
Mielietert/soufflé met groente
Bestandele:
60 ml meel
60ml suiker
60ml botter gesmelt
15ml bakpoeier
4 eiers
2 blikkies room mielies
sout en gemaalde swart peper
Gemengde groente (gevriesde pakke country crop) – jou keuse hoeveel jy wil ingooi
Koppie kaas
1 tamatie Metode:
Meng al die bestandele behalwe die groente, kaas en tamatie
Gooi gemengde groente (net so gevries) onder in bak (jy kan minder gebruik as jy wil, hang af hoe groot is jou bak
Gooi mieliemengsel bo-oor
Gooi gerasperde kaas bo-oor
Sny tamatie in skywe en rangskik bo-op
Gooi bietjie pietersielie en paprika oor, sny skyfies tamatie op, en bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 CJy kan die groente uitlaat – ek het net die idée eendag gekry met die groente en dit rek die resep en dit is baaaaie lekker
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.