Gevriesde geregte/geregte wat goed vries


vries

PAAR IDEES VIR GEREGTE WAT GOED VRIES

BAK ALLES TOT GAAR EN VRIES DAN

TRADISIONELE BOBOTIE: (IRENA KINGWILL)
2 Dik snye BRUIN brood
275 ml melk
2 uie fyngekap
3 huisies garlic gekap
30ml kerrie
15ml appelkooskonfyt
30ml chutney
25ml bruin asyn
5ml suurlemoensap
15ml wostersous
15ml borrie
1 kg maalvleis
100ml ontpitte rosyne
100ml amandels / of peanuts
10ml sout
3 eiers
125ml ongegeurde joghurt
8 klein suurlemoenblare opgerol soos sigarette
3/4 lourierblare
Breek brood in stukkies en week in die melk
Braai uie en knoffel tot sag voeg by kerrie en appelkooskonfyt. Voeg chutney, asyn suurlemoensap wostersous en 10ml BORRIE by en meng goed.
Druk melk uit brood en voeg by – hou melk eenkant
Voeg maalvleis, rosyne neute sout en peper by en braai tot vleis die pienk kleur verloor
Verwyder van stoof en klits slegs 1 eier by.
Gooi in platbak en steek opgerolde suurlemoenblare in mengsel
Meng die melk, joghurt orige borrie en eiers en gooi stadig bo-oor die vleismengsel.
Gooi lourierblare oor en bak vir 1 uur by 180 grade tot gaar

Vries

My vinnige LASAGNE resep !! (Rens)

Hierdie  is groot genoeg vir ‘n 30 x 20 cm pyrex glasbak en die vries baie lekker

Ek gaan seker nou baie teenkanting kry met die resep omdat ek my maalvleis en uie sommer saam kook ipv om die uie te braai, maar jy kan dit of kook of braai – die is maar net my  vinnige resep wat ek deel

750 gr maalvleis

2 uie grof gekap

Halwe pakkie sampioene (gekap)

Gooi b.g in ‘n pot met bietjie water en kook vinnig tot alles sag is. Jou maalvleis kan maar nog effe pienkerig wees.

Gooi by:

1 blikkie Chakalaka met butternut

1 Blikkie room mielies (sweetcorn)

2 tamaties gekap en in blokkies gesny

3 opgehoopte eetlepels bladjang

Sout, peper en knoffel vlokkies na smaak

Laat die prut vir ‘n rukkie tot alles deurgaar/warm is.

Maak intussen sommer in jou mikrogolf ‘n lekker DIK witsous. Jou sous moenie te loperig wees nie anders is jou lasagne pap

Pak nou jou lae met die maalvleis, lasagne velle en witsous – ek pak gewoonlik so 3 lae

Rasper tussen elke laag bietjie kaas oor

Eindig af met jou witsous en kaas.

Sit nou die lasagne eenkant neer vir ongeveer 1 uur sodat die velle sag kan raak. Die ander opsie is om jou velle in water te kook vir so 4 minute tot amper sag – jy kan dan jou lasagne dadelik oond toe vat.

LASAGNE

1 ½  kg maalvleis

2 uie gekap

125 gram spek, gesnipper

Braai bruin in 15 ml margarien of olie

Voeg by:

10 ml Origanum

10 ml knoffelvlokkies

1 vol teelepel sout

1 Blik tamatiepuree

250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.

Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.

Kaassous:

100 gram margarien

100 ml meel

sout na smaak

850 ml melk

Voeg 1 ½ koppie gerasperde kaas by.

Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.

Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.

