
Maklike Mielietert
1 Kop kaas (gerasper)
1 blikkie roommielies (sweetcorn)
2 eiers
1/2 tl bakpoeier
1 Opgehoopte eetl meel (die is nie nodig nie maar kan gebruik word.)
Meng alles goed en gooi in gesmeerde bak
Bak vir ongeveer 50 na 55 min by 180C

Maklike Mielietert
1 Kop kaas (gerasper)
1 blikkie roommielies (sweetcorn)
2 eiers
1/2 tl bakpoeier
1 Opgehoopte eetl meel (die is nie nodig nie maar kan gebruik word.)
Meng alles goed en gooi in gesmeerde bak
Bak vir ongeveer 50 na 55 min by 180C
MAALVLEIS OF HOENDERGEREG MET SIMBA SKYFIES
1 Hoender (Ek het stukke hoender gebruik).
3 uie grof gekap
500g noedels (screws)
1 koppie mayonnaise
2 kop gerasperde cheddarkaas
2 kop melk
1 x410g sampioenroomsop
1 groot pak kaas en uie skyfies (fyngemaak)
METODE:
Kook hoender gaar met uie
Laat afkoel, ontbeen en maak fyn.
Kook noedels tot sag maar nie pap.
Meng al jou bestanddele maar hou een koppie gerasperde kaas eenkant en die Simbaskyfies.
Stel oond op 180 grade – spuit oondpan, gooi bestanddele in die oondpan,
Meng die orige koppie gerasperde kaas en pak Simba skyfies liggies deurmekaar en strooi oor die beslag.
Bak vir ongeveer 30 min of tot die kaas borrel en die gereg ligbruin is.
IN DIE PLEK VAN HOENDER KAN JY OOK MAALVLEIS GEBRUIK.
*
VRA NA MEER HOENDER MET VERSKIL
550g hoenderborsies of -dytjies
Groot pak simba tjips (roast beef of chutney)
Bestanddele vir witsous:
Metode:
Kook die hoender in n kastrol met kookwater wat die hoenderstukke bedek.
Stel oond op 180 grade C.
Gooi water af.
Ontvel en ontbeen.
Breek in fyn stukkies op.
Maak witsous.
Maak die simba tjips fyn.
Bespuit vuurvaste bak met kossproei.
Sit laag witsous onder in bak.
Dan hoenderstukke.
Dan Simba tjips.
Maak meer as een laag indien nodig.
Eindig altyd met witsous en Simba tjips.
Bak in oond vir 1 uur/in mikrogolfoond op 100% krag vir ongeveer 10 – 15 minute.
Bedien warm.
*
AARTAPPELSKYFIEHOENDER
1 hoender, in porsies gesny
sout en peper
45 ml botter, gesmelt
2 knoffelhuisies, gekneus
1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies
Metode:
Plaas hoenderporsies met vel na bo in gesmeerde oondskottel.
Geur met sout en peper.
Voeg die fyn knoffel by die gesmelte botter en bedruip hoender daarmee.
Maak die aartappelskyfies fyn en sprinkel oor die hoender.
Bak in voorverhitte oond by 200 C vir ongeveer 50 min tot ‘n uur
*
BROSGEBRAAIDE HOENDER
2 hoenderkwarte
Sout en peper na smaak
2 opgehoopte eetlepels meelblom
Melk
2 klein pakkies aartappelskyfies
Vryf die hoender in met die sout en bedek met die meel.
Rol die aartappelskyfies fyn op ‘n stuk waspapier.
Doop die hoender in melk, dreineer en bedek dit dan met aartappelskyfiekrummels.
Sit die stukke hoender met die velkant na bo op ‘n bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond by 180 C vir 40- 45 minute of totdat die hoender sag is.
Bedien warm saam met groente of koud saam met slaaie
*
EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoenderekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonnaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak)
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Meng hoender, noedels mayonnaise en helfte van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor.
Gooi nou die ander helfte van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190 grade tot gaar en goudbruin.
*
HOENDERGEREG MET KAASKRULLE
1 kg Hoender
1 Pak groot kaaskrulle
2 koppies Melk
6 Eetlepels koekmeel
3 Teelepels Margarien/botter
1 Pak Macaroni
Knippie sout en vars gemaalde swartpeper vir smaak
Metode:
Verhit oond op 180°C. Oondvaste bak.
Maak die hoender gaar. Laat afkoel en ontbeen. Hou eenkant.
Maak witsous van die melk, botter en koekmeel. Voeg sout en swartpeper by na smaak.Kook die Macaroni tot gaar.
Skep in lae van macaroni en dan hoender en krummel die kaaskrulle bo-oor die hoender. Eindig met die witsous. Gooi kaaskrulle oor en bak in oond tot kaaskrulle half gesmelt het.

EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut/of chakalaka met mielies by, en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe rou noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel todat die water net effes bokant die mengsel is.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. (stoof op nr 2) Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous. Ek neem 1 en half koppie melk en 2 eetl meel, meng met jou whisk goed, in die mikrogolf vir so 5 min, whisk deur – terug in die mikrogolf, 3 miniute whisk weer deur en weer in die mikrogolf tot die mengsel begin opkook. Sout en peper.
As die noedels gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou chedderkaas oor, sommer baie.
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is. (Dit is so 5 na 10 minute)
Om dit meer te maak, vermeerder net jou maalvleis.
Opsioneel kan jy ook sampioene byvoeg
*
CHEESE AND MINCE CASSEROL
1 kg ground beef
2 Small green peppers chopped
1 medium onion chopped
2 tsp minced garlic or flakes
1 Tbs Worcestershire sauce
1 can diced tomatoes
1 cup tomato sauce
1 tsp Italian seasoning
1/2 cup Chicken broth
1 box of elbow pasta
1 Tbs butter
2 cups Shredded Cheddar cheese
Salt and pepper to taste
Directions:
Pre heat oven to 180C
Lightly brown beef and drain any oil in pan
then add the peppers, onions, garlic, Worcestershire , canned tomatoes and tomato sauce, chicken broth and Italian seasoning
Bring to a boil and simmer for 20 minutes.
Cook pasta according to directions, drain, and add the butter to the hot pasta
Combine pasta and beef with one cup of the cheddar cheese and mix well
Place pasta in a 15×10 baking pan and top with remaining cheese
Bake for 25 minutes
*
Eenbak SPAGHETTI met BOELIEBIEF
1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik heelpit mielies (jy kan hier ook ertjies of veggie mix gebruik)
1 blik Boeliebief – in blokkies gesny
1 tamatie – geskil en opgekap
1 ui – opgekap
1 groenrissie – in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper
Metode:
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng nou alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met spray and cook en skep die mengsel daarin.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180° vir 1 uur.
Deur;Tienie Botes – Lekker resepte vir die jonger geslag
Variasie ; Gebruik gevlokte hoender, gaar maalvleis of tuna
*
Eenbak MAALVLEIS met RYSKORS gebak
500g maalvleis
5ml sout
2 snye brood in melk geweek en gedreineer
¼ t peper.
