
BLINDEVINKE
6 dun stukkie biefstuk (minute steaks)
Sout, peper en braaivleisspeserye
½ pak spek
1 groot ui, fyngekap
Tandestokkies
12 heel peperkorrels of crushed black pepper na smaak
Bisto poeier (so 2 eetl)
250 gr sampioene (effe sag gebraai)
¼ kop rooiwyn
Suiker na smaak
1 klein blikkie pynappelringe (behou sous vir jou bisto sous)
Metode:
Braai jou vleis gegeur met sout, peper en speserye net effens bruin aan weerskante in braaipan. Smoor ui in dieselfde pan en dan ontbytspek ook net effens. Sit op elke stukkie vleis ‘n halwe pynappelring, strokie spek en gesmoorde uie. Rol op en steek vas met tandestokkie. Pak hulle nou in ‘n oondskottel. Maak die sous van die pynappelsous, rooiwyn, bisto en sampioene. Versoet na smaak met bietjie suiker, voeg peperkorrels by en gooi bo-oor blindevinkies in oondskottel. Sit deksel op en laat stadig gaar word in matige oond (170 C) vir ongeveer 1 uur
BLINDEVINKBREDIE: [vaal revue]
Bestanddele:
1 ui, fyn gekap
75ml vars broodkrummels
5ml sout
2ml peper
5ml gedroogde, gemengde kruie
1 ferm tamatie, geskil en gerasper
12.5ml botter of margarien
1 eiergeel
500g kruisskyf, in 6mm dik skywe gesny
30ml braaivet
1 groot ui, in skywe gesny
1 vleisekstrakblokkie
450ml kookwater
12.5ml koekmeelblom
fyn gekapte pietersielie
SO MAAK JY:
Vermeng die gekapte ui, broodkrummels, sout, peper, gemengde kruie, tamatie, botter en eiergeel tot ‘n smeerbare mengsel. Skep van die krummelmengsel op elke vleisskyf, rol die vleisskyf op en bind dit met tou vas. Verhit die braaivet in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleisrolletjies (blindevinkies) rondom. Skep dit uit en hou dit warm. Soteer die ui in dieselfde vet totdat dit ligbruin is. Voeg die blindevinkies by die ui. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater, en gooi dit oor die blindevinkies. Plaas die deksel op en stowe dit 1½-2 uur lank totdat die vleis sag is. Voeg ‘n bietjie aftreksel of water by indien die gereg gedurende die gaarmaaktyd droogkook. Skep die blindevinkies uit in ‘n warm opskepskottel. Vermeng die koekmeelblom met ‘n bietjie van die aftreksel in die kastrol tot glad. Roer dit by die aftreksel totdat dit begin verdik.
Proe en voeg nog geurmiddels by na smaak. Gooi die sous oor die blindevinkies en strooi die gekapte pietersielie oor.
Like this:
Like Loading...
Related
You must be logged in to post a comment.