Tag Archive | baked greenbeans

Groenboontjie geregte


boontjies

GEBAKTE GROENTEBONE-GEREG

(Lekker resepte vir die jongergeslag)
2 x 410g-blikke groenboontjies
50 ml olie
2 ml sout en knippie peper
125 ml suurroom
broodkrummels
125 ml gerasperde kaas

Metode:
Verhit die oond tot 180 grade. Smeer ‘n vlak tertbak of spuit met Spray & Cook. Dreineer die boontjies deeglik. (Sit ‘n sif bo-op ‘n plastiekbak en gooi die boontjies in die sif. Laat ‘n tydjie staan.) Meng die boontjies liggies met die olie, sout en peper. Skep die boontjies in die gesmeerde oondvaste bak. Gooi die suurroom bo-oor. Meng die broodkrummels met die kaas en gooi bo-oor. Bak dit vir 30 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.”Carol Elliott Claasen”

 

HEERLIKE GROENBOONTJIEGEREG


250 g groenbone gekerf, bevrore net so goed.
1 gerasperde ui
12,5 ml margarien
50 ml koekmeel
2 ml bruinsuiker
2 ml sout
knippie peper
125 ml suurroom
75 ml melk
100 g gerasperde kaas
40 g gekrummelde chips (kaas-en-uie of sout-en-asyn)

1. Kook boontjies gaar in soutwater.
2. Braai uie in margarien.
3. Roer meel, suiker, sout en peper by uie.
4. Voeg dan room, melk en kaas by. Kook tot dik.
5. Gooi by bone en meng.
6. Sprinkel chips oor en bak by 180°C.
GROENBONE GEREG MET NIKNACKS

Bestanddele
1 kg Groenbone
2 Groot Uie
250 g Bacon
1 klein pakkie Niknacks

So 2 aartappels in blokkies gesny
Kaas
Sout en Swart peper

Metode
Kook bone, aartappels, uie en  spek in water tot sag en amper droog.

Gooi niknaks in en roer lekker deur – laat staan so 5 min tot niknaks sag geword het.

Neem masher en mash alles – gooi klont botter in, sout en peper en roer deur

KNOFFELBOONTJIES
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

350 g groenboontjies
100 g spinasie
15 ml olyfolie
1 knoffelhuise, gekneus

Metode:
Kook die boontjies in soutwater tot sag. Terwyl die boontjies kook, stoom die spinasie sommer gaar in ‘n vergiettes oor die kookwater waarin die boontjies kook (sit ‘n deksel op). Wanneer die groente gaar is, dreineer en skep uit die pot uit. Verhit die olyfolie in dieselfde kastrol en soteer die knoffel daarin vir 30 sekondes. Skep die boontjies en spinasie terug in die kastrol en meng goed. Geur na smaak en verhit tot die mengsel warm is. Bedien warm.

SPEK-EN-FETA GROENBOONTJIES
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

250 g pakkie spekstukkies
500 g gevriesde groenboontjies
5 ml fyn knoffel
100 g fetakaas, gekrummel
2.5 ml uiesout
knippie swart peper
30 ml water

Metode:
Plaas die spek in ‘n groot braaipan. Kook oor medium hitte tot die spek gaar en bros is. Skep dit uit die pan uit en hou van die vet oor vir later. Hou so 30 ml van die spek uit vir garnering.
Kook die boontjies in bietjie soutwater tot ontdooi, maar nog nie heeltemal gaar nie. Dreineer, druk droog met kombuispapier en laat eenkant. Verhit nou weer die pan met die vet in, en braai die knoffel daarin tot goudbruin. Voeg die boontjies en feta (hou bietjie uit vir garnering) hierby in, en geur met die uiesout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm en tot die meeste van die feta gesmelt het- dit neem ongeveer 2 minute.
Skep die boontjies uit in ‘n opdienbak en sprinkel die oorblywende spek en feta bo-oor vir garnering. Bedien warm

 

GEBAKTE KNOFFEL GROENBOONTJIES
(Lekker resepte vir die jongergeslag)

