Tag Archive | mac and cheese

Eenbak geregte


EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut/of chakalaka met mielies by, en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe rou noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel todat die water net effes bokant die mengsel is.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. (stoof op nr 2) Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous. Ek neem 1 en half koppie melk en 2 eetl meel, meng met jou whisk goed, in die mikrogolf vir so 5 min, whisk deur – terug in die mikrogolf, 3 miniute whisk weer deur en weer in die mikrogolf tot die mengsel begin opkook. Sout en peper.
As die noedels gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou chedderkaas oor, sommer baie.
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is. (Dit is so 5 na 10 minute)

Om dit meer te maak, vermeerder net jou maalvleis.

Opsioneel kan jy ook sampioene byvoeg

*

CHEESE AND MINCE CASSEROL

1 kg ground beef
2 Small green peppers chopped
1 medium onion chopped
2 tsp minced garlic or flakes
1 Tbs Worcestershire sauce
1 can diced tomatoes
1 cup tomato sauce
1 tsp Italian seasoning
1/2 cup Chicken broth
1 box of elbow pasta
1 Tbs butter
2 cups Shredded Cheddar cheese
Salt and pepper to taste
Directions:
Pre heat oven to 180C
Lightly brown beef and drain any oil in pan
then add the peppers, onions, garlic, Worcestershire , canned tomatoes and tomato sauce, chicken broth and Italian seasoning
Bring to a boil and simmer for 20 minutes.
Cook pasta according to directions, drain, and add the butter to the hot pasta
Combine pasta and beef with one cup of the cheddar cheese and mix well
Place pasta in a 15×10 baking pan and top with remaining cheese
Bake for 25 minutes

*

Eenbak SPAGHETTI met BOELIEBIEF

1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik heelpit mielies (jy kan hier ook ertjies of veggie mix gebruik)
1 blik Boeliebief – in blokkies gesny
1 tamatie – geskil en opgekap
1 ui – opgekap
1 groenrissie – in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode:
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng nou alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met spray and cook en skep die mengsel daarin.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180° vir 1 uur.

Deur;Tienie Botes – Lekker resepte vir die jonger geslag

Variasie ; Gebruik gevlokte hoender, gaar maalvleis of tuna

*

Eenbak MAALVLEIS  met RYSKORS gebak

500g maalvleis
5ml sout
2 snye brood in melk geweek en gedreineer
¼ t peper.
5 ml droe pietersielie
1 ui gerasper
35ml asyn
20ml Sweet-Chilli sous
Meng al bogenoemde

1 kop Sampioene gebraai
1 kop spek gebraai
1 kop gerasperde kaas

Metode;
In n gespuite bak:
Pak lae met vleismengsel, spek, sampioene en kaas (asook variasies – sien onder)
Bak vir 35min by 180 C

Bolaag
Meng al onderstaande bestandele:
1 eier
125ml melk (1/2 kop)
125ml meel (1/2 kop)
250ml gaar rys (1 kop)
5ml bakpoeier.
Sout
Skep nou die mengsel bo-op jou vleismengsel en strooi ’n lekker klomp gerasperde kaas bo-oor
Bak nog ongeveer 10min tot opgepof en goudbruin

Vir n variasie sal ek ‘n koppie veggie mix ook ingooi of koppie ertjies

*

Eenskottel HOENDER EN RYS gereg 

Gebruik kasserole met deksel

Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender (ontdooi) stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Ek sit ook sommer my gehalveerde aartappels ook by (sien foto)
Maak pakkie sampioen- of wit uiesop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak
Bak (bedek) vir 1 en half uur tot 2 ure by 140/150 grade C
Loer so nou en dan na uur en half of dit nie dalk al gaar is nie –

Sit net onder grill (indien nodig) om velletjie lekker krispy te maak en goudbruin

Jy kan hier die hoenderstukke vervang met skaaptjops ook.

Hier is nog ‘n variasie van een van ons lede:

Christine Mostert
Hierdie eenskottel geregte is super nice!! Ek maak gewoonlik een met wors. 2koppies rys onder, lekker groot pak wors opgesny in kleiner stukkies bo-op rys, bo-op dit ‘n pak hawaiin stirfry, dan meng ek 1pakkie sampioen en 1pk wit uie soppoeier met 500ml water gooi oor die groente gerasperde kaas bo oor en bak vir so uur en ‘n half op 180grade.

