GEBAKTE KOOL
250 ml gerasperde Cheddar kaas,
250ml sagte witbroodkrummels,
4 repe ontbytspek gesnipper,
4 eiers geklits,
125 ml melk
sout en peper na smaak!
Kerf kopkool fyn en kook in sout water net tot sag.
Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer n vlak oondvaste bak met n volume van 2 L.
Meng die kool met die kaas, broodkrummels, spek, eiers en melk.
Geur die mengsel met sout en peper,
Skep in die bak en bak dit n uur of tot die eiermelk gestol het!
Gebakte Kool
1 liter fyngekerfde kool 150ml room
5ml suiker 1ml sout
1ml paprika 50ml gedroogde broodkrummels
150ml gerasperde Cheddarkaas 250gr gesnipperde spek
Skep die gekerfde kool in ‘n bakskottel. Meng die spek, room, suiker, sout en paprika goed en gooi die dit oor die kool. Strooi die broodkrummels oor en bak met die deksel op vir 30 minute. Verwyder uit die oond, strooi die kaas oor en bak vir ‘n verdere 10 minute Bedien warm.
Gebakte Kool
Elsa Swanepoel
1 middelslag kopkool, 250 ml gerasperde Cheddar kaas, 250ml sagte witbroodkrummels, 4 repe ontbytspek gesnipper, 4 eiers geklits, 125 ml melk sout en peper na smaak! Kerf kopkool fyn en kook in sout water net tot
sag. Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer n vlak oondvaste bak met n volume van 2 L. Meng die kool met die kaas, broodkrummels, spek, eiers en melk. Geur die mengsel met sout en peper, Skep in die bak en bak dit n uur of tot die eiermelk gestol het! Sit warm voor.
Kool in Tinfoil-Eenbak Gereg
1 medium groote koolkop
125ml regte botter
1 houertjie room
Aromat
1 koppie kaas in skywe gesny
Verwyder die buitekantste blare. Sny die koolkop in skywe so 3cm uitmekaar soos wat jy ‘n knoffelbrood sal sny. Moenie deursny tot onder nie. Die koolkop moet nog onder aanmekaar wees.
Sny die botter in skywe en pak in die gleuwe saam met die kaas onderskeidelik. Sprinkel mildelik met Aromat, knoffelsout of enige ander geurmiddel waarvan jy hou. Gebruik nou twee lang stukke swaar foelie en plaas dit oormekaar in die vorm van ‘n kruis. (Blink kant binne) Vou die kool nou versigtig toe en maak seker daar is nerens ‘n gaatjie nie. Los net ‘n klein opening aan die bo-kant. Gooi nou die room by die opening in en maak die kool deeglik toe. Dit is belangrik dat die kool baie goed toegedraai is. Gebruik meer foelie indien nodig. Sit die koolkop nou in die kole en bak so ongeveer ‘n 1uur. Die kool sal heerlik sag wees en is ‘n treffer. Tot die kinders eet kool!
Geurige Kool
1 klein koolkop
gekerf 2 wortels, gerasper
2 uie, gekerf 1 kg maalvleis
1 pakkie hoendernoedelsop
5 ml borrie
2 eetlepels kerrie (matig)
1 teelepel sout
1 ml swartpeper
4 eetlepels botter
125ml room
Gebruik ´n groot braaipan. Braai die uie in 4 eetlepels botter tot ligbruin. Voeg die kool by en roerbraai vir ongeveer 30 minute. Voeg nou vleis, wortels en geurmiddels by. Maak sop aan met 500 ml water en gooi helfte by. Kook / prut vir 30 minute en gooi af en toe van die res van die sop by of as dit nodig is kan meer water by gegooi word (moenie laat dit brand nie). Roer die room by. Bedien met rys, vars broodjies en mengelslaai.
Deur: Granny Mouses House/Ouma Muis se Huis
Baked cabbage dish
1/2 small cabbage sliced fine
2 eggs, beaten
250ml Full cream milk
250ml Corn flakes
3ml Black pepper
125ml grated Cheddar cheese
Boil cabbage in salt water till tender.Drain water and mix with eggs, corn flakes milk and pepper. Sprinkle with cheese and bake for 30 minutes at 180*C
Kerrie Kool
(Erna)
1 kg kool gekerf
2 uie, in ringe gesny
375 ml hoenderaftreksel
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250 ml asyn
¼ koppie suiker
5 ml sout
5-10 ml kerriepoeier
knippie rooipeper
2 teelepels heel swart peperkorrels
15 ml mielieblom gemeng met bietjie water
Plaas die kool, uie, hoenderaftreksel en knoffel in ‘n middelmatige
swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel
vinnig kook tot net gaar.
Meng die asyn, suiker, sout, kerrie, swart peperkorrels en rooipeper.
Voeg by die kool en laat net opkook.
Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind.
Laat afkoel en bottel.
KOOL EN MAALVLEIS PASTEI
1 stalk celery, minced
2 tablespoon onion, chopped
3-4 cups cabbage, chopped (about 500gr)
2 tablespoon butter
8 small mushrooms, chopped,
Salt, to taste
1/2 teaspoon pepper
Garlic powder, to taste
1 cup chicken broth
3/4 cup heavy cream
1 cup cheddar cheese, shredded
2 eggs, beaten
You must be logged in to post a comment.