MAKLIKSTE APPEL POEDING
By: backroadsliving
4 koppies appels, gesny dun
3/4 koppie bruin suiker
1/2 koppie bruismeel (of half koppie meel en 4ml bakpoeier)
1/2 koppie hawermout (oats)
40 gr botter, versag
3/4 teelepel kaneel
Metode:
Spuit kasserol/pan met spray en cook
Pak appels in ‘n laag onder op die bodum van die pan
Meng al die ander bestanddele saam en verkrummel die mengsel oor die appels
Bak by 180 C vir 30 minute of tot appels sag is
Bedien met roomys of geklopte room
AANPASSING VAN RESEP:
Ek het die resep gebak. Maak asb die volgende veranderinge – vermeerder die botter na 80gr en dan so na 15 min wat dit in die oond is, gooi 1/4 koppie kookwater bo-oor. Ek het gevind die kors is bietjie droog.
*
Rina Kleinhans
APPELTERT (APPLE CRUMBLE)
KORS:
500ml ongesifte koekmeelblom
250ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
250g margarine
VULSEL
1 blik onversoete tertappels fyngekap (385g)
125ml suiker
125ml koekmengsel-droëvrugte
2ml kaneel
1 ml fyn naeltjies
Knypie sout
1 teel hoogvol vlapoeier aangemaak met bietjie water
Metode:
Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarine met die vingerpunte hierin totdat dit ‘n deeg vorm. Bedek die deeg en laat staan ‘n rukkie.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Druk die helfte van die deeg teen die wand en boom van ‘n oondvaste tertbord vas. Meng die tertappels, suiker, droevrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam. Skep in kastrolletjie en verhit stadig. Roer die vlapoeier by die mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor. Bak die tert 20min of totdat die deeg begin verbruin. Sit louwarm of koud voor.Die tert vries baie goed.
*
SPESIALE APPELTERT
3 eetlepels sagte botter
1 koppie strooisuiker
3 geklitste eiers
¼ koppie melk
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
blikkie tertappels
250ml room
Meng botter en strooisuiker goed. Meng eiers en melk saam. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng meel met bottermengsel. Plaas appels in deeg. Strooi kaneel oor en bak by 180ºC vir 45 minute. Kook stroop van suiker en room. Gooi oor gaar tert. Steek met vurk sodat room goed kan inloop. Bedien met styfgeklopte room of koue vla.
*
Elaine Victor
APPELTERT
Klop goed saam: 3 e (opgehoop) botter
1 kop suiker
2 – 3 eiers
1/4 kop melk
Voeg by:
1kop meel
1 tl bakpoeier
Knippie sout
Meng alles goed saam. Skep in gesmeerde vuurvaste bak. Skep groot blik tertappels bo-op.
Bak vir 30/40 min by 180 C
Stroop:
Kook 1 kop room en 1 kop suiker tot romerig
Haal tert uit oond en stroop gooi oor.
You must be logged in to post a comment.