5 ml droe pietersielie
1 ui gerasper
35ml asyn
20ml Sweet-Chilli sous
Meng al bogenoemde
1 kop Sampioene gebraai
1 kop spek gebraai
1 kop gerasperde kaas
Metode;
In n gespuite bak:
Pak lae met vleismengsel, spek, sampioene en kaas (asook variasies – sien onder)
Bak vir 35min by 180 C
Bolaag
Meng al onderstaande bestandele:
1 eier
125ml melk (1/2 kop)
125ml meel (1/2 kop)
250ml gaar rys (1 kop)
5ml bakpoeier.
Sout
Skep nou die mengsel bo-op jou vleismengsel en strooi ’n lekker klomp gerasperde kaas bo-oor
Bak nog ongeveer 10min tot opgepof en goudbruin
Vir n variasie sal ek ‘n koppie veggie mix ook ingooi of koppie ertjies
*
Eenskottel HOENDER EN RYS gereg
Gebruik kasserole met deksel
Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender (ontdooi) stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Ek sit ook sommer my gehalveerde aartappels ook by (sien foto)
Maak pakkie sampioen- of wit uiesop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak
Bak (bedek) vir 1 en half uur tot 2 ure by 140/150 grade C
Loer so nou en dan na uur en half of dit nie dalk al gaar is nie –
Sit net onder grill (indien nodig) om velletjie lekker krispy te maak en goudbruin
Jy kan hier die hoenderstukke vervang met skaaptjops ook.
Hier is nog ‘n variasie van een van ons lede:
Christine Mostert
Hierdie eenskottel geregte is super nice!! Ek maak gewoonlik een met wors. 2koppies rys onder, lekker groot pak wors opgesny in kleiner stukkies bo-op rys, bo-op dit ‘n pak hawaiin stirfry, dan meng ek 1pakkie sampioen en 1pk wit uie soppoeier met 500ml water gooi oor die groente gerasperde kaas bo oor en bak vir so uur en ‘n half op 180grade.
*
SIMBA TJIPS GEREG
4 eetlepels botter
3 eetlepels koekmeel
375ml warm melk
250ml ham of gebraaide spek
2 x 375ml gekrummelde skyfies (simba tjips – die kaas en uie en bbq werk baie lekker)
375ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180C. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk. Gooi die ham, kaas en 1 pak skyfies by. Gooi die helfte van die ander pak skyfies onder in ‘n bak, skep die witsous bo-op, bedek met ekstra kaas en orige skyfies (gemeng) en bak 15–20 minute.
*
KOSHUIS/KINDERHUIS MAC & CHEESE
1 pakkie (500gr) macaroni (gaar)
Rasper 4 tamaties (ek kap dit sommer met my twista fyn) en voeg by: 4 eetl tamatiesous, 4 eetl chutney, ½ eetl Bbq spices, sout en peper na smaak
Meng macaroni en tamatie mengsel en voeg by – 2 kop gerasperde kaas – Gooi in platbak – Klits 6 eiers en 150ml melk. Gooi eier en melk mengsel bo-oor
Rasper nog 2 kop gerasperde kaas bo-op, sny tamatie skywe bo op en bak vir 30 min by 180 grade
Variasies: (ongeveer 1 koppie)
Voeg by gekapte spek en uie wat bros gebraai is, maalvleis, stukkies ham, kouevleis, salami, bully beef, tuna wat gedreineer, gevlokte hoender. Jy kan ook sampioene braai, ‘n handvol ertjies, groen, rooi en geel peppers byvoeg
*
MACARONI AND CHEESE
500gr elbow macaroni, cooked – al dente, drained well
2 overflowing cups of sharp cheddar cheese, shredded or cut into 1/4-in cubes
1 can evaporated milk (ideal milk)
1 Tbsp sugar
2 eggs, beaten
Season salt – to taste
black pepper – to taste
Dash or two or three or four of cayenne pepper
Directions
In a bowl, mix cooked and well drained macaroni and cheese together.
In another bowl whisk together eggs, milk, sugar and seasoning.
Pour egg/milk mixture over mac and cheese mixture, stir until well incorporated.
Pour into baking dish or tin, cover with foil.
Bake at 350 degrees for about an hour.
Remove foil, turn on broiler (grill) grill top of mac and cheese until golden brown and bubbly
*
EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak)
400ml witsous – maak jou standaard witsous soos met eie resep
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Opsioneel:
Gekapte groen, rooi en geel peppers gebraai, ½ kop erjies of veggie mix
Meng hoender, noedels mayonaise (opsionele indien verkies) en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.
*
PASTA-EN-TUNA EENBAK GEREG
1 pak visvingers
1 houertjie room
1 Pakkie sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel (smoor)
Gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uiesmoor eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C
*
HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST: [BOEREKOS KOOKENGENIET]


Meng als tot ‘n slapdeeg. Gooi bo-oor pastei en bak teen 180 grade vir ongeveer 20min tot gaar en goudbruin
*
BOONTJIESOP MET LAMSVLEIS
Ons almal sit gewoonlik Maandag met ‘n halwe bak gebraaide vleis wat oorgebly het na die naweek se braai in ons yskas. Dit kan selfs van ‘n bord gekookte kos wees bv. hoender, of boudvleis of vark of ” what ever” soos hulle se:
Vandag wil ek julle wys hoe ek met oorkietvleis ‘n toevou pastei gemaak het. Dit is so maklik en jy kan basies enige iets insit.
Ek gaan vir julle die hele storie vertel van hoe ons (ek en my man) by die gereg uitgekom het. Julle weet mos ek is sonder ‘n kombuis omdat ons dit oordoen, so ek “take aways” sover ek kan.
Nou Vrydagmiddag besluit ek toe om by ons kettingwinkel gaar spareribs te koop en dan sal ek die aand sommer net chips by die kafee gaan koop.
So word ons toe genooi vir ‘n braai en die spareribs bly in die yskas
Saterdagaand se my man, kom ons maak Pizzas met die spareribs. Hy se toe hy wil ‘n toevou pizza maak (ek dink mens noem dit Calzone) maar hy wil sommer gekoopte brooddeeg gebruik.
Kafee toe – geen brooddeeg iewers te vinde nie 😦
So besluit ek toe om ANNETTE HUMAN se SKUD EN SKOMMELKORS te maak
HIER IS DIE RESEP !!
750ml bruismeel of 750ml meel en 25ml bakpoeier
200ml kookwater
200ml olie
5 ml sout
Gooi in plastiekbak en skud tot jy hoor dit is in ‘n bal vorm
Maak deksel oop, smeer los stukkies en knie net so effe tot mooi bol gevorm is
Ek het die spareribs van die bene afgesny en in stukke gesny, ‘n groot uie opgekerf , 1 blikkie knopie sampioene ingegooi en halwe blik pynappelstukke, gedreineer, knoffelvlokkies, sout en peper en dit gebraai tot warm
Hier kan jy nou enige oorskietvleis gebruik, vars sampioene, peppers, olywe ens
Lekker gebraaide maalvleis gaan ook werk of selfs boerewors in stukkies gesny
Neem die deeg en druk plat in ‘n oondbak. Jy hoef nie die oondbak te smeer of te spuit nie. Die deeg het genoeg olie in.
