatie tussen in rasper kaas oor en bak in oond tot gaar.
Maak lasagne soos altyd, maar in plaas van lasagne strips, plaas lae dun gesnyde eiervrug en bak dan in die oond. Dis heerlik.
Irma Botha Lottering Ek het by my vriendin (‘n Griek) geleer om dit rou te eet – sny in skywe, sprinkel met suurlemoensap (help dat dit nie verkleur nie) sout en peper. Vir my is dit heerlik en sal dit nie sommer weer gaar eet nie. Ek gaan dit beslis in ‘n mengelslaai ook probeer – behoort heerlik te wees.
Sasha Kossmann Skil en sny in dik skywe,gooi dik sout en laat le v 20min,(dit trek di bitter uit) was baie goed af en druk droog en squish effens tussen handpalms(daar moet bietji water uitkom) dan smelt jy so halwe blok botter in so 100ml olie en deepfry tot alby kante goudbruin is,dreineer op towellroll. Eet warm.
Rina Fourie Soos hier bo en maak dit soos vis gaar rol is geklitste eier en meel hulle vries ook baie goed so en kan later dan ondooie en warm gemaak word.

Mousaka

1 Groot ui, gekap

37,5 ml ( 3 e ) margarien of olie

500 g gemaalde vleis

125 ml ( ½ k ) meelblom

25 ml ( 2 e ) tamatiepasta

10 ml ( 2 t ) suiker

125 ml ( ½ k ) kouewater

10 ml ( 2 t ) gekapte pieterselie

Sout en peper na maak

1 middelmatige eiervrug

25 ml ( 2 e ) olie

375 ml ( 1 ½ k ) melk

5 ml ( 1 t ) suurlemoensap

1 eier

250 ml ( 1 k ) gerasperde skerp cheddarkaas

Braai die ui in 12,5 ml ( 1 e ) margarien in `n kastrol tot dit deurskynend is.
Voeg die vleis by, roer en braai omtrent 5 minute lank.

Roer 12,5 tot 25 ml ( 1 tot 2 e ) meelblom daarby en kook dit nog 2 minute
lank.

Meng die tamatiepasta, suiker en water en roer dit by die vleis. Geur met sout
en peper na smaak. Sit die deksel op en kook dit 15 min. lank stadig.

Skil en sny die eiervrug in skywe of blokkies en braai dit 10 min. lank in die
warm olie.

Sit die vleis en eiervrug in lae in `n kasserol.

Maak `n witsous van die orige meel, margarien en melk en geur dit met sout en
peper na smaak. Voeg die suurlemoensap en 187 ml ( ¾ k ) gerasperde kaas
daarby. Klits die eier en roer dit ook by.

Gooi die kaassous oor die vleis en strooi die orige kaas daaroor.

Bak dit 30 tot 35 min. lank by 180 C ( 350 F ) tot dit mooi bruin is bo-op.

L.W. Die eiervrug kan met skyfies aartappel vervang word.

Eiervrug Blatjang-Bron onbekend

Eiervrug Blatjang-Bron onbekend

Eiervrug Chutney

3 Groot eiervrugte. 6 uie. 6 tamaties. 1 groenrissie. 5ml sout. 250ml olie. 4 kop suiker. 750ml asyn. 30ml kerrie. 15ml Borrie. 45 ml mazena. Skil en sny eiervrug in blokkies. Besprinkel met sout,laat staan 30min.Spoel af.Braai uie,tamatie en soetrissie tot sag.gooi eiervrug by.Voeg suiker,en res van bestanddele by.Kook tot eiervrug sag en amper weggekook is en dik en geurig is.Bottel warm

Ongekookte Eiervrugblatjang

1 eiervrug van nagenoeg 500g
1 middelslag ui
3 knoffelhuisies
1 groen brandrissie
30ml olyfolie 125ml fyngekapte pietersielie
50ml suurlemoensap
2ml sout
Knippie rissiepeper
METODE:
Prik die eiervrug met ‘n toetspen. Plaas dit op ‘n bakplaat en rooster dit nagenoeg 45min lank 10cm onderkant ‘n warm rooster element in die oond totdat die skil verkool is, draai die eiervrug dikwels om. Laat dit afkoel. Skep die vleis uit en gooi die skil weg. Skil die ui en knoffel en kap dit op. Ontpit die brandrissie, soteer die ui, knoffel en rissie in die olyfolie totdat die ui sag is en roer die mengsel gereeld. Verpulp die uiemengsel en eiervrug saam met die pietesielie en suurlemoensap in ‘n voedelverwerker. Roer die sout en rissiepeper by. Skep die blatjang in ‘n ditge houer en bewaar dit in die koelkas.
*Lekker resepte vir die jongergeslag)

Brinjal Chutney:

1 big brinjal
a big ball of tamarind
2 tsp grated jaggery or sugar
a pinch of turmeric powder
2 tsp chopped coriander leaves

For the seasoning
2 tsp oil
1 tsp urad dal (black gram dal)
1/2 tsp mustard seeds
1/2 tsp fenugreek seeds
a pinch of asafoetida
4 red chillies
4 green chillies
salt to taste

Method to make Brinjal Chutney:
1. Smear the brinjal with oil and roast over a direct flame till cooked.
2. Remove the skin and mash the brinjal.
3. Heat oil and fry ingredients for the seasoning.
4. Grind the tamarind, grated jaggery, turmeric and the fried ingredients with the mashed brinjal and the chopped coriander leaves thoroughly.
5. Serve garnished with chopped coriander leaves.

Slow cooker (idees en probleem oplossings) Kerrie resepte


EK WIL MET DIE PLASING – LEDE HELP WAT SUKKEL MET HULLE SLOW COOKER.

Ons bespreek ‘n paar vinnige MOETS EN MOENIES

Dit is so maklik en gerieflik. As jy dit eers een keer onder die knie het, sal jy wonder hoe jy sonder jou slow cooker oor die weg kon kom.

JOU SLOW COOKER SAL NIE ONTPLOF NIE, NIE JOU KOS BRAND NIE, DIE HUIS AAN DIE BRAND STEEK NIE,JOU KOS SAL NIE ROU WEES NIE  en as jy kos te pap is, maak sop !!!!

‘n Paar punte om te onthou as jy met jou slow cooker werk.

Moenie te veel water ingooi nie, anders is jou gereg een hoop pap gekookte gereg. Mens gebruik altyd MAKSIMUM half na 1 kop vloeistof. Dit sluit in al jou souse bv balsamic vinegar, worstersous, wyn, suiker kerrie, borrie, aftreksels ens.

Neem ‘n koffiebeker, gooi AL jou speserye ens IN  die koppie wat jy wil gebruik, dan top jy dit op met water tot bo – die gooi jy bo-oor jou vleis. Dit is genoeg vloeistof om jou kos gaar te kry.

By soppe kan jy ‘n koppie en half water gebruik.

Gebruik altyd VARS GROENTE bv aartappels, wortels, uie, kool, pampoen, patats ens – Die gevriesde pakke wat mens koop werk nie… as jy jou slow cooker die hele dag op laag gaan gebruik nie. Dit kook pap. As jy wel die pakke gebruik, gooi eers jou groente in, omtrent 1 uur voor jy wil eet. Jou groente sal dan nie pap gekook wees nie, dit sal heel bly en nog bros wees.

As jy bv vleis het en jy wil net jou vleis vir die aand gaar he om dan daarmee iets te doen, soos bv om hoender te vlok vir jou pastei  of om steak blokkies te verwerk na beef stoggonoff of  blokkies vark vir stir fry of so iets, gooi die vleis net so gevries in die slow cooker – dan so ‘n spuit wostersous of balsamic vinegar oor en so kwart na half koppie water. Sit aan op laag en los. Vanaand is jou vleis sag en jy kan begin met die verwerking daarvan. Ek gooi altyd my AFVAL  so in my slow cooker – van gevries af. Gooi net  so ‘n  bietjie water in en los die heel dag op laag. Die  middag haal ek dit uit, sny die bene uit en gooi in my swartpot ek maak binne’n uur my afval gaar met die kerrie en die aartappels en wortels en dit is super sag.

Die meeste geregte kan jy die oggend op LAAG aansit – met al jou groentes ens en dit sal reg wees so teen 6H00 die aand. Mens moet gewoonlik – maar ook nie altyd jou sous bietjie verdik. Maak net so 2 eetl bisto/soppoeiers  aan met bietjie water, gooi oor die gereg – roer deur en sit die slow cooker op na hoog vir so 30 min. Jou sous sal dan dik wees.

Indien jy jou pak groente wil ingooi, en jou vleis was die heeldag aan op LAAG, stel slow cooker na HOOG, gooi die groente in en jou sop poeiers. Ek gee dit nog so ‘n uur om die groente sag te kry en die sousie dik te kry. In daardie tyd kook jy jou rys of doen jou ander bykosse.

By OXTAIL moet jy maar bietjie woema onder die vleis gee. Ek sit my oxtail aan vir 8/10 ure op hoog, dan val dan dit  van die been af. Ek het gevind dat op Laag ek nie tevrede is met die vleis nie. Wat ek baie doen is om  as ek gaan slaap (so 22h00) my oxtail in te gooi met my rooiwyn, wostersous, bay leaves, knoffel, sout peper ens – aan te sit op laag. More oggend gooi ek my groentes by en los tot vanaand – nog steeds op Laag. Dit is dan super sag. Gooi so uur voor ete jou verdikkingsmiddel in.

Pasop vir te veel water by HOENDER – ek gooi nie eers ‘n kwart koppie vloeistof en speserye by my hoender nie – Ons weet mos die hoender is volgespuit met water, so jy gaan met ‘n hoendersop sit as jy te veel water ingooi.

GAAN DINK AAN WAT JY IN ‘N POTJIE WAT JY BUITE OP DIE KOLE SOU MAAK, SOU INGOOI, EN DOEN DIT IN JOU SLOW COOKER Wat jy basies dus doen met ‘n slow cooker, gooi jou vleis in, neem jou koppie, maak vol met jou speserye , water ens – gooi jou blokkies groente ens is, gooi alles bo-oor en sit aan.

HIER IS MY KERRIE EN RYS WAT EK GISTERMIDDAG GEMAAK HET. (Sien mens kan selfs 1h00 die middag begin met ‘n slow cooker, dit hoef nie heeldag te wees of oornag nie)

Ek het my gevriesde vleis geneem, my beker geneem, 2 tl kerrie, 2 tl borrie, 2 eetl suiker, 2 eetl asyn,  biejie bladjang, knoffel vlokkies, sout, peper, cumin, masala en water in die koppie ingegooi. Dit bo-oor die vleis gegooi en toe paar bay leaves, stukkie kaneel  en so 4 anaseed stars oorgegooi.

Dit 13h15 aangesit op HOOG

Kwart voor 6 die aand het ek die vleis van die bene los gesny, my koppie gevriesde veggie mix bygegooi, 2 aartappels geskil en in blokkies gesny en die aartappels in ‘n plastieksak in die mikrogolf gegooi vir so 4/5 minute – die aartappels moet sag wees. Die bygeboeg, 2 eetlepels bisto aangemaak met bietjie water – bygevoeg en deurgeroer – Het dit op HOOG gehou tot;

Kwart oor 7 het ons geskep en HOE LYK MY BORD KOS ?????

NJAMMIES !!!!!

KERRIE 4

*

KERRIE 2

*

KERRIE 3

*

KERRIE SLOW COOKER

 

KERRIE EN RYS (Die is basies soos die resep bo)

1kg beesvleisblokkies
1 groot ui opgekap
2 tamaties – geskil en in blokkies gesny
Neem groot koffie beker – dis so ongeveer 300ml – Gooi die volgende in die koppie
1 opgehoopte lepel kerrie
1 eetl borrie
2 opgehoopte eetl bladjang
3 eetl tamatiesous
2 opgehoopte eetl suiker
2 eetl asyn
Jou kerrie aanvullings soos kaneelstokkies, anys sterre, bay leaves
Sout en peper na smaak
Maak beker vol met water – meng goed en gooi al bogenoemde in jou pot

Stel slow cooker op Hoog
5h00 die middag het ek 2 groot aartappels geskil, in blokkies gesny en gaar gekook in die mikrogolf. (ek doen dit want ek het agtergekom as mens aartappels van rou saam met kerrie wil gaarmaak, mens se aartappels nie lekker sag word in die slow cooker)
Ek het die aartappels en 1 kop gevriese gemengde groente by die vleismengsel ingegooi en gelos tot 7h00.

Net voor opdiening maak paar aartappelblokkies fyn teen die kant. Ek het nie eers nodig gehad om verdikkingsmiddel in te gooi nie, maar indien dit nodig is, verdik met soppoeier na keuse, meel of bisto

Hier is my bord kos. Ek het dit bedien met basmatiese rys, piesang en bladjang

IMG_008055555555

Maalvleis geregte


Maalvleis resepte

Maalvleis resepte

KERRIE MAALVLEIS VETKOEK
Suurdeeg vetkoek (of koop sommer klaar voorafbereide brooddeeg by die winkel)

Bestanddele:
250 g (445 ml) witbroodmeel
250 g (445 ml) koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water
sowat 600 ml sonneblomolie
Meng witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg. Kombineer suiker en warm water en voeg by die meel. Meng goed.
Knie deeg vir minstens 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot lekker elasties. Plaas deeg in ’n bak (taamlik groter as die deeg).
Smeer ’n klein bietjie olie daaroor sodat dit nie uitdroog nie.

Maak bak toe met kleefplastiek en laat deeg op ’n louwarm plek rys tot byna dubbel die grootte. In koue weer kan jy die vetkoek laat rys in jou lou-oond, op laag.
Knie die deeg af. Rol dit in ’n lang ovaalvorm en verdeel in 6 – 8 vetkoeke.

Plaas vetkoeke op ’n bakplaat en laat weer vir sowat 30 minute rys. Verhit olie in ’n kastrol. Breek ’n klein stukkie deeg af om te toets of olie reg is: As dit dadelik begin braai, is die olie
gereed. Braai 3 vetkoeke op ’n slag. Draai hulle om wanneer die een kant begin verbruin. Verlaag die olie se temperatuur en draai die vetkoeke nou en dan om.

Hulle braai vir minstens 10 minute. Dreineer op kombuispapier.

20150324_202258-001

Kerrie maalvleis

(vulsel vir sowat 8 vetkoeke)

30 ml sonneblomolie
500 g maalvleis
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik gekapte tamaties
20 – 30 ml kerriepoeier
15 ml borrie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 250 ml water

Verhit olie in ’n kastrol. Voeg maalvleis by en braai vir so 6 minute. Die vleisstukkies moet net loskom van mekaar. Voeg gekapte uie en knoffel by en braai verder vir so 10 minute. Voeg tamaties, kerriepoeier en borrie by. Geur met sout en swartpeper. Voeg water by en bedek. Laat vir minstens 2 uur prut. As vleis lyk of dit wil droog kook, kan jy nog water byvoeg. Maak die vetkoeke en sny oop. Skep van die kerriemaalvleis in en sit dadelik voor met lekker blatjang daarby.

Deur: Radio Eendrag

*

VLEISPASTEI MET DEEG WIELE – Rina Shorty

(beproef)VULSEL
30 ml olyf olie
1 ui fyngekap
1 tl knoffelvlokkies
500 g maalvleis
250 g sampioene in skyies
80 ml koekmeel
300 ml vleisaftreksel
1 blik heel tamaties gekap (of so 3 tamaties geskil en gekap)
5 ml tamatiepasta
5 ml gemengde kruie
5 ml suiker
10 ml mosterdpoeier
sout en vars gemaalde peper
*
 DEEGWIELE
(KORTPAD OPSIE: GEBRUIK PAK PUFF PASTRY/BLAARDEEG IN RINGE/SKYWE GESNY )
250 ml bruismeel
sout
30 ml botter
80 ml melk
250 ml kaas gerasper
60 ml vars pietersielie
1 eier geklits in bietjie melkVerhit olie en braai ui sag, voeg fyn knoffel by en braai min. Voeg vleis by en braai bruin.
Voeg die sampioene by en braai 2 minute. Roer die meel en res van die bestandele by.
Bring tot kookpunt , plaas deksel op en prut 1/2 uur. Skep in pasteibak.WIELE
Sif die meel en sout. Vryf die botter in droe bestandel.
Voeg melk by en knie tot deeg. Rol deeg uit 20×300 cm.
Strooi kaas en pietersielie oor en rol op. Sny in 1.5 cm skywe.
Rangskik op wiele op vleis maar laat ruimte toe vir rys.
Verf met eier en bak 30 minute tot goudbruinDeur: http://kuierkookklets.weebly.com/maalvleis.html

*

KERRIEFRIKKADELLE – Vrouekeur

FRIKKADELLE
1 Kg maalvleis
1 Knoffelhuisie, gekneus of 1 tl vlokkies
½ Koppie room of melk
1 Pakkie Bruinuiesoppoeier
1 Koppie Vars broodkrummels
1 Granny Smith-appel, gerasper
1 Eier
Sout en gemaalde swartpeper
Genoeg olieSOUS
2 Uie Gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
1 Teel Droë pietersielie
2 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
2 Eetl Asyn
1 Teel Bruinsuiker of witsuiker
½ Koppie room of melk
2 Eetl Koekmeel
2 Koppies Vleisaftreksel
Sout en gemaalde swartpeper na smaakStel oond op 180C.FRIKKADELLE
Meng bestanddele vir frikkadelle, behalwe olie, en
vorm in balletjies. Braai frikkadelle in olie tot amper gaar en plaas in groot oondbak.SOUS
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend en sag. Roer kerrie by en braai bietjie saam met die uie.
Meng res van die bestanddele, roer by uiemengsel in en laat vir 5
minute prut. Giet sous versigtig oor frikkadelle en bak vir 30 minute.
OF LOS JOU FRIKADELLE ROU,
maak die volgende sous en bak alles op 1 slag
….
Kerrie-uiesmoor frikadelle

Bestanddele:
5 groot uie
2 E kookolie vir braai.
1 E kerriepoeier
1 E borrie
1 E mielieblom
¾ k blatjang
½ k appelkooskonfyt
4 tot 5 piesangs (sien eers wenk onder)

Metode:
Sny die uie in groterige ringe.
Braai dit in kookolie tot dit glaserig is.
Meng die kerrie, borrie, mielieblom, blatjang en appelkooskonfyt¬ en voeg dit by die uie.
Laat dit goed deurkook, sny piesangs in – roer deur. Skep ‘n bietjie daarvan onder in ‘n oondskottel.
Pak frikkadelle daarop en gooi die res van die kerrie-uiesmoor¬ bo-oor. Bedek
Bak vir een uur teen 180 C of vir 1 en halwe to 3/4 uur by so 140/150 C

WENK, Indien jy lus voel vir kerrie piesang frikadelle, sny so 4 na 5 piesangs in skywe en voeg by jou sous.

