Tag Archive | Gammon

Gammon (ham) slow cooker


gammon in die slow cooker

 

GAMMON in the SLOW COOKER
By: crockingirls
Ingredients
• 1 Ham, pre-cooked, bone-in, spiral cut (Gammon)
• 3 Cups Brown sugar
• 1 Can pineapple tidbits, undrained
Directions
1. Step One
Cover the bottom of the crock with brown sugar.
2. Step Two
Place ham on top of the brown sugar and add the pineapple tidbits with the juice. Sprinkle ham with more brown sugar.
3. Step Three
Cover and cook on low for 6-8 hours.

Advertisement

Varkboud/Gammon


Gammon - Robertsons

Gammon – Robertsons

GAMMON

Adele Filmalter

1 gammon
6 biere (hoogstens)
mosterdpoeier
heel peperkorrels
2 lourierblare
naeltjies
VIR DIE GLASEERSEL
1 blikkie (330 ml) bier
2 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels heuning
2 teelepels mosterdpoeier
Metode:
1 Sit die varkboud in ’n groot houer van vlekvrye staal of glas en gooi genoeg water by om die boud te bedek. Laat dit vir minstens ’n uur lê om die sout te tem.
2 Haal die boud uit die water, droog dit af, sit dit in ’n groot kastrol en gooi genoeg bier in om die vleis te bedek. Verhit die kastrol tot kookpunt en laat dit vir ’n kwartier kook. Laat die boud in die bier afkoel.
3 Skep die boud uit die bier en besprinkel dit oraloor met mosterdpoeier. sit die boud op aluminiumfoelie (teen die blink kant), voeg sowat 5 peperkorrels en die lourierblare by, en vou die foelie toe.
4 Sit die boud, vetkant na bo, in ’n oondpan en bak dit vir ’n kwartier per 500 g in ’n oond van 160°C.
5 Haal die boud uit die oond, verwyder die foelie en sny die vetlaag af sodat net ’n dun lagie oorbly. sny ’n diamantpatroon in die oorblywende vet. Druk ’n heel naeltjie in elke tweede diamant.
6 Meng die glaseerselbestanddele en skep die helfte daarvan oor die boud uit. Bak die boud vir 40 minute in ’n oond van 160°C. Bedruip dit deurentyd met glaseersel.
7 Sit die boud in skywe voor met groen groente soos boontjies of broccoli en braai-aartappels.

 

GAMMON IN MARULA LIQUI-FRUIT KOELDRANK
Johann Lubbe

1 Gammon
2l Marula-Mania Liqui-fruit
1 eetlepel heel naeltjies
1 eetlepel heel swart peper korrels
2 lourier blare

Haal gammon uit die net waarin dit verpak is
bedek met liqui-fruit in swaarboom kastrol
voeg speserye bly
bring tot kookpunt
prut tot gammon sag is
haal uit en draai toe in foelie
verhoog hitte en “reduce” die vrugtesap tot n dik taai stroop.

Ek doen nie die moeite om die vel af te haal nie.
Bedruip met taai stroop, dit verglans soma klaar die gammon

 

PYNAPPEL EN GEMMER VARKBOUD (GAMMON)

Wilma Van Vuuren Human

Meng ‘n blik fyngedrukte pynappel, 2 fyngedrukte knoffelhuisies, 2 eetl worcestersous en 2 eetl Robertsons Ginger Paste saam. Sit 1.5 kg varkboud in oondpan, druk Robertsons Whole Gloves in die vleis, gooi sous oor en geur met Sout en Peper. Gooi ‘n koppie water in die oondpan, bedek met foelie en oondbraai 1 en 1/2 uur in verhitte oond teen 180 grade C. Haal foelie af en oondbraai vir 15 min teen 200 grade C.
(Uit Robertsons se boekie

GESIE SE VARKROL VIR DIE KERSTAFEL – RSG

Bestanddele

Goedkoop varkvleis

Bestanddele Vulsel
1 houer maaskaas
Spinasie blare – opgekap
1 ui
½ koppie bloukaas
Klein bietjie tiemie vir geur
Klein bietjie roosmaryn vir geur
Sout