Smeer aan die eenkant tamatie relish of tamatie en uie smoor of enige iets wat jy wil oorsmeer
Sit jou vleismengsel op. Ek het peppadews en bietjie gerasperde chedderkaas ook oorgestrooi
NB: JOU VLEIS MOET EFFE SOUSERIG WEES ANDERS IS JOU PASTEI TE DROOG. DIE TAMATIE RELISH OF TAMATIE EN UIE SMOOR WAS VOLDOENDE OM DIT SOUSERIG GENOEG TE MAAK. Dit moet net nie te souserig en loperig wees nie anders loop dit uit die deeg uit.
Vou nou jou anderkant oor en druk oral mooi vas. Wees versigtig, die deeg is papperig en maak maklik gaatjies. Smeer maar toe met jou vinger sover moontlik.
Voorverhit jou oond tot 180 C
Bak vir ongeveer 45 minute of tot jy voel jou deeg is lekker bros en hard.
Haal uit en laat staan so 10 minute
Bedien net so of jy kan lekker mengelslaai saammaak of selfs rys of kapokaartappels. Jy kan dit as ‘n vleisgereg saam met ‘n gekookte bord kos ook gebruik.
OORSKIET HOENDER
Ons braai oor die algemeen baie HOENDER. Ons het nooit regtig oorskiet hoender nie want ek maak porsie gewys gaar, maar dit gebeur nou en dan as ons ‘n flatty gebraai het en daar oorskiet is, of selfs op ‘n Sondag ete as ons ‘n heel hoender gaargemaak het en ‘n klomp los stukkies oorbly. Gewoonlik is dit nie baie nie, maar mens kan dit darem in ‘n ligte maaltyd omskep.Hier is ‘n paar idees:Hoender en mayonasie toebroodjies, hoender slaai met noedels, mayonaise, bietjie bladjang, kersie tamaties, blokkies kaas en komkommer, Hoender hamburgers, gevulde pannekoeke met hoender en ‘n witsous, wraps, tortillas.
Hierdie is my man se “favourite” Ek braai uie, sampioene en spek tot gaar. (Partykeer sit ek ook 3 kleure peppers by) Dan gooi ek die oorskiet hoender by, so handvol ertjies en handvol pitmielies of ek gooi sommer net ‘n koppie veggi mix by en so halwe pakkie chicken a la king en halwe pakkie wit uiesop aangemaak met melk. Kook tot dik. Ek bedien dit op kapokaartappels of selfs as vulsel vir pannekoeke. Wat ek nou die dag met die resep soos bo gedoen het, ek het die mengsel in klein ramekins geskep en puff pastry opgesit en gebak. Ek het 6 pasteitjies uitgekry en dit bedien met ‘n slaai en ‘n varsgebakte aartappel broodjie. Jy kan hier ook ‘n groot pastei maak en die puff pastry of die slap pastei deeg oorsit. Rek jou min hoender met spek, sampioene en groente na ‘n volledige maaltyd.
Dan wat ook lekker werk is om jou puff pastry te neem, oop te rol, jou stukkies hoender te meng met 1 gekapte ui, 1 blikkie chakalaka met mielies, so 1 eetl mayonaise, sout en peper, dit op te rol en te bak in die oond tot gaar by 180 C
My vriendin maak weer die slaai:
Coronation Hoenderslaai (2 porsies)
Ongeveer 2 koppies oorskiet hoender ((in blokkies gesny)
1 eetlepel mayonnaise
2 eetlepels Griekse jogurt
1 opgehoopte teelepel kerriepoeier (meer of minder na smaak)
1 eetlepel blatjang
Sout en peper na smaak
Meng die mayonnaise, jogurt en kerriepoeier saam, indien nodig, voeg ‘n bietjie kookwater by om die sous dunner en loperig te maak. Roer die blatjang en hoender by. Geur na smaak met sout en peper. Sit in yskas tot opdiening.
Maak sausagerolls met jou oorskiet hoender – Neem puff pastry, rol oop en sny die blokke na gelang van jou keuse van grootte van jou sausage rolletjie. Maak die vulsel, rol toe en bak. Bedien met mengelslaai en ‘n lekker hoendersous.
CHICKEN KISSES VULSEL: (Oorskiet hoender)
Oorskiet hoender (ongeveer so 3 na 4 koppies) gevlok
1 houertjie roomkaas – versag net vinnig in die mikrogolf
4 eetlepels botter
1 tl sout
1/2 tl peper
1/4 koppie melk
1 groot ui gekap
Meng alles goed . Gooi in bak en sit skilferkorsdeeg bo-op. Bak in oond by 180C tot gaar en goudbruin.
BEEF STROGONOFF MET OORSKIET BRAAIVLEIS
Sny ui in skywe. Sampioene in 4 gesny, so bietjie knoffelvlokkies sout en peper en gebraai tot sag. (jy kan hier ook die 3 kleure peppers bysit as jy wil)
Neem ‘n pakkie Knorr Beef strogonoff en maak aan met 450ml melk (of minder – afhangende van hoeveel vleis jy het – halfveer ook die pakkie indien nodig) Voeg by uie mengsel en laat effe deurprut. Gooi nou eers die vleis wat in blokkies gesny is by. Jy wil nie he dit moet weer braai nie. Dit is klaar gaar en as jy dit nog verder braai raak dit skoensole en kurkdroog. Roer deur en prut tot dik.
Maak Jassie (jacket potato) en bedien saam met slaai.
WENK: Jy kan dit op roosterbrood bedien, rys, pasta of kapokaartappels, maak ‘n wrap, ‘n gevulde pannekoek , tortillas, bak vetkoeke en gebruik die as vulsel. Gooi dit in ‘n bak, sit skilferkors oor en bak in die oond as ‘n pastei. Maak ‘n rol met die vulsel en skilferkorsdeeg. Maak slap pastei degie en gooi bo-oor en bak in die oond tot gaar.
Kyk net na die dikte van jou sous en wat jy daarmee wil maak. As jy bv die pastei wil maak, voeg nog bietjie meel by die sous om die vulsel dikker te maak.
Christa Hattingh My man vat gewoonlik vleis en wors sny in klein stukkies dan braai hy so 2 of 3 uie lekker sag. Gooi vleis by en maak lekker lang sous saam. Dan eet ons dit saam met brood of mash. Altyd ‘n wenner.
Delport Cathleen As ek roast of boud vleis oor het maak ek dit fyn in voedsel verwerker en meng bietjie chutney en mayo by vir toebroodjies. Braaivleis word in blokkies gesny, uie gebraai vleis bygesit en n bisto sousie saam met toast. Heerlik
Mareli Dreyer Ook lekker as jy vorige aand se vleisies in blokkies sny, en saam met uie, 3 kleur rissies, kaas en tamatie blokkies ñ lekker omelet maak vir ontbyt die volgende dag.
