Neute Lekkers
Bestandele:
150 g sjokolade blok
100 g neute – grof gekap (pekaneute of grondboontjies) Ek hou my grondboontjies heel (my keuse)
Smelt sjokolade en meng neute by.
Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.
Opsioneel: VERSIERING:
50 gr wit sjokolade
Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.
Jy kan as jy wil, so bietjie klapper ook byvoeg of bo-oor strooi as nog warm is.
Bêre in lugdigte houer.

You must be logged in to post a comment.