*

SIMBA TJIPS GEREG
4 eetlepels botter
3 eetlepels koekmeel
375ml warm melk
250ml ham of gebraaide spek
2 x 375ml gekrummelde skyfies (simba tjips – die kaas en uie en bbq werk baie lekker)
375ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180C. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk. Gooi die ham, kaas en 1 pak skyfies by. Gooi die helfte van die ander pak skyfies onder in ‘n bak, skep die witsous bo-op, bedek met ekstra kaas en orige skyfies (gemeng) en bak 15–20 minute.

*

KOSHUIS/KINDERHUIS MAC & CHEESE
1 pakkie (500gr) macaroni (gaar)
Rasper 4 tamaties (ek kap dit sommer met my twista fyn) en voeg by: 4 eetl tamatiesous, 4 eetl chutney, ½ eetl Bbq spices, sout en peper na smaak
Meng macaroni en tamatie mengsel en voeg by – 2 kop gerasperde kaas – Gooi in platbak – Klits 6 eiers en 150ml melk. Gooi eier en melk mengsel bo-oor
Rasper nog 2 kop gerasperde kaas bo-op, sny tamatie skywe bo op en bak vir 30 min by 180 grade

Variasies: (ongeveer 1 koppie)
Voeg by gekapte spek en uie wat bros gebraai is, maalvleis, stukkies ham, kouevleis, salami, bully beef, tuna wat gedreineer, gevlokte hoender. Jy kan ook sampioene braai, ‘n handvol ertjies, groen, rooi en geel peppers byvoeg

*

MACARONI AND CHEESE
500gr elbow macaroni, cooked – al dente, drained well
2 overflowing cups of sharp cheddar cheese, shredded or cut into 1/4-in cubes
1 can evaporated milk (ideal milk)
1 Tbsp sugar
2 eggs, beaten
Season salt – to taste
black pepper – to taste
Dash or two or three or four of cayenne pepper

Directions
In a bowl, mix cooked and well drained macaroni and cheese together.
In another bowl whisk together eggs, milk, sugar and seasoning.
Pour egg/milk mixture over mac and cheese mixture, stir until well incorporated.
Pour into baking dish or tin, cover with foil.
Bake at 350 degrees for about an hour.
Remove foil, turn on broiler (grill) grill top of mac and cheese until golden brown and bubbly

*

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak)
400ml witsous – maak jou standaard witsous soos met eie resep
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Opsioneel:
Gekapte groen, rooi en geel peppers gebraai, ½ kop erjies of veggie mix
Meng hoender, noedels mayonaise (opsionele indien verkies) en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

*

PASTA-EN-TUNA EENBAK GEREG

2 groot tamaties in skywe gesny
2 groot uie opgekap
2 blikkies chunky tuna (in water)
500-750ml reeds gemaakte dik witsous
500ml gaar pasta, noedels of macaroni
500ml gerasperde Cheddarkaas
sout en peper na smaak
Metode:
Braai uie en tamatie en meng die tunavis by. Plaas die uie en tamatiemengsel in ‘n groot oondvaste glasbak. Meng nou die pasta en witsous by. Meng alles goed en geur met sout en peper. Strooi nou die gerasperde kaas egalig bo-oor die mengsel. Bak vir omtrent 30 minute in oond van 180C. Om meer volume te kry, kan jy twee tot vier geklitste eiers by mengsel inroer voordat u die kaas oorstrooi.Opsioneel: Voeg ertjies of veggie mix by – selfs van die pakke groente met kool wortels en broccoli in. Vervang die tuna met gevlokte hoender, bully beef of maalvleis
*
 3 EENBAK resepte met VISVINGERS
 –
VISVINGER GEREG
Maak kapokaartappels
1 blik heelpit mielies
1 blik sweetcorn,
Gevriese visvingers
Gerasperde kaas.
PAK LAE.
1) Kaopkaartappels
2) Pak ‘n laag visvingers
3) Meng heelpit en sweetcorn en bedek visvingers
4) Eindig af met ‘n laag kapokaartappels
5) Sit in oond vir so 20min by 180 C (visvingers moet net gaar word)
6) Haal uit, Gooi kaas bo op ek sit terug vir so 10min.
 –
 VISVINGER EN RYS GEREG
Smeer n bak, plaas jou oorskiet (gaar) rys daarin,
Pak nou jou bevrore visvingers bo-op die rys.
Sprinkel bietjie suurlemoensap oor die vis.
Braai nou uie in n bietjie kerriepoeier tot sag, gooi uiemengsel oor vis.
Maak ‘n witsous en gooi 125 ml kaas by.
Gooi sous oor alles, rond af met kaas bo-op
Bak op 180 C vir 25 minute.
Vir variasie kan jy tamatie skywe ook opsit.
 –
VISVINGER PASTEI