Hendrika O’Neill Maak jy eie pizza filling met baie vleis
Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!
Marie de Beer Ek maak baie keer n slaai. Sny vleis blokkies, voeg gekapte tamatie, uie, blaarslaai, komkommer en peppers by. Roer deur.
Driekie Erasmus In ons huisgesin is “chow-chow” altyd n wenner
Braai n groot gesnyde ui, pakkie vars gesnyde sampioene, bietjie knoffel, sout en pepper.
Sny oorskietvleis van bene af en gooi by die uie en braai so bietjie, gooi dan n halwe blikkie bier by(opsioneel) en laat dit n rukkie lank prit op lae hitte, gooi n blikkie sweetcorn en n blikkie baked beans by en laat weer n rukkie prit! Bedien warm saam n toastie! Dis baie lekker, en idiaal vir vakansies as mens baie braai en daar bly soo paar odd stukkies vleisie oor!
Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!
Elmarie Koch de Bruyn Ek maak partykeer macaroni & cheese met ‘n lekker tuisgemaakte kaassous
Marlize Gore Ek vries die braaivleis soms as ons nie die volgende dag wil vleis eet nie. Ontvries soos benodig en braai dan uie/mushrooms/knoffel en enige sousie by en bedien op pasta of rys.
Alta Gunter Van Dyk Ek sny ook vleis in blokkies, braai uie, sampioene peppers met tamatie pasta sweet chillisous, bietjie wochestersousn sout vars gemaalde swat peper, en bietjie suiker om suur weg te neem. Dan kook ek Tagletthi of egg noodles en maak n heerlike pasta gereg, of ek gooi gemengde groente by vleis blokkies en kapokaartappels boop en daar is herders pastei
Hendrika O’Neill Maak jou eie pizza filling met oorskietvleis
Hendrika O’Neill maak sommer n stirfry met vleis wat jy in repies sny of vleisie met mayo op broodjie. Of maak jaffel filling
Doreen Pistorius Muller Ek vat gewoonlik al die braaivleis wat oorbly en sny als op braai saam uie en knoffel, en dan maak ek n pasta en gooi als saam met n lekker kaas sous of witsous en gooi kaas bo op en laat bak in die oond net tot kaas smelt. Want ek gooi ook niks weg nie.
Nadine Fick Miller Ons sny in stukke saam met gebraaide uie en roer eiers, alles gemeng!
Ina En Andre Vorster Ek laat ook extra braai, maak dan die volgende dag “BOERE Prego rolls”! Ek braai grof gesnyde uie, knoffel en soetrisse saam en voeg dan Prego sous, rissiesous en biekie tamatiesous by en dan skywe worsstukkies of oorskiet braaivleis by en braai saam tot baie warm en dien dit saam met Pregorolls of gewone broodrolle op.
Maria O’Neale Ek hoop altyd iemand los net stukkie wors oor. Dan maak ek v my slap mieliepap. Niks so lekker soos dit nie
Valerie Butler Ons maak Mac en kaas en sit ‘n lagie wors wielletjies bo oor en dan laaste die kaas. Baie lekker!
Anri De Jager Ek maak wors sosaties met ui/ sampioen/peppers tussen in geryg en marineer dit in jimmys sous of iets soortgelyks. Dit word sommer so van die braai af geeet….
Esmarie Kotze Atkinson My man sny dit in stukkies. Braai bietjie en gooi dan appelkoos konfyt in. Dan eet ons dit sommer op toast
OORSKIET WORS
Ontvel jou wors en sny in dik skywe. (jy kan die vel aanlos indien verkies)
Kook aartappels tot gaar. Mahs en geur met ‘n klont botter, bietjie bakpoeier en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.
WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/KAPOKAARTAPPELS
25ml margarien
1 klein ui (fyn gekap)
1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)
2 groot tamaties (geskil & grof gekap)
25ml blatjang
25ml tamatiepasta
10 ml bisto
12,5ml sagte bruinsuiker
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
100ml warm water
500g gaar oorskiet wors in stukkies van so 3cm gesny
Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld. Gooi nou die stukkies wors in en laat dit net deurprut tot warm.
Bedien met krummelpap of kapokaartappels.
My vinnige LASAGNE resep !!
Hierdie is groot genoeg vir ‘n 30 x 20 cm pyrex glasbak
Ek gaan seker nou baie teenkanting kry met die resep omdat ek my maalvleis en uie sommer saam kook ipv om die uie te braai, maar jy kan dit of kook of braai – die is maar net my vinnige resep wat ek deel
750 gr maalvleis
2 uie grof gekap
Halwe pakkie sampioene (gekap)
Gooi b.g in ‘n pot met bietjie water en kook vinnig tot alles sag is. Jou maalvleis kan maar nog effe pienkerig wees.
Gooi by:
1 blikkie Chakalaka met butternut
1 Blikkie room mielies (sweetcorn)
2 tamaties gekap en in blokkies gesny
3 opgehoopte eetlepels bladjang
Sout,peper en knoffel vlokkies na smaak
Laat die prut vir ‘n rukkie tot alles deurgaar/warm is.
Maak intussen sommer in jou mikrogolf ‘n lekker DIK witsous. Jou sous moenie te loperig wees nie anders is jou lasagne pap
Pak nou jou lae met die maalvleis, lasagne velle en witsous – ek pak gewoonlik so 3 lae
Rasper tussen elke laag bietjie kaas oor
Eindig af met jou witsous en kaas.
Sit nou die lasagne eenkant neer vir ongeveer 1 uur sodat die velle sag kan raak. Die ander opsie is om jou velle in water te kook vir so 4 minute tot amper sag – jy kan dan jou lasagne dadelik oond toe vat.
In die oond vir so 40 minute by 180 C (kyk wanneer jou velle gaar en sag is)
NB: Gee jou lasagne so half uur staantyd as jy dit uit die oond gehaal het – dit help dat die lasagne bietjie stol en dit lekker maklik skepbaar in blokke is.
Indien jy nie chakalaka wil gebruik nie – gebruik enige tamatie en uie smoor of tamatie en uie mengsel met ‘n geur wat jy verkies
Geniet met lekker mengselslaai en broodrolletjies
My hoenderpastei met slap degie (Rens)
Gevlokte hoender (dit was so om en by 5 dye)
1 groot ui gekap
1 kop veggie mix
1 pakkie chicken a la king (of 1 pakkie sampioensop of room hoendersop)
1 na 1 en halwe kop melk
Knoffel vlokkies, sout en peper na smaak
Braai uie en voeg gevlokte hoender by
Gooi in die veggie mix, speserye en die chicken a la king of soppoeier aangemaak met melk
Prut tot dik en groente sag is. Indien te dik voeg nog melk by.
Gooi in gesmeerde bak.
