Tuna Gereg in Vorm


Tuna gereg in vorm

Tuna gereg in vorm

Amelia Röder

Bestandele:

Mengsel 1:

2 x 200 blikke tuna in water (gedreineer), 100ml mayonnaise

Mengsel 2:

1 x 250g gladde maaskaas (savoury), 50g geraskperde cheddarkaas, 3 gekookte eiers fyngedruk

Mengsel 3: 150g gerasperde Tusser kaas, 100ml mayonnaise

Mengsel 4: 200g Bacon Kips beskuitjies fyngemaak, 60ml margarine of botter gesmelt

Metode:

Meng die 4 mengsels apart. Begin met mengsel 1 onder in die tupper of soortgelyke jelring. Volg met lae 2, 3 en eindig met 4. Maak seker jy sit die lagies mooi egalig op mekaar. Laat oornag in die yskas. Maak die ring versigtig los op ‘n bord en sny in skyfies soos ‘n koek voor dit bedien word.

 

Tuna Gereg in vorm

Gertruida Pieterse

Bestandele:

2 Blikkies tuna (in water)

1 Blik crushed Pineapples

1 Koppie gerasperde kaas

1 Koppie mayonnaise

10 ml gelatine

Metode:

Gooi water van pynappel en die water van tuna in ‘n koppie.Voeg die gelatien by en kook in microgolf tot opkook. Meng die tuna, pynappel, kaas, mayonnaise & sous. Gooi die mengsel in ‘n vorm.Onthou om vorm met koue water uit te spoel voordat jy die mengsel insit. Stol in yskas. Bedien met bacon- of Original TUC beskuitjies of enige sout beskuitjies van jou keuse.

 

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s