Tag Archive | stuffed pumpkin

Gevulde pampoen


Gevulde Pampoen - Bron onbekend

Gevulde Pampoen – Bron onbekend

Gevulde Pampoen

Ilse Mynhardt van Wyk

1 Pampoen ongeveer so 30-40 cm in deursnee (Ek verkies die Crown pampoen bo die gewone wit boerpampon omdat hulle ‘n dieper bak maak as die plat boerpampoen)
Sout en varsgemaalde swart peper
Kwart ou brood in blokkies gesny van so 1cm x 1cm
250 g blokkies kaas (mengesel van cheddar en gouda)
3 t knoffel
1 pakkie bacon bits, gebraai to crispy, afgekoel (jy kan die uitlos vir ‘n vegetariese dis)
¼ k fyn gekapte spring onions
1 t tiemie
1 k Room
1 pakkie mushroom soppoeier
1 k water
1 eier

Sit oond op 180C
Sny die pampoen se bokant oop sodat jy ‘n pot en ‘n deksel het. Ek het agtergekom om die mes so half skuins na die middel in te druk werk baie beter as wat jy hom reguit af probeer indruk.
Verwyder nou al die pitte en drade. (As jy hierdie net so nat in die grond gedurende die somer maande druk, gaan jy meer pampoene he as wat jy ooit kan opeet. Jy en die hele buurt!!!)
Strooi die binnekant sommer goed met die sout en peper, bietjie meer peper as sout want onthou jy gaan kaas en bacon ook insit.
Gooi die brood, kaas bacon en spring onions, tiemie in ‘n bak en roer goed deurmekaar
Skep in die pampoen.
Meng soppoeier met water.
Meng room en eier by
Klits goed
Giet oor die vulsel.
Jou pampoenpot moet kan toemaak sonder dat die vloeistof uitloop. Jy gaan dalk so bietjie van die room mengsel oor he or jy gaan bietjie extra room moet bygooi. Dit hang maar af hoe groot jou pampoen is.Sit jou pampoen deksel op.
Sit waspapier op ‘n bakplaat.
Sit die pampoen op die plaat en bak vir ongeveer 2 ure.
Loer na 90 minute. Als moet nou borrel en kook.
Ek los gewoonlik die laaste 20 minute my pampoen deksel af sodat bietjie van die pampoen se water kan wegkook.
Jou pampoen is reg wanneer die vleisgedeelte van die pampoen baie sag is wanneer jy dit steek met ‘n mes.
Onthou die skil sal heel moontlik hard bly as jy ‘n crown gebruik, maar as jy boerpampoen gebruik kan hy sagter wees sodat jy hom skywe kan sny.
Wees nou baie versigtig want die pampoen is WARM en SWAAR.
Laat die pampoen so 20 minute rus voor jy hom bedien.
As jou skil te hard is om te sny kan jy ‘n opskeplepel vat en al die binnegoed deurmekaar roer en dit net so bedien in die pampoen pot.
As jou skil sag genoeg is om te sny kan jy dit in skywe sny soos ‘n koek

Advertisement