Tag Archive | simba chips geregte

Maalvleis- of hoendergereg met Simba skyfies.


hoender simba skyfies

MAALVLEIS OF HOENDERGEREG MET SIMBA SKYFIES

1 Hoender (Ek het stukke hoender gebruik).

3 uie grof gekap
500g noedels (screws)
1 koppie mayonnaise
2 kop gerasperde cheddarkaas
2 kop melk
1 x410g sampioenroomsop
1 groot pak kaas en uie skyfies (fyngemaak)

METODE:
Kook hoender gaar met uie
Laat afkoel, ontbeen en maak fyn.
Kook noedels tot sag maar nie pap.
Meng al jou bestanddele maar hou een koppie gerasperde kaas eenkant en die Simbaskyfies.
Stel oond op 180 grade – spuit oondpan, gooi bestanddele in die oondpan,
Meng die orige koppie gerasperde kaas en pak Simba skyfies liggies deurmekaar en strooi oor die beslag.
Bak vir ongeveer 30 min of tot die kaas borrel en die gereg ligbruin is.

IN DIE PLEK VAN HOENDER KAN JY OOK MAALVLEIS GEBRUIK.

*

VRA NA MEER HOENDER MET VERSKIL 

550g hoenderborsies of -dytjies

Groot pak simba tjips (roast beef of chutney)

Bestanddele vir witsous:

Metode:

Kook die hoender in n kastrol met kookwater wat die hoenderstukke bedek.

Stel oond op 180 grade C.

Gooi water af.

Ontvel en ontbeen.

Breek in fyn stukkies op.

Maak witsous.

Maak die simba tjips fyn.

Bespuit vuurvaste bak met kossproei.

Sit laag witsous onder in bak.

Dan hoenderstukke.

Dan Simba tjips.

Maak meer as een laag indien nodig.

Eindig altyd met witsous en Simba tjips.

Bak in oond vir 1 uur/in mikrogolfoond op 100% krag vir ongeveer 10 – 15 minute.

Bedien warm.

*

 AARTAPPELSKYFIEHOENDER

1 hoender, in porsies gesny

sout en peper

45 ml botter, gesmelt

2 knoffelhuisies, gekneus

1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies

Metode:

Plaas hoenderporsies met vel na bo in gesmeerde oondskottel.

Geur met sout en peper.

Voeg die fyn knoffel by die gesmelte botter en bedruip hoender daarmee.

Maak die aartappelskyfies fyn en sprinkel oor die hoender.

Bak in voorverhitte oond by 200 C vir ongeveer 50 min tot ‘n uur

*

 BROSGEBRAAIDE HOENDER

2 hoenderkwarte

Sout en peper na smaak

2 opgehoopte eetlepels meelblom

Melk

2 klein pakkies aartappelskyfies

Vryf die hoender in met die sout en bedek met die meel.

Rol die aartappelskyfies fyn op ‘n stuk waspapier.

Doop die hoender in melk, dreineer en bedek dit dan met aartappelskyfiekrummels.

Sit die stukke hoender met die velkant na bo op ‘n bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond by 180 C vir 40- 45 minute of totdat die hoender sag is.

Bedien warm saam met groente of koud saam met slaaie

*

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG

1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoenderekstrak en geflok

1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)

100 ml mayonnaise

1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak)

50ml gekapte vars pietersielie

2 eiers geklits

Meng hoender, noedels mayonnaise en helfte van die chips. Skep in oondskottel.

Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor.

Gooi nou die ander helfte van die chips bo-oor

Bak 20/25 min by 190 grade tot gaar en goudbruin.

*

HOENDERGEREG MET KAASKRULLE

1 kg Hoender
1 Pak groot kaaskrulle
2 koppies Melk
6 Eetlepels koekmeel
3 Teelepels Margarien/botter
1 Pak Macaroni
Knippie sout en vars gemaalde swartpeper vir smaak

Metode:
Verhit oond op 180°C. Oondvaste bak.
Maak die hoender gaar. Laat afkoel en ontbeen. Hou eenkant.
Maak witsous van die melk, botter en koekmeel. Voeg sout en swartpeper by na smaak.Kook die Macaroni tot gaar.
Skep in lae van macaroni en dan hoender en krummel die kaaskrulle bo-oor die hoender. Eindig met die witsous. Gooi kaaskrulle oor en bak in oond tot kaaskrulle half gesmelt het.