Sago Poeding


sago poeding met kondensmelk

 

 

 

 

 

 

 

 

Sago poeding (Mamma en Ouma Issie)

Bestandele:

4 kop volroom melk

3 eetl suiker

sout

5 eetl botter

6 eetl sago

4 eiers

1 tl vanilje

4 eetl appelkooskonfyt

Metode:

Kook melk,sago en suiker tot gaar en goed sag

Laat afkoel

Gooi geklitse eiergele en vanilje by – roer nou botter in Meng goed

Gooi poeding in bak

Bak ongeveer half uur by 180 grade tot gaar en gestol

Klits eierwitte styf

Smeer nou die appelkooskonfyt bo-oor en dan die styfgeklopte eierwitte

TIP: Srooi bietjie droe maizina eers bo-oor poeding voor jy die eierwitte oorgooi – dit maak dat die eierwit nie loskom van die poeding af nie

Bak in oond tot eierwitte mooi ligbruin is.

Ongebakte Sagopoeding

RSG

Bestanddele

1 koppie sago (oornag geweek) – Spoel uit in vergiettes

3 eiergele (hou eierwitte eenkant)

1 koppie suiker

3 koppies melk

1 eetl botter

1 teelepel vanielje geursel

pypkaneel

appelkoos konfyt

Metode

Meng sago, suiker en eiergele. Verhit melk en botter in kastrol, gooi by sago
mengsel. Gooi terug in kastrol, kook tot dikkerige pap. Haal af van die stoof,
vou styf geklitste eierwitte by. Roer vanielje by, gooi in opdien bak. Strooi
kaneel oor, sit konfyt bo-op in klontjies.

sago poeding

 

 

 

 

 

 

 

‘n Bietjie afwyking van die gewone sago poeding

1) Sago poeding met kondensmelk
2) Sago poeding met kondensmelk en vla

SUPER SAGOPOEDING (Peter-jasies resepte)

180 ml. ( 3/4 kop.) sago.
250 ml. ( 1 kop.) volroommelk.
250 ml. ( 1 kop.) room.
knippie sout.
1 blik ( 397 g.) kondensmelk.
3 ml. ( 1/2 tl.) bakpoeier.
3 ekstra-groot eiers, geskei.
80 ml. ( 1/3 kop.) sagte bruinsuiker.
7 ml. ( 1 1/2 tl.) fyn kaneel.
Botter vir stip
Voorverhit oond tot 200 Grade C en smeer oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Verhit sago, melk, room, bruinsuiker en sout oor lae hitte tot kookpunt. Laat ongeveer 30 minute baie liggies prut, roer gereeld. Verwyder van hitte, laat effens afkoel en voeg kondensmelk, bakpoeier en eiergele by. Meng goed. Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak ongeveer 20 tot 30 minute tot opgepof en goudbruin. Sprinkel kaneel oor en stip met stukkies botter.
Geniet met vla. Genoeg vir 4 mense.
Ek het gevind dat as jy jou sago vir so ‘n uur in water laat week dit makliker sag kook.

Betsie Joubert
SAGO VLA POEDING

125ml sago
375ml water
45ml vlapoeier
3 Ekstra groot eiers geskei
1 Blikkie kondensmelk
750ml melk
30 ml margarien
5ml vanillaessens
60 ml suiker
Bedek sago met water en week vir 10minute
Kook vir so 10min. tot deurskynend en sag
Roer aanhoudend
Meng vla,eiergele, kondensmelk en melk goed saam
Meng geleidelik met warm sagomengsel
Bring tot kookpunt
Voeg botter en vanilla by
Skep in bak
Klits eierwitte en suiker saam tot styf
Skep oor sagomengsel
Bak vir 15 min. @ 160 grade C
Bedien met vla

Advertisements

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s