Breyani


chicken-biryani

BREYANI IN DIE PRUTPOT (SLOW COOKER)
RSG

BESTANDDELE
½ koppie kookolie
2 uie, fyngekerf
1 teelepel knoffelvlokkies
2 teelepel breyani-mengsel
1eetlepel masala
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
2 kg gevriesde hoenderstukke
Sout na smaak
1 koppie kookwater
5 groterige aartappels, in groterige stukke gesny
2 eetlepels bruin suiker
250ml room
3 koppies gesoute rys, halfgaar en gedreineer
1 koppie gesoute bruinlensies, halfgaar en gedreineer
METODE
Braai uie in kookolie tot bruinerig.
Seel die buitekant van die aartappels in olie en uiemengsel (dit voorkom dat aartappels fynkook).
Haal die aartappels uit en seel die vleis in die uiemengsel.
Gooi speserye en aartappels by en roer goed.
Voeg sout na smaak by.
Gooi die suiker en kookwater by die vleismengsel en sodra dit kook, skep dit in die prutpot.
Skep ‘n laag rys en dan ‘n dun lagie lensies bo-op vleismengsel en herhaal die lae. Die laaste laag moet rys wees.
Sit deksel op en sit op stadig vir 5 ure of hoog vir 3½ ure.
‘n Halfuur voor opdiening word die room bo-oor gegooi. (Plein joghurt kan ook gebruik word, maar die room is baie lekkerder)

HOENDER BRIJANI ALA CHARMAINE VAN SEWENDE LAAN

Lewer 6 – 8 porsies
40 ml olie
30 ml brijani masala
2 kaneelstokke
5 steranys
3 kardemonpeule, gekneus
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
5 uie, fyngekap
5 cm stuk vars gemmer, geskil en gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
3 ryp tamaties,ontvel en gekap
50 ml gekapte koljanderblare
1,5 kg hoenderporsies in kleiner stukke gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 ml water
500 ml rou rys
3 ml borrie
250 ml gaar lensies
Botter
Verhit die olie in ‘n kastrol oor matige hitte en braai al die speserye in die warm olie tot geurig, roer af en toe. Voeg die uie, gemmer en knoffel by en soteer totdat die uie sag is. Voeg die soetrissie, tamaties, koljanderblare en hoenderstukke by en geur met sout en peper. Sit die deksel op en prut 30 minute oor lae hitte.
Verhit intussen die water tot kookpunt en voeg die rys en borrie by en geur met sout. Kook totdat die rys amper gaar is. Roer die gaar lensies by. Voorverhit die oond tot 120 grade C. Pak lae rys en hoendermengsel in groot oondbak en stip met botter tussenin. Maak dig toe en bak 30 – 40 minute. Sit voor met tamatie en uie sambal.
TAMATIE EN UIE SAMBAL:
Kap tamatie, ui en komkommer grof en ‘n brandrissie fyn. Voeg asyn, ‘n titsel suiker en gekapte koljander by en geur met sout en peper.

HOENDER BREYANI : SARIE

Jy benodig
8 hoenderdye

Marinade

10 ml fyn gemmer
3 knoffelhuisies, fyngekap
3 ml brandrissievlokkies
10 ml hoender-masala
10 ml fyn komyn
15 ml fyn koljander
5 ml borrie
4 kardemomsade
2 kaneelstokke
2 lourierblare
1 tamatie, fyngekap
250 ml karringmelk of Bulgaarse jogurt
sowat 15 ml sout
Res van die bestanddele
40 ml sonneblomolie
400 ml rys
500 ml droë lensies
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
15 ml sonneblomolie
3 groot uie, in skywe gesny
5 ml borrie opgelos in 500 ml kookwater
6 hardgekookte eiers
Plaas die hoenderdye in ’n bak. Meng al die marinade-bestanddele saam en gooi oor hoender. Maak die bak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 2 – 3 uur. Haal dan die dye uit die bak en probeer soveel as moontlik van die marinade afkry – hou dit eenkant. Verhit die sonneblomolie in ’n pan en braai die hoender vir so 10 minute tot mooi bruin. Kook die rys vir 10 minute en dreineer. Kook die lensies vir 20 minute en dreineer. Verhit jou oond tot 180 °C. Verhit die 15 ml sonneblomolie en braai die uie tot sag en bruin. Gebruik ’n kasserol en pak al die bestanddele in lae daarin: Begin met ’n laag rys, dan lensies, dan hoender en van die marinade, dan die rou aartappels en die uie. Herhaal tot al die bestanddele gebruik is. Gooi die opgeloste borrie oor. Maak die kasserol toe met tinfoelie en plaas die deksel op. Plaas in die warm oond en bak vir minstens 1 uur en 20 minute. Maak seker die aartappels en hoender is gaar. Sit voor saam met hardgekookte eiers.

KAAPSE MALAY BREYANI
1kg lam of mutton blokkies
10ml vars gemmer gerasper
10ml vars knoffel gerasper
5ml sout
250ml bruin lensies
500ml water
500g basmati rys
250ml sonblom olie
300ml warm water
6 aartappels
3 groot uie
50g botter
5ml sout
6 hard gekookte eiers (opsioneel)

Marinade
3 stokkies kaneel
5 kardomon stukkies
2 groen chillies
2ml borrie
5ml rooi masala
30ml reyani masala
5 naaltjies
A paar stringe safron
1 groot tamatie fyn gekap
250ml karringmelk

Metode:
Was en dreineer vleis, smeer gemmer, knoffel en sout in vleis, Kombineer marinade bestandele en marineer vleis vir 3 ure. Kook lensies tot sag, spoel en dreineer.was rys tot water skoom is en dreineer meeste water af. Maak olie warm in pan oor meduim hitte en voeg rys in pan, meng tot goed ge”coat” voeg 100ml warm water en cook toegemaak vir 5min. Verwyder pot van stoof af. Maak res van olie warm in groot pan, braai aartappels tot bruin en gaar, sowat 4min, haal aartappels soos hulle gaar raak en sit eenkant, viieg nou uie in dieselfde pan en maak bruin en crispy vir so 7-8 min, haal so kwart van uie uit en sit eenkant. Voeg vleis en speseye by res van uie en cook, toegemaak vir so 30min, verwyder dan vleis van pan. Sit dan ‘n laag aartappels onder in pan, strooi rys bo-op aartappels, dan sout, strooi dan vleismengsel bo op die rys, strooi lensies, sout en rys, strooi res van uie laaste op, sit stukkies botter tussen in en gooi dan res van warm water oor. Maak pan toe, kook op hoe hitte vir 5min en 45min op lae hitte , moet nie pan oopmaak nie. Rangskik gehalveerse eiers bo-op as jy bedien.

Comment here!