Mamma en Ouma Isabel se Souskluitjies
Rencia Odendaal Pretorius
Bestandele:
4 eetl hoogvol meel
1 eetl botter
1 eetl suiker
1 eier
1 tl bakpoeier
1 tl sout
1 eetl Melk om eier aan te maak
Merode:
Klits botter en suiker
Meng meel, bakpoeier en sout
Klits eier saam met ‘n bietjie melk, so 1 eetl melk
Voeg eier by botter mengsel, meng goed voeg meel mengsel by.
Meng tot gladde pasta – dit moet ‘n stywe deeg wees sodat jy lepels vol kan skep.
Vat pot en gooi 2 kop kookwater in – skep lepels vol in en SIT DEKSEL OP EN HOU TOE VIR 2 MINUTE. Moenie oopmaak nie. (met elke baksel gooi jy die water sous oor die mengsel en begin van vooraf met die volgende baksel, jou water moet kook as jy die mengsel inskep)
Skep uit in bak, gooi water/sous wat nog in die pot is ook… bo-oor strooi suiker en kaneel bo-oor en stip klontjies botter ooral
Maak volgende baksel en pak bo-op die ander kluitjies, weer met die orige water/sous, kaneel suiker en botter.
As jy dit die volgende dag weer wil warm maak, sit dit in die oond op so 80 grade – dit moet rustig weer warm word vir die ete
You must be logged in to post a comment.