
Koeksisters
Koeksisters:
Deeg:
4 koppies meelblom
2.5ml sout
30ml bakpoeier
50ml botter
1 eier
250-375ml melk of water
Olie om in te bak
Stroop:
4 koppies suiker
375ml water
2.5ml kremetart
2.5ml fyn gemmer
2 stukke pypkaneel
gliserien
Deeg – Metode:
Sif die droë bestanddele saam, en vryf die botte met die punte van die vingers daarin. Klits die eier, voeg die melk of water daarby en maak dit aan tot ‘n sagte deeg. Knie dit goed tot dit glad is. Laat dit vir 2 uur of langer staan. Rol die deeg 1cm dik uit, sny in repies en vleg of draai hulle. Bak hulle 1-2 minute lank in warm olie tot ligbruin van kleur. Sit 5-6 koeksisters gelyktydig in die olie. Laat aan die een kant bruin braai en draai om, sodat die ander kant ook kan verkleur. Haal met ‘n skuimspaan uit, dreineer hulle ‘n oomblik lank op bruinpapier en domper hulle dan ‘n paar sekondes lank in die koue stroop.( Wat voor die tyd voorberei is)
Stroop – Metode:
Los die suiker in die water op. Voeg die kremetart, gemmer en kaneel by en laat die stroop 5 minute lank kook. Voeg 5-10 ml gliserien by net voordat die stroop van die hitte afgehaal word om mooi blink koeksisters te verkry. Hou die bak stroop in ‘n groot skottel met ysblokkies terwyl die koeksisters daarin gedoop word om te voorkom dat die stroop gou warm word. Wat jy ook kan doen is om die stroop in 2 te deel en die een bak in die vrieskas te hou. As die een bak te warm word, haal die ander bak uit, sit warm bak in vrieskas en gebruik die koue stroop.
Lewer 5-6 dosyn koeksisters.
Koeksisters met warm stroop (Louise van Aswegen deWet)
by Kook En Klets
Ouma se resep.
2 k meelblom
1 desertlepel bakpoeier
1 desertlepel suiker
1 desertlepel botter
1 eier, geklits
Knippie sout
¾ k melk
Olie vir gaarmaak
Vryf die botter met die vingerpunte in die meel in, gooi dan die bakpoeier en suiker by. Maak aan met melk waarin die geklitste eier geroer is. Rol die mengsel uit, sny en vleg. Bak in warm olie tot ligbruin.
Stroop
4 k suiker
2k water
1 eetl goue stroop
Knippie wynsteensuur
Kook die bestandele saam vir 5min en dompel die warm koeksisters in die warm stroop. Haal uit en laat koud word. Geniet!
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.