Spek en kaas broodjie (Heerlik as braai bygereg)
Bestanddele
1 klaar voorafbereide brooddeeg gekoop by jou naaste winkel
Snye van jou gunsteling kaas bv chedder, gouda, mozarella
Stukkies gaar spek
Groen uie, gekap
Instruksies
Rol brood in ‘n 20-22 duim tou. Vorm in ‘n sirkel en plaas in die onderkant van ‘n gespuite bundt pan (ronde ringkoekpan). Bedek met kleefplastiek en laat rys tot dubbel in grootte. Verwyder die glad wrap en bak by 180 C – 20-25 minute of tot ligbruin. Laat afkoel . Maak snye in die lengte en breedte sowat 1-duim uitmekaar, sonder om dit deur te sny tot op die onderste kors. Plaas op ‘n bakplaat gespuit. Plaas kaas snye spek & stukke uie tussen die snitte in . Plaas terug in oond en bak ‘n verdere 5-10 minute of tot kaas gesmelt is.
Bedien met lekker doopsous van keuse
KNOFFEL ROLLE
Deur: Spoonfull
Dit is my aanpassing van ‘n paar resepte wat ek gekombineer en aangepas na my smaak …
In ‘n pan oor medium hitte voeg bymekaar en maak pasta daarvan
2 eetl botter
2 eetl meel
2 teelepel knoffel
½ teelepel droë pietersielie
knippie gedroogde tiemie
Voeg dan by:
250 ml melk
250 ml vars room
1 blik Creamstyle Suikermielies
1 teelepel groen brandrissie (opsioneel)
2 eetl mayonnaise
Sout en peper – na smaak
Roer voortdurend totdat die sous effens verdik.
Speel met die hoeveelheid deur met die oog te kyk, as jy ‘n bietjie meer sous wil he, moenie bang wees nie gooi ‘n bietjie meer melk ( ½ koppie) by die sous.
Variasie – jy kan ‘n pakkie gesnyde sampioene by die sous voeg asook gebraaide spek
Intussen, pak jou rolletjies (klaar gekoopte buns) in ‘n gesmeerde oondbak.
Gooi die sous oor die rolle, sprinkle genoeg gerasperde kaas en gekapte grasuie oor.
Plaas in ‘n voorverhitte oond van 180 grade C tot die kaas gesmelt en die sous lekker taaierig en dik is.
Bedien warm
You must be logged in to post a comment.