Vries

HOENDER LASAGNE

Hierdie is my gunsteling hoender lasagne resep – Bestandele:
12 velle lasagne
1 EL olie
1 Ui in skywe gesny
100 g Sampioene, in skywe gesny
2 TL gemaalde gemmer
1 TL nutmeg
3 bay leaves
Sout en peper na smaak
3 gaar hoender porsies, (ontbeen en vel, en in stukkies gesny)
1 EL mazina
450 ml melk
150 ml Griekse Jogurt
100 g gerasperde Cheddar

1. Kook die lasagne in sout water tot sag. (‘n Bietjie olie in die water sal keer dat die velle aan mekaar vasplak).
2. Maak die olie warm in ‘n pan, en braai die uie tot sag.
3. Gooi die sampioene by, en braai vir ‘n verdere 3 minute.
4. Gooi die speserye, bay leaves, sout en peper by, en roer deur. Voeg dan die hoender by.
5. Meng die mazina en melk goed, en gooi dan by die hoender in die pan. Bly roer totdat die sous dik word.
6. Haal die lasagne uit die water, en plaas dit oop op kombuisrol om al die extra water te verwyder.
7. Plaas dan die lasagne velle en hoender mengsel in lae in ‘n oondvaste bak (ek hou daarvan om met ‘n laag lasagne te begin en eindig).
8. Meng die Jogurt en kaas, en smeer bo-oor die laaste laag.
9. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200C vir 30 minute, of totdat die kaasmengsel bo-op mooi bruin gebraai is.

Vries

MAALVLEISPASTEI
1 kg maalvleis

2 kop koue water
1 kop sagte broodkrummels

25 ml asyn
10 ml sout

knippie peper
Kors:
1 eier

125 ml olie
125 ml melk

1 k meel
2 t bakpoeier

2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed.

Rencia Odendaal Pretorius

MAALVLEIS BOLLETJIES

1 kg maalvleis

2 groot aartappels (gerasper)

1 groot ui (gerasper)

2 eiers

Handvol oats

1tl kerrie

2eetl asyn

Sout en peper

1/2 teel bakpoeier

Meng al bo-genoemde bestandele

Maak bolle en sit in casserol , sit deksel op

Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water

Gooi bo-oor en bak op 120/130  grade vir 1 en kwart uur/na uur en ‘n half

Vries

KERRIE SKAAPVLEIS

Bestanddele
1.5 kg Skaapvleis in blokkies
4 Uie fyngekap
250 ml Water gekook
37,5 ml Appelkooskonfyt
12.5 ml Kerriepoeier
12.5 ml Suiker
12.5 ml Meel
12.5 ml Asyn of Suurlemoensap
Sout en Peper na smaak

Metode
Soteer die ui in margarien tot ligbruin. Voeg vleis by die uie mengsel. Braai vleis tot lig bruin. Gooi water by en laat kook vir so 1½ tot 2 ure. Maak ‘n pasta van al die ander bestanddele. Kook tot vleis sag is. Vries

RENCIA SE GROENTESOP                                                                                

3 groot shins (bees) of kookvleis/of wildsvleis bene – enige vleis wat jy wil ingooi

300gr maalvleis / of net maalvleis so 500gr

7 wortels gerasper

4 uie gekap of gerasper

5 aartappels geasper

Paar stukkies seldery gekap

3 tamaties (geskil en gekap

Opsioneel, ek gooi sommer groenbone en pitmielies ook by – so 2 kop elk

Bietjie garlic

1 kop (3 in 1 sop mengsel)

Sit die shins onder in jou stoompot

Gooi al die groente en maalvleis bo-op

Heel laaste jou 3 in 1 sopmengsel.

Gooi nou water in tot dat dit net bo die vleis en groentemengsel le

Stoom vir 1 uur

Los dat die stoompot  self afstoom

Maak oop en roer deur en verwyder bene

Vat nou enige geur soppoeir , ek vat sommer die Oxtail met Kerrie of oxtail met chutney

Maak aan met bietjie water en gooi by sopmengsel

Kook lekker deur

Proe nou of daar nog sout en peper kort. Ek doen dit gewoonlik heel laaste want dit hang af wat se sop jy gebruik. Partykeer is die sop genoeg vir smaak

As jou sop nog te dun is, gooi bietjie soppoeir nog by of bietjie bisto.

Hierdie resep vries baie lekker. Skep in jou bakkies, laat afkoel en vries.