Metode
Smeer vulsel op vark lende. Rol die varkvleis op en maak stewig met ‘n tou vas. Kook stadig op stoof met 2 koppies rooiwyn en 2 koppies witwyn

Ek het ook laas jaar die poging aan gewend om n varkrol op my kers tafel te he..en was glad nie spyt nie. Ek het n redelike groot varkrol gekoop, so plus minus 4kg. Die rol was nie gerook nie.
Ek verkies om nie my vleis te vries nie, dus is jou vleis altyd vars en proe baie beter, . Koop jou varkrol so 2 dae voor voorbereiding. Sny lekker dik gleuwe in jou vark, so 2cm uit mekaar maar nie reg deur nie. Ek het growwe see sout gebruik en growwe swart pepper om die rol te spesery. Vat n redelik groot pynappel en sny dit in ronde skywe, plaas die skywe pynappel in die gleuwe van die varkrol. Plaas die rol op n (dripping rack) die pan met die rooster draad in. draai toe met foelie en bak in matige hitte so 2ure op 180grade C(varkvleis is geneig om droog te wees as nie reg voorberei is nie)…..haal dan die foelie af en bak dan verder op n hoer hitte van so 200 grade C….die vark velletjie sal heerlik krakerig wees.
Die sous van die vleis onder in die pan kan gebruik word om oor die vleis te sit.
Die sous kan ook aangemaak word met bietjie meelblom en heuning……soos verkies.
Dit is en was n heerlike ete gewees….
Geniet dit

 GAMMON IN DIE OOND

1 Gammon

1 liter appelsap,

1 t mosterd,

1t naeltjies,

2 lourierblare,

1 t peperkorrels.

Maak gaar tot sag, meng 150ml bruinsuiker en 75ml maple stroop en glaze gammon en rooster tot mooi bruin, Laat heeltemal afkoel voordat jy hom sny.

VARKBOUD MET APPELS:

2-2.3kg varkboud, ontbeen

1 knoffelhuisie, in skywe gesny

vars gekapte salie

sout

2 rooi appels

30ml botter

30ml suiker

15ml koekmeelblom

300ml droë appelwyn (cider)

Voorverhit die oond tot 220C. Bind vleis in ‘n rol en sny kepies in vel. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. Plaas in die oond en rooster 10 minute lank. Verlaag hitte na 190C en bak 20 minute per 450g plus nog 10 minute. Ontkern die appels en sny in skywe. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker by terwyl die appels nog braai. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt.  Voeg die appelwyn by. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis.

HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD:

1.5kg varkboud

60ml rosyne

30ml roosmarynblare

vars gemaalde swartpeper na smaak

125ml heuning

sout na smaak

410g(1 blik) heel tamaties

180ml appelwyn of ligte witwyn

Verwyder die vel van die boud. Maak met ‘n mes diep kepies in die vetlagie tot in die vleis. Druk ‘n paar rosyne en ‘n paar roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis. Maak boud tot in foelie en plaas op ‘n koel plek, maar nie in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot 160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in ‘n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis. Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous.

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

VARKBOUD MET COKE
2 kg varkboud
½ bottel Mrs Balls Chutney
7 uie, in ringe gesny
1 liter vleisaftreksel
2 blikkies Coke
Metode:
Braai vleis tot bruin in ysterpot.
Pak uie bo-op.
Gooi aftreksel en Coke bo-oor en dan chutney.
Bak 3 ure teen 170ºC [of in ‘n platpot op die kole.]
Maak vleissous dik met bietjie meel of Maziena!!