Maak die slap degie aan en gooi bo-oor hoendermengsel
125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel (of 190ml meel met 5 ml bakpoeier)
1 eier
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20/25/30 min tot gaar en goudbruin
Ek het dit bedien saam met kapokaartappels, sout boontjies en soetpampoen
Opsioneel: Jy kan sampioene, peppers en spek ook byvoeg

MACARONI EN BOEREWORS SKOTTEL: [OUMA BEER SE EIE RESEP]
½ – 1kg boerewors, afhangende hoeveel persone eet, sny in happie grote stukkies
250g pakkie gemengde gevriesde groente
1 – 2 uie fyn gekerf
1 blikkie Mild en spicy Chakalaka [gebruik enige ander chakalaka as jy nie hou van effens brand nie]
2 blikkies water, gebruik die chakalakablikkie
500g macaroni
1 kop elke gerasperde cheddar en parmasaankaas
1 groen en geel of rooi soet pepper, in repies gesny
50ml chutney
30ml tamatiesous
1e suiker
Sout en peper na smaak
Maizina en bisto om sous dikker te maak [meng die 2 met bietjie water tot pasta en voeg by]
Olyfolie vir braai
SO MAAK JY:
Braai uie, peppers en wors in ‘n pan tot net gaar, wors kan nog bietjie pienk wees binne.
Voeg nou jou groente en macaroni by en roer goed deur.
Voeg dan jou geurmiddels, tamatiesous, chutney, suiker by en meng goed deur.
Nou kan jy die water byvoeg, gereg moet net bedek wees met water.
Kook gereg totdat die macaroni gaar is [al denté].
Indien sous nie dik genoeg is nie, voeg dan jou bindmiddel by en roer goed deur.
Voeg ook nou die helfte van beide kase by en roer deur.
Strooi nou die ander helfte van die kaas bo-oor jou gereg.
Sit deksel op en laat prut vir nog so ongeveer 5 – 10 minute tot die kaas lekker gesmelt het.
Geniet!
WENK:
Jy kan die chakalaka vervang met ‘n blikkie gekapte tamaties as jy nie van chakalaka hou nie.
Jy kan enige tipe wors in die gereg gebruik.
Jy kan ook die wors vervang met stukkies gaar hoender of klein frikkadelletjies.
Jy kan self ook blokkies of repies vleis in die gereg gebruik.
Vervang die groente met waarvan jy hou, as jy nie die gemengde groente wil gebruik nie of laat dit heeltemal uit.
Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
BOEREWORS PASTEI
Bestanddele
Boerewors, genoeg om ronde tertbak vol te le.
Pakkie Bruin uiesop poeier
1 Gesnipperde Ui
Sout
Peper
Gemengde Spesery na smaak
Pasteideeg
2 Aartappels in blokkies gesny
250 ml Room
2 Gerasperde Wortels
Metode
Voer ronde tertbak uit met pasteideeg. Hou genoeg deeg om bo oor pastei te sit
Braai wors aan weerskante vir 30 sekondes, Hou dit in rol gedraai. Plaas die rol wors op die deeg in tertbak. Braai aartappels, ui, wortels, sout, peper en speserye in bietjie margarien. Los mengsel in pan. Kook room en soppoeier tot dik. Voeg room mengsel en voeg by aartappelmengsel. Kook ‘n rukkie saam terwyl aanhoudend geroer word
Gooi mengsel bo oor wors. Rol oortollige deeg uit en bedek die wors. Bestryk deeg met geklitste eier en melk. Bak teen 180º C vir een uur lank.
BOEREWORS PASTEI
Boereworspastei (Bertha)
(Bedien ses)
500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.
MUSHROOM AND BOEREWORS PIE
Deur: YOU magazine
300 g boerewors
30 ml (2 T) oil for frying
1 red pepper, diced
200 g mushrooms, halved
1 onion, finely chopped
2 cloves garlic, finely chopped
15 ml (1 T) flour
500 ml (2 c) beef stock
400 g puff pastry
whisked egg for brushing
Preheat the oven to 180 °c.
Fry the boerewors in a hot pan until done. remove from the pan and dice.
Heat the oil and fry the red pepper, mushrooms, onion and garlic for a few minutes.
Stir in the flour, ensuring the vegetables are coated.
Stir in the stock and return the cooked boerewors to the pan.
Stir for 15-20 minutes or until the mixture thickens.
Divide between 2 medium ovenproof dishes and cover each with puff pastry.
Brush with whisked egg and bake for 15-20 minutes.
OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS – whatsfordinner.co.za (SPAR)
125ml melk
175ml water
2 eiers
4ml sout
250ml meel
1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon
500gr wors
1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak
1) Meng die melk, water, eiers en sout
2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot ‘n gladde deeg
3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word
4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min)
5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer ‘n oond bak goed
6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg
7) Bak vir 35 min tot gaar.
8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.
Wil graag volgende Padmankos met almal deel
PADMANKOS
Braai wors soos gewoonlik in pan. Verwyder wors en sit een kant neer. Gooi 2 koppies rys by olie van wors wat gebraai het. Braai rou rys in die olie vir paar minute. Gooi klein bietjie water by as worssous en olie te min is. Gooi nou genoeg water in sodat rys gaar kan kook. Voeg by 2 eetlepels rys speserye en klein bietjie sout. Voeg gemengde groente saam rys in om te kook. Kook vooraf in mikrogolf 2 aartappels in blokkies gesny tot sag. As rys sag genoeg is, voeg aartappel blokkies by. Sny gebraaide wors in stukkies en voeg saam rys,groente en aartappels by. Sit stoof op stadig tot rys heeltemal droog is.
WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/MASH
25ml margarien
1 klein ui (fyn gekap)
1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)
2 groot tamaties (geskil & grof gekap)
25ml blatjang
25ml tamatiepasta
10 ml bisto
12,5ml sagte bruinsuiker
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
100ml warm water
500g warm gaar beeswors
Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie 5-8 minute lank daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld om. Plaas die warm, gaar beeswors in ‘n warm opskepskottel en gooi die sous daaroor. Skep lekker bord mash of krummelpap en sny jou stuk wors af en gooi van die lekker sous oor pap.
DOODEET WORSGEREG
1 ui 1 soetrissie
25ml sonneblomolie
10ml kerriepoeier
2ml borrie
500ml kookwater
12,5ml blatjang
5ml sout
knypie peper
500g rou boerewors
410g appelkooshelftes
375ml rou rys
grasuie vir garnering (opsioneel)
Skil en kap ui fyn. Halveer, en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie. Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank. Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak. Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos helftes oor wors en giet sap ook oor. Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor. Lewer 4-6 porsies.
BOEREWORS MET DIK UIE SOUS
Berei boerewors voor volgens eie behoefte.
DIK UIESOUS:
25ml margarien
2 groot uie(fyngekap)
125ml rys
125ml vleisaftreksel
2.5ml sout
1ml peper
1 eiergeel
12.5ml room
Smelt die botter. Braai die ui tot deurskynend. Voeg die rys en aftreksel by. Voeg die sout en peper by. Kook 30minute lank. Die rys moet baie sag wees. Vryf die mengsel deur ‘n sif of versap dit. Roer die eiergeel en room of bo-melk by.
