Amarula Brood Poeding
Deur: Die Besige Huisvrou / The Busy Housewife
500 ml Melk
375 ml room
5 ml vanilla essence
40 g gesmelte botter
6 groot eiers
200 g strooi suiker
250 ml Amarula Cream
6 sagte brood rolletjies
150 g Appelkoos konfyt
In n pot kook melk, room en vanilla saam.
In n mengbak klits eiers en strooi suiker saam tot lig en donsig.
Voeg melk mengsel stadig by eier mengsel tot goed gemeng .
Voeg nou die Amarula Cream by .
Sny die brood rolletjies in dun snye en botter elkeen met gesmelte botter.
Rangskik in n oond glas bak en gooi die Amarula mengsel oor die brood.
Die brood sal dryf in die mengsel.
Bak in oond op 160 – 180 C tot gestol
Haal uit oond en smeer Appelkoos konfyt oor
Kan net so op bedien word maar ek voeg die volgende by
Klits 4 -6 eier witte styf met strooi suiker plaas oor die warm poeding en bak in oond tot lig bruin en krakerig en dan bedien ek dit op saam met lekker vanilla roomys of nog Amarula Cream
You must be logged in to post a comment.