Ek is lief om my frikadelle bietjie langer te bak teen laer hitte dan bak dit nie so vinnig droog nie. Dit het dan ook lekker sousie By 180 C is dit geneig om droog te bak – slegs my opinie (Rens)

Bedien met rys of kapokaartappels en soetpampoen/patats of lekker tamatie en uie salsa.

*

KERRIEMAALVLEIS MET SWEETCORN SLAP PASTEI DEEG
1 groot ui gekap
12.5 ml olie
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
25 ml blatjang
25 ml asyn
5 ml suiker
3 ml sout
500 gram maalvleis
2 wortels grof gerasper
125 ml water
2 groot aartappels in blokkies gesny
½ pakkie bruinuiesoppoeier
1 blikkie pitmielies (gedreineer)
2 tamaties geskil en in blokkies gesny (die is opsioneel maar ek glo mens sit tamatie by kerrie vir daardie ekstra spesiale smaak – Rens)Braai die ui 5 minute stadig in die kookolie.
Voeg die kerrie en borrie by en roer om te meng.
Voeg die tamatie, blatjang, asyn, suiker en sout by en laat 10 minute stadig prut.
Voeg die maalvleis en gerasperde wortels en by. Roer totdat die vleis lekker los is.
Voeg nou die water en pitmielies by en laat 20 minute prut. Roer af en toe sodat dit nie brand nie.
Kook intussen die aartappels sag in water met 3 ml borrie daarin. (Jy kan ook sommer die aartappels in die mikrogolf oond sit in jou plastiese sak vir so ongeveer 6 min)
Gooi die water af en voeg die aartappels by die vleis. Maak die sop met 75 ml water aan en voeg dit by die vleis en laat kook vir 10 minute.Bedien KERRIE resep as kerrie en rys met lekker bladjang, klapper en piesangs oor
OF
MAAK ‘N SWEETCORN SLAP PASTEI DEEG
1 koppie bruismeel (of 1 kop meel en 7.5ml bakpoeir)
5ml droe mosterd poeier
Sout en peper na smaak
10ml pietersielie
60ml botter
1x 420gr blikkie sweetcorn (roommielies)
60ml melk
1 eier
Meng die droe bestandele en pietersielie
Vryf met jou vingers die botter in die droe bestandele in
Meng die blikkie sweetcorn in, eier en melk. Meng goed
Gooi oor maalvleis en bak vir ongeveer 25 na 30 min by 180 C of tot goudbruinBedien saam met rys of kapokaartappels, soet pampoen/ patats, skorsie met suiker kaneel en botter, tamatie salsa of mengelslaai

*

BOBOTIE – (OOND EN MIKROGOLF)
.
BOBOTIE (MIKROGOLF)
1 groot ui gekerf
1 sny brood
200ml melk –
750gr maalvleis
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
50 ml suurlemoensap
60gr rosyne
4 teel kerrie
5ml borrie
sout en peper
30 ml Bladjang
Mikrogolf die olie en ui vir 1 min – roer – mikrogolf verder vir 3 min. Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 persent vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en druk plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium (onbedek)
Gee staantyd van so 10 minute en bedien met geelrys en slaai.
 .
 BOBOTIE: (OOND)

1 dik sny witbrood
50ml koue melk
500g maalvleis
1 ui (fyn gekap)
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
2ml knoffelvlokkies
10ml matige kerriepoeier
1ml borrie
12,5ml blatjang
12,5ml asyn
3 eiers
1lourierblaar
12,5ml mielieblom (maizina)
12,5ml koue water
350ml kookmelk

Voorverhit die oond tot 160C. Week die brood in die melk en druk dan die oortollige melk uit. Hou die sagte brood eenkant. Meng die maalvleis, ui, sout, peper, knoffelvlokkies, die helfte van die kerriepoeier, die borrie, blatjang, asyn, 1 eier en die sagte brood. Skep die vleismengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel , steek die lourierblaar daarin en bak dit 15 minute lank op die middelste oondrak sodat die bobotie ‘n kors bo-op kan vorm. Hou dit eenkant warm. Klits die oorblywende 2 eiers saam en hou dit eenkant. Meng die mielieblom, die res van die kerriepoeier en die koue water tot ‘n gladde pasta en roer dit by die geklitse eiers. Voeg die kookmelk geleidelik by en laat dit prut totdat dit effens verdik. Roer dit voortdurend. Haal die mengsel van die plaat af en gooi dit oor die bobotie. Bak die bobotie nog 25-30 minute lank op die middelste rak van die oond totdat dit ferm en ligbruin is.
Bedien warm met blatjang.

Bedien bobotie met geelrys/witrys, soet pampoen of patats, tamatie en uie salsa

 *

TORTILLA MAALVLEIS PASTEI

Bestanddele:

2 uie,

greenpeppers gekap

5 mushrooms (gekap) (opsioneel)

1kg maalvleis

Peper

2 sakkies tamatie pasta

1 e Worcestersous

1 t peri peri speserye (opsioneel)

1 k water

1 pakkie oxtail soppoeier.

1 pak tortilla wraps (so ongeveer 6-8)

1 blikkie sweetcorn mielies

½ k chutney

½ k Mayonaise

Redelik baie gerasperde cheddar kaas

Ringkoekpan wat kan losknip of groot genoeg plat pan sodat hele “koek”uitgelig kan word

Braai uie oor matige hitte in olie tot lekker bruin

Gooi maalvleis by en braai tot bruin.

Gooi sout, peper, tamatiepasta, worcestershiresous,mielies en peri peri by en braai goed deur. Gooi water en soppoeier by tot dit ‘n lekker baie dik sous maak.

Meng Chutney en Mayonnaise. Smeer of spuit die pan goed. Sit 1 tortilla onder in. Smeer met so 1-2 eetlepels chutney mengsel. Skep so 1,5 cm laag maalvleismengsel oor. Sprinkel kaas oor. Herhaal tot jy eindig met ‘n tortilla. Smeer laaste tortilla met orige chutney mengsel en strooi kaas oor.

Bak in oond vir 45 min op 160C

Bedien 6-8 mense.

*

MAALVLEIS POFFERS

250 ml melk

2 eiers
125 ml olie
250 ml koekmeel
2 ml sout
10 ml bakpoeier
2 ml aromat / fondor
maalvleis

Klits vloeistof. Meng droe bestandele by (baie slap).
Skep deeg, dan maalvleis, dan weer deeg in kolwyntjiepannetjies.
Bak by 232ºC tot goudbruin.
(*Jy kan vienas, hoender, kase, tuna enigiets insit)
heerlik vir padkos ook

*

MAALVLEIS SONDER MOEITE

1 Ui

500 g maalvleis

100 ml blatjang

1 koppie rou rys

Knypie sout

1 blikkie Minestronesop

1 blikkie geroomde sampioene

500 ml kookwater

Braai die ui in ‘n bietjie olie en voeg maalvleis by. Braai tot bruin. Sit in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel en voeg blatjang bo-oor.

Strooi die koppie rou rys eweredig bo-oor, asook sout.

Gooi minestronesop bo-oor en ook die sampioene. Voeg laastens die kookwater by. Sit deksel op en bak in oond vir 1 tot 1 ½ uur in ‘n voorverhitte oond teen 180°C

*

 MAALVLEIS-EN-RYSGEBAK

2KoppiesGaar rys
1KoppieKaas, gerasper

Spek
1PakkieSpek, gekap
1PakkieSampioene, in skyfies gesny
½ElkRooi en groen soetrissie, in blokkies gesny

Maalvleis
1UiGekap
1Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
600GBeesmaalvleis
½TeelGedroogde gemengde kruie
½TeelGedroogde soet basiliekruid
Sout en swartpeper na smaak

Sous
1PakkiePotato bake of witsuiesoppoeier
¾KoppieWarm melk
1KoppieDikroom
½KoppieWater

Stel oond op 180C. Spek : Soteer spek en voeg bietjie olie by indien nodig. Voeg sampioene by en soteer nog 5 minute. Voeg soetrissie vir laaste 2 minute by en verwyder van hitte. Maalvleis : Soteer ui en knoffel in olie tot ui sag is. Voeg maalvleis, kruie, basiliekruid en sout en peper by. Braai tot vleis gaar is en verwyder van hitte. Sous : Maak potato bak met warm melk aan. Roer dikroom en water by. Hou eenkant. Skap gaar rys onder in diep gesmeerde oondbak, gevolg deur spekmengsel, maalvleismengsel en sous.

 *

MAALVLEISPASTEI

1 kg maalvleis
2 k koue water
1 k sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml sout
knippie peper
Kors:
1 eier
125 ml olie
125 ml melk
1 k meel
2 t bakpoeier
2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed

*

HEERLIKE MAALVLEIS GEBAK

Oond 180 gr C.

Braai 1 groot gekapte ui en 500 gr maalvleis in bietjie olie tot vleis gaar is. Skep in oondvaste, diep bak, ek vat sommer my casserol. Skep paar lepels blatjang van jou keuse oor, en smeer gelyk. Gooi 1 k rou rys oor en sprinkel half t sout oor.Gooi 1 blikkie groentesop bo-oor en volg met 1 blikkie geroomde sampioene. Gooi nou 2 k kookwater bo-oor en bak vir 1-1 en half uur. Sit voor met groente of slaai

 *

MAALVLEIS IN MUFFINPANNETJIES

Hier is ietsie vinnig en lekker, maak net ‘n slaaitjie by: Maak maalvleis gaar soos jy daarvan hou(dit moenie souserig wees nie). Sny brood met sirkel koekiedrukker & smeer met botter. Plaas dit in muffinpannetjies en skep maalvleis in. Gooi kaas oor en bak tot brood bros.

*

 MAALVLEIS EN BLADJANG GEREG

Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade.

*

MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT

Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met vars mengelslaai

*

CHILLI CON CARNE

Bestanddele
1 Pakkie Maalvleis
1 Ui
1 Rooi Soet Rissie
Chilies na smaak
Tabasco Sous na smaak
Sout, Peper en Origanum na smaak
1 Blikkie Tamatie Puree
1 Blikkie Tamatie en uie smoor
1 Blik Rooi “Kidney” boontjies
½ Blikkie Sweet corn

Metode
Sny ui, chilies en soet rissie fyn en braai in olie tot ligbruin. Voeg maalvleis by en braai. Voeg ander bestanddele by en braai. Stel hitte af en prut stadig vir 15 minute.

*

MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS

1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
5ml koljander
37,5ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.
KORS:
2 eiers 125ml melk
12,5ml gesmelte botter 125ml gaar rys
125ml meelblom 5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

*

RYSVERRASSING

500 g maalvleis
olie
2 uie, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
2 ryp tamaties, geskil en gekap
helfte van `n 65 g blikkie tamatiepasta
worcestersous na smaak
sout en peper na smaak
5 ml basiliekruid
500 – 750 ml gaar rys

Braai die ui en knoffel in die olie tot sag, voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die tamaties, tamatie pasta en geurmiddels by. Prut `n paar minute tot tamatie gaar is. Voeg die rys by, meng goed en verhit tot deurwarm. Dien op met slaai en vars broodrolletjies indien verkies.

*

KRUMMEL MAALVLEISPASTEI
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
olie
500 g maalvleis
1 blik boontjies in tamatiesous
15 ml worcestersous
sout en peper na smaak
Bolaag:
60 ml botter
200 ml koekmeel
2 ml basieliekruid
200 ml gerasperde kaas

Braai die ui en knoffel in `n bietjie olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die boontjies en worcestersous by en geur na smaak met sout en peper. Skep in `n gesmeerde oondvaste bak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in. Voeg die basieliekruid en kaas by en meng goed. Sprinkel oor die maalvleismengsel. Bak by 180 grade C vir 20 – 30 minute tot goudbruin en gaar. Dien op met slaai of groente van jou keuse

*

MAALVLEIS-EN-HOENDERLEWERLEKKERTE
6 preie, in ringe gesny
bietjie botter of margarien
500g hoenderlewers, in stukkies gesny
250g maalvleis
250ml room
2 tamaties, in blokkies gesny
5ml droë pietersielie
5ml knoffelsout
sout en peper na smaak
3 druppels Tobasco, indien verkies
Braai die preie in ‘n swaarboomkastrol tot sag en deurskynend. Voeg die hoenderlewer en maalvleis by en roerbraai liggies tot amper gaar. Voeg die res van die bestanddele by, sit deksel op en prut ‘n halfuur.

*

EENBAK MAALVLEIS GEREG:

Kook saam tot gaar : 500gr maalvleis, 250ml water 5ml sout 2ml peper
Skep maalvleis in platbak
Smeer 100ml chutney oor
Strooi 250ml rou rys bo-oor
Gooi 1 blik (410gr) ministrone sop oor
Gooi 1 blik geroomde sampioene oor
Gooi 500ml gekookte water bo-oor
Bak vir 1 en half uur opmiddelste rak op so 140/160 grade

*

SPAGHETTI BOLOGNAISE
375 g spaghetti (gaar)
1 ui, fyn gekap
12,5 ml olie
500 g maalvleis
5 ml sout
3 ml gemengde speserye
3 ml tiemie
3 ml kaneel
12,5 ml appelkooskonfyt
25 ml blatjang
1 x 410 g blik tamatiepuree

Braai ui tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous.

*

MAALVLEIS BOLLE BOLOGNAISE
Spaghetti (gaar)
1 ui gekap
1 pakkiek tamatieroomsoppoeier
15ml margarine
37.5ml tamatiesous
25ml blatjang
12,5ml worcestersous
250ml koue water
3ml tiemie
1 klein blikkie ingedampte melk (ideal melk)
Garnering:
Vars gekapte pietersielie en spruituie (na smaak en ook opsioneel)
Braai die ui in die margarine tot bruin, Meng die res van die bestandele by. Roer goed deur en kook vir ongeveer 15min. stadig. Plaas maalvleisbolletjies in die mengsel en kook vir so 10 minute. Bedien op spaghetti.

*

MAALVLEIS PANNEKOEKE

PANNEKOEK

4k koekmeel

4t bakpoeier

4 eiers

4k water

1t sout

Meng alles goed tot gladde mengsel.

MAALVLEIS PANNEKOEK VULSEL

 Braai uie tot sag.   Gooi  maalvleis by en roerbraai so ‘n rukkie tot maalvleis los is . Voeg aartappelblokkies by en bietjie  water en kook tot  gaar – as aartappels sag en is, gooi orige water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – Dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Gooi by sout, peper bladjang na smaak en roer deur.

Jy kan nou die pannekoeke net so opdien

OF

Maak lekker dik witsous, rol jou pannekoeke op met die maalvleis, sit in ‘n bak, gooi die witsous bo-oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond by 180 C tot lekker deurwarm en kaas gesmelt is.

*

MAALVLEIS MET SPINASIE EN FETA

Deur Huisgenoot Digitaal

Genoeg vir 4-6 mense

15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
500 g maalvleis
sout en peper
400 g baba-spinasie
250 g feta
250 ml (1 k) room

Verhit die olie en soteer die uie tot goudbruin.
Voeg die maalvleis, sout en peper by. Roerbraai tot die maalvleis gaar en bruin is.
Verminder die hitte en voeg die spinasie, feta en room by. Laat prut 2 tot 3 minute.
Sit voor saam met pap.

*

LALALA (LAGIE) MAALVLEISGEREG
Braai mince en uie tot gaar, spice soos wil.
Pak dan lae (dis waar die naam vandaan kom) met groente.
Heel onder sommer in pot waarin jy mince gebraai het, gesnyde aartappel,
2de laag is wortels gesny,
3de laag is 1/2kop rou rys,
4de laag is blik room mielies,
5de laag is groenboontjies,of ertjies,nes jy wil,
6de laag is blik tamatie en uie smoor,
7de laag is die gebraaide mince.
Maak pakkie tamatie sop aan met 1kop water, gooi bo-oor, maak deksel toe. Sit in oond op 180 tot gaar, so 45min. Al die groentes en rys is rou!

*

ALLES IN EEN MAALVLEISPASTA

250 g macaroni
Witsous:
45 ml botter
45 ml koekmeel
sout en peper
375 ml melk
Maalvleis :
2 uie, gekap
bietjie olie
800 g beesmaalvleis
250 g sampioene in skyfies gesny
2 geelwortels, in skyfies gesny
6 murgpampoentjies, skyfies gesny
knippie gemaalde kaneel
5 ml paprika
sout en peper
15 ml vars pietersielie, gekap
1 x 410 g blik pitmielies, gedreineer
250 ml cheddarkaas, gerasper
125 ml melk
2 eiers
Stel oond op 180°C.
Kook pasta tot gaar, nie pap nie.
Maak witsous met botter, meel en melk en geur met sout en peper na smaak Hou eenkant
Braai uie
Voeg vleis by en braai tot los en bruin
Voeg groente by en roerbraai nog 10 min.
Voeg res behalwe eiers en melk by.
Meng pasta, maalvleis en witsous en skep in `n gesmeerde oondbak. Klits eiers en melk saam, giet oor gereg en bak vir 30 min tot gaar.

*

MIELIEPAP EN VLEIS GEREG

250ml mieliemeel
500ml water
Knypie peper
½ tl braai speserye
5ml sout
¼ t tamatiesous
1 ui fyngekap
250ml kaas gerasper
1 soetrissie fyn
1 tamatie
1 E olie
2 eiers
250ml gemaalde vleis
125ml melk

Meng mieliemeel, water en sout en kook vir 20 min.
Braai ui en soetrissie in olie.
Voeg vleis, peper, speserye en tamatiesous by en laat stadig stowe tot vleis gaar is.
Meng vleis en pap en gooi in gesmeerde oondskottel.
Sprinkel kaas bo-oor.
Sny tamatie in skywe en pak bo-op.
Klits eiers en melk saam en gooi bo-oor.
Bak vir sowat 30min by 200°C.

*

MAALVLEIS-EN-PASTAGEBAK
125 g spekvleis, gesnipper
500 g maer beesmaalvleis
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen soetrissie, gekap
‘n halwe pakkie bruin uiesop
1 blik (410 g) gekapte tamaties
500 ml beesvleisaftreksel
125 ml blatjang
Sout, peper en suiker na smaak
500 g pasta (macaroni of penne)
375 ml gerasperde kaas
375 ml vars broodkrummels
60 ml gesmelte botter
45 ml vars pietersielie, gekap

Braai die spekvleis in ‘n swaarboompot tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Braai die uie, knoffel en soetrissie in ‘n pan tot sag. Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor. Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook. Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees). Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in ‘n groot oondbak. Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor. Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin. Sit warm voor met slaai.

*

SPEK- BOONTJIE EN MAALVLEISETE
250g maer spek stukkies (bacon bits)
300g maer maalvleis
beesaftrekselpoeier
10g blik tamatie- en uiemengsel
500g McCain Green Beans, Potato & Onion
45ml grofgekapte pietersielie
geurmiddels: brandrissiesous, fyngekapte knoffel en gemaalde swart peper
Plaas spek en maalvleis in ‘n kastrol en roer oor matige hitte tot lekker bruin. Geur liggies met aftrekselpoeier. Voeg McCain boontjiemengsel en tamatiemengsel by. Geur na smaak en prut ongeveer 15 minute, of tot gaar genoeg na jou sin. Vurk pietersielie deur en bedien met pasta en ‘n slaai.

