Mayonaise Sjokolade Koek
500ml Koekmeelblom
180ml Kakao
10ml Bakpoeier
15ml Koeksoda
3 Ekstra groot eiers
400ml Suiker
5ml Vanilla geursel
250ml Mayonnaise
330ml Water
Voorverhit oond tot 180°C
Spuit 2x 24cm ronde koekpanne met Spray & Cook en voer uit met waspapier.
Sif koekmeelblom, kakao, bakpoeier en koeksoda saam in ‘n bak. Sif weer en hou eenkant.
Klop eiers, suiker en vanilla geursel tot lig en donsig. Verminder spoed en voeg mayonnaise by.
Voeg meel mengsel in 4 dele alternatief met water by, begin en eindig met meel.
Gooi mengel in koekpanne en bak vir 30-35 minute (toets deur toetspen in koek te druk – moet skoon uitkom). Laat vir 10-15 minute in panne afkoel voordar dit op ‘n draadrak uitgekeer word. Vulsel tussen 2 lae:
1 x 380g Nestlé Caramel Treat
50g Peppermint Crisp, gerasper Versiersel:
80ml Kakao
375ml Versiersuiker
120ml Botter
5ml Vanilla geursel Sif die kakao en versiersuiker saam, plaas eenkant. Verroom die botter tot sag, voeg gesifde mengsel stelmatig by. Voeg die vanilla geursel by en klits tot glad
Klam Sjokoladekoek
Theresa Troskie
Koek
250 ml koekmeel
60 ml kakao
250 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
125 ml kookwater
125 ml olie
4 eiers, geskei
Stroop
180 ml ingedampte melk
125 ml suiker
Ganache
100 g donker sjokolade
60 ml ingedampte melk
Gekrummelde Flake of gerasperde sjokolade
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n ringkoekpan van 25 cm met olie. Sif meel en kakao en meng met suiker, sout en bakpoeier. Klits kookwater en olie saam. Skei eiers. Voeg eiergele by olie-en-watermengsel en klits goed. Hou witte eenkant.
Voeg vloeistofmengsel by droë bestanddele en meng deur. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou by beslag in. Skep in voorbereide pan en bak vir 25-30 minute tot deurgaar. Terwyl koek bak, verhit ingedampte melk en suiker tot kookpunt. Sodra koek uit oond kom, prik gaatjies daarin en giet warm stroop oor. (Dit sal lyk asof stroop te veel is, maar alles sal intrek.)
Laat afkoel en keer uit. Smelt sjokolade en ingedampte melk saam tot glad en smeer oor koek. Sprinkel Flake óf gerasperde sjokolade oor. Lewer een middelslagkoek.
Modderkoek/Poeding
Rencia Odendaal Pretorius
Sif saam: 1 en derde kop meel – sout en 2tl bakpoeier
Kook saam: 1 kop water, 4eetl kakao 1 eetl botter
Klits saam: 1 en derde kop suiker, 4 eiers
Meng alles saam en gooi in bak
Bak vir 20/30min by 180 grade
SOUS:
Kook saam: 3/4 blik ideal melk en 1 kop suiker gooi oor POEDING as uit die oond kom
of:
Smelt 3/4 blik ideal melk en neut slab sjokolade en gooi oor vir KOEK
Devil’s food chocolate cake
Ingredients
Cake
2 cups flour
1½ teaspoons baking soda (koeksoda)
¾ teaspoon baking powder (bakpoeier)
¾ teaspoon salt
12 tablespoons unsalted butter, at room temperature, plus more for the pans
2 cups plus 2 tablespoons sugar
¾ cup cocoa powder
2 teaspoons vanilla extract
3 large eggs, at room temperature
1¼ cups water
¼ cup milk
Frosting
450gr semi-sweet chocolate, finely chopped
1½ cups heavy cream
Instructions
Cake
Preheat oven to 180 C
Lightly butter and flour 2 9 inch cake pans.
In a medium bowl, whisk together the flour, baking soda, baking powder, and salt. Set aside.
Beat the butter with a mixer at medium speed until smooth
Slowly add the sugar.
Continue beating until light and smooth
Add the cocoa powder and vanilla and beat at medium speed
Add the eggs, one at a time while mixing thoroughly.
Set aside.
Combine the water and milk in a saucepan and bring just to a boil. Remove from the heat.
With the mixer at low speed, add to the flour mixture, about a ¼ cup at a time.
Divide ingredient evenly into the 2 pans.
Bake about 30 to 35 minutes.
Frosting
Put the chocolate in a large heatproof bowl.
In a small saucepan, bring the cream to a boil.
Pour the cream over the chocolate. Mixing thoroughly.
Set the mixture aside until softened, about 4 minutes. Whisk until smooth.
Pour over cooled cake.
Deur: myhoneysplace
Sjokolade-Oliekoek
Die resep lewer ‘n groot laagkoek.