1 pak visvingers
1 houertjie room
1 Pakkie sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel (smoor)
Gerasperde kaas

Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uiesmoor eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C

*

HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST: [BOEREKOS KOOKENGENIET]

Bietjie olie
700g maalvleis
1 Ui Gekap
5 Knoffelhuisie, gekneus
2 Selderystingels, fyn gekap
1 Groot wortel – in dun skyfies gesny
1 Tl tiemie
1 Tl Gemaalde koljander
1 Eetl Tamatiepuree
6 Groot aartappels
Sout en Peper na smaak
1 Blik Gekapte tamaties
Bietjie botter
Bietjie melk
Cheddar kaas – so koppie vol – gerasper
6 Groot aartappels, amper sag gekook – middel mooi uitgehol. Sit eenkant in bakkie, voeg blertsie botter in . Sprinkel sout en peper, bietjie melk, druk fyn.
Maalvleis : Verhit olie in kastrol en soteer ui, knoffel,seldery en wortel tot ui net sag is. Voeg maalvleis by en braai tot mooi bruin gebraai. Voeg oorblywende bestanddele by, kook oor lae hitte, sonder deksel, tot vloeistof amper verdamp het.
Skep nou genoeg gebraaide maalvleis in uitgehode aartappels, so 3/4 vol. Vul op met fyngedrukte aartappels. Sprinkel met kaas, maal vars peper bo-op. Bak in voorverhitte oond 180 C vir 20 min of tot goudbruin.
*
 BROCCOLI, BACON AND EGG CASSEROL
12 large eggs
250gr (1 container) sour cream
2 cups cheddar cheese, shredded
250gr bacon, chopped
1 cup broccoli, chopped
½ teaspoon salt
dash pepper
Preheat oven to 180C
Put eggs and sour cream in blender with salt and pepper. Blend well.
Put half the cheese into a 9X13 baking pan, followed by the bacon, the broccoli and then the rest of the cheese. Pour the egg mixture over the whole thing.
Bake 45-55 minutes, until top is golden brown and toothpick inserted into the center comes out clean.
Makes 8 servingsVoorstelle: Vervang die brokkoli met blomkool of ertjies of gemengde groente
*
BROCCOLI, SPINACH FRITTATA
Ingredients:
4 cups broccoli florets, chopped into bite-sized pieces
4 cups (packed) baby spinach, washed and roughly cut
1 small onion, chopped into thin half rings
4 cloves garlic, minced or 1 teaspoon garlic flakes
2 Tbs butter
1/4 tsp oregano, dried (optional)
1/2 tsp salt
6-8 eggs, beaten (6 serves 4 people well and 8 is if you want a thicker frittata)
Directions:
Preheat oven to 180C
Lightly steam broccoli until starts to turn bright green (about 5 minutes), remove from heat, rinse with cool water, and set aside
Saute onions in skillet until translucent and brown (stir occasionally to prevent sticking)
Add garlic and saute
Add spinach and a pinch of sea salt and stir. Let cook until spinach is wilted
Add rinsed and drained broccoli, oregano and rest of sea salt Stir until well combined and remove from heat
Pour eggs on top of veggies and shake pan slightly to get egg mixture to settle into the vegetables
Bake for 20-25 minutes until baked all the way through
 *
MACARONI EN MAALVLEIS GEREG