*

FRIKKADELSLAAI
Frikadelle:
500 g maer maalvleis
1 sny brood, geweek in 100 ml melk
1 klein ui, fyn gekap
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ml fyn naeltjies
30 ml asyn
50 ml gekapte pietersielie.
Krummel brood. Voeg res van bestanddele by. Meng liggies met ‘n vurk. Vorm klein frikkadelle. Plaas op ‘n bakplaat. Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.
Slaai:
1 krop botterslaai
½ Engelse komkommer, in skywe gesny
425 g-blikkie klein mielies, gedreineer
150 g swart druiwe
10 kersietamaties
30 ml gekapte pietersielie.
Pak blaarslaai op ‘n groot plat bord. Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai. Sprinkel met pietersielie.

8

PAAR LEDE SE HUISKOK RESEPTE

Helene Smit Neem maalvleis gooi 1pakkie bruin uiesoppoeier by en halwe kop chutney. Maak balletjies en bak in oond vir halfuur op 180C

Helen Smit Boere-bryani::::::braai 1 kop rys in biki olie tot gepof,sny uie en greenpepper in braai so 5min,voeg maalvleis by,maak los met n vurk,braai tot droog gooi nou enige groente bo-op met jou souit,peper,neutmuskaat,mespunt gemaalde naeltjies en eetlepel asyn by.Roer lekker deurmekaar.maak toe met water tot bokant van mengsel.laat prut stadig tot vloeistof weg is.moenie verdik,skep net so op.Dis HEERLIK!

Natasha Ludwig Bezuidenhout Lekker ek maak kerrie maalvleis en rys Braai gesnyde ui in pan met botter kan rajah meduim curry powder so 1 tlp by uie gooi en braai gooi maalvleis by en braai tot bruin en gaar ek gooi Dan curry mixed vegetables wat in die blikkie is by en kook nog so paar min gooi peper en sout na smaak en sit voor met gaar gemaakte reis. Dis vinning en maklik. As jy dit nie te sterk wok he nie hoef jy nie die rajah by te gooi nie. Hoop julle geniet dit

Chrissie van Zyl Pasta en maalvleis. Alfredo pasta. Ek gebruik macaroni en alfredo pasta sous in pakkie.
Maalvleis gaan ek klein frikkadellietjies. Maak en roerbraai groente braai en dan saam rangskik bo op macaroni en groenslaai saam bedien.

Magrietha Bronkhorst Ek gaan vanaand net my weergawe van macaroni en kaas maak. Ek maak my maalvleis gaar en macaroni apart dan meng ek kaas en macaroni en sit 1ste in bak, dan my maalvleis met kaas oor en dan mash bo oor en bak dan in oond.

Alida Potgieter Le Roux Hier is my maalvleis bydra. Maalvleis en blatjan kasserol. Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade. Dis heerlik!

*

MAALVLEIS BROODJIE

(Amanda Gerber)

Ek meng my maalvleis met eiers, broodkrummels, gemengde groente as jy wil en speserye. Dan gooi ek klein bietjie water in n broodpannetjie, sit die maalvleis daarin en bak ini oond tot gaar. O ja onthou om die pannetjie te spuit met spray en cook dat hy nie vassit nie.

MEATLOAF 

Renata Niemand ‎

500g maalvleis, 1 pak mushroom sop, 125ml water, 1 ui gerasper, Knoffel, 1k vars broodkrummels, 2 eiers, 15ml meel, 5ml sout, 1k mayonaise: meng saam en bak in broodpan by 180C vir 1 uur

 Michell Brundyn-Vorster

ONDERSTEBO MAALVLEISTERT

(die 1 kom uit my ma se plakboek)

600g maalvleis
1 ui, fyngekap
15ml (1e) vars origanum blaartjies
3 eiergele
sout & peper
125g spekvleis
125g sampioene, in skyfies gesny
125g bloukaas, gekrummel
400g skilferkorsdeeg, ontdooi en ligweg uitgerol

Voorverhit die oond tot 200’C. Meng die vleis, ui, origanum, eiergele, sout en peper in ‘n mengbak. Smeer ‘n 20cm koekpan, voer die boom uit met bakpapier en smeer weer.
Rangskik die spek op die bakpapier, gevolg deur die sampioene. Sprinkel die bloukaas oor. Skep die maalvleismengsel bo-op. Sny die deeg effens groter as die koekpan, bedek die vleis daarmee, druk die deeg effens langs die kante in. Bak die tert sowat 30 na 40 min of tot gaar.
Laat rus die tert ‘n paar minute en keer uit op ‘n groot opdienbord. Sny in skywe en sit voor saam met slaaie.

*

MAALVLEIS EN AARTAPPEL GEBAK

Vleissous

1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, fyn gekap 10 ml olyfolie 10 ml koljander 5 ml komyn 500 g beesmaalvleis 60 ml tamatiepasta 1 x 410 g blik gekapte tamaties Water Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak 45 ml gekapte, vars oreganum 6 middelslag-aartappels, gaar gekook en skille afgetrek 125 ml room 3 ml neutmuskaat 125 ml gerasperde cheddarkaas

Braai die ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die vleis by en braai bruin. Voeg die tamatiepasta en gekapte tamaties by. Maak die tamatieblik vol water en voeg by die vleis. Geur goed met sout, peper en ’n bietjie suiker en roer die oreganum deur. Laat prut vir sowat 20 minute tot geurig en effens verdik. Voorverhit oond tot 180 °C en sny aartappels in skywe. Begin met ’n dun lagie vleissous onder in ’n oondbak. Pak ’n laag aartappelskywe bo-op en skep nóg ’n lagie vleissous op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag aartappels. Giet room oor en sprinkel neutmuskaat en kaas oor. Bak vir 30 minute. Sit voor met ’n mengelslaai. Lewer ses porsies.

Vir nog ‘n paar resepte :

https://kreatiewekosidees.com/?s=LASAGNE

https://kreatiewekosidees.com/?s=MAALVLEIS

https://kreatiewekosidees.com/?s=PASTA

https://kreatiewekosidees.com/?s=FRIKADELLE

https://kreatiewekosidees.com/?s=BOBOTIE

https://kreatiewekosidees.com/?s=KERRIE+EN+RYS

https://kreatiewekosidees.com/?s=HERDERSPASTEI

*

KERRIEMAALVLEIS – TORTILLAS/QUESADILLAS

Deur Huisgenoot Digitaal

MAALVLEIS
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies,
fyngedruk
15 ml (1 e) olie
500 g maalvleis
30 ml (2 e) kerriepoeier
45 ml (3 e) blatjang

QUESADILLAS
4 tortillas
200 g spinasie,
gekap
200 g mozzarella, gerasper

Verhit die oond tot 200 °C.

Maalvleis Braai uie en knoffel in olie. Voeg res van bestanddele by; roerbraai tot gaar.
Quesadillas Pak ’n tortilla op ’n plaat, sit ’n derde van die vleis, spinasie en kaas bo-op, herhaal. Eindig met ’n tortilla.
Bedek met foelie, bak 15 minute, verwyder foelie, sprinkel nog kaas en rooster tot gesmelt.
Sny in skywe; sit voor.

*

MAALVLEISROL
Elizma se Swellendam Maalvleisrol ~ RSG

BESTANDDELE

1 groot ui, gekap
4 eetlepels olie
1 groot knoffelhuisie, opgekap (of 1 eetlepel fyn rou winkelknoffel)
1kg maer beesmaalvleis
2 eetlepels vars pietersielie
2 eiers, lig geklits
2 snye bruinbrood, korsies afgesny en die res in klein blokkies gesny
sout na smaak
kruie
150g Cheddarkaas, gerasper

METODE

Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Braai die uie tot net gaar in ‘n bietjie olie.
Gooi die knoffel by en braai verder vir 1 minuut.
Hou eenkant
Meng al die droë bestandele saam.
Meng dit met die maalvleis en die eiers.
Druk die maalvleis uit op ‘n stuk kleefplastiek tot 1cm dikte.
Smeer ‘n lagie van die uie en knoffel oor die uitgerolde maalvleis.
Sprinkel die kaas oor.
Rol die maalvleis versigtig op en verwyder die kleefplastiek.
Plaas die vleisrol in ‘n oondskottel.
Bak vir 45 minute tot die kaas begin uitloop aan die kante.
Bedien met ‘n sous van jou keuse, pasta en groente.

*

MAALVLEIS BOLLETJIES/FRIKADELLE
500 na 750 gr maalvleis
2 groot aartappels (gerasper)
1 groot ui (gerasper)
1 groot wortel ( gerasper )
2 eiers
Groot handvol oats
1tl kerrie
2eetl asyn
Sout en peper
1tl teel bakpoeier
1 eetl bruin uiesoppoeier
Meng al bo-genoemde bestandele
Maak bolle en sit in kasserol
Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water
Gooi bo-oor en bak (bedek) by 130/140 grade vir 1 ¼ na 1 ½ uur
PASOP DAT JY NIE DIE OOND TE HOOG STEL NIE, ANDERS BAK JOU MAALVLEISBOLLE KURKDROOG. Dit moet nog ‘n lekker sousie he.
KOOL FRIKADELLE:
Vat jou kool. Laat le in kookwater of sit in mikrogolf in water vir rukkie sodat die kool lekker sag en elasties raak. Vou om frikadelle. Sit in casserol, giet soppoeiermengsel bo-oor en bak met deksel op.

*

HERDERSPASTEI
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 eetlepel botter
1 eetlepel fyngekapte ui
¼ koppie gerasperde cheddarkaas
sout en peper na smaak
5 wortels, gekap
½ kop bevrore ertjies
1 eetlepel olie
1 ui, gekap
500gr maalvleis
2 eetlepels meel
1 eetlepel tamatiesous
¾ koppie vleis aftreksel (beesblokkie aangemaak in ¾ kop water)
Jy ka nook sommer ‘n bietjie veggie mix ook ingooi in die plek van die ertjies en wortels
¼ koppie gekerfde cheddarkaas
Verhit die oond tot 180 C. Kook die aartappels vir sowat 15 minute of tot die aartappels gaar. Dreineer en mash die aartappels. Meng die botter, 1 eetlepel fyngekapte ui, en ¼ koppie gerasperde kaas by. Voeg sout en peper by na smaak. Hou eenkant
Kook wortels vir ongeveer 15 minute of tot sag en maak fyn. In ‘n groot pan, braai uie tot sag Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Gooi die oortollige vet af , en voeg dan meel by en braai vir ‘n verdere minuut of so . Voeg die tamatiesous, ertjies en vleisaftreksel by Bring die mengsel tot kookpunt, verminder dan die hitte en prut vir 10 minute. Die mengsel moet ‘n lekker dikkerige mengsel wees. Indien nie, verdik ‘n bietjie.
Gooi die maalvleismengsel in ‘n plat bak. Smeer die fyn wortels bo-oor en dan die lag fyn aartappels. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin.

*

PASTA EN MAALVLEIS
500 g maalvleis.
1 blikkie tamatie en uiesmoor.
1 pakkie soppoeier (bruin uie).
Half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, .
2 tot 3 koppies kookwater

Metode:
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer. Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer. Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie anders brand die vleis aan die onderkant. Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om die pasta sag gekook te kry. Indien nodig gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees. As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi, maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir ons smaak. ‘n Bietjie chutney bo-oor is heerlik

*

BOLOGNAISE BASISRESEP – voeg hierby jou maalvleis bolletjies of jou maalvleis wat gebraai is
Gebruik hierdie resep en maak sommer ‘n lekker groot klomp, vries dit in porsies en maak verskillende geregte daarvan.
45ml olyfolie
250g spek grof gekap
1 ui fyn gekap
2 knoffelhuisies gekap
500g maalvleis
1 x 400g blik tamaties
250g tamatiepasta
hand vol tiemie
350ml rooiwyn
100g parmesaankaas gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
Verhit olyfolie tot warm in middelslag pot. Voeg spek, ui en knoffel by. Roerbraai vir 5-8min of tot spek mooi bruin is. Voeg maalvleis by en braai verder vir nog 5-8min of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed sodat jy ‘n lekker los mengsel het. Voeg blik tamaties, -pasta, helfte van tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en sit hitte op laag. Laat stadig prut vir minstens 90min terwyl jy elke 10min roer. (Hoe langer dit kook, hoe lekkerder is die sous). Voeg parmesaankaas en res van tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en peper. Sit voor saam met gekookte spagetti

maalvleis en lewertjies gereg

Maalvleis en hoenderlewertjie gereg met die pap-twist

MAALVLEIS EN HOENDERLEWERTJIES MET ‘n PAP-TWIST

500gr maalvleis

500gr hoenderlewetjies

2 medim uie – gekap

5 Sampioene gekap

1 klein groen rissie gekap

2 Tamaties – geskil en gekap

1 blikkie chakalaka – hot and spicy – gebruik tamatie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie

Ongeveer ‘n ½  na ¾ kop room

Sout peper en knoffelvlokkies na smaak

1 pot slappap – maak soos slap ontbytpap

Braai die uie, sampioene en rissies tot gaar

Skep uit en hou eenkant

Braai die maalvleis, hoenderlewertjies, knoffelvlokkies , sout en peper tot gaar

Voeg die tamaties by en roerbraai vir ‘n rukkie

Voeg die chakalaka/tamatie en uiesmoor en uiemengsel  by en roerbraai tot deurwarm

Gooi ‘n lagie pap onder in gesmeerde bak

Gooi  ‘n lagie van die vleismengsel en gooi die helfte van die room oor

Weer ‘n lagie pap en die orige vleismengsel

Eindig af met die laaste bietjie room

Strooi bietjie gerasperde kaas oor en bak by 180C vir so 20 na 30 min

ilse maalvleis

Ilse se Mince Mate

ILSE SE MINCE MATE

1kg maalvleis
3 groot uie
1 k rooi wyn
2 e fyn knoffel
1 vars roosmaryn takkie, trek blaartjies af en kap fyn
1 e pietersielie
1 e mixed herbs van Robertsons
1 t Oregano
1 blik tamatie en uie smoor
2 klein blikkies tamatie pasta
2 blikkies sampioene
2/3 pak rou spaghetti
800ml kookwater

Braai die uie tot ligbruin. Gooi maalvleis by en gooi 1/2 k water by en braai tot maalvleis bruin is en water heel verdamp het. Gooi wyn, knoffel, roosmaryn, pietersielie, mixed herbs en oregano by. Hou aanhoudend roer tot wyn meestal weggekook het. Gooi sampioene en tamatie pasta en smoor by. Roer goed deur. Breek spaghetti in helfte en roer by maalvleis. Voeg kookwater by. Prut ongeveer 30 min tot pasta gaar en sag is. Roer a fen toe sodat dit nie aanbrand nie.
Bedien met ‘n warm broodrolletjie en botter

Aartappel gebak


IMG_6712

Eenbak Aartappel Geregte

RENCIA SE AARTAPPELGEBAK (foto soos bo)

(Alles is rou)

Jy kan egter alles ook eers gaar maak maar hoekom tyd spandeer om dit eers gaar te maak as dit in 1 uur in die oond kan gaarraak

4/5 aartappels geskil en in skyfies gesny

1 ui fyngekap

Stukkies groen/rooi en geel peppers

Sampioene gekap

Stukkies:  spek, of ham, of rooi worsies, salami, gemengde kouevleis, enige wat jy in jou yskas het

Knoffel, sout en peper

1 potato bake (enige geur)

1 kop melk/room

Gerasperde kaas

Pak lae en gooi  potato bake gemeng met die melk oor en laastens gerasperde kaas bo-op en bak in oond by 180C tot gaar en goudbruin.

VARIASIES:

Indien jy nie potatobake het nie, maak 1 pakkie wit uie sop of sampioensop aan met so 300ml melk en gooi die oor. Jy kan ook bruin uie sop gebruik vir heeltemal ander variasie

Indien jy nie soppoeier  het nie, maak ‘n loperige witsous/kaassous en gooi die tussen die lae en bak tot gaar.

Indien jy wil, kan jy net gewone room oorgooi en dan bak tot gaar.

Indien jy net halwe pakkie potato bake het, gooi nog so 2 eetl meel by en so 300ml melk

Aartappels en Room Gereg

Kook aartappels tot gaar en sny skywe

Braai ui mushrooms en bacon

Pak lae

Maak sous –1 blikkie room met 1 pakkie potato bake – enige geur

Gooi bo-oor gereg

Rasper kaas bo-oor en bak in die oond by 180C tot gaar en goudbruin.

Patat en Aartappel Gebak

Rencia Odendaal Pretorius (Dis baie lekker by braai bygereg)

3/4 groot aartappels – in ringe gesny

3/4 medium patats – in ringe gesny

2 uie – gekerf

Pak nou bo- genoemde in lae in ‘n plat bak

Meng:

250ml room

250 ml melk

1 pakkie bruin uiesop

Sout en swart gemaalde peper

Gooi die nou bo-oor die aartappels

Rasper kaas bo-oor en bak in oond vir 1 en half uur by 180 grade

(opsioneel, jy kan mushrooms en spek braai en ook tussen die aartappel lae sit)

 

Aartappel en Sampioen Gebak

800g aartappels, geskil en in skywe gesny

60ml botter

2 uie, fyn gekap

2 vet knoffelhuisies, fyngemaak

800g sampioene, afgevee sout en peper

10ml worcestersous

60ml koekmeelblom

250ml sterk hoenderaftreksel

125ml melk

250g roomkaas 2 eiergele

50ml gekapte grasuie

Kook aartappels 5-7 minute in soutwater. Smelt intussen die helfte van die botter in ‘n pan en verhit tot kokend warm. Voeg uie, knoffel en sampioene by, verminder hitte en roerbraai tot al die vloeistof weggekook is. Geur met sout, peper en worcestersous. Trek opsy. Gebruik ‘n souskastrol en smelt die res van die botter. Roer die meel en kook twee minute. Klop aftreksel en melk by en roer oor matige hitte tot die sous dik is. Verwyder van die hitte, klop kaas, eiers en die helfte van die grasuie by. Proe en geur met sout en peper indien nodig. Rangskik die aartappels in gesmeerde oondskottel en dedek met die helfte van sous. Rangskik die sampioene bo-op, bedek met die res van die sous en bak 25 minute in ‘n voorverhitte oond by 200C. Strooi die res van die grasuie oor.

