Heerlike Hoender Resepte


Chicken Schnitzel-Photo MyFamilyTable

Maddi Mads Henn Hoender schnitzels
Sit fillet in ‘n zip lock of enige deurskynende sakkie. Slaan platter met hammertjie/koffiebeker/koekroller. Haal uit sakkie en doop in:
geklitste eier, rol dan in mengsel: 4 eetlepels meel, 10ml BBQ spice, gemaalde swartpeper, aromat en 10ml gemengde kruie. Laat rus so 20 minute in yskas. Panbraai aan elke kant tot goudbruin en bedien met kaassous of sampioensous.

Maddi Mads Henn Hoenderslaai
Braai/grill jou hoenderfillet tot gaar met gemaalde swartpeper, sout en BBQ spice en gemengde kruie. Sny op in repe. Maak jou slaai (blaarslaai, avo, feta, komkommer) en sit hoenderrepe in slaai. Slaaisous en dis jou antwoord op ‘n warm somersdaggie

Maddi Mads Henn Hoender strips
Sny jou hoender in repe en herhaal proses soos met schnitzels hierbo. Bedien saam met aartappelskyfies (ek gebruik sommer McCain se oven chips)

Hoender Risotto

Hoender Risotto

Maddi Mads Henn Hoender Risotto
Neem ‘n elektriese braaipan. Braai 1 gekapte ui in bietjie olyfolie en margarien tot sag. Gooi 5ml vars knoffel by en roer. Sny hoender in blokkies. Gooi bietjie soya sous en worcesterhire sous. 5ml BBQ spice, 5ml borrie, 5ml cumin spice, 5ml fyn gemmer, 5ml fyn koljander, 5ml mixed herbs. As die hoender goudbruin is gooi 2 koppies rou Risotto by en roer deur met jou houtlepel. Gooi kookwater om als te bedek en sit deksel op. Roer gereeld en vul kookwater op (omtrent so 2 keer). Vinnig en lekker

Heuning Mosterd Hoender-Photo Campbell's Real Stock

Maddi Mads Henn Heuning mosterd hoenderpasta
Sny jou hoender in blokkies. Gooi in ‘n plastieksakkie bietjie koekmeel, bbq spice, mixed herbs, gemaalde peper en aromat. Gooi hoenderblokkies in en skud die sak. Braai in olyfolie en margarien tot goudbruin. Meng nou 2 eetlepels Djion mosterd met so 4 eetlepels heuning. Neem 1 houertjie vars room en gooi by jou hoender in pan. Gooi die heuning en mosterd by en roer tot kookpunt. Neem gaar pasta skulpies (ek maak dit in mikrogolf solank ek hoender gaarmaak) en meng met hoenderpan. Heerlik

Mandia Beukes Ek het nou die dag sommer hoender fillets in repies gesny, met lekker chicken spice oor, gebraai saam bietjie vars knoffel in olyfolie tot amper gaar, toe mushrooms by gegooi en bietjie gebraai, toe gooi ek in n aparte kastrolletjie room,en bring amper tot kookpunt, saam met die room gooi ek toe n pakkie chicken en mushroom cup-a-soup , dit maak die sous dikker,hou dit vir so rukkie oor hitte,en gooi oor hoender, met pasta..baie lekker.

Hoenderpakkies - bron onbekend

Hoenderpakkies – bron onbekend

Philadelphia Hoenderpakkies

Hoenderborsies – sonder vel
Roomkaas
spruituie gekap
Knoffelsout
Streepspek
kap hoenderborsies plat met vleishammer probeer dit so ver as moontlik vierkantig hou
Smeer ‘n opgehoopte lepel maaskaas oor elke borsie sprinkel die grasuie oor en geur met speserye.
Plaas 4/5 repies spek op gladwrap. Die spek moet oorvleul – sit hoenderborsie op gladwrap en rol dit sodat dit soos ‘n pakkie lyk. Steek vas met tandestokkies.
Plaas op bakplaat, spuit so bietjie olyfolie bo-oor en ‘n paar stukkies roosmaryn.
Bak vir 15 min by 190 grade tot gaar en goudbruin.