500gr beesmaalvleis
½ koppie ui, gekap
1 blik sampioenroomsop
½ koppie melk
½ teelepel knoffelvlokkies
½ teelepel sout
½ teelepel peper
1 blikkie sampioene (jy kan ook vars sampioene gebruik – ongeveer 200gr)
2 koppies macaroni, rou
2 kop cheddar kaas gerasper
Braai uie, vleis en knoffel (en vars sampioene indien gebruik) tot sag en vleis nog pienk is
Kook die macaroni eenkant tot sag en dreineer
Meng die maalvleis, melk, speserye en sampioensop en blikkie sampioene indien jy nie vars sampioene gebruik het nie
Pak nou lae met die macaroni, maalvleis mengsel en kaas
Eindig af met die maalvleis en kaas bo-op
Bak in oond vir 20 na 30 minute by 180 C
Genoeg vir 6 tot 7 porsies
*
Maggi Oliver
BOTTERSKORSIE EN AARTAPPELGEBAK
8 medium  aartappels
1 medium grote botterskorsie
2 groot uie, gebraai
1 pak sampioene, gebraai
1 pak spek, gebraai en gesnipper
2 huisies knoffel, fyngemaak
1 pakkie potato bake (spek en uie geur)
150 ml melk
250 ml room
swartpeper na smaak
1 koppie gerasperde kaas
METODE:
1.Skil en sny aartappels en botterskorsie in skywe
2.Kook aartappels en botterskorsie in soutwater in 2 aparte potte tot amper sag maar nog ferm
3.Dreineer die skywe versigtig
4.Braai intussen die uie, sampioene en spek afsonderlik tot gaar en meng dan alles saam
5.Voeg fyngemaakte knoffel en swartpeper by en roerbraai vir ’n verdere minuut
6.Meng potato bake met melk en room
7.Rangskik die helfte van die aartappelskywe op die boom van ’n gesmeerde oondskottel
8.Plaas die botterskorsie op die laag aartappels
9.Gooi helfte van die potato bake mengsel op die botterskorsielaag
10.Strooi helfte van die spek bo-oor die laag
11.Plaas res van die aartappels op die laag
12.Giet res van die potato bake mengsel oor die aartappels
13.Strooi kaas bo-oor en plaas res van die spek bo-op
14.Bak vir ongeveer 30 minute en sit warm voor
Maggi Oliver se tropiese hoender.
 –
 TROPIESE HOENDER8 hoender porsies
1 rooi soet rissie, opgesny in stukkies
ongeveer 10 piekeluie, gehalveer
Cajun speserye van Ina Paarman
sout en peper
1 koppie tropiese vrugtesap
1 koppie mayonaise
1 koppie blatjang
METODE:
1.Maak hoender mooi skoon en verwyder alle vette
2.Plaas in ’n groterige kasserol oondskottel
3.Strooi die soet rissie eweredig oor die hoender gevolg met piekeluie
4.Strooi Cajun speserye, sout en peper oor
5.Meng vrugtesap, mayonaise en blatjang goed saam
6.Gooi bo-oor hoender en plaas die deksel op
7.Bak in oond van 180°C vir ongeveer 1 uur
8.Verwyder die deksel en bak oop, totdat die sous dikker word en die hoender mooi van kleur is (ongeveer so 30 minute)
*
SPINASIE-EN-AARTAPPEL/PATAT GEBAK
5-7 groot aartappels of patats , in die skil gekook en afgekoel
Sout en vars gemaalde swartpeper
1 x 250 g pak spekvleis, fyn gesnipper
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) melk
2 eiergele
1 x 300 g spinasieblare (groot blare), gewas en are uitgesny
Gerasperde kaas (opsioneel)
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter. Trek aartappels/patats se skille af en hou eenkant. Braai spek tot gaar, voeg ui en knoffel by en braai tot sag. Klits room, melk en eiergele saam en hou eenkant. Stoom spinasieblare in mikrogolf of blansjeer tot verlep. Druk droog. Sny aartappels/patats in dun skyfies. Pak ’n lagie dun aartappel/patatskyfies onder-in gesmeerde oondbak.
