Tag Archive | worsie geregte

Viennas of Worsie geregte


worsies

Rol deeg uit /brooddeeg of skilferkors- sny 6 repe in aan elke kant – plaas worsie in middel en vleg deeg om worsie.

Bak in oond tot gaar en goudbruin of in diepolie tot bruin.

*

OUMEID ONDER DIE KOMBERS

1 Blik weense Worsies

BESLAG:

2 Eiers

¼ k Melk

Sout

1 t Bakpoeier

meel om ʼn slap deeg te maak

METODE:

Klop eiers goed. Voeg melk en sout by. Klop weer. Sit meel en bakpoeier by en doop halwe worsies daarin sodat deeg halwe worsies bedek. Braai in die warm vet en bedien. Kan ook met slaaie bedien word.

toad in a hole

OUVROU ONDER DIE KOMBERS (TOAD IN A HOLE)

Deur: Huisgenoot
500 ml (2 k) bruismeel
5 ml (1 t) sout
80 g (j⁄I k) botter, gesmelt
250 ml (1 k) karringmelk
250 ml (1 k) melk
30 ml (2 e) mosterdpoeier
4 repe spek, gehalveer
1 blik (390 g) Weense worsies, gedreineer
15 ml (1 e) pietersielie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sif die bruismeel en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die botter, karringmelk, melk en mosterd saam en giet by die meel.

Meng goed sodat daar geen klonte in die beslag is nie. Gooi die beslag in ’n groot, ronde oondbak, draai ’n halwe stukkie spek om elke worsie en rangskik die worsies binne-in die beslag.

Bak die gereg 40-50 minute of tot dit gaar en goudbruin is. Garneer met vars pietersielieblare en sit voor saam met ’n groenslaai.

*

SPUTNIKS

Nicolien van Schalkwyk

250ml koekmeel

5ml bakpoeier

sout

1 geklitste  eier

200ml melk

.Klits als saam doop worsies eers in meel dan in deeg. braai in olie tot gaar

*

Worsies op ‘n stokkie

Deeg:

1 eier

15 ml olie

1+1/2 k water

2 k Bruismeel

sout 750ml, olie.

Steek worsies op stokkie en braai in diep

olie.

*

Elna Kluyts

Yankees

Sif saam;

4 kop Meel

4 tl bakpoeier

1/2 kop suiker

Klits saam:

3 eiers

4 eetl olie

1 1/2 kop melk

2 kop water

1 1/2 tl sout

Meng alles saam. Druk sosatie stokkies in worsies.

Rol worsies eers in meel en doop dan in deeg.

Bak in olie tot bruin

*

Yankees

1. Sif 500ml bruismeel en 2ml sout.

2. Klits 2 groot eiers en 60 ml suiker tot lig.

3. Klits 30 ml olie by, dan 250ml melk en 125ml water.

4. Laat staan 30 min.

5. Druk worsies op lang sosatiestokkies, doop in beslag en braai in diep olie tot goudbruin.

NS: groot geheim met Yankees,is om die worsies kurkdroog af te droog,

anders val die deeg af as jy dit braai.

*

CORNDOGS

1 kop meel 

2/3 k polenta

2 eetl suiker

knippie sout

1 eier

1 eetl bakpoeier

2 eetl olie

500 ml melk

8 francfurters

Meng al die bestandele saam tot n gladde deeg. Plaas francfurters op sosatie stokkies. Rol dit in die deeg en diepbraai in warm olie tot goudbruin.

*

Rencia Odendaal Pretorius

DEEGJASSIES (Wors met deeg)

1 hoeveelheid brood deeg

8 dik worsies

meel

1 geklitste eier

braai worsies tot gaan en laat afkoel. Druk droog en ryg op sasatie stokkie. Rol deeg uit. Sny in 2cm repe en draai om worsie tot hy heeltemal bedek is. Verf eier bo-oor en laat rys. Braai tot goudbruin en warm. Kan ook in oond gebak word vir 20min teen 180 grade.

*

VIENNAS IN BATTER

250ml flour

pinch of salt

1ml cayenne pepper

1 egg

180ml milk

5ml baking powder

oil for deep frying

Sift flour and salt together.

Beat egg and milk, then add to dry ingredients gradually.

Mixing until smooth.

Stir in baking powder.

Slice Vienna’s in half and dip halves into batter, leaving the cut ends uncovered.

Drop into hot oil and brown on both sides.

Drain on kitchen paper and decorate with sesame seeds and chopped parsley.

Insert toothpicks into Vienna’s as holders and serve with chilli dip.

*

JANTJIES, CORNDOGS,YANKEES

BIERDEEG:

1 Kop bruismeel

halwe bier

1 eier

Meng tot gladde pasta

Druk worsie in deeg en diepbraai tot gaar en goudbruin en gepof.