Spek Vet Hoender

4 hoenderborsies sonder vel of been
Genoeg repies spek om hoender mee te bedek
½ koppie fyngerasperde parmasaan kaas
2 knoffelhuisies
1 t botter of olie
‘n paar tandestokkies

Stel oond op 220grade.
Rol hoenderborsies in kaas.
Sny vars knoffel in dun lagies, en pak bo-op hoender.
Draai repies spek om hoenderborsies, en maak vas met ‘n tandestokkie.
Sit bietjie botter of olie in die oondbak en sit hoender in, en bak vir 15 tot 20 minute sonder deksel.
Bedien met kapokaartappels met sprietuie in, asook brokkoli
Romerige Hoender Stroganoff

30 ml botter
15 ml olie
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)
4 hoenderborsfilette (velverwyder, ontbeen, in repe gesny)
5 ml orego
50 ml koekmeelblom
300 ml hoenderaftreksel
150 ml droe wit wyn
100 g dwergsampioene
100g oester- of bruin sampioene in (skyfies gesny)
100 g gekookte ham (gekap)
1 blik 410g rooi nierboontjies (gedreineer; opsioneel)
250 ml room
Verhit botter en olie saam en sorteer ui daarin tot sag en glansend- 2-3 minute.Voeg knoffel by en sorteer vir nog ‘n minuut. Voeg die hoenderrepies by en roerbraai tot goudbruin. Meng orego en meelblom, strooi oor hoenderrepies en roer deur vir sowat 1 minuut. Voeg warm aftreksel en wyn by en verhit tot kookpunt terwyl jy dit roer. Sous sal verdik. Verlaag hitte en laat prut vir nog 10 minute. Voeg sampieoene, ham en boontjies by en verhit tot deurwarm. Roer om te voorkon dat dit aanbrand. Verwyder van hitte en roer room by. Verhit stadig tot warm, sonder om te kook. Garneer met vars orego en dien op saam met rys of mengsel van wit en wilderys.

Hoendrborsies met Krummellaag

Adri van Zyl

6 ontbeende hoenderborsies/filette , sout en peper, 30ml olie, 250ml vars broodkrummels, 100g fetakaas gekrummel, 30ml pietersielie fyngekap, 1eier geklits. Verhit oond tot 180. Sout en peper die borsies. Verhit olie en braai hoender tot goudbruin. Plaas op gesmeerde bakplaat. Meng res van bestanddele en skep bo-op elke porsie. Bak 20min of tot gaar en bedien met slaai.

Hoender Filette
Rencia Odendaal Pretorius
Bedien met mayo mash en lekker mengelslaai of roast butternut
Sit jou oond aan op 180grade C
Filette – hou net so of butterfly as baie dik is
Broodkrummels of fyngedrukte provitas en kellogs flakes met jou keuse van speserye bv sout peper ,tiemie, roosmaryn ens
Eiers geklits
Druk filette in krummels – dan in eiers en dan weer in meel
Sit in yskas vir tenminste 15 min
Maak pan WARM met net genoeg olie om bodem te bedek. As jy die filette insit moet dit dadelik begin bak. Jou olie moet nie koud wees nie.
Sit filette in pan en los vir ongeveer 5 min tot self loskom van die bodem en dit bruin is
Draai filette om en los vir so 3 tot 4 minute Jou hoender behoort nou 95% gaar te wees.
Spuit nou lekker suurlemoensap oor alles – wag so 30 sekondes draai om
Haal uit en sit in bakplaat en gee rustyd van tenminste 5 min
Sny ‘n paar kersie tamaties in helftes, ui fyn gekap, vars klein pietersielie, spinasie blare, peppers fyn gekap – geel, rooi en groen, mushrooms
Gooi in warm pan met net paar druppels olyfolie, – roerbraai dit net vinnig vir so ‘n minuut of 2 met bietjie balsamic vinegar, dit moet net warm wees en geskroei wees. Moenie dit pap braai nie
Nou sit die tamatie mengsel bo-op die hoender filette
Rasper nou mozzarella kaas en sit bo –op elke filette
Sit in oond vir omtrent so 6 minute – net tot kaas oor die hoender filette gesmelt is.
Skep nou die mash in die middlel, en sit die filette bo-op die mash, skep die slaai in, of pampoen en bedien dadelik !!!!!!!!!!!

Chicken Cordon Blue

Rencia Odendaal Pretorius
Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette
Sit feta kaas bo-op
Geur met sout en gemaalde peper
Rol toe en neem nou “streaky bacon” en rol om die hoender
So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies
Sit in bakplaat
Maak sousie van jimmy sous, suurlemoensap en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn op as jy het.
Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor
Dit neem so 30 minute om deurgaar te wees.
Bedien met kapokaartappels, ertjies mengelslaai of potato wedges.
** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.

Advertisements

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s