Geur goed met sout en peper. Skep ’n dun lagie uie-en-spekmengsel oor en smeer egalig. Skep ’n paar lepels roommengsel oor en lê een of twee spinasieblare plat oor uiemengsel. Herhaal lae en eindig met ’n lagie aartappels/patats, waaroor jy orige roommengsel giet. Gooi bietjie gerasperde kaas bo-oor indien verkies. Laat staan vir ’n paar minute en bak vir 1 uur tot goudbruin en borrelend. Laat sowat 10 minute afkoel voor dit voorgesit word.
Lewer agt porsies
SPINASIE TERT
500gr spinasie (ek gebruik gewoonlik so 2 bossies)
1 ui gekap
1 pakkie spek gekap
So 5 na 7 sampioene grof gekap (opsioneel)
Kook of roerbraai spek, sampioene, spinasie en ui vir so 10/15 min – dreineer water af
Meng 1 pakkie wit uiesop (droog) en 1 houertjie suurroom – Laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word
Meng 1 houer “smooth cottagecheese”, 3 eiers, 1tl mosterd, sout en peper
Meng alles + 1 kop cheddar kaas
Vat nou 1 pak skilferkorsdeeg en voer tertpan uit – gooi mengsel in en bak vir 30/40 op 180 grade tot gaar en mooi bruin – As uit oond haal, gooi nog so ‘n lekker klomp kaas bo-oor en bedien.
Wenk: Ek los die skilferkorsdeeg uit vir ‘n braai bygereg. Gooi beslag net in ‘n glasbak en bak soos bo.
*
KORSLOSE SPINASIE SOUFFLE
Deur: Lucky Star
Neem 2 pakke bevrore of vars gekapte spinasie (1 bossie) en ontdooi. As rou is, kap fyn.
Klits 4 eiers
2 koppies lae vet Griekse jogurt,
1 teelepel sout,
1 teelepel knoffel poeier
½ teelepel swartpeper.
Roer in 1 ½ koppies gerasperde mozzarella of chedderkaas by, en die spinasie, dan gooi mengsel in muffinpan.
Oond 180 grade C en bak vir 30-35 minute tot gestol en effens opgepof. Toets met ‘n tandestokkie of gaar is.
Wenk: Gekapte brosgebraaide spek kan ook bygevoeg word
 *
EENVOUDIGE HOENDERPASTEI
Onder Kors
125 ml (1/2 k) botter
1 eier
125 ml (1/2 k) melk
500 ml koekmeel (2 k)
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie soutKlits die eier en botter goed. Voeg die melk geleidelik by en meng goed. Sif al die droë bestanddele saam en meng met die bottermengsel. Smeer 2 pastei bakke uit met die deeg, ongeveer 5mm dik. Kante en bodem. Vul korse met die vleis mengsel. Hou eenkant vir ten minste 20min. Hierdie resep is genoeg vir 2 x 40cm glasbakke.Vulsel1 kg hoenderfillette, happie grote stukkies gesny.
1 prei (leek), fyn gesny
1 pakkie sampioene of 2 blikkies, in skyfies
1 groot ui fyn gekap
1 e knoffel
Bietjie botter
1 e tiemie
¾ k melk
1 k room
Sout en Peper na smaak1 pakkie mushroomsoppoeier aangemaak met 1 kop waterVerhit die oond tot op 200C
Braai die hoender stukkies in botter tot bruin.
Verwyder en hou eenkant.
Braai die uie, mushrooms, knoffel en prei tot gaar en ligbruin in dieselfde pan/pot
Voeg die melk, room en tiemie by en bring tot net onder kookpunt.
Voeg hoender by en prut verder tot sag.
Verdik na smaak met die sop en laat ten minste 10min prut.
Laat effe afkoel en skep in die bak met die deeg.Bedek met die bo-korsBo-Kors
125 ml olie (1/2 k)
125ml melk (1/2 k)
250ml bruismeel (1 k)
1 eier (geklits in bietjie water)
Bietjie sout
1 t Mixed Herbs

