Botterskorsie Slaai (Kroek wortelslaai)
Rencia Odendaal Pretorius
Bestandele:
1 rou Botterskorsie gerasper (fyn kant)
1 pakkie pynappeljellie
1 blikkie crushed pynappels (gebruik behou die vloeistof)
bietjie lemoensap
Metode:
Meng alles en laat staan vir tenminste 2-3 ure voor opdiening, die beste is oornag. Hou verkoel
Botterskorsie slaai
Ronell Mulder Lubbe
Maak so 2 na 3 dae voor die tyd. : klein butter nut geskil , 1pk lemoen jellie, 1 blik crushed pynappels. ( 1) Rasper butternut in mengbak. ( 2 ) Gooi pynappelsap af, bêre die sap in yskas, gooi oor die butternut. ( 3 ) Sprinkel jellie oor. MOENIE ROER NIE. Maak toe met n deksel, laat staan in yskas, net voor opdien gooi sap vd pynappel oor, meng dan goed deur. Baie lekker, het die smaak van n mango !
You must be logged in to post a comment.