Heerlike Aartappelpan Ete

8 aartappels

25ml margarien

1 groot ui (in skyfies gesny)

2 tamaties (geskil en in skyfies gesny)

2 eiers (geklits)

225ml koue melk

5ml sout

1ml varsgemaalde swartpeper

1ml mosterdpoeier

125ml gerasperde Cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180C. Kook die aartappels in soutwater totdat dit sag is, maar nie pap nie en laat dit effens afkoel. Trek die skille af en sny dit in skyfies. Laat dit afkoel. Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui daarin totdat dit bruin is. Meng die ui en aartappel baie liggies en skep dit in ‘n gesmeerde oondskottel. Rangskik ‘n laag tamatieskywe bo-op die aartappellaag. Klits die eiers en melk saam en geur dit met die sout, peper en mosterdpoeier. Gooi die eier mengsel oor die groente in die oondskottel. Strooi die kaas bo-oor en bak dit ongeveer 1 uur lank op die middelste oondrak. Bedien dit warm met ‘n slaai.

Spinasie en Aartappelgebak

5-7 groot aartappels, in die skil gekook en afgekoel

Sout en vars gemaalde swartpeper

1 x 250 g pak spekvleis, fyn gesnipper

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

250 ml (1 k) room

250 ml (1 k) melk

2 eiergele

1 x 300 g spinasieblare (groot blare), gewas en are uitgesny

Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter. Trek aartappels se skille af en hou eenkant. Braai spek in ’n droë pan tot gaar, voeg ui en knoffel by en braai tot sag. Klits room, melk en eiergele saam en hou eenkant. Stoom spinasieblare in mikrogolf of blansjeer tot verlep. Druk droog. Sny aartappels in dun skyfies. Pak ’n lagie dun aartappelskyfies onder-in gesmeerde oondbak.

Geur goed met sout en peper. Skep ’n dun lagie uie-en-spekmengsel oor en smeer egalig. Skep ’n paar lepels roommengsel oor en lê een of twee spinasieblare plat oor uiemengsel. Herhaal lae en eindig met ’n lagie aartappels, waaroor jy orige roommengsel giet. Laat staan vir ’n paar minute en bak vir 1 uur tot goudbruin en borrelend. Laat sowat 10 minute afkoel voor dit voorgesit word.

Lewer agt porsies.

Smullekker aartappelgebak Resep uit Cooking from the heart – Heart and Stroke Foundation SA

Smullekker aartappelgebak
Resep uit Cooking from the heart – Heart and Stroke Foundation SA

Smullekker aartappelgebak
Resep uit Cooking from the heart – Heart and Stroke Foundation SA
Lewer 8 – 10 porsies

By menige braaivleis-kuiers of Sondagmiddagetes, sal jy ‘n gebakte aartappelgereg kry. Dit is gewoonlik baie ryk en met ‘n hele klomp bestanddele gemaak, wat almal hoog is in sout, bv, soppoeier, kaas en spek. Maak hierdie sommer gou-gou jul nuwe gunsteling, met sampioene en jogurt.

1 k (250 ml) gewone laevet-jogurt
3 eetl (45 ml) melk
2 eetl (30 ml) koekmeel
2 t (10 ml) gedroogde origanum of gemengde kruie
½ t (2,5 ml) sout
swartpeper na smaak
10 medium aartappels in die skil,in dun skyfies gesny
2 uie, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
125 g sampioene, in dun skyfies gesny
¼ k (60 ml) gerasperde Cheddarkaas

Voorverhit oond tot 180 °C.
Meng jogurt, melk, meel, kruie, sout en peper saam.
Smeer ‘n bietjie van die sous op die bodem van ’n groot oondbak.
Pak helfte van die aartappels op die sous en plaas die uie, knoffel en sampioene in ‘n eweredige lag bo-op.
Bedek met die orige aartappels en skink die res van die sous oor.
Strooi die kaas oor en bedek met foelie. Bak vir 45 minute. Verwyder die foelie en bak vir nog 15 minute of tot goudbruin en gaar.
Wenke
Gedroogde of vars tiemie is heerlik met aartappels.
Vervang helfte van die aartappels met skywe botterskorsie en patat.

GEBAKTE AARTAPPEL GEREG Guru to the Outdoors

GEBAKTE AARTAPPEL GEREG
Guru to the Outdoors

GEBAKTE AARTAPPEL GEREG

Guru to the Outdoors

Ingredients
8 medium potatoes peeled and cut into chunks
1 cup NESTLÉ® CARNATION® Evaporated milk (ideal milk)
1/2 cup sour cream
1 teaspoon salt
1/2 teaspoon ground black pepper
2 cups shredded cheddar cheese, divided
6 slices bacon, cooked and crumbled, divided
Sliced green onions (optional)
Instructions
PLACE potatoes in large saucepan. Cover with water; bring to a boil. Cook over medium-high heat until tender; drain.
PREHEAT oven to 180 C Grease casserole dish.
RETURN potatoes to saucepan; add evaporated milk, sour cream, salt and pepper. Mix all ingredients until smooth. ( I mix it with fork so that there is still a little bit of pieces of potatos left in mixture) Stir in 1 and 1/2 cups cheese and half of bacon. Spoon mixture into prepared casserole dish.
BAKE for 20 to 25 minutes or until heated through. Top with remaining 1/2 cup cheese, remaining bacon and green onions. Bake for an additional 3 minutes or until cheese is melted.
TIP
• This casserole can be assembled ahead of time and refrigerated. Cover with foil and bake at 180 C for 40 to 45 minutes or until heated. Uncover; top with cheese, bacon and green onions; bake for an additional 3 minutes or until cheese is melted.

aartappel gebak 4

Easy Potato bake (source unknown)
8 -10 medium potatoes, peeled and cut into 1/2 inch cubes
1 can cream of mushroom soup, undiluted
1 1/4 cups milk
1 Sachet Greek Salad dressing Mix-powder
1 1/2 cups shredded cheddar cheese, divided
salt and pepper
6 slices bacon, cooked and crumbled

Add the potatoes to a saucepan. Add water to cover. Bring to a boil; cook about 10-12 minutes or until potatoes are almost tender; drain. Place drained potatoes into a greased 13×9 inch baking dish.
In a bowl, mix together the soup, milk, salad dressing mix, 1 cup cheese, salt and pepper to taste; pour over potatoes. Sprinkle crumbled bacon and the remaining cheese over the top. Bake, uncovered, at 350° for 25-30 minutes or until potatoes are tender

Soet Patat Geregte


Soet Patat Skyfies- Simplyrecipes

Soet Patat Skyfies- Simplyrecipes

Sweet Potato Chips
By Diana Rattray

Ingredients:
•2 medium sweet potatoes
•ice water
•oil for deep frying
•salt
Preparation:
Directions for potato chips recipe
Peel potatoes; cut in half lengthwise then slice very thin with mandoline, slicer attachment of food processor, or knife. Place slices in a medium bowl and cover with ice water; chill for 1 hour.
Lift from water and drain on paper towels. Heat oil to about 375° in deep fryer or about 1 inch deep in an electric skillet or deep skillet on stovetop. Fry potato slices in one-layer batches for a minute or two, or until golden brown. Lift chips out with slotted spoon and drain on paper towels. Sprinkle sweet potato chips with salt before serving.

Sweet Potato Fries

Ingredients:
•2 sweet potatoes
•1 tbsp olive oil (plus a little more for brushing the parchment paper)
•1 egg white (optional, but creates crispiness!)
•Sea salt to taste
•Black pepper to taste
•Garlic powder to taste
Directions:
Pre-heat oven to 450.
IMPORTANT: Put baking sheet in the oven to heat up by itself for 5-10 minutes! This is a necessary step in getting them crispy.
Cut sweet potatoes into thin sticks. Whisk together egg white, olive oil, salt, pepper and garlic powder in a bowl. Put sliced potatoes in the bowl and coat well with the mixture.
Brush a piece of parchment paper (large enough to cover baking sheet) with olive oil. If you don’t have parchment paper, you can use tin foil, but parchment paper gets them crispier!! Line up potato slices on parchment paper – DO NOT let them touch! Another important element in the crispiness.
Put the parchment paper on top of the already-hot baking sheet. Bake for 10 mins and then flip the fries over with a spatula and bake for another 10 minutes (or until desired crispiness is attained).
Enjoy your accomplishment of creating baked sweet potato fries that are actually crispy! A job well done.

Soet Patat Tert - Austin talks

Soet Patat Tert – Austin talks

Sweet Potato Pie

Maureen Van Helden

2 cups cooked and mashed sweet potatoes
2 eggs
295 ml evaporated milk
75 g white sugar
1/2 teaspoon salt
1/2 teaspoon ground cinnamon
1/2 teaspoon ground nutmeg
2 tablespoons rum
4 tablespoons melted butter
1 unbaked pie crust

Directions
1. Preheat oven to 425 degrees F (220 degrees C).
2. Into food processor, put sweet potatoes, evaporated milk, sugar, salt, cinnamon, nutmeg, rum, eggs and butter or margarine. Blend until smooth. Pour into pie shell.
3. Bake for 10 minutes in preheated oven. Reduce heat to 300 degrees F (150 degrees C). Bake for about 50 minutes more, or until the filling is firm.

Knoffel Patats - KNORR

Knoffel Patats – KNORR

Creamy Garlic Sweet Potato Bake

KNORR

Ingredients
• 1 kilogram Sweet Potatoes, peeled and sliced into thick rounds
• 1 KNORR Garlic & Rosemary Cook-in-Bag
• 120 millilitre Cream
Instructions
1. Preheat oven to 180°C.
2. Place sweet potatoes into the roasting bag then sprinkle the seasoning mix inside the bag.
3. Hold the bag closed and roll gently to coat the sweet potato evenly.
4. Place roasting bag onto a baking tray and add the cream.
5. Knot the bag loosely to seal and pierce the top of the bag 3 times with a knife for the steam to escape.
6. Place baking tray in the centre of the oven and bake for 35-40 minutes. Ensure the grill is off at all times.
7. Cut the bag open and transfer to a serving dish with any sauce that is in the bag.

 

Patat onder die Kombers

Maureen Van Helden

Patat onder di kombers: 750ml gaar patats,1eier,250ml melk, 125ml botter,5ml vanilla,50ml bruinsuiker,sout na smaak. Bolaag:125ml bruinsuiker,125ml klapper,125ml koekmeel,125ml botter. Voorverhit jou oond tot 180 grade, meng al di bestandele behalwe di van di bo laag en skep dit in ‘n oondskottel. Bolaag: meng di suiker,klapper en meel en vryf di botter in tot krummelrig. Skep dit bo op en bak 30 tot 40 min tot goud bruin en gaar. Enjoy!!

Hoender Fillette


Hoender Filette

Hoender Filette

Hoender Filette

Rencia Odendaal  Pretorius

Bedien met mayo mash en lekker mengelslaai of roast butternut

Sit jou oond aan op 180grade C

Filette – hou net so of butterfly as baie dik is

Broodkrummels of fyngedrukte provitas en kellogs flakes met jou keuse van speserye bv sout peper ,tiemie, roosmaryn ens

Eiers geklits

Druk filette in krummels – dan in eiers en dan weer in meel

Sit in yskas vir tenminste 15 min

Maak pan WARM met net genoeg olie om bodem te bedek. As jy die filette insit moet dit dadelik begin bak. Jou olie moet nie koud wees nie.

Sit filette in pan en los vir ongeveer 5 min tot self loskom van die bodem en dit bruin is

Draai filette om en los vir so 3 tot 4 minute Jou hoender behoort nou 95% gaar te wees.

Spuit nou lekker suurlemoensap oor alles – wag so 30 sekondes draai om

Haal uit en sit in bakplaat en gee rustyd van tenminste 5 min

Sny ‘n paar kersie tamaties in helftes, ui fyn gekap, vars klein pietersielie, spinasie blare, peppers fyn gekap – geel, rooi en groen, mushrooms

Gooi in warm pan met net paar druppels olyfolie, – roerbraai dit net vinnig vir so ‘n minuut of 2 met bietjie balsamic vinegar, dit moet net warm wees en geskroei wees. Moenie dit pap braai nie

Nou sit die tamatie mengsel bo-op die hoender filette

Rasper nou mozzarella kaas en sit bo –op elke filette

Sit in oond vir omtrent so 6 minute – net tot kaas oor die hoender filette gesmelt is.

Skep nou die kapokaartappels

in die middlel, en sit die filette bo-op die mash, skep die slaai in, of pampoen en bedien dadelik !

CORDON BLEU 1

CHICKEN CORDON BLEU (die foto was my bederf die naweek toe ons gaan uiteet het !!)

Rencia Odendaal Pretorius
Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette (opsioneel)
Sit feta kaas en gerasperde of blokkies ham bo-op of selfs net gewone kaas en ham
Geur met sout en gemaalde peper
Steek vas met tandestokkies
Sit op bakplaat wat met spray en cook gespuit is
Maak sousie van suurlemoensap en appelkooskonfyt of bladjang en smeer bo-oor die hoender
Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor
Dit neem so 30 minute om deurgaar te wees.
Maak intussen ‘n DIK KAASSOUS – dit moet letterlik ‘n dik taai sous wees. As jy jou hoender uitgehaal het, gee staantyd vir so 5 minute en as jy dit opdien, druk die hele cordon bleu in die kaassous, rasper nog bietjie kaas oor en bedien. Die kaassous klou lekker aan die cordon bleu vas as dit dik en taai genoeg is. Jy kan net gewone kaassous maak en oorgooi as jy nie die dik een wil maak nie.

Bedien met kapokaartappels, ertjies, mengelslaai, potato wedges, pampoen, soet skywe patats of gebakte butternut, room spinasie, skyfies of selfs rys

 HOENDER PAKKIES

GEVULDE HOENDER FILLETTE
6 hoender fillette, ontvel
½ pakkie tamatiesoppoeier
½ pakkie sampioensoppoeier
½ pakkie bruin uiesoppoeier
6 skyfies ham, gekap
Fetakaas
200 g spinasie, opgekap
Sout en peper na smaak
Sny die fillette halfpad oop. Meng soppoeiers, rol die hoenderstukke daarin tot dit bedek is. Meng ham, feta en spinasie en stop dit in die hoender. Steek die hoender met ‘n tandestokkie vas. Geur met sout en peper.
Bak by 180 C tot gaar. Ongeveer 25/30 minute

Bedien met kapokaartappels, potato wedges, groente van keuse, jassie (jacket potato) rys met sous, ertjies, patats in foelie of skyfies

hoender en broccoli

HOENDER GEREG MET BLOMKOOL, BROKKOLI EN PASTA
1 ½ kg hoenderborsies/filette (ontbeen en ontvel) Sny in blokkies, geur na smaak en kook tot gaar
500g brokkoli & blomkool Kook vir 5 min in soutwater
125g noedels Kook sag en spoel af in koue water
Sous:
250ml Mayonaise
1tl kerriepoeier en speserye na smaak
1 blik room sampioensop
1eetl Suurlemoensap
Meng en skep bo-oor hoendermengsel in oondbak.
Kors:
75g gesmelte margarien en die sous waarin die hoender gekook is.
1k vars krummels (wit brood)
250g gerasperde cheddar kaas
Meng en skep bo-oor die sous.
Bak ongeveer 20 min by 180C tot dit borrel en goudbruin bo-op is.
Moenie te droog bak nie.
Wenk: Jy kan hier ook bietjie gekapte gebraaide spek bysit, ertjies sal ook lekker wees, selfs blikkie pitmielies gedreineer

hoender pastei 4

ROMERIGE MACARONI MET HOENDER, SOETMIELIES EN ERTJIES
1 pakkie ( 500 g ) macaroni
1 houer ( 250 ml ) suurroom
1 groot eier, geklits
1 blik ( 410 g ) roomsoetmielies
1 koppie bevrore ertjies
4 hoender borsies – ontvel – gaar gekook en gevlok
Sprietuie, gekap of 1 ui gekap
Sout en peper
Cheddarkaas, gerasperVoorverhit oond tot 180 C. Maak pasta volgens aanwysings op pakkie gaar. Dreineer en plaas in `n groot oondvaste houer. Meng res van bestanddele, voeg enige geurmiddels by, en roer by pasta in. Bedek met kaas en bak vir 20-25 minute tot goudkleurig.

Wenk: Indien jy nie suurroom het nie, gebruik room met 1 eetl asyn in, of gebuik ‘n halwe pakkie wit uiesop of sampioensop aangemaak met so 300ml melk.

HOENDER A’LA KING1 kop gesnyde sampioene
1/4 kop gekapte groen soet rissie
1/4 kop stork margarine
3 eet meel (opgehoop)
1 kop room
1 en 1/2 kop melk
1 en 1/2 kop water
1 geklitste eiergeel
3 kop gesnyde gaar hoender
Sout, peper en geurmiddels
1 kop bevrore ertjies (ek hou daarvan maar dit is opsioneel)
Braai sampioene en soetrisie in margarine tot ligbruin. Voeg dan die meelblom by en roer goed. Daarna word die melk,water, room en geur middels bygevoeg en die mengsel dan gekook tot dik is, terwyl aanhoudend geroer word Roer daarna ‘n bietjie van die warm mengels by die eiergeel en gooi dan weer terug by die kokende mengsel . Kook 10 minute, Pasop vir brand.
Voeg dan die hoender en ertjies by en kook goed deur. Bedien met rys of pasta en ‘n lekker tamatieslaai.

hoender rol
HOENDER ROL MET CHAKALAKA EN MIELIES1 blaardeeg – dun uitgerol
3na 4 hoenderborsies, gaar gekook en gevlok (hang af hoe groot jou borsies of filette is)
1 blikkie chakalaka with sweetcorn
1 kop kaas gerasper
1 eetl mayonaise
1 tl mosterd
1 ui gekap
Vars pietersielie
Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die puff pastry
Rol die pastry op soos ‘n “jamroll” en seel die kante onder mooi toe anders kook jou mengsel uit. Sit op bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in. Maak 3 vertikale kepe in die deeg bo.
Maak mooi blaartjies met ‘n stukkie blaardeeg en sit bo-op rol.
Verf eier en melk bo-oor en sprinkel bietjie droe pietersielie bo-oor. (jy kan ook net bietjie mayonaise oorsmeer ipv die eier en melk)
Bak in oond vir 45 min by 180grade tot gaar en goudbruin.
Bedien met mayo-mash, mengelslaai en of soetpampoen.