Meng als tot ‘n slapdeeg. Gooi bo-oor pastei en bak teen 180 grade vir ongeveer 20min tot gaar en goudbruin

*

BOONTJIESOP MET LAMSVLEIS

Genoeg vir: 4-630 ml olyfolie
250 g spek (gesnipper)
2 groot uie, gekap
2 groot wortels, geskil en in blokkies gesny
1 kg aartappels, geskil en in blokkies gesny
800 g lamskenkels
500 ml suikerboontjies, oornag geweek
METODE:
1. Verhit ’n bietjie van die olie en braai die spekvleis daarin. Skep die helfte uit sodra dit gaar is, en laat die res bros braai. Hou albei apart eenkant. Sny dit in kleiner stukkies.
2. Gooi nog ’n bietjie olie in die kastrol en soteer die ui, wortel en aartappel tot dit goudbruin is. Skep dit uit en hou dit eenkant.
3. Verhit die res van die olie en braai die vleis bruin. Voeg die boontjies en twee liter kookwater by. Verhit die mengsel tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit kook vir twee uur of tot die vleis baie sag is.
4. Voeg die sagte spekvleis en uiemengsel by en laat dit vir nog 30-60 minute prut tot al die bestanddele saggekook het.
5. Skep ’n kwart van die mengsel uit en maak seker daar is niks bene oor nie. Maak dit fyn in ’n versapper en gooi dit terug in die kastrol. Geur dit na smaak.
6. Sit die sop voor met stukkies brosgebraaide spekvleis bo-op.
Bron: Idees
*
Lekker MELKKOS MET SAGO EN VLAPOEIER
Ingredients
200g sago (1 c)
2.5 liters milk (10 c)
2 eggs
60 ml water (¼ c)
30 g custard powder (4 T)
2 ml salt (½ t)
15 ml butter/margarine (1 T)
cinnanamon sugar
Instructions on how to make it
Soak the sago in the milk for about an hour. Gradually bring the mixture to the boil over moderate heat, using a heavy based saucepan. Stir it quite often in order to prevent burning and simmer until the sago is soft and transparent.
Separate the eggs. Beat together the egg yolks, water, custard powder and salt. Add the custard mixture to the milk mixture and simmer until thick, stirring often. Add the butter/margarine.
Beat the egg whites until stiff but not dry. Stir a little of the stiffly beaten egg white into the hot melkos until mixed. Then lightly fold the remaining egg white into the mixture, using a metal spoon.
Pour the custard melkkos into a heat proof serving dish, sprinkle lavishly with cinnamon sugar and serve immediately.
Makes 2,5 litres (10 cups) of melkkos
Deur: Granny Mouses House/Ouma Muis se Huis
*
SKAAPVLEIS EENBAK GEREG
Ek het ‘n klomp tjops en ‘n gedeelte van ‘n ribbetjie in die stoompot gegooi, 2 uie grof opgekerf en genoeg water ingegooi. Stoom vir ongeveer half uur na 40 minute
Sny die vleis op in stukkie en verwyder die meeste bene en pak in ‘n plat oondbak.
Ek het aartappels in die mikrogolf gaar gemaak en in wiggies gesny en die bo-op gepak.
Neem ‘n blikkie heel tamaties en sny in stukke en gooi bo-oor – jy kan hier ook tamatie en uiesmoor gebruik. Meng net so bietjie bladjang in by dit anders proe dit baie vlak.
Maak 1 pakkie Knorr beef strogonoff aan met 1 1/2 koppie water en gooi bo-oor alles. Sout en peper na smaak
Sprinkel Ina Paarman se garlic and herb speserye oor. As jy dit nie het nie, sommer sout, peper, bietjie gemengde kruie
Maak toe met foil of deksel en bak in die oond vir ongeveer half na 45 min by 180 C

Mac and cheese/macaroni en kaas


Mac en cheese met wit uiesop

Mac en cheese met wit uiesop

MACARONI EN KAAS MET WIT UIESOP

Sien onderstaande resep en merk ook die veranderinge wat ek gedoen het asook ‘n paar wenke.

Vervang die 250ml room met ekstra koppie melk

Ek het ook 3 geskilde tamaties in bokkies gesny bygevoeg.

Bestanddele:
1 pak gaar macaroni
1 pak gekapte spek
1 gekapte ui
1 tl knoffelvlokkies
2 kop gerasperde kaas
250 ml room (vervang met nog 1 kop melk)
3 kop melk
1 pakkie wit uie soppoeier
4 eiers
3 tamaties (geskil en gekap)
Sout en peper na smaakSkep die gaar macaroni in ‘n diep vuurvaste oondbak.
Braai die spek, uie en knoffel saam in pan en voeg by macaroni. Klits room, melk en eiers saam en voeg die soppoeier by. Klits tot die klonte uit is. Voeg 1 1/2 kop gerasperde kaas en gekapte tamaties by en meng. Roer by die macaroni mengsel en strooi die res van die kaas bo- oor. Bak vir 45min by 180C tot gaar en bruin.
Bedien met mengelslaai en vars broodrolletjies.
PAAR WENKE: Vervang die spek met gevlokte hoender, viennas, blokkies ham of  koue vleis, of 1 blikkie chunky tuna (gedreineer) of 250gr maalvleis
As jy aspersies het kan dit bygevoeg word. 3 kleure rissies gekap en selfs sampioene kan bygevoeg word. ‘n Blikkie sweetcorn kan ook bygevoeg word.Deur: Radio Namakwaland

MACARONI EN KAAS MET SUURROOM

Ingredients

1 packet of macaroni noodles, cooked and drained
125gr butter
½ cup flour
3 cups shredded cheddar cheese, divided
3 to 4 cups milk
½ cup sour cream
Instructions
In large pot melt the butter.
Once butter is melted, slowly add flour and stir to create a roux.
After butter and flour are mixed, stir over medium heat for one minute to let flour and butter settle together.
Slowly add 1 cup of milk at a time. I say 3-4 cups because I never fully measure it out, you don’t want it thick and you don’t want it to be extremely runny so watch the consistency before adding the final cup of milk.
Stir in milk and turn up heat to med-high, just until sauce is thick and bubbly.
Remove from heat and stir in 2 cups of shredded cheese.
Once cheese is incorporated, now it’s time for your secret weapon!!
Add the sour cream but make sure your heat is not on! It will curdle if the sauce is too warm and you don’t want that!
Once you’ve made the sauce, salt and pepper to taste.
Mix in cooked macaroni noodles.
Add to a greased 9×13 pan.
Top with remaining 1 cup of shredded cheese.
Bake at 180 degrees for about 15 minutes or until cheese has melted on top.

