Resep gekry op :Koek En Tert
Kersfees-Roomysbom
-Resep vanuit Jean-Marie & Liske KooK Kersfees resepteboek
100g pekanneute, gekap
100g glanskersies
1 pakkie vingerbeskuitjies
1/4k brandewyn
1 liter vanielje roomys
100g sjokolade
250ml room
Kap neute en kersies. Breek beskuitjies in klein stukkies. Rasper sjokolade. Klits die room tot styf. Meng al die bestanddele goed en skep in ‘n gesmeerde rondebak en vries. Net voor opdiening: Versier met melksjokolade-ganache en kersies. Ek dink as mens neute skokolade smelt met bietjie room en die oorgooi gaan dit net sooo lekker wees.
You must be logged in to post a comment.