VIR ‘N WIT SPONSKOEK, LAAT NET DIE KAKOA UIT
50g(125ml) kakao
250ml kookwater
4 groot eiers, geskei
300g(375l) suiker
125ml kookolie
5ml vanieljegeursel
250g(450ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
15ml Bakpoeier
2ml sout
Voorverhit die oond tot 180grade C. Smeer twee koekpanne van 20 of 23 cm in deursnee, of bespuit hulle met kleefwerende middel.
Meng die kakao en kookwater totdat alle klontjies opgelos is en laat die mengsel eenkant om af te koel. Klits die eiergele saam. Klits dan die suiker bietjiesgewys by en hou aan klits totdat die mengsel liggeel en sponsagtig dik is. DIE GEHEIM BY DIE KOEK IS – KLITS KLITS KLITS TOT ROOM EN SPONSAGTIG IS. Roer die kakaomengsel, kookolie en vanieljegeursel by die eiergeelmengsel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en roer dit ook by. Klits die eierwitte net tot styf en vou dit met ‘n metaallepel in die deeg in.
Gooi die deeg in die panne. Bak vir 25 tot 30 minute op die middelste oondrak tot gaar. Keer dit op ‘n draadrak uit en laat dit koud word.
Sjokoladekoek met Sous
Rencia Odendaal Pretorius
1 ½ koppies meel
1 ½ koppie suiker
3 eetlepels kakao
¾ koppie olie
¾ koppie kookolie
6 eiers
½ teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilla
METODE:
Sif die meel, suiker, kakao, bakpoeier en sout saam. Meng kookwater en olie, voeg by meelmengsel, meng goed saam. Skei eiers, klits goed en meng met meelemngsel. Voeg geursel by en laastens die styfgeklitste eierwitte. Bak in groot tertbak teen 180* vir minstens 20 tot 30 minute.
Kook die stroop vir minstens 5 tot 7 minute saam. Gooi stroop oor die koek wanneer die koek uit die oond kom.
STROOP:
1 koppie suiker
1 koppie water
2 eetlepels koffiepoeier
1 teelepel vanilla
Versier met gekookte kondensmelk, room, kersies en “flake
SjokoladeKoek (Nat)
1 koppie meel
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
(Sif bostaande saam en maak holte)
Halwe koppie olie
4 eiergele
Halwe koppie kakao
Halwe koppie kookwater
(meng water en kakao saam)
Meng die olie, eiergele en kakao met droee bestandele. Meng goed.
Klop eierwitte styf en vou by mengsel.
Gooi en glasbak en bak vir ongeveer 30 min by 180 grade C.
Wanneer gaar prik die koek n paar keer met n vurk.
Sous: halwe blik Ideal melk en halwe koppie suiker . Kook 2 minute op hoog.
(sommer in die mikrogolf)
Gooi oor die warm (gaar) koek.
Smelt 1 slab whole nut en 1 slab gewone sjokolade (Cadbury) saam met die
oorblywende halwe blik ideal melk, en gooi oor die koek.

Ria Griessel se DUBBEL SJOKOLADE KOEK wat sy gebak het- SY HET DIE KARRINGMELK VERVANG MET ONGEGEURDE JOGHURT
Dubbel-sjokoladekoek
Dit is so ryk en lekker dat jy amper nie versiersel nodig het nie. Tog is dit heerlik met karamel tussen-in die lae en bo-oor gesmeer.
Jy het nodig:
3 groot eiers
100g goeie gehalte melksjokolade, in blokkies gebreek
375ml warm, sterk koffie
5ml vanieljegeursel
375ml karringmelk
750ml strooisuiker
625ml meel
375ml kakao
10ml koeksoda
3ml bakpoeier
5ml sout
180ml olie
Metode:
Voorverhit die oond tot 150°C en voer drie koekpanne van 20cm in deursnee met bakpapier uit. Spuit ook sommer deeglik met kleefwerende sproei om te voorkom dat die koek vassit.
Klits die eiers in ’n elektriese menger vir 5 tot 10 minute tot lig en donsig. Giet die warm koffie bo-oor die sjokolade en roer elke nou en dan tot die sjokolade gesmelt het.
Voeg die vanieljegeursel by die karringmelk en meng.
Sif die suiker, meel, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam.
Stel die menger op sy laagste spoed en voeg die olie in ’n dun straaltjie by om ’n emulsie te vorm.
Voeg die karringmelk en vanieljegeursel by en dan die sjokolade-en-koffiemengsel.
Skep die droë bestanddele by die beslag en roer totdat deeglik gemeng is.
Verdeel die beslag tussen die koekpanne en bak sowat 30 minute tot gaar.
Laat heeltemal in die panne afkoel en keer dan uit op ’n draadrak. Die koek kan vir tot drie maande gevries word. Versier met versiersel van jou keuse, of gebruik twee blikke karamel om die koek op te tert.
Dié resep kom uit Celebration Cakes deur Grace Stevens.
Die boek word deur Random House Struik uitgegee en die ISBN is
Beeld – Die Burger – Volksblad: Kuns, vermaak en leefstyl
You must be logged in to post a comment.