mac and cheese0

KOSHUIS/KINDERHUIS MAC & CHEESE:

400 gr macaroni (gaar)

Rasper 4 tamaties, 4 eetl tamatiesous, 4 eetl chutney, BBQ spices – Meng al b.g – Voeg by – 2 kop gerasperde kaas – Gooi in bak Klits 5 eiers – 150ml melk sout en peper – Gooi bo-oor – Gooi nog 2 kop gerasperde kaas bo-op en bak vir 30 min by 180 grade

MACARONI-EN-KAAS
200 gr Macaroni, gaar gekook
5 ml Margarien
4 ryp tamaties, in skrywe gesny
Sout & peper
375 ml Cheddar kaas, gerasper
2 Eiers
500 ml Melk
Ekstra kaas vir bo-oor

Voorverhit oond tot 180ºC
Plaas gedreineerde macaroni in ʼn gesmeerde oondskottel.Rangskik skywe tamatie op gaar macaroni. Gooi kaas bo-oor (indien spek bygevoeg word, meng hier in) (Ek vat sommer kortpad en meng die kaas, spek of maalvleis en macaroni alles deurmekaar )
Rangskik nog skywe tamatie op gaar macaroni mengsel
Strooi sout en peper oor na smaak
Klits die eiers en melk saam en voeg ʼn bietjie sout en peper by.
Giet die eiermelk oor die macaroni in die oondskottel.
Stip dit met ‘n paar klontjies margarien
Gooi nog bietjie gerasperde kaas bo-oor. Plaas nog paar skyfies tamatie bo-op
Bak 40 min tot eier gestol is en goudbruin kleur bo-op het.
(Kan spek byvoeg! Baie tamatieskywe bo-op is heerlik!)

mac and cheese ham pie

Adaped from: http://www.bettycrocker.com
Mac and cheese ham pie

MAC en kaas HAM PIE

BESTANDDELE

3 koppies gerasperde Cheddarkaas

1 koppie gesnyde  ham (in blokkies)

1 koppie rou elmboog macaroni

2 ¼ koppie melk

2 eiers

½ koppie Original Bisquick mengsel  =  ½ koppie meel,  1 teelepel bakpoeier, 1 eetlepel botter (meng meel en bakpoeier en vryf botter met jou vingers in – dit is bisquick mix)

¼ teelepel sout

Gekapte vars pietersielie (opsioneel)

Verhit  oond tot 200 C. Spray 10-duim grootte bak met spray en cook

In groot bak, meng 2 koppies van die kaas, die ham en rou macaroni. Versprei dit in jou bak

Meng die  melk en eiers tot glad.  Voeg Bisquick mengsel en sout by en  meng tot glad. Gooi oor die mengsel in tertbak.

Bak 35 tot 40 minute of tot mes plaas in die middel skoon uitkom. Besprinkel met oorblywende kaas. Plaas terug in die oond en ak 1 tot 2 minute of langer totdat kaas gesmelt is. Laat staan ​​10 minute voor bediening. Besprinkel met pietersielie.

Adaped from: http://www.bettycrocker.com

MAKLIKE TUISGEMAAKTE STOOFPLAAT MACARONI EN KAAS

Mac en kaas in minder as 30 minute!

Bestanddele
500gr droë pasta (soos elmboog macaroni, penne)
4 eetlepels botter
1/3 koppie meel
4 koppies melk
2 teelepels sout
1/2 teelepel gemaalde swartpeper
1/4 teelepel rooipeper of Tabasco sous (opsioneel)
1 teelepel paprika (opsioneel)
1 teelepel droë mosterd of nat geel mosterd (opsioneel)
500gr ekstra skerp cheddar kaas, gerasper (of ‘n ekwivalente kombinasie van kaas bv gouda en cheddar
1 koppie gerasperde Parmesaankaas (opsioneel)

Kook pasta tot sag maar nie pap nie. Dreineer pasta en sit eenkant.

Maak die witsous.
Sit ‘n groot pot oor medium-hoë hitte en smelt die botter tot skuim. Voeg die meel by en roer vir een minuut totdat dit opgelos is met die botter. Stadig gooi in die vier koppies melk en roer aanhoudend totdat die sous verdik en gaar is.
Of: maak jou witsous in jou mikrogolf

Voeg die speserye by en roer in Voeg die kaas by en roer tot heeltemal gesmelt en glad is As die sous lyk of ‘n bietjie dik is, voeg in ‘n 1/2 koppie melk en roer in om te verdun. Voeg die gaar pasta by en roer totdat dit heeltemal deurgeroer is.

