Mosbolletjies


Mosbolletjies - Foto www.ejozi.co.za

Mosbolletjies – Foto http://www.ejozi.co.za

Outydse Mosbolletjies

Regte, egte outydse resep – maak seker jy het baie tyd vir die een!!!

500 g Rosyne (met pitte)
1.5 liter (6 koppies) Water
½ koekie gis (droog of saamgepers) of 7,5 ml ( ½ eetl) aktiewe droë gis
5 kg Witbroodmeelblom
500 g Botter of Margarien of 250 g elk Botter en Varkvet
Kookwater of Melk
1 liter (4 koppies) Suiker
15 ml (1 eetl) Sout
30 ml (2 eetl) Anyssaad

Glaseersel:

Geel van 1 Eier
Suiker
Melk

1. Stamp die rosyne stukkend en moenie die pitte verwyder nie. Kook rosyne 10 minute in water en laat afkoel tot louwarm.
2. Plaas rosyne in ‘n emaljekan of –emmertjie en voeg 125 ml ( ½ koppie) van die louwarm water, gemeng met die giskoekie, by. Roer goed en laat op ‘n warm plek staan tot die rosyne bo-op dryf. Dit sal 24 tot 36 uur duur.
3. Syg die vloeistof van die rosyne deur ‘n klam kaasdoek en gebruik dit vir die suurdeeg.
4. Roer 1 liter (4 koppies) witbroodmeelblom by die vloeistof tot dit glad is en laat sowat 3 tot 4 ure lank op ‘n warm plek staan of tot die suurdeeg goed gerys het.
5. Smelt die botter (of botter en vet) en voeg ‘n bietjie kookwater by.
6. Meng die orige broodmeelblom, suiker, sout, anyssaad, suurdeeg, botter en genoeg warm water om ‘n stywe deeg te vorm.
7. Knie die deeg baie goed, minstens ‘n uur lank, tot die klein lugblasies egalig daarin versprei het (sny ‘n stukkie van die deeg met ‘n mes af om te toets).
8. Maak dit goed toe en plaas oornag op ‘n warm plek.
9. Die volgende oggend sal die deeg dubbel die oorspronklike grootte wees. Moet dit nie afknie nie, maar vorm balletjies van die deeg en sit hulle teen mekaar in 6-8 groot, gesmeerde broodpanne.
10. Laat die balletjies op ‘n warm plek rys tot hulle in grootte verdubbel het.
11. Vir glaseersel, klits eiergeel met ‘n bietjie suiker en melk en smeer oor bolletjies. Bak sowat 1 uur lank by 200C (400F).

Mosbolletjies

Aletta Jones.

 Maak 8-12

Meng die volgende goed saam:

1koppie water

1/4 koppie gesmelte botter

1/4 koppie suiker

1 geklitste eier

1 tl sout

3 3/4 koppies witbrood meel

1 tl kaneel

1/4 tl nutmeg

1 koppie rosyntjies

Knie vir ongeveer 15min. Laat reis tot ongeveer dubbel die grote. Verdeel in 8-12 stukke. Vorm en maak effens platter. Glaze met mengsel van eier en melk (behalwe die kruis). Bedek en laat verder reis vir 30min. Bak teen 190C vir 16-18min

MOSBOLLETJIES

1kg meelblom
10g kitsgis
1 blikkie kondensmelk
30 ml suiker
5 ml sout
90g margarien
500 ml louwarm water

Sif meelblom en sout. Voeg gis en suiker by. Smelt margarien en voeg kondensmelk by. Voeg by
meelblommengsel. Voeg water geleidelik by om sagte deeg te vorm. Knie goed vir 15 minute. Bedek
en laat rys. Wanneer deeg tot dubbel die grootte het, knie af en vorm in bolletjies. Plaas in gesmeerde
broodpan en laat in warm plek rys. Wanneer grootte verdubbel het, verglans met geklitste eier en bak
teen 200ºC vir 45 minute.

mosbolletjies

MOSBOLLETJIES
(resep aangepas uit Heilie Pienaar se “The Ultimate Collection Snowflake”)

1 kg koekmeel
10 ml sout
100 g (125 ml) suiker
10 g (1 sakkie) kitssuurdeeg
30 ml heel anys
100 g botter
250 ml wit druiwesap
125 ml louwarm melk
250 ml lou water
30 ml suiker gemeng met 30 ml lou water (suiker stroop vir borsel na die bak)

Metode:

Sif meel en sout saam. Voeg suiker, gis en anys by. Roer goed.
Verhit botter en druiwesap in ‘n kastrol totdat botter gesmelt het. Moenie kook nie. Voeg by droë bestanddele saam met die melk en water, en meng dan ‘n sagte deeg te vorm.
Keer deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak, Knie vir 5-10 minute, of totdat die deeg sag en elasties is. Plaas in ‘n groot geoliede bak, bedek en laat rys op ‘n warm plek vir sowat 30 minute, of verdubbel in grootte.
Plaas deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie tot glad. Vorm in balle . Pak die balle dig in 2 panne van ongeveer 22 cm elk. Bedek en laat rys vir sowat 30-45 minute.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180 C vir 35-40 minute. Keer uit op draadrakke, dan onmiddellik borsel met stroop.

 

Mos vir mosbeskuit
Bron: Internet –
Max skryf: Siende dat daar in die jongste geselsbrief
gepraat word oor outydse goed wat sekerlik aan die uitsterf
is, hier is ‘n resep om ‘n suurdeeg te maak, eintlik is dit ‘n
insuur vloeistof, Dit was mos genoem, mense het dit gebruik
om mosbeskuit en ook mosbolletjies te maak. Dit was ook
gebruik om moskonfyt te maak. Ek het ongelukkig nie ‘n
resep vir beskuit of bolletjies nie, maar die konfyt is maklik.
Kook net die vloeistof tot dit so dik soos stroop is.
Mos
Neem baie soet druiwe en trek die korrels van die stingels af.
Spoel die korrels af, moenie afdroog met ‘n lap nie, gooi die
korrels in ‘n konfytfles en kneus die korrels.
Gooi ‘n lappie oor en laat vir twee dae tot die spulletjie begin
gis.
Syg dan die vloeistof deur ‘n filter af en gebruik as suurdeeg.
As dit gebruik word vir beskuit en vir ander gebak, moet die
hoeveelheid oorblywende suiker in die mos in berekening
gebring word.
Hierdie resep kom uit ‘n plakboek van my ouers en is seker al
60 jaar oud.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s