CHEDDERKAAS HOENDER
4 groot hoenderborsies
6 na 8 provitas (fyngedruk) Jy kan ook Tuc, cream crackers of salticrax koekies gebruik)
½ teelepel sout
½ teelepel peper
½ koppie melk
3 koppies cheddarkaas, gerasper
1 teelepel droë pietersielie
Sous: (opsioneel)
1 blikkie room hoender sop
2 eetlepel suurroom
2 eetlepel botter
Gooi die melk, kaas en provita krummels in 3 afsonderlike bakke Meng die sout en peper in die krummels in. Doop elke stukkie van die hoender in die melk en dan in die kaas. Druk die kaas vas met jou vingers. Druk dan die hoender in die provita krummels en druk styf vas.
Spuit ‘n pan met cook en spray en plaas die hoender in die pan. Strooi die droë pietersielie oor die hoender. Sit hoender in die yskas vir tenminste 20 minute . Bedek die pan met foelie en bak by 200 grade vir 35 minute. Verwyder die foelie, bak vir ‘n verdere 10-15 minute, of totdat die kante van die hoender goudbruin en bros is.
In ‘n medium pan meng die room hoender sop, suurroom en botter. Roer dit oor medium hitte tot die sous lekker warm is. Dien op oor die hoender

ROMERIGE HOENDER STROGANOFF

30 ml botter
15 ml olie
1 ui (gekap)
1 tl knoffel
4 hoenderborsfilette (velverwyder, ontbeen, in repe gesny)
5 ml oregano of pietersielie
50 ml koekmeelblom
300 ml hoenderaftreksel
150 ml droe wit wyn
100 g sampioene
100g oester- of bruin sampioene in (skyfies gesny)
100 g gekookte ham (gekap)
1 blik 410g rooi nierboontjies (gedreineer; opsioneel)
250 ml room
Verhit botter en olie saam en sorteer ui daarin tot sag en glansend- 2-3 minute.Voeg knoffel by en sorteer vir nog ‘n minuut. Voeg die hoenderrepies by en roerbraai tot goudbruin. Meng orego en meelblom, strooi oor hoenderrepies en roer deur vir sowat 1 minuut. Voeg warm aftreksel en wyn by en verhit tot kookpunt terwyl jy dit roer. Sous sal verdik. Verlaag hitte en laat prut vir nog 10 minute. Voeg sampieoene, ham en boontjies by en verhit tot deurwarm. Roer om te voorkon dat dit aanbrand. Verwyder van hitte en roer room by. Verhit stadig tot warm, sonder om te kook. Garneer met vars orego en dien op saam met rys

SPEKVET HOENDER

4 hoenderborsies sonder vel of been
Genoeg repies spek om hoender mee te bedek
½ koppie fyngerasperde parmasaan kaas
2 knoffelhuisies
1 t botter of olie
‘n paar tandestokkies

Stel oond op 220grade.
Rol hoenderborsies in kaas.
Sny vars knoffel in dun lagies, en pak bo-op hoender.
Draai repies spek om hoenderborsies, en maak vas met ‘n tandestokkie.
Sit bietjie botter of olie in die oondbak en sit hoender in, en bak vir 15 tot 20 minute sonder deksel.
Bedien met kapokaartappels met sprietuie in, asook brokkoli

HOENDERBORSIES MET KRUMMELLAAG

6 ontbeende hoenderborsies/filette

sout en peper

30ml olie

250ml vars broodkrummels

100g fetakaas gekrummel,

30ml pietersielie fyngekap

1eier geklits.

erhit oond tot 180. Sout en peper die borsies. Verhit olie en braai hoender tot goudbruin. Plaas op gesmeerde bakplaat. Meng res van bestanddele en skep bo-op elke porsie. Bak 20min of tot gaar en bedien met slaai.

HOENDER EN BROKKOLI BRAAI

15 ml olie

600 g hoenderborsies of dye (sonder vel of been)

45 ml sjerrie of appelsap

30 ml sojasous

30 ml tamatiesous

30 ml soet rissiesous

5 ml mielieblom

1 kop broccoli, in klein stukkies gesny

1 ui, dun gesny

1 x 100 g pakkie geroosterde, gesoute

kasjoeneute

Verhit die olie in ’n wok of diep pan en braai die hoenderrepies daarin tot goudbruin. Meng die sjerrie (of sap), sojasous, tamatiesous, soet rissiesous en mielieblom saam en hou eenkant.

Voeg die broccoli en ui by die hoender in die wok en braai vir sowat twee minute. Voeg die sous by en braai tot klewerig. Sprinkel die neute oor en sit voor op gestoomde rys of noedels. Lewer vier porsies

Kruie en spesery gebruike


speserye

 
GEBRUIKE VAN KRUIE EN SPESERYE

Geskryf deur: Anonymous

Pimento (Allspice) – Bredies
Basiliekruid (Basil) – Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
Lourierblare (Bay leaves) – Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas
Kappertjiesaad (Capers) – Vis- en ander seekosse
Rissiepeper (Cayene pepper) – Kaas- en eiergeregte
Chilli – Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Grasuie (Chives) – Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) – Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
Naeltjies (Cloves) – Hoender-, vark-, vis- en wildsvleisgeregte
Koljander (Coriander) – Vleis, droëwors en biltong
Vinkel (Fennel) – Groente en slaaie
Knoffel (Garlic) – Vleis, vis, groente en slaaie
Gemmer (Ginger) – Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
Peperwortel (Horseradish) – Gebraaide bees en skaap
Foelie (Mace) – Bredies, frikkadelle, roomsouse en hoendervulsels
Moederkruid (Marjoram) – Sop, bredies and vleisvulsels
Ment (Mint) – Groente en vis (met botter)
Mostert (Mustard) – Vleis, vis, groente, souse en sop
Neutmuskaat (Nutmeg) – Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) – Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)
Paprika – Vleisgeregte, groente en slaaie
Pietersielie (Parsley) – Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
Roosmaryn (Rosemary) – Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) – Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) – Vulsels vir vleis en hoender
Dragon (Tarragon) – Lamvleis, souse en piekels
Tiemie (Thyme) – Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Borrie (Turmeric) – Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) – Slaaie

Patat Resepte


Patat

Soos foto bo:

Rencia se SOETPATATS

Sny patats in ringetjies.

1 ui fyngekap

Ongeveer halwe koppie bruinsuiker

Halwe eetl botter

Sout

Genoeg water om patats gaar te kook

Voeg alles in pot.

Kook patats tot sag.

Skroei net so effe op bodum vir die lekker karamelgeur.

Sprinkel bietjie kaneel oor net voor opdiening. (opsioneel)

*

Lynette Muller

SOET PATATS:
1 kg patats

125 ml heuning
60g botter

knippie sout
80 ml water

Voorverhit die oond tot 200C. Smeer ‘n oondpan met ‘n lagie botter. Kook patats in skilletjies in soutwater tot net sag. Skil af sodra effens afgekoel en sny in skywe. Verhit heuning, botter, sout en water saam oor matige hitte. Plaas patatskywe in lae in bereide oondbak met ‘n lagie heuningsous tussen elke lagie. Skep orige sous bo-oor. Bak in oond vir sowat 30 minute tot sous deur patats getrek het en glansend lyk.
Lewer 6-8 porsies.

*

GEBAKTE GEMMER PATATS

Kook. 1 kg patats half gaar in water met bietjie sout. Gooi patats in gesmeerde lang tertbak. Druk pakkie gemmerkoekies fyn.(grof) Gooi oor patats. Gooi genoeg klontjies botter oor. Gooi koppie bruinsuiker oor patats. Bedek met tinfoelie. Bak half uur op 180. Verwyder foelie en bak 10 min tot goudbruin.

*

SWEET POTATO BAKE
750 ml cooked and mashed sweet potatoes
Pinch salt
1 extra large egg
125 g butter or margarine, melted
5 ml vanilla essence
125 ml sugar
Topping
125 ml light brown sugar
125 ml cake flour
125 ml coconut
125 g butter / margarine
Almond flakes (optional) .
Preheat the oven to 180 degrees. Combine the sweet potatoes, salt, egg, butter, vanilla essence and sugar. Turn into a greased, ovenproof dish.

Topping: Combine the brown sugar, flour, coconut and butter to make a crumble topping and sprinkle over the sweet potato mixture. Cover with almond flakes, if preferred. Bake for 20 to 30 min or until golden brown. Serves 6

*

Lynette Muller

GESTOOFDE PATATS:

6 klein of 4 middelslag-patats

12,5 ml sout
30 ml bruinsuiker

60 ml kookwater
60 ml botter

‘n paar stukkies heel kaneel
Metode
Voorverhit die oond tot 200C .Was en skil die patats en sny in skywe. Kook dit 30 minute lank tot sag. Voeg die sout by. Sny elke patat in die lengte deur en plaas in ‘n oondvaste bak. Maak die stroop deur die suiker in die kokende water op te los en die botter by te voeg. Verhit tot die botter gesmelt is. Vir ‘n mooi bruin stroop kan die suiker eers droog in ‘n kastrol verhit word terwyl dit aanhoudend met ‘n houtlepel geroer word tot dit mooi bruin en gesmelt is. Voeg dan die kokende water by, roer tot dit in die water opgelos is en voeg die botter by. Giet die stroop oor die patats, voeg ‘n paar stukkies heel kaneel by vir geur, en bak sowat 30 minute lank tot dit bruin is

*

Luka Page

MALVALEKKER PATATS

3-4 patats geskil en dikkerige skywe gesny. Kook in soutwater tot amper sag. Dreineer en skep in oondbak. Pak malvalekkers bo op.
Bak by 180 vir 15minute.

*

Charne

PATAT CHIPS

Was patats, beet en aartappels skoon. Sny met mandolin papierdin skyfies (soos Lays chips) gooi in warm olie en bak groente patat chips. Haal uit en sprinkel met growwe sout. Lekker saam met doopsous.

*

SOET PATATS

Kook 750g patatskywe in 200ml water waarby 30g botter, 30 ml bruinsuiker en 2ml sout gevoeg is. Kook tot daar niks vloeistof oor is nie.

Voeg 50ml stroop by en meng liggies.

Klits 1x170g blik verkoelde ingdampte melk.

Vou 1/4 by patas in en skep res bo-op.

Strooi kaneel en bietjie bruinsuiker oor en verbruin onder n voorverhitte oond rooster.

*

(Kook met blikkies en pakkies)

PATAT EN MANGO GEREG

1x 200g-pak droe mango,

1/2 x liter-houer lemoensap,

5ml gerasperde lemoenskil

250ml droe wit wyn

15ml bruinsuiker

15ml wynasyn

15ml lemoenlikeur

30 ml botter

4 gaar soetpatats in skywe gesny.

Plaas mango, lemoensap, skil en wit wyn in ‘n klain kastrolletjie en prut 20 minute todat mago sag is. Plaas suiker in aparte kastrol en laat karamelliseer. Dreineer mango en voeg vloeistof saam met asyn en likeur by karamelmengsel. Roer goed totdat suiker opeglos is. Voeg klontjies botter geleidelik by totdat sous effens dik en glansend is. Skep mango en patat versigtig in sous en verhit

*

Luka Page

CARNAVON PATATS

Sny gaar patat in skywe en gooi volgende sous oor.
1 kop kookwater
1 kop bruinsuiker
1 eetl maizena
Kook sous bestanddele saam en voeg dan 1teel vapoeier aangemaak met bietjie water en 1teel karamel geursel by.

*

Luka Page

GEBAKTE PATATS

4 groot patats,gaar en dik skywe gesny.

Pak in bak met klontjies botter op.
Kook:

1/2 kop water

1/2 kop soetwyn

1/2 kop suiker
Meng en roer by suiker  mengsel:

3 teel maizena aangemaak met bietjie water en 1 teel karamelgeursel.
Strooi bietjie gemmer en sout oor patats. Gooi sous oor.
Bak by 180 vir ±20minute

*

Luka Page

PATAT POEDING

2 gaar patats
3 eiers
1/2 kop stroop
1/4 teel sout
2 kop melk
2 eetl margarien
1 teel elk gemmer en kaneel
1 kop bruismeel
1/2 kop sultana’s

Meng als saam. Skep in bak.
Bak by 180 vir ±1uur.

*

Luka Page

PATAT KOEKIES

1 kop koekmeel
4 teel bakpoeier
1/2 sout
5 eetl suiker
1/2 teel elk gemmer en kaneel
1/4 teel gemengde speserye
3 eiers
3 kop gaar fyn patats.

Meng en bak in pan soos pampoenkoekies – of vlak panolie of in die deep fryer.

*

Luka Page

KARAMEL PATATS

4-5 patats ,dik skywe
2-3 eetl margarien
1 en 1/2 kop suiker
1 kop kookwater
1/2 teel sout
1 teel gemmer.
Smelt suiker en marg tot ligbruin op stoof. Gooi water,sout en gemmer by. Sit patat in en kook tot gaar.
Kan pakkie karamel kitspoeding oor strooi en bietjie laat kook (opsioneel) 

*

Luka Page

GEMMER PATATS

Sprinkel suiker in oondbak. Sit klontjies margarien op. Pak skywe gaar patat ,piesang en gemmerkoekie. Krummels. Pak nog patat bo op. Strooi weer suiker en margarien klontjies oor.
Bak by 180 vir ±30min

*

GEMMER PATATS

1 kg patats gekook in soutwater tot sag, trek die skille af, en sny in skywe.

Gooi so 50 ml sagte bruinsuiker onder in ‘n bakskottel en stip , paar klontjies botter hier en daar op die suiker.

Pak nou lae, op mekaar tot bo, van die volgende, laag patatskywe, laag piesangs in dun skywe gesny, strooi bietjie bruinsuiker, paar klontjies botter, lagie gemmerkoekies wat fyn gerol is in krummels.

Hou aan lagies pak, en eindig met koekies gestip met botter, sit ‘n deksel op of foelie en bak so 45 minute in oond van so 180 grade C

*

 Rencia Odendaal Pretorius

JASSIE PATATS:

12.5 ml witsuiker
12.5 ml goue stroop
3ml fyn gemmer
3ml fyn kaneel
1ml sout
15ml botter
4-6 klein patats skoon gekrap (nie geskil)
50ml water
Meng alles en verhit tot begin kook. Gooi patats in mengsel en kook tot gaar.

*

Rencia Odendaal Pretorius

PATAT EN AARTAPPEL GEBAK

3/4 groot aartappels – in ringe gesny

3/4 medium patats – in ringe gesny
2 uie – gekerf
Pak nou bo- genoemde in lae in ‘n plat bak
Meng:
250ml room
250 ml melk
1 pakkie bruin uiesop
Sout en swart gemaalde peper
Gooi die nou bo-oor die aartappels
Rasper kaas bo-oor en bak in oond vir 1 en half uur by 180 grade

*

PATATS MET ROOMKAAS
Deur: http://www.wegry.co.za/boskos/patats-met-roomkaas

Foelie (genoeg vir 4 pakkies)
4 groot patats
1 x 230 g-laevet roomkaas
Ek dink gewone maaskaas sal ook hier werk. (eie keuse van smaak)
’n paar kappertjiebessies (Opsioneel)
sout na smaak
olie

Was die patats en droog dit af met ’n papierhanddoek. (Jy hoef dit nie te skil nie.) Ek prik gewoonlik die patat net so met ‘n paar gaatjies.
Smeer elke patat en die binneste foelielaag liggies met olie of met botter
Sprinkel sout oor en draai die foeliepakkie stewig toe.
Bak vir 30 minute op die rooster oor lae tot matige kole of tot die patat sag is, of in jou oond by so 150 gr C (toets eers een met ’n skerp mes voor jy almal oopmaak).
Haal die patats uit die foelie.
Sny dit in skywe, maar moenie die skywe deursny nie. (Jy kan die patats ook sny voor jy dit in die foelie toedraai.)
Skep van die roomkaas tussen elke sny en sit ’n paar kappertjiebessies bo-op.

WENK:

Kappertjiebessies (caper berries) is nie dieselfde as kappertjiesaad nie.
Dis die halfryp vrug van die kappertjiebos wat in asyn ingelê is.
As jy dit nie in die hande kan kry nie, kan jy olywe, songedroogde tamaties, pikantrissies of stukkies pynappel gebruik.

*

KITTA SE SOETSTOWE ANYS PATATS
http://kyknet.dstv.com/2012/06/17/kitta-se-soetstowe-anyspatats/

Bestanddele:
800 gr  patats
250 gr botter
1 en ½  kop suiker
1 tl  anys

Metode:
Skil die patats en sit dit in soutwater, sodat dit nie swart word nie.
Smelt die botter in ‘n dikboom kastrol.
Dreineer die patats en gooi dit in die kastrol.
Bedek dit onmiddellik met suiker.
Strooi anys oor, sit die deksel op en stowe tot die patats deurskynend is.

*

LEMOEN PATATS
1 kg patats
500 ml lemoensap
100 g bruinsuiker
50 ml mielieblom
2 ml sout
gerasperde lemoenskil
*Kook patats tot sag
*Sny in skywe
en pak in gesmeerde bak.
*Meng bietjie lemoensap en mielieblom tot pasta.
*Voeg res van die sap en suiker by.
Verhit tot dik.
*Gooi oor patats
*Bak 20-25 minute by 180C

Patatrol/sweet potato roll


Patatrol

Patatrol

Rencia Odendaal Pretorius

Kook patats tot gaar (sonder suiker) maak fyn – laat afkoel.

Jy kan ‘n rol Puff pastry gebruik of:

Kors:
250gr botter
750ml meel
15ml bakpoeier
2 groot eiers
125ml melk
Vryf droe bestandele in
Voeg eiers en melk by en meng goed.
Rol uit, 5mm dik.

Smeer patats 1cm dik oor deeg
Plaas bietjie suiker (wit of bruin) en paar klontjies botter onder in bak se bodum.
Rol op en sny skywe van 2.5cm dik en pak in gesmeerde bak
Sous:
Gooi 150ml suiker (wit of bruin) en 250ml room bymekaar en bring tot kookpunt
Gooi bo-oor patats en bak in oond vir 30/40min by 180grade C
Ek het bruinsuiker vir die resep gebruik.

SWEET POTATO ROLL

2 kg cooked mashed sweet potatoes and cooled (no sugar added)

Crust

250gr butter

750ml flour

15ml baking powder

2 large eggs

125ml milk

Rub  in dry ingredients

Add eggs and milk and mix well.

Roll out, 5mm thick.

Spread sweet potatoes 1cm thick on the dough

Roll and cut 2.5cm thick slices and place in a greased bowl

Sauce:

Pour 150ml brown sugar and 250ml cream in a pot and bring to a boil

Pour over sweet potatoes and bake in oven for 30/40min at 180grade C

If in a hurray – skip the crust part and use a puff pastry roll.

5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART


5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART
Rencia Odendaal Pretorius

WEEK 1
Maandag:
EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met vars mengelslaai.

Dinsdag:
KRUMMEL LAM/SKAAP/VARK TJOPS MET KELLOG’S:
20 gr kellogs en 6 provitas, tuc, salticrax, cream crackers , enige soutkoekie wat jy besikbaar het in jou kas sal doen (fyngemaak)
2.5ml paprika
5ml gemengde speserye
sout en gemaalde swartpeper
Meng alles
koekmeel
eier
4/5 vark/lam/skaap tjops
Sny swoerd/vet met sker kepe in of verwyder
Druk die tjop in meek, dan in eier en dan in die kellogs mengsel.
Sit in yskas vir tenminste 30 min sodat die degie lekker vas kan sit
Sit in bakpan met bietjie olyfolie onder in en sprinkel olie ook so bietjie bo-oor
Oondbraai vir 30 min by 190/200 grade, draai om en bak vir verdere 15-20 min .
Net voor opdiening – grill net se offe om dit lekker crispy temaak.
Bedien met lekker mayo mash ertjies, mengelslaai, jacket potato, aromat potato wedges soet pampoen of patats.

