Snackle iron


gadgetEK HET ONGELUKKIG GEEN IDEE WAAR ‘N SNACKLE IRON TE KOOP IS NIE.

PROBEER BID OR BUY, GUMTREE, TAKELOT OF ‘N KOEKWINKEL IN U DORP.

UNFORTUNATLY I DO NOT KNOW WHERE TO PURCHASE A SNACKLE IRON.

 

RESEP VIR DEEG VAN SNACKLE IRON

1k meel
1 k melk
1 eier
1 tot 3 teelepels suiker
1/2 t sout.

Klits als saam tot ‘n ligte gladde beslag. Verhit olie tot omtrent 185 grade c. Verhit dat ystervormpie vir omtrent 15 sekondes in warm olie. Dreineer en verwyder alle oortollige olie met papier handdoek. Doop warm vorm in beslag nie heeltemal tot bo aan vorm nie en doop dan in warm olie en braai vir ongeveer 45 sekondes tot ligbruin……

 

Wietsie Vn

Snackle Recipe for salty fillings
1 egg
1/2 cup milk
1/2 cup water
Pinch salt and pepper
1 cup flour

Method
Beat egg and water well together. Add flour salt and pepper. Beat very well If the dough is too thick a little water can be added.

You can also add 1/2 teaspoon Marmite dissolved in water. You can also add a little curry to the dough if you are going to make a spicy filling.

This dough is enough for 2 – 3 doz

For sweet fillings leave out the pepper and add a little sugar. In this case the dough might become too thin. Just add a little flour.

Wietsie Vn Ek wil net byvoeg mens moet goeie kwaliteit olie gebruik. Baie olies deesdae werk nie so goed. Die goed sit vas.

snackel iron 5

Amelia Bosch

Snackle Iron deeg

2 eiers
1 kop koekmeel (140 g)
1 tl suiker (5 ml)
1 tl bakpoeier (5 ml)
knippie sout
1 kop water (250 ml)
3 kop olie – om wafels in te bak (750 ml)

Klits eiers liggies in mengbak.
Sif die koelmeel, suiker, bakpoeier en sout by eiers in.
Voeg water by.
Roer tot goed gemeng.
Verhit olie tot medium warm in ‘n kastrol.
Plaas die yster in die olie tot baie warm.
Verwyder van olie en doop in die beslag en dan weer in die warm olie.
Bak tot ligbruin.
Die wafels moet vanself afdop van die yster, indien nie, lig hulle van die yster met ‘n mes se punt.
Sit voor met heuning of stroop van jou keuse.

Henriette Wessels

SNACKLE DEEG RESEP
Bestandele
1 eier
125 ml melk
250 ml ongesifte koekmeel
125 ml water
1 ml sout
½ ml peper
Metode
klits eier, melk en water saam.
Voeg droë bestanddele by en met meng vir ‘n lopende beslag.
Die deeg kan in yskas gebêre word vir ‘n redelike tyd, genoeg vir om en by 60 doppies.
Gebruik kastrol wat groot genoeg is sodat die Snackle yster maklik daarin pas.
Gooi olie in en verhit die olie met die Snackle yster daarin.
Die hele blokkie van die Snackle yster met bedek wees met olie anders sit deeg vas. As goed warm is, skud oortollige olie van die Snackle Yster af en doop in die beslag.
Sit terug in die warm olie en bak tot goudbruin.
Haal uit olie en haal bakkies af.
As die olie te warm is sal die deeg afval van die yster af.
As daar wel gaar doppies is wat afkom in olie haal met vurk uit en laat dreineer op kombuispapier.

snackle iron

Kitta Schoonbee Jy gebruik selde deeg soos vir pannekoek. Maak potjie met kookolie warm tesame met wafelyster. Druk yster in beslag, moet net nie dat deeg bo oor wafelyster gaan nie! Bak tot goudbruin en haal liggies af met mes. Plaas op kombuispapier en gooi stroop of heuning oor! Heerlik

Esme Van Heerden Erasmus Ek het ook ‘n snackle pan.  Dit werk fantasties. Ek bak dit baie vir geleenthede. As jy dit klaar gemaak het, kan jy dit in ‘n lugdigte houer in die deepfreeze bere vir ‘n lang tyd, dit word ook nie pap nie. Sit net die vulsels in baie kort voor die funksie, voordat dit bedien moet word, want as dit gevul is, word dit pap, nie erg nie, maar dit bly nie vir baie ure stewig en kraak vars nie. Veral as jy melktert vulsel wat nat is daarin sit

Alta Taljaard My  tannie Tat Loots was n voorslag bakster en het dit altyd vir die kerkbazaar gemaak. Die deeg is soortgelyk aan pannekoekdeeg die gadget word in warm olie gedruk, vinnig in die deeg en dan in die olie gebak. Dit word in koeksisterstroop gedoop wanneer gaar of gevul met n soutvulsel, en mens kan verslaaf raak daaraan so lekker is dit.

Johanna Jacobs Jou olie moet die regte hitte he anders val die deeg af Ek is in oue te huis en sal moet soek na resep

Sanelle Strydom My wenk vir die gadget, spay n cook hom waar hy op ‘n bord staan voor jy deeg opsit, die deeg sit dan nie vas nie

snackle iron3

 Net ‘n  interessante brokkie inligting:

‘n Jaffel pan is ook ‘n SNACKLE IRON/TOASTER

snackel iron 55

2 thoughts on “Snackle iron

Leave a Reply to kreatiewekosidees Cancel reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s