Sit dadelik voor. Oorskiet kan verkoel word vir tot ‘n week of gevries word tot ses maande. Verhit op die stoof met bykomende melk die sous te dun is, of in die mikrogolf

 

MACARONI EN KAAS MET HAM EN SOETMIELIES

1 pakkie ( 500 g ) macaroni
1 blik ( 250 ml ) suurroom
1 groot eier, geklits
1 blik ( 410 g ) roomsoetmielies
1 pakkie ( 125 g ) laevetham, in repies
1 tros sprietuie, gekap
Sout en peper
Cheddarkaas, gerasper

Voorverhit oond tot 180 C. Maak pasta volgens aanwysings op pakkie gaar. Dreineer en plaas in `n groot oondvaste houer. Meng res van bestanddele, voeg enige geurmiddels by, en roer by pasta in. Bedek met kaas en bak vir 20-25 minute tot goudkleurig.

MACARONI EN KAAS MET SPEK EN EIER
Bestanddele:

1 ui gekap

50ml olie

30ml botter

300gr  GAAR macaroni

100g spekvleis

150g ham

5ml oreganum (opsioneel)

2ml peper

6 eiers

50ml room/melk

50ml pietersielie.

Braai macaroni in olie en botter in ‘n pan vir 2 min. Hou eenkant. Sny spek, ui  en ham in stukkies . Braai tot spek en ui effe gaar is. Geur met bogenoemde geurmiddels. Gooi pasta by en meng liggies  Klits eiers en melk/room saam, roer pietersielie by en giet oor pasta en spek. Bedek en verwarm tot die eier gestol het. Sit dadelik voor met ‘n groenslaai.

VIR NOG PASTA RESEPTE: https://kreatiewekosidees.com/?s=pasta

Slow Cooker Macaroni en kaas


Slow cooker mac en cheese

 

SLOW COOKER MACARONI EN KAAS
Deur: http://foodies.blogs.gadsdentimes.com/10115/slow-cooker-mac-n-cheese/

1 pakkie macaroni (500gr), gekook en gedreineer
1 groot blik ingedampte melk (ideal milk)
1 ½ koppies melk
1 teelepel sout
¼ koppie sagte botter
2 koppie gerasperde skerp cheddarkaas,
1 eier, geklits
Swart peper, na smaak
Paprika

Botter die binekant van jou slow cooker mildelik met botter. Meng al die bestanddele saam en 1 ½ halwe koppie kaas, asook enige van die oorblywende botter. Giet in pot en gooi ander ½ koppie kaas bo-oor . Sprinkel paprika oor. Kook vir 3 en ¼ ure op ‘n laag (low)

MOEITEVRYE MACARONI & KAAS (lekker resepte vir die jongergeslag)

Daar’s géén ander kookmetode wat so min moeite met sulke goeie resultate beloon nie. Dit neem vyf minute om als bymekaar te gooi en jy’t die hele Saterdagoggend vir jouself; die prutpot doen die werk!
Genoeg vir 4 tot 6 mense

Jy benodig:
4 koppies (1 liter) melk
2 eiers
1 t (5 ml) sout
1 t (5 ml) mosterdpoeier (of vervang mosterd en sout met
2 hoenderekstrakblokkies)
½ t (2,5 ml) fyn peper
1 t (5 ml) droë pietersielie/gemengde kruie
½ pak (250 g) macaroni/elmbogies (rou)
2-4 koppies gerasperde kaas (van ’n skerp kaas soos cheddar hoef jy minder te gebruik)
Opsioneel: ½ ui (fyn gekap)

Maak só:
• Smeer binnekant van prutpot met botter of olie of spuit met kleefwerende sproei. • Klits melk, eiers en geurmiddels saam.
• Roer by kaas, macaroni en groente of worsies (indien verkies) in prutpot.
• Bedek die prutpot en kook vir 2-5 uur* op laag of op 1-3 uur* op hoog.
• Sit die macaroni-en-kaas saam met ’n vars slaai voor.
* Die gaarmaaktyd sal afhang van hoe groot die pot is, hoeveel watt die pot is en die aanvangstemperatuur van die bestanddele.
Weerstaan maar die versoeking om kort-kort te loer, want elke keer dat die deksel gelig word, verleng dit die kooktyd met 20-30 minute.