Basiese deeg
125 ml fynaartappel
500 ml wit broodmeel
2 ml sout
25 g botter
15 ml suiker
1 eier, geklits
1x aartappelsuurdeeg (kyk resep)
Sif die meel en sout saam. Meng die fynaartappel en suiker baie goed in.
Vryf die botter in.
Maak n holte in die meelmengsel en gooi die eier en aartappelsuurdeeg daarin. Indien die deeg te styf is, kan loumelk bygevoeg word.
Meng en knie die deeg totdat dit elasties is en wegtrek van die kante van die bak.
Maak die deeg warm toe en laat op n warm plek vir ongeveer 1 uur rys. Dit behoord tot dubbel die oorspronklike grootte te rys.
Plaas die deeg op n meelbestrooide plank en knie deeglk.
Aartappelbrood:
Verhit die oond tot 200*C (tydens stap 3)*
Vorm die deeg in die vorm van n brood en plaas dit in n goedgesmeerde broodpannetjie.
Maak die brood warm toe en laat tot dubbel die oorspronklike grootte rys.
Dit behoort ongeveer 45 minute te duur.
Bak in die voorgehitte oond vir 30 tot 35 minute.
Aartappelsuurdeeg plantjie
1 meduim aartappel
250 ml kookwater
5 ml aktiewe droe gis
75 ml louwater
12,5 ml suiker
2,5 ml sout
n bottel met n deksel
Was. skil n rasper die aartappel. Gooi die kookwater oor en laat dit dan afkoel.
Week die gis in die louwater.
Meng die suiker, sout en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel. Gooi die mengsel in die bottel skroef* die deksel op.
Sorg dat dit nie te styf opgeskroef word nie.
Bedek die bottel vir 5 tot 6 uur of laat dit oornag op n warm plek staan sodat fermentasie kan plaasvind.
Die gis sal fermenteer en die bottel vul of selfs oorloop, die gis is baie aktief en die bottel moet dus nie te styf toegedraai word nie , aangesien die bottel kan bars as die deksel te dig sluit. Indien die gis te lank gebere word, verloor die gisplantjie sy krag en verminder die volume.
Hou 125 ml van die gis in n bottel vir toekomstige gebruik as n plantjie. Die res kan deur n sif gedreineer word as die aartappel grof gerasper was. Dit kan ook net so gebruik word, indien die aartappel fyn gerasper was.
Gebruik die gis om die basiese deeg te berei vir gebruik in die resep wat volg.
You must be logged in to post a comment.