




HOENDERROL (Chicken Cordon Bleu)
Sny filet effe deur. Kap plat met piering
Vul met bietjie fetakaas, rou spinasie velle, peppadews, ham, olywe (jou keuse)
Rol op
Rol 2 repies spek om dit en steek vas met tandestokkies
Sit op bakplaat. Sprinkel bietjie olie, roosmaryn en olyf speserye van Ina Paarman oor – jy kan enige speserye hier gebruik
Oond 180C vir ongeveer 35 na 45 minute
POTATO WEDGES
Skil aartappels en sny aartappel in langkant in 4 stukkie
Spoel aartappels af en gooi net so nat in ‘n plastieksak (bv S)
Ek het hier 3 aartappels gehad wat lekker groot was – dit gemikrogolf vir 6 na 7 min) Kyk dat jou aartappels gaar is
Los die aartappels net so in die sak, gooi Ina Paarman se Potato Spice oor of enige BBQ sperserye – skud die sak goed. Gooi nou so 2 hande vol koekmeel in – skud tot die aartappels mooi oral meel op het.
Gooi in warm olie en ” deepfry ” tot goudbruin
Jy kan dit ook op ‘n bakplaat sit, olie oorstrooi en bak tot goudbruin


Chicken schnitzels
Sny jou hoenderborsie amper deur
Le plat neer. Sit gladwrap oor en kap plat met piering of vleisbyltjie
Druk hoender in bietjie melk, dan broodkrummels wat gegeur is met speserye (as jy nie broodkrummels het nie, fyngemaakte kellogs of sommer net koekmeel)
Schnitzels met deegie
Jy kan dit ook doen op die volgende manier – druk hoender in meel, dan eier en dan weer in die meel.
Sit hoender vir so 15 min in die yskas terwyl jou olie warm word in jou pan
Braai tot goudbruin aan beide kante
Groente
Kook jou veggie mix op (nie pap nie, net gaar) – dreineer water af
Maak bietjie pasta bake of potato bake aan met bietjie melk
Gooi oor groente en kook tot dik

POTBROOD met potato bake, kaas en paprika
Smeer jou bak lekker dik met botter
Maak bolletjies en pak in jou bak
Neem 1/2 pakkie potato bake en 3/4 koppie melk
Meng en gooi bo-oor
Bak vir 40 na 45 min by 180C
As uit die oond kom, gooi gerasperde kaas en parika oor
In albei gevalle kan jy dit net so ‘n half uur los om te rys voor jy dit bak
POTBROOD met spek, olywe en feta
Knie die deeg net effe deur
Smeer jou bak goed met botter
Sit die deeg net so heel in die bak
Druk die deeg lekker plat in die bak met jou vingers
Neem 2 velletjies spek (rou), snipper dit met jou vingerpunt oral in die deeg in
4 na 5 olywe, ook in stukkies gebreek, druk oral in
Halwe wieletjie fetakaas, gefrimmel, gooi bo-oor en druk vas met jou handpalm
Gooi oor, Ina Paarman se Olive and Rosmary speserye
Bak ongeveer 35 na 40 min by 180C
In albei gevalle kan jy dit net so ‘n half uur los om te rys voor jy dit bak

You must be logged in to post a comment.