 

BOONTJIE SOP

Mariette Visser

1 sakkie (500g) suikerbone

3 liter kookwater

500 – 800g beef shin (bees skenkels) of skaapskenkels of -stowevleis (of albei)

1 groot ui, gekap

1 biefblokkie

1 blikkie (65g) tamatiepasta

25 ml Bisto

15ml Worcestersous

sout en peper

Week boontjies oornag in baie koue water.

Die volgende dag: was en dreineer boontjies en kook dan met 2 liter van die

kookwater tot sag.

Braai ui en vleis bietjie bruin en kook dan met orige 1 liter kookwater tot baie sag.

(‘n Drukkoker/stoompot is baie handig!)

Verwyder die bene en sny vleis inkleiner stukkies en voeg saam met die vleissous en

biefblokkie by die boontjies.

Meng die tamatiepasta, Bisto en Worcestersous met bietjie koue water en roer by

die sop in – geur met sout en peper.

Laat dit goed deurkook. Vries

MACARONI EN VLEIS GEREG

Bestanddele Kors
225 g Rou Maalvleis
½ k Melk
1 k Vars Broodkrummels
1 e Water
1 Fyn Gekapte Ui
‘n Knippie Sout
1 t Worcester sous
1 t Blatjang
1 t Gemengde Kruie

Bestanddele Vulsel
¼ Pak Macaroni
2 k Gerasperde Kaas
1 e Margarien
1 e Meel
3 e Melk
2 Tamaties
1 t Mosterd

Metode Kors
Meng al die bestanddele. Voer gesmeerde tertbak uit met mengsel. Bak 25 minute teen 180ºC.

Metode Vulsel
Kook Macaroni en dreineer. Smelt botter en meel oor lae hitte. Voeg mosterd en twee derdes van kaas en 1 tamatie by. Roer melk by en roer tot dik. Gooi sous oor die macaroni en meng. Skep nou die macaroni mengsel in kors. Sit die orige kaas en tamaties bo oor die gereg. Sit en oond en bak tot lig bruin. VRIES

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:

1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok

1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)

100 ml mayonaise

1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak

400ml witsous

50ml gekapte vars pietersielie

2 eiers geklits

Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.

Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor

Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor

Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

  

SUPER MAKLIKE HOEDERPASTEI

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok

250gr gram spek (opsioneel)

Hoenderspeserye, fyn naeltjies,garlic,  peper en sout

1 of 2 uie gekap
250 g sampioene in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier

1 pakkie Chicken a la king – cook in sauce

1 koppie veggie mix

1 liter melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarin
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Braai uie, spek en sampioene. Gooi die groente in en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels in en laat net effe kook – voeg die speserye by en hoender. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of bietjie meel as jy sien mengsel is te dun.

Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor  EN VRIES. Haal uit vrieskas en  bak in vooraf verhitte oond vir  45 min by 180 grade C of tot ligbruin.

Jy kan hier ook ipv die skilferkors deeg die SLAP PASTEI DEEG  maak. Die sit jy op, bak klaar en vries:

SLAP PASTEI DEEG:

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml koekmeel en 2tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20min tot gaar en goudbruin

Rencia Odendaal Pretorius

KERRIE EN RYS

500 gr maalvleis

1 ui – grof gekap

Paar stukke green/yellow/red pepper – grof gekap

4 tot 5  sampioene – in 4 gesny

2 tamaties geskil en in blokkies gesny

2 wortels – grof gerasper

1 kop catering veggie mix (of 1 blikkie gemengde groente)

3 aartappels – afgeskil en in blokkies gesny (pre-cook die in mikrogolf vir so 4 min)

Kerrie, borrie, garlic, aniseed stars, cumin, masala, bay leaves  (dit wat jy gebruik in jou Kerrie)

(Ek het by Indiese spesery winkel so ‘n pakkie Mild Mixed curry gekoop – ek gebruik net so 1 eetlepel daarvan – dit het alles reeds in)

Braai jou uie en maalvleis in bietjie olie, voeg kerrie mengsel by – gooi die wortels, greenpeppers, sampioene en tamaties  by en braai . Gooi  veggie catering mix  in en roer deur

Gooi 1 koppie water by en die aartappelblokkies

Kook tot aartappelblokkies lekker sag is.

