Vlaskywe met Skilferkorsdeeg en Vanilla Instant Poeding
Bestandele:
1 pak puff pastry (skilferkors) – net oopgerol en nie uitgerol.
3 pakkies vanilla instant poeding
625ml koue melk
500 ml room
Versiersuiker aangemaak met bietjie suurlemoensap
Metode:
Meng die 3 pakkie poeding met melk soos aangedui op pakkie, en los om te stol.
Klits room styf en meng in by die poeding mengsel.
Sny skilferkors in lang repe – en dan in die grootte wat jy dit wil he, of slegs repe en sny die grootte wat jy wil he as kors gaar is.
Neem vurk en prik die deeg ooral met gaatjies
Bak by 180gr C tot goudbruin en opgepof
Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Neem skerp mes en deel die korsvierkante in 2 – sny horisontaal oop
Skep beslag op onderste deel van die kors
Sit boonste deel weer op.
Smeer die versiersuiker en suurlemoensap mengsel oor en sprinkel/sif droe versiersuiker oor.
Jy kan ook jou vlaskywe met 3 of 4 lae skilferkors pak met die vulsel tussen in.
Jy kan ook as jy die versiersuiker aanmaak, granadillamoes gebruik ipv suurlemoensap. Dit is net so ‘n effense “twist” as die gewone.
You must be logged in to post a comment.