Woensdag:
Rencia Odendaal Pretorius
TUNAROL MET CHAKALAKA EN MIELIES
As jy nie van die chakalaka hou nie, vervang dit met 1 ekstra blikkie tuna
1 Rol blaardeeg, 1 x Tuna, 1 x Chakalaka met Mielies, 1 kop gerasoerde kaas,1 x gekapte ui, 1 x eetlepel mayonaise,1x teelepel mosterd. Meng alles in een bak, smeer oor dun uitgerolde deeg, rol op soos jamroll, smeer met melk of eier, sny 3 gleuwe vertikaal bo-op rol. druk goed vas langs kante. Bak op groot gesmeerde bakplaat
vir 45 min by 180C.
Bedien saam met mayo-mash, ertjies en mengelslaai/vars broodrolletjies

Donderdag;
CHICKEN GORDON BLEU
Rencia Odendaal Pretorius

Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette
Sit feta kaas bo-op
Geur met sout en gemaalde peper
Rol toe en neem nou “streaky bacon”en rol om die hoender
So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies
Sit in bakplaat
Maak ‘n sous van chutney, garlic, suurlemoensap n bietjie wostersous en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn in as jy het. Dit is baie lekker.
Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor
Bedien met mayo-mash, ertjies mengelslaai of potato wedges.
** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.
Bedien met mengelslaai/ertjies en mayo-mash of aromat potato wedges.

Rencia Odendaal Pretorius
MAYO MASH:
Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar – maak fyn – Voeg by – gemaalde swart peper en sout , droe pietersielie, so 1 teelepel bakpoeier en ‘n lekker homp botter – roer deur – gooi nou so 2 eetl mayonaise by – Voeg nou bietjie melk by om dit lekker creamy te maak. Roer deur en bedien Jy kan jou melk halfveer met room en melk – dit maak dit nog net meer creamy. Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels.Pas jou mayonaise aan by as jy minder of meer aartappels vat. Wees versigtig met te veel melk – onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap. Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.

Rencia Odendaal Pretorius
POTATO WEDGES MET MEEL EN AROMAT: – kook jou aartappels tot gaar, trek die skil af, sny is lekker groot wedges – gooi nou jou aartappels in ‘n chekkers sak so ‘n lekke klomp koekmeel en baaaaiiieee aromat – ek het nou die dag van daardie nuwe Cheese aromat ook so ‘n biejie bygegooi, dit gee ‘n lekker kaas smaak – dan maak jy ‘n pot olie lekker warm en braai die wedges so stuk stuk gewys – moenie te veel ingooi nie anders raak die olie te gou koud en dan le en trek jou aartappels olie en die degie om die wedges val af – Sit op kombuisrol om die ergste olie te dreineer.

Vrydag:

SKAAP TJOPS IN ROOISOUS
Pak jou skaap tjops onder in casserole. Sny lekker dik stukke uie ringe bo-op
Maak die volgende sous en gooi bo-oor die tjops en bak in die oond. Hierdie resep werk net so lekker met hoender.

ROOI HOENDER/TJOPS: (sous-marinade in oond)
Sit hoender of tjops onder in casserol
Sny dik skywe uie bo-oor
Maak sous van:
1/2 kop tamatiesous
1/2 kop chutney
1/4 kop wostersous
2 kop water
3 eetl suiker
Bak in oond vir 1 uur by 180gr
Verdik sous met nog meel indien nodig.
Bedien saam met lekker soetpampoen, rys en mengelslaai

WEEK 2
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
BOBOTIE (MIKROGOLF)
1 groot ui gekerf -1 sny brood – 200ml melk – 750gr maalvleis – 2 eiers – 15 ml appelkooskonfyt – 50 ml suurlemoensap 60gr rosyne – 4 teel kerrie – 5ml borrie – sout en peper – 30 ml chutney – Mikrogolf die olie en ui …vir 1 min – roer – mikro vir 3 min weer – Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium onbedek.Gee staantyd met deur toe vir so 5 minute.

Bedien met geelrys en soetpampoen en mengelslaai

Dinsdag;

TENDERISED STEAK MET KOMBERSIE
Maak ‘n mengsel van meel en speserye – jou keuse, sout peper,bbq spices, Texan spices ens en meng deur
Klits so 2 eiers en sit in plat bak
Druk nou die steak eers in die meel, dan in die eier en bak vinnig in vlak olie in warm pan.
Ons hou van ons steak medium, so ek gee so ongeveer 3 minute aan die een kant – draai om en 3 minute aan die ander kant.
Bedien dadelik op met mash, of chips, mengelslaai en ertjies

Woensdag:
EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak
400ml witsous
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.
OF

ALI SE ALFREDO PASTA
Kook spagetti of pasta tot sag – nie pap en dreineer
1 groot ui (gekap)
250gr spek
1 pakkie mushrooms
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by pasta en gooi 1 blikkie room oor.
Gooi baie gemaalde swartpeper en aromat oor en laat prut oor lae hitte tot warm
Bedien beide saam met lekker vars broodrolletjies of tuisgemaakte brood en slaaie

Donderdag:
OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS –WORS GEREG – whatsfordinner.co.za (SPAR)

125ml melk
175ml water
2 eiers
4ml sout
250ml meel
1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon
500gr bief sausageworsiess
1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak

1) Meng die melk, water, eiers en sout
2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot ‘n gladde deeg
3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word
4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min)
5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer ‘n oond bak goed
6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg
7) Bak vir 35 min tot gaar.
8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.
Bedien saam met ‘n lekker slaai

Vrydag;
Rencia Odendaal Pretorius
HOE OM VETKOEK TE BAK MET SPAR DEEG: Vat jou deeg, knie net effens deur. Rol nou die deeg in ‘n worsrol en sny 8 stukke uit die deeg. Vat ‘n skinkbord en strooi meel oor. Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir ‘n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op ‘n slag in die warm olie – Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol, en dit het ‘n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toet. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder in die olie le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.
MAALVLEIS VULSEL
Rencia Odendaal Pretorius
Kook uie, maalvleis , aartappelblokkies ‘n koppie veggie catering mix en kook tot sag. Ek kook eers my uie,maalvleis en aartappels vir ‘n rukkie voor ek die groente bygooi anders kook dit pap. Die groente is mos reeds so te se gaar. As aartappels sag en gaar is, gooi orige ekstra water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Dan gooi ek sout, peper chutney, kerrie, borrie asyn en suiker by in en kook lekker deur.

WEEK 3
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
VARKWORSIE (PORK BANGERS) GEREG:
1 kg varkworsies
1 groot ui gekap
1 green pepper gekap
50ml tamatiesous
50ml wostersous
50ml chutney
410gr perske skywe
Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)
Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min
Bedien saam met mayo mash, ertjies en mengelslaai

DINSDAG:
LASAGNE
1 1/2 kg maalvleis
2 uie gekap
125 gram spek, gesnipper
Braai bruin in 15 ml margarien of olie
VOEG NOU BY:
10 ml Origanum
10 ml knoffelvlokkies
1 vol teelepel sout
1 Blik tamatiepuree
250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.
Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.
KAASSOUS:
Maak kaassous van:
100 gram margarien
100 ml meel
sout na smaak
850 ml melk
Voeg 1 1/2 koppie gerasperde kaas by.
Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.
Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.
Bedien met slaai en lekker vars rolletjies.

Woensdag:
HOENDERPASTEI
1kg hoender
250ml mayonnaise
250ml gaar rys
2 hardgekoote eiers
1 pakkie roomsampioensop
1 pakkie hoenderroomsop
1 pak tamatie chips of beacon kips of skilferkorsdeeg
Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie. Maak fyn en haal al die beentjies uit. Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850ml is. Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C. Maak chips of beacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min- of sit skilferkors bo-op en bak tot gaar en goudbruin.
Bedien saam met lekker vars slaai

Donderdag:
Rencia Odendaal Pretorius
BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS
500 g boerewors
MOSTERDAARTAPPELS:
4 groot aartappels
4 repies spekvleis
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)
2 agurkies (gekap)

MOSTERDSOUS:
1 eiergeel
125 ml mayonnaise
15 ml aangemaakte mosterd
30 ml gekapte pietersielie of vars kruie
Berei die mosterd soos volg:
Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits
tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie
laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.

Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil
aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai
spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer.
Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg
agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd
aartappels in die middel van ‘n ronde bord en rangskik wors rondom.
Lewer 6 porsies.
Bedien met mengelslaai

Vrydag:
Rencia Odendaal Pretorius
TUNA KOEKIES:
2 Blikkies (175gr) elk tuna (gedreineer) Koop die tuna chunks – 6 spruit uie of 1 ui gekap – 100gr pitmielies (gedreineer) gemaalde swart peper, 150 ml koekmeel , 10ml suurlemoensap, 3 eiers geklits, 3 ml sout, half tl bakpo…eier, 1 desert lepel chutney (opsioneel wat ek bysit, bietjie green, yellow en red pepper gee mooi kleur en so ‘n bietjie gerasperde kaas) Meng alles en braai in olie in vlak pan.
Bedien met mayonaise wat jy bo-oor sit, mayo mash , mengelslaai en /of ertjies.

WEEK 4
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
SUURLEMOEN/UIE TJOPS
5 dik vark of beestjops
5 dik uie skywe
5 dun suurlemoen skywe
75ml bruinsuiker
75 ml wostersous
10ml lemoensap – ek gebruik so 5 ml suurlemoensap as nie lemoensap het
5ml sout
Lemoen of gemaalde swart peper
Pak tjops onder in casserol.
Sit ‘n skyfie suurlemoen op en ui bo-op
Maak sousie en gooi bo-oor
Bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 grade
tot gaar en sousie lekker taai is.
OF:
4/6 varktjops
Braai in pan gaar met baie suurlemoensap en lemoenpeper
Maak sousie en gooi bo-oor:
50ml bruinsuiker
50ml tamatiesous
50ml water
Laat prut tot sousie lekker taai en caramel begin raak
Bedien met lekker potato wedges / chips of mash en slaai

Dinsdag;
EENBAK HOENDERGEREG
Gebruik casserole met deksel
Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Maak pakkie mushroom of wit uie sop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak Ek sit parykeer halwe aartappels saam bo op by die hoender.
Bak vir 1 en half uur by 150 grade C
Sit net onder grill om velletjie lekker crispy te maak en goudbruin
Bedien saam met mengslaai

Woensdag:
OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI:
Lillyne Grunewald
1 ui, fyngekap olie
500g maalvleis 1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper 10ml Worcestersous
30ml tamatiepasta 1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel. 60ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny 50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper paprika

Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.
Bedien met slaai

Donderdag;
Rencia Odendaal Pretorius
HAWAISE LAMTJOPS:
Marinade:
1 blik (440gr) pynappelstukke gedreineer
40ml sojasous
40ml appelasyn
2ml mosterdpoeier
12.5ml olyfolie
Meng alles en gooi bo-oor tjops vir ongeveer 3 ure. Haal tjops uit en sit marinade eenkant.
Braai nou die tjops tot bruin in vlakpan. Rangskik tjops op bodum van casserol strooi sout,peper en 50ml bruinsuiker bo-oor en giet marinade weer bo-oor tjops.
Bedek en bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Indien sous bietjie dun is verdik met maizina.
Bedien met lekker gebakte aartappels, potato wedges, slaai

Vrydag:
Rencia Odendaal Pretorius
ANDERSTE BOBOTIE (BULLY BEEF) MET PIESANG:
1 uie – gekap
1 green pepper – fyn gekap
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by: 15/20ml matige kerrie
30ml appelkooskonfyt
35ml asyn
1 blik bully beef (fyn blokkies gesny)
sout en swart gemaalde pepper
Skep in gesmeerde bak
Meng 1 eier en 60ml melk en gooi bo-oor mengsel
Sny piesang skyfies en rangskik bo-op – gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir 30 min tot gaar en goudbruin
BEDIEN SAAM MET MASH, SOETPAMPOEN, MENGELSLAAI EN VARS BROODROLLETJIES

Doopsouse/Vingerhappie idees


kaas en prezels STICKS

Cheese tray

Gemengde platter:

Vleis/hoender pasteitjies, hoendervlerkies/boudjies, maalvleisbolletjies, koue vleise wat opgerol is met ‘n aspersie in die middel, kaasworsies, gebraaide dun wors in “bite size”gesny , chicken nuggets,  salticrax’s met maaskaas en mossels, droe wors , gekerfde biltong, rooi kersies toegedraai in bacon en in die pan gebraai tot gaar en crispy, kersie tamaties, gevulde olywe, peppadews gevul met blokkie fetakaas, komkommer in lang vinger repies gesny, groen en rooi uitjies met blokkies kaas op ‘n tande stokkie ingeryg, toasted broodjies met kaas en ham wat in kwarte gesny is, hotdogbuns met ham, kaas, tamatie en blaarslaai – sny dan die bun in 4 stukke (bite size) Hardgekookte eiers met mayonnaise, paprika en pietersielie oor.

Wenk: Onthou om jou platter mooi te maak deur blaarslaai fyn op te kap en oor die hele bord (bo-oor alles)  te strooi. Dit verhoed ook dat die platter maklik uitdroog.

Kaasplatter:

Verskillende koekies soos salticrax, provitas, creamcrackers, tuc, melba toast, ‘n stuk cheddar/gouda kaas, wieletjie feta kaas met sweet chillie sous oor, bakkie cream cheese, bakkie maaskaas. ‘n Rolletjie lewersmeer – uitgedruk in klein bakkie.  Maak die platter mooi deur ook kersie tamaties en olywe tussen in te sit.

*

Maklike doopsous

1 koppie mayonaise
1/2 medium ui fyn gerasper
1 eetlepel kondensmelk
1/2 koppie fyngerasperde kaas

Meng alles saam, verkoel en geniet.

*

Maklike Mosterd en Kondensmelk Doopsouse

Bestandele:

125 ml kondensmelk

10ml mosterd

30ml asyn

15ml botter (gesmelt)

sout en peper

Metode:

Meng bestandele goed.Voeg nou gesmelte botter by en klop tot gladde mengsel.

*

Kaas en Mayo Doopsous:

Meng Mayonnaise, Gerasperde Kaas, Paprika en Gedroogte Pietersielie

Maaskaas Doopsous:

Houertjie  maaskaas – deel dit in 2 bakkies –

1ste bakkie – gooi bietjie mayonnaise by, tuna, gerasperde kaas, gekapte ui, chutney sout en peper en meng goed.

2de bakkie – meng bietjie mayonnaise by, aangemaakte mosterd, gekapte ui, agurkies fyn gekap, sout en peper en bietjie droe pietersielie.

*

KAAS-EN-MOSTERD DOOPSOUS:

125ml gerasperde cheddar kaas

250ml room

45ml franse mosterd

Meng al die bestandele tot glad en verkoel

*

BLOUKAAS DOOPSOUS:

125gr bloukaas

125 gr roomkaas

125ml suurroom

30 gr gemalde amandels of macadamia neute

30 ml gekapte grasuie

15 ml brandewyn

3ml droe mosterdpoeier

Verpulp al die bestandele in voedselverwerker

*

HAM-EN-BLATJAN DOOPSOUS:

250gr ham

125ml mayonaise

125ml suurroom

40ml blatjan

5ml kerriepoeier

2ml suurlemoensap

Verpulp alles saam

*

MOSSELDOOPSOUS:

2 blikkies gerookte mossels

250gr maaskaas

15ml suurlemoensap

200ml suurroom

sout en peper

Verpulp alles saam

*

ADVOKADODOOPSOUS:

2 ryp advokadopeer

15ml suurlemoensap

250gr gladde maaskaas

3ml tobascosous

60ml mayonaise

30ml gekapte pietersielie

sout en peper

Verpulp alles saam

*

VINNIGE DOOPSOUS

250 ml room

250 ml ongegeurde joghurt

34 g wit uiesop poeier

Meng alles saam en laat `n rukkie staan vir die geure om te ontwikkel. Vir `n gesonder weergawe gebruik 500 ml joghurt en laat die room uit.

*

UIE DOOPSOUS

 190 ml room

45 ml mayonnaise

250 g korrelrige maaskaas

5 ml fyngerasperde ui

knippie rooipeper

1 ml Aromat

Meng alles deeglik saam en verkoel ten minste 30 minute voor bediening.

*

 DRIE MAKLIKE DOOPSOUSE

Jy benodig

  • 3 bakkies room- of gladde/chunky maaskaas
  • sout en peper na smaak
  • ’n hand vol gekapte pietersielie
  • 1 eetlepel groenpeperkorrels
  • 1 teelepel paprika
  • 100g parmesaankaas, fyngerasper
  • 1 takkie roosmaryn, fyngekap

Só maak jy

1 Klits jou kaas met ‘n vurk tot sag.  Skep die houertjies room- of maaskaas elkeen in ’n aparte bakkie uit en roer elkeen totdat dit glad is.
2 Net vir die smaak. Sprinkel ’n bietjie sout en peper oor elke bakkie en meng dit goed deur.
3 Tjoptjop ’n trio. Meng die pietersielie by die eerste bakkie in, die peperkorrels en paprika by die tweede bakkie en die parmesaankaas en roosmaryn by die derde bakkie.

Ina paarman se Olive and Rosemary  werk ook baie lekker.

*

Pietersielie “toasties” 

Pietersielie broodjies

Pietersielie broodjies

Neem een Franse brood en sny in snye.  Pak op ‘n bakplaat en en sprinkel bietjie pietersielie oor en “toast”/rooster tot droog en goudbruin.

*

Source Unknown

Source Unknown

As jy ‘n vleisie wil bysit, doen dit op die oulike manier – sny alles in lang dun skywe, komkommer, kouevleise, ryg op sosatie stokkie kersie tamaties, komkommer, kouevleise, gevulde olywe

Kersies toegedraai in spek - bron onbekend

Kersies toegedraai in spek – bron onbekend

Gewone kersies toegedraai in bacon, steek vas met tandestokkies. Ek braai myne sommer in ‘n pan met bietjie olie tot gaar of op die kole – Die foto wat ek gekry het sien ek gebruik hulle klaar gaar patats wat in blokkies gesny is en dan die spek omgedraai het.Die is ‘n goedkoper opsie – kersies is maar duur.

*

Mozzarrela Sticks by everycollegegirl.com

Mozzarrela Sticks by everycollegegirl.com

Mozzarrela Sticks

http://everycollegegirl.com/how-to-cook-healthy-mozzarella-sticks/

What you need

12 sticks of string cheese in your choice of cheese like mozzarella cheese

1 egg

2 tbsp of flour

5 tbsp of bread crumbs

2 tbsp of parmesan cheese

A dollop of olive oil, or cooking spray

Preparation

Cut the cheese sticks in half, making 24 slices, then freeze the slices in the freezer until completely frozen

Beat the egg in a small bowl. Use a separate bowl to combine the bread crumbs and parmesan cheese

To bread the cheese sticks: First dip the frozen cheese stick into the flour, then into the egg, then into the bread crumb mixture

Once all of the 24 sticks are coated, place them on a baking sheetcovered with aluminum foil coated with a few drops of olive oil or sprayed with cooking spray (this will keep cleanup to a minimum, and keep the sticks from sticking!)