Maak paar aartappel blokkies fyn teen die kant van jou pot. Dit maak dat jou maalvleismengsel ‘n lekker dik tekstuur het.

Kook rys, skep in bakkies en vries

 

MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS:

1 dik sny brood, korsies verwyder

Bietjie melk

sout en peper na smaak

5ml koljander

37,5ml asyn

500g maalvleis

1 tamatie

3 repies spekvleis

KORS:

2 eiers

125ml melk

12,5ml gesmelte botter

125ml gaar rys

125ml meelblom

5ml bakpoeier

125ml gerasperde kaas

Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

Vries

 

MAALVLEIS EN PASTAGEBAK

125 g spekvleis, gesnipper

500 g maer beesmaalvleis

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 groen soetrissie, gekap

‘n halwe pakkie bruin uiesop

1 blik (410 g) gekapte tamaties

500 ml beesvleisaftreksel

125 ml blatjang

Sout, peper en suiker na smaak

500 g pasta (macaroni of penne)

375 ml gerasperde kaas

375 ml vars broodkrummels

60 ml gesmelte botter

45 ml vars pietersielie, gekap

Braai die spekvleis in ‘n swaarboompot tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Braai die uie, knoffel en soetrissie in ‘n pan tot sag. Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor. Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook. Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees). Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in ‘n groot oondbak. Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor. Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin. Vries

Rencia Odendaal Pretorius

SPAGHETTI BOLOGNAISE

375 g spaghetti (gaar)

1 ui, fyn gekap

12,5 ml olie

500 g maalvleis

5 ml sout

3 ml gemengde speserye

3 ml tiemie

3 ml kaneel

12,5 ml appelkooskonfyt

25 ml blatjang

1 x 410 g blik tamatiepuree

Braai ui tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous.

MEATLOAF 

500g maalvleis

1 eier

Halwe pakkie mushroom sop

1 ui fyn gekap

30ml tamatiesous

15ml worchesterhire Sous

2.5ml mixed herbs

Meng alles saam druk d. in ‘n reghoekige bondeltjie en plaas in ‘ glas bak. Bak v. 30min op 200C gooi

Dan volgende gooi  Sous oor en draai hitte af na 180C, Bak v. ‘n verder 30min.

Sous:

60ml bruin suiker

60ml tamatiesous

10ml soysous

30ml asyn

30ml water

Meng alles saam sit mikrogolf  vir so 2minute.

Vries

Rencia Odendaal Pretorius

BULLY BEEF SOUTTERT

1 blik bully beef

1 kop melk

3 eiers

2 eetl meel

1 en half tl droee pietersielie

1 tl mosterd

sout en peper

Meng alles – gooi in platbak –

Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute

Ek het myne bietjie aangepas, Het die volgende by die resep gevoeg.  1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham ,  1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier.

Vries

Rencia Odendaal Pretorius

MA CHARLET SE KORSLOSE SOUTTERT

Rencia Odendaal Pretorius

250 gr spek gesnipper

250 gr weense worsies gesny

500ml gerasperde kaas

1 ui gekap

35 ml rosyne

10 ml pietersielie

40ml meel

5ml mosterd

Sout en peper

250ml melk

4 eiers

1 Groen, rooi en geel peppers (gemeng) opgekap

Meng melk en eiers

Meng al die ander  bestandele  saam en gooi die melk en eier mengsel by – Meng deurmekaar en bak

Bak vir  30/40 min by 180 grade C

Vries

 SOUTTERT

3 Snye wit brood

5 eiers

250/300gr polonie of kouevleis in blokkies gesny

1 groot ui gerasper of gekap

1tl mosterd

3 kop melk

1 groot blik vienna’s  in ringetjies gesny of gewone viennas is ook goed (die kan jy uitlos as jy meer kouevleis wil ingooi

3 kop chedderkaas gerasper

Peper

Pietersielie

Gooi 1 en half kop water by brood (week)

Meng ander melk en eier

Voeg alles bymekaar en bak by 180 grade vir ongeveer 30/40 min tot gaar en goudbruin.

