Tag Archive | kerrie uie

Chicken schnitzels


chicken-snitchel-fb

Chicken schnitzels

Sny jou hoenderborsie amper deur
Le plat neer. Sit gladwrap oor en kap plat met piering of vleisbyltjie
Druk hoender in bietjie melk, dan broodkrummels wat gegeur is met speserye (as jy nie broodkrummels het nie, fyngemaakte kellogs of sommer net koekmeel)

Schnitzels met deegie
Jy kan dit ook doen op die volgende manier – druk hoender in meel, dan eier  en dan weer in die meel.
Sit hoender vir so 15 min in die yskas terwyl jou olie warm word in jou pan
Braai tot goudbruin aan beide kante

 

Groente

Kook jou veggie mix op (nie pap nie, net gaar) – dreineer water af

Maak bietjie pasta bake of potato bake aan met bietjie melk

Gooi oor groente en kook tot dik

 

Kerrie uie
2kg Uie
¾ bottel asyn
3 kop Suiker
3 eetl Kerrie
Kook uie effens gaar in bietjie water, (uie moenie pap gekook word nie)
Gooi die ergste water af. Meng al die bestandele saam en kook alles goed deur.
Verwyder van die stoof, laat afkoel en bottel OF bottel warm en maak bietjie dik met maizena
Mayo mash
Kook 4 na 5 groot aartappels met 1/2 ui gekap tot sag – dreineer water af
Mash tot fyn
Gooi in : 2 eetl maynonaise, sout peper, 1tl bakpoeier en klontjie botter
Meng deur