Bake in the oven at 400 degrees for about 4 minutes, or until crisp. They need to be watched closely so they don’t melt completely!

*

South African eggs - Source Unknown

South African eggs – Source Unknown

Gevulde eiers: Versier met verskillende “goodies”in jou yskas.

SOUTH AFRICAN EGG

6 hardgekookte eiers 6 hard boiled eggs

50 ml mayonnaise 50 ml mayonnaise

15 ml gekapte vars pietersielie 15 ml chopped fresh parsley

50 ml gerasperde of fyngekerfde biltong 50 ml grated biltong or fyngekerfde

50 ml gerasperde Cheddarkaas 50 ml grated Cheddar cheese

gegarneer met dungekerfde skyfies biltong en takkies pietersielie dungekerfde chips garnished with parsley sprigs and dried

*

Bacon-wrapped-smokies -tastykitchen.com

Bacon-wrapped-smokies -tastykitchen.com

Bacon-wrapped-smokies-with-brown-sugar-and-butter

http://tastykitchen.com/recipes/appetizers-and-snacks/bacon-wrapped-smokies-with-brown-sugar-and-butter/

Ingredients

1 pound Bacon, Cut Into Thirds

1 pound Smokies of kaasworsies of ek dink vieannas sal ook werk

1 stick Butter (115gr)

2 cups Brown Sugar

Preparation Instructions

Preheat oven to 375F. Cut the bacon into thirds and wrap each smokie. Place all the wrapped smokies in a single layer in a baking dish. Then melt the stick of butter and then 1 cup of brown sugar and stir until mixed well. Pour the butter and brown sugar mixture on the smokies and bacon. Then take the other cup of brown sugar and sprinkle evenly over the smokies. Bake them for about 15-20 minutes and then turn the heat up to 400F for about 5 minutes or longer until the bacon becomes crispy.I guarantee if you make these, they will be gone! I made them for a gathering and everyone just kept eating them, and eating them …

*

‘n Voorafbereide brooddeeg.
Rol dun uit, sny in repe en lengte wat jy verlang. Neem een reep en
“twist”- sit op bakplaat wat gespuit is met spray en cook, strooi
bruinsuiker oor en bak tot gaar en crispy.Bedien saam met jou platter en
doopsous

*

Toegedraaide Aspersies - bron Onbekend

Toegedraaide Aspersies – bron Onbekend

Toegedraaide Aspersies – bron Onbekend

Neem aspersies. Ek sal sommer voorstel om die klaar gaar geblikte aspersies te gebruik.
Maak sommer in mikrogolf paar repies spek effe gaar. Draai om aspersie. Neem brooddeeg wat dun uitgerol is – sny in repe en draai die om die spek en aspersie en bak in die oond tot die deeg gaar en bruin in. 180grade c

*

Toegedraaide Viennas - Bron Onbekend

Toegedraaide Viennas – Bron Onbekend

Toegedraaide Viennas – Bron Onbekend

Neem brooddeeg wat dun uitgerol is. Neem vieannas. Rol elke vienna toe met sukkie deeg en sny die vienna met die deeg om in 4 stukkies. Bak in oond tot deeg gaar en bruin is. 180grade c

*

"Geskenk pakkies" - The Gunny Snack

“Geskenk pakkies” – The Gunny Snack

“Geskenk pakkies” – The Gunny Snack

Klaar voorafbereide brooddeeg – dun uitgerol. Sny sirkeltjies uit. Neem skyfie salamie en mozzarella of camembert kaas , vou toe – draai om – sprinkel Olive and Rosemary speserye oor (of enige speserye wat u keuse is) en bak in oond tot gaar en goudbruin.

*

Source Unknown

Source Unknown

Klaar voorafbereide brooddeeg – dun uitgerol. Sny sirkeltjies uit. Neem skyfie salamie en mozzarella of camembert kaas , vou toe – draai om – sprinkel Olive and Rosemary speserye oor (of enige speserye wat u keuse is) en bak in oond tot gaar en goudbruin.

*

PAAR IDEES WAT OM OP SOUT EN SOET PLATTERS TE PAK:

Southappie platter:

Gevulde doppies met tuna,mash,bacon,aspersie,spinasie,salm,maaskaas,hoender,sampioene,ham, ham balletjies, mini frikadelle, hoenderboudjies, hoendervlerkies, samoosa’s, springrolls, steakstrips, hoenderstrips, cheese grillers, klein pizza’s, tuna tertjies/wieletjies/poffertjies , maalvleis/hoender pasteitjies, mini souttertjies, mini vetkoekies, lepelsteeltjies, biltong happies, vienna’s op toothpicks en uitjies ,spek met kersie/dadels, kaasstrootjies, savory scons ,mielie en spek poffertjies, shusi broodjies, reenboogbroodjies, skilferkors pizza’s/wieletjies, bullybeef poffertjies ,kaasvierkantjies, tamboesies, sampioenhappies, deegjassies ,kersie tamaties, ,salticrax of enige kaaskoekie of provitas of cream crackers met verskillende smere, lang repies komkommer/wortel,verskilende stukkies kase, chillie bites, stukkies droe wors, gekerfde biltong, mini spinasietertjies, hotdogbuns in skyfies gesny (getoast ) met verskillende toppings bv tuna, kaas,gerasperde polonie met mayonaise, koue vleis opgerol met toothpick en stukkie aspersie in, gehalveerde eiers, crumbed mushrooms, russian in wieletjies gesny, agurkies in lang repies gesny, peppadews gevul met fetakaas,wasgoedbondeltjies, bacon happies, tortilla’s/pannekoek,wraps gevul en in klein stukkies gesny, chicken nuggets, cumbed chickenstrips, fish nuggets, stukkies koue boerewors, toasted broodjies in vierkante gesny. Pak kaasborde met verskillende kase bv cream cheese, feta, cheddar, blou kaas ens en spuit sweet chillie sous oor die kaas, ek gebruik enige soutkoekie saam met dit soos salticrax, tux ens.

Soethappie platter:

Doppies gevul met caramel kondensmelk, lemoncurt, piesangroom, aarbei vulsel, vlavulsel, pynappel vulsel, cremora vulsel, roomhorinkies, koeksisters, brandy balls, rumballs, vlaskywe, dadelballetjies, rice krispy balletjies, piesang poffertjies, eclairs, spits rookers, konfyttertjies, ystervarkies, skuimpies, sjokolademakrolletjies, melktertmuffins, fudge, klapperys, plaatkoekies, broodsisters, gevulde pannekoek met kondensmelk en piesang in skywe gesny, vars aarbei met punte wat in sjokolade gedruk is, scons met verskillende “toppings” , stroop poffertjies, karamel koekies, suurlemoen yskaskoekies, pienk mashmallow koekies, tamboesies, hertzoggies, sjokolade balletjies, verskillende vars berries wat in seisoen is, mashmalows wat se eenkant in sjokoladegedruk is en dan in klapper of gerasperde sjokolade, mini dougnuts

*

Groente Platter idees:

Groente platter - Source unkonwn

Groente platter – Source unkonwn

Source Unknown

Source Unknown

CAPRESE
By The Party Dress
Take a whole tomato and cut slices into it (about 1/4″ thick) without cutting all the way thru the other side. Insert a slice of fresh mozzarella cheese and a basil leaf in between each slice. Once the tomato is stuffed (it should “fan” out a bit) drizzle olive oil and balsamic vinegar over the top. Drizzle it with your favorite sea salt – — with Radilene Le Grange.

Diabete/diabetiese Resepte


Diabete

Diabete

Sonet Strydom

Sjokolade koek uit- volgehoue dieet boek no 2.

Bestandele:

200g patat geskil en in blokkies gesny
5ml koeksoda
60ml canola of macadamiaolie
125 ml kookwater
100ml kakaopoeier
375ml koekmeel,gesif
1ml sout
20ml bakpoeier
125 hawersemels
2 eiers
2 eierwitte
250ml sugalite
5ml vanielje
125 ml laevetkarringmelk of gewone jogurt
1 groot appel geskil en gerasper
30ml lae gi-appelkooskonfyt.(Dis om koek te plak)

Metode

Kook patat tot sag en druk fyn voeg koeksoda by warm fyn patat laat staan tot dit skuim.
Plaas olie en kookwater in kastrol op stoof en sit kakao poeier by. Roer tot opgelos en verhit tot kookpunt. Plaas in yskas tot afgekoel.
Sif meel, sout en bakpoeier in ander bak. Voeg die hawersemels by en meng ‘n paar keer met opligbeweging met lepel om te belug.
Klits die eiers en eierwitte 2min lank met elektriese klitser in groot mengbak. Voeg suiker in 2 hoeveelhede by, klop 1 min lank na elke byvoeging.
Haal kakao en olie mensel uit die yskas en roer die vanieljegeursel, jogurt\karringmelk, appel en patatmengsel by.
Voeg ‘n derde van hierdie mengsel om die beurt met die meelmengsel by die eiermengsel. Vou liggies in na elke byvoeging tot deeglik gemeng,sorg dat kakaomengsel nie ondertoe sink nie.
Giet beslag in 2 panne wat goed bespuit is. Versprei beslag na kante toe om te voorkom dat die koek te hoog rys in die middel terwyl dit bak. Bak 30 tot 40 min by 180•
Versiersel.
90ml sugalite
25ml kakaopoeier
200-250g vetvrye of laevetmaaskaas
5ml rumgeursel
Sif droog sAam by maaskaas en voeg rumgeursel by. Moenie te veel meng.
Plak die 2 koeke opmekaar met die appelkooskonfyt en smeer versiersel bo-oor.

Suikervrye Sjokolade koek

Posted by Admin@friKos

100 g bruismeel

2 eetl kakoa

100 g lae vet margarien

2 eiers

klein bietjie afgeroomde melk

50 g suikerplaasvervanger

Verhit die oond tot 180°C. Plaas al die bestanddele in `n bak en meng tot `n gladde beslag. Skep lepels vol van die beslag in elke gaatjie van `n kolwyntjie pannetjie. Bak in die oond vir 15 tot 20 minute. Laat heeltemal afkoel. Geniet. Vir gewone koek kan die kakao uitgelaat word.

Diabetic milktart
Ingredients:
Crust: 45g soft lite margarine
10ml canola oil
15ml SUGAlite*
1ml vanilla essence
1 egg
250ml bran-rich self-raising flour
Filling: 25ml cake flour
25ml cornflour
15ml custard powder
650ml low-fat milk
2 eggs, separated
50ml SUGAlite*
5ml vanilla essence
Ground cinnamon
Yields 12 slices
CRUST: Cream margarine, oil, sweetener and essence.
Add the egg and mix.
Stir in the flour to form a dough.
Press pastry into a 23cm pie plate.
Prick the base with a fork. Bake at 180ºC for 12-15 minutes until golden brown.
Remove from oven and cool.
FILLING: Mix flour, cornflour and custard powder with a little milk until smooth.
Heat the remaining milk to boiling point.
Stir the flour paste a little at a time into the boiling milk.
Cook, stirring, until mixture thickens.
Beat egg yolks and add to hot sauce.
Cook another minute, stirring constantly.
Stir in sweetener and essence.
Beat egg whites until stiff, fold into cooked mixture.
Pour into cooked crust and level the surface.
Sprinkle with cinnamon.
Cool completely.
1 slice = ½ starch + 1 fat + 100ml low-fat milk
Recipe from: South African Cookbook for Diabetes 1 by Hilda Lategan

Milktart
Ingredients
Base: (Makes enough dough for 3 bases)
100g Low Fat Margarine
1 Large Egg
500ml (2 cups) Cake Flour
125ml (85g) Sugalite®
Pinch of Salt

Filling:
500ml (2 cups) Fat Free Milk
2.5ml (1/2 t) Vanilla Essence
10ml (2t) Low Fat Margarine
2.5ml (1/2 t) Salt
125ml (85g) Sugalite®
62ml (1/4 cup) Cake Flour
1 Large Egg
1 Large Egg White
Ground Cinnamon, for sprinkling

Method

Base:
1. Cream margarine until light and fluffy, add the egg and beat well.
2. Sift the cake flour, Sugalite® and salt into the dry ingredients and mix to form a firm dough. Rest the dough for 30 minutes before using.
3. Press a third of the dough into a greased pie dish and bake blind in a preheated oven at 200ºC for 10 minutes until golden brown. The left-over pastry can be stored in a sealed container in the fridge for a week.
Filling:
1. Heat the milk, margarine and vanilla essence together in a pot.
2. Mix the salt, Sugalite®, cake flour and egg yolk together.
3. Add a little of the heated milk to the egg mixture and then add it to the rest of the milk. Bring to the boil, stirring constantly. Beat egg whites until stiff, not dry and fold into egg and milk mixture.
4. Pour it into the baked pastry case and leave to cool. When the milk tart is set sprinkle with cinnamon, cut into slices and serve.
Serves 8.

Recommend: 1 Slice per serving.

Annette Breytenbach
Diabetic chocolate chip cupcakes

4 tsp liquid sweetener
1/3 c butter
1 egg, beaten
2 tsp vanilla
½ c water
1¼ c flour
1 tsp baking soda
1 tsp baking powder
½ tsp salt
½ c semi-sweet chips
¼ c chopped nuts

Combine sweetener, butter, egg and vanilla. Beat 2 minutes on high. Add water and dry ingredients except chips and nuts. Blend well. Stir in nuts and chips. Fill paper lined muffin pan about 2/3 full. Bake at 190 degrees C about 30 minutes or until light golden brown.

Basiese vanielje-kaaskoek
Genoeg vir 10
Bestanddele:
200 g fyn amandels
45 ml kanola-olie
1 eierwit
450 g ricotta-kaas
450 g gladde laevet-maaskaas
40 g koekmeel
4 eiers
20 g suikerplaasvervanger (Canderel Yellow)Metode:
Verhit oond tot 180 ºC. Meng amandels, olie en eierwit saam tot gladde mengsel. Voer losboompan van 30 cm uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep amandelmengsel onder in pan en druk stewig vas met lepel se agterkant. Bak dié kors 8 – 10 minute of tot goudbruin. Haal uit oond en verlaag temperatuur tot 140 ºC. Plaas res van bestanddele in voedselverwerker en verpulp by hoë spoed tot gladde mengsel. Skep die vulsel in die voorbereide amandelkors en smeer gelyk. Plaas losboompan in ’n oondpan en vul die oondpan met kookwater tot op die hoogte van die vulsel in die losboompan. Plaas in warm oond en bak sowat 3 uur of tot gestol soos jellie. Verwyder uit oond en laat afkoel tot louwarm. Plaas in yskas en verkoel tot gestol. Verwyder ring en sit voor.

Dankie aan : Sarie Tydskrif

 Diabetic chocolate chip cupcakes

4 tsp liquid sweetener
1/3 c butter
1 egg, beaten
2 tsp vanilla
½ c water
1¼ c flour
1 tsp baking soda
1 tsp baking powder
½ tsp salt
½ c semi-sweet chips
¼ c chopped nuts

Combine sweetener, butter, egg and vanilla. Beat 2 minutes on high. Add water and dry ingredients except chips and nuts. Blend well. Stir in nuts and chips. Fill paper lined muffin pan about 2/3 full. Bake at 190 degrees C about 30 minutes or until light golden brown.

Karringmelk Beskuit
1½kg bruismeel
8teel vloeibare Natreen Versoetter
2 eiers – geklits
500ml karringmelk
250ml melk
5ml sout
500g Stork Bake Margarine.
Smelt die botter en roer Natreen in, Voeg karringmelk en vars melk by. Voeg eiers en sout by. meng alles goed. Voeg bruismeel by en meng. Dis ‘n stywe deeg. Deel deeg in twee en ruk in ‘n rolkoekpan of oondbakpan Bak teen 180ºC vir 30-40min. Droog oornag uit in ‘n oond van 50ºC. Ek sny die deeg in vingers voor ek dit bak, dan breek dit makliker

Volkoringbeskuit vir diabete

250 gr Margarien
375 ml Laevet Karringmelk
125 ml Semels
800 ml Volkoringmeel
125 ml All-Bran Vlokkies
125 ml Koekmeelblom
25 ml Bakpoeier
5 ml Sout
90 ml Fruktose

Metode:
Smelt margarine en voeg di karringmelk by.
Meng die droё bestanddele.
Roer melkmengsel by die droё bestanddele.
Meng om ‘n sagte deeg te vorm.
Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne.
Maak gelyk.
Bak teen 180° C vir 50 minute.
Laat afkoel.
Sny in beskuite.
Droog teen 80° C vir 8 uur of in lou aand.
Lewer ongeveer 50 beskuite.
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

Hoender-Voupakkies (Sarie Resepte)

Aandete binne 30 minute

25 minute

(4 porsies)

Bestandele:

30 ml olyfolie
60 ml botter
2 knoffelhuisies, gekap
4 hoenderborsies, in repies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
250 ml Griekse jogurt
handvol koljander, gekap
4 voupakkies (wraps)
2 tamaties, in skywe gesny
halwe komkommer, in stokkies gesny
Verhit olyfolie en botter in ‘n mediumgroot pot. Voeg knoffel by en braai stadig tot goudbruin. Voeg hoenderrepies by en braai vir sowat 8 – 10 minute of tot goudbruin en gaar. Geur goed met sout en swartpeper. Meng jogurt en koljander. Rooster voupakkies in ‘n warm pan tot sag. Smeer kruiejogurt op en verdeel tamaties en komkommer tussen elkeen. Sit hoender op en vou toe. Sit warm voor.

Herderspastei

Aandete binne 30 minute (SARIE RESEPTE)

Gereed en op die tafel in 30 minute!(4 porsies)

Bestandele:

45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
500 g maalvleis
1 x 410 g-blik tamaties
45 ml origanum, gekap
45 ml pietersielie, gekap
250 g bevrore gemengde groente
sout en varsgemaalde swartpeper
4 aartappels, gekook tot sag en fyngedruk
1 eier, geklits

Metode:

Verhit oond tot 200 ˚C. Verhit olyfolie in ‘n mediumgroot pot. Plaas ui en knoffel in pot en braai stadig vir sowat 5 minute tot ui begin verkleur. Voeg maalvleis by en roerbraai vir 8 – 10 minute. Voeg tamaties en kruie by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 10 minute. Voeg gemengde groente by en geur goed met sout en swartpeper. Verdeel mengsel tussen 4 oondvaste bakkies of een groot bak. Skep fyn aartappels bo-op en verf met geklitste eier. Bak vir 5 – 10 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

Bobotie vir diabete

Hilda Lategan (SARIE RESEPTE)

Bestandele:

10 ml olyfolie
1 middelslag-ui, gekap
1 kg gemaalde, maer beesvleis
5 ml gemaalde gemmer
15 ml matige kerriepoeier
7 ml borrie
1 ml witpeper
7 ml sout
60 ml (70 g) diabetiese appelkooskonfyt
30 ml asyn
15 ml Worcestersous
2 dik snye bruinbrood
4 suurlemoen- of lourierblare
2 middelslag-eiers, geklits
125 ml laevetmelk

Metode:

Verhit oond tot 180 °C. Verhit die olie en roerbraai die ui tot dit deurskynend is. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot die vleis verkleur. Roer al die speserye, sout, konfyt, asyn en Worcestersous by die gebraaide vleis. Week die brood in water en druk dan die water uit. Krummel die brood en voeg by vleismengsel. Roer om te meng. Skep die vleismengsel in ’n gesmeerde oondskottel en maak gelyk. Skeur die suurlemoenblare in die lengte deur of breek die lourierblare middeldeur en steek dit in die vleismengsel. Klits die eiers en melk saam en giet oor die vleis. Bak 35 – 40 minute tot die eiervla gestol is. Sit warm voor saam met geelrys, geelwortels met lemoensous en gewone gekookte groenboontjies.

Uit: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien-weerstandigheid 1, Hilda Lategan, Tafelberg Uitgewers, 2009

Spesery Karringmelk Poeding

(SARIE RESETPE)

Vir ons diabeet vriende Met hierdie poeding het ek grootgeword en ek sal dit nou nog elke aand kan eet. Tradisioneel is dit met ingelegde vye of goue stroop voorgesit, maar my stropie is net so lekker.(8 – 10 porsies)

Bestandele:

3 eiergele
250 ml suikerplaasvervanger
2,5 ml sout
15 ml laevet-margarien, gesmelt
1 liter karringmelk
250 ml volgraan-bruismeel
5 eierwitte
5 ml vanielje-ekstrak met sade

Stroop

125 ml suikerplaasvervanger
250 ml water
2 kaneelstokkies
1 vanieljepeul
1 naeltjie

Metode:

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n oondvaste bak goed met kleefwerende kossproei. Klits eiergele, suikerplaasvervanger en sout goed saam. Klits margarien by. Klits karringmelk en bruismeel beurtelings by die eiergeelmengsel. Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die karringmelkmengsel in. Roer die vanielje-ekstrak by. Giet in die voorbereide bak en bak sowat 40 minute tot gestol en bruin.

Stroop

Kook al die bestanddele saam tot helfte van volume oorbly. Gooi warm stroop oor poeding sodra dit uit die oond kom. Sit voor met diabetiese roomys of laevet-vla.

Leipoldt se Soetpatats (langer manier)
(SARIE RESEPTE)
Ek het klein patats gebruik, want Leipoldt sê jy moet die patats heel hou.(4 – 6 porsies)

Bestandele:

1 kg klein patats
100 g botter
200 g suiker
1 heel kaneelstok
sout na smaak

Metode:

Skil die patats (en as hulle groot is, sny in groot stukke). Smelt die botter in ’n groot kastrol. Voeg die suiker by en hou aan roer tot die suiker gesmelt is. Kook die botter-suikermengsel tot ’n ligte karamel. Voeg die patats by en meng goed met die karamel. (Die karamel sal effens hard word wanneer jy die patats byvoeg, maar die vog in die patats sal dit weer loperig maak.) Voeg die kaneelstokkie by en geur met ’n bietjie sout. Stel jou stoofplaat op ’n lae hitte en sit ’n deksel op die kastrol. Moenie die patats roer nie, want dit kan uitmekaar val en jy wil dit heel hou. Skud so elke nou en dan die kastrol sodat die patats bedek word met die karamel. Kook die patats tot sag, maar moenie té lank kook nie – dit sal dan soos ’n moes word.

Rooibostee Koek  vir Diabete

(SARIE RESEPTE)

Dis ’n heerlike klamkoek en veral lekker by middagkoffie. Indien jy diabetiese witsjokolade in die hande kan kry, is dit veral lekker as jy 100 g sjokolade smelt saam met 100 ml gewone jogurt. Vervang dan die bolaag hiermee.

Bestandele:

125 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
125 ml sultanas
50 g laevet-margarien
180 ml suikerplaasvervanger
3 eiers
140 g (250 ml) koekmeel
140 g (250 ml) volkoringmeel (nutty wheat)
10 ml bakpoeier
knippie sout
2 ml kaneel
50 ml karringmelk
75 ml appelsous
skil van 1 suurlemoen
Sous

300 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
45 ml suurlemoensap
125 ml suikerplaasvervanger
Bolaag

250 ml laevet-maaskaas
suikerplaasvervanger na smaak
5 ml vanieljegeursel

Metode:

Verhit oond tot 180 ºC. Spuit ’n ringkoekpan van 24 cm deursnee met kleefwerende kossproei. Gooi die warm tee oor die sultanas en laat staan tot benodig. Room margarien en suikerplaasvervanger tot liggeel. Klits eiers een vir een by. Sif koekmeel, volkoringmeel, bakpoeier, sout en kaneel saam. Roer die meel- en tee-mengsel beurtelings by die margarienmengsel tot ’n sagte beslag vorm. Roer die karringmelk, appelsous en suurlemoenskil by. Skep beslag in voorbereide pan. Bak vir 40 minute tot gaar. Gooi die warm stroop bo-oor die koek.
Stroop Kook tee saam met die suurlemoensap en suikerplaasvervanger. Kook ongeveer 3 minute. Bo-laag Meng al die bestanddele en skep oor die afgekoelde koek.

KOMMENTAAR Die koek moet verkieslik in 20 stukkies gesny word. Die GI van die rooibostee-koek is nie heeltemal so laag nie.

Hilda Lategan
Gesondheids- of diabetiese beskuit

1 kg bruismeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
4 x 250 ml semels
125 ml klapper
125 ml rosyne of sultanas
500 g margarien
500 ml karringmelk
3 ekstra groot of 4 klein eiers
20 sacharienpilletjies of 4? teelepels
natreenversoeter
30 ml bruinsuiker

Stel die oond op 180°C. Smeer twee rolkoekpanne 40 x 30 cm of een broodpan.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die semels, klapper en sultanas by en meng. Vryf die botter of margarien met die vingerpunte in die meelmengsel in. Klits die res van die bestanddele saam, voeg by droë bestanddele en meng. Skep in voorbereide pan(ne). Smeer gelyk met spaan. Indien rolkoekpanne gebruik word: Doop die spaan in ‘n bietjie water en sny die deeg in vierkante of langwerpig.
Bak sowat 30 – 45 minute tot gaar. Laat afkoel op draadrak. Breek los deur met ‘n vurk op snymerke te steek en droog in ‘n koel oond.
Lewer sowat 60 beskuitvingers

Suikervrye piesangbrood – Diabeet

Labels: Resepte: Diabetiese Geregte
Maak: 1 brood
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180 °C

Jy benodig
3 ryp piesangs, fyngedruk (sowat 300 ml)
3 ml koeksoda
125 ml kookwater
50 ml gesmelte botter
100 ml xylitol (‘n natuurlike versoeter)
2 groot eiers, geskei
125 ml laevetmelk
5 ml vanieljegeursel
310 ml (170 g) koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml fyn neutmuskaat
100 g hawermout
50 ml grofgekapte pekanneute

So maak jy
1 Roer die koeksoda en kookwater by die piesangpuree. Laat dit afkoel.
2 Klop die gesmelte botter, xylitol, eiergele, melk en vanieljegeursel saam. Roer dit by die puree.
3 Sif die meel, bakpoeier, neutmuskaat en ‘n knypie sout saam. Roer die hawermout en neute daarby. Roer die pureemengsel by die droë bestanddele in. Klop die eierwitte styf en vou dit in die beslag in. Skep dit in ‘n gesmeerde en gevoerde broodpan. Bak dit in ‘n warm oond vir ‘n uur of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.

Hierdie resep was in Idees Tydskrif

Lemoenkoekie

Dié koekies het ‘n skontekstuur en herinner aan outydse rotskoekies, maar in plaas van speserye is hulle met lemoen gegeur. Eet die koekies binne twee dae.
Sap en fyngerasperde skil van 1 lemoen
125 ml laevet-margarien
30 ml kunsmatige versoeter
1 eier
500 ml koekmeelblom
2 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
1 ml sout
125 ml karringmelk
Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ‘n paar bakplate. Verroom die margarien en versoeter tot lig en voeg die eier, lemoensap en -skil by. Klits goed. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en roer dit om die beurt met die karringmelk by die droë bestanddele in. Skep teelepelsvol op die bakplate (laat genoeg spasie tussen elkeen, want die koekies sprei) en bak vir 10-12 minute tot liggoudbruin. Laat effens afkoel op die bakplate en pak dan versigtig op draadrakke. Wanneer afgekoel, bêre in lugdigte houers.

Diabetiese “peanut butter” koekie

1 kop meel
1/2 kop “creamy peanut butter”
1 eier
1 teel. vanilla
1/4 teel. sout
1 1/2 teel. bakpoeier
1/2 kop water
1 eetl. “liquid sweetener”
1/2 kop slaai olie

Meng alles saam in ‘n groot mengbak.Maak dit balle en sit op ‘n voor af gespreide oondplaat.
Bak teen 180 grade vir ongeveer 12-15 min

Denise Afonso
3 DIABETIC FUDGE RECIPES:
Recipe #1
Ingredients
1 env. gelatin
¾ tsp liquid sweetener
½ cup milk powder
¼ cup water
¼ cup chopped nuts
1/8 tsp cinnamon
1 sq unsweetened chocolate
½ tsp vanilla
¼ cup water
Preparation
Dissolve gelatin in a cup of water and stir for about 5 minutes. In a saucepan, melt chocolate along with liquid sweetener and cinnamon.
The cup of water and milk powder should be added gently to the chocolate mixture. Add gelatin to this mixture. Keep stirring continuously, until gelatin is completely dissolved.
Then, the pan should be removed from heat. Add vanilla to this mixture and allow it to cool down. Add nuts, when the mixture starts to thicken. Transfer the mixture into a cooling pan. When it becomes firm, cut into small squares.

Recipe #2
Ingredients
¼ cup margarine
24 packets Equal sugar substitute
8 ounces reduced-fat cream cheese, softened
2 oz unsweetened chocolate
1 teaspoon vanilla extract
½ cup chopped walnuts
Preparation
Lightly grease a pan with non-stick spray. Place margarine in a saucepan and melt it over low heat. Add chocolate to it and stir, until the chocolate melts. Remove the pan from heat and add vanilla and sweetener to it.
Mix the cream cheese and the chocolate mixture together. Beat it well, until it becomes smooth. Then add walnuts.
Spread the mixture in the greased pan and refrigerate it, until it becomes firm.

Recipe #3
Ingredients
1 cup 2 percent milk
½ cup sweetener equal to ½ cup sugar
1 cup water
5 tbsp unflavored gelatin
¾ cup unsweetened cocoa powder
1 tsp brandy extract
Preparation
In a small saucepan, mix together milk and cocoa powder and whisk, until cocoa powder is completely dissolved in milk. Make sure that there are no lumps of cocoa. Heat this mixture over medium heat for about 5 minutes, until it becomes thick.
In another saucepan, add gelatin into the water and mix it well. Allow it to stand for about 5 minutes. Heat this mixture over low heat, until gelatin is completely dissolved.
Pour gelatin into the milk and cocoa mixture. Then, add sweetener and brandy extract. Keep stirring continuously. Remove from heat and pour the mixture into a greased pan. Refrigerate the mixture, until it becomes firm and then, cut it into squares.
A diabetic person can satisfy his/her fondness for sweets, control blood sugar levels and maintain healthy weight with these fudge recipes.

Paasbolletjies vir diabete en mense wat suiker moet uitsny

(SARIE RESEPTE)

Die donkersjokolade maak die bolletjies spesiaal. ’n Bietjie strooisuiker word in die resep gebruik, want gis het altyd suiker nodig as voedsel – met suikerplaasvervanger rys dit glad nie so lekker nie. Hier is min suiker in, en ek gebruik wel suikervrye appelkooskonfyt.Eet die bolletjies sodra hulle uit die oond kom. Ná ’n dag of so begin hulle droog word. Hulle vries goed, of gebruik hulle in die broodpoeding.

(18 Bolletjies)

Bestandele:

500 ml koekmeel
500 ml volkoringmeel
60 ml strooisuiker
2 x 10 g kitsgis
7 ml sout
5 ml gemengde speserye
5 ml kaneel
60 g laevet-margarien, in blokkies gesny
180 ml sultanas of rosyne
375 ml vetvrye melk, warm
1 eier
100 g 70%-donkersjokolade, in stukkies gebreek

Meelpasta vir kruise

60 ml meel
10 ml suikerplaasvervanger
50 ml water

Glasuursel

60 – 100 ml suikervrye appelkooskonfyt, verhit en deur ’n sif gedruk
Verhit oond tot 190 °C.

Meng meel, strooisuiker, gis, sout en speserye. Vryf margarien in by mengsel tot dit soos droë broodkrummels lyk. Roer die rosyne of sultanas by.

Meng melk met die eier en voeg by die mengsel. Meng tot ’n klewerige deeg vorm.

Knie ongeveer 10 minute. Bedek en laat rys op ’n warm, droë plek tot dubbel in volume – ongeveer 30 minute.

Knie deeg af op ’n meelbestrooide oppervlak. Verdeel deeg in 18 porsies en rol in bolletjies.

Verdeel sjokolade en vou dit toe in die bolletjies. Plaas op ’n bakplaat wat óf met teflonpapier oorgetrek is óf met bakpapier wat met kleefwerende kossproei gespuit is.

Laat die bolletjies rys vir ongeveer 20 minute.

Kruise

Maak intussen die meelpasta vir die kruise.

Meng die meel, suikerplaasvervanger en water tot ’n pasta. Plaas in ’n deurskynende plastieksakkie. Sny ’n klein gaatjie in die punt van die sakkie.

Spuit kruise met die pasta op die bolletjies sodra dit klaar gerys het. Plaas in voorbereide oond en bak vir ongeveer 20 minute tot gaar. Smeer glasuursel oor sodra bolletjies uit oond kom.

Die bolletjies is net so lekker sonder die sjokolade.

Gebruik altyd die beste gehalte sjokolade wat jy kan kry, bv. Lindt se 70%-donkersjokolade.

Granadilla fridge tart - Photo Food24

Granadilla fridge tart – Photo Food24

Yskastert

Carika Kahl

200 ml kookwater

1x 80g pakkie jelliepoeier OF 3 x 10g –pakkies suikervrye jelliepoeier

250 ml vetvrye melk

2 ml vanielje geursel

30 ml (2 eetlepels) suiker ( Kan vervang word met ‘n suiker substitute?)

30 ml (2 eetlepels) vlapoeier

380g (1 blik) ingedamplte melk, verkil oornag in die yskas

200g (1 pakkie) spysverteringkoekies (Bv. Bettasnack original)

1 klein blikkie granadella moes

Los die jelliepoeier p in die kookwater en verkil in die yskas tot dik maar nie heeltemal gestol nie.

Verhit die meeste van die melk tot kookpunt.

Gebruik die oorblywende melk en meng die vlapoeier saam met die vanielje geursel en suiker tot ‘n gladde pasta.

Gooi bietjie van die warm melk by die pasta, meng en verdik die res van die melk hiermee oor lae hitte. Roer voortdurend tot dit verdik en plaas dan die vla in die yskas.

Klits die ingedamte melk styf. Vou die halfgestolde jellie by die ingedampte melk in. Klop tot die volume verdubbel het.

Plaas die koekies in ‘n plastieksak en druk fyn met koekroller. Sprinkel ‘n dun lagie krummels in ‘n reghoekige of vierkantige tertbak.

Meng die grenadella moes met die vla mengsel. Smeer oor die koekies.

Sprinkel nog ‘n laag koekies oor die vlalaag. Giet nou die ingedampte melk mengsel (stadig en versigtig) oor die koekiekrummels.

Versier met oorblywende koekiekrummels en laat stol in yskas tot benodig.

Pampoen gereg

Henrietta Klaasing
Ons het by ‘n lodge hier in ons omgewing gaan eet vandag: “gelooflik” lekker sout pampoen gereg, met ‘n hele Iron Bark pampoen ( ek het sout-deel waardeer: my man het tipe 2 diabetes en moet versigtig wees vir suiker).

Die dame was gaaf genoeg om vir my die resep te gee: was die hele pampoen silwerskoon, sny die steel-gedeelte soos ‘n deksel uit. Haal die pitte ens uit, sodat dit ‘n holte vorm. Vul die holte met groente van jou keuse – sy het verskillende ander soorte pampoentjies gebruik soos patty pans en baby marrows, kleiner gesny. Sy het ook genoem gebraaide spek en uie, sampioene, klein worteltjies. Gooi sout en peper na smaak oor , ook ‘n halwe koppie room. Sy het ook gesê kaas-witsous ipv room vir variasie.

Sit die pampoen-dekseltjie weer op. Maak hele pampoen met deksel en al goed toe met DIK tinfoelie, sit in oondskottel en bak vir 2 tot 2 1/2 ure afhangende van grootte van pampoen by 180 grade.

Toets of gaar: druk skerp mes in kant van pampoen – dit moet maklik ingaan soos by gaar pampoen wat op stoof gekook is. Mens sny dit soos ‘n koek se skywe. Dit was lip-lek-lekkkkerrr!

Chicken Nuggets vir diabete- bron onbekend

Chicken Nuggets vir diabete- bron onbekend

Hoender nuggets
VIR ONS DIABETE
Annerien Vermeulen se:
My kinders kry dikwels hierdie nuggets. Dis heerlik as jy dit warm eet, maar ewe lekker koud, en dus ideaal vir ’n kosblik. Die nuggets kan ook gebruik word as deel van ’n slaai, of in ’n tortilla-wrap. Ek het altyd van die krummelmengsel in my yskas, sodat ek vinnig iets lekkers en gesonds aanmekaar kan slaan. Pak saam met die nuggets ’n houertjie vetvrye jogurt, ’n lae-GI muffin en ’n vars vrug in.

(4 porsies)

250 ml witbroodkrummels (gebruik verkieslik lae-GI witbrood – rooster die brood, en verwerk dit dan tot krummels in ‘n voedselverwerker)
60 ml gerasperde parmesaankaas
10 ml gedroogde oreganum
10 ml gedroogde basiliekruid
5 ml sout
5 ml paprika
2,5 ml gedroogde tiemie
500 g ontbeende hoenderborsies sonder vel, gesny in stukkies van ongeveer 3 – 4 cm in deursnee
15 ml olyfolie
Voorverhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier. Meng al die bestanddele behalwe die hoender en olie in ’n plastieksakkie. Gooi die hoender by en kombineer. Sit die hoenderstukke op die
bakplaat. Sprinkel oli