KNOFFEL VARKBOUD

1 medium varkboud
3 – 5 knoffelhuisies, in repies gesny
2 swoerdlose spekvleisrepies, in stukkies gesny
125 ml olie
5 ml gedroogde oreganum
5 ml gedroogde roosmaryn
sout en vars gemaalde swartpeper

Maak gate in die boud stop die boud met die knoffel en die spek. Plaas die boud in n oondskottel en giet die olie oor. Strooi die kruie, sout en peper oor die boud. Oondbraai die boud 1 tot 1 uur 30 minute lank by 200 C terwyl jy die boud gereeld omdraai. Sny die vleis in skywe. Bedien dit warm of koud.

  

GEURIGE VARKBOUD

1 groterige varkboud

sout, peper en mosterdpoeier

geskilde knoffelhuisies

2 liter Coca-Cola

Vryf die boud met sout, peper en mosterdpoeier in. Steek ‘n paar gaatjies in die boud en druk ‘n knoffelhuisie in elke gaatjie. Sit die boud in ‘n oondpan met ‘n deksel. Giet die koladrank oor die boud, sit die deksel op en bak dit 3 – 4 uur lank stadig. Haal die deksel af ‘n halfuur voordat die boud uit die oond moet kom en stel die oondtemperatuur hoër. Dien appelmoes en pynappelringe saam met die boud op. (Die oondhitte moet ongeveer 150ºC wees.)

Rencia Odendaal Pretorius

HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD

1.5kg varkboud

60ml rosyne

30ml roosmarynblare

vars gemaalde swartpeper na smaak

125ml heuning sout na smaak

410g(1 blik) heel tamaties

180ml appelwyn of ligte witwyn

Verwyder die vel van die boud. Maak met ‘n mes diep kepies

in die vetlagie tot in die vleis. Druk ‘n paar rosyne en ‘n paar roosmarynblare

in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis. Maak boud

toe in foelie en plaas op ‘n koel plek, maar nie in die yskas nie. Laat staan

ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot 160C. Geur die varkboud met

sout en bedruip weer met heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur.

Plaas tamaties in ‘n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by

vleis. Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor

saam met die sous.

 

 GEBRAAIDE  VARKBOUD  MET APPELSAP

2,5 kg varkboud

sout en peper

150 ml vars volkoringbroodkrummels paprika

5ml fyngerasperde suurlemoenskil

12-16 vars salieblare, gekap

mosterdpoeier

1 ui, gekap

25 ml gekapte grasuie

15 ml kookolie

375 ml water/aftreksel

2 Granny Smith-appels, geskil

25 ml heuning

Verwyder rand van varkboud en maak oral diep insnydings. Meng krummels, salie, suurlemoenskil, pietersielie, grasuie en olie. Druk in gaatjies. Geur boud en plaas op ‘n rak in ‘n groot braaipan. Strooi paprika en mosterd oor. Plaas ui in braaipan en giet 250 ml appelsap en 250 ml water/aftreksel by. Voeg appels by en sprinkel heuning oor. Braai 45 min by 200ºC. Bedruip goed. Bedek liggies met foelie, blink kant na bo. Giet res van sop en water in pan. Stel oond na 160ºC en braai nog 3 uur. Bedruip indien nodig. Laat staan 15 min in lou oond voordat u voorsny. Ongeveer 10 porsies

Sit warm voor met appelsous of koud met koolslaai

  

Leanda v/d Westhuizen

VERGLANSDE VARKBOUD (Gammon)

5-8 kg gammon
10 ml droë mosterd
2 lourierblare

Glansmengsel:
250 ml appelkooskonfyt
15 ml aangemaakte mosterd
30 ml wit druiwe-asyn
30 ml olie

Voorverhit die oond tot 160 °C. Vryf die gammon in met mosterd en sit op ‘n groot stuk foelie neer. Sit die lourierblare bo-op die ham en vou die hele gammon met foelie toe. Bak vir ongeveer 3 uur (rofweg 15-25 minute per 500 g vleis). Laat effens afkoel en sny die swoerd af. Sny soveel van die vet af as wat jy verkies. Meng die konfyt, mosterd, asyn en olie vir die glansmengsel en skep die helfte oor die gammon. Bak vir 45 minute of tot goudbruin en gaar. Bedruip gereeld met die glansmengsel. Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel.