Appeltizer Varktjops


Appeltizer varktjops

Appeltizer varktjops

Deur: http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/kampkos/kampkos/appeltizer_varktjops_met_macoroni_en_kaasBestanddele:

Jy benodig ‘n paar lekker varktjopies, nie te veel vet nie. Sny die velletjie (swoerd) deur met ‘n sker of mes
750ml Appeltizer
Colemans English mustard – die pasta een
Hoender speserye, sout en pepper
Koekmeel en bietjie bruinsuiker

So maak mens:
Smeer die tjops met die mosterd, een kant op ‘n slag.
Gooi speserye, sout en pepper oor na smaak.
Besprinkel met bruin suiker – bedek die vleis redelik goed.
Strooi nou bietjie meel oor.
Gooi bietjie Appeltizer in ‘n oondvastebak sodat die bodem goed bedek is. strooi bruin suiker en meel in die appeltizer en plaas gesmeerde kant van die tjops in die bak.

Doen dieselfde as wat jy aan die ander kante gedoen het en bedek met die res van die Appeltizer – sorg dat daar genoeg meel en suiker op die bolaag is.

Plaas in die oond teen 200 grade Celcius en bak vir ‘n uur of wat – roer en draai gereeld die mengsel en sorg dat dit nie te dik word nie – ek gooi bietjie warm water by om dit te verdun. Die sousie moet net lekker stroperig wees.

Bak todat die tjops lekker begin bruin word aan beide kante.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s