30 ml olyfolie
7,5 ml appelasyn
5 ml droë uievlokkies
1 knoffelhuisie, gekneus
1 ml sout
knippie peper
375 ml gevriesde groenboontjies, ontdooi
15 ml droë broodkrummels
15 ml gerasperde parmesaankaas
5 ml botter of margarien, gesmelt

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 grade.
Meng die olie, asyn, ui, knoffel, sout en peper saam in ‘n mengbak. Gooi die boontjies by en meng goed saam sodat die boontjies met die mengsel bedek is. Skep die boontjies oor in ‘n gesmeerde oondbak. Meng die broodkrummels, kaas en botter saam, en sprinkel dit bo-oor die boontjies. Bak onbedek vir 10-15 minute of tot die gereg deurwarm is.

KAASBOONTJIES

(Lekker resepte vir die jongergeslag)
250 g gevriesde boontjies
15 ml fyngekapte ui
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml botter of margarien
sout en peper na smaak
ongeveer 30 ml gerasperde kaas

Metode:
Kook die boontjies in bietjie soutwater tot gaar, maar nie pap nie. Neem ‘n groot braaipan en braai intussen die ui en knoffel in die botter tot sag en deurskynend. Dreineer die boontjies, en voeg dit by die uie in die braaipan. Meng versigtig maar deeglik (jy wil nie boontjiemoes hê nie). Geur met sout en peper. Skep in ‘n opdienbak en sprinkel die kaas bo-oor net voor opdiening.
Bedien warm.

GEBAKTE GROENBONE MET SIMBA CHIPS


Rencia Odendaal Pretorius
1 kg bone – vars of gevries
2 aartappels in blokkies gesny
2 tot 3 uie – gekap
Gesnipperde spek
75ml meel
10ml bruinsuiker
10 ml sout en knypie peper
500 ml room
150ml melk
250ml kaas gerasper
1 kop kaas en uie chips – fyngemaak
Kook aartappels,uie en bone en spek soos gewoonweg – dreineer orige water af
Braai uie in botter tot sag
Roer die meel suiker sout en peper by
Roer die melk en room by en kook tot dik
Roer kaas by
Meng bone met sous mengsel
Sit in platbak – strooi chips bo-oor
Bak in oond tot gaar.

ROOMERIGE GROENBOONTJIES

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

125 ml spek
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en gekap
410g-blik groenboontjies, gedreineer
sout en peper na smaak
125 ml voorbereide witsous
60 ml gerasperde cheddarkaas

Metode:
Braai die spek en ui saam tot gaar. Voeg die tamatie by en braai tot die tamatie sag is. Voeg nou die boontjies by en roer versigtig. Geur na smaak met sout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm. Maak intussen jou witsous en roer die kaas daarby. Roer die sous by die boontjies in. Bedien warm.

GEBAKTE KNOFFELBONE GEREG

Maureen Adendorff Van Os

 30 ml olyfolie

7,5 ml appelasyn

5 ml droë uievlokkies

1 knoffelhuisie, gekneus

1 ml sout

knippie peper

375 ml gevriesde groenboontjies, ontdooi

15 ml droë broodkrummels

15 ml gerasperde parmesaankaas

5 ml botter of margarien, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 grade.

Meng die olie, asyn, ui, knoffel, sout en peper saam in ‘n mengbak. Gooi die boontjies by en meng goed saam sodat die boontjies met die mengsel bedek is. Skep die boontjies oor in ‘n gesmeerde oondbak. Meng die broodkrummels, kaas en botter saam, en sprinkel dit bo-oor die boontjies. Bak onbedek vir 10-15 minute of tot die gereg deurwarm is.

Maureen Adendorff Van Os

 SPEK-EN FETA GROENBONE

250 g pakkie spekstukkies

500 g vars groenboontjies

5 ml fyn knoffel

100 g fetakaas, gekrummel

2.5 ml uiesout

knippie swart peper

30 ml water

Plaas die spek in ‘n groot braaipan. Kook oor medium hitte tot die spek gaar en bros is. Skep dit uit die pan uit en hou van die vet oor vir later. Hou so 30 ml van die spek uit vir garnering.