Vries

 

VISKOEKIES

2 middelslag (rou) aartappels

2 middelslag uie

1 blikkie sardyne in tamatiesous

106 g gewone sardyne

2 eiers, geklits

125 ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier

sout

rooipeper

kookolie vir vlakbraai

Skil die aartappels en uie en rasper hulle op die growwe kant van die rasper. 

Gooi die ergste sous van die sardyne af en druk die vis fyn. 

Voeg die eiers en gerasperde aartappel en uie by die vis en meng. 

Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en rooi peper saam bo oor en meng goed. 

Skep dessertlepels van die mengsel in vlak, matig warm kookolie in ‘n braaipan en 

druk die hopies in ‘n netjiese fatsoen. Braai die koekies aan weerskante tot gaar. 

Plaas die gaar koekies op kombuispapies sodat alle oortollige olie kan dreineer

KERRIEHOENDER  (JAGTERSBOEK)

(Met erkenning aan Rina Fourie-Sűpra)

Rol 2kg hoender stukkies in die volgende mengsel:

150g koekmeel

20ml suiker

5ml hoender speserye

Aromat, sout en peper

20ml matige kerriepoeier

Plaas vleis in oondskottel en gooi die volgende sous oor:

500ml water

150ml tamatiesous

150ml chutney

50ml worcestersous

1 pak wit uiesoppoeier

Stel oond op 180°C. Skep vleis in oondbak met deksel en bak tot gaar. Haal deksel af en bak bruin en sous verdik

Vries

HOENDERSTUKKE IN DIE OOND (Bedien warm of koud)

Rencia Odendaal Pretorius

Mayonaise hoender

Ek maak my hoenderstukke as volg: Pak hoender in platbak. Maak ‘n  sous met die volgende – mayonaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt en mosterd en so ‘n bietjie suurlemoensap – Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Sit foil oor en bak vir so  uur en ‘n half na 2 ure by 160grade C. Jy kan dit vir 1 uur op 180 C indruk

Vries

BLADJANG HOENDER

Bestanddele
1 Hoender in stukke
250 ml Olie

Bestanddele – Sous
1 Gekapte Ui
1 k Tamatiesous
2 e Worcestersous
1 ¾ k Meelblom
250 ml Blatjang
40 ml Asyn
140 ml Water.

Metode
Plaas hoender, meelblom, sout en peper in sakkie en skud goed. Verhit olie in diep pan. Braai hoender tot bruin en sag. Verwyder hoender uit pan. Gooi olie uit pan totdat daar slegs 25 ml oor is. Voeg uie by olie en braai uie tot bruin. Voeg al die ander bestanddele by. Voeg hoender by. Sit deksel op pan en prut tot sous dik is.

Rencia Odendaal Pretorius

PAMPOEN POFFERTJIES:

(Almarie Burger)

Sous:

2 kop suiker

2 kop melk

1 kop water

2 eetl botter

5tl maizina angemaak met bietjie van die melk

sout

Kook alles en bring tot kookpunt

Koekie:

2 kop gaar pampoen

2 kop meel

4tl bakpoeier

2 eiers

Meng alles.

Skep nou lepels vol in pan met olie en bak tot gaar.

Pak lae poffertjies, NB jou poffertjies moet warm wees –  gooi WARM sous oor en kaneel en hou so aan tot beslag klaar is.

Ek het myne in my deepfryer gemaak, teelepel gewys ingegooi en die hoeveelheid is ongeveer 50 poffertjies.

Tip: Ek kook bv ‘n hele pampoen net met water gaar, mash dit en verpak dit in sakkies – of 2 koppies – of 1 koppie (1/2 beslag)

As ek dus pampoenpoffertjies wil bak, haal net die sakkie uit, ontvries en bak.

Die resep vries baie goed.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s