BAR ONE MUFFINS
Mari Shaw
430 ml koekmeel.
15 ml bakpoeier.
1 ml sout.
50 ml suiker.
1 eier, geklits.
2 ml vanieljegeursel.
225 ml melk.
50 ml gesmelte botter .
100 g Bar One-sjokolade gekap.
Metode:
Verhit oond tot 220 °C. Maak seker die oondrak is in die middel van die oond. Sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam. Klits eier, vanieljegeursel en melk saam. Voeg gesmelte botter by. Voeg eier-en-melkmengsel by gesifte bestanddele. Meng deur, maar nie te veel nie. Voeg gekapte Bar One-sjokolade by. Skep gesmeerde muffinpanne tweederdes vol en bak vir 15 – 20 minute
You must be logged in to post a comment.