Kook die boontjies in bietjie soutwater maar nog nie heeltemal gaar nie. Dreineer, druk droog met kombuispapier en laat eenkant. Verhit nou weer die pan met die vet in, en braai die knoffel daarin tot goudbruin. Voeg die boontjies en feta (hou bietjie uit vir garnering) hierby in, en geur met die uiesout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm en tot die meeste van die feta gesmelt het- dit neem ongeveer 2 minute.

Skep die boontjies uit in ‘n opdienbak en sprinkel die oorblywende spek en feta bo-oor vir garnering. Bedien warm.

Jy kan die boontjies in bondeltjies maak en dan dit saam met die feta en ander bestanddele verder gaarmaak

OUMA NAKKIE SE GROENBOONTJIES:

1 middelslag ui, gekap

500g groenboontjies, gekerf

1 klein, ryp tamatie, geskil en gekap

sout en swart peper

1 med grootte aartappel, geskil in blokkies gesny

kookwater

5ml margarien

10ml gekapte pietersielie

Braai ui liggies in ‘n kastrol en voeg die groenboontjies, tamatie, aartappel, sout, peper en ‘n bietjie kookwaterby indien nodig. Meng die groente liggies. Roer die margarien en pietersielie by. Sit warm voor

 NICKNAKS GROENBONE

(RSG)

1 kg groenbone

1 ui, gekap

Witsous

1 groot pak Nik Naks

250g spek

Gerasperde kaas

Gesnyde sampioene

Metode

Maak witsous met 3 koppies melk, 3 eetlepels botter en 3eetlepels koekmeel. Kook groenbone tot sag. Braai ui en spek sampioene saam. Gooi groenbone, spek en witsous in oondvaste bak en gooi Nik Naks by en roer goed. Gooi genoeg kaas bo-oor en bak in oond teen 180 grade tot kaas gesmelt het.

 

 

Alma Phillips

 GROENBOONE MET SPEKSOUS

Bietjie olie

1 ui, fyn gekap

1 pakkie spek, fyn gekap

2 k mayonnaise

4 e gouestroop of heuning

3 e appelasyn

Knypie peper

350 g (1 pakkie) jong groenboontjies

50 g (½ pakkie) pekanneute, fyn gekap (opsioneel)

Verhit olie en soteer ui en spek tot sag. Laat effens afkoel en kap fyn

Meng mayonnaise, stroop, appelasyn en peper goed.

Roer spek en hou eenkant

Kook groenboontjies tot net gaar. Dreineer en sit op geskikte opdienbord

Skep sous bo-oor boontjies en sprinkel neuter bo-oor. Hou in oond warm tot opdiening

GEBAKTE GROENBONE

500g groenboontjie stukkies

250g spekstukkies (Bits of Bacon)

1 groot ui, grof gekap

500 g groenboontjies, gesnipper

125 g spek

1 groot ui

1 ryp tamatie

15 ml mielieblom

125 ml water

5 ml sout

knippie peper

Kors:

4 medium aartappels

125 ml warm melk

5 ml gedroogde pietersielie

2 ml bakpoeier

2 ml sout

knippie sou

75 g gerasperde Cheddarkaas

Kook die boontjies in bietjie soutwater tot net gaar.

Dreineer dit goed. Sny die spek kleiner. Sny Skil die ui en tamatie en kap dit

grof. Braai die spek liggies, en voeg dan die ui en tamatie by. Braai saam tot

die ui deurskynend is. Los die mielieblom in die water op en voeg die sout en

peper by. Voeg die mielieblom-mengsel by die spek en roer dit totdat dit

verdik. Voeg die groenboontjies by en meng liggies. Skep die boontjies in ‘n

gesmeerde oondvaste bak.

Kors:

Skil die aartappels en sny in blokkies. Kook dit tot sat.

Dreineer. Maak kapokaartappels met die melk, pietersielie, bakpoeier, sout,

peper. Meng alles goed saam. Roer 2/3 van die kaas by. Skep die kapokaartappels

oor die boontjiemengsel en maak gelyk. Strooi die res van die kaas bo-oor. Bak

die gereg tot die gereg deurwarm en die aartappels goudbruin is.

Bedien warm.

Advertisement