*

Sputniks van MASH

Viannas die regte rooies
Aartapples sag gekook en fyn, fyngemaak. Met bietjie sout en pietersielie.
GEEN botter of melk of iets by nie, anders klou dit nie aan die worsie nie.
Fyn, fyn gedruk geen klonte nie.
Laat mash koud word en maak ‘n bolletjie sag in jou hand, droog die worsies goed met handoekpapier en rol mash om die worsie. As jy sukel met die lang worsie halveer hulle.
Plaas op ‘n bord en sit in die yskas om te set.

Maak ‘n slap degie van:
1 Eier
250 ml meel
gooi genoeg melk by om ‘n slap degie te maak met ‘n bietjie sout.
Doop elke sputnik versigtig daarin met jou hand, tange haal die mash af. Bak in warm diep olie. Dreineer. Dis ook baie lekker koud veral saam met mosterd.
Dit is ‘n morsige werk, want jy moet die sputnik met jou hand doop tange is te hard vir die aartapples. Skep die druppeltjies deeg uit die olie voor jy die volgende batch in sit.

 

VIENNA/KAASWORSIES MET AARTAPPEL
Neem jou vienna en rol in bietjie meel. Vat dan jou mash wat nie te sag is gemeng met pietersielie en vou die worsie heeltemal toe. Plaas vir 1 uur in yskas dat mash om worsie kan stol.
Deeg:
1 koppie meel
1 t bakpoeier
10 ml aromat
1/2 t vlapoeier
200-250ml melk of water
1 eier
meng al die bestandele saam. Rol die mash worsies daarin en diep braai tot goudbruin. Sit voor saam groenslaai en geniet. Dis verskriklik lekker saam kaas worsies! 🙂

 

WEENSE WORSIEGEREG MET KAAS & AARTAPPELSKYFIES

3 eetlepels margarien
2 eetlepels meelblom
1 koppie melk
½ teelepel sout
knippie peper
2 x 28g pakkies aartappelskyfies
425g weense worsies, fyngedruk
500ml gerasperde Cheddar-kaas
10ml fyngerasperde
ui
rooipeper
Maak ‘n witsous van die margarien, meelblom, melk, sout en peper. Pak ‘n laag van die aartappelskyfies in ‘n vuurvaste tertbord. Meng al die bestanddele behalwe ‘n paar aartappelskyfies. Skep die mengsel in die tertbord en krummel die orige aartappelskyfies

 

WORSIE-EN-MIELIEBREDIE
1 ui
250ml groenpeper
25ml gekapte seldery
375ml kookwater
1 aartappel, fyn gemaak
250ml suikermielies
2 tamaties, in blokkies
10ml mielieblom
410g Ideal melk
100g weense worsies
sout en peper
Soteer die ui, groenpeper en seldery. Voeg die water, aartappel, suikermielies en tamaties by en verhit tot kookpunt. Meng die ingedamapte melk met die meelblom, voeg by die groentemengsel en verhit, roer aanhoudend. Voeg die dik gesnyde worsies by, prut vir 10 minute, geur en bedien.

 

JAPTRAP ETE

425g Weense worsies(1 blik)
25ml margarien
25ml meelblom
250ml melk
3 eiers
2.5ml sout
1ml peper
5ml gedroogde pietersielie
Stel die oond op 180C. Druk die worsies fyn met ‘n vurk. Plaas die worsies in ‘n gesmeerde oondskottel met ‘n inhoudsmaat van 1 liter. Smelt die smeer en voeg die meelblom by. Laat dit ‘n rukkie lank prut. Haal die kastrol van die plaat af en voeg die melk by. Roer aanhoudend terwyl die mengsel verhit word en laat prut 3 minute lank. Verwyder van die plaat. Klop die eiers goed en voeg dit by die witsous. Voeg die geurmiddels by. Gooi die mengsel oor die vleis. Bak 40 minute lank in die vooraf verhitte oond. Bedien dadelik.

 

VINNIGE AANDETE
4 dik snye brood
1 blikke weense worsies
3 geklikste eiers
500ml gerasperde kaas
500ml melk
250g spekvleis
uie
pietersielie
sout rooipeper
mosterd
Sny die spekvleis in stukkies. Voeg die uie by en braai. Krummel die brood en voeg warm melk oor en laat week. Voeg die geklitste eiers by en meng goed. Gooi alles in ‘n bak en bak in matige oond van 180C tot gestol en gaar

 
PAN ETE
100ml margarien 500g aartappel
50ml gekapte ui 50ml gekapte groen rissie
200 ml gerasperde kaas 4 eiers
5ml sout 5ml peper
5ml mosterd 340g weense worsies
Metode smelt margarien in pan. Braai ui effens bruin. Voeg soetrissie en aarappels by. Sit deksel op pan en verhit vir 5 minute oor lae hitte. Klits eiers en voeg geurmiddels by. Gooi eiers oor die aartappel mengsel. Rangskik gesnyde weense worsies oor die aartappel mengsel. Sit pan se deksel op verlaag hitte en verhit mengsel vir 10 minute of tot gestol. Sny in skywe en bedien.

Advertisement