Wors en Rys gereg
Bron onbekend
Jy gooi koppie rou rys in n oondbak (met deksel), sny rou wors in stukke en pak bo op die rys. Meng pakkie bruin uie sop met water en gooi oor. Als moet toe wees onder die sop. Bak in oond, 180 grade, vir n uur. Haal uit en gooi mushrooms oor, (ek het die blikkies gebruik) en gerasperde kaas en druk wee terug tot kaas gesmelt is. Die resep se jy kan gemengde groente ook oorgooi, maar ek het nie gehad nie. Dit was heerlik net so!
Ek maak ook amper soortgelyk ene, maar myne maak ek gaar rys en hou eenkant. Dan braai ek uie en sampione , knoffel en wors wat in ringetjies is. Kook in ‘n aparte kastrol sommer so bietjie gevriese groente meng met die wors maak sommer vinnige bisto sousie en meng als met rys. Dit maak baie en is ‘n lekker rand rekker..