BAKED BOEREWORS ROLLS
Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the vido athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk
2 large onions
1 can of tomatoes
1 punnet of good quality boerewors
Bread dough (gekoopte deeg by kettingwinkel)
Brown the sliced onions and tomatoes and allow the smoor to thicken.
Braai wors until just cooked.
Cut the bread dough into rectangles of 20cmx30cm and starting at the bottom, place a piece of boerie and tomato/onion mix on the dough. Fold over and cut with a pizza cutter.
Brush with a beaten egg mixture and bake on a baking sheet or Plate Setter or Pizza Stone at 180◦C for 10 – 12 minutes.
WORS MET APPELRINGE
4 stukke wors
1 ui, fyn gekap
65ml botter
2 middelslag appels, geskil en in ringe gesny
Suiker na smaak
Braai wors in die helfte van die botter tot gaar en goudbruin. Braai appelringe in ‘n ander pan in res van botter tot net gaar en strooi ‘n bietjie suiker daaroor indien jy hulle eers wil karamelliseer.
Rangskik wors, ui en warm appelringe op ‘n warm opdienbord en sit voor saam met vars volkoring of rogbrood.
WORS EN GROENTE GEBAK
2 groen soetrissies, in dun repe gesny
2 medium uie, in dun skywe gesny
2 vet knoffelhuisies, grof gekap (of tl knoffel)
8 kleinerige heel tamaties
10ml gedroogde orego
knippie fyn brandrissievlokkies
30ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
1kg boerewors, in 10cm-lengtes gesny
Gaar mieliepap om mee voor te sit
Voorverhit die oond tot 180C. Rangskik soetrissies, uie, knoffel en tamaties in ‘n mediumgrootte oondvaste bak. Sprinkel orego en brandrissie oor. Giet olie oor en meng deur. Geur mildelik met sout en peper. Verbruin die wors vinnig in ‘n bietjie olie in ‘n dikboompan, skep uit en rangskik bo-op die groentes. Bak ongeveer 20 minute lank tot die wors asook die groentes gaar is. (Rooster vinnig-indien nodig om verder te verbruin. Sit voor saam met die mieliepap en skep van die pansouse oor. Lewer 5 – 6 porsies.
ANDERSE PAP EN WORS
600g boerewors
625ml water
200ml gerasperde Cheddarkaas
25ml rissie-en-knoffelsous
250ml mieliemeel
Sout en peper na smaak
410g tamatie-en-uiesmoor
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar. Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik. Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op. Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.
BAKED PAP EN WORSDeur: Rainbow cooking
An old time favourite – pap, wors en sous (porridge, sausage and sauce) – served as a one-dish meal.
INGREDIENTS:
600 gram boerewors (South African sausage)
2 cups water
1 1/2 cups maize meal (pap)
Salt and pepper
¾ cup (200 ml) grated Cheddar or Tasty cheese
Optional: ¼ cup (60 ml) frozen corn to add to porridge
For the sheba sauce
410 gram tin of tomato and onion
Garlic and mild or hot chilli, according to taste, added to tomato and onion mixture
METHOD:
1.Heat oven to 180°C
2.Grease a round, medium sized ovenproof dish.
3.Keep the wors in a spiral and fry it in a heated saucepan until brown and cooked. Alternatively, barbeque the wors.
4.Remove from saucepan.
5.Boil the water in a saucpan. Add ½ teaspoon salt. Add the maize meal, stir with a wooden spoon, and simmer until cooked.
6.Add a little grated cheese to the stiff porridge. Taste and season with more salt and pepper if needed.
7.Add frozen corn if used. Put the porridge / “stywe pap” in the ovendish.
8.Place the boerewors on top in its spiral shape.
9.Heat tomato and onion mixture, salt, pepper, garlic and chilli, and simmer for 5 minutes.
10.Pour the sauce over the sausage and sprinkle cheese over.
11.Bake 20 – 30 minutes.
WORSKASSEROL
Sit pakkie gevriesde boerewors vir 1 minuut in mikrogolf (ongevriesde wors is pap en werk moeilik).
Gooi intussen 1 koppie rou rys in kasserol.
Meng pakkie beesstertsop met 3 koppies water.
Sny wors in 1 cm stukkies en pak op rys.
Gooi 1 koppie elk gevriesde ertjies- en mielies oor wors.
Gooi sop met water oor alles en bak by 180 grade C vir 1 uur.
Het al tamatiesop gebruik~ die kinders dink die rooi rys is “cool” !
Elna Kuyts
BOREWORS LEKKERTE
500g boerewors
2 uie, opgekap
2 Knoffelhuisies, fyngemaak
Basieliekruid
1 pakkie sampioene
1 eetlepel meel om dis te bind
1 blikkie gebakte bone
1 blikkie gekapte tamaties
2 teelepels worcestersous
20ml bruinsuiker
Sout en peper
Braai die wors in ‘n pan tot gaar.
Haal dit uit die pan en sny in skywe en sit eenkant.
Braai die uie, knoffel, sampioene en basieliekruid saam en voeg bietjie meel by om te bind.
Gooi die gebakte bone, tamaties, worcestersous, bruinsuiker, sout en peper by en
laat dit prut.
Gooi die gaar wors terug en laat dit deur prut.
Bedien dit op pap, rys, koes-koes of brood.
BOEREWORS SOSATIES
Braai wors tot amper gaar. Sny in “bite size” stukkies. Ryg op sosatie stokkies met kersie tamaties, sampioene, peppers, uie, baby marrows en sit terug op kole. Smeer so bietjie bbq sous oor bv. Jimmy sous tot groente sag is.
BOEREWORS SOSATIES: [MAROELAMEDIA – Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai]
Uitgewer: Struik
lewer 12
Suid-Afrika se gunsteling-wors maak uitmuntende sosaties – en dis ʼn welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.
BENODIG:
750 g boerewors van die beste gehalte
12 Houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
1 groot rooi-ui, in wiggies gesny
12 kersietamaties
1 rooi, groen of geel soetrissie, ontpit en in groterige stukke gesny
Olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper
MAAK DAN SO:
1. Gebruik ʼn skerp mes en sny die boerewors in stukke van 3-4 cm lank. Sit ʼn uiwiggie ʼn stuk boerewors, tamatie, nog ʼn stuk boerewors en ʼn stuk soetrissie op elke sosatiestokkie.
2. Plaas in ʼn bakpan en smeer olyfolie oor die sosaties. Geur deeglik met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit.
3. Braai 7-10 minute aan ʼn kant.
Elna Kluyts
BOEREWORS MET PERSKES
1groot ui,
1 kg boerewors,
30ml sonneblom olie,
1 blik(410g)perskeskywe,
50ml blatjang,
5ml sojasous.
Skil en kerf die ui.
Braai wors en ui saam oor matige hitte in die olie tot gaar.
Dreineer die perskeskywe,behou die sap.
Versprei die perskes oor die wors.
Meng perskesap,blatjang en sojasous en giet bo-oor wors mengsel.
Prut vir so 20 minute of totdat n lekker sous gevorm het.
Bedien saam rys,pasta of kapok aartappels.
Elna Kluyts
WORS KASSEROL
500g rou wors in stukkies gesny,
ui gekap,
gekleurde pepers gekap,
3 aartappels in blokkies gesny,
3 wortels in skyfies gesny,
tamatie geskil en gekap.
10ml matige kerrie poeier,
5ml borrie,
15ml suiker.
sout en peper na smaak afhangende van wors se sout inhoud.
Braai uie en pepers en voeg wors wortels en aartappels by
roer braai tot wortels en aartappels addante is,
gooi nou kerrie, suiker en borrie by en gekapte tamatie,
voeg so twee koppies kookwater by,
bring tot kookpunt en stel hitte af.
Laat prut en voeg sout en peper na smaak by.
Kan met rys of pap bedien.
Ek ook al so koppie vol rou macaroni bygevoeg as ek die kookwater by sit,
NEDERIGE WORSPOT: [BOEREKOS KOOKENGENIET]
My gesin se gunsteling pot, die is ‘n baie nederige pot.. trooskos
Bietjie kookolie vir braai
2 el botter
1 kg boerewors
500 g varkworsies
1 blikkie botterbone
3 tl koekmeelblom
3 kop aftreksel van jou keuse
halwe kop rooi wyn
2 el tamatiepuree
1 tl mosterdpoeier
1 el worcestersous
1 tl tiemie
3 groot uie grof gekap
6 knoffelhuisies , mooi gekneus
paar geelwortels skil af en lang “stir-fry” repies gesny
vars gemaalde swartpeper
MAAK DAN SO:
Maak bietjie kookolie in ‘n groot pot warm, braai wors aan albei kante tot mooi bruin.
Plaas 2 el botter by, gooi uie, knoffel en wortels by. Potbraai vir vyf minute alles saam oor matige hitte Maak pasta met water en koekmeelblom en gooi by worspot saam aftreksel , gooi nou botterbone by, die res van die bestanddele by, bring tot kookpunt en prut stadig vir so 5 minute. Skep op saam kapokaartappels of lekker vars brood om al daai sousies op te skep.
Rencia Odendaal Pretorius
KERRIEKOS: (WORS)
500g boerewors, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
2 uie gekap
15ml kookolie
2ml rissiepoeier
15ml kerriepoeier
250ml vleisaftreksel
15ml tamatiepuree
30ml suurlemoensap
5ml sout
2ml vars gemaalde swartpeper
3 aartappels, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny
Rooster wors tot byna gaar.
Hou eenkant warm.
Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie.
Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens.
Voeg verhitte vleisaftreksel,tamatiepuree, suur lemoensap, sout en peper by.
Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute.
Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik.
Sit voor met gebotterde heelgraanbrood
Simoné Venter van Wyk
TOAD IN A HOLE (WORS)
125ml melk
175ml water
2 eiers
4ml sout
250ml koekmeel
1 pakkie potato bake
500g wors
meng melk eiers water sout goed saam.
gooi dan meel en potato bake saam meng goed en laat rus vir 10 minute.
Sny wors in stukkies en sit in microwave vir 10 minute op 70% krag.
Gooi melk mengsel in lasagne bakkies druk wors in mengsels in en
bak in oond op 180 vir 35 minute en gooi kaas boor bak tot kaas gesmelt het.
Rencia Odendaal Pretorius
BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS
500 g boerewors
MOSTERDAARTAPPELS:
4 groot aartappels
4 repies spekvleis
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)
2 agurkies (gekap)
MOSTERDSOUS:
1 eiergeel
125 ml mayonnaise
15 ml aangemaakte mosterd
30 ml gekapte pietersielie of vars kruie
Berei die mosterd soos volg:
Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits
tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie
laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.
Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil
aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai
spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer.
Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg
agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd
aartappels in die middel van ‘n ronde bord en rangskik wors rondom.
Lewer 6 porsies.
BOEREWORS TERT MET MOSTERD
Bestanddele vir 12 porsies
250 g meel
sout
125 g botter of margarien
3 eier (s)
1 bossie grasuie
150 g crème fraîche/suur room
4 eetlepels korrel mostert
600 g Bratwurst/Boerewors
Komyn, fyn
Voorbereiding
Meng meel, sout en komyn, voeg botter / margarien (in klein stukkies) en 1 eier by. Verwerk tot ‘n gladde deeg. Plaas deeg in foelie en vir sowat 30 minute in die koelkas.
Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak, rol dit rond uit, sodat dit in’ n gesmeerde losboompan (ongeveer 26 cm in deursnee) pas (dit werk ook in ‘n tert pan). Vorm n rand en prik die bodem verskeie kere met ‘n vurk. Rol die wors op en plaas dit op die deeg.
Sny die grasuie in ringetjies. Meng die Crème fraîche/suur room, mosterd, en 2 eiers, roer die grasuie by. Smeer die mengsel egalig oor die wors.
Verhit die oond to 200 º C (Termo-fan175 º) en bak die tert vir ongeveer 40 minute tot goudbruin.
WORS EN APPELKOOSGEBAK
1 ui, gekap
1 knoffelhuisies, gekneus
bietjie olie
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
5 ml kerriepoeier
2,5 ml borrie
500 ml kookwater
30 ml blatjang
sout en swartpeper na smaak
2,5 ml gedroogde gemengde kruie
600 g boerewors, half gaar
1 x 410 g blik appelkooshelftes
625 ml half gaar rys
Stel oond op 180°C. Soteer uie n knoffel
in olie tot sag. Voeg soetrissie, Kerrie
en borrie by en soteer vir nog `n minuut.
Roer kookwater, blatjang, sout, peper en kruie by en laat 5 minute
prut. Sny wors in stukkies en pak in
gesmeerde oondbak. Skep warm uiemengsel bo-op
Skep rys bo-op, bedek die bak en bak 45 min lank tot rys sag is. Laat gereg `n rukkie staan voor dit voorgesit word sodat al die vloeistof geabsorbeer kan word.
Hi,ek het eendag tussen my skoonma se resepte die volgende resep gekry. Sy het dit jare terug uit ‘n huisgenoot wenrespepte uitgeskeur. Dis vinnig,maklik en baie lekker.
WORS-JUWEEL GEREG
1 ui,fyngekap
1soetrissie,ontpit en in repies gesny
Olie
10 ml kerrie poeier
2ml borrie
500ml kookwater
12,5ml blatjang
5ml sout
Peper na smaak
300g rou rys
500g rou boerewors
1 blik appelkooshelftes
Metode
Soteer uie en soetrissie. Voeg kerrie en borrie by en braai effens. Voeg dan blatjang,kookwater,sout,peper by en prut vir 2min. Sny wors in stukkies en pak in oondvaste bak. Skep die uiemengsel oor en versprei eweredig. Versprei appelkooshelftes oor die wors en giet die sap ook oor. Strooi rys bo-oor. Sit deksel op en bak in ‘n voorverhitte oond van 200C vir 45min lank.
Ek kook sommer die rys apart en gooi die borrie daarin. Soms sit ek stirfry ook by. Dis ‘n lekker resep wat jy jou eie kan maak.
DIE WAS OULIKE IDEE: MAAK JOU GROENTE GAAR (roast veggies) EN GOOI STUKKIES WORS TUSSEN IN, KERSIE TAMATIES VARS PIETERSIELIE ENS
BOEREWORS AARTAPPELSLAAI:
SLAAISOUS:
30ml wit wynasyn
125ml olyfolie
3ml swartpeper
1 knoffelhuisie fyngedruk
15ml Dijon mosterd
5ml suiker
SLAAI:
1kg baba-aartappels, met skil, gehalveer
15ml olyfolie
1 ui, dun gesny 1 rooi soetrissie, in repe gesny
500g gaar boerewors, in skyfies gesny
1 groot steel seldery, gekap
10 ml vars tiemie, gekap
Klits alles vir slaaisous saam tot goed gemeng. Kook baba aartappels tot net sag en dreineer. Verhit intussien olie en braai uie en soetrissie tot sag. Voeg worsstukkies en tiemie by en meng deur. Meng liggies met gaar aartappels. Giet slaaisous oor terwyl steeds warm. Bedien terwyl nog louwarm.
MY VINNIGE RAADOP RESEP EEN AAND TOE EK MOEDELOOS WAS MET ‘N BAK GEBRAAIDE WORS WAT TOE AL 3 DAE IN DIE YSKAS LE NA ‘N SATERDAG AAND SE BRAAI
Die foto lyk om en by hoe dit gelyk het, maar ek moet se dit was BAIE LEKKER
(Rens)
Sny wors in stukkies (grootte soos verkies)
Braai 1 groot ui gekap tot sag
Kook so 2 koppies veggie mix tot sag maar nie pap nie
Maak vinnig 2 aartappels geskil (in blokkies gesny) in die mikrogolf gaar
Maak 1 pakkie of pasta sous of potato bake aan met melk en gooi by die groente (ek het die 3 cheese een gebruik)
Kook deur tot dik
Gooi die wors by die groentemengsel en dan in ‘n oondvaste bak
Maak SLAP PASTEI DEEG:
125 ml olie
125ml melk
200 ml bruismeel (of 200ml meel en so 2 tl bakpoeier)
1 eier (geklits in bietjie water)
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei .
Bak in oondby 180 grade vir ongeveer 15/25 min tot gaar en goudbruin
Het dit bedien met slaai
** My man het gese ek mag dit maar weer maak **
Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
SEWENTIGS-POTJIEKOS MET BOEREWORS EN FRIKKADELLE: [MICHELLE DAVIS]
GENOEG VIR 6 – 8 MENSE
15ml [1e] olie
500g boerewors
200g rou frikkadelle voorberei volgens jou resep
Sowat 15 baba-aartappels, geskil [of hou skil aan, dis gesonder, was net goed]
10 baba-uie, geskil
500ml [2k] water
15ml [1e] bruinsouspoeier
250g sampioene
METODE:
Smeer platboompot met of olie of kossproei.
Plaas die boerewors in die pot en pak die rou frikkadelle bo-op wors.
Plaas die aartappels en uie bo-op die frikkadelle.
Meng ‘n bietjie van die water met die souspoeier en roer tot glad. Giet die res van die water by en roer goed.
Pak die sampioene bo-op en giet die sousmengsel in die pot.
Plaas die deksel op en kook sowat 30 – 40 minute oor matige kole tot gaar.
Sit voor saam met rys en slaai of groente
Jy kan dit ook in die oond maak in jou kasserol met jou deksel op
FRUITY BOEREWORS CASSEROLE:
DEUR: CHECKERS
(Serves 6)
10 ml cooking oil
2 medium onions, sliced
about 600 g thick Championship Boerewors, cut into 3cm
pieces
3 medium potatoes, peeled and cubed
250 ml beef stock
30 ml cake flour
15 ml dried oreganum
salt and freshly ground black pepper to taste
100 g dried apricots, halved
70 g dried prunes, cut into quarters
30 ml vinegar
45 ml fruit chutney
HERE’S HOW:
• Heat the oil in a large pan and sauté the onion until transparent.
Add boerewors and fry until lightly browned. Add the potatoes and beef stock, cover with a lid and simmer for 10 minutes.
• Stir in the cake flour, oreganum, seasoning, dried fruit, vinegar and fruit chutney. Reduce the heat and simmer another 10 minutes or until potatoes are cooked.
• Serve with fluffy white rice.
BOEREWORS BAKED POTATO:
DEUR: CHECKERS
Serves 6
15 ml cooking oil
1 medium onion, finely chopped
2 celery sticks, finely chopped
410 g tin peeled and chopped tomatoes
45 ml tomato puree
125 ml water
about 300 g thin Championship Boerewors
6 large potatoes
salt and freshly ground black pepper to taste
125 ml grated cheddar cheese
Sauce:
Heat oil and sauté onions and celery until soft. Add
the chopped tomato, tomato puree and water and simmer
for 5-10 minutes. Set aside.
• Heat a frying pan and fry the boerewors with a little water
until browned on both sides. Remove from pan and cut
into 3 cm pieces.
• Rinse the potatoes in cold water and prick with a fork. Rub
the potatoes with salt and pepper and cook in the
microwave for about 12 minutes at 900W power. Allow to
cool slightly.
• Cut a shallow cross in the top of each potato and squeeze
from the sides so that the top opens up. Press 4 pieces of
boerewors into each potato, so that it slightly sticks out the
top. Spoon the sauce into the cavity and sprinkle with
grated cheese.
• Place the potatoes on a baking tray under the grill for 10
minutes, until the cheese has melted and slightly browned.
BOEREWORS BREAKFAST ROLLS:
Deur: CHECKERS
(Serves 4)
4 hotdog rolls (white or whole wheat)
30 ml hot english mustard / sauce of choice
6 large eggs
200 ml milk
salt and freshly ground black pepper to taste
5 ml butter
about 600 g Championship Boerewors, cut into 18 cm slices
1 tomato, cut into small cubes
HERE’S HOW:
• Cut open each roll through the middle length ways.
Spread with mustard or sauce of choice.
• Whisk the eggs, milk and seasoning together.
• Melt the butter in a heated pan and scramble the egg
mixture over medium heat for about 4 minutes. Remove
from the heat.
• Fry boerewors in a pan with a little water until cooked and
brown on both sides.
• To assemble the roll, spoon the scrambled egg into the
hotdog roll, arrange the boerewors in the scrambled egg
and top with fresh tomato pieces.
You must be logged in to post a comment.